Duitsland - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bondsrepubliek Duitsland
Bundesrepublik Deutschland
Duits
Vlag
Wapen
Nasionale leuse
Einigkeit und Recht und Freiheit
Duits
vir: "Eenheid én geregtigheid én vryheid")
Volkslied
: Die derde strofe van die
Deutschlandlied
Hoofstad
Berlyn
52°31′N
13°23′O
52.517°N 13.383°O
52.517; 13.383
Grootste stad
Berlyn
Amptelike
tale
Duits
Regering
President
Kanselier
• President van die Bundestag
• President van die Bundesrat
Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Frank-Walter Steinmeier
Friedrich Merz
Julia Klöckner
Anke Rehlinger
Onafhanklikheid
Stigting van
Heilige Romeinse Ryk
Duitse Bond
Duitse Keiserryk
Republiek van Weimar
Nazi-Duitsland
Bondsrepubliek Duitsland
Duitse Demokratiese Republiek
Hereniging
2 Februarie
962
8 Junie
1815
18 Januarie
1871
9 November
1918
30 Januarie
1933
23 Mei
1949
7 Oktober
1949
3 Oktober
1990
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
357
700
km
64
ste
138
109 myl
1,27 (2015)
Bevolking
- 2024-skatting
- 2022-sensus
Digtheid
84
746
132
19
de
82
720
048
237 / km
58
ste
614 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2025
-skatting
$6
161
miljard
de
$72
599
(22
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2025
-skatting
$4
745
miljard
de
$55
911
(17
de
MOI
2022
0,950
de
baie hoog
Gini
2024
29,5
laag
Geldeenheid
Euro
(EUR) (
Tydsone
Somertyd
MET (
UTC
+1
MEST (
UTC
+2
Internet-TLD
.de
www.deutschland.de
Skakelkode
+49
1.
Deens
Nederduits
Sorbies
Roma
en
Fries
word amptelik erken en as minderheidstale beskerm deur die
ECRML
10
Portaal
Europa
Duitsland
Duits
Deutschland
, [ˈdɔʏtʃlant],
luister
hulp
inligting
), amptelik die
Bondsrepubliek Duitsland
(in
Afrikaans
dikwels ook
Federale Republiek Duitsland
genoem; Duits:
Bundesrepublik Deutschland
, [ˈbundəsʁepuˌbliːk ˈdɔjtʃlant],
luister
hulp
inligting
), is in die sentrum van
Europa
geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen
Wes-Europa
en die lande van
Sentraal
- en
Oos-Europa
Die
Brandenburgse Poort
in die hoofstad
Berlyn
, simbool van die herenigde Duitsland
Die land word in die noorde begrens deur die
Noordsee
Denemarke
en die
Oossee
, in die ooste deur
Pole
en
Tsjeggië
, in die suide deur
Oostenryk
en
Switserland
, en in die weste deur
Frankryk
Luxemburg
België
en
Nederland
. Geen ander land in die Europese Unie het meer buurlande as Duitsland nie.
11
As 'n geografies uiteenlopende land het Duitsland 'n groot verskeidenheid landskappe wat van die kusgebiede langs die Noord- en Oossee en die uitgestrekte vlaktes van
Noord-Duitsland
oor die berglandskappe van Sentraal- en Suid-Duitsland tot die
Alpe
in die uiterste suide strek. Vyf groot rivierstelsels – dié van
Ryn
Donau
Elbe
Main
en
Weser
– kom in die land voor en word deur kanale met mekaar en die Europese netwerk van waterweë verbind.
Die
Duitse Keiserryk
is as 'n nasiestaat verenig tydens die
Frans-Duitse Oorlog
in 1871. Die huidige Duitsland is 'n demokratiese, parlementêre en federale republiek wat uit 16
deelstate
bestaan. Die deelstate kan in sekere sfere, soos onderwys, onafhanklik van die federasie optree. Duitsland is, net soos baie ander Europese lande, 'n sosiale welvaartstaat, wat in sy binnelandse ekonomiese beleid die beginsels van 'n
sosiale markekonomie
toepas, en ook een van die liberalste lande ter wêreld waar groot waarde aan omgewingsbewaring en die bestryding van
xenofobie
geheg word.
Nogtans weeg behoudende waardes steeds swaar in Duitsland wat vanweë sy ryk kulturele, filosofiese en literêre erfenis ook as die "land van digters en denkers" bekendstaan. Ou tradisies word met trots bewaar en gewaardeer, net soos harde werk, juistheid en fiskale verantwoordelikheid.
12
Die Bondsrepubliek Duitsland is 'n lid van die
Verenigde Nasies
NAVO
, die
G8
- en die
G4-nasies
, asook 'n stigterslid van die
Europese Unie
. Duitsland, wat sedert die 1990's meer as drie miljoen immigrante uit Oos-Europa ontvang het, het tans die grootste bevolking van enige EU-lidstaat. As een van die wêreld se voorste nywerheidslande, wat hom op meganiese ingenieurswese en masjienbou, voertuie, chemiese produkte en huishoudelike goedere toespits, is Duitsland die grootste ekonomie in Europa en die vierde grootste ter wêreld. Sy ekonomiese en politieke gewig stel die land in staat om sy beleid van fiskale soberheid ook op Europese vlak toe te pas.
Etimologie
wysig
wysig bron
Die
Duitse
term
Deutschland
, oorspronklik
diutisciu land
("die Duitse lande") is ontleen aan
(vergelyk
Dutch
), afgelei van die
Ou Hoogduitse
diutisc
, "van die volk" (van
diot
of
diota
, "volk"), wat oorspronklik gebruik is om die taal van die gemeensame volk van
Latyn
en sy
Romaanse nasate
te onderskei. Dit is op sy beurt ontleen aan die
Protogermaanse
þiudiskaz
, "van die volk" (sien ook die Latinisering
Theodiscus
), ontleen aan
þeudō
, met sy oorsprong in die
Proto-Indo-Europese
tewtéh₂-
"volk", waarvan die woord
Teutone
ook afgelei is.
13
14
Geografie
wysig
wysig bron
Nasa
-Satellietbeeld van Duitsland
Die
Swartwoud
in die winter, met die Franse
Vogese
-bergreeks in die agtergrond
Die Harz-gebergte se hoogste bergpiek, die
Brocken
, in die
winter
Topografiese kaart van Duitsland
Die kasteel Hohentwiel het op een van die gedoofde vulkaankeëls van Hegau ontstaan
Duitsland strek van die kusgebiede langs die Noord- en Oossee tot by die Sentraal-Alpe in die suide (waarvan egter net 'n klein gedeelte op Duitse grondgebied lê). In noord-suidelike rigting strek die Duitse staatsgebied oor 'n afstand van 876
km, in wes-oostelike rigting oor 640
km. Die land word dikwels as die hartland van Europa beskryf en grens aan nege buurlande: Denemarke in die noorde; Nederland, België, Luxemburg en Frankryk in die weste; Oostenryk en Switserland in die suide; en Pole en Tsjeggië in die ooste. Duitsland se internasionale grense loop oor 'n totale afstand van 3
786
km. Die langste gemeenskaplike grens is dié met Oostenryk wat oor 'n afstand van 817
km strek (die Bodenmeer is hierby nie ingereken nie).
15
Die Noord- en Oossee vorm 'n natuurlike grenslyn in die noorde.
In noord-suidelike rigting is daar vier groot geografiese landskappe, wat veral volgens hulle hoogte van mekaar verskil. Die noorde van Duitsland word oorheers deur die Noord-Duitse Vlakte, wat tydens die
ystydperke
gevorm is.
Die sentrale gedeelte van die land is gekenmerk deur beboste bergreekse, die sogenaamde
Mittelgebirge
("Middelgebergtes"). Daar is verskillende tipes van landskappe, onder andere:
die gebied van die Mecklenburgse Mere in die noordoostelike vlakte, wat deur gletserpuine gevorm is;
die blokberge van die
Harz
, wat nog voor die Alpe ontstaan het;
die beboste bergreekse van die
Schwarzwald
Swartwoud
) en Böhmerwald, wat net soos die Franse
Vogese
deur opwaartse geologiese bewegings gevorm is;
bekkens van sedimentêre gesteentes soos in die
Swabiese Alb
Schwäbische Alb
), 'n hoogplato wat as gevolg van erosie gevorm is en nou bo-oor die
Neckarvallei
met 'n maksimale hoogte van 869 meter verrys;
geologies jonge bekkens soos die vlaktes van die Ryn tussen die Switserse stad
Basel
en
Mainz
in
Rynland-Palts
, wat in seismiese opsig nog baie aktief is; en
vulkaniese bergreekse soos die
Vogelsberg
(773 meter) in
Hesse
, die
Vulkaan-Eifel
in Rynland-Palts en die
Hegau
en
Kaiserstuhl
in
Baden-Württemberg
wat almal deur
aardbewegings
, vulkaniese aktiwiteite en uitbarstings gevorm is. Duitsland word lankal nie meer deur aktiewe vulkanisme geraak nie.
Aangesien Duitsland heeltemal op die
Eurasiese Plaat
lê, kom sterk aardbewings normaalweg nie voor nie. Nogtans word die Rynbreuk in Noordryn-Wesfale, veral in die omgewing van
Keulen
, as 'n gebied beskou waar 'n groot aardbewing moontlik tot ernstige rampe en lewensverlies kan lei.
Hierdie bergreekse gaan in die mees suidelike deelstate Baden-Württemberg en
Beiere
geleidelik oor na die Alpynse voetheuwels, 'n landskap wat ook hoofsaaklik teen die einde van die laaste ystydperk gevorm is en gekenmerk word deur gletserpuine, vlaktes en 'n aantal mere soos die
Bodenmeer
met 'n oppervlakte van 538 vierkante kilometer. Die hoogste bergpiek in die Alpe van Suid-Beiere is die
Zugspitze
met 2
962 meter.
Die Alpe is die enigste hooggebergte waaraan Duitsland 'n aandeel het. Nogtans is daar 'n aantal bergreekse met bergpieke wat hoogtes van meer as 1
000 meter bereik, soos die Swartwoud met die
Feldberg
(1
493 meter bo seevlak), die Beierse Woud met die Groot Arber (
Großer Arber
, 1
456 meter), die Ertsgebergte, die Fichtelgebergte, die Swabiese Gebergte en die Harzgebergte, wat danksy sy geïsoleerde noordelike ligging 'n uitsondering vorm. Die Harz bereik met die
Brocken
'n hoogte van 1
142 meter bo seevlak.
Noord van die Middelgebergtes is daar net enkele formasies met 'n hoogte van meer as 100 meter, soos die
Fläming
in die deelstaat
Brandenburg
(200 meter).
Eilande
wysig
wysig bron
Die
Waddesee
naby Keitum op die eiland
Sylt
Duitsland beskik oor 'n relatief groot aantal eilande wat in die Noordsee meesal as eilandkettings net voor die kuslyn lê. Die twee groot eilandgroepe van die Noordsee is die
Noord
- en
Oos-Friese Eilande
. Die Noord-Friese Eilande, waaronder
Sylt
, Föhr,
Amrum
en Pellworm, asook die klein Halligen-eilandjies, maak deel uit van
Sleeswyk-Holstein
, die noordelikste deelstaat. Die eilande was oorspronklik deel van die vasteland, maar is as gevolg van geologiese aktiwiteite van die vasteland afgesny, nádat die gebiede daartussen gedaal het en oorvloed is.
Die Noord-Friese Eilande lê langs die kuslyn van die deelstaat
Nedersakse
en is geleidelik uit sandbanke gevorm.
Die eilande in die Oossee maak deel uit van die sogenaamde strandmeerkus. Hulle word deur groter oppervlaktes gekenmerk; die grootstes van hierdie eilande is
Rügen
en
Usedom
. Die uiterste oostelike deel van Usedom behoort tot Pole.
Die grootste eilande in die binneland is die "blomme-eiland"
Mainau
Lindau
en die kloostereiland
Reichenau
in die
Bodenmeer
en Herrenchiemsee in die Chiemmeer.
Mere
wysig
wysig bron
Die bevrore Koningmeer (Königssee) in Beiere
Die mere in Duitsland is grotendeels as gevolg van die laaste ystydperk gevorm, toe voormalige gletservalleie met water opgevul is. Die meeste van die groter mere is dus in gebiede geleë wat vroeër deur binnelandse ysmassa's bedek was, of in die voorland van die gletsers, veral in Mecklenburg en die Alpevoorland.
Die grootste meer waaraan Duitsland 'n aandeel het, is die Bodenmeer (Duits:
Bodensee
) naby die grens met Switserland en Oostenryk. Die grootste meer wat in sy geheel in Duitsland lê, is die Müritz met 'n oppervlak van 117 vierkante kilometer, wat deel uitmaak van die Mecklenburgse Mereplato.
Die grootste mere na die Bodenmeer en Müritz is die Chiemmeer (Beiere, 80 vierkante kilometer), die Schwerinse Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 61 vierkante kilometer), die Starnbergse Meer (Beiere, 56 vierkante kilometer), die Ammermeer (Beiere, 46,6 vierkante kilometer), die Plauer Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 38,7 vierkante kilometer), die Kummerowse Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 32 vierkante kilometer), die Steinhuder Meer (Nedersakse, 29,12 vierkante kilometer), en die Groot Plönse Meer (Sleeswyk-Holstein, 29 vierkante kilometer).
