Dier - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Diere
Tydperk: Cryogenium –
tans
670–0
m. jaar gelede
PreЄ
Pg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Eukaryota
(geen rang):
Unikonta
(geen rang):
Obazoa
(geen rang):
Opisthokonta
(geen rang):
Holozoa
(geen rang):
Filozoa
Koninkryk:
Animalia
Linnaeus
1758
Onderkoninkryke
Sien teks
Sinonieme
Metazoa
Choanoblastaea
Gastrobionta
Zooaea
Euanimalia
Animalae
Diere
behoort tot
Animalia
, een van vyf (of soms ses)
biologiese koninkryke
. Dit word ook
Metazoa
genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige,
eukariotiese
organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.
Diere bestaan reeds van die
Prekambrium
(PreЄ) af, maar die meeste bekende dierefilums het tydens die
Kambriese ontploffing
, sowat 542
miljoen jaar gelede, in die
fossielrekord
verskyn. Diere kan oor die algemeen in
gewerweldes
en
ongewerweldes
verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierespesies uit. Dit sluit in
visse
amfibieë
reptiele
voëls
en
soogdiere
. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in
weekdiere
mossels
oesters
seekatte
pylinkvisse
slakke
);
geleedpotiges
insekte
spinnekoppe
skerpioene
krappe
krewe
garnale
);
ringwurms
erdwurms
bloedsuiers
),
rondewurms
platwurms
neteldiere
jellievisse
seeanemone
korale
),
ribkwalle
en
sponsdiere
Die studie van diere word
dierkunde
of soölogie genoem.
Etimologie
wysig
wysig bron
Die naam "Animalia" kom van die
Latynse
animalis
, wat beteken "het asem", "het ’n siel" of "lewende wese".
Die
Afrikaanse
woord "dier" sluit oor die algemeen
mense
uit – gewoonlik word soogdiere en ander gewerweldes bedoel. Die
biologiese
definisie verwys na alle lede van die koninkryk Animalia – so uiteenlopend soos sponse, jellievisse, insekte en mense.
Geskiedenis van klassifikasie
wysig
wysig bron
Carl Linnaeus
is bekend as die vader van moderne
taksonomie
Aristoteles
het die lewende wêreld in diere en
plante
verdeel, en
Carl Linnaeus
het die eerste hiëragiese klassifikasie ingestel.
In Linnaeus se oorspronklike skema was diere een van drie koninkryke, en dit is verdeel in Vermes,
Insecta
Pisces
Amphibia
Aves
en
Mammalia
. Sedertdien is die laaste vier verenig onder die filum
Chordata
In 1874 het
Ernst Haeckel
die diereryk in twee subkoninkryke verdeel: Metazoa (meerselliges) en Protozoa (eenselliges).
Die Protozoa is later na die koninkryk
Protista
geskuif, en Metazoa word nou beskou as ’n
sinoniem
vir Animalia.
Eienskappe
wysig
wysig bron
Diere het verskeie eienskappe wat hulle van ander lewensvorme onderskei. Hulle is eukarioties en meersellig,
wat hulle onderskei van
bakterieë
en die meeste
Protista
-organismes. Hulle is heterotrofies (verorber ander organismes vir voeding)
en verteer kos gewoonlik in ’n interne kamer, wat hulle onderskei van plante en
alge
Hulle verskil ook van plante, alge en
swamme
deurdat hulle nie rigiede selwande het nie.
10
Alle diere is beweeglik,
11
al is dit net in sekere lewenstadiums. By die meeste gaan
embrio's
deur ’n
blastulastadium
12
(’n kiemblasiestadium wanneer die embrio die vorm het van 'n sfeer waarvan die wand uit een sellaag bestaan),
13
’n eienskap wat eie aan diere is.
Struktuur
wysig
wysig bron
Met ’n paar uitsonderings, soos die sponse, het diere liggame wat uit verskillende soorte weefsel bestaan. Dit sluit in
spiere
, wat kan saamtrek en beweging beheer, en
senuwees
, wat seine stuur en verwerk. Daar is ook gewoonlik ’n interne
spysverteringskamer
met een of twee openinge.
14
Alle diere het eukariotiese selle, omring deur ’n kenmerkende ekstrasellulêre matriks, wat bestaan uit
kollageen
en elastiese
glukoproteïene
15
Dit kan verkalk wees om strukture soos skulpe, bene en sponsnaalde te vorm.
16
Tydens ontwikkeling vorm dit ’n relatief buigbare raamwerk
17
waarop selle kan rondbeweeg en reorganiseer kan word, en dit maak ingewikkelde strukture moontlik. In teenstelling hiermee het ander meersellige organismes, soos plante en swamme, selle wat op plek gehou word deur selwande, en hulle ontwikkel so deur progressiewe groei.
14
Voortplanting en ontwikkeling
wysig
wysig bron
Sommige spesies landslakke gebruik "liefdespyltjies" as ’n vorm van
seksuele seleksie
18
Byna alle diere is gewikkel in die een of ander vorm van
seksuele voortplanting
19
Hulle vervaardig
haploïede
gamete
deur
meiose
. Die kleiner, beweeglike gamete is
spermselle
en die groter, onbeweeglike gamete is
eierselle
20
Hulle smelt saam en vorm
sigote
, wat in nuwe individue ontwikkel.
21
Baie diere kan ook aseksueel voortplant.
22
Dit kan geskied deur middel van
partenogenese
, waar bevrugte eierselle geproduseer word sonder paring, knopvorming of verdeling.
23
Manlike
sjimpansees
bly dikwels in die gemeenskap waarin hulle gebore word, terwyl wyfies by ander groepe aansluit.
’n Sigoot ontwikkel aanvanklik in ’n hol sfeer, wat ’n
blastula
genoem word;
24
dit ondergaan herrangskikking en differensiasie. In sponse swem blastulalarwes na ’n nuwe ligging en ontwikkel in ’n nuwe spons.
25
In die meeste ander groepe ondergaan die blastula ’n meer ingewikkelde herrangskikking.
26
Dit vorm eers ’n
invaginasie
en dan ’n
gastrula
met ’n spysverteringskamer en twee aparte
kiemlae
– ’n eksterne
ektoderm
en ’n interne
endoderm
27
In die meeste gevalle ontwikkel daar ook ’n
mesoderm
tussenin.
