Cyril Ramaphosa - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Cyril Ramaphosa
Cyril Ramaphosa in 2024
5de
President van Suid-Afrika
Ampsbekleër
Termynaanvang
15 Februarie
2018
Vise
David Mabuza
(2018–2023)
Paul Mashatile
(sedert Maart 2023)
Voorafgegaan
deur
Jacob Zuma
President van die
Afrika-unie
Ampstermyn
10 Februarie
2020
6 Februarie
2021
Voorafgegaan
deur
Abdel Fattah el-Sisi
Opgevolg
deur
Félix Tshisekedi
President van die
African National Congress
Ampsbekleër
Termynaanvang
18 Desember
2017
Vise
Paul Mashatile
Voorafgegaan
deur
Jacob Zuma
Voorsitter van die Nasionale Beplanningskommissie
Ampstermyn
3 Junie
2014
2018
President
Jacob Zuma
Voorafgegaan
deur
Trevor Manuel
Opgevolg
deur
Nkosazana Dlamini-Zuma
7de
Adjunkpresident van Suid-Afrika
Ampstermyn
26 Mei
2014
15 Februarie
2018
President
Jacob Zuma
Voorafgegaan
deur
Kgalema Motlanthe
Opgevolg
deur
David Mabuza
Adjunkpresident van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember
2012
18 Desember
2017
President
Jacob Zuma
Voorafgegaan
deur
Kgalema Motlanthe
Opgevolg
deur
David Mabuza
Sekretaris-generaal van die African National Congress
Ampstermyn
1 Maart
1991
18 Desember
1997
President
Nelson Mandela
Voorafgegaan
deur
Alfred Baphethuxolo Nzo
Opgevolg
deur
Kgalema Motlanthe
Persoonlike besonderhede
Gebore
17 November 1952
1952-11-17
(73
jaar
oud)
Soweto
Transvaal
Unie van Suid-Afrika
Politieke
party
African National Congress
Eggenoot/-note
Hope Ramaphosa
(1978–1989,
geskei
Nomazizi Mtshotshisa (1991–1993,
geskei
Tshepo Motsepe
(1996–)
Kind(ers)
Alma mater
Universiteit van Limpopo
Universiteit van Suid-Afrika
Matamela Cyril Ramaphosa
(gebore
17 November
1952
Soweto
) is 'n
Suid-Afrikaanse
prokureur, gewese
vakbondleier
, politikus en sakeman, sedert 15 Februarie 2018 die
President van Suid-Afrika
en sedert 18 Desember 2017 die president van die
African National Congress
(ANC). Daarbenewens het hy vanaf 10 Februarie 2020 tot 6 Februarie 2021 as president van die
Afrika-unie
gedien. Ramaphosa was 'n groot figuur in Suid-Afrikaanse nasionale politiek, het daarna 'n prominente figuur in die besigheidsgemeenskap geword, en toe weer teruggekeer na die politiek.
Gerespekteer as 'n vaardige en rekeningswaardige onderhandelaar en
strateeg
, is Ramaphosa beter bekend vir die oprigting van die grootste en magtigste werkersunie in Suid-Afrika – die
Nasionale Unie van Mynwerkers van Suid-Afrika
(NUMSA) – sowel as vir die kritieke rol wat hy gespeel het, saam met
Roelf Meyer
van die
Nasionale Party
, gedurende die onderhandelinge om 'n vreedsame einde te bring aan
apartheid
en om die land gereed te maak vir die eerste demokratiese verkiesing in April 1994.
Hy is getroud met dokter Tshepo Motsepe, suster van die mynmagnaat
Patrice Motsepe
, en hulle het vyf kinders.
Vroeë lewe en opvoeding
Alhoewel hy die grootste deel van sy kinderjare in Soweto deurgebring het, het hy in 1971 aan die Mphaphuli Hoërskool in
Sibasa
Venda
, gematrikuleer. Hy het vervolgens geregistreer om regte aan die
Universiteit van die Noorde
(Turfloop) te studeer in 1972.
Op universiteit het Ramaphosa betrokke geraak by studentepolitiek, en hy het by die Suid-Afrikaanse Studenteorganisasie (SASO) en die Black People's Convention (BPC) aangesluit. Dit het gelei tot sy arrestasie en gevolglike alleenaanhouding vir elf maande in 1974 ingevolge Artikel 6 van die Wet op Terrorisme, vir sy betrokkenheid in die organisasie van pro-Frelimo byeenkomste. In 1976 is hy weer in hegtenis geneem, en vir ses maande aangehou.