Riviere
wysig
wysig bron
Mis hang oor die
Saarschleife
, 'n rivierkronkel in
Saarland
Die ses groot rivierstelsels van Duitsland is Ryn, Donau, Elbe, Oder, Weser en
Eems
. In hidrografiese opsig behoort die suide van Duitsland tot die Donau se dreineringsgebied – Europa se grootste rivier na die Russiese
Wolga
met 'n lengte van meer as 2
800 kilometer (waarvan 647 kilometer op Duitse staatsgebied) wat in die Swartsee uitmond. Groot dele van die Oos-Holsteinse Heuwel- en Mereland noord en noordoos van die Mecklenburgse Mereplato maak deel uit van die Oossee se hidrografiese gebied. Alle ander streke word deur die Ryn, Eems, Weser en Elbe gedreineer wat in die Noordsee uitmond.
Met 'n lengte van 865
km is die Ryn die langste rivier in Duitsland. Die Europese Waterskeiding loop oos van die Rynvallei oor die hoofkam van die Swartwoud en volg daarna die Swabiese en Frankiese Gebergtes. Van die Ryn se totale lengte van 1
320 kilometer loop 865 kilometer deur Duitsland. Die rivier speel 'n belangrike rol in die kulturele geskiedenis van die land en sy mites en legendes, maar vervul daarnaas ook 'n ekonomiese funksie as een van die besigste waterweë in Europa.
Die Elbe ontspring in die
Reusegebergte
, digby die Pools-Tsjeggiese grens en mond na sowat 1
165 kilometer, waarvan 725 in Duitsland, naby die hawestad
Cuxhaven
in die Noordsee. Sy belangrikste takriviere is die
Saale
en die
Havel
. Die Oder vorm saam met die Neisse Duitsland se grensrivier met Pole, terwyl die Weser se stroomgebied heeltemal in Duitsland lê. Die Eemsrivier vloei deur die uiterste noordweste van Duitsland.
Klimaat
wysig
wysig bron
Die Funtenmeer in Beiere. Hier is op 24 Desember 2001 'n temperatuur van -45,9
°C gemeet, wat toe die laagste temperatuur was wat ooit in Duitsland gemeet is
Die grootste deel van Duitsland lê in die gematigde klimaatsone van Sentraal-Europa wat deur westelike winde oorheers en deur wisselvallige weerstoestande gekenmerk word. Die westelike winde, wat vanuit die Atlantiese Oseaan oor Duitsland waai, bring dwarsdeur die jaar reën. Die jaarlikse reënval beloop tussen minder as 500 tot 700
mm in die Noord-Duitse Vlakte, tussen 700 en meer as 1
500
mm in die Middelgebergtes en tot meer as 2
000
mm in die Alpe. Die klimaat word daarnaas ook deur die warm
Golfstroom
beïnvloed.
Die noordweste en noorde van Duitsland word deur 'n seeklimaat
met reënval dwarsdeur die jaar gekenmerk. Die
winters
is relatief sag en matig, terwyl die
somers
eerder koel is, alhoewel somertemperature ook in die noorde soms dae lank bo 28
°C kan styg. Die gemiddelde temperature is:
Hamburg
: Januarie – 0,3
°C / Julie – 17,1
°C;
Essen
: Januarie – 1,5
°C / Julie – 17,5
°C.
Oos-Duitsland is in klimatiese opsig 'n oorgangsgebied: weerstoestande het dikwels kenmerke van 'n vastelandsklimaat, met strawwe koue winters en baie warm somers. Gebiede soos die deelstaat Brandenburg en
Berlyn
kry soms baie min reën in die somer. Die gemiddelde temperature is:
Berlyn: Januarie – -0,9
°C / Julie – 18,6
°C.
Die sentrale en suidelike gebiede van Duitsland is 'n oorgangsgebied van 'n gematigde seeklimaat na 'n vastelandsklimaat. Die Rynvallei is egter een van die warmste gebiede in die land: die gemiddelde jaarlikse temperatuur in die suidweste van Baden-Württemberg is 11
°C. Baie warm somers met temperature van meer as 30
°C tree gereeld op. Gemiddelde temperature:
München
: Januarie – -2,2
°C / Julie – 17,6
°C;
Freiburg
: Januarie – 1,2
°C / Julie – 19,4
°C.
Tot en met 1988 was die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Duitsland 8,8
°C. As gevolg van die
aardverwarming
het dit in die volgende dekades merkbaar gestyg en in 2000 reeds 9,9
°C bereik. Veral die somers het warmer geword. Die hoogste temperatuur, wat sedert 1881 – die jaar waarin met landswye weerkundige metings begin is – aangeteken is, was 40,3
°C op 5 Julie 2015 in Kitzingen, Beiere.
16
Politiek
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Politiek van Duitsland
Staatsorganisasie
wysig
wysig bron
Die huidige Bondspresident
Frank-Walter Steinmeier
Die Berlynse
Reichstags
-gebou
, setel van die nasionale parlement, die
Bundestag
Die regtelike en politieke bedeling van die Bondsrepubliek Duitsland is in die
Grundgesetz
("grondwet") geformuleer. Die eerste 19 artikels, waarin fundamentele regte verskans is, is in glaspanele voor die Jakob-Kaiser-huis, 'n kantoorgebou van die Duitse parlement te Berlyn, ingegraveer
Die huidige Bondskanselier
Friedrich Merz
Volgens die artikel 20 van die Duitse Grondwet (
Grundgesetz
) is die Bondsrepubliek Duitsland 'n
demokratiese
, federale en sosiale regstaat. Sy
hoofstad
en regeringsetel is
Berlyn
. Duitsland is in administratiewe opsig verdeel in 16
deelstate
Bundesländer
), wat gedeeltelik selfregerend is. Vyf van die deelstate is verder verdeel in 22 administratiewe distrikte (
Regierungsbezirke
).
Die Bondspresident (
Bundespräsident
) fungeer as die
staatshoof
en verteenwoordiger van die
republiek
op internasionale vlak. Hy oefen egter geen politieke mag uit nie. Die president van die parlement (
Bundestagspräsident
), die Bondskanselier (
Bundeskanzler
) en die president van die Federale Raad van die deelstate (
Bundesratspräsident
, wat ook as visestaatshoof fungeer) volg as ampsdraers in die rangorde.
Die Bondskanselier is die regeringshoof en bepaal die grondbeginsels van die regering se binne- en buitelandse beleid.
In ooreenstemming met die federale staatsbestel beskik ook die deelstate oor hulle eie uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag. Die
Bundesrat
(Raad van die Deelstate, letterlik "Bondsraad") het net soos die
Bundestag
, die nasionale parlement, uitvoerende bevoegdhede. Besluite oor voorgestelde nasionale wetgewing word deur albei kamers gemeenskaplik geneem. Wetsontwerpe van die nasionale parlement wat die regte van die deelstate sou raak, moet deur die
Bundesrat
goedgekeur word. Die Duitse Grondwet mag, met die uitsondering van die artikels oor fundamentele
menseregte
, met 'n tweederdes-meerderheid in albei kamers gewysig word.
Die parlemente van die deelstate besluit oor die plaaslike wetgewing: die
onderwys
polisie
en ander belangrike instellings word deur die deelstate beheer. Die politieke partye het 'n groot invloed op die wetgewing, en ofskoon die afgevaardigdes nie gedwing mag word om teen hulle gewetens op te tree nie, word die meeste wetsontwerpe deur die parlementslede van die meerderheidsparty gemeenskaplik goedgekeur om die doelwitte van dié party te verwesenlik.
Op nasionale vlak vorm die federale regering onder die leiding van die Bondskanselier die uitvoerende gesag, terwyl die deelstate regerings onder die leiding van 'n
eerste minister
het. Die stadstate Berlyn,
Hamburg
en
Bremen
het Regerende Burgemeesters as hulle regeringshoofde. Die administrasies van die deelstate word deur ministers beheer.
Die Konstitusionele Hof (
Bundesverfassungsgericht
) in
Karlsruhe
het die hoogste gesag oor die grondwet. Die hoogste nasionale geregshowe is die Federale Geregshof (
Bundesgerichtshof
) in Karlsruhe en
Leipzig
, die Federale Administratiewe Gereg (
Bundesverwaltungsgericht
, wat regsake in verband met die administrasies hanteer) in Leipzig en die Geregshof van Finansies in
München
. Die meeste regsake word deur die deelstate beheer, terwyl die nasionale geregshowe as appélhowe dien.
Deelstate
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Deelstate van Duitsland
Die 16 deelstate van Duitsland
In Afrikaans
Auf Deutsch (In Duits)
Die deelstate van Duitsland
Hoofstad
Bundesland
Hauptstadt
Baden-Württemberg
Stuttgart
Baden-Württemberg
Stuttgart
(Vrystaat) Beiere
München
(Freistaat) Bayern
München
Berlyn
Berlyn
Berlin
Berlin
Brandenburg
Potsdam
Brandenburg
Potsdam
(Vrye Hansestad) Bremen
Bremen
(Freie Hansestadt) Bremen
Bremen
(Vrye en Hansestad) Hamburg
Hamburg
(Freie und Hansestadt) Hamburg
Hamburg
Hesse
Wiesbaden
Hessen
Wiesbaden
Mecklenburg-
Voorpommere
Schwerin
Mecklenburg-
Vorpommern
Schwerin
Nedersakse
Hannover
Niedersachsen
Hannover
10
Noordryn-Wesfale
Düsseldorf
Nordrhein-Westfalen
Düsseldorf
11
Rynland-Palts
Mainz
Rheinland-Pfalz
Mainz
12
Saarland
Saarbrücken
Saarland
Saarbrücken
13
(Vrystaat) Sakse
Dresden
(Freistaat) Sachsen
Dresden
14
Sakse-Anhalt
Maagdenburg
Sachsen-Anhalt
Magdeburg
15
Sleeswyk-Holstein
Kiel
Schleswig-Holstein
Kiel
16
(Vrystaat) Thüringen
Erfurt
(Freistaat) Thüringen
Erfurt
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Vroeë geskiedenis
wysig
wysig bron
Die Hemelskyf van Nebra
Die oudste nedersettings in die gebied van die huidige Duitsland het 700
000 tot 500
000 jare gelede ontstaan. Die
Homo sapiens neanderthalensis
, wat nou verwant is aan die huidige
mens
, is na die Neanderthal naby die stad Mettmann genoem. Die Neanderthal-mense is sowat 40
000 jare gelede deur die huidige mens, die
Homo sapiens sapiens
, verdring.
Akkerbou, veeteelt en permanente nedersettings het in die Laat
Steentydperk
ontwikkel. Belangrike argeologiese vondse uit hierdie periode, soos die
Hemelskyf van Nebra
, dui daarop dat die beskawings teen hierdie tyd kultureel al hoogs ontwikkel was en kennis van
sterrekunde
gehad het.
Die eerste verwysings na die
Keltiese
en
Germaanse
stamme in Duitsland is van
Griekse
en
Romeinse
oorsprong. Omtrent 500
v.C. het Keltiese stamme die suidelike Duitsland oorheers, terwyl die Germane hulle in die noorde gevestig het. Oor die eeue heen het die Germaanse stamme suidwaarts begin trek. In die 1ste
eeu
n.C. het die Germane al die Donau bereik, wat destyds die grenslyn tussen die Germaanse en Keltiese gebiede gevorm het. Keltiese leenwoorde en plekname is deur die Germane oorgeneem.
Romeinse tydperk
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Romeinse Ryk
'n Model van die keiserlike stad
Augusta Treverorum
Germanië gedurende die Romeinse tyd (Foto van die kaart dateer uit die 19de eeu)
Vanaf 50
v.C. het die Romeine na Germanië begin kom.
Julius Caesar
(100–44
v.C.) het met sy soldate die gebied wes van die Ryn verower. Vanaf hierdie punt in die geskiedenis is die gebied wat vandag Duitsland heet vir 400 jare in twee gedeel: die weste was deel van die magtige Romeinse Ryk, en die ander kant van die Ryn is deur die "Barbare" geregeer — soos die Romeine die destydse Germaanse stamme genoem het.
17
Germaanse krygers onder die bevel van die Cheruskiese stamhoof Arminius laat die Romeinse troepe van die legaat Publius Quinctilius Varus in 9 n.C. 'n verpletterende neerlaag in die
slag by die Teutoburgerwoud
(wat eintlik naby Kalkriese plaasgevind het) ly. Die Romeinse keiser
Augustus Octavianus
sien van sy planne af om die noordoostelike grenslyn van die Romeinse Ryk vanuit die Ryn na die Elbe te verskuif.
In die Romeinse gebiede van Germanië ontwikkel 'n bloeiende Germaans-Romaanse kultuur. Stede soos Keulen (wat destyds as Colonia Claudia Ara Agrippinensium bekend staan) ontwikkel tot ekonomiese sentrums met enkele tienduisend inwoners. Keulen self word die hoofkwartier van die Romeinse glasbedryf in
Laer-Germanië
Augusta Treverorum
, die huidige
Trier
, word in 293 die keiserlike hoofkwartier van Constantius Chlorus, een van die vier keisers van die Romeinse tetrargie. Tot by die begin van die Germaanse volksverhuising bly Trier een van die belangrikste keiserlike stede in die Romeinse Ryk.
Omtrent 400 bereik die volksverhuising die gebied van die huidige Duitsland. Keulen word in 455 deur die Franke verower en word later deel van die
Frankiese Ryk
van koning
Clovis I
. Met sy doop volgens die
Rooms-Katolieke
ritus en die aanvaarding van
Latyn
as liturgiese
taal
van die kerk word Clovis in 499 een van die grondleggers van die
Christelike
Westerse beskawing.
