Apple Inc.
Tipe
Openbaar
Gestig
1 April 1976
(geïnkorporeer op 3 Januarie 1977 as Apple Computer, Inc.)
Hoofkantoor
Applekampus, Infinte Loop 1, Cupertino,
Kalifornië
VSA
Liggings
500+ winkels
(2020)
Sleutelpersone
Tim Cook
HUB
Arthur Levinson
(Voorsitter)
Sir
Jonathan Ive
(SVP, Industriële ontwerp)
Steve Jobs
(Voorsitter 1976–1985/2011, HUB 1997–2011 †)
Gebied
bedien
Wêreldwyd
Industrie
Rekenaarapparatuur
Rekenaarprogrammatuur
Verbruikerselektronika
Digitale verspreiding
Produkte
Macintosh • iPod • iPhone • iPad • Apple Watch • Apple TV • Apple TV+ • HomePod • macOS • iOS • iPadOS • watchOS • tvOS • iLife • iWork • Final Cut Pro • Logic Pro • GarageBand • Shazam • Siri
Dienste
App Store • Apple Arcade • Apple Card • Apple Music • Beats 1 • Apple News+ • Apple Pay • Apple Pay Cash • Apple Store • Genius Bar • Apple TV+ • Apple Books • iCloud • iMessage • iTunes Store • Mac App Store
Inkomste
VS$ 260,174 miljard
(FJ 2019)
Bedryfsinkomste
VS$ 63,930 miljard
(FJ 2019)
Netto inkomste
VS$ 55,256 miljard
(FJ 2019)
Werknemers
137
000
(soos op 28 September 2019)
Dogter-
maatskappye
Braeburn Capital
Filemaker Inc.
Anobit
Webwerf
www.apple.com
Apple Inc.
(gelys op
NASDAQ
as AAPL, voorheen bekend as
Apple Computer, Inc.
) is ’n
Amerikaanse
multinasionale korporasie
wat
rekenaars
, verbruikerselektronika,
bedryfsstelsels
en
programmatuur
ontwerp
, vervaardig en – naas tradisionele kleinhandelkanale – ook in sy eie aanlyn- en straatwinkels (
Apple Stores
) bemark. Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie
sagteware
ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng kriteria.
Die Kaliforniese rekenaaringenieur
Steve Wozniak
, medestigter van Apple Inc. en dryfkrag agter die ontwikkeling van die eerste persoonlike rekenaar, noem sy geesdrif vir die wetenskapsfiksie-televisiereeks
Star Trek
as 'n bron van inspirasie by die stigting van sy onderneming.
Apple-hardeware soos die
Mac mini
(bo) en enkele komponente van die sagteware is byna dertig jaar lank deur die hoofontwerpbeampte, die Brit
Jonathan Ive
(onder) ontwerp, onder meer volgens
Bauhaus
-beginsels
In die 1970’s was Apple een van die eerste vervaardigers van
persoonlike rekenaars
wat danksy sy bemarkingstrategie vir sy
Macintosh
-reeks ’n beslissende bydrae tot die kommersiële sukses van tuisrekenaars gelewer het. In die 1980’s het die maatskappy nog eens ’n baanbrekersrol by die invoering van grafiese koppelvlakke en
rekenaarmuise
vervul. Met die bekendstelling van die iPod in 2001, die
slimfoon
iPhone in 2007, die
tabletrekenaar
iPad in 2010 en die slimhorlosie Apple Watch in 2015 het Apple sy sakebelange ook na ander produkvelde uitgebrei.
Sy programmatuur sluit die volgende in: die
macOS
bedryfstelsel
; die
iTunes
-mediaspeler; die
iLife
-pakket van multimedia- en kreatiwiteitsprogrammatuur; die
iWork
-pakket van produktiwiteitsprogrammatuur;
Aperture
, ’n professionele fotografiepakket;
Final Cut Studio
, ’n reeks van professionele en rolprentindustrieprogrammatuurprodukte; Logic Studio, ’n reeks van musiekproduksieprogrammatuur; die
Safari
-webblaaier; en
iOS
en
iPadOS
, die mobiele
bedryfstelsels
vir Apple se slimfone en tabletrekenaars.
Apple Inc. is die grootste beursgenoteerde maatskappy in die wêreld deur markkapitalisasie, die eerste onderneming waarvan die markwaarde die $1-biljoenkerf oorskry het, asook die grootste tegnologiemaatskappy in die wêreld gemeet aan omset en wins. In die fiskale jaar 2019 was die omset op die wêreldmark $260 miljard - 'n styging van 3
000 persent teenoor 2004. Apple se omset is intussen selfs groter as dié van sommige van die voorste rolspelers in die motorbedryf soos Daimler, Ford of Honda.
In die tweede kwartaal van 2020 is 49,7 persent van Apple se omset deur
iPhone
-verkope gegenereer.
In die eerste kwartaal van 2020 is 36,7 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop.
Die tydskrif
Fortune
het Apple in 2020 vir die dertiende jaar in 'n reeks as die mees bewonderde maatskappy in die wêreld benoem.
Fortune
se ranglys is gebaseer op 'n meningspeiling onder byna 3
800 hoof uitvoerende beamptes, direkteurs en ontleders. Die Apple-handelsmerk was in 2019 die waardevolste ter wêreld, nog voor Google en
Amazon
, met $234,241 miljard volgens Interbrand se
Best Global Brands
-verslag wat op 17 Oktober 2019 gepubliseer is.
Die maatskappy het hulself egter ook heelwat kritiek op die hals gehaal weens die werkstoestande van kontrakteurs en weens hul omgewings- en sakepraktyke.
Ná sy stigting op 1 April 1976 in Cupertino,
Kalifornië
en sy inkorporasie op 3 Januarie 1977
10
het die maatskappy vir die eerste dertig jaar as Apple Computer, Inc. bekend gestaan. Die woord “Computer” is op 9 Januarie 2007 van die naam verwyder,
11
aangesien die tradisionele fokus van persoonlike rekenaars na verbruikerselektronika verskuif het.
12
Geskiedenis
1976–1980: die vroeë jare
Historiese agtergrond
Die persoonlike rekenaar as tegnologiese innovasie het sy historiese oorsprong, net soos die internet, in tegnologieë wat gedurende die 1960's ontwikkel is, onder meer danksy grootskaalse befondsing deur die Amerikaanse Departement van Verdediging. Die blote idee van persoonlike rekenaars is deur groot vervaardigers soos IBM aanvanklik as absurd verwerp. Dit was jong baanbreker-ondernemings soos Apple, Commodore en Tandy wat in die laat 1970's en vroeë 1970's die eerste klaargeboude rekenaars vir privaat middelklasgebruikers bemark het.
