Genesis - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bladsy van die nuutste
Nederlandse
bybelvertaling
Genesis
Grieks
Γένεσις
ontstaan
Hebreeus
ראשית
beres'jiet =
in die begin
) is die eerste boek van die Joodse
Tanag
, die Samaritaanse
Pentateug
asook die Christelike
Ou Testament
(ook Hebreeuse Skrifte genoem). Dit is sodoende die eerste boek van die
Bybelse kanon
Die boek is 'n verslag van die skepping van die wêreld, die vroeë geskiedenis van die mensdom, en van
Israel
se voorvaders en die oorsprong van die
Joodse volk
Tradisie erken
Moses
as die skrywer van Genesis, sowel as die boeke
Eksodus
Levitikus
Numeri
en die meeste van
Deuteronomium
, maar moderne geleerdes, veral vanaf die 19de eeu, sien dit as geskryf honderde jare nadat Moses veronderstel was om te leef, in die 6de en 5de eeue vC. Gebaseer op die wetenskaplike interpretasie van
argeologiese
genetiese
en
linguistiese
bewyse, beskou die meeste geleerdes Genesis as hoofsaaklik
Joods-Christelike mitologie
eerder as histories.
Genesis is in twee dele verdeel, die oergeskiedenis (hoofstukke 1–11) en die voorvadergeskiedenis (hoofstukke 12–50). Die oergeskiedenis sit die skrywer se konsepte uiteen van die aard van die godheid en van die mensdom se verhouding met die skepper daarvan: God skep 'n wêreld wat goed en geskik is vir die mensdom, maar wanneer die mens dit met
sonde
bederf, besluit God om sy skepping te vernietig, wat net die regverdige
Noag
en sy gesin spaar om die verhouding tussen mens en God te hervestig. Die voorvadergeskiedenis (hoofstukke 12–50) vertel van die voorgeskiedenis van Israel, God se uitverkore volk. Op God se bevel,
Abraham
se reise vanaf sy geboorteplek (beskryf as
Ur
van die
Galdeërs
) na die godgegewe land
Kanaän
, waar hy as 'n bywoner woon, net soos sy seun
Isak
en sy kleinseun
Jakob
. Jakob se naam word verander na "Israel", en deur die agentskap van sy seun Josef, verhuis die kinders van Israel na Egipte toe, altesaam 70 mense met hul huishoudings, en God belowe hulle 'n toekoms van grootheid.
Genesis eindig met Israel in
Egipte
, gereed vir die koms van Moses en die uittog. Die vertelling word gekenmerk deur 'n reeks verbonde met God.
In
Judaïsme
sentreer die teologiese belangrikheid van Genesis op die verbonde wat God verbind met sy uitverkore volk en die volk met die Beloofde Land. Die
Christendom
interpreteer Genesis as die prefigurasie van sekere kardinale Christelike oortuigings, hoofsaaklik die behoefte aan redding (die hoop of versekering van alle Christene) en die verlossingsdaad van
Christus
aan die Kruis as die vervulling van verbondsbeloftes as die Seun van God.
Hooftrekke van die boek
wysig
wysig bron
Die skepping 1:1-2:4
Die
sondeval
2:4-3:23
Adam
se nageslag tot by
Noag
4:1-6:8
Noag en die
sondvloed
6:9-9:29
Die mense word meer en versprei oor die aarde 10:1-11:32
Abraham
12:1-25:18
Isak
en sy twee seuns Jakob en Esau 25:19-36:43
Josef en sy broers 37:1-45:28
Jakob
en sy nageslag in Egipte 46:1-50:26
Temas
wysig
wysig bron
Genesis begin reg by die begin. God het die wêreld geskep. 'n Wêreld wat goed is. Hy het die mens gemaak, die kroon van sy skepping.
Die goeie skepping van God versleg gaandeweg as gevolg van die sonde van die mens, wat homself wou oortref deur te probeer om soos God te word. Dan word alles weggevee deur die groot vloed. 'n Nuwe begin word gemaak - om maar net weer in die dwaasheid te verval.
In hoofstuk 12 verskuif die klem. Daar word nou gefokus op een man, Abram, en sy familie. God wil nie sy skepping vernietig nie. Daarom werk Hy, deur een uitverkore man, en een uitverkore nasie, om die wêreld te vernuwe. Genesis voer die verhaal verby Isak en Jakob tot by die dood van Josef in
Egipte
Die Skepping
wysig
wysig bron
Visuele voorstelling van die skeppingsverhaal in die tuin van die klooster St. Marienstern, deelstaat
Sakse
Duitsland
Die groot drama van die oorsprong van alle dinge begin by God:
Die ontstaan van die wêreld en van die lewe was geen toeval nie. Daar is 'n Skeppergod;
God het alles wat bestaan gemaak;
Alles wat God gemaak het was goed;
Die hoogtepunt van God se skeppingsdade was die skepping van die mens;
Die mens word in twee opsigte van ander skepsele onderskei: hy alleen is na die beeld van God self geskape en hy is oor alles aangestel;
Die ses dae waarin God sy skeppingswerk verrig het is gevolg deur 'n dag van rus.
Die skepping is in twee fases gedoen. Genesis 1-2 lees as volg:
"In die begin het God die hemel en die Aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef"
Daarna het God die Aarde georden. Derhalwe hoef die mens nie bekommerd te wees as die wetenskaplikes sê dat die aarde miljoene jare oud is nie. Niemand weet hoe lank die twee fases van God se skeppingswerke van mekaar was nie. In die ses skeppingsdae is daar agt skeppingsdade, wat elk inglei word met die woorde "Toe het God gesê...":
Dag 1: lig en duisternis word geskei;
Dag 2: die Aarde se atmosfeer word geskep (die uitspansel);
Dag 3: skeiding van droë land en seë en plante en bome;
Dag 4: Son, Maan en sterre, seisoene, dae en jare word geskape;
Dag 5: seediere en voëls word geskep;
Dag 6: landdiere en die mens word geskep;
Dag 7: Die Skepping is voltooi. God rus.
Fokus op die mens
wysig
wysig bron
Die tuin van Eden: Adam gee name aan die diere
Creation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA
Hierdie tweede beskrywing van die skepping is nie net 'n herhaling van die eerste nie. Dit gaan hier oor die fokus op die mens. Hier word ook 'n ander naam vir God gebruik. In die eerste weergawe was dit Elohim (God die Skepper, die groot en verhewe een wat in die ewigheid woon). Nou is dit
Jahwe
(God in verhouding tot sy mense).
God skep die mens (die
Hebreeuse
woord wat met Adam vertaal word, beteken man). Hy plant 'n
tuin in Eden
, waar die mens moet woon.