Etnogenese: die ingewikkelde proses van volkswording
wysig
wysig bron
Die veranderende strekking van die
Frankiese Ryk
van 481 tot 814
Verdeling van die
Frankiese Ryk
in Wes-, Midde- en Oos-Frankeland volgens die Verdrag van Verdun in 843
Die verspreiding van Duitse dialekte in die Heilige Romeinse Ryk omstreeks 962. Soos sy naam reeds aandui, is hierdie ryk nie as 'n nasionale Duitse staat beskou nie
Die 19de eeuse Duitse geskiedskrywing het 'n eensydige beeld van die vroeë Duitse volkswording voorgehou waarvolgens groot dele van die Romeinse Ryk deur Germaanse stamme verower is wat later die
Frankiese Ryk
sou stig. In 843 is daardie ryk in 'n
Frans
- en 'n Duitssprekende deel (Frankryk en Duitsland) verdeel, en voortaan het die Duitse nasie as 'n volk van Germaanse afkoms bestaan. Min aandag is aan die feit geskenk dat 'n groot persentasie Duitssprekendes in werklikheid van
Romaanse
, Keltiese en
Slawiese
afkoms is.
18
Terwyl volgens genetiese ontledings sowat 50 persent van Duitsers aan moederskant van Germaanse herkoms is, het 45 persent van alle manlike Duitsers Keltiese voorvaders.
19
Dikwels is die oorspronklik Keltiese bevolking van Suid- en Wes-Duitsland, wat nou verwant aan die
Galliërs
was en handels- en kulturele bande met die
Etruskers
in
Italië
gehandhaaf het, die Romaanse bevolking in die vroeëre Romeinse provinsies van Duitsland en die Slawiërs, wat gebiede oos van die Elberivier en in Bo- en Sentraal-Franke bewoon het, as deel van 'n gemeenskaplike "
Indo-Europese beskawing
" beskou. Die Britse rassis Houston Stewart Chamberlain (1855–1927), wat met sy werke ook aanklank by Duitse Nasionaalsosialiste gevind het, het na die "Slawokeltogermane" as die "oerstof" van die Europese geskiedenis verwys.
20
Die Nasionaalsosialistiese propaganda het 'n nuwe rassistiese mite geskep waarin "Germanedom" en "Duitsdom", die Germaanse en die Duitse volkskarakter as een en dieselfde ding beskryf is. Slawiese volke is as minderwaardig geag en hul bydrae tot die Duitse beskawing ontken. Sodoende het die Nasionaalsosialistiese bewindhebbers
volksmoord
en die verowering van Slawiese lande in Oos-Europa probeer regverdig. Duitssprekendes in die ooste van Europa moes uiteindelik in 1945 duur betaal vir dié onmenslike rasse-ideologie en is self uit hul geboortelande verdryf.
Geskiedkundiges en argeoloë het lankal die bewys gelewer dat die hipotese van 'n Germaans-Duitse kontinuïteit 'n moderne konstruksie is wat min ooreenstemming met historiese feite toon. Die vroeg-middeleeuse koninkryke, wat ná die val van die
Wes-Romeinse keiserdom
deur
Franke
, Oos- en
Wes-Gote
Alamanne
, Beiers en Thüringers gestig is, kan nòg volgens hul eie beskouing en waarneming nòg vanuit 'n historiese perspektief as "Duits" bestempel word nie. Hierdie verskillende stamme het hulself ook nie as deel van 'n groter volk beskou nie. Eers in die 19de eeu het
Martin Luther
se
Bybelvertaling
met sy verwysing na die "Twaalf stamme van die kinders van Israel" die aanleiding vir die herdefinisie van 'n stam as deel van 'n groter nasie gegee. As politieke term is die "Duitse volk" in analogie met die Franse konsep van 'n
Peuple français
("Franse volk") en die
Nation française
("Franse nasie") tydens die
Franse Rewolusie
gebruik.
21
Die sambreelterm "
Duitsers
" dateer nogtans uit 'n vroeë historiese periode. Die Oudhoogduitse
diot
as etimologiese wortel van "Duits" is in die betekenis van "volk" of "gewone mense" gebruik.
Diet
- of
Diot
-paaie was byvoorbeeld die roetes wat deur 'n plaaslike bevolking op pad na kerke, begraafplase of algemene vergaderings gebruik is. Die Keltiese
teut
het dieselfde etimologiese oorsprong en betekenis. Die
Teutone
, wat deur die Romeine in 113 v.C. as 'n skrikwekkende bedreiging ervaar is, is volgens die Gallies-Keltiese term vir 'n groter groep mense genoem.
Vanaf die
middeleeue
is 'n onderskeiding tussen die volkstaal of
lingua theodisca
en die taal van geleerdes, Latyn, gemaak. Die oudste historiese dokument, waarin
theodiscus
voorkom, dateer van 786 en verwys na
Engeland
en die
Engelse taal
. In die Frankiese Ryk was die
theodisca lingua
die algemene verkeerstaal in Wes- en Bo-Franke wat onder meer vir onderhandelinge gebruik is.
Karel die Grote
se kleinseuns, Lodewyk en Karel, het hul politieke alliansie teen hul broer Lothar in hul plegtige "Straatsburgse Ede" amptelik in albei tale gesluit – Romaans of Latyn (
Romana lingua
) en Duits (
Teudisca lingua
) – sodat ook die gewone soldate in hul leërs die inhoud en doelwit van die ooreenkoms kon verstaan.
Ook in die 9de eeu was daar blykbaar nog geen sambreelterm vir die verskillende stamme nie. Biskop Frechulf van Lisieux († omstreeks 850) het in 'n dokument, wat omstreeks 830 geskryf is, na Franke en Gote as
nationes Theodiscae
verwys – stamme wat die (nie-Latynse) volkstaal gebesig het. Die Romeinse sambreelterm
Germani
, soos gebruik deur Caesar en
Tacitus
, is nie gebruik om na hierdie etniese groepe te verwys nie.
Die eerste belangrike etniese onderskeiding was dié tussen bewoners aan die linker- en die regteroewer van die Ryn nadat die Frankiese Ryk in 843 in 'n westelike en 'n oostelike ryk verdeel is. Bewoners van die Oos-Frankiese Ryk is
Transrhenenses
genoem – "mense van anderkant die Ryn". In Italië is 'n onderskeiding gemaak tussen inheemses en
Teutisci
, die
Langobarde
wat 'n Germaanse dialek of
theodisca lingua
gepraat het. Vanaf die 10de eeu is in Italië na Germaanssprekendes naas
Teutonici
ook as
Saxones
of Saksers verwys – blykbaar omdat die Ottoniese konings en hul begeleiers uit Sakse afkomstig was.
Opvallend genoeg was daar ook in die vroeë middeleeue nog geen gevoel van etniese samehorigheid nie en is etniese terme uit die buiteland, die Romaanse wêreld, oorgeneem. Die taalgrens tussen
Noord- of Platduitse
dialekte en
Hoogduits
in die suide kon moontlik tot 'n kulturele en selfs nasionale grens ontwikkel het. Dit was Karel die Grote wat die verskillende onafhanklike Germaanse stamme in 'n gemeenskaplike ryk verenig het – dikwels met geweld, soos in die geval van die Saksers – en sodoende die politieke basis vir die 10de eeuse koninkryk geskep het waarin ses stamme – Alamanne, Beiers,
Friese
, Franke, Saksers en Thüringers – saamgesluit het. 'n Nasionale identiteit het eers later gaandeweg ontwikkel. Die beginpunt van hierdie proses was die bedreiging deur
Hongaarse
aanvalle wat net deur 'n gemeenskaplike poging van alle stamhertogdomme afgeweer kon word.
So was die
Italianers
eeue lank die enigstes wat van "Duitsers" gepraat het. Dit is 'n bewys vir die destyds oorheersende kulturele invloed van die Romaanse wêreld dat die "Duitsers" uiteindelik hierdie Italiaanse term as leenwoord oorgeneem het om na hulself te verwys. Die werklike etnogenese van die Duitse volk, die volkswording, het egter nie voor die 19de eeu plaasgevind nie. In die eeue voor die ontwaking van 'n nasionale Duitse bewussyn het die bewoners van die oorspronklike stamhertogdomme gaandeweg hul eie streeksgebonde identiteit ontwikkel. So was ook die
Duitse Keiserryk
, wat in 1871 formeel geproklameer is, volgens sy grondwet 'n federasie van Duitse koninkryke, hertogdomme en ander politieke entiteite onder die bewind van 'n gemeenskaplike keiser.
Middeleeue
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Heilige Romeinse Ryk
Politieke raamwerk
wysig
wysig bron
Die keurvorste van die
Heilige Romeinse Ryk
. Perkament uit die jaar 1341
Vir die grootste deel van sy geskiedenis was Duitsland geen eenheidstaat nie, maar 'n losse verbond van territoriale state binne die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie. Die term "Duits" was eers vanaf die 8ste eeu gebruiklik en het na die volkstaal verwys wat in die oostelike deel van die Frankiese Ryk gebesig is – in teenstelling met Latyn, die taal van geleerdes. Ná die afsterwe van Karel die Grote in 814 langs die taalgrens tussen vroeë Middeleeuse Frans en Oudhoogduits uitmekaargebreek. 'n Gevoel van samehorigheid is in die oostelike gebiede langsamerhand geskep met taal as die verenigende band – na die gebied, waar Duits as omgangstaal gebesig is, is algemeen verwys as "Duitsland". Grense kon nie maklik vasgestel word nie. Terwyl die Romaans-Germaanse taalgrens in die weste al vroeg begin stabiliseer het, het die migrasie van Duitssprekende setlaars na gebiede in die ooste eers in die 14de eeu tot stilstand gekom. In baie streke het Duits- en Slawiessprekendes vermeng of eeue lank naas mekaar geleef.
Retrospektief word die ampsaanvaarding van Konrad I as koning in 911 as die oorgangspunt van die Oos-Frankiese na 'n Duitse ryk of
regnum Teutonicum
beskou. Nogtans was Konrad se amptelike titel, analoog met sy herkoms, aanvanklik "Frankiese koning" en later "Romeinse koning". Die ryk is vanaf die 11de eeu "Romeinse Ryk" genoem, sedert die 13de eeu "Heilige Romeinse Ryk", en eers vanaf die 15de eeu was die verwysing na 'n "Duitse nasie" gebruiklik. Die koning in hierdie ryk is deur die hoë adel verkies. Met enkele uitsonderings was die meeste monarge verwant met hul voorgangers. 'n Verdere kenmerk was die mobiliteit van ryk en koning – in die Middeleeue was daar nog geen enkele Duitse hoofstad nie. 'n Algemene ryksbelasting was eweneens onbekend; in plaas daarvan het sogenaamde "Ryksgoedere" – landerye, geboue, finansiële regte en die politieke gesag wat daaraan verbonde was – 'n inkomste aan die koning verskaf. Die koning is deur sy onderdane beskou as 'n heerser wat gebonde was aan oorgelewerde volkswette en die toestemming van hoë adellikes. Sy bevoegdhede het wetgewing, belasting, regspraak, militêre opperbevel en kerklike gesag ingesluit. Daarnaas het die koning in hoogste instansie oor regtelike en politieke geskille beslis. Met die sogenaamde
Goue Bul
het keiser Karel IV in 1356 die belangrikste Duitse grondwet van die Middeleeue verkondig waarin die prosedures vir die verkiesing en bekroning van die keisers van die Heilige Romeinse Ryk vasgestel is en wat sy geldigheid eers met die ontbinding van die Ryk in 1806 verloor het.
Koning Otto I het homself in 962 in Rome tot keiser laat kroon. Aan die keiserlike gesag, wat ook deur sy opvolgers uitgeoefen is, was volgens die destydse ideaal die hele
Awendland
onderworpe. Die politieke werklikheid het anders gelyk. Omrede konings vir hul kroning as keisers na Rome moes reis, het hulle steeds pogings onderneem om oor Italië te heers. Hendrik IV was die eerste koning wat homself – ná 'n dispuut oor die benoeming van biskoppe (die sogenaamde Investituurstryd) – aan die pous in Rome se gesag moes onderwerp – met merkwaardige simboliek. In 1077 het Hendrik kaalvoet in die sneeu by Canossa voor
pous Gregorius VII
boete gedoen. As politieke rolspelers is pous en koning vervolgens op dieselfde voet geplaas.
Ondanks alle formele gesag het tydens die heerskappy van die volgende heerserdinastie, die Staufers, 'n proses van territoriale opsplitsing begin waartydens geestelike en wêreldlike vorste hul politieke status tot dié van half-outonome landshere kon verhef. Terwyl ander lande in Wes-Europa tot nasionale state met sentralistiese gesag begin ontwikkel het, was in Duitsland uiteenlopende politieke kragte werksaam. So kon 'n Duitse eenheidstaat eers eeue later, in 1871, tot stand kom.
22
Klimatologiese, ekonomiese en demografiese konteks
wysig
wysig bron
Tegnologiese vooruitgang in die Europese landbousektor het gepaard gegaan met gunstige klimatiese invloedfaktore. Die Middeleeuse Warmperiode of Klimaatoptimum het danksy stygende temperature opbrengste verder vergroot en die gehalte van oeste verbeter. 'n Lang tydperk van bevolkingsgroei het die uitbreiding van bewoonde gebiede en die stigting van nuwe nedersettings noodsaaklik gemaak.