28
Hierdie kiemlae differensieer dan om weefsel en organe te vorm.
29
Vermyding van inteling
wysig
wysig bron
By seksuele voortplanting lei inteling (met ’n nabye familielid) gewoonlik tot ’n afname in biologiese gehalte, soos die voorkoms van ’n vroeë dood by sekere spesies.
30
Diere het verskeie maniere ontwikkel om inteling te vermy en uitkruising te bevorder.
31
Sjimpansees
gebruik byvoorbeeld verspreiding om te voorkom dat nabye familielede paar;
31
individuele diere versprei na verskillende groepe en weg van die groep waarin hulle gebore is.
In verskeie spesies paar wyfies met verskillende mannetjies en bring dus kleintjies voort van ’n hoër genetiese gehalte. Dit gebeur veral by wyfies wat ’n paartjie gevorm het met ’n mannetjie van swak genetiese gehalte, soos ’n nabye familielid.
32
Kos- en energiebronne
wysig
wysig bron
Diere is heterotrofies, wat beteken hulle eet ander organismes, direk of indirek.
33
Hulle word gewoonlik ook verder verdeel in groepe soos
karnivore
herbivore
omnivore
en
parasiete
34
Predasie
is ’n biologiese interaksie waar ’n roofdier (’n heteretroof wat jag) sy prooi (die organisme wat aangeval word) eet.
35
’n Roofdier het dalk of dalk nie sy prooi doodgemaak voordat hy dit eet, maar die daad van predasie lei gewoonlik daartoe dat die prooi doodgemaak word.
36
Die ander belangrike kosbron is dooie organiese materiaal.
37
Dit is soms moeilik om tussen dié twee voedingsvorme te onderskei – soos wanneer ’n parasiet ’n gas-organisme eet en dan sy eiers daarop lê sodat sy kleintjies die verrottende karkas kan eet. Druk wat hulle op mekaar uitoefen, lei dikwels tot ’n
evolusie
-resies tussen die jagter en prooi, en dit lei tot verskeie evolusie-aanpassings in albei.
38
Die meeste diere gebruik die
energie
van
sonlig
direk of indirek deur plante of plantvretende diere te eet.
Fotosintese
in plante omskep die energie van sonlig in chemiese energie in die vorm van eenvoudige suikers (byvoorbeeld
glukose
). Hierdie suikers word dan gebruik as die boustene vir plantgroei.
14
Wanneer ’n dier die plante vreet, of diere vreet wat die plante gevreet het, verkry hulle hul energie daaruit. Die energie help die dier groei en gee hom die energie om te beweeg.
39
40
Diere wat naby hidrotermiese of koue bronne op die seebodem voorkom, is nie van die energie van sonlig afhanklik nie.
41
In plaas daarvan vorm chemosintetiese
Archaea
en bakterieë die basis van die
voedselketting
42
Oorsprong en fossielrekord
wysig
wysig bron
Dunkleosteus
was ’n 10
m lange
prehistoriese
vis
43
Daar word algemeen geglo diere het binne die groep
eukariote
met
sweephare
(flagella) ontstaan.
44
Hul naaste bekende verwante wat steeds bestaan, is die
Choanoflagellatea
(kraagsweepdiertjies) waarvan die morfologie ooreenstem met dié van die koanosiete (kraagselle) van sekere
sponse
45
Molekulêre studies plaas diere in ’n supergroep genaamd
Opisthokonta
, wat ook Choanoflagellatea, die swamme en ’n paar klein parasitiese protiste insluit.
46
Die naam kom van die ligging van die flagellum aan die agterkant van beweeglike selle, soos by die meeste diere se spermselle, terwyl ander eukariote se flagellum gewoonlik aan die voorkant is.
47
Die eerste
fossiele
wat dalk dié van diere is, is uit die
Proterosoïese Eon
en het voorgekom in 665
miljoen jaar oue rotse
48
in die Trezona-formasie van Suid-
Australië
48
Daar word geglo die fossiele was van vroeë sponsdiere.
Die volgende moontlike dierefossiele was uit die einde van die
Prekambrium
, sowat 610
miljoen jaar gelede, en is bekend as die
Ediacariese
biota.
49
Dit is egter moeilik om ’n verband te vind met latere fossiele. Sommige was dalk voorlopers van moderne filums, hulle kon aparte groepe gewees het of was dalk glad nie diere nie.
50
Die meeste bekende filums maak hul verskyning min of meer op dieselfde tyd in die
Kambrium
-periode, sowat 542
miljoen jaar gelede.
51
Dit is steeds onbekend of dié gebeurtenis, bekend as die Kambriese ontploffing, veroorsaak is deur ’n vinnige differensiasie tussen verskillende groepe en of dit was vanweë ’n verandering in toestande wat fossilering moontlik gemaak het.
Sommige paleontoloë dink diere het lank voor die Kambriese ontploffing ontstaan, dalk reeds ’n miljard jaar gelede.
52
Spoorfossiele soos voetspore en gate uit die
Tonium
-periode wat ontdek is, dui op die moontlike teenwoordigheid van tripoblastiese wurms (met drie kiemlae), omtrent so groot (sowat 5
mm breed) en kompleks soos erdwurms.
53
Aan die begin van die Tonium sowat ’n miljard jaar gelede was daar ’n afname in die verskeidenheid van
stromatoliete
, wat dalk daarop dui dat weidiere hul verskyning gemaak het aangesien stromatoliet-verskeidenheid toegeneem het nadat weidiere uitgesterf het met die
Perm-Trias-
en die
Ordovisium-Siluur-uitwissing
. Dit het weer afgeneem kort nadat die weidierbevolking herstel het. Die ontdekking dat soortgelyke spore vandag geskep word deur die reusagtige, eensellige protis
Gromia sphaerica
, werp egter ’n skadu oor die vertolking van die fossiele as bewyse van ’n vroeë evolusie van diere.