Maar die mens is nie gemaak vir 'n eensame, selfgenoegsame bestaan nie. Voëls en diere bied nie die soort kameraadskap wat hy nodig het nie. Derhalwe skep God die vrou, 'n nuwe wese, wat die ere-aard van die man deel.
Die mens is aan God ongehoorsaam
wysig
wysig bron
God het gesê hulle mag alles gebruik en eet, maar net nie van die twee bome in die middel van die tuin nie. Die
slang
bevraagteken egter die woord van God en noem God 'n leuenaar. Die slang oorreed die vrou om van die aanloklike vrugte van die
boom
van "Goed en Kwaad" te eet, wat weer vir Adam oorreed om van die vrugte te eet.
Die gevolge is onvermydelik. 'n Heilige God kan nie met sonde saamleef nie. Hy bestraf die slang én die mens. Die mens word uit Eden verban. Maar voor hulle gaan, sorg Hy eers weer vir hulle deur hulle te klee.
Die eerste gesin en die eerste moord
wysig
wysig bron
Kain en Abel
Creation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA
Nadat Adam en Eva uit Eden gedryf word kry hulle twee seuns,
Kain, die boer en Abel, die veewagter
. Later bring hulle elk 'n offer aan God. Abel se offer word aanvaar, maar Kain se offer nie. Dit is nie wat Abel geoffer het nie, maar sy geloof, wat gemaak het dat sy offer aanvaar is.
Kain bewys waarom sy offer nie aanvaar is nie, deur vir Abel te vermoor.
God verban Kain tot 'n swerwerslewe, maar beskerm hom teen menslike wraak.
Hierna volg dan 'n opgawe van sommige van sy afstammelinge en toon ook die begin van die beskawing aan.
Die eerste stad word gebou, hulle leer om
musiek
te maak en om yster en brons te smee.
Die laaste twee verse verleen hoop. Set word vir Adam en Eva gebore en die mense begin om die naam van die Here aan te roep.
Geslagsregister
wysig
wysig bron
Daar kan gemerk word dat al die geslagsregisters in die Bybel dieselfde patroon volg: "Toe A x jaar oud was, het hy die vader van B geword. Na die geboorte van B het hy nog y jaar gelewe en ander seuns en dogters gehad. So was al sy dae z jaar, en hy het gesterwe."
Die sondvloed
wysig
wysig bron
Redding en God se belofte aan Noag
wysig
wysig bron
Noag se ark
Creation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA
Vloedverhale is uit die meeste wêrelddele en in baie tale oorgelewer. Die
Babeloniese
weergawes stem aansienlik ooreen met die verhaal wat hier opgeteken is. Dit is nie verbasend nie, want albei berus op dieselfde gebeurtenis.
Die woord ark beteken in Hebreeus "kis". Dit word elders net gebruik vir die waterdigte mandjie waar die baba,
Moses
, op die
Nyl
gedryf het.
Die ark was geweldig groot en ontwerp om te dryf en nie om te seil nie. Die ark was 135x22½x14 meter, in ons mate.
Die verbond met Noag
wysig
wysig bron
'n Belangrike tema wat herhaaldelik in die Skrif voorkom: God bevestig sy verbond agtereenvolgens met Noag, Abraham, die volk Israel deur Moses en met
Dawid
. Elke verbond bevat verdere, ryker beloftes, totdat die koms van
Christus
die "nuwe vebond" inlei.
In elke geval neem God die inisiatief - dit is geen ooreenkoms tussen gelykes nie. God bepaal die voorwaardes. Hy maak hulle bekend, en Hy alleen waarborg dat hulle gehou sal word. Die mens geniet die seëninge van die verbond soverre as wat hy die bevele van God gehoorsaam.
Noag se dronkenskap
wysig
wysig bron
Selfs 'n algemene nuwe begin verander nie die mens se sondige natuur nie.
Gam minag sy dronk vader en Noag vervloek hom deur sy afstammelinge, die
Kanaäniete
. Hulle het onderdane van Israel, wat van Sem afstam, geword.
Van Noag tot die roeping van Abraham
wysig
wysig bron
Die families van Noag se drie seuns
wysig
wysig bron
Sien weereens die artikel in Wikepedia nl. "Geslagsregister van Adam tot Jesus."
Die ander geslagsregisters is interessant, maar die belangrikste is die laaste een, nl. die van Sem. Uit hom word die stam van Juda gebore.
Babel
10
wysig
wysig bron
In Sinar, koningkryk van
Nimrod
die jagter,
11
span mense saam in 'n groot bouprojek - 'n stad en 'n
toring
wat tot in die hemel reik word gebou. God kyk af na hierdie gesamentlike poging van die mens om homself te vergoddelik, die begin van hernieude opstand teen Hom.
Hy verdeel die mense deur taalverskille en verstrooi hulle in verskillende landstreke - juis dit wat hulle wou verhoed.
Die toring van Babel was waarskynlik 'n tempeltoring met baie verdiepings, soos die wat in die vroeë derde millennium vC in Babelonië gebou is.
Geslagsregister Sem tot Abraham
12
wysig
wysig bron
Hier is die name weer selektief en word die totale tydsduur waarskynlik verkort. Noag se voorsate het aansienlik langer gelewe as Tera s'n en die ouderdom vir die ouerskap is baie jonger.
By Tera se naam word meer besonderhede gegee. Tera se drie seuns word genoem, asook hul geboorteplek. Na die dood van Haran, vertrek Tera na
Kanaän
met sy kleinseun Lot en sy seun Abraham en kinderlose skoondogter Sarai.
Hulle trek nie verder as
Harran
nie. Tera sterf en die toneel is gereed vir die verhaal van Abraham, om "die vader van baie nasies te word.
13
Abraham 'n nuwe begin
14
wysig
wysig bron
God se roeping van Abraham en die reis na Kanaän
15
wysig
wysig bron
God roep een man en maak aan hom beloftes, wat Abraham gehoorsaam beantwoord. Abram se antwoord lei regstreeks tot die geboorte van 'n nuwe nasie en lei later tot seën vir die hele aarde.
Abram trek weg op bevel van God met sy kinderlose vrou en sy neef Lot.
By Sigem in die landstreek Kanaän praat God weer met hom. Hierdie land sal die erfdeel van Abram se nakomelinge word. Steeds gaan die reis voort, suidwaarts na die Negeb, 'n droë landstreek van sowat 7 500 km, wat strek vanaf
Berseba
tot by die
Sinai
-gebergtes. Hier is weiveld vir die nomade se vee.
Die skeding van Lot
16
wysig
wysig bron
Abram en Lot se veekuddes brei so uit dat hulle dit nie meer kon dra nie. Dit lei tot 'n familiebreuk. Lot wat deur sy groothartige oom die geleentheid gegun word om te kies, soek die vrugbare aarde van die
Jordaanrivier
uit.