Boerderybedrywighede rondom bestaande nedersettings is uitgebrei. So is bosgebiede in landbougrond omgeskep en moerasse drooggelê. Die grootskaalse kolonisasie van streke in Oos-Europa deur Duitse setlaars, waartydens nuwe nedersettings in Slawiese gebiede oos van die Elberivier gestig is, val in hierdie fase. Heersers het stede toenemend as 'n belangrike bron van inkomste beskou en vanaf die vroeë 12de eeu aktief bygedra tot die stigting van nuwe nedersettings waaraan besondere voorregte toegeken is.
23
Reformasie en Dertigjarige Oorlog
wysig
wysig bron
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Protestantse Hervorming
en
Dertigjarige Oorlog
Die Heilige Romeinse Ryk ná die
Dertigjarige Oorlog
in 1648
Onder die heerskappy van
Maksimiliaan I
, wat tussen 1509 en 1519 as keiser van die Heilige Romeinse Ryk regeer, begin die Huis
Habsburg
'n oorheersende politieke rol in Europa speel. Alhoewel Maksimiliaan dikwels "die laaste ridder" genoem word, stel die hoogs opgeleide keiser belang in wetenskap en kuns en staan onder die invloed van die
humanisme
en
renaissance
. Nogtans bly die politieke strukture van die Ryk ingewikkeld.
Die Augustynse monnik Martin Luther, wat sedert 1517 net die wantoestande in die Rooms-Katolieke Kerk wil keer, maak deur middel van nuwe media soos pamflette en gedrukte boeke sy oortuigings in die hele land bekend. Uiteindelik lui hy die reformasie in Duitsland in. Hy vertaal die Bybel in Duits en skep sodoende 'n Duitse standaardtaal op basis van die
Middelduitse
dialekte.
Die politieke en godsdienstige spannings in Duitsland ontvlam in 1618 in die Dertigjarige Oorlog. Duitsland word die slagveld van die Europese moondhede soos Frankryk en
Swede
, wat aan die kant van die Duitse
Protestantse
heersers teen die keiserlike Katoliek-gesinde magte optree. Die oorlogshandelinge en daarmee gepaardgaande gruweldade en hongersnode lei tot 'n ongekende verlies aan menselewens. Meer as een derde van die Duitse bevolking sterf in die oorlog, wat eers in 1648 met die
Vredesluiting
van
Münster
tot 'n einde kom.
Tydperk tot die Franse Rewolusie
wysig
wysig bron
Die Heilige Romeinse Ryk voor die
Franse Rewolusie
in 1789
Die Franse koning
Lodewyk XIV
maak in 1685 namens sy skoonsuster Elisabeth Charlotte van die Palts aanspraak op die gebied Palts, 'n welvarende streek langs die Ryn, met die stad
Heidelberg
as een van sy sentrums. In die Negejarige Oorlog, wat as gevolg uitbreek, word die gebied, een van die welvarendste in Duitsland, verwoes.
Ondanks die verwoestings, wat deur die Dertigjarige Oorlog, die Negejarige Oorlog en die Spaanse Opvolgingsoorlog in Duitsland aangerig is, herstel die ryk en belef 'n nuwe ekonomiese en kulturele bloeitydperk. Op politieke gebied kan daar egter geen sprake van vernuwing wees nie.
Ook
Pruise
, wat tot een van die belangrikste deelstate van die Heilige Romeinse Ryk ontwikkel, bly onder sy verligte, maar outeritêre koning
Frederik die Grote
(1740 tot 1786) 'n absolutistiese monargie. Die magsstryd tussen Pruise en Oostenryk begin die Heilige Romeinse Ryk heeltemal verlam.
Tydperk tussen 1789 en 1871
wysig
wysig bron
Die rewolusionêre onluste in Maart 1848: Straatversperrings in Berlyn
Ná die Franse Rewolusie van 1789 begin Frankryk onder die heerskappy van
Napoleon Bonaparte
sy magsgebied in Europa uitbrei. Onder die Franse invloed word die Heilige Romeinse Ryk in 1806 ontbind, terwyl Pruise danksy politieke hervormings tot 'n moderne staat ontwikkel. In die Duitse Bevrydingsoorloë ly Napoleon 'n nederlaag, maar die vereniging van die verskillende Duitse state misluk.
Omtrent 1830 neem die industrialisering van Duitsland 'n aanvang. Die verarming van talle werkers as gevolg van die toenemende meganisering van verskillende bedrywe en herhaalde misoeste lei tot politieke onluste. Nadat die owerhede onder meer in Pruise nie instem tot hervormings nie, breek in Maart 1848 opstande uit wat talle menselewens eis. Die Duitse vorste verset hulle egter teen die burgerlike rewolusie en die konstitusionele grondwet wat deur liberale voorgestel word, kom nie tot stand nie. Gedurende die vyftigerjare emigreer baie Duitsers na oorsese lande, veral na die
Verenigde State
Desondanks ontwikkel die Duitstalige Sentraal-Europa danksy sy gevorderde ekonomie en tegnologieë tot een van die belangrikste gebiede ter wêreld. Onder die indruk van die maatskaplike ellende skryf
Karl Marx
sy "Kritiek op die politieke ekonomie". In Pruise gebruik die kanselier
Otto von Bismarck
internasionale spannings om Pruise se politieke hegemonie in Duitsland te bevorder.
Duitse Keiserryk (1871–1918)
wysig
wysig bron
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Unifikasie van Duitsland
Duitse Keiserryk
en
Eerste Wêreldoorlog
Die stigting van die Duitse Keiserryk in die kasteel van Versailles
Die Duitse Keiserryk tussen 1871 en 1918
Franse provokasies gee die aanleiding tot die
Frans-Duitse Oorlog
in 1870. Ná die Franse nederlaag gryp Bismarck die kans om 'n Duitse keiserryk onder die heerskappy van Pruise se koning
Wilhelm I
te stig. Die skadevergoeding wat Frankryk moet betaal, bevorder die ekonomiese oplewing in Duitsland. Die binnelandse beleid word deur die stryd teen die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk en die
Sosiaal-Demokratiese Party
gekenmerk. In die magstryd met ander Europese lande besluit Duitsland om sy eie
koloniale ryk
te stig, onder meer in
Afrika
en die Suidsee.
Die Eerste Wêreldoorlog breek in 1914 as gevolg van die onrus in die Balkan en die ingewikkelde alliansies tussen die groot mondhede uit. Die Duitse planne, om eers Frankryk en daarna
Rusland
neer te werp, misluk. Duitse troepe word in 'n langdurige oorlog aan twee fronte verwikkel. Die Duitse nederlaag maak in 1918 ook 'n einde aan die monargiese stelsel wat deur 'n republikeinse staatsvorm vervang word.
Republiek van Weimar (1918–1933)
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Republiek van Weimar
Duitsland ná die Eerste Wêreldoorlog in 1918
Die Duitse Ryk tussen 1919 en 1937
Volgens die
Vredesverdrag van Versailles
, waarin die Duitsers alle skuld vir die Groot Oorlog moes aanvaar, was die Duitse Ryk verplig om oorlogsreparasies aan die
geallieerde moondhede
te betaal – 'n klousule wat deur baie as 'n vernedering ervaar is en 'n swaar las op die na-oorlogse ekonomie geplaas het. Toe die Duitse Ryk sy skuld wanbetaal het, het Frankryk en België nie geskroom om dele van die land se vernaamste nywerheidsgebiede, veral die
Ruhrgebied
met sy
steenkool
-mynboubedryf en swaar nywerhede, te beset nie om betaling af te dwing.
Uit ekonomiese nood – naas reparasies moes ook salarisse en lone in die openbare sektor betaal word – het die Duitse regering hom na die drukpers gewend om op groot skaal nuwe geld te skep. Die gevolg was 'n hiperinflasie wat ongekende afmetings aangeneem het. Toe in November 1923 'n nuwe geldeenheid, die
Rentenmark
, ingevoer is om die ou "Papiermark" te vervang, was die wisselkoers 1:1 biljoen.
Die politieke situasie het eers ná jare se onluste en die invoering van die Rentenmark begin stabiliseer. Die kulturele lewe het 'n bloeitydperk tydens die sogenaamde "Goue twintigerjare" beleef, 'n periode van relatiewe politieke en ekonomiese stabiliteit wat in 1923 begin het en tot 'n groot mate deur buitelandse, veral Amerikaanse, lenings gefinansieer is. Ekonomiese en politieke toestande het met die
Groot Depressie
in 1929 weer dramaties begin versleg nadat Amerikaanse beleggers kredietlyne opgeskort en groot bedrae kapitaal aan die land onttrek het.
Radikale groeperings soos die
Moskou
-gesinde Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) en die
fascistiese
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
(NSDAP) het die demokratiese stelsel van die republiek ernstig begin ondermyn. Die deflasionêre ekonomiese beleid van die kanselier Brüning het die ekonomiese krisis vererger en die werkloosheidsyfer in Januarie 1932 tot meer as ses miljoen laat styg.
"Derde Ryk" (1933–1945)
wysig
wysig bron
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Nazi-Duitsland
en
Tweede Wêreldoorlog
Adolf Hitler
en die
Italiaanse
Duce
("leier")
Benito Mussolini
Die "Derde Ryk" in 1939
Op 30 Januarie 1933 word die leier van die NSDAP,
Adolf Hitler
, tot Rykskanselier van Duitsland benoem. Die verregse politici van die Duits-Nasionale Volksparty (DNVP) slaag nie daarin om Hitler en sy party in die gemeenskaplike koalisieregering "in bedwang te hou" nie, soos hulle oorspronklik beplan het. Binne enkele maande verseker Hitler sy ongedeelde mag, veral danksy die gewelddadige optrede van sy SA-groepering teen opposisiepartye.
Joodse
burgers en teenstanders word vervolg en vermoor.
Hitler en sy party oorheers Duitsland in 'n soort "populêre diktatuur" – die groot massa van die bevolking steun die bewind, terwyl andersdenkendes brutaal onderdruk word. Hitler forseer die bewapening en militarisering van Duitsland. Duitstalige gebiede soos Oostenryk ("
Anschluss
") en die Sudete-gebied in Tsjeggië word by die Duitse Ryk ingelyf. Ná 'n geheime ooreenkoms met die
Sowjetiese
diktator
Stalin
in die laat somer van 1939 beplan Hitler 'n
aanvalsoorlog teen Pole
. Op 23 Augustus val Duitse troepe Pole aan.
Ná sy oorwinning oor Frankryk in 1940 geniet Hitler die gewildheid van die massas. Nogtans is hy van voorneme om die Duitse ryksgebied in die ooste uit te brei en Stalin uit te skakel. Gevolglik beveel hy op 22 Junie 1941 om die Sowjetunie aan te val. Tog sedert die jaar 1942 word die Duitse ryksgebied in toenemende mate deur die oorlog geraak: Britse bomwerpers verwoes Duitse stede soos Keulen en
Lübeck
'n Poging van Duitse offisiere om Hitler deur middel van 'n sluipmoord uit te skakel misluk op 20 Julie 1944. Ná hierdie datum eis die oorlogshandelinge en bombardemente die lewens van meer Duitse soldate en burgerlikes as in die eerste vyf jare van die Tweede Wêreldoorlog. Danksy die oormag van die
geallieerde
troepe ly Duitsland uiteindelik 'n verpletterende neerlaag. Hitler pleeg op 30 April 1945 selfmoord in Berlyn. Russiese, Amerikaanse, Britse en Franse troepe beset Duitsland en ook die Duitse hoofstad word in vier besettingsones opgedeel.
Naoorlogse tydperk
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Koue Oorlog
Duitsland ná die Tweede Wêreldoorlog in 1947
In die Sowjetse sone word die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) in 1946 gedwing om met die Kommuniste (KPD) saam te smelt. Die gebied trek ook geen voordeel uit die Amerikaanse Marshall-plan nie, wat deur middel van krediete en ekonomiese hulp die heropbou van die oorlogsverwoeste Europa moontlik maak. Stalin reageer op die monetêre hervorming in die drie westelike besettingsones en die invoering van die Deutsche Mark (DM) as nuwe geldeenheid in 1948 met 'n blokkade van die westelike sones van Berlyn. Die geallieerde magte, waaronder ook die
Suid-Afrikaanse Lugmag
, vervoer tydens die sogenaamde
Berlynse Lugbrug
alle invoere vir
Wes-Berlyn
met vliegtuie na die stad. Stalin ly 'n politieke nederlaag en staak die blokkade in die volgende jaar.
Twee Duitse state
wysig
wysig bron
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Duitse Demokratiese Republiek
en
Wes-Duitsland
Die Berlynse Muur in 1986
Alle politieke pogings om Duitsland te herenig, misluk, aangesien Stalin nie daarin slaag om 'n neutrale Duitse staat in die lewe te roep nie en in 1949 word twee Duitse state gestig: Die Bondsrepubliek Duitsland (BRD) as 'n Westerse demokrasie en die
Duitse Demokratiese Republiek
(DDR) as 'n Sosialistiese staat. Die laaste Duitse krygsgevangenes word eers in 1956 deur die Sowjetunie vrygelaat.
'n Reusestroom vlugtelinge na Wes-Duitsland bedreig die politieke en ekonomiese stabiliteit van die DDR. In 1961 laat die DDR-regering die
Berlynse Muur
oprig. Vanaf 1965 is die Duits-Duitse grenslyn met mynvelde en 'n grensdraad versterk.
