Arthur Rubinstein - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arthur Rubinstein
Arthur Rubinstein in 1937
Agtergrondinligting
Gebore
28 Januarie 1887
Łódź
, Kongres van Pole
Sterf
20 Desember 1982 (op 95)
Genève
, Switserland
Beroep(e)
Pianis
Instrumente
Klavier
Arthur Rubinstein
, KBE (
Pools
: Artur Rubinstein;
28 Januarie
1887
20 Desember
1982
) was van Pools-Amerikaanse afkoms
en 'n klassieke
pianis
. Hy het internasionale lof ontvang vir sy uitvoering van 'n verskeidenheid komponiste, en baie het hom beskou as die beste
Frédéric Chopin
-vertolker van sy tyd.
Hy is al beskryf as een van die grootste pianiste van die 20ste eeu.
Hy het vir agt dekades in die openbaar gespeel.
Vroeë lewe
wysig
wysig bron
Rubinstein het in Piotrkowskastraat,
Łódź
Pole
grootgeword
Rubinstein is in
Łódź
, Kongres van Pole, (deel van die
Russiese Ryk
vir die geheel wat Rubinstein daar woonagtig was) op 28 Januarie 1887 gebore in 'n
Joodse
gesin. Hy was die jongste van sewe kinders van Felicja Blima Fajga (née Heiman) en Izaak Rubinstein. Sy vader het 'n klein
tekstielfabriek
besit.
Rubinstein se geboortenaam sou
Leo
gewees het, maar sy 8-jarige broer het geëis dat; "Sy naam moet Artur wees. Aangesien Artur X ('n buurman se seun) die
viool
so mooi bespeel, kan die nuwe baba ook dalk 'n groot musikant word!"
10
En so het dit toe gekom dat hy Artur genoem is, alhoewel hy in Engelssprekende lande verkies het om as
Arthur Rubinstein
bekend te staan. Sy impresario in die
Verenigde State
(Sol Hurok) het egter daarop aangedring dat hy bekend staan as
Artur
, en plate in die Weste is onder beide weergawes van sy naam uitgereik.
11
Rubinstein het op 2-jarige leeftyd perfekte toon gedemonstreer en 'n fassinasie met die
klavier
getoon, terwyl hy sy suster se klavierspel aanskou het. Teen die ouderdom van vier jaar is hy as wonderkind erken. Sy vader het 'n voorliefde vir die viool gehad en aan Rubinstein een aangebied. Rubinstein het dit egter van die hand gewys omdat hy gemeen het dat sy instink eerder vir harmonie en polifonie bestem was. Die Hongaarse violis
Joseph Joachim
was, nadat hy die 4-jarige kind hoor speel het, diep beïndruk met sy spel, en het aan Rubinstein se gesin gesê: "Hierdie seuntjie kan dalk 'n groot musikant word—hy beskik sekerlik oor die talent daarvoor...bring hom na my wanneer die tyd vir ernstige studies aanbreek, en ek sal met graagte sy artistieke opvoeding waarneem." Op 14 Desember 1894 het die 7-jarige Arthur Rubinstein sy buiging voor die klavier gemaak met stukke deur
Mozart
Schubert
en
Mendelssohn
10
12
Toe hy tien word, het Rubinstein na
Berlyn
getrek ten einde sy studies voort te sit, en in
1900
op die leeftyd van dertien sy eerste uitvoering saam met die
Berlynse Filharmoniese Orkes
gegee.
13
Joseph Joachim het vir Karl Heinrich Barth as Rubinstein se klavieronderwyser aanbeveel. Rubinstein het as leerling van Barth 'n beroemde
pedagogiese
erfenis geërf: Barth self was 'n leerling van
Liszt
gewees, wat op sy beurt deur Czerny onderrig is, wat weer op sy beurt 'n leerling van
Beethoven
was.