'n Advertensie vir die Apple II-tafelrekenaar wat in 1977 geloods is en onder meer in die tydskrif
Byte
verskyn het
Die eerste rekenaars was uitsluitlik as duur monteerstelle beskikbaar wat deur geesdriftiges self saamgebou en geprogrammeer moes word. 'n Klein informele vereniging van rekenaargeesdriftiges, wat hulself
Homebrew Computer Club
genoem het, het met sy byeenkomste, wat tussen Maart 1975 en Desember 1986 in Menlo Park, San Mateo County, Kalifornië plaasgevind het (Gordon French, medestigter van die klub, het die eerste byeenkoms in sy motorhuis gereël nadat hulle die MITS Altair 8800 mikrorekenaar in hande gekry het), sou 'n belangrike rol speel by die ontwikkeling van mikrorekenaars vir tuisgebruik en die groei van Kalifornië se groot industriële inligtingstegnologiekompleks
Silicon Valley
. Klublede het onderdele, stroombane, inligting en ervarings met die selfbou van rekenars gedeel. Die eerste byeenkoms was vir Steve Wozniak die inspirasie vir die ontwerp van die Apple I-rekenaar.
Stigting en Apple I
Die Apple I, die jong onderneming se eerste produk, is aanvanklik as selfboustel bemark. Anders as destyds beskikbare rekenaars in die laer pryssegment, wat instruksies per skakelaars en lampies ontvang het, het die Apple I oor poorte beskik waarmee 'n sleutelbord en skerm daaraan gekoppel kon word. Teks is in swart-en-wit vertoon. Die eienaar van hierdie eenheid het ’n sleutelbord en ’n houtkis bygevoeg.
Die Apple II plus is deur Steve Wozniak ontwerp
Museum of the Moving Image, New York
Apple is op 1 April 1976 deur
Steve Jobs
Steve Wozniak
en
Ronald Wayne
gestig
13
om die
Apple I
persoonlike rekenaarpakket te verkoop. Die jong onderneming is deur
Mike Markkula
, 'n
ingenieur
, sakeman en belegger wat later die amp van hoof uitvoerende beampte van Apple sou beklee, met risikokapitaal ondersteun.
Wozniak het die rekenaars in die motorhuis van Jobs se ouers in
Palo Alto
met die hand gebou
14
15
en hulle later by die plaaslike
Homebrew Rekenaarklub
vir die eerste keer aan die publiek vertoon.
16
Die Apple I is verkoop as ’n
moederbord
(met
SVE
RAM
en basiese tekstuele videoskyfies)—veel minder as wat vandag as ’n rekenaar beskou word.
17
Altesaam 200 eksemplare van die Apple I, wat oorspronklik as selfboustel ontwerp is, is vanaf Julie 1976 verkoop vir $666,66 (met inflasie aangepas na $2
723 in 2012)
18
19
20
21
22
Apple is op 3 Januarie 1977 geïnkorporeer,
10
sonder Wayne, wat die risiko as te groot geag en sy aandele van tien persent in die maatskappy twaalf dae later aan Jobs en Wozniak verkoop het vir $800. Die risiko vir hom was 'n lening wat Steve Jobs aangegaan het en sy kontrak met 'n onderneming wat onderdele sou verskaf. Wayne het die leweransier se betroubaarheid in twyfel getrek en was as jong vader met 'n huis nie bereid om borg te staan nie.
23
Sy aandele sou in 2018 $95 miljard werd gewees het.
24
Wayne het sy besluit nogtans nooit betreur nie. Hy het later verduidelik dat hy geen waarde aan rykdom sou heg nie en dat dit van hom net die welvarendste man op die begraafplaas sou gemaak het. Ook het hy vir homself binne die jong onderneming geen kans gesien vir selfverwesenliking nie. Apple het aan hom sy eerste embleem sowel as die teks vir die akte van oprigting, wat uit sy pen gekom het, te danke.
Multimiljoenêr Mike Markkula het noodsaaklike sakekundigheid en befondsing van $250
000 gedurende die inkorporering van Apple verskaf.
25
26
Apple II
Die
Apple II
is op 16 April 1977 bekendgestel tydens die eerste Weskusrekenaarjaarmark. Die Apple II-reeks is as 'n oop stelsel ontwerp – alle belangrike konstruksiebesonderhede is gepubliseer. Hierdie beginsel is later deur IBM oorgeneem en as
IBM PC
bemark.
Dit het van die grootste mededingers, die TRS-80 en
Commodore PET
verskil deurdat dit ’n karakterselgebaseerde kleurgrafika en oop rekenaarargitektuur ingesluit het. Terwyl vroeë modelle gewone kassetbandjies as opslagapparate gebruik het, is dit vervang met die bekendstelling van ’n 5
1/4
duim
slapskyfdryf
en koppelvlak, die "Disk II".
27
Die Apple II is gekies om die werkskermplatform vir die eerste
killer app
van die sakewêreld, die
VisiCalc
sigbladprogram.
28
VisiCalc het ’n besigheidsmark vir Apple geskep en het tuisgebruikers ’n bykomende rede gegee om ’n Apple II te koop — versoenbaarheid met die kantoor.
28
Volgens Brian Bagnall het Apple sy verkoopsyfers baie oordryf en was hulle baie ver agter Commodore en Tandy totdat Visicalc verskyn het.
29
30
Apple III
Teen die einde van die 1970’s het Apple rekenaarontwerpers en ’n produksielyn gehad. Die maatskappy het die noodlottige
Apple III
in Mei 1980 bekendgestel in ’n poging om met
IBM
en
Microsoft
mee te ding in die sake en korporatiewe rekenaarmark.
31
Jobs en verskeie Apple-werknemers, insluitend
Jef Raskin
het Xerox PARC in Desember 1979 besoek om die Xerox Alto te besigtig. Xerox het die Apple-ingenieurs drie dae toegang tot die PARC-fasiliteite gegee in ruil vir die opsie om 100
000 aandele (800
000 gesplete-aangepaste aandele) van Apple teen die voornoteringsprys van $10 per aandeel te koop.