54
55
Groepe diere
wysig
wysig bron
Beide tradisionele morfologiese en moderne molekulêre
filogenetiese
ontledings dui op ’n groot
evolusionêre
oorgang van diere sonder ’n bilaterale simmetrie (
Porifera
Ctenophora
Cnidaria
en
Placozoa
) na dié wat wel bilateraal simmetries is (
Bilateria
). Laasgenoemde word verder geklassifiseer in óf
Deuterostomia
(waarby die eerste opening van die spysverteringstelsel die
anus
word en die tweede een die
mond
) óf
Protostomia
(waarby die mond eerste gevorm word). Die verwantskap tussen diere sonder ’n bilaterale simmetrie word betwis, maar alle diere met ’n bilaterale simmetrie vorm vermoedlik ’n
monofiletiese
groep. Die huidige begrip van die verwantskap tussen die groot groepe diere word deur die volgende
kladogram
opgesom:
56
Choanozoa
Choanoflagellatea
Animalia
Porifera
Placozoa
Ctenophora
Cnidaria
Bilateria
Deuterostomia
Protostomia
Ecdysozoa
Lophotrochozoa
Diere sonder bilaterale simmetrie
wysig
wysig bron
Verskeie
dierefilums
word gekenmerk deur die afwesigheid van bilaterale simmetrie en daar word geglo hulle het vroeg in die evolusie uit ander diere ontwikkel. Die sponse (
Porifera
) het vermoedelik eerste ontwikkel en word beskou as die oudste dierefilum.
57
Hulle het nie die komplekse organisasie wat in die meeste ander filums aangetref word nie.
58
Hul selle is gedifferensieer, maar in die meeste gevalle nie in aparte soorte weefsel georganiseer nie.
59
Sponse neem gewoonlik voedingstowwe in deur water deur gaatjies in te trek.
60
’n Reeks studies van 2008 tot 2015 ondersteun egter die mening dat
Ctenophora
, of die ribkwalle, die
basale lyn
van diere is.
61
62
63
Dié bevinding is omstrede, want dit dui daarop dat sponse dalk nie so primitief is nie,
61
en ander navorsers meen dit is ’n statistieke ongerymdheid.
64
65
66
’n Oranje olifantoorspons,
Agelas clathrodes
, voor en twee korale,
Iciligorgia schrammi
en
Plexaurella nutans
, agter.
Filums soos Ctenophora en
Cnidaria
, wat
seeanemone
korale
en
jellievisse
insluit, is radiaal (straalsgewys) simmetries en het spysverteringskamers met een opening wat as mond én anus dien.
67
Albei het verskillende soorte weefsel, maar dit is nie in
organe
georganiseer nie.
68
Daar is net twee hoofkiemlae, die ektoderm en endoderm, met net verstrooide selle tussenin. Daarom word dié diere soms "diploblasties" genoem.
69
Daar word nou geglo die
Myxozoa
, mikroskopiese
parasiete
wat aanvanklik as Protozoa beskou is, het binne Cnidaria ontwikkel.
70
Diere met bilaterale simmetrie
wysig
wysig bron
Alle ander diere vorm ’n monofiletiese groep wat Bilateria genoem word. Hulle is meestal bilateraal simmetries en het dikwels ’n gespesialseerde kop met voedings- en sintuiglike organe. Die liggaam is triploblasties – dit beteken al drie kiemlae is goed ontwikkel – en weefsel vorm afsonderlike organe. Die spysverteringskanaal het twee openinge, ’n mond en ’n anus, en daar is ’n interne holte bekend as ’n seloom (of
buikholte
) of pseudoseloom (skynbuikholte). Daar is uitsonderings op al hierdie eienskappe.
Genetiese
studies het ons begrip van die verhouding tussen die diere in Bilateria aansienlik verander. Dit lyk of die meeste tot twee groot stambome behoort: Deuterostomia en Protostomia; laasgenoemde sluit in die Ecdysozoa en Lophotrochozoa. Die Chaetognatha is aanvanklik as Deuterostomia geklassifiseer, maar onlangse molekulêre studies het dié groep geëien as ’n basale Protostomia-lyn.
71
Daar is ook ’n paar klein groepe diere met bilaterale simmetrie met relatief kriptiese morfologie waarvan die verwantskap met ander diere nog nie baie duidelik is nie. So het onlangse molekulêre studies Acoelomorpha en
Xenoturbella
geëien as behorende tot ’n monofiletiese groep,
72
73
74
maar daar is weinig ooreenstemming oor of die groep binne Deuterostomia ontwikkel het,
73
en of dit ’n sustergroep van alle ander diere met bilaterale simmetrie (Nephrozoa) verteenwoordig.
75
76
Ander groepe met onsekere verwantskap sluit Rhombozoa en Orthonectida in. Een filum, Monoblastozoa, is in 1892 deur ’n wetenskaplike beskryf, maar tot dusver was daar geen verdere bewys dat dit bestaan nie.
77
Deuterostomia en Protostomia
wysig
wysig bron
Twee winterkoninkies van die spesie
Malurus cyaneus
Deuterostomia
verskil in verskeie opsigte van
Protostomia
. Diere van albei groepe het ’n volledige spysverteringstelsel. By laasgenoemde groep ontwikkel die eerste opening wat in die embrio verskyn, in die mond en die tweede opening in die anus. In eersgenoemde groep ontwikkel die openinge andersom.
78
By die meeste Protostomia vul selle eenvoudig die binnekant van die
gastrula
in om die
mesoderm
te vorm, maar by Deuterostomia vorm dit deur die
invaginasie
van die
endoderm
79
Deuterostomia-embrio's ondergaan radiale kliewing (verdeling) en Protostomia spirale kliewing.
80
Dit alles dui daarop dat Deuterostomia en Protostomia twee aparte, monofiletiese stambome is. Die belangrikste filums van Deuterostomia is
Echinodermata
en
Chordata
81
Eersgenoemde is radiaal simmetries en uitsluitlik seediere, soos
seesterre
seekastaiings
en
seekomkommers
82
Chordata word deur die
gewerweldes
, diere met rugstringe, oorheers.
83
Dit sluit in
visse
amfibieë
reptiele
voëls
en
soogdiere
84
Deuterostomia sluit ook
Hemichordata
, of die kraagdraers, in.
85
86
Hoewel hulle nie vandag juis volop is nie, behoort die belangrike fossiele
graptoliete
dalk tot hierdie groep.
87
Ecdysozoa
wysig
wysig bron
Geelvlerknaaldekokers,
Sympetrum flaveolum
Die
Ecdysozoa
behoort tot Protostomia en is genoem na die algemene eienskap van groei deur vervelling.
