Albert Einstein - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Albert Einstein
Einstein tydens 'n lesing in Wene in 1921.
Gebore
14 Maart 1879
Ulm
, Koninkryk van Württemberg,
Duitse Keiserryk
Sterf
18 April 1955
Princeton
New Jersey
Verenigde State
Nasionaliteit
Koninkryk van Württemberg (1879–1896)
Staatloos (1896–1901)
Switserland
(1901–1955)
Oostenryk-Hongarye
(1911–1912)
Duitse Keiserryk
(1914–1918)
Republiek van Weimar
(1919–1933)
Verenigde State
(1940–1955)
Beroep
akademikus, fisikus, uitvinder
Bekend
vir
Algemene relatiwiteit en spesiale relatiwiteit
foto-elektriese effek
Massa-energie-ekwivalensie
Teorie van Brown se beweging
veld-vergelykings
Bose-Einstein statistiek
Bose-Einstein kondensaat
Bose-Einstein korrelasies
Verenigde veldteorie
EPR-paradoks
Eggenoot
Mileva Marić (1903–1919)
Elsa Löwenthal (1919–1936)
Kinders
"Lieserl" (1902–1903?)
Hans Albert (1904–1973)
Eduard "Tete" (1910–1965)
Ouer(s)
Hermann Einstein (vader)
Pauline Einstein (moeder)
Handtekening
Albert Einstein
FRS
14 Maart
1879
18 April
1955
) was 'n
teoretiese fisikus
wat wyd as die grootste
wetenskaplike
van die
20ste eeu
beskou word. Hy het die
relatiwiteitsteorie
voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van
kwantummeganika
, statistiese meganika en
kosmologie
gemaak. Hy is in
1921
die
Nobelprys vir fisika
toegeken vir sy verduideliking van die fotoëlektriese effek en "vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika".
Na die formulering van sy
algemene relatiwiteitsteorie
word Einstein wêreldberoemd, 'n ongekende eer vir 'n wetenskaplike. In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan, en in omgangstaal is
Einstein
sinoniem met iemand van baie hoë
intelligensie
of die grootste genie. Sy gesig is ook een van die mees herkende in die wêreld. In
1999
is Einstein as "Persoon van die Eeu" deur
Time Magazine
benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot die wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking, en sluit selfs die registrasie van
Albert Einstein
as 'n
handelsmerk
in.
'n Eenheid in
fotochemie
, die
einstein
, sowel as die
chemiese element
einsteinium
en die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom vernoem.
Biografie
wysig
wysig bron
Vroeë jare
wysig
wysig bron
Jeug en kollege
wysig
wysig bron
Einstein is in
1879
in
Ulm
in die Koninkryk van Württemberg,
Duitsland
gebore, sowat 100
km
oos van
Stuttgart
. Sy ouers was Hermann Einstein, 'n veerbedverkoopsman wat later elektrochemiese werke bedryf het en sy vrou Pauline, née Koch. Die familie was Joods (en nie-getrou); Albert woon 'n Katolieke elementêre skool by en neem op aandrang van sy moeder
vioollesse
Toe hy vyf was, wys sy oom vir hom 'n sak
kompas
en Einstein besef dat iets in die leë lug die naald beïnvloed; hy beskryf die ervaring later as een van die grootste openbarings in sy lewe. Alhoewel hy modelle en meganiese toestelle vir sy eie genot gebou het, is hy as 'n stadige leerder geag, moontlik weens
disleksie
of eenvoudig menssku wees. Hy het later sy ontwikkeling van die relatiwiteitsteorie aan hierdie "stadig wees" toegeken, en gesê dat hy tyd en ruimte later as die meeste ander kinders kon bepeins, en daarom 'n meer ontwikkelde intellek kon toepas.
Einstein het
wiskunde
op twaalfjarige ouderdom begin leer. Daar is telkens 'n herhaalde gerug dat hy wiskunde later in sy opvoeding gesak het, maar dit is nie waar nie; 'n verandering in die manier waarop punte toegeken is, het twyfel in latere jare veroorsaak. Twee van sy ooms het sy intellektuele belangstellings gedurende sy latere kinderjare en vroeë tienerjare gevoed deur boeke oor wiskunde en wetenskap voor te stel en te verskaf.
