Benjamin Netanyahu - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Benjamin Netanyahu
בנימין נתניהו
he
Netanyahu in 2020
9de
Eerste minister van Israel
Ampsbekleër
Termynaanvang
29 Desember 2022
President
Isaac Herzog
Voorafgegaan
deur
Yair Lapid
Ampstermyn
31 Maart 2009
13 Junie 2021
President
Shimon Peres
Reuven Rivlin
Voorafgegaan
deur
Ehud Olmert
Opgevolg
deur
Naftali Bennett
Ampstermyn
18 Junie 1996
6 Julie 1999
President
Ezer Weizman
Voorafgegaan
deur
Shimon Peres
Opgevolg
deur
Ehud Barak
Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
14 Mei 2015
17 Februarie 2019
Eerste minister
Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan
deur
Avigdor Lieberman
Opgevolg
deur
Yisrael Katz
Ampstermyn
18 Maart 2013
11 November 2013
Eerste minister
Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan
deur
Avigdor Lieberman
Opgevolg
deur
Avigdor Lieberman
Ampstermyn
6 November 2002
27 Februarie 2003
Eerste minister
Ariel Sharon
Voorafgegaan
deur
Shimon Peres
Opgevolg
deur
Silvan Shalom
Ampstermyn
6 Januarie 1998
13 Oktober 1998
Eerste minister
Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan
deur
David Levy
Opgevolg
deur
Ariel Sharon
Minister van Finansies
Ampstermyn
27 Februarie 2003
9 Augustus 2005
Eerste minister
Ariel Sharon
Voorafgegaan
deur
Silvan Shalom
Opgevolg
deur
Ehud Olmert
Minister van Verdediging
Ampstermyn
17 Desember 2018
12 November 2019
Eerste minister
Benjamin Netanyahu
Voorafgegaan
deur
Avigdor Lieberman
Opgevolg
deur
Naftali Bennett
Leier van die Opposisie
Ampstermyn
13 Junie 2021
29 Desember 2022
Eerste minister
Naftali Bennett
Yair Lapid
Voorafgegaan
deur
Yair Lapid
Opgevolg
deur
Yair Lapid
Ampstermyn
28 Maart 2006
31 Maart 2009
Eerste minister
Ehud Olmert
Voorafgegaan
deur
Amir Peretz
Opgevolg
deur
Tzipi Livni
Persoonlike besonderhede
Gebore
21 Oktober 1949
1949-10-21
(76
jaar
oud)
Tel Aviv
Israel
Politieke
party
Likoed
Eggenoot/-note
Miriam Weizmann (1972-1978)
Fleur Cates (1981-1984)
Sara Ben-Artzi (sedert 1991)
Kind(ers)
Alma mater
Massachusetts Institute of Technology
Harvard-universiteit
Religie
Sekulêre
Judaïsme
Handtekening
Militêre Diens
Lojaliteit
Israel
Diens/Tak
Israeliese verdedigingsmagte
Jare in diens
1967–1973
Rang
Kaptein
Eenheid
Sayeret Matkal
Oorloë/Veldslae
Uitputtingsoorlog
Jom Kippoeroorlog
Benjamin (Bibi) Netanyahu
Hebreeus
: בנימין נתניהו
; gebore 21 Oktober 1949 in
Tel Aviv
) is 'n
Israelse
politikus wat aan die
regs
liberale
politieke party
Likoed
behoort. Hy was tussen 1996 en 1999 en weer van 2009 tot 2021 die
Eerste minister van Israel
gewees. Op 29 Desember 2022 is Netanyahu vir die derde keer as Eerste minister van Israel ingehuldig (
Netanyahu VI-kabinet
).
Agtergrond
wysig
wysig bron
Netanyahu is gebore as die seun van Tzila Segal en Benzion Netanyahu. Sy oupa aan vaderskant was rabbi Nathan Mileikowsky, wie uit die huidige
Pole
na die
Britse mandaat van Palestina
in 1920 emigreer en die familienaam na Netanyahu verander.