13
Musiek en loopbaan
wysig
wysig bron
In 1904 het Rubinstein na
Parys
verhuis ten einde sy loopbaan in alle erns van stapel te stuur. Hier het hy met die
komponiste
Maurice Ravel
en
Paul Dukas
en die
violis
Jacques Thibaud
kennis gemaak. Hy het ook in die teenwoordigheid van
Camille Saint-Saëns
die komponis se Klavierconcerto No. 2 gespeel. Hy het deur die familie van Juliusz Wertheim (aan wie se begrip van
Chopin
se genialiteit, Rubinstein later sy eie inspirasie wat hy uit die werk van Chopin geput het, sou toeskryf) bevriend geraak met die violis Paul Kochanski en komponis Karol Szymanowski.
12
Rubinstein in 1906
Rubinstein het in 1906 sy New Yorkse buiging in die
Carnegie Hall
gemaak en daarna deur die
Verenigde State
Oostenryk
Italië
en Rusland getoer. Volgens sy eie weergawe en dié van sy seun in François Reichenbach se rolprent
L'Amour de la vie
(1969) is hy nie goed ontvang in die
VSA
nie. Teen 1908 het Rubinstein haweloos, behoeftig, neerslagtig en desperaat, met dreigende krediteure en die vooruitsig van uitsetting uit sy Berlynse hotelkamer; 'n
selfmoordpoging
aangewend. Hy het hierna gesê dat hy "wedergebore" gevoel het en dat hy toegerus is met die onvoorwaardelike liefde van die lewe. In 1912 het hy sy Londense buiging gemaak en aldaar 'n musikale tuiste gevind in die Edith Grove,
Chelsea
musieksalon van Paul en Muriel Draper in die geselskap van Kochanski,
Igor Strawinski
Jacques Thibaud
Pablo Casals
, Pierre Monteux en andere.
12
Rubinstein het gedurende die
Tweede Wêreldoorlog
in Londen gewoon, uitvoerings gegee en die violis
Eugène Ysaÿe
begelei. In 1916 en 1917 het hy sy eerste toere in
Spanje
en
Suid-Amerika
meegemaak waar hy wyd lof toegeswaai is. Dit was gedurende hierdie toere dat hy 'n lewenslange entoesiasme ontwikkel het vir die musiek van Enrique Granados, Isaac Albéniz, Manuel de Falla, en Heitor Villa-Lobos. Manuel de Falla se
Fantasía Bética
, Villa-Lobos se
Rudepoêma
en Strawinski se
Trois mouvements de Petrouchka
is aan hom gewy.
Rubinstein was gewalg deur Duitsland se optrede tydens die oorlog en het nooit weer daar gespeel nie. Sy laaste uitvoering in Duitsland was in 1914.
12
In die herfs van 1919 het Rubinstein deur die Britse eilande getoer saam met die sopraan Emma Calvé en die tenoor Vladimir Rosing.
14
Rubinstein het op 5 Januarie 1920 via
Southampton
uit Engeland vertrek na New York op die
Red Star Line "Lapland"
15
In 1921 het Rubinstein twee Amerikaanse toere onderneem en saam met Karol Szymanowski en sy vriend Paul Kochanskina na
New York
gereis.
12
In 1934 het die pianis gesê het dat hy sy tegniek tydens sy vroeë jare afgeskeep het en slegs op natuurlike talent staatgemaak het. Hy het hierna uit die openbare oog en konsertlewe onttrek vir 'n aantal maande met die doel van intensiewe studie en oefening.
Rubinstein het in 1937 weereens in die Verenigde State getoer; sy loopbaan het gedurende die jare van die
Tweede Wêreldoorlog
, toe hy in Brentwood, Kalifornië gewoon het, aldaar gevestig geword. Hy het in 1946 'n genaturaliseerde
Amerikaanse burger
geword.
16
'n Gipsafdruk van die pianis se hande by die
Łódź
museum.
Gedurende sy tyd in Kalifornië het Rubinstein die klavierklankbane vir verskeie films verskaf, waaronder
Song of Love
met Katharine Hepburn. Hy het ook persoonlik in die films
Carnegie Hall
en
Of Men and Music
verskyn.