In
1894
, ná die mislukking van Hermann se elektrochemiese besigheid, trek die Einsteins van
München
na
Pavia
Italië
, naby
Milan
; Albert bly agter om
skool
te voltooi (hy het 'n termyn alleen voltooi, en toe by sy familie in Pavia aangesluit).
Sy mislukking in die liberale kunste-gedeelte van die
Eidgenössische Technische Hochschule
(Federale Switserse Politegniese Universiteit, in
Zürich
) se toelatingseksamen die volgende jaar was 'n teëslag; hy word deur sy familie gestuur na
Aarau
Switserland
, om sekondêre skool te voltooi, en ontvang sy diploma in
1896
. Einstein skryf daarna in by die
Eidgenössische Technische Hochschule
. Daardie selfde jaar verwerp hy sy Duitse burgerskap en word staatloos.
In
1898
ontmoet Einstein vir Mileva Marić, 'n Serwiese klasmaat (en vriendin van
Nikola Tesla
), op wie hy verlief raak. In
1900
word hy sy onderrigdiploma gegun deur die
Eidgenössische Technische Hochschule
, en word aanvaar as Switserse burger in
1901
. Gedurende hierdie tyd bespreek Einstein sy wetenskaplike belangstellings met 'n groep nabye vriende, insluitend Mileva. Hy en Mileva verwek 'n buite-egtelike dogter, Lieserl, wat in Januarie
1902
gebore is.
Werk en doktorale studies
wysig
wysig bron
Ná graduering kon Einstein nie 'n onderrigpos vind nie, meestal weens die feit dat sy astrantheid as 'n jong man blykbaar meeste van sy professors geïrriteer het. Die vader van 'n klasmaat het hom gehelp om 'n pos as tegniese assistent
patenteklerk
by die Switserse Patentekantoor in
1902
te bekom. Daar het Einstein die waarde van
uitvinders
se
patentaansoeke
beoordeel vir ontwerpe wat 'n kennis van fisika benodig het. Hy het ook geleer hoe om die kern van 'n aansoek raak te sien, ten spyte van somtyds slegte beskrywings en was deur die direkteur geleer hoe "om [hom]self korrek uit te druk". Hy het somtyds ontwerpsfoute reggemaak, terwyl hy die uitvoerbaarheid van hul werk oorweeg het.
Einstein trou op
6 Januarie
1903
met Mileva. Einstein se huwelik met Mileva, wat 'n wiskundige was, was beide 'n persoonlike en intellektuele saak: Einstein het liefdevol verwys na Mileva as "'n skepsel wat my gelyke is, en wie so sterk en onafhanklik soos ek is." Abram Joffe, in sy biografie oor Einstein, argumenteer dat Einstein bygestaan was deur Mileva. Hierdie is grootliks teenstrydig met Ronald W. Clark wat in sy biografie aanvoer dat Einstein afhanklik was van die afstand wat in hul huwelik bestaan het, sodat hy die nodige afsondering kon hê om te werk.
Op
14 Mei
1904
word Einsten se seun, Hals Albert Einstein, gebore. In
1904
word Einstein se posisie by die Switserse Patentekantoor permanent gemaak. Hy verkry sy doktoraal ná sy tesis "
On a new determination of molecular dimensions
" in
1905
voltooi is.
Daardie selfde jaar skryf hy vier artikels wat die grondslag vir moderne fisika sou lê, sonder veel wetenskaplike literatuur om na te verwys of wetenskaplike kollegas om die teorieë mee te kon bespreek. Meeste fisici stem saam dat drie van daardie artikels (Brown-beweging, die fotoëlektriese effek en
spesiale relatiwiteit
) Nobelpryse verdien het. Slegs die fotoëlektriese effek sou wen; dit is ietwat ironies, aangesien Einstein veel beter bekend is vir relatiwiteit, maar dat die fotoëlektriese effek heeltemal kwantum is en Einstein effe ongelukkig geraak het met die pad wat kwantumteorie sou volg. Wat hierdie artikels laat uitstaan, is dat Einstein in elke geval sonder huiwering 'n idee van teoretiese fisika geneem het tot by die logiese gevolge, en het geslaag daarin om eksperimentele resultate te verduidelik wat wetenskaplikes vir jare verstom het.