Benjamin, die middelste van drie kinders, het die laerskool Henrietta Szold in Jerusalem bygewoon en twee periodes (1956-1958 en 1963-1967) saam met sy ouers en broers in die VSA deurgebring, deels omdat sy vader begin glo het dat Israel se regering te linksgesind geword het. Hulle het daar in Cheltenham Township in
Pennsylvania
gewoon. Daar het hy sy skoolloopbaan suksesvol by die Cheltenham Highschool voltooi, waar hy aktief was in 'n debatklub. Netanyahu praat vlot Engels.
Sy vader was professor in Joodse geskiedenis aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem, emeritus professor aan die Cornell Universiteit in Ithaca, New York, en mede redakteur van die
Encyclopedia Hebraïca
. Sy boek,
The Beginning of the Inquisition in Spain from the 15th century
, wat sy seun in 2014 aan
pous Francis
gegee het, het geleidelik meer erkenning gekry. Die sentrale tema van die boek handel oor die Marranos, Jode wat oorgegaan het na die Katolieke geloof, maar steeds met rassistiese behandeling en diskriminasie van die Spanjaarde te make gehad het, ondanks hul bekering.
Sy pa was ook 'n adviseur vir Ze'ev Jabotinski. Hy het sy seun Benjamin skerp gekritiseer toe dit gelyk het of hy met die Oslo-akkoorde vrede met die Palestyne sou bereik. Vader Netanyahu was daarvan oortuig dat die Jode altyd moet veg vir hul bestaan en vir die land Israel en dat die Arabiere nie vertrou kon word nie. Hy was ten gunste van die Groot Israelgedagte en was sterk gekant teen Resolusie 181 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies van 1947.
Sy vader, wat in 2012 oorlede is, het 'n groot invloed op sy seun Benjamin gehad. Eintlik was sy eerste seun Yoni sy gunsteling en moes Benjamin homself altyd bewys.
Sy broer Yoni Netanyahu is op die nag van 3-4 Julie 1976 in
Uganda
doodgeskiet tydens Operasie Entebbe, 'n bevrydingsaksie deur die Israeliese leër om gyselaars op die Internasionale
Lughawe Entebbe
te bevry. Soos Yoni en sy ander broer Iddo, dien Benjamin Netanyahu van 1967 tot 1972 as offisier in die Makkal-kommando van die Israeliese weermag.
Ehud Barak
, wat die hoofbevelvoerder was en later Netanyahu se politieke mededinger geword het, was sy bevelvoerder. Netanyahu was deel van die operasie wat die kaping van Sabena Flight 571 beëindig, hy raak self hiermee beseer. Hy moes self sy studies onderbreek om sy land te verdedig met die voormelde bevel in die
Yom Kippur-oorlog van 1973
Hy studeer argitektuur aan die Massachusetts Institute of Technology tot 1975 en bestuur aan die MIT Sloan School of Management tot 1977. Uiteindelik studeer hy
politieke wetenskap
aan
Harvard
. Hy het by die konsultasiebureau van die Boston Consulting Group gewerk.
Hy het nou beplan om politiek toe te gaan. Hy het begin om lesings in die openbaar aan te bied saam met Lilyan Wilder, wat ook
Oprah Winfrey
en
George W. Bush
onder haar studente gehad het. Hy het opgetree as 'n terrorisme-kenner in Amerikaanse TV onderhoude.
President Ronald Reagan
was entoesiasties oor sy boek
Terrorism, How the West Can Win
Nadat hy van 1982 tot 1984 'n adjunkagent van die Israeliese ambassade in Washington was, was hy van 1984 tot 1988 Israel se ambassadeur by die
Verenigde Nasies
in New York. In 1988 word hy verkies tot parlementslid in Israel.