88
Dit sluit die grootste dierefilum, die
Arthropoda
, in en bevat
insekte
spinnekoppe
krappe
, ens. Al dié diere se liggaam is in herhalende segmente verdeel wat gewoonlik in pare voorkom. Twee kleiner filums, Onychophora en Tardigrada, is nabye verwante en deel dié eienskappe. Ecdysozoa sluit ook die
Nematoda
, of rondewurms, in wat dalk die tweede grootste dierefilum is. Rondewurms is meestal mikroskopies en kom voor in feitlik elke omgewing waar daar water is.
89
’n Paar is belangrike parasiete.
90
Kleiner filums wat aan hulle verwant is, is Nematomorpha, of die perdehaarwurms, Kinorhyncha, Priapulida en Loricifera. Hierdie groepe het ’n klein buikholte, wat ’n skynbuikholte genoem word.
Die wingerdslak
Helix pomatia
Lophotrochozoa
wysig
wysig bron
Lophotrochozoa
, wat binne die groep Protostomia ontwikkel het, sluit twee van die mees suksesvolle dierefilums in,
Mollusca
en
Annelida
91
92
Eersgenoemde, wat die tweede grootste dierefilum is volgens spesies wat beskryf is, bevat diere soos
slakke
mossels
en
pylinkvisse
; laasgenoemde die gesegmenteerde wurms, soos erdwurms en
bloedsuiers
. Hierdie twee groepe is lank as nou verwant beskou omdat hulle soortgelyke larwes het, maar Annelida is as nader aan Arthropoda beskou omdat albei gesegmenteer is.
93
Nou word hulle beskou as die resultaat van saamlopende (maar onafhanklike) evolusie vanweë baie morfologiese en genetiese verskille tussen die twee filums.
94
Lophotrochozoa sluit ook Nemertea, of die snoerwurms, Sipuncula en verskeie filums in wat ’n sirkel tentakels met trilhare om die mond het.
95
Platyzoa
sluit die filum
Platyhelminth
, of die platwurms, in.
96
Hulle is eers as van die mees primitiewe Bilateria beskou, maar dit lyk nou of hulle uit meer komplekse voorouers ontwikkel het.
97
Die groep bevat ’n paar parasiete, soos suigwurms and lintwurms.
96
Platwurms het nie ’n seloom of buikholte nie, nes hul naaste verwante, die mikroskopiese Gastrotricha.
98
Die ander Platyzoa-filums is meestal mikroskopies en het skynbuikholtes. Die belangrikste groep is
Rotifera
, of die raderdiertjies, wat algemeen in wateromgewings voorkom. Hulle sluit ook Acanthocephala, Gnathostomulida, Micrognathozoa en moontlik Cycliophora in.
99
Hierdie groepe het almal komplekse kake en behoort tot die filum Gnathifera.
Getal bestaande spesies
wysig
wysig bron
Diere kan in die algemeen in twee breë groepe verdeel word:
gewerweldes
(diere met ’n ruggraat) en
ongewerweldes
(sonder ’n ruggraat). Die helfte van alle gewerweldes wat beskryf is, is visse. Driekwart van alle ongewerweldes wat beskryf is, is insekte. Die volgende lys is van die bestaande spesies wat beskryf is vir elke groot subgroep van diere, soos beraam vir die
IUBN-rooilys van bedreigde spesies
, 2014.3.
100
Die getal spesies volgens elke filum van die diereryk.
Groep
Beeld
Subgroep
Geraamde getal
spesies
100
Gewerweldes
Visse
32 900
Amfibieë
7 302
Reptiele
10 038
Voëls
10 425
Soogdiere
5 513
Totale gewerwelde spesies: 66 178
Ongewerweldes
Insekte
1 000 000
Weekdiere
85 000
Skaaldiere
47 000
Korale
2 000
Spinnekopagtiges
102 248
Fluweelwurms
165
Koningkrappe
Ander
68 658
Totale ongewerwelde spesies: 1 305 075
Totale dierespesies: 1 371 253
Meer as 95% van alle dierespesies in die wêreld wat beskryf is, is ongewerweldes.
Kladogram
wysig
wysig bron
Die Metazoa (diere) is verwant aan die swamme (Fungi) en het uit dieselfde groep eensellige eukariote ontstaan: die Ophistokonta. 'n Vereenvoudigde kladogram sien so uit:
101
Opisthokonta
Fungi
Holozoa
Ichthyospora
Filozoa
Filasterea
Choanozoa
Choanoflagellatea
Animalia
Ctenophora
Porifera
Placozoa
Cnidaria
Bilateria
Sien ook
wysig
wysig bron
Biologiese klassifikasie
Etologie
Groot vyf
Klein vyf diere
Onmoontlike vyf
Verwysings
wysig
wysig bron
Cresswell, Julia (2010).
The Oxford Dictionary of Word Origins
(2nd
uitg.). New York: Oxford University Press.
ISBN
978-0-19-954793-7
'having the breath of life', from anima 'air, breath, life'.
"Animal".
The American Heritage Dictionary
(4de).
(2006).
Houghton Mifflin Company.
Calisher, CH (2007).
"Taxonomy: what's in a name? Doesn't a rose by any other name smell as sweet?"
Croatian Medical Journal
48
(2):
268–
270.
PMC
2080517
PMID
17436393
Linnaeus, Carl
(1758).
Systema naturae per regna tria naturae :secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis
(in Latyn) (10de
uitg.). Holmiae (Laurentii Salvii).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2008
. Besoek op
22 September
2008
Haeckel, Ernst (1874).
Anthropogenie oder Entwickelungsgeschichte des menschen
(in Duits). Leipzig. p.
202.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (
link
Hutchins 2003
"Panda Classroom"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 Augustus 2013
. Besoek op
30 September
2007
Bergman, Jennifer.
"Heterotrophs"
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2007
. Besoek op
30 September
2007
Douglas, Angela E.; Raven, John A. (Januarie 2003).
"Genomes at the interface between bacteria and organelles"
Philosophical Transactions of the Royal Society B
358
(1429):
5–
17, discussion 517–8.
doi
10.1098/rstb.2002.1188
PMC
1693093
PMID
12594915
Davidson, Michael W.