Hy dien hierdie artikels in na die "
Annalen der Physik
". Hulle word algemeen verwys na as die "
Annus Mirabilis Papers
" (vanuit
Latyn
Uitsonderlike Jaar
). Die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUPAP) het beplan om die 100ste herdenkingsjaar van die publikasie van Einstein se uitgebreide werke in 1905 te herdenk as die
World Year Of Physics 2005
Finale jare
wysig
wysig bron
In
1948
dien Einstein op die oorspronklike komitee wat gelei het tot die stigting van die Universiteit van Brandeis. In
1952
stel die
Israelse
regering voor dat Einstein die pos van tweede president inneem, maar Einstein wys die aanbod van die hand. Op
30 Maart
1953
stel Einstein 'n hersiene verenigde veldteorie bekend.
Hy is in
1955
in
Princeton
, VSA oorlede en los die Veralgemeende Gravitasieteorie onopgelos. Hy is dieselfde dag, op
18 April
1955, vin
Trenton
New Jersey
veras. Sy as is op 'n onbekende plek verstrooi. Sy
brein
is in 'n fles deur Dr. Thomas Stoltz Harvey behou, die patoloog wat die na-doodse ondersoek op Einstein uitgevoer het.
Religieuse beskouing
wysig
wysig bron
Einstein se religieuse beskouing word oor die algemeen as
deïsties
gesien: hy het geglo in 'n "
God
wat Homself ontbloot in die harmonie van alles wat bestaan, nie in 'n God wat Homself bemoei met die noodlot en aksies van mense nie." Einstein wou "weet hoe God die wêreld geskep het"; ná hy deur
Martin Buber
gedruk is om sy religieuse oortuigings duidelik te maak, het Einstein uitgeroep: "Wat ons (fisici) voor streef is net om Sy lyne soos Hom te trek." Hy het sy geloof as volg opgesom: "My geloof bestaan uit 'n nederige bewondering vir die onnabootsbare Verhewe Gees wat Homself ontbloot in die geringste detail wat ons met ons brose en swak verstand kan waarneem."
Einstein se beskouing oor God en religie is gereflekteer in
sy aanhalings
, waarvan baie te sien is in
Wikiquote
Politieke beskouing
wysig
wysig bron
Einstein het homself as 'n pasifis en medemenslike geag. Hy het eens gesê: "Ek glo Gandhi se beskouing was die mees verligte van alle politieke mense van ons tyd. Ons moet streef om dinge in sy gees te doen: om nie geweld te gebruik om vir ons oortuigings te veg nie, maar deur nie deel te neem aan enigiets wat jy glo 'n euwel is nie." Einstein se beskouing van ander kwessies, insluitend
sosialisme
, McCarthyisme en
rassisme
, was kontroversieel. Hy was 'n medestigter van die liberale Duitse Demokratiese Party.
Die Amerikaanse
FBI
het 'n 1427-bladsy lêer oor sy aktiwiteite aangehou en aangeraai dat hy verhoed word om na die
Verenigde State van Amerika
te immigreer volgens die "
Alien Exclusion Act
". Die aantyging was dat Einstein "glo in, adviseer, raai aan of leer 'n doktrine wat, in 'n wetlike sin, soos deur howe in ander gevalle voorgehou is, 'sal toelaat dat
anargie
ongekeer inkruip' en lei tot 'n 'regering in naam alleen'", onder andere aanklagtes.
Einstein was gekant teen tiranniese vorme van regering en om hierdie rede (tesame met sy
Joodse
agtergrond) het hy die Nazi-bewind teëgestaan en uit Duitsland gevlug kort ná die instelling daarvan. Hy was eers ten gunste van die bou van die
atoombom
, om te verseker dat
Hitler
dit nie eerste doen nie, en het selfs 'n
brief
aan
president
Franklin Delano Roosevelt
onderteken (gedateer 2 Augustus 1939), voor die
Tweede Wêreldoorlog
uitgebreek het, geskryf deur
Leó Szilárd
, wat hom aangemoedig het om 'n program te begin om 'n kernwapen te ontwikkel. Roosevelt het geantwoord deur 'n komitee saam te stel wat moes navors of
uraan
as 'n wapen gebruik kon word, wat 'n paar jaar later deur die
Manhattan-projek
opgevolg is.