Alhoewel Rubinstein vernaam bekend was as 'n speler van solostukke, is hy ook beskou as 'n uitstaande kamermusikant. Hy het saam met gerekende musikante soos
Henryk Szeryng
Jascha Heifetz
Pablo Casals
Gregor Piatigorski
en die
Guarneri-kwartet
gewerk. Rubinstein het 'n groot deel van die kern-klavierrepertorium opgeneem, veral die musiek van die
Romantiese
komponiste. Ten tyde van sy dood het
The New York Times
as volg oor hom geskryf, "
Chopin
was sy spesialiteit ... dit was [as] 'n Chopin-kenner dat hy deur baie beskou is as ongeëwenaard. "
13
Met die uitsondering van die Études van Chopin, het hy die meeste van die werk van Chopin opgeneem. In 1964, op die hoogtepunt van die
Koue Oorlog
, het hy 'n legendariese konsert; bestaande alleenlik uit die werke van Chopin; in
Moskou
gegee.
17
Hy was een van die vroegste voorstanders van Spaanse en Suid-Amerikaanse komponiste, sowel as die
Franse
komponiste van die vroeë
20ste eeu
(soos
Debussy
en
Ravel
). Daarbenewens het Rubinstein die musiek van sy landgenoot Karol Szymanowski bevorder. Rubinstein het in gesprek met
Aleksander N. Skriabin
vir
Brahms
as sy gunsteling-komponis aangewys, welke Skriabin ontstig het.
18
In 1969 was die rolprent
Arthur Rubinstein – The Love of Life
vrygestel; dit het die
Academy Award
vir Beste Dokumentêre film ingepalm. ('n latere TV-program getiteld
Rubinstein at 90
, het benadruk hoe hy al vir agt dekades lank vir mense speel.)
Teen die middel van die
1970
's het Rubinstein se sig begin verswak. Hy het op die ouderdom van 89, in Mei 1976 van die verhoog afgetree, en sy laaste konsert by
Londen
se Wigmore Hall gegee waar hy byna sewentig jaar vroeër die eerste keer gespeel het.
Rubinstein, wat beheer gehad het oor agt
tale
16
het groot dele van die repertorium (en nie slegs die klavierdele nie) in sy formidabele geheue gehou.
16
Volgens sy memoires het hy
César Franck
se Simfoniese Variasies geleer terwyl hy op 'n trein onderweg na die konsert was; sonder die voordeel van 'n klavier; en die passasies daarvan op sy skoot geoefen. Rubinstein self het sy geheue as fotografies beskryf.
19
Rubinstein het ook buitengewone gehoor-vaardighede ontwikkel wat hom in staat gestel het om gehele simfonieë in sy gedagtes te speel. "Tydens ontbyt sou ek miskien 'n volledige Brahms-simfonie in my kop deurgaan," het hy gesê. "Dan word ek na die foon geroep, en 'n halfuur later, vind ek uit dat dit heeltyd aan die gang was en dat ek my reeds in die derde beweging daarvan vind." Hierdie vermoë is dikwels deur Rubinstein se vriende getoets, wat op lukrake wyse uittreksels uit opera- en simfoniese partiture sou kies ten einde hom te versoek om dit uit sy geheue te speel.
13
Rubinstein se outobiografie bevat twee volumes:
My Young Years
(1973); en
My Many Years
(1980). Baie persone was ontstig oor die volumes se beklemtoning van persoonlike herinneringe bo die oor musiek. Die
pianis
Emanuel Ax
, te wete een van Rubinstein se grootste bewonderaars, was diep teleurgesteld deur
My Many Years
. "Tot op daardie stadium", het hy aan Sachs gesê, "het ek Rubinstein verafgod - ek wou 'n lewe soos syne hê, die boek het dit alles egter verander."