"Animal Cell Structure"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020
. Besoek op
20 September
2007
Saupe, S. G.
"Concepts of Biology"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 April 2020
. Besoek op
30 September
2007
Minkoff, Eli C. (2008).
Barron's EZ-101 Study Keys Series: Biology
(2nd, revised
uitg.). Barron's Educational Series. p.
48.
ISBN
978-0-7641-3920-8
WAT aanlyn, VivA (intekening benodig)
Adam-Carr, Christine; Hayhoe, Christy; Hayhoe, Douglas; Hayhoe, Katharine (2010).
Science Perspectives 10
. Nelson Education Ltd.
ISBN
978-0-17-635528-9
Alberts, Bruce; Johnson, Alexander; Lewis, Julian; Raff, Martin; Roberts, Keith; Walter, Peter (2002).
Molecular Biology of the Cell
(4th
uitg.). New York: Garland Science
. Besoek op
23 Maart
2015
Sangwal 2007
Becker, Wayne M. (1991).
The world of the cell
. Benjamin/Cummings.
ISBN
978-0-8053-0870-9
Koene, J. M. (2006). "Tales of two snails: sexual selection and sexual conflict in
Lymnaea stagnalis
and
Helix aspersa
".
Integrative and Comparative Biology
46
(4):
419–
429.
doi
10.1093/icb/icj040
PMID
21672754
Knobil, Ernst (1998).
Encyclopedia of reproduction, Volume 1
. Academic Press. p.
315.
ISBN
978-0-12-227020-8
Schwartz, Jill (2010).
Master the GED 2011 (w/CD)
. Peterson's. p.
371.
ISBN
978-0-7689-2885-3
Hamilton, Matthew B. (2009).
Population genetics
. Wiley-Blackwell. p.
55.
ISBN
978-1-4051-3277-0
Adiyodi, K. G.; Hughes, Roger N.; Adiyodi, Rita G. (Julie 2002).
Reproductive Biology of Invertebrates, Volume 11, Progress in Asexual Reproduction
. Wiley. p.
116.
Kaplan (2008).
GRE exam subject test
. Kaplan Publishing. p.
233.
ISBN
978-1-4195-5218-2
Tmh (2006).
Study Package For Medical College Entrance Examinations
. Tata McGraw-Hill. p.
6.22.
ISBN
978-0-07-061637-0
Ville, Claude Alvin; Walker, Warren Franklin; Barnes, Robert D. (1984).
General zoology
. Saunders College Pub. p.
467.
ISBN
978-0-03-062451-3
Hamilton, William James; Boyd, James Dixon; Mossman, Harland Winfield (1945).
Human embryology: (prenatal development of form and function)
. Williams & Wilkins. p.
330.
Philips, Joy B. (1975).
Development of vertebrate anatomy
. Mosby. p.
176.
ISBN
978-0-8016-3927-2
The Encyclopedia Americana: a library of universal knowledge, Volume 10
. Encyclopedia Americana Corp. 1918. p.
281.
Romoser, William S.; Stoffolano, J. G. (1998).
The science of entomology
. WCB McGraw-Hill. p.
156.
ISBN
978-0-697-22848-2
Ralls K, Ballou J (April 1982). "Effect of inbreeding on juvenile mortality in some small mammal species".
Lab. Anim
16
(2):
159–
66.
doi
10.1258/002367782781110151
PMID
7043080
Pusey A, Wolf M (1996). "Inbreeding avoidance in animals".
Trends Ecol. Evol. (Amst.)
11
(5):
201–
6.
doi
10.1016/0169-5347(96)10028-8
PMID
21237809
Petrie, M.; Kempenaers, B. (1998). "Extra-pair paternity in birds: Explaining variation between species and populations".
Trends in Ecology and Evolution
13
(2):
52–
57.
doi
10.1016/s0169-5347(97)01232-9
PMID
21238200
Rastogi, V. B. (1997).
Modern Biology
. Pitambar Publishing. p.
3.
ISBN
978-81-209-0496-5
Levy, Charles K. (1973).
Elements of Biology
. Appleton-Century-Crofts. p.
108.
ISBN
978-0-390-55627-1
Begon, M., Townsend, C., Harper, J. (1996).
Ecology: Individuals, populations and communities
(3de uitg.). Blackwell Science, Londen.
ISBN 0-86542-845-X
ISBN 0-632-03801-2
ISBN 0-632-04393-8
predation
. Britannica.com. Besoek op 2011-11-23.
Marchetti, Mauro; Rivas, Victoria (2001).
Geomorphology and environmental impact assessment
. Taylor & Francis. p.
84.
ISBN
978-90-5809-344-8
Allen, Larry Glen; Pondella, Daniel J.; Horn, Michael H. (2006).
Ecology of marine fishes: California and adjacent waters
. University of California Press. p.
428.
ISBN
978-0-520-24653-9
Gupta, P.K.
Genetics Classical To Modern
. Rastogi Publications. p.
26.
ISBN
978-81-7133-896-2
Garrett, Reginald; Grisham, Charles M. (2010).
Biochemistry
. Cengage Learning. p.
535.
ISBN
978-0-495-10935-8
New Scientist
152
2050–
2055). IPC Magazines: 105. 1996.
{{
cite journal
}}
: CS1 maint: untitled periodical (
link
Castro, Peter; Huber, Michael E. (2007).
Marine Biology
(7th
uitg.). McGraw-Hill. p.
376.
ISBN
978-0-07-722124-9
"Monster fish crushed opposition with strongest bite ever"
(in Engels). smh.com.au.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2017.
Campbell, Niel A. (1990).
Biology
(2nd
uitg.). Benjamin/Cummings Pub. Co. p.
560.
ISBN
978-0-8053-1800-5
Richard R. Behringer; Alexander D. Johnson; Robert E. Krumlauf; Michael K. Levine; Nipam Patel; Neelima Sinha, reds. (2008).
Emerging model organisms: a laboratory manual, Volume 1
(illustrated
uitg.). Cold Spring Harbor Laboratory Press. p.
1.
ISBN
978-0-87969-872-0
Hall, Brian Keith; Hallgrímsson, Benedikt; Strickberger, Monroe W. (2008).