Lewensloop
wysig
wysig bron
Tussen 17 Mei 2020 en 13 Junie 2021 was hy die
Eerste Minister
van die regs-sentrale-religieuse
Netanyahu-Gantz-kabinet
. Van 14 Mei 2015 tot 17 Mei 2020 was hy die Eerste Minister van die regs-religieuse
Netanyahu IV-kabinet
. Van 18 Maart 2013 tot 14 Mei 2015 was hy die Eerste Minister van die regs-sentrale
Netanyahu III-kabinet
. Van 31 Maart 2009 tot 18 Maart 2013 was hy die Eerste Minister van die regs-(links)-religieuse
Netanyahu II-kabinet
. Hy was vanaf 1996 tot 1999 ook premier gewees, van die regse Netanyahu I-kabinet.
Van 1988 tot 1999 was hy 'n lid van die
Knesset
. Sedert 2003 is hy weer 'n lid van die Knesset. Netanyahu het verskeie ministersposte beklee. Hy was in 1998, van 2002 tot 2003, in 2013 en van 2015 tot 2019 minister van Buitelandse Sake, van 2003 tot 2005 minister van Finansies en van 2018 tot 2019 minister van Verdediging.
Netanyahu was van 1967 tot 1972 'n offisier in die
Matkal-kommando
van die Israeliese Lëer. Hy het argitektuur en bestuur aan die Massachusetts Institute of Technology en politieke wetenskap (geen diploma) aan die
Harvard-universiteit
studeer. Netanyahu het by die Boston Consulting Group gewerk en was van 1984 tot 1988 die Israelse ambassadeur by die
Verenigde Nasies
Familie
wysig
wysig bron
Benjamin Netanyahu is vir die derde keer getroud en het drie kinders. Hy woon in
Jerusalem
en is 'n aanhanger van die
Judaïsme
Hy is die broer van die Israelse oorlogsheld
Jonatan Netanyahu
, wat in 1976 tydens
Operasie Entebbe
gesterf het.
Werke
wysig
wysig bron
Netanyahu het verskeie boeke geskryf, veral oor die bestryding van
terrorisme
1978:
Yoni's Letters
(red.)
1980:
Terror: Challenge and Reaction
(red.)
1986:
Terrorism: How the West Can Win
(red.)
1991:
International Terrorism: Challenge and Response
(red.)
1993:
A Place Among the Nations: Israel and the World
1995:
Fighting Terrorism: How Democracies Can Defeat Domestic and International Terrorism
Sien ook
wysig
wysig bron
Netanyahu I-kabinet
Netanyahu II-kabinet
Netanyahu III-kabinet
Netanyahu IV-kabinet
Netanyahu-Gantz-kabinet
Netanyahu VI-kabinet
Verwysings
wysig
wysig bron
Gearchiveerd
op 25 mei 2022.
B. (Bibi) Netanyahu - Europa Nu
Gearchiveerd
op 2 juni 2023.
"Splijtzwam Bibi"
, Maarten van Bracht, VPRO-gids nr.13 van 2019; ter inleiding op 2Doc: King Bibi Netanyahu, blz. 28-29
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Benjamin Netanyahu
en
Amptelike webwerf
en
Benjamin Netanyahu
, webwerf van die
Knesset
Voorafgegaan
deur
Shimon Peres
Eerste Minister van Israel
1996-1999
Opgevolg deur
Ehud Barak
Voorafgegaan
deur
Ehud Olmert
Eerste Minister van Israel
2009-2021
Opgevolg deur
Naftali Bennett
Voorafgegaan
deur
Yair Lapid
Eerste Minister van Israel
2022-hede
Opgevolg deur
...