Tog het Einstein na die oorlog homself bearbei vir kernontwapening en 'n wêreldregering.
Albert Einstein was 'n ondersteuner van
Sionisme
, maar nooit sonder voorbehoud nie. Byvoorbeeld, hy het sterk kritiek gelewer op
Menachem Begin
en "fascistiese elemente in Israel" in 'n brief in 1948 aan die
New York Times
. Hy het Joodse vestiging in die antieke setel van
Judaïsme
voorgestaan, en was aktief in die daarstelling van die
Hebreeuse Universiteit van Jerusalem
, aan wie hy al sy dokumente en skripsies bemaak het. Hy was wel gekant teen nasionalisme en skepties oor of 'n Joodse nasiestaat die beste oplossing was. Hy mag oorspronklik in gedagte gehad het dat Jode en Arabiere vreedsaam saamleef in dieselfde land. In sy latere lewe het hy 'n aanbod van die hand gewys om die tweede president van die nuutgeskepte staat van
Israel
te word.
Albert Einstein, tesame met
Albert Schweitzer
en
Bertrand Russell
, het geveg teen kerntoetse en -bomme. Met die Pugwash Konferensies oor Wetenskap en Wêreldsake het hy en Bertrand Russell die Russell-Einstein Manifes gepubliseer en verskeie konferensies georganiseer.
Verwysings
wysig
wysig bron
"The Nobel Prize in Physics 1921"
(in Engels). Nobelprize.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018
. Besoek op
8 Oktober
2017
Bronne
wysig
wysig bron
Clark, Ronald W. (1971).
Einstein: The Life and Times
ISBN 0-380-44123-3
Pais, Abraham (1982).
Subtle is the Lord. The Science and the Life of Albert Einstein
ISBN 0-19-520438-7
Hart, Michael H. (Julie 1992)
The 100
, Carol Publishing Group, 576 bladsye,
ISBN 0-8065-1350-0
Werke deur Albert Einstein
wysig
wysig bron
Ideas & Opinions
ISBN 0-517-00393-7
World As I See It
ISBN 0-8065-0711-X
Relativity: The Special and General Theory
ISBN 0-517-88441-0
Project Gutenberg E-text
Geargiveer
14 Augustus 2019 op
Wayback Machine
Einstein, Albert, "
On the Electrodynamics of Moving Bodies
Annalen der Physik
. June 30, 1905
Einstein, Albert, "
Does the Inertia of a Body Depend Upon Its Energy Content?
".
Annalen der Physik
. September 27, 1905.
Einstein, Albert, "
Inaugural Lecture to the Prussian Academy of Sciences
Geargiveer
9 Februarie 2012 op
Wayback Machine
". 1914. [PDF]
Einstein, Albert, "
The Foundation of the General Theory of Relativity
". Annalen der Physik, 49. 1916.
Einstein, Albert, "
On the Generalized Theory of Gravitation
". April, 1950.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Albert Einstein
Wikiquote
has a collection of quotations related to:
Albert Einstein
S. Morgan Friedman, "
Albert Einstein Online
"—Comprehensive listing of online resources about Einstein.
Audio excerpts of famous speeches:
Impossibility of atomic energy
Geargiveer
15 April 2005 op
Wayback Machine
arms race
Geargiveer
15 April 2005 op
Wayback Machine
(From
Time magazine
archives)
MacTutor Einstein History
Geargiveer
2 Februarie 2004 op
Wayback Machine
The Nobel Prize in Physics 1921
Geargiveer
17 Februarie 2004 op
Wayback Machine
Albert Einstein
Geargiveer
14 Februarie 2004 op
Wayback Machine
Theory of relativity
in 4-letter words or shorter.