32
Jobs was onmiddellik daarvan oortuig dat alle toekomstige rekenaars ’n grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) sou gebruik en die ontwikkeling van ’n GGK vir die Apple Lisa het begin.
33
Toe Apple genoteer is, het dit meer kapitaal gegenereer as enige beursbekendstelling sedert die
Ford Motormaatskappy
in 1956 en het dit oombliklik meer miljoenêrs (ongeveer 300) as enige ander maatskappy in die geskiedenis geskep.
34
1981–1985: Lisa en Macintosh
Die eerste
Macintosh
128K, vrygestel in 1984
Uitstalling in die Google-kantoor in New York
Steve Jobs het in 1978 begin werk aan die Apple Lisa maar in 1982 is hy weens binnegevegte in die Lisaspan laat gaan en het hy Jef Raskin se laekoste-rekenaarprojek, die
Macintosh
oorgeneem. ’n Bendeoorlog het uitgebreek tussen Lisa se “korporatiewe hemde” en Jobs se “seerowers” oor watter produk eerste verskeep gaan word en Apple sou red. Lisa het in 1983 gewen en die eerste persoonlike rekenaar met ’n GGK geword wat aan die publiek verkoop is, maar was ’n kommersiële mislukking weens sy betreklik hoë prys van $9
995 en beperkte beskikbare programmatuur.
35
Slegs sowat 10
000 eenhede is verkoop.
In 1984 het Apple die Macintosh bekendgestel. Hierdie debuut is aangekondig deur die-nou-bekende $1.5-miljoen televisieadvertensie “1984”. Die regisseur was
Ridley Scott
en is vertoon gedurende die derde kwart van Super Bowl XVIII op 22 Januarie 1984
36
en word nou beskou as ’n waterskeidingsgebeurtenis in Apple se sukses
37
en ’n “meesterstuk”.
38
39
Die Macintosh het aanvanklik goed verkoop maar opvolgverkope was minder suksesvol
40
weens die hoë prys en beperkte verskeidenheid van programmatuur. Die masjien se lot het verander met die bekendstelling van die LaserWriter, die eerste PostScript
laserdrukker
wat teen ’n bekostigbare prys aangebied is, en PageMaker, ’n vroeë werkskermpubliseringspakket. Die Mac was veral veelvermoënd in hierdie mark weens die gevorderde grafiese moontlikhede, wat noodwendig ingebou is om die intuïtiewe Macintosh GGK te skep. Daar is gesuggereer dat die kombinasie van hierdie drie produkte verantwoordelik was vir die skepping van die mark vir werkskermpublisering.
41
In 1985 het ’n magstryd ontstaan tussen Jobs en die
HUB
, John Sculley, wat twee jaar vantevore aangestel is.
42
Apple se direksie het aan Sculley opdrag gegee om Jobs te “beteuel” en om sy vermoë om duur eskapades in ongetoetste produkte te lanseer, te beperk. In plaas daarvan om hom aan Sculley se instruksie te onderwerp, het Jobs probeer om hom van die leierskapsrol by Apple te verdryf. Sculley het uitgevind dat Jobs ’n magsoorname probeer organiseer en het ’n raadsvergadering byeengeroep waarop Apple se raad van die direksie Sculley se kant gekies het en Jobs van sy bestuurspligte onthef het.
40
Jobs het bedank by Apple en dieselfde jaar NeXT Inc. gestig.
43
1986–1993: Opkoms en val
Die
Macintosh Portable
was Apple se eerste “draagbare” Macintosh-rekenaar, vrygestel in 1989.
Apple het ’n duur les geleer na die vrystelling van die lywige Macintosh Portable in 1989 en het in 1991 die
PowerBook
bekendgestel. Die Macintosh Portable is ontwerp om net so kragtig as ’n gewone Macintosh te wees maar het 7.5 kilogram geweeg met ’n batterylewe van 12 uur. Dieselfde jaar het Apple sy System 7, ’n groot opgradering van die bedryfstelsel, bekendgestel, wat kleur tot die koppelvlak gevoeg het en nuwe netwerkvermoëns beskikbaar gemaak het. Dit het tot in 2001 die argitektoniese basis vir
Mac OS
gebly.
Die sukses van die Powerbook en ander produkte het verhoogde omset meegebring.
42
Dit het vir ’n ruk gelyk of Apple niks verkeerd kon doen nie en hulle het gedurig vars nuwe produkte bekendgestel wat gevolg is deur groter winste. Die tydskrif
MacAddict
het die periode tussen 1989 en 1991 die “eerste goue era” van die Macintosh gedoop.
Na die sukses van die
Macintosh LC
het Apple die Centris-reeks, ’n minder goeie Quadra-aanbieding en die noodlottige Performa-reeks bekendgestel. Die Performa-reeks is in verskeie verwarrende opstellings en programmatuurbundels verkoop om mededinging te vermy met verskeie verbruikerswinkels soos Sears, Price Club en Wal-Mart, wat die primêre handelaars was vir hierdie modelle. Die resultaat was rampspoedig vir Apple omdat klante nie die verskil tussen die modelle verstaan het nie.
44
Gedurende hierdie tydperk het Apple geëksperimenteer met ’n aantal ander mislukte verbruikersgeteikende produkte insluitend
digitale kameras
, draagbare CD-spelers, luidsprekers, televisiespeletjies en TV-toestelle. Groot hulpbronne is gewy aan die probleemgeteisterde Newtonafdeling.
Apple het die Apple II-reeks as te duur om te vervaardig beskou, dit het ook te veel aandag afgelei van die goedkoop Macintosh.
45
In 1990 het Apple die Macintosh LC bekendgestel met ’n enkele uitbreidingsgleuf vir die Apple IIe-kaart om Apple II-gebruikers te verhuis na die Macintosh-platform.
45
Apple het in 1993 opgehou om die Apple IIe te verkoop.
Microsoft
het die mark bly oorheers met hulle
Windows
, en gefokus op die lewering van programmatuur aan goedkoop gerieflike persoonlike rekenaars; terwyl Apple ’n rykontwerpte, dog duur ervaring gebied het.
46
Apple het gesteun op sy hoë winsgrens en het nooit ’n duidelike antwoord op Windows ontwerp nie. In plaas daarvan het hulle Microsoft gedagvaar omdat hulle ’n grafiese gebruikerskoppelvlak gebruik het wat soortgelyk was aan die Apple Lisa (Apple Computer, Inc. v. Microsoft Corporation).