Na sy vrylating het hy 'n regsklerk by 'n Johannesburgse prokureursfirma geword en sy studies voortgesit deur die
Universiteit van Suid-Afrika
(UNISA), waar hy sy B.Prok.-graad in 1981 behaal het.
Politieke aktivis en vakbondleier
Nadat hy sy graad ontvang het, het Ramaphosa by die Raad van Unies van Suid-Afrika (CUSA) aangesluit as regsadviseur. In 1982 het CUSA Ramaphosa gevra om 'n vakbond vir mynwerkers te begin; die nuwe vakbond is in dieselfde jaar gestig, en die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) genoem. Ramaphosa is hierna in
Lebowa
gearresteer op die aanklag dat hy 'n byeenkoms in
Namakgale
georganiseer het, of beplan het om dit by te woon, wat verban is deur die plaaslike magistraat.
Ramaphosa is verkies tot die eerste sekretaris-generaal van die unie, 'n posisie wat hy beklee het tot sy bedanking in Junie 1991, na sy verkiesing as die sekretaris-generaal van die African National Congress. Onder sy
leierskap
het die unie se lidmaatskap gegroei van 6
000 in 1982 tot 300
000 in 1992 wat dit beheer gegee het oor amper die helfte van die totale swart arbeidsmag in die Suid-Afrikaanse mynbedryf. As sekretaris-generaal het hy ook die mynwerkers in een van die grootste stakings in Suid-Afrikaanse geskiedenis gelei.
In 1985 het NUMSA weggebreek van CUSA en het gehelp in die oprigting van die
Congress of South African Trade Unions
(COSATU). Toe COSATU aangesluit het by die
United Democratic Front
(UDF), 'n politieke beweging teen die Nasionale Party regering van
P.W. Botha
, het Ramaphosa 'n leidende rol gespeel in wat bekend geword het as die
Mass Democratic Movement
(MDM).
Toe
Nelson Mandela
vrygelaat is uit die gevangenis, het Ramaphosa op die Nasionale Ontvangskomitee gedien.
Politikus en president
Suid-Afrika se adjunkpresident Cyril Ramaphosa ontmoet die
Chileense
president
Michelle Bachelet
in 2014.
Saam met sy verkiesing as die Sekretaris-Generaal van die ANC in 1991 het hy die hoof van die onderhandelingspan van die ANC geword, wat oor die
vreedsame oorgang na demokrasie met die Nasionale Party-regering onderhandel
het. Na die eerste werklike demokratiese verkiesing in 1994 het Ramaphosa 'n lid van die Parlement geword; en is hy verkies as die Voorsitter van sy Grondwetlike Vergadering (
Engels
Constitutional Assembly
) op 24 Mei 1994 en het 'n sentrale rol gespeel in die regering van nasionale eenheid.
Nadat hy die wedloop verloor het om die
President van Suid-Afrika
te word teen
Thabo Mbeki
, het hy bedank uit sy politieke poste in Januarie 1997 en aangesluit by die private sektor, waar hy die direkteur van die Nuwe Afrika Beleggings Beperk geword het. Nogtans het hy 'n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC gebly.
Alhoewel hy nie 'n lid van die
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
(SAKP) is nie, het Ramaphosa verklaar dat hy 'n toegewyde
sosialis
is.
Sedert 26 Mei 2014 beklee Ramaphosa die amp van Adjunkpresident van Suid-Afrika en sedert 18 Desember 2017 dien hy as die ANC se president.
Op 10 Februarie 2020 het Cyril Ramaphosa die presidentskap van die Afrika-unie oorgeneem en Abdel Fattah el-Sisi in dié amp opgevolg. Op 6 Februarie 2021 is hy deur
Félix Tshisekedi
uit die
Demokratiese Republiek die Kongo
opgevolg.
Op 5 Mei 2021 word 'n brief gesirkuleer waarin die geskorste sekretaris-generaal van die ANC,
Ace Magashule
, aandui dat hy Ramaphosa uit die party skors. Volgens die brief hou die skorsing verband met bewerings dat Ramaphosa omkoopgeld gebruik het om sy verkiesing as ANC-president in 2017 te bewerkstellig.
Die nasionale voorsitter van die ANC,
Gwede Mantashe
, dui egter op sy beurt aan dat Magashule nie by magte is om só 'n brief te skryf nie, aangesien hy self geskors is.
In die onmiddellike nadraai van hierdie sage hou Ramaphosa aan om sy take as president van beide Suid-Afrika en die ANC te verrig.