Juergen Schmidhuber's Einstein biographical highlights
Einstein's letter to Roosevelt
Geargiveer
24 Desember 2005 op
Wayback Machine
FBI files
—investigation regarding affiliation with the Communist Party
Einstein family pictures
Geargiveer
8 November 2005 op
Wayback Machine
PBS
's
NOVA—Einstein
PBS
's
Einstein's wife
: Mileva Maric
Albert Einstein Biography from "German-American corner: History and Heritage"
[dooie skakel]
Official Einstein Archives Online
Geargiveer
11 Augustus 2011 op
Wayback Machine
—3000 documents
Albert Einstein Archive
Einstein Papers Project
Max Planck Institute's Living Einstein
Geargiveer
12 Februarie 2004 op
Wayback Machine
American Institute of Physics's Einstein
American Museum of Natural History's Einstein
Albert Einstein quotes
Geargiveer
13 November 2006 op
Wayback Machine
Albert quotes
Wenners van die
Nobelprys vir Fisika
1901–1925
1901:
Röntgen
1902:
Lorentz
Zeeman
1903:
Becquerel
P. Curie
M. Curie
1904:
Rayleigh
1905:
Lenard
1906:
J.J. Thomson
1907:
Michelson
1908:
Lippmann
1909:
Marconi
Braun
1910:
Van der Waals
1911:
Wien
1912:
Dalén
1913:
Kamerlingh Onnes
1914:
Laue
1915:
W.L. Bragg
W.H. Bragg
1916
1917:
Barkla
1918:
Planck
1919:
Stark
1920:
Guillaume
1921:
Einstein
1922:
N. Bohr
1923:
Millikan
1924:
M. Siegbahn
1925:
Franck
Hertz
1926–1950
1926:
Perrin
1927:
Compton
C. Wilson
1928:
O. Richardson
1929:
De Broglie
1930:
Raman
1931
1932:
Heisenberg
1933:
Schrödinger
Dirac
1934
1935:
Chadwick
1936:
Hess
C.D. Anderson
1937:
Davisson
G.P. Thomson
1938:
Fermi
1939:
Lawrence
1940
1941
1942
1943:
Stern
1944:
Rabi
1945:
Pauli
1946:
Bridgman
1947:
Appleton
1948:
Blackett
1949:
Yukawa
1950:
Powell
1951–1975
1951:
Cockcroft
Walton
1952:
Bloch
Purcell
1953:
Zernike
1954:
Born
Bothe
1955:
Lamb
Kusch
1956:
Shockley
Bardeen
Brattain
1957:
C.N. Yang
T.D. Lee
1958:
Cherenkov
Frank
Tamm
1959:
Segrè
Chamberlain
1960:
Glaser
1961:
Hofstadter
Mössbauer
1962:
Landau
1963:
Wigner
Goeppert Mayer
Jensen
1964:
Townes
Basov
Prokhorov
1965:
Tomonaga
Schwinger
Feynman
1966:
Kastler
1967:
Bethe
1968:
Alvarez
1969:
Gell-Mann
1970:
Alfvén
Néel
1971:
Gabor
1972:
Bardeen
Cooper
Schrieffer
1973:
Esaki
Giaever
Josephson
1974:
Ryle
Hewish
1975:
A. Bohr
Mottelson
Rainwater
1976–2000
1976:
Richter
Ting
1977:
P. W. Anderson
Mott
Van Vleck
1978:
Kapitsa
Penzias
R. Wilson
1979:
Glashow
Salam
Weinberg
1980:
Cronin
Fitch
1981:
Bloembergen
Schawlow
K. Siegbahn
1982:
K. Wilson
1983:
Chandrasekhar
Fowler
1984:
Rubbia
Van der Meer
1985:
von Klitzing
1986:
Ruska
Binnig
Rohrer
1987:
Bednorz
Müller
1988:
Lederman
Schwartz
Steinberger
1989:
Ramsey
Dehmelt
Paul
1990:
Friedman
Kendall
R. Taylor
1991:
de Gennes
1992:
Charpak
1993:
Hulse
J. Taylor
1994:
Brockhouse
Shull
1995:
Perl
Reines
1996:
D. Lee
Osheroff
R. Richardson
1997:
Chu
Cohen-Tannoudji
Phillips
1998:
Laughlin
Störmer
Tsui
1999:
't Hooft
Veltman
2000:
Alferov
Kroemer
Kilby
2001–
nou
2001:
Cornell
Ketterle
Wieman
2002:
Davis
Koshiba
Giacconi
2003:
Abrikosov