Oorlog teen die konings en die ontmoetinge met Melgisedek
17
wysig
wysig bron
Hoewel 'n half-nomadiese lewe in Abram se tyd niks buitengewoon was nie, was daar ook gevestigde lewe in dorpe en ommuurde stede.
Sjeiks
wat op hul beurt vasalle van konings was, het plaaslik regeer.
Daar het oorlog uitgebreek tussen Kedorlaomer en ander konings teen die konings van oa. Sodom en Gomorra.
In die Siddimvlakte was daar oral asfaltgate. Die konings van Sodom en Gemorra het gevlug en baie van hulle het in die gate geval. Die wat oorleef het, het berge toe gevlug. Koning Kedorlaomer het al die besittings van Sodom en Gomorra gebuit en weggevat. Ook Lot, wat in Sodom gewoon het is weggevoer.
Toe Abram hoor dat Lot weggevoer was, het hy sy volgelinge, 318 slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg.
Die nag het Abram en sy manne hulle van alle kante af aangeval, hulle oorwin en al die besittings teruggekry. Hy het ook vir Lot, al die vrouens en ander mense gered.
Nadat Abram teruggekom het, het die konings van Sodom en Gomorra, asook
Melgisedek
, die koning en priester van Salem, kos en wyn gebring en vir Abram geseën. Abram het aan Melgisedek 'n tiende van alles gegee.
Abram het ook geweier om enigiets uit die hand van die konings van Sodom en Gomorra te aanvaar. Hy het egter seker gemaak dat die manne by hom hulle deel kry.
Die verbond word bevestig
18
wysig
wysig bron
Die
argeologie
het getoon dat die gebruike wat hier en in latere hoofstukke, die bekende sosiale en kulturele gedragspatroon van noordelike
Mesopotanië
weerspieël.
Die woord van God het in 'n gesig tot Abram gekom:
"Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou. Jou beloning sal baie groot wees".
Verder het die Here met Abram 'n verbond gesluit:
"Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die
Eufraat
, die grootrivier; die land van die Keniete, die Kenessiete en die Kadmoniete, die
Hetiete
, die Feresiete en die Refaïte, die
Amoriete
, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete".
In verse 3 en 4 kom die "erfgename" voor. Dit was nie ongewoon in daardie tyd om 'n erfgenaam aan te neem nie. Soms soos hier, was dit 'n
slaaf
In vers 6 staan: "Toe het Abram in die Here geglo". Hy is dus gered deur sy geloof en nie oor sy goeie werke nie.
Die ritueel wat hom afspeel in verse 9-11 is 'n tipiese prosedure vir die bevestiging van 'n verdrag
19
'n Seun by 'n slavin
20
wysig
wysig bron
Soos altyd dink die mens hy moet die Here so 'n bietjie help. Sarai val terug op 'n ou gebruik deur haar slaaf aan Abram te gee. Die kind wat uit hierdie verbintenis gebore word, word Sarai se kind. Maar Sarai se emosies maak dat sy Hagar later laat wegjaag.
Die
besnydenis
as verbondsteken en gee van nuwe name
21
wysig
wysig bron
Die vyfde bevesting van die verbond van God met Abram gaan gepaard met die gee van nuwe name. Abram word Abraham en Sarai word Sara. Daarby kom die fisieke teken van die besnydenis. 24 jaar na die vertrek uit Harran word die geboorte van Abraham se erfgenaam aangekondig.
Drie besoekers en Abraham se gebed vir Sodom
22
wysig
wysig bron
Abraham het 'n vreemdeling verwelkom, en heeltemal ontwetend, die Here self in sy huis ingeneem. Die gullle ontvangs en versorging (tenspyte daarvan dat die besoekers in die middel van die middagslapie aangekom het), is tipies van die gasvryheid van die
nomadiese.
woestynbewoners.
Met die woorde: "Is iets te buitengewoon vir die Here"
23
onthul die besoekers hul werklike identiteit en Sara se ongelowige lag maak plek vir vrees.
Abraham se gebed vir Sodom gee ons insig in die kwaliteit van sy verhouding tot God.
Sodom kon nie eers tien goeie mense oplewer nie, maar God het sy lankmoedigheid gewys.
Die vernietiging van Sodom en Gomorra en Lot se redding
24
wysig
wysig bron
Daar is uiteenlopende konkretiserings van Sodom se sondigheid in Bybeltekste, soos hoogmoed en gierigheid (Es. 16, 49) of 'n verbreking van die ongeskrewe wet van gasvryheid (Gen 19, in teenstelling met Abraham in Gen 18). Op die seksuele aspek daarvan word eers in latere Christelike tradisies gefokus.
25
Geslagsgemeenskap dui hier op seksuele vernedering deur gedwonge geslagsomgang - dit wil sê die verkragting van een heteroseksuele man deur 'n ander. In die betrokke nie-Europese oosterse samelewings was dit 'n ritueel waardeur die verkragter sy dominante status op 'n gewelddadige manier beklemtoon het.
Gedwonge geslagsomgang met Abraham se gaste, die engele, sou 'n dubbele vernedering vir Abraham gewees het (iets wat vandag in Engels as
gang rape
beskryf word)
26
27
. Elke man in die stad is betrokke - nie een ondersteun Lot se protes teen die skending van die grondbeginsels van gasvryheid en van menslikheid nie.
Argeologiese bevindinge getuig van 'n katastrofe in hierdie gebied. Die vlak water van die
Dooie See
bedek nou die stede.
Niks kon die stede red nie, maar om Lot se ontwil spaar die Here Soar en vertraag die oorstroming totdat Lot veilig is.
Lot se vrou, onwillig om te volg, bly staan, kyk om en verander in 'n soutpilaar. In plaaslike oorleweringe word die soutrotse langs die Dooie See nou nog na haar vernoem.
Abraham en koning Abimelek
28
wysig
wysig bron
Abraham het van
Mamre
af weggetrek na die suidland en hom gevestig tussen Kades en Sur. Hy het op 'n keer in Gerar gewoon en voorgegee dat Sara sy suster is. Koning
Abimeleg
het haar laat haal om met haar te trou.
Een nag het God in 'n droom aan Abimeleg verskyn en gesê:
"Jy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou, sy is al getroud".
Abimeleg het met Abraham geraas, maar aan hom geskenke en Sara teruggegee. Abraham het vir Abimeleg gebid en die Here het vir Abimeleg gesond gemaak.