Strickberger's evolution: the integration of genes, organisms and populations
. Jones & Bartlett Learning. p.
278.
ISBN
978-0-7637-0066-9
Hamilton, Gina.
Kingdoms of Life – Animals (ENHANCED eBook)
. Lorenz Educational Press. p.
9.
ISBN
978-1-4291-1610-7
Maloof, Adam C.; Rose, Catherine V.; Beach, Robert; Samuels, Bradley M.; Calmet, Claire C.; Erwin, Douglas H.; Poirier, Gerald R.; Yao, Nan; Simons, Frederik J. (17 Augustus 2010).
"Possible animal-body fossils in pre-Marinoan limestones from South Australia"
Nature Geoscience
(9):
653–
659.
Bibcode
2010NatGe...3..653M
doi
10.1038/ngeo934
Pdf
Costa, James T.; Darwin, Charles (2009).
The annotated Origin: a facsimile of the first edition of On the origin of species
. Harvard University Press. p.
308.
ISBN
978-0-674-03281-1
Schopf, J. William (1999).
Evolution!: facts and fallacies
. Academic Press. p.
7.
ISBN
978-0-12-628860-5
Milsom, Clare; Rigby, Sue (2009).
Fossils at a Glance
. John Wiley and Sons.
ISBN
978-1-4051-9336-8
Campbell, Neil A.; Reece, Jane B. (2005).
Biology
(7de
uitg.). Pearson, Benjamin Cummings. p.
526.
ISBN
978-0-8053-7171-0
Seilacher, Adolf; Bose, Pradip K.; Pfluger, Friedrich (2 Oktober 1998). "Triploblastic animals more than 1 billion years ago: trace fossil evidence from india".
Science
282
(5386):
80–
83.
Bibcode
1998Sci...282...80S
doi
10.1126/science.282.5386.80
PMID
9756480
Matz, Mikhail V.; Frank, Tamara M.; Marshall, N. Justin; Widder, Edith A.; Johnsen, Sönke (9 Desember 2008).
"Giant Deep-Sea Protist Produces Bilaterian-like Traces"
(PDF)
Current Biology
18
(23):
1–
6.
doi
10.1016/j.cub.2008.10.028
PMID
19026540
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008
. Besoek op
5 Desember
2008
Reilly, Michael (20 November 2008).
"Single-celled giant upends early evolution"
(in Engels). MSNBC.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 November 2019
. Besoek op
5 Desember
2008
Pisani, Davide; Pett, Walker; Dohrmann, Martin; Feuda, Roberto; Rota-Stabelli, Omar; Philippe, Hervé; Lartillot, Nicolas; Wörheide, Gert (15 Desember 2015).
"Genomic data do not support comb jellies as the sister group to all other animals"
Proceedings of the National Academy of Sciences
(in Engels).
112
(50):
15402–
15407.
Bibcode
2015PNAS..11215402P
doi
10.1073/pnas.1518127112
ISSN
0027-8424
PMC
4687580
PMID
26621703
Bhamrah, H. S.; Juneja, Kavita (2003).
An Introduction to Porifera
. Anmol Publications PVT. LTD. p.
58.
ISBN
978-81-261-0675-2
Sumich, James L. (2008).
Laboratory and Field Investigations in Marine Life
. Jones & Bartlett Learning. p.
67.
ISBN
978-0-7637-5730-4
Jessop, Nancy Meyer (1970).
Biosphere; a study of life
. Prentice-Hall. p.
428.
Sharma, N. S. (2005).
Continuity And Evolution Of Animals
. Mittal Publications. p.
106.
ISBN
978-81-8293-018-6
Dunn, Casey W.; Hejnol, Andreas; Matus, David Q.; Pang, Kevin; Browne, William E.; Smith, Stephen A.; Seaver, Elaine; Rouse, Greg W.; Obst, Matthias; Edgecombe, Gregory D.; Sørensen, Martin V.; Haddock, Steven H. D.; Schmidt-Rhaesa, Andreas; Okusu, Akiko; Kristensen, Reinhardt Møbjerg; Wheeler, Ward C.; Martindale, Mark Q.; Giribet, Gonzalo (April 2008). "Broad phylogenomic sampling improves resolution of the animal tree of life".
Nature
452
(7188):
745–
9.
Bibcode
2008Natur.452..745D
doi
10.1038/nature06614
PMID
18322464
{{
cite journal
}}
Onbekende parameter
displayauthors=
geïgnoreer (
hulp
Ryan, Joseph F.; Pang, Kevin; Schnitzler, Christine E.; Nguyen, Anh-Dao; Moreland, R. Travis; Simmons, David K.; Koch, Bernard J.; Francis, Warren R.; Havlak, Paul (13 Desember 2013).
"The Genome of the Ctenophore Mnemiopsis leidyi and Its Implications for Cell Type Evolution"
Science
342
(6164): 1242592.
doi
10.1126/science.1242592
ISSN
0036-8075
PMC
3920664
PMID
24337300
Moroz, Leonid L.; Kocot, Kevin M.; Citarella, Mathew R.; Dosung, Sohn; Norekian, Tigran P.; Povolotskaya, Inna S.; Grigorenko, Anastasia P.; Dailey, Christopher; Berezikov, Eugene (5 Junie 2014).
"The ctenophore genome and the evolutionary origins of neural systems"
Nature
510
(7503):
109–
114.
Bibcode
2014Natur.510..109M
doi
10.1038/nature13400
ISSN
0028-0836
PMC
4337882
PMID
24847885
Philippe, Hervé; Derelle, Romain; Lopez, Philippe; Pick, Kerstin; Borchiellini, Carole; Boury-Esnault, Nicole; Vacelet, Jean; Renard, Emmanuelle; Houliston, Evelyn (April 2009).
"Phylogenomics Revives Traditional Views on Deep Animal Relationships"
Current Biology
19
(8):
706–
712.
doi
10.1016/j.cub.2009.02.052
ISSN
0960-9822
PMID
19345102
Pick, K. S.; Philippe, H.; Schreiber, F.; Erpenbeck, D.; Jackson, D. J.; Wrede, P.; Wiens, M.; Alié, A.; Morgenstern, B. (September 2010).