Sakeman
Cyril Ramaphosa (links) saam met die Chinese sakeman Houlin Zhao in 2015
Ramaphosa het in 2004 die pos van die uitvoerende voorsitter van Shanduka Holdings beklee, 'n maatskappy wat hy gestig het om deel te neem in swart ekonomiese bemagtigingstransaksies. Hy was ook voorsitter van Johnnic Holdings, Bidvest Group en die MTN Groep. Sy ander nie-uitvoerende direkteurskappe was Macsteel Holdings, Alexander Forbes, Standard Bank en Medscheme.
Ere-doktorsgrade en toekennings
Ramaphosa het ere-doktorsgrade ontvang van die
Universiteit van KwaZulu-Natal
, die
Universiteit van Port Elizabeth
, die
Universiteit van Kaapstad
, die
Universiteit van die Noorde
, die Universiteit van Lesotho en die Universiteit van Massachusetts. In Oktober 1991 was hy ook 'n besoekende Professor in Regte by Stanford Universiteit.
Ramaphosa het ook in Oktober 1987 die
Olof Palme
toekenning in
Stockholm
ontvang.
Internasionale posisies
Lande wat Cyril Ramaphosa in sy hoedanigheid as Suid-Afrikaanse President besoek het
In sy rol as sakeman was Ramaphosa 'n lid van die
Coca-Cola
-maatskappy se Internasionale Adviseursraad sowel as die Unilever Afrika Adviseursraad. Hy was ook die eerste adjunk-voorsitter van die Commonwealth Business Council.
Saam met die oud-president van
Finland
, Martti Ahtisaari, is hy aangewys as 'n inspekteur van die Ierse Republikeinse Lëer (IRL) se ontwapening in
Noord-Ierland
. Ramaphosa dien ook op die Internasionale Kommissie van Intervensie en Staatsoewereiniteit en is die Ere-Konsulgeneraal vir
Ysland
in Suid-Afrika.
Sien ook
Kabinet van Cyril Ramaphosa, Feb 2018
Kabinet van Cyril Ramaphosa, Mei 2019
Verwysings
af
Nico Strydom (6 Mei 2021).
"Bisarre wending: Ace hef sy skorsing op en 'skors' Cyril"
Maroela Media
. Besoek op
6 Mei
2021
en
"Even if letter is legit, Magashule has no power to suspend Ramaphosa, says Gwede Mantashe"
. Timeslive. 5 Mei 2021
. Besoek op
6 Mei
2021
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Cyril Ramaphosa
Cyril eyeing presidency, souces claim
Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
Mandela remains neutral on Ramaphosa
Geargiveer
17 April 2009 op
Wayback Machine
Ramaphosa remains mum on presidency bid
Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
Ramaphosa speaks on ANC presidency
Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
I will stick to business, says Ramaphosa
Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
Ramaphosa not interested in ANC top job
Geargiveer
18 April 2009 op
Wayback Machine
Unpacking Ramaphosa's presidential candidacy
Geargiveer
17 April 2009 op
Wayback Machine
Politieke poste
Voorafgegaan
deur
Kgalema Motlanthe
Adjunkpresident van Suid-Afrika
2014–2018
Opgevolg deur
David Mabuza
Voorafgegaan
deur
Trevor Manuel
Voorsitter van die Nasionale Beplanningskommissie
2014–2018
Opgevolg deur
Nkosazana Dlamini-Zuma
Voorafgegaan
deur
Jacob Zuma
President van Suid-Afrika
2018–hede
Sittend
Party-politieke poste
Voorafgegaan
deur
Alfred Baphethuxolo Nzo
Sekretaris-generaal van die African National Congress
1991–1997
Opgevolg deur
Kgalema Motlanthe
Voorafgegaan
deur
Kgalema Motlanthe
Adjunkpresident van die African National Congress
2012–2017
Opgevolg deur
David Mabuza
Voorafgegaan
deur
Jacob Zuma
President van die
African National Congress
2017–hede
Sittend
Presidente van Suid-Afrika
1961–1994
seremonieel