Vanaf 1966 vorm die Sosiaaldemokrate vir die eerste keer 'n koalisieregering met die Christelike Demokrate en vanaf 1969 met die liberale party FDP. 'n Beleid van vreedsame toenadering tussen Wes-Duitsland en die Oosbloklande en politieke hervormings in Wes-Duitsland kenmerk hierdie tydperk.
In die DDR volg
Erich Honecker
in 1971
Walter Ulbricht
as staats- en partyleier op. Anders as verwag volg hy geen liberale beleid nie en die staat versnel die nasionalisering van die laaste vrye ondernemings. In die Bondsrepubliek Duitsland word die voorsitter van die Christelik-Demokratiese Unie, Helmut Kohl, ná 'n
mosie van wantroue
in 1982 bondskanselier as opvolger van
Helmut Schmidt
(SPD).
Krisis van die DDR en die Duitse hereniging
wysig
wysig bron
Die val van die Berlynse Muur in 1989
Sedert 1987 groei die invloed van die opposisie binne-in die DDR, na die opposisie deur die Sowjetse
perestroika
-beleid aangemoedig word om meer demokratiese regte op te eis. Twee jaar later ruk die situasie in die land onder die indruk van massabetogings hand uit. Die staatsparty SED raak ontslae van Erich Honecker, maar slaag nie daarin om sy magsposisie te bewaar nie. Op 9 November 1989 word die Berlynse Muur geopen en in 1990 vind die eerste vrye verkiesing in die DDR plaas. Die DDR-parlement, die
Volkskammer
, besluit om by die Bondsrepubliek Duitsland aan te sluit. Die twee Duitse state word op 3 Oktober 1990 herenig en Berlyn word ná 45 jaar weer die hoofstad van die hele Duitsland.
Ekonomie
wysig
wysig bron
Frankfurt
in die metropolitaanse gebied van Ryn-Main is die finansiële sentrum van Duitsland
Die hoofkwartier van die motorvervaardiger
BMW
, sy hoofaanleg en die BMW Wêreld-gebou in
München
Advertensie vir
Made in Germany
in
Remscheid
Duitsland is tans die grootste ekonomie in Europa en die vierde grootste ter wêreld ná die Verenigde State,
China
en
Japan
. Die land is volgens amptelike statistieke tans ook die grootste uitvoerder ter wêreld voor die Volksrepubliek China en die Verenigde State. In 2016 is goedere ter waarde van €1,2 biljoen uit- en goedere ter waarde van €950 miljard ingevoer. Die handelsoorskot het op €250 miljard te staan gekom.
24
Duitsland se belangrikste handelsvennote is Frankryk, die Verenigde State, die
Verenigde Koninkryk
Nederland
en Sjina.
Duitsland word sedert die einde van die 19de eeu steeds as een van die leidende nywerheidslande beskou. Die belangrikste nywerhede is motorvervaardiging, elektrotegniese produkte, masjienbou en chemie. Nogtans het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor tussen 1970 en 2004 van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.
Ondanks die sukses op die uitvoermarkte het Duitsland tydelik moeilike ekonomiese vraagstukke in die gesig gestaar. So was die besparingspeil in die verlede redelik hoog in vergelyking met ander ontwikkelde lande, terwyl die binnelandse verbruik relatief swak gebly het. As gevolg het die land teen die begin van die 21ste eeu gebuk gegaan onder 'n hoë werkloosheidsyfer van omtrent tien persent, die hoë koste van die sosiale welvaartstelsel, 'n baie hoë staatskuld en deflasionêre tendense op die goedere- en arbeidsmarkte. Lone en salarisse het ondanks die verhoogde produktiwiteit in die afgelope jare nouliks gestyg.
Die ekonomiese situasie in Oos-Duitsland was besonder kommerwekkend; hier ontbreek ná die omverwerping van die sosialistiese stelsel die industriële en tersiêre infrastruktuur, wat tot grootskaalse binnelandse migrasie na die westelike deelstate gelei het.
Groeikoers van die bruto binnelandse produk 2007–2024 in persent
wysig
wysig bron
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
2024
+3,3
+1,1
-5,6
+4,1
+3,7
+0,5
+0,5
+2,2
+1,7
+2,2
+2,2
+1,5
+0,6
-3,8
+1,8
+3,2
-0,3
-0,2
Bron:
Statistisches Bundesamt: Veränderung des Bruttoinlandsprodukts (BIP) gegenüber dem Vorjahr. Besoek op 6 Mei 2025
Konjunktuur (2012)
wysig
wysig bron
Bruto binnelandse produk (BBP)
€ 2
600 miljard
BBP per capita
€ 32
281
Bydraes tot BBP
Dienste 52,5%, Nywerhede 30,5%, Handel 16,0%, Landbou 1,0%
Groeikoers
0,7%
Inflasiekoers
2,0%
Uitvoere
€ 1
097 miljard
Invoere
€ 909 miljard
Bron:
Germany Trade & Invest (GTAI): Standort Deutschland – Kurzer Überblick
Geargiveer
14 Desember 2015 op
Wayback Machine
Ekonomiese struktuur (2012)
wysig
wysig bron
Ondernemings
3,9 miljoen
Persentasie klein en middelslagondernemings (KMO)
99,6%
Omset van alle ondernemings (2010)
€ 5
440 miljard
Aandeel van KMO
37,1%
Werknemers (2011)
27,0 miljoen
Persentasie werknemers in KMO
79,2%
Bron:
Germany Trade & Invest (GTAI): Standort Deutschland – Kurzer Überblick
Geargiveer
14 Desember 2015 op
Wayback Machine
Renaissance van die nywerheidsektor
wysig
wysig bron
Volkswagen se
Gläserne Manufaktur
, 'n deurskynende motorvervaardigingsaanleg, in Dresden
'n Nywerheidsrobot monteer vensters vir Volkswagen se e-Golf
Een van die mees noemenswaardige kenmerke van Duitsland se nuwe ekonomiese opswaai in die vroeë 21ste eeu is die oplewing van die nywerheidsektor. Sy aandeel aan die bruto geografiese produk van die land het tussen 2003 en 2007 van 24,4 tot 25,6 persent toegeneem.
25
Terwyl die nywerheidsektor in die meeste geïndustrialiseerde lande al dekades lank gekrimp het sodat hulle ekonomieë tot dienste-ekonomieë begin verander het, skep die sekondêre sektor, wat sonder die boubedryf slegs 14 persent van Duitsland se werknemers in diens het, tans 'n derde van alle nuwe werkgeleenthede.
Die industriële sektor word in teenstelling met die dienstesektor deur relatief hoë lone en salarisse gekenmerk.
26
Die persentasie uitvoere het in die periode tussen 1994 en 2006 van 28,3 tot 42,3 persent gestyg. Veral Oos-Duitsland se nywerhede groei tans vinnig en lewer sowat elf persent van die totale nywerheidsproduksie op.
In 2011 en 2012 was daar weer 'n merkwaardige toename in die getal werkgeleenthede in die nywerheidsektor wat einde September 2012 5,3 miljoen werknemers in diens gehad het. Die sterkste groei is in masjienbou (+3,6 persent) en by vervaardigers van metaalprodukte (+2,9 persent) aangeteken.
27
Ook in die volgende jare het die land sy status as nywerheidsreus met sukses verdedig. Die aantal ekonomies aktiewe persone het in 2015 met 43 miljoen die hoogste vlak ooit in die geskiedenis van die Federale Republiek van Duitsland bereik, terwyl ook alle ander ekonomiese aanwysers uiters belowend was. Vir 2016 en 2017 word met 1,5 persent weer 'n ekonomiese groeikoers bo die gemiddelde van alle EU-lidstate verwag. Lone en salarisse het aansienlik gestyg, terwyl werkloosheidsyfers in baie landsdele merkbaar gedaal en die privaat verbruik verder aangewakker het.
Ontleders verwys na twee sentrale ekonomiese faktore by Duitsland se ekonomiese suksesverhaal. So het die land, wat tradisioneel een van die grootste uitvoerders is, sy aandeel op die wêreldmarkte ondanks die Volksrepubliek van Sjina se dinamiese groei sedert die middel van die 1990's feitlik gehandhaaf – dit het in 2015 byna elf persent van die globale uitvoere beloop, 'n daling van slegs twee persent sedert die massiewe toename van Chinese uitvoere omstreeks 1995.
Die buitelandse handel het in 2014 en 2015 nuwe rekordvlakke bereik. In 2015 is goedere ter waarde van 1,196 biljoen € uitgevoer ('n styging van 6,4 persent teenoor die vorige jaar), terwyl invoere met 4,2 persent toegeneem het tot 948 miljard €. Die handelsoorskot was 247,8 miljard €.
28
Met 'n bydrae van 23 persent tot die bruto waardeskepping het Duitsland daarnaas 'n redelik sterk nywerheidsbasis wat ongeveer dubbel so groot is as dié van ander nywerheidslande soos die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State of Frankryk. Dit is nou verweef met die inheemse dienstesektor en fungeer sodoende regstreeks en indirek as 'n aandrywer van ekonomiese groei.
29
Landbou, bosbou en vissery
wysig
wysig bron
Sien ook:
Wynbou in Duitsland
Die bydrae van die landbou, bosbou en vissery tot die bruto geografiese produk het in 2003 tot 1,1 persent gedaal. Nogtans is Duitsland ten opsigte van die voedselproduksie byna selfversorgend: Naastenby negentig persent van die benodigde agrariese produkte word plaaslik verbou. Duitsland is die derde grootste agrariese produsent in die Europese Unie ná Frankryk en Italië.
Inligtingstegnologie
wysig
wysig bron
SAP se stalletjie tydens die
CeBIT
-handelskou vir inligtingstegnologie in
Hannover
, Nedersakse
Die inligtingstegnologiebedryf is een van die mees dinamiese en innovatiewe sektore in die Duitse ekonomie. Met 'n jaarlikse omset van 222 miljard € dra die bedryf 4,5 persent tot die bruto-waardeskepping (meer as masjienbou) en het met 843
000 werknemers meer personeel in diens as die motorbedryf.
30
Bekende inheemse ondernemings sluit
SAP
, 'n globale rolspeler wat kommersiële sagteware betref, asook
Software AG
Datev
en
IMC
in. In 'n hoogs geïndustrialiseerde omgewing soos Duitsland spits plaaslike IT-ondernemings hulle veral op dienste en ingebedde stelsels toe wat in reële gebruiksgoedere soos motors en elektroniese toestelle benodig word. Die integrasie van nywerhede, energie en inligtingstegnologie tot intelligente netwerke word as 'n uitdaging vir die toekoms beskou wat groot potensiaal vir ekonomiese groei inhou.
Duitsland is die grootste afsetmark vir sagteware in Europa met 'n aandeel van 24,5 persent (volgens waarde) – voor die Verenigde Koninkryk (17,3 persent) en Frankryk (15,6 persent). Duitsland se ekonomie en nywerheidsektor word deur klein en middelslagondernemings oorheers, waaronder baie hoogs gespesialiseerde en uitvoergerigte maatskappye (sogenaamde
hidden champions
) wat die vraag na gesofistikeerde sagteware-oplossings dryf en 'n belangrike klantesegment vir sagteware-vervaardigers verteenwoordig.
31
Demografie
wysig
wysig bron
Bevolkingsdigtheid en verstedeliking
wysig
wysig bron
Karlsruhe is 'n tipiese voorbeeld van 'n stadsontwerp uit die Baroktydperk. Die strate beweeg vanaf die graaflike slot as sentrale punt radiaal uitwaarts. Kopergravure deur Heinrich Schwarz, 1721
Met 'n oppervlakte van 357
588 vierkante kilometer en meer as 83 miljoen inwoners behoort die Bondsrepubliek Duitsland tot die mees digsbevolkte lande ter wêreld. Sy bevolking is tans ook die grootste van alle lidstate van die
Europese Unie
. Dit is oneweredig oor die land versprei, en naas die stadstate
Berlyn
Hamburg
en
Bremen
het die deelstaat Noordryn-Wesfale die grootste bevolkingsdigtheid. Die Oos-Duitse deelstate word – met uitsondering van
Sakse
– deur 'n duidelik laer bevolkingsdigtheid gekenmerk.
Die nywerheidstreke van die
Ruhrgebied
Halle
-Leipzig en
Chemnitz
Zwickau
was die eerste gebiede waar groot bevolkingskonsentrasies ontstaan het. Later het streke soos die Ryn-Neckar- en Ryn-Main-gebied, die Saarland, en die metropolitaanse gebiede van
Hannover
Nedersakse
),
Neurenberg
München
Stuttgart
en
Dresden
'n vinnige bevolkingsaanwas getoon. Die vyf grootste metropolitaanse gebiede is Ryn-Roer met 11,8 miljoen inwoners, Ryn-Main (5,8 miljoen), Berlyn (4,3 miljoen), Hamburg (3,3 miljoen) en
Stuttgart
(2,3 miljoen). Tans is Berlyn die grootste stedelike nedersetting met meer as 3,4 miljoen inwoners. Daarnaas het drie ander stede, Hamburg, München en Keulen, 'n bevolking van meer as een miljoen. Daar is altesaam meer as 80 stede met meer as 100
000 inwoners wat in Duitse statistieke as sogenaamde
Großstädte
("groot stede") geklassifiseer word.