Isak word gebore en Hagar en Ismael vertrek
29
wysig
wysig bron
Tussen die die belofte van Isak se geboorte en die vervulling daarvan het 25 jaar verloop. Die bejaarde ouers het rede om verheug te wees. Sara se bevel om Hagar weg te stuur was in stryd met die gebruike van daardie tyd, daarom raadpleeg Abraham eers die Here voordat hy daartoe instem.
Paulus
verduidelik waarom dit onvermydelik was
30
"Maar wat sê die Skrif hiervan? Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die slavin mag hoegenaamd nie saam met die seun van die vrygeborene erf nie. Ons is dus nie kinders van 'n slavin nie, broers; ons is kinders van die vrye."
'n Twis oor waterputte
31
wysig
wysig bron
Waterputte was in die droë klimaat van
Palestina
kosbaar vir veewagters, en daar het dikwels twiste oor die besit daarvan ontstaan. Die reënval in die gebied krimp van 100mm in Januarie tot so te sê niks in die vier somermaande.
Abraham het by Abimeleg beswaar aangeteken oor die waterput wat deur Abiimeleg se slawe afgevat is. Abimeleg het nie daarvan geweet nie en hy en Abimeleg het 'n ooreenkoms aangegaan, wat verklaar dat die put wel Abraham s'n is.
Die hoogste toets - Abraham moet vir Isak offer
32
wysig
wysig bron
Abraham se vorige ondervinding van God sou hom sekerlik nie laat dink het, 'n kinderoffer Hom sou behaag nie. Maar dit is juis wat God hier vir Abraham vra.
Net toe Abraham vir Isak wou slag, het God hom gekeer en gesê dat Hy nou weet dat Abraham Hom lief het en bereid was om sy enigste seun te offer vir Hom.
Toe Abraham weer sien daar 'n skaaplam agter hom en offer toe die bok in Isak se plek.
Die Here het verder gesê hy sal Abraham baie seën oor dit wat hy gedoen het.
Abraham het sy offer gebring op een van die hewels waarop Jerusalem nou staan. Die reis daarnatoe het sowat 3 dae geneem en was 85km ver.
Die dood en begrafnis van Sara
33
wysig
wysig bron
Sara het 127 jaar oud geword. Sy is oorlede in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in Kanaän. Abraham het oor haar gaan rou en huil.
Abraham het 'n graf gekoop by die Hetiete. Die Hetiete is vermoedelik immigrante van die Hetitiese ryk (wat omstreeks 1800vC in Turkye tot stand gekom het.
Die hele transaksie voldoen in die fynste besondergede aan die bekende Hetitiese wet: die afweeg van die silwer volgens erkende standaarde in die teenwoordigheid van getuies by die stadspoort.
Daarna het Abraham sy vrou Sara in die Makpelagrot op die stuk grond, oos van Mamre, begrawe.
Vandag is daar 'n moskee bo-oor die tradisionele plek van die graf in Hebron, gebou.
'n Vrou vir Isak
34
wysig
wysig bron
Hierdie verhaal is, wat vorm en inhoud betref, een van die lieflikste in die
Ou Testament
. Dit bied 'n lewendige beeld van die tradisionele Oosterse huwelik.
Abraham laat sy slaaf sweer dat hy nie Isak sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete by wie hy nou woon nie.
Die slaaf vertrek met geskenke na Mesopotamie, na die stad waar Nahor gewoon het. Hy bid dat God die vrou moet aandui wat Isak se vrou moet word. God antwoord die slaaf se gebed en wys Rebekka, die kleindogter van Nahor aan.
Isak het vir Rebekka in die tent van sy ma laat woon en met haar getrou. Isak het Rebekka liefgehad en is vertroos na die dood van sy ma.
Abraham se laaste dae
35
wysig
wysig bron
Isak het Abraham se enigste ergenaam gebly, en by die dood van Abraham het die seën van God syne geword.
Ismael se afstammelinge
36
wysig
wysig bron
Die stamme het Sinai en Noordwes-Arabië bewoon vanaf Gawila tot by Sur.
Isak
wysig
wysig bron
Die tweeling Esau en Jakob
37
wysig
wysig bron
Isak het tot die Here gebid oor Rebekka, want sy was kinderloos. Die Here het sy gebed verhoor, en Rebekka het swanger geword.
Sy het 'n tweeling verwag en die Here het vir haar gesê daar is twee nasies in haar, twee volke uit jou sal geskei word. Een sal sterker wees as die ander; die oudste sal die jongste dien.
Die eerste is gebore: rooi, vol hare soos 'n veljas, en hy is Esau genoem. Sy broer is na hom gebore en sy hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem.
Die seuns het groot geword. Esau was 'n ervare jagter, 'n man van die veld. Jakob was 'n rustige mens, hy het tuis gebly.
Isak het vir Esau voorgetrek, want hy het van vleis gehou. Rebekka het weer vir Jakob voorgetrek. Hierdie voortrekkery het ernstige gevolge ingehou.
Esau het sy eersgeboortereg vir 'n bietjie lensiesop verkoop. So is die Here se woord aan Rebekka vervul.
As eersgebore seun sou Esau vir Isak opvolg as hoof van die familie, en 'n dubbele deel van die besittings erf. Wanneer hy hierdie reg verruil, boet hy alle reg in op die seën wat daarmee gepaard gaan.
Isak en Abimeleg
38
wysig
wysig bron
Na die eerste
hongersnood
vroeër in Abraham se tyd was daar weer 'n hongersnood in die land. Isak het toe getrek na Gerar, na die gebied van koning Abimeleg
39
van Egipte.
Die Here het aan Isak verskyn en gesê hy moet nie Egipte toe trek nie en het die belofte herhaal.
Isak het dieselfde gedoen as Abraham vroeër deur te sê Rebekka is sy suster, omdat hy bang was vir Abimeleg.
Abimeleg
het uitgevind van die bedrog en het later vir Isak weggestuur omdat hy te sterk geword het.
Isak het Berseba toe getrek en die Here het weer aan hom verskyn en weer die belofte herhaal.
Abimelek het besoek afgelê by Isak in Berseba en gevra vir 'n verbond tussen hulle, omdat Abimeleg gesien het dat die Here by Isak is, en dat Isak hulle nie leed sal aandoen nie.
Isak trou weer
40
wysig
wysig bron
Toe Esau 40 jaar oud was, het hy getrou met Jehudit dogter van Beëri, 'n Hetiet, en met Basemat 'n dogter van Elon, ook 'n Hetiet. Hulle het baie kommer in Isak en Rebekka se lewe gebring.
Bedrog en lis: Jakob se bannelingskap en terugkeer
41
wysig
wysig bron
Die seën
wysig
wysig bron
Nie een van die familielede kom goed daarvan af in hierdie voorval nie. Isak se plan is in stryd met dit wat God voorspel het toe die seuns gebore is
42
. Deur in te stem daartoe verbreek Esau sy eed
43
. Jakob en Rebekka, alhoewel hulle ooreenkomstig die voorspelling van God optree, wend hulle glad nie tot Hom nie, maar lieg en bedrieg om hulle doel te bereik.