47
Die regsgeding het jare geduur voordat dit uiteindelik verwerp is. Terselfdertyd het ’n string produkmislukkings en gemiste doeldatums Apple se reputasie gekelder en Sculley is vervang deur
Michael Splinder
48
1994–1997: Pogings tot hervorming
Die
Newton
was Apple se eerste intree in die PDA-markte, asook een van die eerste in die industrie. Ten spyte daarvan dat dit ’n finansiële mislukking was ten tyde van die vrystelling, het dit gehelp om die weg te baan vir die
Palm Pilot
en Apple se eie
iPhone
en
iPad
in die toekoms.
Teen die vroeë 1990’s het Apple alternatiewe platforms vir die Macintosh ontwikkel, soos die A/UX. Apple het ook begin eksperimenteer met die voorsiening van ’n slegs-Mac aanlynportaal wat hulle eWorld genoem het wat ontwikkel is in samewerking met America Online en ontwerp is as ’n Mac-vriendelike alternatief vir ander aanlyn dienste soos
Compuserve
. Die Macintosh-platform het self ouderwets geraak aangesien dit nie gebou was vir multitaakverwerking nie en verskeie belangrike programmatuurroetines is direk in die apparatuur geprogrammeer. Apple het ook mededinging van OS/2 en
UNIX
-verskaffers soos
Sun Microsystems
. Die Macintosh moes vervang word met ’n nuwe platform, of dit moes herbewerk word om met kragtiger hardeware te werk.
49
In 1994 het Apple met IBM en Motorola in die AIM-alliansie saamgewerk. Die doel was om ’n muwe rekenaarplatform (die PowerPC Reference Platform (PReP)) te skep, wat IBM en Motorola se hardeware sou gebruik saam met Apple se programmatuur. Die AIM-alliansie het gehoop dat PReP se werkverrigting en Apple se programmatuur die persoonlike rekenaar in die stof sou laat byt, en in die proses teenstand teen Microsoft bied. In dieselfde jaar het Apple die Power Macintosh bekendgestel, die eerste van vele Applerekenaars wat IBM se PowerPC-verwerker sou gebruik.
50
In 1996 is Michael Splinder vervang met Gil Amelio as HUB. Amelio het baie veranderinge by Apple gemaak, insluitend breedvoerige afleggings.
51
Na veelvuldige mislukte pogings om Mac OS te verbeter, eers met die Taligent-projek en later met Copland en Gershwin, het Amelio besluit om NeXT en die NeXTSTEP-bedryfstelsel te koop en Steve Jobs na Apple terug te lok as adviseur.
52
Op 9 Julie 1997 is Amelio afgedank deur die raad van die direksie nadat die aandeleprys die laagste in drie jaar was en die maatskappy verlammende finansiële verliese gely het. Jobs het die tussentydse HUB geword en begin om die maatskappy se produklyn te herstruktureer.
By die Macworld Expo in 1997 het Steve Jobs aangekondig dat Apple met Microsoft sou saamwerk om nuwe weergawes van
Microsoft Office
vir die Macintosh vry te stel, en dat Microsoft ’n belegging van $150-miljoen in nie-stemgeregtigde Apple-aandele gemaak het.
53
Op 10 November 1997 het Apple die Apple-aanlynwinkel bekend gestel, gekoppel aan ’n nuwe gebou-op-bestelling vervaardigingstrategie.
54
55
1998–2005: Terug na winsgewendheid
Apple-winkel in Fifth Avenue,
New York
Die Apple-vlag.
Apple Store
Regent Street
Londen
Op 15 Augustus 1998 het Apple ’n nuwe alles-in-een-rekenaar soortgelyk aan die Macintosh 128K bekendgestel: die
iMac
. Die ontwerpspan van die iMac is gelei deur
Jonathan Ive
wat later ook die
iPod
en
iPhone
ontwerp het.
56
57
Die iMac het met moderne tegnologie en ’n unieke ontwerp gespog en het amper 800
000 eenhede in die eerste vyf maande verkoop.
58
Gedurende hierdie tydperk het Apple verskeie maatskappye gekoop om ’n portefeulje van professionele en verbruikersgeoriënteerde digitale produksieprogrammatuur te skep. In 1998 het Apple die aankoop van Macromedia se
Final Cut
-programmatuur aangekondig en daardeur sy uitbreiding in die mark van digitale videoredigering ingewy.
59
Die volgende jaar het Apple twee videoredigeringsprodukte bekendgestel:
iMovie
vir verbruikers en vir beroepslui,
Final Cut Pro
, wat gevorder het tot ’n noemenswaardige videoredigeringsprogram, met 800,000 geregistreerde gebruikers vroeg in 2007.
60
In 2002 het Apple
Nothing Real
gekoop om hulle gevorderde digitale samestellingstoepassing "Shake" te bekom,
61
asook Emagic vir hulle musiekproduktiwiteitstoepassing Logic, wat gelei het tot die ontwikkeling van die verbruikersvlak
GarageBand
-toepassing.
62
63
iPhoto
se vrystelling dieselfde jaar het die
iLife
-pakket voltooi.
64
Mac OS X
, gebaseer op NeXT se OPENSTEP en BSD Unix is op 24 Maart 2001 vrygestel, na jare se ontwikkeling. Dit was gemik op verbruikers en beroepslui en het gepoog om die stabiliteit, betroubaarheid en veiligheid van
Unix
te kombineer met die maklike gebruik wat gekom het met ’n opgeknapte gebruikerskoppelalvk. Om gebruikers by te staan in die migrasie van
Mac OS 9
, het die nuwe bedryfstelsel die gebruik van OS 9 toegestaan deur Mac OS X se Classic-omgewing.
65
Op 19 Mei 2001 het Apple sy eerste winkels in
Virginië
en Kalifornië geopen.
66
Op 9 Julie het Apple Spruce Technologies, ’n DVD-skeppingsmaatskappy, bekom. Op 23 Oktober van dieselfde jaar het Apple die
iPod
digitale oudiospeler aangekondig en teen 10 November die nuwe produk begin verkoop. Die produk was ’n wegholsukses
— meer as 100-miljoen eenhede is binne ses jaar verkoop.
67
68
In 2003 is Apple se
iTunes Store
, wat aanlynmusiekaflaaie teen $0.99 per liedjie en integrasie met die iPod gebied het, bekendgestel. Die diens het vinnig die markleier in aanlynmusiekdienste geword met meer as 5 miljard aflaaie teen 19 Junie 2008.