"Improved Phylogenomic Taxon Sampling Noticeably Affects Nonbilaterian Relationships"
Molecular Biology and Evolution
27
(9):
1983–
1987.
doi
10.1093/molbev/msq089
ISSN
0737-4038
PMC
2922619
PMID
20378579
Nosenko, Tetyana; Schreiber, Fabian; Adamska, Maja; Adamski, Marcin; Eitel, Michael; Hammel, Jörg; Maldonado, Manuel; Müller, Werner E. G.; Nickel, Michael (1 April 2013).
"Deep metazoan phylogeny: When different genes tell different stories"
Molecular Phylogenetics and Evolution
67
(1):
223–
233.
doi
10.1016/j.ympev.2013.01.010
PMID
23353073
Langstroth, Lovell; Langstroth, Libby (2000). Newberry, Todd (red.).
A Living Bay: The Underwater World of Monterey Bay
. University of California Press. p.
244.
ISBN
978-0-520-22149-9
Safra, Jacob E. (2003).
The New Encyclopædia Britannica, Volume 16
. Encyclopædia Britannica. p.
523.
ISBN
978-0-85229-961-6
Kotpal, R. L.
Modern Text Book of Zoology: Invertebrates
. Rastogi Publications. p.
184.
ISBN
978-81-7133-903-7
Chang, E. Sally; Neuhof, Moran; Rubinstein, Nimrod D.; Diamant, Arik; Philippe, Hervé; Huchon, Dorothée; Cartwright, Paulyn (1 Desember 2015).
"Genomic insights into the evolutionary origin of Myxozoa within Cnidaria"
Proceedings of the National Academy of Sciences
112
(48):
14912–
14917.
Bibcode
2015PNAS..11214912C
doi
10.1073/pnas.1511468112
ISSN
0027-8424
PMC
4672818
PMID
26627241
Marlétaz, Ferdinand; Martin, Elise; Perez, Yvan; Papillon, Daniel; Caubit, Xavier; Lowe, Christopher J.; Freeman, Bob; Fasano, Laurent; Dossat, Carole (8 Augustus 2006).
"Chaetognath phylogenomics: a protostome with deuterostome-like development"
Current Biology
16
(15):
R577 –
R578
doi
10.1016/j.cub.2006.07.016
ISSN
0960-9822
PMID
16890510
Hejnol, A.; Obst, M.; Stamatakis, A.; Ott, M.; Rouse, G. W.; Edgecombe, G. D. (2009).
"Assessing the root of bilaterian animals with scalable phylogenomic methods"
Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences
276
4261–
4270.
doi
10.1098/rspb.2009.0896
PMC
2817096
PMID
19759036
Philippe, H.; Brinkmann, H.; Copley, R. R.; Moroz, L. L.; Nakano, H.; Poustka, A. J.; Wallberg, A.; Peterson, K. J.; Telford, M. J. (2011).
"Acoelomorph flatworms are deuterostomes related to
Xenoturbella
Nature
470
(7333):
255–
258.
Bibcode
2011Natur.470..255P
doi
10.1038/nature09676
PMC
4025995
PMID
21307940
Edgecombe, G. D.; Giribet, G.; Dunn, C. W.; Hejnol, A.; Kristensen, R. M.; Neves, R. C.; Rouse, G. W.; Worsaae, K.; Sørensen, M. V. (2011). "Higher-level metazoan relationships: Recent progress and remaining questions".
Organisms Diversity & Evolution
11
(2):
151–
172.
doi
10.1007/s13127-011-0044-4
Rouse, Greg W.; Wilson, Nerida G.; Carvajal, Jose I.; Vrijenhoek, Robert C. (3 Februarie 2016).
"New deep-sea species of Xenoturbella and the position of Xenacoelomorpha"
Nature
530
(7588):
94–
97.
Bibcode
2016Natur.530...94R
doi
10.1038/nature16545
PMID
26842060
. Besoek op
3 Februarie
2016
Cannon, Johanna T.; Vellutini, Bruno C.; Smith III, Julian.; Ronquist, Frederik; Jondelius, Ulf; Hejnol, Andreas (3 Februarie 2016).
"Xenacoelomorpha is the sister group to Nephrozoa"
Nature
530
(7588):
89–
93.
Bibcode
2016Natur.530...89C
doi
10.1038/nature16520
PMID
26842059
. Besoek op
3 Februarie
2016
Gone Missing, circa 1892
Peters, Kenneth E.; Walters, Clifford C.; Moldowan, J. Michael (2005).
The Biomarker Guide: Biomarkers and isotopes in petroleum systems and Earth history
. Vol.
2. Cambridge University Press. p.
717.
ISBN
978-0-521-83762-0
Safra, Jacob E. (2003).
The New Encyclopædia Britannica, Volume 1; Volume 3
. Encyclopædia Britannica. p.
767.
ISBN
978-0-85229-961-6
Valentine, James W. (Julie 1997).
"Cleavage patterns and the topology of the metazoan tree of life"
PNAS
94
(15). The National Academy of Sciences:
8001–
8005.
Bibcode
1997PNAS...94.8001V
doi
10.1073/pnas.94.15.8001
PMC
21545
PMID
9223303
Hyde, Kenneth (2004).
Zoology: An Inside View of Animals
. Kendall Hunt. p.
345.
ISBN
978-0-7575-0997-1
Alcamo, Edward (1998).
Biology Coloring Workbook
. The Princeton Review. p.
220.
ISBN
978-0-679-77884-4
Holmes, Thom (2008).
The First Vertebrates
. Infobase Publishing. p.
64.
ISBN
978-0-8160-5958-4
Rice, Stanley A. (2007).
Encyclopedia of evolution
. Infobase Publishing. p.
75.
ISBN
978-0-8160-5515-9
Tobin, Allan J.; Dusheck, Jennie (2005).
Asking about life
. Cengage Learning. p.
497.
ISBN
978-0-534-40653-0
Simakov, Oleg; Kawashima, Takeshi; Marlétaz, Ferdinand; Jenkins, Jerry; Koyanagi, Ryo; Mitros, Therese; Hisata, Kanako; Bredeson, Jessen; Shoguchi, Eiichi (26 November 2015).
"Hemichordate genomes and deuterostome origins"
Nature
527
(7579):
459–
465.
Bibcode
2015Natur.527..459S
doi
10.1038/nature16150
ISSN
0028-0836
PMC
4729200
PMID
26580012
Safra, Jacob E. (2003).