Ginzburg
Leggett
2004:
Gross
Politzer
Wilczek
2005:
Glauber
Hall
Hänsch
2006:
Mather
Smoot
2007:
Fert
Grünberg
2008:
Nambu
Kobayashi
Maskawa
2009:
Kao
Boyle
Smith
2010:
Geim
Novoselov
2011:
Perlmutter
Riess
Schmidt
2012:
Wineland
Haroche
2013:
Englert
Higgs
2014:
Akasaki
Amano
Nakamura
2015:
Kajita
McDonald
2016:
Thouless
Haldane
Kosterlitz
2017:
Weiss
Barish
Thorne
2018:
Ashkin
Mourou
Strickland
2019:
Peebles
Mayor
Queloz
2020:
Penrose
Genzel
Ghez
2021:
Parisi
Hasselmann
Manabe
2022:
Aspect
Clauser
Zeilinger
2023:
Agostini
Krausz
L'Huillier
2024:
Hopfield
Hinton
2025:
Clarke
Devoret
Martinis
Wenners van die
Copley-medalje
(1901–1950)
Josiah Willard Gibbs
(1901)
Joseph Lister
(1902)
Eduard Suess
(1903)
William Crookes
(1904)
Dmitri Mendeleev
(1905)
Élie Metchnikoff
(1906)
Albert A. Michelson
(1907)
Alfred Russel Wallace
(1908)
George William Hill
(1909)
Francis Galton
(1910)
George Darwin
(1911)
Felix Klein
(1912)
Ray Lankester
(1913)
J. J. Thomson
(1914)
Ivan Pavlov
(1915)
James Dewar
(1916)
Pierre Paul Émile Roux
(1917)
Hendrik Lorentz
(1918)
William Bayliss
(1919)
Horace Tabberer Brown
(1920)
Joseph Larmor
(1921)
Ernest Rutherford
(1922)
Horace Lamb
(1923)
Edward Albert Sharpey-Schafer
(1924)
Albert Einstein
(1925)
Frederick Gowland Hopkins
(1926)
Charles Scott Sherrington
(1927)
Charles Algernon Parsons
(1928)
Max Planck
(1929)
William Henry Bragg
(1930)
Arthur Schuster
(1931)
George Ellery Hale
(1932)
Theobald Smith
(1933)
John Scott Haldane
(1934)
Charles Thomson Rees Wilson
(1935)
Arthur Evans
(1936)
Henry Hallett Dale
(1937)
Niels Bohr
(1938)
Thomas Hunt Morgan
(1939)
Paul Langevin
(1940)
Thomas Lewis
(1941)
Robert Robinson
(1942)
Joseph Barcroft
(1943)
Geoffrey Ingram Taylor
(1944)
Oswald Avery
(1945)
Edgar Douglas Adrian
(1946)
G. H. Hardy
(1947)
Archibald Hill
(1948)
George de Hevesy
(1949)
James Chadwick
(1950)
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Rusland
Spanje
Roemenië
Portugal
Nederland
Noorweë
Taiwan
Letland
Kroasië
Chili
Griekeland
Korea
Swede
Pole
Vatikaan
Israel
Finland
Katalonië
België
Akademie
CiNii
ORCID
Wiskundegenealogieprojek
Scopus
zbMATH
Google Scholar
MathSciNet
Leopoldina
Kunstenaars
ULAN
MusicBrainz
FID
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
SNAC
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
RISM
Ontsluit van "
Kategorieë
Nobelprys vir Fisika wenners
Amerikaanse akademici
Amerikaanse aktiviste
Amerikaanse fisici
Amerikaanse Jode
Amerikaanse uitvinders
Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog
Duitse akademici
Duitse fisici
Duitse Jode
Duitse uitvinders
Switserse Jode
Switserse wetenskaplikes
Fellow of the Royal Society
Kosmoloë
Mense in die Sjoa
Sioniste
Teoretiese fisici
Geboortes in 1879
Sterftes in 1955
Wetenskapsfilosofie
Versteekte kategorieë:
Inligtingskas Persoon met onbekende parameters
Inligtingskas Persoon met religieparameter
Artikels met hCards
AS1-bronne in Engels (en)
Albert Einstein
Nuwe onderwerp