Eerste ministers van Israel
Ben-Gurion
(1948–53)
Sharett
(1953–55)
Ben-Gurion
(1955–63)
Eshkol
(1963–69)
Allon
(waarnemend, 1969)
Meir
(1969–74)
Rabin
(1974–77)
Begin
(1977–83)
Shamir
(1983–84)
Peres
(1984–86)
Shamir
(1986–92)
Rabin
(1992–95)
Peres
(1995–96)
Netanyahu
(1996–99)
Barak
(1999–2001)
Sharon
(2001–06)
Olmert
(2006–09)
Netanyahu
(2009–21)
Bennett
(2021–2022)
Lapid
(2022)
Netanyahu
(2022–hede)
Sien ook:
lys van eerste ministers van Israel
lys van presidente van Israel
Huidige regeringshoofde
Afrika
Larbaoui
Tambèla
Ndirakobuca
Mohamed
Madbouly
Botey
Dlamini
Ahmed
Sima
Goumou
Duarte de Barros
Beugre Mambe
Correia e Silva
Ngute
Tuluka
Makosso
Matekane
Dbeibeh
Ntsay
Maïga
Ould Bilal
Jugnauth
Akhannouch
Maleiane
Ngurare
Zeine
Ngirente
Bayoun
Trovoada
Sonko
Moloua
Sengeh
Barre
Hussein
Majaliwa
Dogbé
Masra
Hachani
Nabbanja
Asië
Ankvab
Akhund
Al Khalifa
Yunus
Tobgay
Billah
Li
Modi
Sudani
Chamenei
Netanyahu
Ishiba
Mubarak
Khasawneh
Hun
Bektenov
Thani
Japarov
Sabah
Siphandone
Mikati
Muizzu
Ibrahim
Oyun-Erdene
Min Aung Hlaing
Dahal
Kim
Gusmão
Sharif
Mustafa
bin Salman
Wong
Han
Dzhussoev
Gunawardena
Arnous
Rasulzoda
Chen
Shinawatra
Al Maktoum
Phạm
Europa
Rama
Espot
Pasjinjan
Asadov
Golovchenko
De Wever
Krišto
Glavchev
Frederiksen
Merz
Michal
Orpo
Attal
Kobakhidze
Mitsotakis
Orbán
Harris
Meloni
Kurti
Plenković
Siliņa
Risch
Šimonytė
Frieden
Abela
Recean
Dartout
Spajić
Jetten
Xhaferi
Støre
Shmyhal
Nehammer
Tusk
Montenegro
Ciucă
Misjoestin
Rossi
en
Gasperoni
Vučević
Fico
Golob
Sánchez
Kristersson
Rossi
Fiala
Erdoğan
Vérgez Alzaga
Starmer
Benediktsson
Noord-Amerika
Wever-Croes
Webster
Browne
Davis
Mottley
Briceño
Burt
Wheatley
Pisas
Skerrit
Mitchell
Nielsen
Henry
Holness
O'Connor-Connolly
Carney
Marrero Cruz
Taylor-Farrell
Drew
Pierre
Gonsalves
Rowley
Trump
Suid-Amerika
Ali
Otárola
Santokhi
Oseanië
Albanese
Brown
Rabuka
Adeang
Luxon
Tagelagi
Marape
Manele
Mataʻafa
Sovaleni
Teo
Salwai
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Rusland
Nederland
Noorweë
Letland
Chili
Swede
Pole
Israel
Katalonië
Akademie
CiNii
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
SNAC
Ontsluit van "
Kategorieë
Geboortes in 1949
Lewende mense
Israelse adjunk-ministers
Israelse diplomate
Israelse Jode
Israelse militariste
Israelse ministers
Israelse opposisieleiers
Eerste Ministers van Israel
Lede van die Knesset
Ambassadeurs
Kapteins
Ministers van Arbeid
Ministers van Behuising
Ministers van Binnelandse Sake
Ministers van Buitelandse Sake
Ministers van Ekonomie
Ministers van Finansies
Ministers van Gesondheid
Ministers van Justisie
Ministers van Kommunikasie
Ministers van Onderwys
Ministers van Religie
Ministers van Sosiale Sake
Ministers van Verdediging
Benjamin Netanyahu
Nuwe onderwerp