The New Encyclopædia Britannica, Volume 19
. Encyclopædia Britannica. p.
791.
ISBN
978-0-85229-961-6
Dawkins, Richard (2005).
The Ancestor's Tale: A Pilgrimage to the Dawn of Evolution
. Houghton Mifflin Harcourt. p.
381.
ISBN
978-0-618-61916-0
Prewitt, Nancy L.; Underwood, Larry S.; Surver, William (2003).
BioInquiry: making connections in biology
. John Wiley. p.
289.
ISBN
978-0-471-20228-8
Schmid-Hempel, Paul (1998).
Parasites in social insects
. Princeton University Press. p.
75.
ISBN
978-0-691-05924-2
"Biodiversity: Mollusca"
. The Scottish Association for Marine Science. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 8 Julie 2006
. Besoek op
19 November
2007
Russell, Bruce J. (Writer), Denning, David (Writer).
(2000).
Branches on the Tree of Life: Annelids
VHS
BioMEDIA ASSOCIATES.
Eernisse, Douglas J.; Albert, James S.; Anderson, Frank E. (1 September 1992). "Annelida and Arthropoda are not sister taxa: A phylogenetic analysis of spiralean metazoan morphology".
Systematic Biology
41
(3):
305–
330.
doi
10.2307/2992569
JSTOR
2992569
Kim, Chang Bae; Moon, Seung Yeo; Gelder, Stuart R.; Kim, Won (September 1996). "Phylogenetic Relationships of Annelids, Molluscs, and Arthropods Evidenced from Molecules and Morphology".
Journal of Molecular Evolution
43
(3). New York: Springer:
207–
215.
doi
10.1007/PL00006079
PMID
8703086
Collins, Allen G. (1995).
The Lophophore
. University of California Museum of Paleontology
. Besoek op
23 Maart
2015
Gilson, Étienne (2004).
El espíritu de la filosofía medieval
. Ediciones Rialp. p.
384.
ISBN
978-84-321-3492-0
Ruiz-Trillo, Iñaki; Riutort, Marta; Littlewood, D. Timothy J.; Herniou, Elisabeth A.; Baguña, Jaume (19 Maart 1999). "Acoel Flatworms: Earliest Extant Bilaterian Metazoans, Not Members of Platyhelminthes".
Science
283
(5409):
1919–
1923.
Bibcode
1999Sci...283.1919R
doi
10.1126/science.283.5409.1919
PMID
10082465
Todaro, Antonio.
"Gastrotricha: Overview"
Gastrotricha: World Portal
(in Engels). University of Modena & Reggio Emilia.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 April 2020
. Besoek op
26 Januarie
2008
Kristensen, Reinhardt Møbjerg (Julie 2002). "An Introduction to Loricifera, Cycliophora, and Micrognathozoa".
Integrative and Comparative Biology
42
(3):
641–
651.
doi
10.1093/icb/42.3.641
PMID
21708760
The World Conservation Union. 2014.
IUCN Red List of Threatened Species
, 2014.3. Summary Statistics for Globally Threatened Species.
Table 1: Numbers of threatened species by major groups of organisms (1996–2014)
The origin of Metazoa: a unicellular perspective
Arnau Sebé-Pedrós, Bernard M. Degnan, Iñaki Ruiz-Trillo
Nature Reviews Genetics (2017)
Bibliografie
wysig
wysig bron
Nielsen, Claus (2012).
Animal Evolution: Interrelationships of the Living Phyla
(3rd
uitg.). New York:
Oxford University Press
ISBN
978-0-19-960602-3
{{
cite book
}}
Ongeldige
ref=harv
hulp
Schmidt-Nielsen, Knut (1997).
Animal Physiology: Adaptation and Environment
(5th
uitg.). Cambridge University Press.
ISBN
0-521-57098-0
Magloire, Kim (2004).
Cracking the AP Biology Exam, 2004–2005 Edition
. The Princeton Review.
ISBN
978-0-375-76393-9
{{
cite book
}}
Ongeldige
ref=harv
hulp
Sangwal, Keshra (2007).
Additives and crystallization processes: from fundamentals to applications
. John Wiley and Sons.
ISBN
978-0-470-06153-4
{{
cite book
}}
Ongeldige
ref=harv
hulp
Hutchins, Michael (2003).
Grzimek's Animal Life Encyclopedia
(2nd
uitg.). Detroit: Gale.
ISBN
0-7876-5777-8
{{
cite book
}}
Ongeldige
ref=harv
hulp
Holmes, Thom (2008).
The First Vertebrates
. Infobase Publishing.
ISBN
978-0-8160-5958-4
{{
cite book
}}
Ongeldige
ref=harv
hulp
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Tree of Life Project
Animal Diversity Web
. Databasis met diere, klassifikasie, foto's en inligting
Wikispecies
het meer inligting verwant aan
Dier
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Dier
Wikiwoordeboek
het 'n inskrywing vir
dier
Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia
Normdata
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Israel
Ander
NARA
İslâm Ansiklopedisi
Taksonidentifiseerders
Animalia
Wikidata
Q729
Wikispecies
Animalia
ADW
Animalia
AFD
Animalia
CoL
EoL
EPPO
1ANIMK
Fauna Europaea
Fauna Europaea (new)
dada6f44-b7b5-4c0a-9f32-980f54b02c36
GBIF
iNaturalist
ITIS
202423
Lygaeoidea Species File (new):
936783
MilliBase
NBN
NBNSYS0100001342
NZOR:
f38e12bf-0be7-4f13-b739-e2bc1b763ae0
Paleobiology Database
325038
WoRMS
ZooBank
0EA9A33B-6B31-4551-B4E2-A772AAF96231
Ontsluit van "
Kategorieë
CS1 maint: untitled periodical
Diere
Koninkryke (biologie)
Versteekte kategorieë:
Artikels met spesiemikroformate
AS1-bronne in Latyn (la)
AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer
AS1-bronne in Duits (de)
AS1-bronne in Engels (en)
AS1-foute: onbekende parameter
AS1-foute: ongeldige parameterwaarde
Taksonbalksjablone sonder from-parameter
Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig
Voorbladartikels
Dier
Nuwe onderwerp