Rubinstein het eenkeer in 'n reflektiewe bui opgemerk: "Dit is doodeenvoudig my lewe; musiek. Ek leef dit, asem dit in, praat daarmee. Ek is amper bewusteloos daarvan. Nee, ek bedoel nie dat ek dit as vanselfsprekend aanvaar nie; mens moet nooit een van die gawes van
God
as vanselfsprekend neem nie, maar dit is soos 'n arm, 'n been, 'n deel van my. Aan die ander kant is
boeke
en
skilderye
tale
en ook mense deel van my passies, altyd daar om geniet te word. Reis ook. Ek is 'n gelukkige man om in 'n bedryf werksaam te wees wat my toelaat om so baie op die pad te wees. Op die trein en op die vliegtuig beskik ek ook oor heelwat tyd om te lees. In die opsig is ek weereens gelukkig om 'n pianis te kan wees. Dit is 'n pragtige instrument, die
klavier
, net die regte grootte ook, sodat jy dit nie kan saamneem nie. In pleks daarvan om te oefen, kan ek lees. Is ek nie 'n gelukkige man nie?"
20
Persoonlike lewe
wysig
wysig bron
Rubinstein in 1963
Huwelik en gesin
wysig
wysig bron
Rubinstein het eenkeer oor sy jeug kommentaar gelewer: "Daar word van my gesê dat ek toe ek jonk was; ek my tyd verdeel het tussen
wyn
, vroumense en plesierigheid. Ek ontken hierdie aanklag kategories. Negentig persent van my belangstellings was vroumense."
13
Rubinstein het in 1932 op die ouderdom van 45 jaar met Nela Młynarska getrou, te wete 'n 24-jarige
Poolse
ballerina (wat saam met Mary Wigman gestudeer het). Nela was die dogter van die
Poolse
dirigent
Emil Młynarski en sy vrou Anna Talko-Hryncewicz, wat afkomstig was van 'n
Poolse
aristokratiese heraldiese familie. (die huis van Iłgowski). Nela het die eerste keer verlief geraak op Rubinstein toe sy 18 jaar oud was maar het met Mieczysław Munz, 'n ander
Pools
Amerikaanse
pianis
getrou, nadat Rubinstein 'n verhouding met 'n
Italiaanse
prinses gehad het.
21
22
Nela het hierna vir Munz geskei en drie jaar later met Rubinstein getrou.
22
Hulle het vyf kinders gehad (waarvan een as suigeling oorlede is), insluitende die
fotograaf
Eva Rubinstein, wat getroud is met William Sloane Coffin en hul seun
John Rubinstein
, vader van die akteur
Michael Weston
23
Nela het die kookboek
Nela's Cookbook
geskryf wat die geregte insluit wat sy vir die paartjie se legendariese partytjies voorberei het.
24
Rubinstein het beide voor en na sy troue 'n reeks verhoudings met vroue gehad, insluitende Lesley Jowitt, die vrou van die Britse politikus William Jowitt, en Irene Curzon.
25
Bykomend tot 'n dogter (die
Suid-Amerikaanse
pianis Luli Oswald) by die Italiaanse markiesin Paola Medici del Vascello (née Prinses Paola di Viggiano), mag hy dalk die vader wees van die Amerikaanse kunstenaar Muriel Draper se seun Sanders Draper, wat tydens die
Tweede Wêreldoorlog
gesterf het.
12
Alhoewel hy en Nela nooit geskei is nie, het hy haar in 1977 op 90-jarige ouderdom vir Annabelle Whitestone, toe 33 jaar oud, gelos.
Joodse identiteit
wysig
wysig bron
Alhoewel Rubinstein 'n
agnostikus
was, was hy nietemin trots op sy
Joodse
erfenis.
26
Hy was 'n groot vriend van
Israel
27
welke hy oor die jare verskeie kere saam met sy vrou en kinders besoek het. Hy het konserte saam met die
Israel Filharmoniese Orkes
, uitvoerings, en meesterklasse by die Jerusalem Musieksentrum gegee.
In 1949 het Rubinstein—wat verskeie gesinslede in die
HaShoah
verloor het—saam met ander prominente musici (insluitende
Horowitz
en
Heifetz
) aangekondig dat hy nie saam met die
Chicago Simfonieorkes
sou verskyn nie indien dit die
dirigent
Wilhelm Furtwängler
, wat tydens die oorlog in
Duitsland
aangebly het en 'n simfonie vir Adolf Hitler se verjaardag uitgevoer het, sou betrek.