69
Sedert 2001 het Apple se ontwerpspan toenemend afstand gedoen van die gebruik van deursigtige gekleurde plastiek soos aanvanklik gebruik is in die iMac G3. Dit het begin met die
titaan
PowerBook
en is opgevolg met die wit
iBook
in polikarbonaat en die platpaneel iMac.
70
71
2005–2007: Oorgang na Intel
Die
MacBook Pro
(15.4" breëskerm) was Apple se eerste skootrekenaar met ’n Intel mikroverwerker. Dit is in Januarie 2006 aangekondig en was gemik op die professionele mark
'n Sakeman bekyk 'n grafiek op sy iPad-tabletrekenaar. Tien jaar ná die invoering van die iPad in 2010 was Apple met 'n markaandeel van 31,4 persent nog steeds die onbetwiste leier op die mark vir tabletrekenaars – 'n mark wat die onderneming self geskep het. Binne tien jaar is byna 'n halfmiljard iPads wêreldwyd verkoop
72
By die tematoespraak van die Wêreldwye Ontwikkelaarskonferensie op 6 Junie 2005 het Steve Jobs aangekondig dat Apple sou begin om
Intel
-gebaseerde Mac-rekenaars in 2006 te vervaardig.
73
Op 10 Januarie 2006 het die nuwe MacBook Pro en iMac die eerste rekenaars geword om Intel se
Core Duo
SVE te gebruik. Teen 7 Augustus 2006, meer as ’n jaar gouer as wat aangekondig is, het Apple die hele Mac-produklyn oorgeskakel na Intel-skyfies.
73
Die
Power Mac
, iBook en PowerBook-handelsmerke is laat vaar gedurende die oorskakeling; die
Mac Pro
MacBook
en
MacBook Pro
was onderskeidelik die opvolgers.
74
75
Op 29 April 2009 het
The Wall Street Journal
berig dat Apple sy eie span ingenieurs begin saamstel het om mikroskyfies te ontwerp.
76
Apple het ook “Boot Camp” bekendgestel om gebruikers te help om
Windows XP
of
Windows Vista
op hulle Intel Macs naas Mac OS X te installeer.
77
Apple se sukses gedurende hierdie periode was duidelik te sien aan hulle aandeleprys. Tussen vroeg-2003 en 2006 het die prys van Apple se aandele meer as tienvoudig verdubbel, van ongeveer $6 per aandeel (verdeel-aangepas) tot meer as $80. In Januarie 2006 het Apple se
beurswaarde
dié van
Dell
verbygesteek.
78
Nege jaar vroeër het Dell se HUB,
Michael Dell
gesê dat indien hy aan die stuur van Apple was, hy “dit sou sluit en die geld aan die aandelehouers sou teruggee.”
79
Hoewel Apple se markaandeel in rekenaars toegeneem het, het dit ver agter mededingers gebly wat Microsoft Windows gebruik, met slegs ongeveer 8% van rekenaars en skootrekenaars in die VSA.
80
2007–2011: iPhone, iPod Touch en iPad
Steve Jobs stel die iPhone 4 tydens die
Worldwide Developers Conference (WWDC)
in 2010 bekend
Apple-winkel in
Frankfurt am Main
nadat Steve Jobs se afsterwe bekend gemaak is
Jobs het in sy tematoespraak tydens die
Macworld-ekspo
op 9 Januarie 2007 aangekondig dat Apple Computer, Inc. van daardie punt af aan bekend sou staan as Apple Inc. omdat rekenaars nie meer die maatskappy se hooffokus was nie en dat die fokus verskuif het na mobiele elektroniese toestelle. Tydens dieselfde gebeurtenis is die
iPhone
asook
Apple TV
bekendgestel.
81
Die volgende dag het Apple se aandele gestyg na $97.80; die hoogste tot nog toe. In Mei het Apple se aandeelprys die $100-kerf oorskry.
82
In ’n artikel van 6 Februarie 2007 op Apple se webblad, skryf Steve Jobs dat Apple bereid sou wees om musiek op die iTunes-winkel te verkoop sonder
digitale regtebeheer
(wat liedjies op derdeparty-spelers sou toelaat) indien platemaatskappye sou instem om die tegnologie vry te stel.
83
Op 2 April 2007 het Apple en
EMI
saam die verwydering van digitale regtebeheer van EMI se katalogus in die iTunes-winkel aangekondig. Dit sou in Mei begin.
84
Ander platemaatskappye het later in die jaar dieselfde gedoen.
In Julie 2008 het Apple die "App Store" van stapel gestuur sodat derdeparty-ontwikkelaars hul toepassings vir die iPhone en
iPod Touch
kon verkoop.
85
Binne ’n maand het die winkel 60 miljoen toepassings verkoop en op ’n daaglikse basis gemiddeld $1-miljoen ingebring, met Jobs wat gespekuleer het dat die winkel ’n miljard-dollarbesigheid vir Apple sou word.
86
Drie maande later is aangekondig dat Apple die derde grootste verskaffer van selfone in die wêreld geword het weens die gewildheid van die iPhone.
87
Op 16 Desember 2008 het Apple aangekondig dat na 20 jaar van bywoning van Macworld, 2009 die laaste jaar sou wees dat Apple die
Macworld-ekspo
sou bywoon en dat Phil Schiller die tematoespraak sou lewer in plaas van Jobs.
88
Ongeveer ’n maand later, op 14 Januarie 2009, het ’n interne Applememo van Jobs aangekondig dat hy vir ses maande met verlof sou gaan tot einde Junie 2009, weens gesondheidsredes en om die maatskappy toe te laat om op hul produkte te fokus, sonder dat hulle die media hoef te hanteer wat uitvra na Jobs se gesondheid.
89
Ten spyte van Jobs se afwesigheid het Apple sy beste nie-vakansiekwartaal (die eerste kwart van 2009) gedurende die resessie aangeteken met ’n inkomste van $8.16-miljard en ’n wins van $1.21-miljard.
90
Op 27 Januarie 2010, na jare van bespiegeling en veelvuldige beweerde “lekkasies”, het Apple ’n grootskerm, tabletagtige mediatoestel bekend as die iPad bekendgestel. Die iPad werk met dieselfde aanraakgebaseerde bedryfstelsel as wat die iPhone gebruik en baie van dieselfde toepassings is versoenbaar met die iPad. Dit het met die bekendstelling aan die iPad ’n groot toepassingskatalogus gebied met min ontwikkelingstyd voor die vrystelling. Later daardie jaar, op 3 April 2010, is die iPad in die VSA vrygestel en op daardie dag is daar meer as 300,000 eenhede verkoop en meer as 500,000 in die eerste week.