Die ontwikkeling van stede het reeds in die Romeinse tydperk 'n aanvang geneem. In hierdie periode het nedersettings soos
Keulen
Bonn
Trier
Augsburg
en ander ontstaan. Middeleeuse stede is dikwels naby die setels van biskoppe gestig, soos byvoorbeeld
Würzburg
Hildesheim
en
Maagdenburg
, of het rondom keiserlike
paltse
begin ontwikkel, soos byvoorbeeld Aachen (
Aken
), Goslar en Quedlinburg. Vanaf die 11de eeu is nuwe stedelike nedersettings volgens doelgerig ontwerpte plattegronde veral in die suide van Duitsland gevestig. Daarnaas is ook nedersettings, wat gedurende die Duitse uitbreiding na die oostelike Sentraal-Europa gestig is, stelselmatig aangelê. In die Baroktydperk het heersers hul setels tot pragtige hoofstede uitgebou, waaronder Dresden, Karlsruhe en
Mannheim
Die Tweede Wêreldoorlog en die verwoestings, wat daarmee gepaard gegaan het, het net soos die verstedelikingsproses van metropolitaanse gebiede in die tweede helfte van die 20ste eeu die voorkoms van talle stede omvorm.
Huidige demografiese tendense
wysig
wysig bron
Duitsland se bevolkingsgroei (1800–2000)
Die jaarlikse immigrasiesyfers in die tydperk sedert 1991
Geboortes (groen) en sterfgevalle (blou) in Duitsland tussen 1950 en 2020
Van die 83 miljoen inwoners (soos op 31 Desember 2018) in 40,7 miljoen huishoudings is 42 miljoen vroulik en 41 miljoen manlik. Die persentasie buitelanders het 12,2 persent beloop.
Die Duitse bevolking van 72,9 miljoen sluit sewe miljoen immigrante van Duitse afkoms in, wat veral uit die Russiese Federasie, Pole en ander Oos-Europese lande na Duitsland gekom het (altesaam 4,2 miljoen mense in die tydperk tussen 1950 en 2002), of immigrante van dwarsoor die wêreld wat ingeburger is. In 2012 is meer as 112
300 buitelanders ingeburger – 'n styging van 5,2 persent teenoor die vorige jaar.
Sien ook:
Christendom in Duitsland
Van die inwoners was in 2010 24,6 miljoen (of 30,2 persent van die totale bevolking) Rooms-Katolieke, 24,2 miljoen Protestante (oorwegend
Lutherane
), 3,2 miljoen
Moslems
(waarvan 732
000 met Duitse burgerskap), 200
000
Boeddhiste
en 102
000 Jode. Die
Grieks-Ortodokse
Metropolie van Duitsland het sowat 500
000 lede.
Die buitelandse bevolking het in 2014 gestyg tot 8,15 miljoen, van wie 6,4 miljoen uit Europa. Die grootste groepe buitelanders in 2014 was
Turke
(1,53 miljoen), burgers van ander lande van die Europese Unie (altesaam 3,7 miljoen, waarvan 0,7 miljoen
Pole
, 0,6 miljoen Italianers, 0,4 miljoen
Roemene
, 0,3 miljoen
Grieke
en 0,3 miljoen
Kroate
) en immigrante uit die voormalige
Joego-Slawië
en Rusland.
32
Die aantal Britse burgers is in 2015 op 106
000 beraam.
33
Die sowat 60
000
Sorbe
(of Wende) in die deelstate Brandenburg en Sakse, 10
000 Friese in Noordfriesland en op die eiland
Helgoland
, 2
000 Friese in die Saterland-streek geniet net soos sowat 50
000
Sinti en Roma
kulturele en politieke beskerming as nasionale minderhede.
Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 682
000 geboortes teenoor 894
000 sterfgevalle in 2013. In 2011 het die aantal geboortes tot slegs 668
000 gedaal, die laagste ooit sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog en slegs die helfte van die geboortesyfer wat in 1964 aangeteken is toe daar in die Bondsrepubliek Duitsland en die Duitse Demokratiese Republiek altesaam 1,357 miljoen geboortes geregistreer is. Die geboortesyfer van net 8,5 per 1
000 inwoners is nou die laagste in Europa en vergelyk baie ongunstig met lande soos Frankryk (12,7) en die Verenigde Koninkryk (12,0). Vroue met kinders ervaar nog steeds baie nadele in die beroepslewe en baie egpare vrees dat hulle moontlik nie meer kinders kan bekostig nie.
In 2006 is 124
830 buitelanders ingeburger.
34
Die aantal buitelanders wat 'n Duitse paspoort ontvang het, het vir die eerste keer in vyf jaar weer toegeneem. In 2005 is slegs 117
250 buitelanders ingeburger, in vergelyking met slegs 72
000 in 1995 en 'n rekordgetal van 186
700 in 2000.
In 2006 is twee derdes van die aansoekers (83
390 mense) ingeburger nadat hulle aan die voorvereiste van ten minste agt jaar verblyf voldoen en oor 'n geldige permanente verblyfpermit beskik het. Buitelandse eggenote en kinders wat reeds in Duitsland woon word na 'n korter wagtyd ingeburger (16
570 in 2006). 'n Derde belangrike kategorie is buitelanders wat volgens 'n besluit van Duitse owerhede ingeburger word (6
440 in 2006) of as gevolg van skadeloosstelling Duitse burgerskap ontvang (5
140 in 2006).
Van die buitelanders wat in 2006 ingeburger is, het sowat 33
000 of 26,8 persent uit
Turkye
gekom, 12
600 uit
Serwië
Montenegro
of die voormalige Joego-Slawië, 6
940 uit Pole en 4
690 uit die Russiese Federasie. Die aantal immigrante uit
Israel
wat Duitse burgerskap ontvang het, het in 2006 met 50,2 persent die meeste toegeneem.
Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, het presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar geword. Volgens die sensus, wat op 31 Mei 2013 gepubliseer is, het Duitsland 'n amptelike bevolking van 80
327
900 op 31 Desember 2011 gehad.
35
Immigrasie en emigrasie
wysig
wysig bron
Herkoms van buitelandse burgers in Duitsland in 2016
In 2012 het volgens voorlopige amptelike statistieke 1
081
000 (2013: 1
226
500) immigrante na Duitsland gekom, 'n styging van 13 persent of 123
000 persone teenoor die vorige jaar. 712
000 (2013: 798
000) inwoners het geëmigreer, 'n styging van 5 persent of 33
000 persone.
36
Van die immigrante was 966
000 buitelanders (+15%) en 115
000 Duitsers wat uit die buiteland na Duitsland teruggekeer het. Die meeste immigrante was uit lidstate van die Europese Unie afkomstig. Opvallend was die sterk toename in immigrasie uit Suid-Europa, veral EU-lande wat deur die finansiële en skuldkrisis geraak word. So het die getal immigrante uit
Griekeland
met 10
000, dié uit
Spanje
met 9
000 of 45 persent en dié uit
Portugal
met 4
000 gestyg.
Van die emigrante, wat in 2012 geregistreer is, was 579
000 buitelanders en 133
000 Duitsers. Die amptelike statistieke maak geen verskil tussen tydelike en permanente immigrante en emigrante.
Immigrasie en emigrasie in 2013
Land van herkoms
Aantal immigrante
Bestemming
Aantal emigrante
Pole
197
000
Pole
125
000
Roemenië
135
000
Roemenië
86
000
Italië
61
000
Bulgarye
39
000
Bulgarye
59
000
Hongarye
35
000
Hongarye
59
000
Turkye
34
000
Bron: Statistisches Jahrbuch 2015
Tussen 1996 en 2013 het die meeste imigrante uit Pole gekom. In 2013 het sowat 189
000 Poolse burgers hulle in Duitsland gevestig, terwyl die getal inwoners met uitsluitlik Poolse burgerskap gestyg het tot 609
855.
37
Die gewildste bestemmings van Duitse emigrante in 2013
Bestemming
Aantal emigrante
Switserland
21
435
Verenigde State
13
532
Oostenryk
11
222
Verenigde Koninkryk
155
Pole
616
Frankryk
327
Turkye
162
Spanje
975
Australië
319
Nederland
193
Bron: Statistisches Jahrbuch 2015
Volgens amptelike statistieke het 1
071 Duitsers in 2014 na
Suid-Afrika
geëmigreer, terwyl 1
144 vanuit die Kaap na Duitsland teruggekeer het. Tussen 2005 en 2014 het 10
943 Duitsers hulle in Suid-Afrika gevestig, terwyl 10
337 na Duitsland teruggekeer het.
38
Inburgerings
wysig
wysig bron
Volgens die
Statistisches Bundesamt
is in 2016 met byna 110
400 persone 2,6% meer buitelanders Duitse burgerskap verwerf as in 2015. Hierdie groei – die eerste sedert 2014 – word toegeskryf aan die merkbaar groter getal Britse inwoners wat hulle permanent in die land gevestig het en – ná die Verenigde Koninkryk se besluit om sy lidmaatskap in die Europese Unie te beëindig – wettige verblyfstatus wil kry. Die aantal Turke, aan wie Duitse burgerskap toegeken is, het – net soos in die vorige jare – weer 'n noemenswaardige afname getoon.
Die gemiddelde ouderdom van ingeburgerdes was 33 jaar, die gemiddelde verblyftydperk in Duitsland was 17 jaar. Die meeste ingeburgerde persone was afkomstig uit Europese lande (waaronder 29 persent uit EU-lidlande).
Inburgerings volgens land van herkoms in 2016
39
Land
Getal ingeburgerde persone
Verandering teenoor 2015
Turkye
16
290
-17,3%
Pole
632
+11,3%
Oekraïne
048
-2,9%
Kosovo
966
+3,8%
Roemenië
828
+27,6%
Italië
597
+5,6%
Irak
553
+3,0%
Griekeland
444
+12,6%
Kroasië
985
-10,3%
Verenigde Koninkryk
865
+360,6%
Lewenstandaard
wysig
wysig bron
In 2010 het die gemiddelde maandelikse besteebare inkomste van Duitse huishoudings 2
981
€ (41
510 ZAR) beloop.
40
Tegelykertyd is in 2009 'n sesde van die bevolking deur armoede bedreig. Van die totale uitgawes van privaat huishoudings is in 2010 34 persent aan behuising en renovasie, 14 persent aan kos en tabak, 14 persent aan vervoer, 11 persent vir kultuur en vryetydaktiwiteite, vyf persent aan klerasie en skoene, en 22 persent aan ander uitgawes bestee.
77 persent van die huishoudings het in 2011 oor 'n motor, 96,2 persent oor 'n televisietoestel, 88,1 persent oor 'n
kamera
, 82 persent oor 'n
rekenaar
, 75,9 persent oor internettoegang, 90 persent oor 'n
selfoon
, 99,1 persent oor 'n koelkas en 95 persent oor 'n
wasmasjien
beskik. 42 persent van die huishoudings het televisiekanale per satelliet ontvang, 46,4 persent per kabeltelevisie en 24,6 persent per
digitale terrestriële televisie
In 2013 het 48 persent van alle Duitse huishoudings oor huiseiendom of grondbesit beskik.
41
Taal
wysig
wysig bron
Status
wysig
wysig bron
Martin Luther
, die Duitse reformator en hervormer van die Duitse taal, in 1529
Duits
is die amps- en mees gebruikte taal in Duitsland en word ook as standaardtaal in die media gebruik. In die noorde van Duitsland, veral in die gebied tussen Hannover en
Kassel
, het die standaardskryftaal lankal die plaaslike
Nederduitse
dialekte as omgangstaal vervang. Dialekte is egter veral in Suid-Duitsland nog steeds die mees gebruiklike omgangstale.
Martin Luther
se Bybelvertaling het in die 16de eeu 'n belangrike rol by die uitbreiding van die huidige Nieuhoogduitse standaardtaal gespeel. In 1781 het Johann Christoph Adelung die eerste groot woordeboek van die Duitse taal uitgegee. Die gebroeders Jacob en Wilhelm Grimm het in 1852 met die samestelling van die grootste Duitse woordeboek ooit begin wat eers in 1961 voltooi is en tans bewerk word. Die huidige Duitse spelling is tydens die 19de eeu vasgelê en steun veral op die
Ortografiese Woordeboek van die Duitse Taal (Orthographisches Wörterbuch der deutschen Sprache)
van Konrad Duden wat in 1880 verskyn het. Die laaste spellinghervorming in die Duitse taalgebied, wat ook
Oostenryk
, Alemanniese
Switserland
en
Liechtenstein
insluit, is in 1996 deurgevoer.
Duits in die buiteland
wysig
wysig bron
Die
Goethe-Zentrum
in
Windhoek
Duits was vroeër 'n verkeerstaal in Middel-Europa, Oos-Europa en
Skandinawië
en het ook 'n tyd lank 'n belangrike rol as internasionale wetenskapstaal gespeel. Dit is nog steeds die mees gesproke moedertaal in die Europese Unie en die tweede belangrikste vreemde taal in die Europese onderwysstelsels na Engels. Duits is ook wêreldwyd die derde belangrikste vreemde taal in die onderwys en die tweede belangrikste taal van die internet, waar sowat agt persent van alle bladsye in Duits verskyn (teenoor sowat vyftig persent in Engels).