Isak maak op sy sintuie staat, wat hom in die steek laat. Die seën word Jakob s'n, soos God dit bestem het - maar teen 'n dure prys.
Esau dreig met moord. Die verhouding tussen Isak en Rebekka versuur. Rebekka sal nooit weer haar geliefde seun sien nie. Jakob, die tuisblyer, word 'n uitgewekene.
Die voortvlugtige
44
wysig
wysig bron
In sy afskeidsseën erken Isak vir Jakob as die erfgenaam van God se veelvuldige beloftes.
Isak laat Jakob beloof dat hy nie sal trou met 'n
Kanaänitiese
meisie nie, maar dat hy na Paddan-Aram
45
toe sal gaan en daar 'n vrou sal kry.
Aangesien Esau nou geweet het sy pa hou nie van Kanaänitiese meisies nie, het hy getrou met Magalat, 'n dogter van Ismael,
Abraham
se seun.
Jakob het intussen by Bet-El
46
oornag waar God aan hom verskyn en hom geseën het. Jakob het, nadat hy opgestaan het, die klip wat as sy kopkussing gedien het, regop gesit en olie daarop gegiet en 'n belofte afgelê dat as die Here hom veilig teruglei na sy ouerhuis, sal die Here sy God wees. Hierdie klip sal 'n
tempel
wees en van alles wat die Here hom gee, sal hy 'n tiende aan die Here gee.
Die jare by Laban. Die bedrieër word bedrieg
47
wysig
wysig bron
Hierdie 3 hoofstukke dek die 20 jaar van Jakob se ballingskap. 14 jaar diens vir sy vroue en 6 vir sy kuddes. Die jare hou min vreugde vir Jakob in, wat in sy oom Laban het hy 'n bedrieër soos hyself teëkom. Die bedrog met Lea lei tot 'n onuithoubare huislike lewe.
Die ongeliefde vrou hoop met die geboorte van elke nuwe seun dat sy haar man se liefde kan wen. Ragel, die beeldskone en beminde, is verbitterd oor haar kinderloosheid.
Tussen die twee word Jakob 'n uitruilvoorwerp
48
. Geen wonder nie dat die wet later 'n man verbied het om met sy vrou se suster te trou terwyl die vrou nog leef.
Jakob bied sy diens aan in plaas van die gebruiklike huweliksgeskenk. Laban laat nie op hom wag om hierdie vrygewige aanbod uit te buit nie
49
. Die geskenk van 'n diensmeisie vir sy dogter
50
was moontlik deel van die bruidskat.
Na die week van feestelikhede met die troue van Jakob en Lea, word Ragel aan Jakob gegee op voorwaarde dat Jakob nog sewe jaar vir haar Laban moes dien.
Jakob se kinders by Lea
wysig
wysig bron
Ruben
Simeon
Levi
Juda
Slavin bring kry vir Jakob kinders
wysig
wysig bron
Ragel volg dieselfde gebruik as Sara en gee haar slavin Bilha
51
vir Jakob om vir haar kinders te gee. Bilha het twee seuns gehad:
Dan;
Naftali
Hierna het Ragel haar ander slavin, Silpa, aan Jakob gegee en het ook twee seuns gehad:
Gad;
Aser
Lea het ook weer 'n seun en 'n dogter gehad:
Sebulon
Dina
Ragel het uiteindelik swanger geword en Josef is gebore.
Laban bedrieg Jakob weer
52
wysig
wysig bron
Jakob het vir Laban gesê hy wil nou teruggaan na sy geboorteland. Na onderhandelings het Laban ingestem en Jakob het gesê dat hy al die gestreepte en bont skaatlammers en swart bokke wil hê.
Laban het dieselfde dag nog al die gevlekte en bont bokramme en al die gestreepte en bont bokooie afgekeer en ook alles waaraan iets wits was en al die swartskape en hulle onder die sorg van sy seuns geplaas.
Jakob het jong lote van populiere, amandels en plataanbome gevat en stroke daarvan afgeskil; sodat daar wit srepe op die lote was. Hy het dit toe in die waterkrippe gesit, reg voor die kleinvee waar hulle kom suip het. Die ooie het dan gevlekte en gesreepte en bont lammers gekry.
Wanneer die sterk diere gedek moes word, het Jakob die lote voor hulle in die kruppe gesit. So het Laban die swak diere gekry en Jakob die sterkes.
Jakob het al hoe ryker geword. Hy het baie kleinvee, slavinne en
donkies
gehad.
Jakob trek na Kanaän
53
wysig
wysig bron
Laban en sy seuns se houding teenoor Jakob het versuur en die Here het vir Jakob gesê om terug te gaan na Kanaän, na sy familie. Toe hy dit aan Lea en Ragel vertel het hulle beaam dat hulle nie meer enige aandeel aan hul vaderhuis het nie en dat hul pa hulle soos vreemdelinge behandel. Hy het hulle verkoop en die geld opgebruik.
Jakob het sy vrouens, kinders en sy vee geneem en vertrek.
Jakob en Laban sluit 'n ooreenkoms
54
wysig
wysig bron
Toe Laban agterkom Jakob en sy besittings is weg, het hy Jakob agterna gesit. Die nag het God aan Laban verskyn en aan hom gesê dat hy versigtig moet wees as hy Jakob raakloop.
Jakob se kamp was opgeslaan by Gileadberg en Laban het ook daar kamp opgeslaan.
Jakob en Laban het 'n nie-aanvalsverdrag gesluit en dit met 'n klipstapel verseël.
Jakob het op die berg geoffer en hulle het saam geëet. Vroeg die volgende more het Laban sy dogters en kleinkinders met seënwense gegroet en vertrek.
God ontmoet Jakob
55
wysig
wysig bron
Hoewel Esau hom in Seïr in die verre suide gevestig het, is 'n ontmoeting tussen die twee broers onvermydelik. Die nuus dat Esau oppad was om hom vinnig tegemoet te kom met 'n leërmag, het Jakob met angs vervul. Hierdie keer beplan hy nie net nie, maar bid ook.
Alleen en slapeloos, kom Jakob se lang stryd teen God tot 'n hoogtepunt, in 'n vreemde worsteling wat hom kreupel, maar as 'n nuwe mens, laat. Die volgende
altaar
wat hy oprig, is nie vir die God van sy vaders nie, maar vir "Die God van Israel".
Die man waarmee Jakob worstel, verander sy naam na Israel, want hy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en hy het dit end-uit volgehou.