91
In Mei van daardie jaar het Apple se beurswaarde sy grootste mededinger, Microsoft s’n vir die eerste keer sedert 1989 verbygesteek.
92
Apple het die vierde generasie
iPhone
vrygestel wat video-oproepe, multitaakverwerking en ’n nuwe ongeïsoleerde vlekvrye staalontwerp, wat gedien het as die selfoon se antenne, gehad het. As gevolg van hierdie nuwe antenne het sommige iPhone 4-gebruikers ’n swakker sein gerapporteer wanneer die selfoon op ’n spesifieke manier vasgehou word. Na baie mediadekking, ook van hoofstroom-nuusorganisasies, het Apple ’n perskonferensie gehou waar hulle aan eienaars van die selfone ’n gratis rubberbuffer, wat bewese die seinprobleem omseil het, gebied het. Later daardie jaar het Apple weer hul iPod-reeks van MP3-spelers opgeknap om ’n
iPod Nano
met multi-aanraking, ’n
iPod Touch
met
FaceTime
en ’n
iPod Shuffle
met knoppies ingesluit het.
93
94
95
In Oktober 2010 het Apple-aandele ’n buitengewone hoogte getref en meer as $300 bereik.
96
In aanvulling hierby het Apple op 20 Oktober hulle
MacBook Air
-skootrekenaars en
iLife
-pakket van toepassings opgedateer en
Mac OS X Lion
bekendgestel.
97
Op 6 Januarie 2011 het die maatskappy hul
Mac-toepwinkel
, ’n digitale programmatuurverspreidingsplatform soortgelyk aan die bestaande iOS-toepwinkel, bekendgestel.
98
Apple was te sien in die dokumentêr
Something Ventured
wat in 2011 gepremière het.
2011–huidig: Post–Steve Jobs era
In November 2011 het Tim Cook Steve Jobs opgevolg as Apple se hoof uitvoerende beampte – en die uitdaging bemeester om in sy voetspore te volg: Apple se slimfoon
iPhone
word die suksesvolste produk ooit, die vraag na Apple se dienste groei buitensporig - en Apple Inc. word in 2012 die eerste onderneming ter wêreld met 'n markwaarde van meer as $1 biljoen
99
'n iPhone 6 kan 3,36 miljard instruksies per sekonde verwerk. Sy spoed sou groot genoeg wees om 120 miljoen
Apollo-maansendings
gelyktydig te bestuur – die navigasie-rekenaar van
Apollo 11
, wat in 1969 op die
maan
geland het, het 'n frekwensie van slegs 0,043
MHz gehad
100
'n Skootrekenaar uit die Macbook Pro-reeks (modeljaar 2016)
Die Apple Watch-slimhorlosie is Tim Cook se eerste groot sukses sonder enige bydrae deur Steve Jobs
Op 17 Januarie 2011 het ’n interne Applememo van Jobs aangekondig dat hy weer met verlof wil gaan vir ’n onbepaalde periode, sodat hy op sy gesondheid kan fokus.
Tim Cook
, hoofbedryfsbeampte, het Jobs se dag-tot-dag bedrywighede by Apple oorgeneem alhoewel Jobs steeds “betrokke sou bly in groot strategiese besluite vir die maatskappy.”
101
Apple het die waardevolste verbruikergerigte handelsmerk in die wêreld geword.
102
In Junie 2011 het Jobs op verrassende wyse die podium betree en
iCloud
bekendgestel. iCloud is ’n aanlyn bergings- en sinkroniseringsfunksie vir musiek, foto’s, lêers en programmatuur wat MobileMe, Apple se vorige poging om inhoud te sinkroniseer, vervang het.
103
Dit sou die laaste produkbekendstelling wees waar Jobs teenwoordig was. Daar word gemeen dat Apple só ’n mate van doeltreffendheid bereik het in hul voorsieningsketting
104
dat die maatskappy ’n
monopsonie
bedryf (een koper, baie verkopers) in dat hulle terme aan hul verskaffers kan dikteer.
105
106
Vir ’n kort rukkie in Julie 2011, weens die skuldplafonkrisis in die VSA, was Apple se finansiële reserwes groter as dié van die Amerikaanse Regering.
107
Op 24 Augustus 2011 het Jobs as HUB van Apple bedank.
108
Hy is vervang deur Tim Cook en Jobs het die voorsitter van Apple geword. Voor dit het Apple nie ’n voorsitter gehad nie maar eerder twee mede-leidende direkteure,
Andrea Jung
en
Arthur D. Levinson
gehad. Hulle het daardie titels behou totdat Levinson in November die Voorsitter van die Raad geword het.
109
Op 4 Oktober 2011 het Apple die
iPhone 4S
bekendgestel met ’n verbeterde kamera met 1080p video-opname, ’n dubbelkern A5-skyfie wat grafika 7 keer vinniger as die A4 kan hanteer, ’n “
intelligente programmatuurassistent
” genaamd
Siri
en data uit ’n wolk met
iCloud
110
111
Een dag later, op 5 Oktober 2011, het Apple aangekondig dat Jobs oorlede is. Dit was die einde van ’n era vir Apple Inc.
112
113
Die iPhone 4S is amptelik op 14 Oktober 2011 bekendgestel. Op 29 Oktober 2011 het Apple C3 Technologies, ’n karteringsmaatskappy, vir $240-miljoen bekom. C3 is die derde karteringsmaatskappy wat Apple gekoop het.
114
Op 10 Januarie 2012 het Apple
Anobit
, ’n Israeliese hardewaremaatskappy wat eiendomsgeheueseintegnologie ontwikkel en verskaf wat die werkverrigting verbeter van flitsgeheues wat in iPhones en iPads gebruik word, vir $390-miljoen bekom.
115
Op 19 Januarie 2012 het Apple se
Phil Schiller
iBooks-handboeke vir iOS en
iBooks Author
vir Mac OS X in New York bekendgestel.
116
Dit was Apple se eerste groot aankondiging sedert Jobs se afsterwe. Jobs was daarvan oortuig dat digitale teksboeke gedrukte media in die onderwyssektor uiteindelik sou vervang en het hierdie digitale leesrewolusie ook in sy biografie aangekondig.