Poolse identiteit
wysig
wysig bron
Rubinstein was sy hele lewe lank geheg aan
Pole
. Tydens die inhuldiging van die Verenigde Nasies in 1945 het Rubinstein sy Poolse patriotisme getoon tydens 'n konsert vir die afgevaardigdes. Hy het die konsert begin deur sy diepe teleurstelling uit te spreek met die feit dat die konferensie nie 'n afvaardiging uit
Pole
gehad het nie. Rubinstein het later beskryf hoe hy oorweldig was deur blinde woede en in woede die afwesigheid van die Poolse vlag aan die publiek uitgewys het. Hy het plotseling ophou klavier speel, die gehoor aangesê om op te staan, insluitend
afgevaardigdes van die Sowjetunie
, en die Poolse volkslied
Pole is nog nie verlore nie
met luidrugtigheid gespeel, terwyl hy die slotdeel daarvan herhaal het met 'n geweldige "forte". Toe hy klaar is het die publiek hom staande toegejuig.
16
28
Oor oefening
wysig
wysig bron
Tydens sy jeug − as 'n pianis met 'n natuurlike aanvoeling en 'n reuse tegniek − het Rubinstein so min as moontlik geoefen en spoedig nuwe stukke aangeleer sonder behoorlike aandag aan die tekstuele konteks en detail daarvan. Hy het op sy persoonlike sjarme staatgemaak om die gebrek aan afwerking in sy spel te verberg. Sy houding teenoor sy spel het egter ná sy huwelik verander. Hy het in die somer van 1934 sy hele repertorium begin hersien. "Ek het teruggegaan werk toe - ses ure, agt ure, nege ure per dag," het hy 1958 gesê. "En 'n vreemde ding het gebeur. ... ek het nuwe betekenis, nuwe eienskappe, nuwe moontlikhede in musiek ontdek wat ek al meer as 30 jaar op gereelde basis speel." Oor die algemeen was Rubinstein egter van mening dat die grootste gevaar vir jong pianiste is om oordadig te oefen. Rubinstein het gereeld voorgestel dat jong pianiste hoogstens drie ure per dag moet oefen. "Ek is baie, baie lui gebore, en oefen nie altyd baie lank nie," het hy gesê, "maar ek moet, tot my verweer sê dat dit nie, wat betref mens se musikaliteit, goed is om te veel te oefen nie. Wanneer jy dit doen klink dit asof die musiek uit jou sak uit kom. As jy met 'n gevoel van "Ag, ek ken dit" speel, speel jy sonder daardie klein druppel vars bloed wat nodig is − en die gehoor voel dit aan." Oor sy eie oefenmetodes het hy gesê: "By elke konsert verlaat ek my op die oomblik. Ek moet die onverwagte, die onvoorsiene, ondervind. Ek wil 'n waaghals wees en kanse waag. Ek wil verbaas wees oor die resultaat daarvan. Ek wil dit meer geniet as die gehoor. Op die manier kan die musiek weer opnuut blom. Dit is soos om liefde te maak. Die daad is altyd dieselfde, maar elke keer is dit anders."
13
29
Afsterwe en nalatenskap
wysig
wysig bron
"Ek het bevind dat indien jy die lewe liefhet, die lewe jou terug sal liefhê..."
"Mense stel altyd voorwaardes vir geluk... Ek het egter die lewe onvoorwaardelik lief."
— Arthur Rubinstein
30
Graf van Arthur Rubinstein by die Arthur Rubinstein-woud naby
Jerusalem
Rubinstein het op 20 Desember 1982 in sy slaap by sy huis in
Genève
Switserland
op die ouderdom van 95 jaar beswyk. Sy liggaam is veras.
13
'n Vaas wat van sy as bevat is op die eerste herdenking van sy afsterwe in
Jerusalem
begrawe—soos gespesifiseer in sy
testament
—in 'n toegewyde plot wat uitkyk op die Jerusalem-woud en nou bekendstaan as die "Rubinstein-woud". Die reëlings was op die spesifieke wyse met
Israel
se hoof
rabbis
gereël sodat die hoofwoud nie onder godsdienstige wette sou val wat op begraafplase van toepassing is nie.