Die Here het vir Jakob net daar geseën en Jakob het die plek Pniël genoem, "want", het hy gesê:
"ek het God van aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie."
Jakob ontmoet Esau
56
wysig
wysig bron
Esau se verwelkoming van Jakob, wat hom veronreg het, is so verrassend gulhartig dat
Jesus
hom in gedagte gehad het toe hy die gelykenis van die verlore seun vertel het
57
. Jakob se geskenk en die aanvaarding daarvan deur Esau, verseël die versoening.
Jakob is glad nie van plan om Seïr toe te gaan nie, soos die volgende skof van die reis aandui
58
. Selfs nou nog kan Jakob nie eerlik wees nie.
Jakob koop grond naby Sigem
59
wysig
wysig bron
Jakob het veilig by Sigem aangekom en het buite die dorp kamp opgeslaan. Hy het 'n stuk grond gekoop en 'n altaar gebou en dit genoem:
"Die God van Israel is God."
Dina en Sigem: 'n verkragting en slagting
60
wysig
wysig bron
Die stad Sigem het 'n lang en belangrike geskiedenis. Jakob se verblyf daar het hom duur te staan gekom - en die verraderlike wraak van Simeon en Levi het hy nooit vergeet nie
61
Dina, die dogter van Jakob en Lea is deur Sigem, seun van die Hewiet Gamor, 'n volksleier, verkrag. Sigem het Dina lief gekry en haar hart probeer wen. Gamor se pa is na Jakob en sy seuns toe en het toestemming gevra dat Sigem en Dina mag trou.
Dina se broers het hom geantwoord dat Sigem en die ander mans eers besny moes word en dan kan Dina met Sigem trou en hulle kon dan met hulle dogters trou.
Al die mans van die stad het hulle toe laat besny en drie dae later, toe hulle baie pyn gehad het, het Simeon en Levi, elkeen sy swaard gevat en al die mans doodgemaak, ook vir Sigem en Gamor. Hulle het die stad ook geplunder.
Jakob het met sy seuns geraas en gesê hulle het hom in die moeilikheid gedompel en sy naam sleggemaak.
Die terugkeer na Bet-El; Benjamin word gebore; Ragel en Isak Sterf
62
wysig
wysig bron
Hierdie hoofstuk eindig die afdeling oor Jakob. Vreemde gode word verwyder. God herbevestig sy verbond met Israel. Ragel sterf naby
Betlehem
toe sy die lewe skenk aan die laaste van die kinders van Jakob se 12 seuns nl.
Benjamin
Jakob en Esau ontmoet mekaar weer van aangesig tot aangesig by die dood van die bejaarde Isak.
Esau se afstammelinge
63
wysig
wysig bron
Voordat ons by die volgende stadium in die verhaal kom, word eers aandag geskenk aan die ander tak van die familie.
Esau het getrou met Kanaänitiese meisies: met Ada dogter van Elon, 'n
Hetiet
, met Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibon, 'n Hetiet, en met Basemat dogter van Ismael en suster van Nebajot.
Daar is vir hom kinders gebore in Kanaän en toe die gebied te klein geword het vir sy en Jakob se vee, het Esau getrek na die Seïrberge
64
en daar is ook vir hom kinders gebore. Van hulle het konings en stamhoofde geword.
Josef
65
wysig
wysig bron
Josef en sy drome
66
wysig
wysig bron
Josef was 17 toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers. Josef het slegte stories oor sy broers by Jakob aangedra. Jakob was die liefste vir Josef. Jakob het vir Josef lang klere met moue gemaak. Josef se broers het dit beskou as 'n teken dat Jakob van plan was om hulle te verontagsaam en Josef die erfgenaam te maak
67
Josef het ook twee drome gehad wat wys sy pa en broers is onderdanig aan hom. Sy broers was afgunstig op hom hieroor, en sy pa en broers het bly dink aan die drome.
Josef word 'n slaaf
68
wysig
wysig bron
Josef se broers het hulle pa se vee gaan oppas in Sigem. Israel stuur vir Josef na sy broers om te gaan kyk hoe dit met hulle gaan. Hy het hulle by Dotan gekry.
Josef se broers het hom van ver af gesien en ooreengekom om Josef die ou dromer dood te maak en in 'n put te gooi. Hulle sou dan beweer 'n wilde
dier
het hom opgevreet.
Ruben wou hom red en het voorgestel dat hulle hom net in die put gooi; hy wou hom later red.
Josef het skaars by hulle gekom of hulle trek sy klere uit en gooi hom in die droëput.
Daar kom toe Ismaelitiese handelaars uit Gilead aan, wat oppad
Egipte
toe was.
Die broers, Ruben was nie daar nie, verkoop Josef aan die handelaars, wat hom na Egipte geneem het. Toe Ruben by die put kom was Josef nie daar nie.
Die broers het toe 'n boklam geslag en die klere van Josef in die bloed gedoop en dit vir Israel gestuur. Israel het oor Josef getreur.
Intussen het die handelaars vir Josef aan Potifar, wat aan die farao se paleis verbonde was, verkoop.
Juda en Tamar
69
wysig
wysig bron
Die verhaal van Josef word onderbreek en hierdie onvleiende verhaal word waarskynlik ingesluit omdat dit deel vorm van die stamboom van die koninklike familie waaruit die
Messias
voorgekom het.
Juda het sy oudste seun, Er, laat trou met Tamar. Die Here het hom beskou as 'n slegte man en het hom laat sterf. Volgens die swaershuweliksgebruik, het Juda Er se broer, Onan, met Tamar laat trou. Onan het egter elke keer as hy met Tamar gemeenskap gehad het, sy saad op die grond laat val. Die rede daarvoor is dat hy geweet het die kinders wat gebore sou word, as Er s'n beskou sou word. Dit was verkeerd in die oë van die Here en Hy het Onan ook laat sterf.
Dit was Juda se plig om sy ander seun, Sela, met Tamar te laat trou. Hy was egter bang Sela sou ook sterf. Daarom het hy Tamar teruggestuur na haar ouerhuis.
Tamar het haar vermom soos 'n
prostituut
en met Juda omgang gehad. Tamar het Juda se seëlring as pand geneem.
Drie maande later het Juda die berig gekry dat Tamar swanger is. Tamar is voor hom gebring sodat sy verbrand kon word. Sy het die seëlring te voorskyn gebring en Juda het haar onder sy dak ingeneem.
Peres en sy tweeling broer Serag is gebore. As daar gekyk word na die Geslagsregister van
Adam
tot Jesus, sal daar gesien word dat Jesus afgestam het van Peres.
Josef in Potifar se huis
70
wysig
wysig bron
Ons keer terug na Josef.