Op 18 Januarie 2018 kondig Apple in reaksie op 'n omvattende hervorming van die Amerikaanse belastingwetgewing aan dat die grootste deel van sy buitelandse kontantreserwes, wat op meer as 250 miljard VSA-$ beraam word en as winste op buitelandse markte verdien is, terug na die Verenigde State oorgedra sal word. Daarnaas het die onderneming die ongekende bedrag van 38 miljard VSA-$ as belasting betaal en grootskaalse beleggings in die VSA in die vooruitsig gestel – waaronder die bou van 'n vervaardigingsaanleg buite Kalifornië. Binne 'n tydperk van vyf jaar sal Apple $350 miljard bydra tot die Amerikaanse ekonomie.
117
Apple erken op sy webtuiste sy verantwoordelikheid om belastingverpligtinge na te kom en beskryf homself as die grootste belastingbetaler ter wêreld.
118
Die onderneming het daarnaas in November 2019 bekend gemaak dat dit $2,5 miljard sal bydra om Kalifornië se knellende behuisingstekort te verlig.
119
Korporatiewe sake
Gedurende die Mac se vroeë geskiedenis het Apple in die algemeen geweier om die heersende industriestandaarde vir hardeware aan te neem en het hulle eerder hul eie ontwerp.
120
Hierdie neiging is grotendeels hersien in die vroeë 1990’s met Apple se aanneming van die Randkomponent Interverbind-bus in die 7500/8500/9500 en Power Macs. Sedertdien het Apple USB, AGP, HyperTransport, Wi-Fi en ander industriestandaarde in sy rekenaars ingebou en in sommige gevalle, soos met die aanvaarding van USB, kan hy selfs gesien word as ’n leier.
121
FireWire is ’n industriestandaard wat sy oorsprong by Apple het. Nadat dit as IEEE 1394 gestandaardiseer is, is dit wyd aangeneem.
122
Apple het derdeparty-bybehore verkoop sedert die eerste Apple Store geopen is.
123
Nikon en Canon het selfs per geleentheid van hul digitale kamera’s daar verkoop. Adobe, een van Apple se oudste programmatuurvennote,
124
verkoop ook hul Mac-verenigbare programmatuur en
Microsoft
hul Microsoft Office vir die Mac. Boeke van John Wiley & Sons wat die
For Dummies
instruksionele reeks publiseer, is egter ’n noemenswaardige uitsondering. Die uitgewer se boekreeks is in 2005 van Apple se winkels verban omdat Steve Jobs nie met hul besluit om ’n ongemagtigde biografie oor hom, getiteld
iCon
, te publiseer, saamgestem het nie.
125
Na die bekendstelling van die
iBookstore
het Apple die verkoop van fisiese boeke aanlyn en in die Apple-winkels gestaak.
Hoofkwartier
Apple Campus in Cupertino, Kalifornië was tussen 1993 en 2017 die maatskappy se hoofkwartier. Dit huisves steeds van Apple se kantore en laboratoria
'n Lugaansig van Apple Park (vroeër Apple Campus 2) wat sedert 2017 as nuwe hoofkwartier dien
Vlakby Apple Park het 'n moderne besoekersentrum ontstaan wat oop staan vir die algemene publiek, die
Apple Park Vistor Center
Apple Inc. se vorige korporatiewe hoofkwartier Apple Campus is in die middel van Silikonvallei geleë te Infinite Loop 1-6, Cupertino, Kalifornië. Hierdie kampus huisves ses geboue wat in totaal 79
000
m² beslaan en is in 1993 deur Sobrato Development Cos gebou.
126
Apple het filiale in lande met ’n lae belastingkoers soos
Ierland
Nederland
Luxemburg
en die
Britse Maagde-eilande
om die belasting wat hy betaal, te verminder. Volgens die
New York Times
was Apple onder die eerste tegnologiemaatskappye om oorsese verkoopsmense in lande met ’n hoë belastingkoers aan te wys op ’n manier waarmee die maatskappy produkte namens lande met ’n lae belastingkoers op ’n ander kontinent kan verkoop om sodoende inkomstebelasting te vermy. Apple was ’n pionier van ’n rekenkundige tegniek bekend as “Dubbel Iers met ’n Nederlandse Toebroodjie,” wat belasting verminder deur winste deur eers Ierse, dan Nederlandse en dan Karibbiese filiale om te lei.
In 2006 het Apple planne bekendgemaak om ’n tweede kampus van 200
000
m² te bou wat saamgestel sou wees uit verskeie aangrensende erwe. Latere aankope het dit tot 710
000
m² vergroot. Die nuwe kampus, ook in Cupertino, is ongeveer 1,6
km oos van die oorspronklike kampus af.
127
Die nuwe kampusgebou is deur die Britse argitek
Norman Foster
ontwerp.
128
Op 7 Junie 2011 het Steve Jobs ’n voorlegging aan die stadsraad van Cupertino gedoen waarin hy die argitektoniese ontwerp van die nuwe gebou en omgewing aan hulle blootgelê het. Die plan is dat die nuwe kampus 13
000 werknemers kan huisves in een sentrale vierverdieping sirkelvormige gebou (met ’n kafeteria wat ongeveer 3
000 sitplekke bied) wat omring is deur ’n uitgebreide landskap (met parkering hoofsaaklik ondergronds en die res gesentraliseer in ’n parkade). Daar sal ook addisionele geboue soos ’n ouditorium, navorsings- en ontwikkelingsfasiliteite, ’n gesondheidsentrum en ’n spesiale kragopwekker as primêre elektrisiteitsbron wees (aangedryf deur natuurlike gasse en ander omgewingsvriendelike metodes).
Apple se hoofkwartier vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika (EMOA) is in
Cork
in die suide van
Ierland
129
130
131
132
133
134
135
Die fasiliteit, wat in 1980 geopen is, was Apple se eerste kantoor buite die Verenigde State.
136
Apple Verkope Internasionaal, wat al Apple se internasionale verkope buite die VSA hanteer, is ook geleë by Apple se kampus in Cork
137
saam met Apple Verspreiding Internasionaal, wat Apple se internasionale verspreidingsnetwerk beheer.