Naas diplomatieke betrekkinge met die buiteland val ook Duitse kultuur- en onderwysbeleid onder die Departement van Buitelandse Sake. Die bevordering van Duits op internasionale vlak staan sentraal in dié beleid. Tans is 15,4 miljoen mense besig om Duits aan te leer. Duitsonderwys in die buiteland word onder meer aangebied deur die
Goethe Instituut
, 140 Duitse skole asook byna 2
000 ander skole wêreldwyd met intensiewe onderwys in Duits. Hierdie skole beskik oor hul eie kommunikasienetwerk,
Schulen: Partner der Zukunft
, kort
PASCH
genoem.
42
Die belangrikste buitelandse tale in die Duitse onderwysstelsel is Engels,
Frans
Russies
Spaans
en Latyn. In Noordryn-Wesfale word ook
Nederlands
as tweede taal aangebied.
Minderheids- en immigrantetale
wysig
wysig bron
Tweetalige padteken in
Bautzen
. Bo is Duits en onder is
Opper-Sorbies
Duitsland erken ook die tale van etniese minderhede soos
Deens
Fries
en
Sorbies
as amptelike tale, alhoewel geen van hierdie minderheidstale meer as 100
000 sprekers het nie. Ander plaaslike minderheidstale soos
Moeselromaans
(uitgestorwe in die 11de eeu),
Polabies
(uitgestorwe in die 18de eeu) en
Jiddisj
word nie meer gepraat nie.
Groot immigrantegroepe soos
Russe
(die aantal Russiessprekendes, onder wie
Ruslandduitsers
, word op sowat vier miljoen beraam wat van Russies die tweede grootste taal na Duits maak) en Turke gebruik dikwels hulle eie tale: in groot stede soos Berlyn beskik hierdie immigrante oor hul eie infrastruktuur wat ook dagblaaie insluit. Die plaaslike advertensiebedryf gebruik dikwels die
Turkse
taal en sekere amptelike kennisgewings verskyn ook in Turks.
Kuns en kultuur
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Kultuur van Duitsland
Literatuur
wysig
wysig bron
Dubbelportret van die broers Wilhelm Grimm (links) en Jacob Grimm deur Elisabeth Maria Anna Jerichau-Baumann, 1855
Standbeeld van
Goethe
en
Schiller
by die Deutsches Nationaltheater und Staatskapelle Weimar
Duitsland het 'n baie groot bydrae tot die wêreld se kulturele erfenis gelewer en die land word dikwels ook die "land van digters en denkers" genoem.
Reeds in die Oud- en Middelhoogduitse tydperk ontstaan 'n literatuur van eersterangse gehalte en Middeleeuse digters soos Walther von der Vogelweide en Wolfram von Eschenbach behoort tot die belangrikstes in Europa. Die Nibelungenlied, wat deur 'n onbekende outeur geskryf is, en die sprokies van die
Broers Grimm
is literêre werke van wêreldfaam.
Die Bybelvertaling van Martin Luther staan aan die beginpunt van die moderne Nieuhoogduitse standaardtaal wat in die 16de eeu die verskillende Neder- en Hoogduitse dialekte as skryftaal begin vervang het.
Bekende Duitse skrywers tot by die 19de en vroeë 20ste eeu sluit
Gotthold Ephraim Lessing
Johann Wolfgang von Goethe
Friedrich Schiller
Heinrich von Kleist
E.T.A. Hoffmann
Friedrich Hölderlin
Heinrich Heine
Annette von Droste-Hülshoff
Theodor Fontane
en
Rainer Maria Rilke
in. 20ste eeuse wenners van die
Nobelprys vir Letterkunde
is
Thomas Mann
Hermann Hesse
Heinrich Böll
en
Günter Grass
Bertolt Brecht
oorheers tydens die vyftigerjare die Duitse toneelkuns.
Filosofie
wysig
wysig bron
Die filosofie is deur Duitse wysgere soos
Gottfried Wilhelm Leibniz
Immanuel Kant
Johann Gottfried von Herder
Moses Mendelssohn
Novalis
(bydraes tot die filosofie van die romantiese literêre beweging),
Johann Gottlieb Fichte
Georg Wilhelm Friedrich Hegel
Karl Marx
Friedrich Engels
Ludwig Feuerbach
Arthur Schopenhauer
Albert Schweitzer
Friedrich Nietzsche
Edmund Husserl
Eduard von Hartmann
Karl Jaspers
Rosa Luxemburg
Martin Heidegger
Hannah Arendt
Hans-Georg Gadamer
en
Jürgen Habermas
verryk, terwyl
Ferdinand Tönnies
Georg Simmel
Max Weber
Max Horkheimer
Theodor W. Adorno
en
Niklas Luhmann
groot bydraes op die gebied van die sosiologie gelewer het.
Musiek
wysig
wysig bron
Die Semperoper in Dresden
Ten opsigte van die musiek het Duitse en Duitstalige komponiste en dirigente soos
Johann Sebastian Bach
Wolfgang Amadeus Mozart
Georg Friedrich Händel
Georg Philipp Telemann
Heinrich Schütz
Ludwig van Beethoven
Felix Mendelssohn Bartholdy
Engelbert Humperdinck
Otto Nicolai
Gustav Albert Lortzing
Johannes Brahms
Robert Schumann
Richard Wagner
Johann Pachelbel
Jacques Offenbach
Wilhelm Furtwängler
Hanns Eisler
Max Reger
Johann Strauss
Paul Hindemith
Carl Orff
Karlheinz Stockhausen
Hans-Werner Henze
en
Helmut Lachenmann
wêreldwye bekendheid verwerf.
Perswese
wysig
wysig bron
Hoofkantoor van die internasionale televisie- en radiokanaal
Deutsche Welle
in Bonn
Met sy groot verskeidenheid dag- en weekblaaie, wat as gedrukte media, aanlyn-uitgawes in die internet en as digitale uigawes vir e-boeklesers, tabletrekenaars en ander toestelle versprei word, is Duitsland die grootste mark vir dagblaaie in Europa en die vyfde grootste wêreldwyd. In 2016 is op elke verskyningsdag 16,08 miljoen dag- en byna 5 miljoen week- en Sondagblaaie verkoop. Die belangrikste nasionale koerante is die poniedagblad
Bild
, die
Süddeutsche Zeitung
, die
Frankfurter Allgemeine Zeitung
, die
Frankfurter Rundschau
Die Welt
, Handelsblatt en die weekblad
Die Zeit
. Die belangrikste nuustydskrifte, wat weekliks uitgegee word, is
Der Spiegel
Focus
en
Stern
. Sowat 44,6 miljoen Duitsers lees volgens navorsing deur die media-analise-instituut
Verbrauchs- und Medienanalyse (VuMA)
meerdere kere per week in 'n dagblad. Nogtans bly die verkoopte sirkulasie daal. In 2016 is 15,3 miljoen eksemplare verkoop.
43
Saam met die drukoplae toon ook die totale inkomste van dagblaaie – sowat €7,65 miljard in 2015 – 'n afwaartse neiging. Veral die inkomste uit advertensies het merkbaar afgeneem. Om dié ontwikkeling teen te werk, word onder meer in digitale uitgawes belê en digitale aanlyn-inhoud agter betaalmure geplaas om inkomste uit digitale verspreidingskanale te genereer.
Argitektuur
wysig
wysig bron
Die
Porta Nigra
in Trier
Die kasteel Katz langs die Middelryn
Duitsland pronk met 'n ryk en veelvuldige argitektuurgeskiedenis wat nou verweef is met dié van sy Europese buurlande. Aan die beginpunt van die argitektoniese ontwikkeling het die boukuns van die Romeinse antieke oudheid gestaan waarvan baie bouwerke soos die stadspoort
Porta Nigra
in Trier bewaar gebly het. Omtrent 1030 is die voor-Romaanse boustyle verder ontwikkel tot die Romaanse styl. Tweehonderd jaar later is die
Gotiese boustyl
vanuit Frankryk oorgeneem waarvan die katedraal van Keulen en die Liewe-Vroukerk in Trier pragtige voorbeelde is.
Omtrent 1520 begin die Italiaanse Renaissance sy invloed op die Duitse argitektuur uitoefen, alhoewel daar min bouwerke in 'n suiwer Renaissance-styl ontwerp is. Die raadsaal van Augsburg (Beiere) is een van die bekendste voorbeelde. Ook die barok-boustyl is taamlik laat (omtrent 1650) in Duitsland ingevoer. Een van die leidende barok-argitekte was Balthasar Neumann wat onder meer die Wies-kerk en die slot van Ludwigsburg (tans Baden-Württemberg) ontwerp het.
Die Klassisistiese styltydperk begin in Duitsland omtrent 1770 en lewer onder meer bekende bouwerke in die huidige hoofstad Berlyn soos die Altes Museum (Ou Museum), die
Charlottenburg-kasteel
en die
Brandenburgse Poort
op. Ook tydens die Historisme, 'n styltydperk wat tussen 1840 en 1900 toonaangewend was, het bekende bouwerke soos die
kasteel Neuschwanstein
in Beiere en die
Berlynse Domkerk
ontstaan.
In die vroeë 20ste eeu het Duitse argitekte 'n leidende rol by die ontwikkeling van die klassieke moderne boustyl gespeel.
Walter Gropius
Ludwig Mies van der Rohe
en die
Bauhaus
in
Dessau-Roßlau
(Sakse) oefen nog steeds 'n belangrike invloed op die moderne internasionale argitektuur uit.
Met die monumentale argitektuur van die Nasionaal-Sosialisme, waarvan die argitek
Albert Speer
die belangrikste verteenwoordiger was, het die ontwikkeling van die boukuns tot stilstand gekom. Die grootheidswaan van Adolf Hitler en Albert Speer het onder meer die ombou van Berlyn tot 'n wêreldhoofstad met die naam
Germania
behels.
Die jare van heropbou ná die Tweede Wêreldoorlog is deur pragmatisme oorheers, en Duitse argitekte het net geleidelik begin om weer uitdrukking te gee aan kenmerkende nuwe style. Die stadion, wat vir die
Olimpiese Somerspele 1972
in München opgerig is, was een van die indrukwekkendste projekte van die moderne Duitse argitektuur.
In die laaste dekades het ook Duitse argitekte begin om projekte dwarsoor die wêreld aan te pak. Konstruksies en ontwerpe het opnuut wêreldgehalte bereik, alhoewel die argitektoniese ontwikkelings nie meer deur Duitse argitekte oorheers word nie. Nogtans is daar Duitse boorling-argitekte soos
Helmut Jahn
(tans
Chicago
) wat 'n leidende rol in die internasionale boukuns speel en ook projekte in Suid-Afrikaanse stede soos
Johannesburg
en
Durban
ontwerp het.
Sport
wysig
wysig bron
Die
Duitse nasionale sokkerspan
ná hul oorwinning oor
Argentinië
in die
2014-wêreldbekereindwedstryd
in
Rio de Janeiro
Brasilië
Maracanã-stadion
Die Olimpiese Stadion in München, opgerig vir die
Olimpiese Somerspele 1972
, later ook tydens die
Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974
ingespan
Rugbywedstryd
tussen
Duitsland
en
België
op 29 April 2006 in
Hannover
Die
Duitse nasionale krieketspan
in Seebarn, Oostenryk, op 5 Mei 2012
Sokker
is die gewildste sportsoort in Duitsland. Sowat 170
000 sokkerspanne met meer as ses miljoen aktiewe lede is georganiseer in die
Duitse sokkerbond
Deutscher Fußball-Bund
DFB
), wat ook twee keer as gasheer van die
FIFA
Sokker-Wêreldbeker
opgetree het (in
1974
en
2006
). Die
UEFA Europa-beker
is ook twee keer in Duitsland beslis (in 1988 en 2024). Die
Duitse nasionale sokkerspan
het tot dusver vier
Sokker-Wêreldbekertoernooie
gewen (in
1954
in
Switserland
, 1974 in Wes-Duitsland,
1990
in
Italië
en
2014
in
Brasilië
), asook drie keer die UEFA Europa-beker (in 1972, 1980 en 1996). Die Duitse topliga, die
Bundesliga
, het in die 2005/2006-seisoen die eerste sokkerliga ter wêreld geword wat 'n gemiddelde bywoningsyfer van meer as 40
000 mense per wedstryd kon trek. Benede die Bundesliga is die
2. Bundesliga
, gevolg deur die
3. Liga
, twee
Regionalligas
en plaaslike
Oberligas
. Die DFB is die grootste en suksesvolste sportorganisasie ter wêreld en die 2006-Wêreldbekertoernooi in Duitsland is deur die destydse president van die FIFA,
Sepp Blatter
, as die beste ooit beskryf. Die toernooi is geesdriftig deur die plaaslike bevolking gesteun en die
vlag van Duitsland
is wyd vertoon. In voorbereiding op dié toernooi het Duitsland die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005
aangebied. Die nasionale sokkerspan het ook die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017
in Rusland gewen, dit was egter die laaste toernooi van sy soort. In vrouesokker behoort Duitsland ook tot die beste spanne wêreldwyd en hulle het reeds twee
vrouesokkerwêreldbekertoernooie
beklink (in
2003
en
2007
) en die
2011-toernooi
aangebied.