Charles Robberts Swart
Jozua François Naudé
(waarnemend)
Jacobus Johannes Fouché
Nicolaas Johannes Diederichs
Marais Viljoen
(waarnemend)
John Vorster
Marais Viljoen
uitvoerend
Pieter Willem Botha
Frederik Willem de Klerk
1994
Nelson Mandela
Thabo Mbeki
Kgalema Motlanthe
Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Tweede kabinet van Jacob Zuma
(2014-2018)
President
Jacob Zuma
Adjunkpresident
Cyril Ramaphosa
Ministers
Lynne Brown
Collins Chabane
Siyabonga Cwele
Rob Davies
Bathabile Dlamini
Ayanda Dlodlo
(2017)
Malusi Gigaba
Pravin Gordhan
Derek Hanekom
Tina Joemat-Pettersson
David Mahlobo
Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Michael Masutha
Fikile Mbalula
Nomvula Mokonyane
Edna Molewa
Angie Motshekga
Aaron Motsoaledi
Nathi Mthethwa
Faith Muthambi
Nhlanhla Nene
Nkosinathi Nhleko
Maite Nkoana-Mashabane
Gugile Nkwinti
Thulas Nxesi
Blade Nzimande
Mildred Oliphant
Naledi Pandor
Ebrahim Patel
Dipuo Peters
Jeff Radebe
Ngoako Ramatlhodi
David van Rooyen
Susan Shabangu
Lindiwe Sisulu
Tokozile Xasa
Senzeni Zokwana
Lindiwe Zulu
Eerste kabinet van Cyril Ramaphosa
(2018)
President
Cyril Ramaphosa
Adjunkpresident
David Mabuza
Ministers
Bheki Cele
Siyabonga Cwele
Rob Davies
Bathabile Dlamini
Nkosazana Dlamini-Zuma
Ayanda Dlodlo
Malusi Gigaba
Pravin Gordhan
Derek Hanekom
Mmamoloko Kubayi-Ngubane
Dipuo Letsatsi-Duba
Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Tito Mboweni
(van 9 Okt 2018)
Nomaindia Mfeketo
Zweli Mkhize
Nomvula Mokonyane
Edna Molewa
Angie Motshekga
Aaron Motsoaledi
Nathi Mthethwa
Nhlanhla Nene
(tot 9 Okt 2018)
Gugile Nkwinti
Thulas Nxesi
Blade Nzimande
Naledi Pandor
Ebrahim Patel
Jeff Radebe
Susan Shabangu
Lindiwe Sisulu
Tokozile Xasa
Senzeni Zokwana
Lindiwe Zulu
Tweede kabinet van Cyril Ramaphosa
(2019)
President
Cyril Ramaphosa
Adjunkpresident
David Mabuza
opgevolg deur
Paul Mashatile
in 2023
Ministers
Bheki Cele
Barbara Creecy
Patricia de Lille
Thoko Didiza
Nkosazana Dlamini-Zuma
Ayanda Dlodlo
Pravin Gordhan
Mmamoloko Kubayi-Ngubane
Ronald Lamola
Gwede Mantashe
Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Fikile Mbalula
Tito Mboweni
Senzo Mchunu
Zweli Mkhize
Angie Motshekga
Aaron Motsoaledi
Jackson Mthembu
Nathi Mthethwa
Stella Ndabeni-Abrahams
Maite Nkoana-Mashabane
Khumbudzo Ntshavheni
Thulas Nxesi
Blade Nzimande
Naledi Pandor
Ebrahim Patel
Lindiwe Sisulu
Lindiwe Zulu
In Aug 2021 opgeneem
Enoch Godongwana
Mondli Gungubele
Thandi Modise
Derde kabinet van Cyril Ramaphosa
(2024)
President
Cyril Ramaphosa
Adjunkpresident
Paul Mashatile
Ministers
Mzamo Buthelezi
Sindi Chikunga
Barbara Creecy
Patricia de Lille
Enoch Godongwana
Dion George
Pieter Groenewald
Mondli Gungubele
Siviwe Gwarube
Velenkosini Hlabisa
Mmamoloko Kubayi
Ronald Lamola
Dean Macpherson
Pemmy Majodina
Solly Malatsi
Gwede Mantashe
Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Senzo Mchunu
Nomakhosazana Meth
Thandi Modise
Angie Motshekga
Aaron Motsoaledi
Stella Ndabeni-Abrahams
Nobuhle Nkabane
Thembi Nkadimeng
Khumbudzo Ntshavheni
Mzwanele Nyhontso
Blade Nzimande
Kgosientso Ramokgopa
Maropene Ramokgopa
Leon Schreiber
John Steenhuisen
Parks Tau
Sisisi Tolashe
Regeringshoofde
van die
Statebond
Hoof:
Charles III
Sekretaris-generaal:
Patricia Scotland
Sittende voorsitter:
Paul Kagame
Browne
Albanese
Davis
Hasina
Mottley
Briceño
Boko
Bolkiah
Skerrit
Dlamini
Bainimarama
Brice Oligui