Josef is na Egipte gebring en as slaaf aan Potifar, 'n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, 'n Egiptenaar van geboorte, verkoop. Die Here was by Josef en Potifar het dit raakgesien. Potifar het hom sy persoonlike slaaf gemaak en hom aangestel oor sy hele huishouding en al sy besittings.
Josef was frisgebou en mooi. Potifar se vrou wou by hom slaap, maar Josef wou nie so iets aan sy eienaar doen nie.
Sy het dag vir dag aangehou. Op 'n dag toe daar nie ander slawe was nie het sy Josef gegryp, maar Josef het losgeruk en buitentoe gevlug, terwyl sy 'n stuk kledingstuk in haar hand gehou het.
Potifar se vrou het Josef valslik beskuldig en Potifar het Josef daaroor in die tronk gegooi.
Ook in die tronk was die Here by hom en die tronkbewaarder het vir Josef aangestel as hoof van die gevangenes. Wat hy ookal aangepak het was suksesvol.
Josef lê die bakker en skinker se drome uit
71
wysig
wysig bron
Die verhaal toon die belangrikheid wat drome en hul verklarings gehad het. Die Egiptiese wysgere het handboeke oor drome gehad wat hulle gehelp met die vertolkings daarvan. Hierteenoor het Josef geheel en al op God vertrou om die betekenis duidelik te maak.
Josef vertel aan die bakker dat hy ongelukkig doodgemaak gaan word, maar dat die skinker
72
in sy pos herstel gaan word. Josef vra die skinker om hom te onthou as hy by die
farao
is. Maar hy vergeet van Josef.
Josef lê die farao se droom uit
73
wysig
wysig bron
Twee jaar later kry die farao self 'n droom wat sy towenaars en wyse manne dronkslaan, ten spyte val hul opleiding en naslaanboeke.
Wanneer die skinker Josef uiteindelik onthou, was Josef nie net in staat is om die boodskap van God uit te lê nie, maar ook met 'n duidelike plan van aksie vorendag te kom.
Die farao stel Josef aan om die plan uit te voer en maak hom tweede in bevel in Egipte. Hy word tradisioneel ingehuldig met 'n seëlring
74
, fyn linne
75
en 'n goue ketting as beloning vir sy dienste. Perde en strydwaens het die
Hyksos
-farao's gehelp om die oorhand in Egipte te verkry. Na 13 jaar as slaaf, word Josef die farao se raadgewer.
Swaar hongersnood was nie onbekend in Egipte nie, maar dit het selde gelyktydig in Egipte en
Palestina
voorgekom.
Hongersnood herenig die gesin
76
wysig
wysig bron
Hierdie hoofstukke is 'n ontroerende weergawe van hoe Josef sy broers ontmoet, toets en uiteindelik met hulle herenig is. Agter sy oënskoulike strengheid, lê volkome grootmoedige vergifnis van die kwaad wat hulle hom aangedoen het en 'n diepe insig in die manier waarop God die beskerming van die mens beheer
77
20 jaar het nog nie die broers se skuldgevoelens uitgewis nie
78
en hulle sal nie teenoor
Benjamin
optree soos wat hulle teen Josef opgetree het nie.
Die Egiptenare het waarskynlik gevrees vir die rituele verontreiniging van hul voedsel deur die teenwoordigheid van die vreemdelinge aan hul tafel, derhalwe het hulle nie saam met Josef se familie geëet nie. Om dieselfde rede wou die
Jode
later ook nie saam met heidene eet nie
79
Israel vestig hom in Egipte
80
wysig
wysig bron
Jakob, ook Israel genoem, se huishouding het bestaan uit 70 lede toe hy Egipte binnegekom het. Saam met al die vroue en diensknegte was die geselskap baie meer.
Die Egiptiese weersin in Jakob se herderstam dien hier 'n nuttige doel, deurdat dit bydra om die familie as 'n afgesonderde eenheid te bewaar
81
Onder Josef se ekonomiese beleid word die farao besitter van die land en die inwoners sy pagters. Net die
priesters
behou hul eiendomme
82
Die seën van Jakob
83
wysig
wysig bron
Die seën van Josef se seuns deur Israel, was 'n geloofsdaad
84
. Sonder weifeling het Jakob die seën van God aan die jongste seun oorgedra.
Die seën van die sterwende Jakob wys heen na die verre toekoms, wanneer die afstammelinge van hierdie 12 die beloofte land sou inneem.
Ruben se skanddaad kos hom sy eersgeboortereg
85
. Jakob se veroordeling van Simeon en Levi se dade by Sigem
86
is onomwonde. Albei stamme sou verstrooi word, maar Levi sou die priesterdom van die volk word.
Uit Juda
87
het die koninklike familie van Israel gestam, waaruit die
Messias
uiteindelik gebore sou word.
Van die dood van Jakob tot die dood van Josef - die einde van die begin
88
wysig
wysig bron
Jakob word by Lea in die familiegraf in
Hebron
begrawe - die laaste van die gesin wat in Kanaän begrawe sou word vir langer as 40 jaar.
Josef se lewensduur van 110 jaar was die Egiptiese ideaal, 'n teken van God se goedkeuring van Josef se lewe. Die versoek op sy sterfbed dat sy liggaam saamgevat moet word Kanaän toe as hulle trek,
89
getuig van sy geloof.
Hierdie afdeling moet uitgebrei word
Jy kan bydra deur dit te
wysig
Sien ook
wysig
wysig bron
Geskiedenis van Israel in die Bybelse tyd
Geslagsregister vanaf Adam tot Jesus
Bronne
wysig
wysig bron
Die Bybel: Nuwe vertaling (
Bybelgenootskap van Suid-Afrika
HAT: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Vyfde uitgawe): F.F. Odendal & R.H. Gouws (Kaapstad 2005)
Handboek by die Bybel, Hersiene Uitgawe Uitgegee deur Lux Verbi.
Bybel nuwe vertaling Bybelgenootskap van SA.
Kommentare oor Genesis
wysig
wysig bron
Sweeney, Marvin (2012). "Genesis in the Context of Jewish Thought". In Evans, Craig A.; Lohr, Joel N. (reds.).
The Book of Genesis: Composition, Reception, and Interpretation
. BRILL.
ISBN
978-9004226531
Bandstra, Barry L. (2008).
Reading the Old Testament
. Cengage Learning.
ISBN
978-0495391050
Bergant, Dianne (2013).
Genesis: In the Beginning
. Liturgical Press.
ISBN
9780814682753
Blenkinsopp, Joseph (2011).
Creation, Un-creation, Re-creation: A Discursive Commentary on Genesis 1–11
. Continuum International Publishing Group.
ISBN
9780567372871
Brueggemann, Walter
(1986).