138
Korporatiewe kultuur
Attac, 'n nie-regeringorganisasie wat krities staan teenoor
globalisering
, het – nadat Apple Inc. van belastingontduiking in Ierland beskuldig is (of belastingvoordele getrek het uit die Ierse regering se omstrede amptelike beleid van beleggingsbevordering) – sy eie voorstelling van Apple se hoofkwartier ontwikkel
'n Jong vrou voel blykbaar tuis in die Apple-ekostelsel
Apple was een van verskeie hoogs suksesvolle maatskappye wat in die 1970’s gestig is wat ook die tradisionele opvattings van wat ’n korporatiewe kultuur behoort wees in organisatoriese hiërargie gebuig het. Ander hoogs suksesvolle firmas met soortgelyke kulturele aspekte van dieselfde era sluit
Southwest Airlines
en
Microsoft
in. Aanvanklik het die maatskappy teenoor meer besadigde maatskappye soos
IBM
gestaan weens die invloed van die stigters; Steve Jobs het dikwels kaalvoet in die kantoor rondgeloop, selfs nadat Apple ’n Fortune 500-maatskappy geword het. Teen die tyd van die “1984”-televisieadvertensie het hierdie eienskap belangrik geword in terme van sy onderskeiding van ander maatskappye.
139
Soos wat die maatskappy gegroei het en deur verskeie hoof uitvoerende beamptes gelei is, elk met sy eie idee van wat Apple moet wees, het van die oorspronklike karakter verlore gegaan, maar Apple het steeds ’n reputasie dat indiwidualiteit en uitnemendheid gekweek word. Op dié manier word talentvolle mense by die maatskappy betrek. Apple het ’n program genaamd Apple Fellows begin wat die beste werknemers herken en diegene wat ’n buitengewone bydrea op tegniese of leierskapsvlak in persoonlike rekenaars gelewer het terwyl hulle by die maatskappy was. Die Apple Fellowship is toegeken aan ’n aantal indiwidue onder wie verskeie baanbrekers in die veld van rekenaartegnologie en gebruikerskoppelvlakke.
Verskeie werknemers van Apple het genoem dat projekte sonder Jobs se betrokkenheid dikwels langer vat as projekte waarby hy betrokke was.
140
Ander skep ’n beeld van Jobs “wat in die gange met ’n vlammewerper in die hand loop terwyl hy aan mense vra of hulle aan
MobileMe
werk.”
141
By Apple is die werknemers spesialiste wat nie blootgestel is aan funksies buiten hul gebied van kundigheid nie. Jobs het dit gesien as ’n manier waarop die beste werknemers in hul gebied in elke rol aangewend kon word. Die ligging van die kampusse en die uitleg van die winkels is deur ’n persoon gedoen wat geen beheer gehad het oor die inhoud van die winkels nie. Dit is die teenoorgestelde van die korporatiewe kultuur van
General Electric
wat bestuurders opgelei het wat iets van alles kan doen.
142
Onder die leierskap van Tim Cook wat in 1998 by Apple aangesluit het, het Apple ’n uiters doeltreffende en effektiewe voorsieningsketting ontwikkel wat vir vier jaar in ’n ry as die beste in die wêreld beskou is. Die maarskappy se vervaardiging, aankope en logistiek stel dit in staat om reuse produkbekendstellings uit te voer sonder om groot, winsondermynende voorrade te onderhou; Apple se winsgrens word op 40 persent geskat, vergeleke met 10-20 persent vir die meeste ander hardewaremaatskappye in 2011. Cook se fokus op die maatskappy se operasionele voorsprong dra die slagspreuk: “Niemand wil suur melk koop nie”.
106
143
Die maatskappy het tot die laat 1990’s sy produkte bemark met die feit dat dit in Amerika vervaardig is. As gevolg van uitkontrakteringsinisiatiewe in die 2000’s word amper al die vervaardiging nou buite Amerika gedoen. Volgens ’n verslag van die
New York Times
, “glo bronne binne Apple dat die groot skaal van oorsese fabrieke asook die buigbaarheid, ywer en industriële vaardighede van buitelandse werkers hul Amerikaanse eweknieë verbygesteek het, soveel so dat “Vervaardig in die V.S.A.” nie meer ’n lewensvatbare opsie vir die meeste Apple-produkte is nie.”
144
Verkoopkanale
Sedert Augustus 2012 het Apple meer as 500 Apple Store-winkels 25 lande geopen. Iets meer as die helfte van die winkels is in die Verenigde State geleë. Apple-winkels is in 44 van die 50 deelstate en die Distrik van Columbia (
Washington, DC
) geopen.
Politieke druk
In 2019 het sowel die Chinese asook die Russiese regerings politieke druk op Apple Inc. uitgeoefen. Vir Russiese gebruikers van Apple-sagteware word die
Krim-skiereiland
sedert November 2019 op rekenaarskerms as Russiese staatsgebied vertoon.
145
Finansies
Met die mobiele betaalstelsel
Apple Pay
, wat in Oktober 2014 vir mobiele Apple-toestelle (destyds die iPhone 6) ingevoer is, bevorder die onderneming 'n kontantlose samelewing. Die stelsel ding op die mark met
Google Pay
, wat aan Android-slimfone gekoppel is, en ander kleiner stelsels mee
In die boekjaar wat in September 2011 geëindig het, het Apple nuwe hoogtes bereik deur ’n omset van $108 miljard (drasties meer as die $65 miljard in 2010) en naastenby $82 miljard in kontantreserwes. Apple het hierdie resultate behaal ten spyte van ’n kleiner markaandeel in sekere produkkategorieë.
146
Op 20 Augustus 2012 het Apple afgesluit met ’n rekordaandeleprys van $665,15.
147
Met 936
596
000 uitgereikte aandele (soos op 30 Junie 2012),
148
het die maatskappy dus ’n beurswaarde van $622,98 miljard gehad. Dit is die hoogste nominale markwaarde wat nóg bereik is deur ’n maatskappy wat privaat handel dryf en het die rekord van Microsoft in 1999 verbygesteek.
Apple se kontantreserwes was vroeg in 2018 met $267,2 miljard byna so groot soos die Amerikaanse regering s'n ($271 miljard) - ondanks die uitbetaling van dividende en die terugkoop van aandele ter waarde van byna $220 miljard.
149
Op 3 Augustus 2018 was Apple die grootste openbaar verhandelde korporasie ter wêreld deur markkapitalisasie. Op 2 Augustus 2018 word Apple die eerste beursverhandelde Amerikaanse maatskappy wat 'n $1 biljoen markwaarde bereik het.
150
151
Apple was op die beste Fortune 500-ranglys van die grootste Amerikaanse ondernemings in 2018 as nommer 4.
152