Ander gewilde sportsoorte is
handbal
en
korfbal
, alhoewel hulle nie dieselfde aandag in die media geniet as sokker en byvoorbeeld
Formule Een
-motorwedrenne,
yshokkie
tennis
en
fietswedrenne
nie. Van die bekendste Duitse tennisspelers sluit in
Boris Becker
Julia Görges
en
Steffi Graf
Rugby
word sedert 1850 in Duitsland gespeel en die
Duitse Rugbybond
(DRV) is in 1900 gestig. Tydens die
Olimpiese Somerspele 1900
in
Parys
het die
Duitse nasionale rugbyspan
die silwermedalje gewen. Duitsland het tot dusver nog nie vir 'n
rugbywêreldbekertoernooi
gekwalifiseer nie en hulle ding in die
Europese Rugbykampioenskap
met ander ontluikende rugbyspanne mee.
44
Daarteenoor het die
vrouerugbyspan
vir twee
vrouerugbywêreldbekertoernooie
gekwalifiseer (in
1998
en
2002
).
Krieket
word sedert 1858 in Duitsland gespeel, nadat emigrante uit
Engeland
en die Verenigde State die eerste krieketklubs in Berlyn gestig het. Die
Duitse Krieketbond
(DCB) is in 1988 gestig en hulle bestuur die
Duitse nasionale krieketspan
. Duitse krieket toon tans 'n sterk groei en opswaai, veral te danke aan asielsoekers uit krieketspelende lande soos
Afghanistan
en
Pakistan
, wat hul sport en ywer saambring.
45
46
Duitse stede het twee keer as gasheerland van die
Olimpiese Somerspele
opgetree: Berlyn in
1936
en München in
1972
Garmisch-Partenkirchen
het die
Olimpiese Winterspele 1936
aangebied.
47
Duitsland beskik ook oor talle bekende wintersportsterre wat gereeld medaljes by die
Olimpiese Winterspele
, asook Europese en Wêreldkampioenskappe wen.
Duitsland is een van die leidende lande in motorwedrenne en behels bekende vervaardigers soos
BMW
en
Mercedes-Benz
. Die renjaer
Michael Schumacher
het verskeie rekords opgestel en die Formule Een-wêreldkampioenskap sewe keer gewen, meer as enige ander renjaer.
Sebastian Vettel
behoort ook tot die beste vyf renjaers ooit en
Nico Rosberg
behoort ook tot die Formule Een-wenners. Die
Duitse Grand Prix
word óf op die
Hockenheimring
óf op die
Nürburgring
beslis.
Verwysings
wysig
wysig bron
de
bundestag.de
de
bundesrat.de
de
"Flächennutzung"
. Statistische Ämter des Bundes und der Länder. 24 Oktober 2024
. Besoek op
6 Mei
2025
en
"Surface water and surface water change"
OESO
. Besoek op
6 Mei
2025
de
"Bevölkerung nach Nationalität und Geschlecht 2024"
. Statistische Ämter des Bundes und der Länder. 30 September 2024
. Besoek op
6 Mei
2025
de
"Bevölkerung – Zensus 2022"
. 25 Junie 2024
. Besoek op
6 Mei
2025
en
"Germany"
Internasionale Monetêre Fonds
. April 2025
. Besoek op
6 Mei
2025
en
"Human Development Report 2023/2024"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 13 Maart 2024
. Besoek op
6 Mei
2025
en
"Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey"
. Eurostat
. Besoek op
6 Mei
2025
en
Jenny Gesley (26 September 2018).
"The Protection of Minority and Regional Languages in Germany"
. Library of Congress
. Besoek op
6 Mei
2025
de
Tatsachen über Deutschland: Geografie & Klima. Besoek op 29 Mei 2017
Geargiveer
7 Junie 2019 op
Wayback Machine
en
Fodor's Germany
. Kindle-eBoek-uitgawe. New York: Fodor's Travel Publications 2014, pos. 109
de
Lloyd, Albert L.; Lühr, Rosemarie; Springer, Otto (1998).
Etymologisches Wörterbuch des Althochdeutschen, Band II
. Vandenhoeck & Ruprecht. pp.
699–
704.
ISBN
978-3-525-20768-0
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 September 2015.
de
Lloyd, Albert L.; Lühr, Rosemarie; Springer, Otto (1998).
Etymologisches Wörterbuch des Althochdeutschen, Band II
. Vandenhoeck & Ruprecht. pp.
685–
686.
ISBN
978-3-525-20768-0
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 September 2015.
de
Statistisches Bundesamt:
Statistisches Jahrbuch 2016. Deutschland und Internationales
. Wiesbaden 2016, bl. 20
de
www.huffingtonpost.de, 6 Julie 2015
de
Christian Deick.
Deutsche Geschichte — Von den Anfängen bis zur Gegenwart.
2005. Ravensburger Buchverlag.
de
Manfred Jehle, Erich Hafner, Lothar Kölm, Michael Schippan en Alfred S. Wunsch:
Die Deutschen. Geschichte und Tradition
. Keulen: Lingen 2012, bl. 138
de
Norico – Norisches Kulturmagazin: 45 Prozent der Deutschen haben genetisch gesehen keltische Wurzeln. Besoek op 7 Desember 2017
Geargiveer
18 Desember 2017 op
Wayback Machine
de
Manfred Jehle e.a. (2012), bl. 138
de
Manfred Jehle e.a. (2012), bl. 140
de
Tatsachen über Deutschland – Geschichte: Mittelalter. Besoek op 11 Julie 2017
[dooie skakel]
de
Bundeszentrale für politische Bildung (bpb) – Dieter Schott: Kleine Geschichte der europäischen Stadt. Besoek op 12 Augustus 2018
de
Die Welt, 7 April 2017: Der rätselhafte Lauf des Exportgiganten Deutschland. Besoek op 13 April 2017
de
Reiermann, Christian:
Überraschende Renaissance
. In: Der Spiegel, nommer 7, 11 Februarie 2008, bl. 67
de
Reiermann (2008), bl. 67
de
Mehr Beschäftigte in deutscher Industrie
. In:
handelsblatt.com
, 14 November 2012
de
www.spiegel.de, 9 Februarie 2016: Stabile Konjunktur: Rekordjahr für Deutschlands Exporteure. Besoek op 9 Februarie 2016
de
www.welt.de, 1 Februarie 2016: Deutschland steht vor einem goldenen Jahrzehnt. Besoek op 2 Februarie 2016
de
"Hohe Wachstumspotenziale" für deutsche IT-Branche.
In:
dradio.de
, 13 November 2012
de
GTAI: Standort Deutschland – Industrien: Software-Branche. Besoek op 4 Julie 2016
Geargiveer
2 Augustus 2016 op
Wayback Machine
de
Statistisches Bundesamt: Statistisches Jahrbuch 2015
Geargiveer
13 November 2015 op
Wayback Machine
de
boersennews.de, 4 Julie 2016: BREXIT: Mehr Briten wollen deutsche Staatsbürgerschaft. Besoek op 10 Julie 2016
[dooie skakel]
de
Statistisches Bundesamt, 23 Julie 2007
de
Statistisches Bundesamt:
Bevölkerung und Erwerbstätigkeit
Geargiveer
15 November 2013 op
Wayback Machine
, besoek op 3 Junie 2013.
de
destatis – persmededelings: Weiterhin hohe Zuwanderung nach Deutschland im Jahr 2012
Geargiveer
15 November 2013 op
Wayback Machine
de
Zahl der Woche
. In:
Das Parlament
, 11 Augustus 2014, bl. 1
de
auswandern-info.com: Südafrika. Besoek op 27 Desember 2015
de
www.welt.de, 13 Junie 2017: Deutsche Bevölkerung erstmals seit 1990 jünger geworden. Besoek op 13 Junie 2017
de
destatis.de: Statistisches Jahrbuch 2012
, bl.170. Besoek op 28 Augustus 2013. Wisselkoers €/ZAR soos op 27 Augustus 2013
Geargiveer
15 November 2012 op
Wayback Machine
de
Statistisches Jahrbuch 2016
, bl. 151
de
Tatsachen über Deutschland: Deutsch lernen im Partnerschaftsnetzwerk. Besoek op 29 Mei 2017
Geargiveer
12 Mei 2020 op
Wayback Machine
de
statista – Das Statistik-Portal: Statistiken zum Thema Zeitung. Besoek op 21 Junie 2017
de
"Geschichte"
Rugby-Verband.de
Duitse Rugbybond
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020
. Besoek op
17 Junie
2019
en
Jenny Hill (7 Junie 2016).
"Cricket-loving Asian migrants take game to Germany"
BBC
. Besoek op
6 Mei
2025
en
Tim Wigmore (27 Mei 2016).
"How Afghanistan is bringing cricket to Germany"
. ESPNcricinfo
. Besoek op
6 Mei
2025
en
David Clay Large (2007).
Nazi Games: The Olympics of 1936
. W. W. Norton & Company. p.
136.
ISBN
978-0-393-05884-0
Bronne
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Germany"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
6 Mei
2025
en
"Germany"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
6 Mei
2025
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wiki-webtuistes
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Duitsland
Sien
Duitsland
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
en
Toerisme-inligting oor
Duitsland
op
Wikivoyage
Algemene inligting
en
Germany at a glance – Feite oor Duitsland
en
Deutschland.de – Your link to Germany
Geskiedenis
de
Die virtuele aanlyn-museum van die
Deutsches Historisches Museum
en die
Haus der Geschichte der Bundesrepublik Deutschland
Kultuur
en
Goethe-Institut
Statistieke
de
Statistisches Bundesamt Deutschland: Amptelike statistieke
Klimaat
de
DWD – Klimadaten Deutschland
Grondwet en staatsorganisasie
de
Grundgesetz der Bundesrepublik Deutschland / Grondwet van die Bondsrepubliek van Duitsland
en
Grondwet | Basic Law – Aflaaibare Engelse weergawe
Nuusmedia
de
Deutsche Welle – Internasionale nuus uit Duitsland, radio en TV-diens
Duitse ambassades
en
Duitse Ambassade in Suid-Afrika
en
Duitse Ambassade in Namibië
Inligting vir buitelandse gekwalifiseerdes en voornemende studente
en
Make it in Germany – Working, studying, living in Germany
Verenigde Koninkryk
Noordsee
Denemarke
Oossee
Swede
Nederland
België
Luxemburg
Pole
Tsjeggië
Duitsland
Frankryk
Switserland
Oostenryk
Oostenryk
Lande en gebiede in
Europa
Onafhanklike lande
Albanië
Andorra
Armenië
Azerbeidjan
Belarus
België
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Georgië
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kasakstan
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Rusland
San Marino
Serwië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Vatikaanstad
Verenigde Koninkryk
Ysland
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Donetsk
Kosovo
Loehansk
Noord-Siprus
Suid-Ossetië
Transnistrië
Afhanklike gebiede
Finland
Åland
Koninkryk van Denemarke
Faroëreilande
Noorweë
Jan Mayen
Svalbard
Portugal
Asore
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Gibraltar
Guernsey
Jersey
Man
Lande van
Afrika
Asië
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Asië
. 2. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die
Kanaaleilande
Europese Unie
(EU)
België
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kroasië
Letland
Litaue
Luxemburg
Malta
Nederland
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Tsjeggië
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(NAVO)
Albanië
België
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Griekeland
Hongarye
Italië
Kanada
Kroasië
Letland
Litaue
Luxemburg
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Pole
Portugal
Roemenië
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Tsjeggië
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Ysland
Groep van Sewe (G7)
G6
G8
G8+5
G14
Lidlande
G7
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Kanada
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
G8
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Kanada
Rusland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Verteenwoordiger
Europese Unie
G8+5
G8
Brasilië
China
Indië
Meksiko
Suid-Afrika
G7+1
G7
Rusland
G6
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Huidige politici
Leiers
Merz
Macron
Meloni
Kishida
Trudeau
Starmer
Trump
Michel
Von der Leyen
Ministers van buitelandse sake
Wadephul
Colonna
Tajani
Hayashi
Joly
Cleverly
Rubio
Borrell
Ministers van finansies
Klingbeil
Le Maire
Giorgetti
Suzuki
Freeland
Hunt
Bessent
Gentiloni
Ministers van verdediging
Pistorius
Lecornu
Crosetto
Kishi
Anand
Wallace
Hegseth
Ministers van justisie
Hubig
Dupond-Moretti
Nordio
Furukawa
Lametti
Raab
Bondi
Reynders
Ministers van binnelandse sake
Dobrindt
Darmanin
Piantedosi
Kaneko
Mendicino
Braverman
Noem
Johansson
Reserwebankgoewerneurs
Nagel
Villeroy de Galhau
Visco
Kuroda
Macklem
Bailey
Powell
Lagarde
Spitsberade
1975
1976
1977
1978
1979
1980
1981
1982
1983
1984
1985
1986
1987
1988
1989
1990
1991
1992
1993
1994
1995
1996
1997
1998
1999
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
2024
2025
2026
Ooreenkomste
Louvre-akkoord
Heiligendamm-proses
Muskoka-inisiatief
Gleneagles-dialoog
Klimaatsveranderingrondetafel
Lyste
Leiers
Langs dienende
Spitsberaadoorde
Junior 8
Sien ook
G-20
OESO
Kategorie
Multimedia
bygewerk 22 Mei 2022
Groep van Twintig (G20)
Argentinië
Australië
Brasilië
Duitsland
Europese Unie
Frankryk
Indië
Indonesië
Italië
Japan
Kanada
Meksiko
Rusland
Saoedi-Arabië
Suid-Afrika
Suid-Korea
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Volksrepubliek China
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Noorweë
Chili
Korea
Israel
Katalonië
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
İslâm Ansiklopedisi
Ontsluit van "
Kategorie
Duitsland
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Duitsland
Nuwe onderwerp
US