31
In Oktober 2007 het sy familie 'n uitgebreide versameling oorspronklike manuskripte, manuskripafskrifte en gepubliseerde uitgawes aan die Juilliard School geskenk wat deur die regering van die
Nazi's
tydens die
Tweede Wêreldoorlog
by sy
Paryse
woning op beslag gelê is. Een-en-sewentig items is na sy vier kinders terugbesorg. Dit was die eerste keer dat
Joodse
eiendom wat in die Berlynse Staatsbiblioteek gehou is aan hul wettig erfgename terugbesorg is.
32
In 1974 het Jan Jacob Bistritzky die Arthur Rubinstein Internasionale Klavier Meester-kompetisie (
Arthur Rubinstein International Piano Master Competition
), wat elke drie jaar in
Israel
gehou word, gestig. Die doelwit van die kompetisie is om die loopbane van jong en uitstaande
pianiste
te bevorder. Die Arthur Rubinstein-prys en ander pryse word aan die wenners toegeken. Die Rubinstein-kompetisie vra ook komposisies aan van Israelse komponiste.
33
Daar is ook 'n Arthur Rubinsteinstraat in
Tel Aviv
, Israel.
Opnames
wysig
wysig bron
In 1910 het Rubinstein
Franz Liszt
se Hongaarse Rapsodie No. 10 vir die Poolse Favorit plate-etiket opgeneem.
12
Die pianis was nie tevrede met die akoestiese opname-proses nie, en het gesê dat dit die klavier "soos 'n
banjo
" laat klink het. Hy het gevolglik nie tot die koms van die elektriese opname-proses weer opnames gemaak nie. In 1928 het Rubinstein begin om uitvoerig vir die
Gramophone Company
beter bekend as His Master's Voice (HMV) in Engeland, en daarna RCA Red Seal Records, in die
VSA
, opnames te maak. Hy het tot met sy aftrede in 1976 'n groot aantal solo-, concerto - en kamermusiekopnames gemaak. Soos wat die opname-tegnologie verbeter het; van 78-
opm
plate tot
LP
's en stereofoniese opnames; het Rubinstein groot dele van sy repertoire her-opgeneem. Al sy RCA-opnames is op
CD
vrygestel, wat neerkom op sowat 107
minute
se
musiek
. Rubinstein het verkies om in die ateljee opnames te maak. Hy het gedurende sy lewe omtrent slegs drie
ure
van sy lewendige opnames vir vrystelling goedgekeur. Verskeie
plate-etikette
het egter sedert sy afsterwe lewendige opnames wat van radio uitsendings geneem is, vrygestel.
Lys van rolprente
wysig
wysig bron
Night Song
(1948)
L'amour de la Vie
(Liefde vir die Lewe)
(1969)
Bronnelys
wysig
wysig bron
Rubinstein, Arthur (1973).
My Young Years
. New York: Knopf.
ISBN
0-394-46890-2
Rubinstein, Arthur (1980).
My Many Years
. New York.
ISBN
0-394-42253-8
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (
link
Sachs, Harvey (1995).
Rubinstein: A Life
. Grove Press.
ISBN
978-0-8021-1579-9
Verwysings
wysig
wysig bron
, ”Polish American virtuoso pianist,”
"Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95". The New York Times. 21 November 1982. Geargiveer van die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Opgespoor op 6 November 2011.
Schonberg, Harold C. (1987) The great pianists. Simon & Schuster.
ISBN 0671638378
, “Artur Rubinstein, Artur ook gespel as Arthur, (gebore 28 Januarie 1887, Łódź, Pole, Russiese Ryk—sterf op 20 Desember 1982,
Genève
Switserland
), Pools-Amerikaanse virtuoos pianis wat beskou word deur baie as die 20ste eeu se voorste interpreteerder van die repertoire".Vertaal na Afrikaans
"Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95". The New York Times. 21 November 1982. Geargiveer van die oorspronklike op 27 Augustus 2013. Opgespoor op 6 November 2011.
Jean-Pierre Thiollet,
88 notes pour piano solo
, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.50.
ISBN 978 2 3505 5192 0
Teachout, Terry (1996).