Barrow
Mahama
Mitchell
Ali
Modi
Holness
Biya
Carney
Ruto
Mamau
Matekane
Chakwera
Anwar
Solih
Muscat
Jugnauth
Nyusi
Nandi-Ndaitwah
Kun
Luxon
Tinubu
Sharif
Marape
Kagame
Mataʻafa
Ramkalawan
Bio
Harris
Pierre
Gonsalves
Wong
Anastasiades
Sogavare
Wickremesinghe
Ramaphosa
Suluhu
Gnassingbé
Sovaleni
Rowley
Natano
Museveni
Kalsakau
Starmer
Hichilema
Voorsitters van die
Organisasie vir Afrika-eenheid
en die
Afrika-unie
Organisasie van Afrika-eenheid
Haile Selassie
Gamal Abdel Nasser
Kwame Nkrumah
Joseph Arthur Ankrah
Haile Selassie
Mobutu Sese Seko
Houari Boumediène
Ahmadou Ahidjo
Kenneth Kaunda
Moktar Ould Daddah
Hassan II van Marokko
Yakubu Gowon
Mohamed Siad Barre
Idi Amin
Seewoosagur Ramgoolam
Omar Bongo
Gaafar Nimeiry
William Tolbert
Léopold Sédar Senghor
Siaka Stevens
Daniel arap Moi
Mengistu Haile Mariam
Julius Nyerere
Abdou Diouf
Denis Sassou Nguesso
Kenneth Kaunda
Moussa Traoré
Hosni Mubarak
Yoweri Museveni
Ibrahim Babangida
Abdou Diouf
Hosni Mubarak
Zine El Abidine Ben Ali
Meles Zenawi
Paul Biya
Robert Mugabe
Blaise Compaoré
Abdelaziz Bouteflika
Gnassingbé Eyadéma
Frederick Chiluba
Levy Mwanawasa
Afrika-unie
Thabo Mbeki
Joaquim Chissano
Olusegun Obasanjo
Denis Sassou Nguesso
John Kufuor
Jakaya Kikwete
Moeammar al-Ghaddafi
Bingu wa Mutharika
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo
Yayi Boni
Hailemariam Desalegn
Mohamed Ould Abdel Aziz
Robert Mugabe
Idriss Déby
Alpha Condé
Paul Kagame
Abdel Fattah el-Sisi
Cyril Ramaphosa
Félix Tshisekedi
Macky Sall
Azali Assoumani
Mohamed Ould Ghazouani
BRICS
Lidmaatskap
Brasilië
Rusland
Indië
China
Suid-Afrika
Egipte
Ethiopië
Iran
Verenigde Arabiese Emirate
Indonesië
Spitsberade
Yekaterinburg 2009
Brasília 2010
Sanya 2011
New Delhi 2012
Durban 2013
Fortaleza 2014
Ufa 2015
Goa 2016
Xiamen 2017
Johannesburg 2018
Brasília 2019
Saint Petersburg 2020
New Delhi 2021
Beijing 2022
Johannesburg 2023
Kazan 2024
Rio de Janeiro 2025
Bilaterale betrekkinge
Brasilië–China
Brasilië–Indië
Brasilië–Rusland
Brasilië–Suid-Afrika
China–Indië
China–Rusland
China–Suid-Afrika
Indië–Rusland
Indië–Suid-Afrika
Rusland–Suid-Afrika
Leiers
Lula
Putin
Modi
Xi
Ramaphosa
Sisi
Ahmed
Pezeshkian
Al Nahyan
Prabowo
Verwant
New Development Bank
BRICS Contingent Reserve Arrangement
BRICS Leiers
BRICS Cable
BRICS Universities League
BRICS U-17 Sokkerbeker
2016 Goa
2018 Johannesburg
Huidige leiers van die
Groep van 20
Milei
Albanese
Silva
Xi
Merz
Costa
Von der Leyen
Macron
Modi
Jokowi
Meloni
Ishiba
Carney
Sheinbaum
Poetin
Salman
Ramaphosa
Yoon
Erdoğan
Starmer
Trump
Staatshoofde
van die
Groep van 20
Milei
Charles III
goewerneur-generaal
Hurley
Lula
Xi
Steinmeier
Michel
Macron
Murmu
Jokowi
Mattarella
Naruhito
Charles III
goewerneur-generaal
Simon
Sheinbaum
Poetin
Salman
Ramaphosa
Yoon
Erdoğan
Charles III
Trump
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Italië
Tsjeggië
Nederland
Noorweë
Swede
Pole
Israel
Mense
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
Ontsluit van "
Kategorieë
Presidente van Suid-Afrika
Adjunkpresidente van Suid-Afrika
Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
Politici van die African National Congress
Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste
Suid-Afrikaanse vakbondleiers
Geboortes in 1952
Lewende mense
Alumni van die Universiteit van die Noorde
Alumni van die Universiteit van Suid-Afrika
Cyril Ramaphosa
Nuwe onderwerp