"Whatever Happened to Arthur Rubinstein"
Commentary
101
(2):
48–
51.
"Intoxicated with Romance."
Geargiveer
7 Januarie 2024 op
Wayback Machine
Time
101, no. 23 (4 Junie 1973): 73.
Artur Rubinstein
. geni.com
Rubinstein, Arthur (1973).
My Young Years
. New York: Knopf.
ISBN
0-394-46890-2
Rubinstein, Arthur (1973).
My Young Years
. New York: Knopf. p.
4.
ISBN
0-394-46890-2
In later years, my manager Sol Hurok used the h-less "Artur" for my publicity, but I sign "Arthur" in countries where it is common practice, "Arturo" in Spain and Italy, and "Artur" in the Slav countries.
Sachs
"Arthur Rubinstein Dies in Geneva at 95"
The New York Times
(in Engels). 21 November 1982.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2018
. Besoek op
6 November
2011
Newton, Ivor (1966).
At the Piano – the World of an Accompanist
. London: Hamish Hamilton Ltd. p.
44.
Sachs
, pp. 8, 265, 269, 275
Hierdie geleentheid is uitvoerig gedokumenteer op 'n oudio CD soos geredigeer deur Joachim Kaiser,
Klavier Kaiser
, Sueddeutsche-Zeitung Co., München 2004.
Rubinstein, Artur
My Young Years
, quoted in Norman Lebrecht,
The Book of Musical Anecdotes
"Pianists: The Undeniable Romantic"
Time
(in Engels). 25 Februarie 1966. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Julie 2013
. Besoek op
25 April
2010
The Rubenstein Story (soos vertel aan Clifton Fadiman), Radio Corporation of America, 1959.
Taylor, Angela (12 Desember 1983)
"Nela Rubinstein: Making a Life of Her Own"
The New York Times
, Section B, p. 22.
"After 50 Years of Pots and Chopins with Husband Arthur, Nela Rubinstein Rolls Out Her Own Cookbook"
People Magazine
, 14 November 1983 Vol. 20, No. 20
"John Rubinstein Biography"
filmreference
(in Engels). 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019
. Besoek op
10 April
2008
Rubinstein, Nela (1983)
Nela's Cookbook
. Alfred A. Knopf, New York.
ISBN 039451761X
Sachs (1997) pp. 189–90, 246–47
Sachs
, bl. 13
Rubinstein, Artur (1980).
My Many Years
. New York.
ISBN
0-394-42253-8
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (
link
Ulanowska, Elżbieta "
Na cześć Artura Rubinsteina: Pianistyczna gala w Łodzi
" ("In Honor of Artur Rubinstein: Piano Gala in
Łódź
"),
Gwiazda Polarna
The Pole Star
, a Polish-American biweekly), vol. 99, no. 21 (11 Oktober 2008), p.
18.
"UALR Public Radio – KLRE Classical 90.5 – Pianist Arthur Rubinstein"
. Klre.org
. Besoek op
7 Januarie
2012
[dooie skakel]
Life tydskrif, 5 April 1948
"Arthur Rubinstein Remains Are Buried in Jerusalem Plot"
The New York Times
(in Engels). Associated Press. 22 Desember 1983.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019
. Besoek op
27 Augustus
2007
Juilliard News. 15 Oktober 2007
"About"
(in Engels). The Arthur Rubinstein International Music Society. 2012. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 April 2016
. Besoek op
18 Februarie
2012
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Nederland
Noorweë
Letland
Kroasië
Korea
Swede
Pole
Israel
Finland
Katalonië
Akademie
CiNii
Kunstenaars
MusicBrainz
Discography of American Historical Recordings
Grammy Awards
Emmy Awards
LexM
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
SNAC
RISM
Ontsluit van "
Kategorieë
Amerikaanse Jode
Amerikaanse pianiste
Poolse Jode
Poolse pianiste
Geboortes in 1887
Sterftes in 1982
Versteekte kategorieë:
Artikels met hCards
AS1-bronne in Engels (en)
AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer
Arthur Rubinstein
Nuwe onderwerp
US