Genesis
. Interpretation: A Bible Commentary for Teaching and Preaching. Atlanta: John Knox Press.
ISBN
0-8042-3101-X
Carr, David M. (2000). "Genesis, Book of". In Freedman, David Noel; Myers, Allen C. (reds.).
Eerdmans Dictionary of the Bible
. Amsterdam University Press.
ISBN
9780567372871
Verwysings
wysig
wysig bron
Sien Gen. 1-2:4.
Sien Gen. 2 vanaf vers 5.
Sien Gen. 3.
Sien Gen. 4.
Gen. 5.
Gen. 6-9.
Gen. 6-9:17
Gen. 9:6-17.
Gen. 10-11.
Gen. 11:1-9.
Sien Gen. 10:10.
Gen. 11:10-32
Sien Gen. 17:5.
Gen. 12-25:18.
Gen. 12:1-9.
Gen. 13.
Gen. 14.
Gen. 15.
Sien Jer. 34:18.
Gen. 16.
Gen.17.
Gen. 18.
Gen. 18:14.
Gen. 19.
Bibelwissenschaft.de - Das wissenschaftliche Portal der deutschen Bibelgesellschaft: Sodom und Gomorra. Besoek op 15 Julie 2019
Bible and Homosexuality: What has Sodom got to do with homosexuality? Rev'd Dr Jonathan Tallon, New Testament lecturer and early Church researcher. Besoek op 15 Julie 2019
It has everything to do with homosexuality. My only truth is the Bible. I will quote te English and Afrikaans text of Gen. 19:4: "The men of the city called unto lot, and said unto him, Where are the men which came in to thee this night? Bring them unto us, that we may know them."

Gen. 15:5: Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: "Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle he.

The New Oxford Illustrated Dictionary define homosexuality as: "Relating or belonging to the same sex.; sexually attracted to members of the same sex."
Bible + Faith + Sexuality: Total Annihilation: Sodom, Gomorrah and the Sin of Homosexuality. Besoek op 15 Julie 2019
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Julie 2019
. Besoek op
15 Julie
2019
Gen. 20.
Gen. 21:1-21.
Gal. 4:30-31.
Gen. 21:22-34.
Gen. 22.
Gen. 23.
Gen. 24.
Gen. 25:1-11.
Gen. 25:12-18.
Gen. 25:19-34.
Gen. 26:1-33.
Die naam was waarskynlik 'n familie of troosnaam. Dit is waarskynlik nie dieselfde koning as die een waarmee Abraham te doen gehad het nie.
Gen. 26:34-35.
Gen. 27-35
Gen. 25:23.
Gen. 25:33.
Gen. 28.
Paddan-Aram was die beboorteland van sy ma en was geleë tussen die Bo-Eufraaten die Haborrivier. Die Arameërs het later na die suide en noorde getrek en hulle in Sirië en Mesopotamië gevestig.
Bet-El, "huis van God". Bet-El was 95km. noord van Berseba.
Gen. 29-31.
Gen. 29:15-16.
Gen. 29:18.
Gen. 29:24.
Gen. 30:4.
Gen. 30:25-43.
Gen. 31.
Gen. 31:19-55.
Gen. 32.
Gen. 33.
Luk. 15:20.
Gen. 33:14.
Gen. 33:18-20.
Gen. 34.
Kyk Gen. 49:5.
Gen. 36.
Gen. 36.
Seïr/Edom was die vallei tussen die Dooie See en die Rooi See (Golf van Akaba) en die bergagtige streek aan beide kante. Die hoofweg van die koning; 'n belangrike handelsroete.
Gen. 37-50.
Gen. 37:1-11.
Vergelyk Gen. 48:21-22 en Gen. 49:22 ev.
Gen. 37:12-36.
Gen. 38.
Gen. 39.
Gen. 40.
die farao se bekerdraer was 'n belangrike amptenaar. Sien Neh. 1:11.
Gen.41.
Teken van gesag.
Koninklike hofdrag.
Gen. 42-45.
Gen. 45:5ev.
Gen. 42:21-22.
Gen. 43:32.
Gen. 46-47.
Gen. 46:34.
Gen. 47:16-19.
Gen. 48-49.
Hebr. 11:21.
Gen. 36:22.
Gen. 34:13ev.
Sien Geslagsregister van Adam tot Jesus en Gen. 49:10.
Gen. 50.
Gen. 50:25.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Genesis
Sien
Genesis
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
'n Afrikaanse webwerf oor die Bybel
Genesis
Bybelboeke
Hoofklassifikasie
Ou Testament
(Protokanon)
Genesis
Eksodus
Levitikus
Numeri
Deuteronomium
Josua
Rigters
Rut
1-2 Samuel
1-2 Konings
1-2 Kronieke
Esra
Nehemia
Ester
Job
Psalms
Spreuke van Salomo
Prediker
Hooglied van Salomo
Jesaja
Jeremia
Klaagliedere van Jeremia
Esegiël
Daniël
Hosea
Joël
Amos
Obadja
Jona
Miga
Nahum
Habakuk
Sefanja
Haggai
Sagaria
Maleagi
Deuterokanon
en
Apokriewe boeke
Rooms-Katoliek
Grieks
en
Slawies
Boek van Tobit
Judit
Barug
Brief van Jeremia
Toevoegings tot die boek van Ester
Wysheid van Salomo
Wysheid van Ben Sirag
Susanna
Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne
Bel en die draak
1 Makkabeërs
2 Makkabeërs
Ortodoks
1-2 Esra
Gebed van Manasse
Psalm 151
3 Makkabeërs
4 Makkabeërs
Ethiopies-Ortodoks
Henog
Jubileë
1-3 Mekabian
Paralipomena van Barug
Nuwe Testament
Matteus
Markus
Lukas
Johannes
Handelinge
Romeine
1 Korintiërs
2 Korintiërs
Galasiërs
Efesiërs
Filippense
Kolossense
1 Tessalonisense
2 Tessalonisense
1 Timoteus
2 Timoteus
Titus
Filemon
Hebreërs
Jakobus
1 Petrus
2 Petrus
1 Johannes
2 Johannes
3 Johannes
Judas
Openbaring
Sekondêre klassifikasie
Hoofstukke en verse van die Bybel
Pentateug
Boeke van wysheid
Hoofprofete
Sekondêre profete
Bybelse profesie
Evangelies
Sinopsis
Briewe van Paulus
Briewe van Johannes
Pastorale briewe
Algemene briewe
Apokaliptiese boeke
Manuskripte
Septuagint
Samaritaanse pentateug
Dooie See-rolle
Targum
Diatessaron
Kanon Muratori
Peshitta
Vetus Latina
Masoretiese teks
Normdata
Internasionaal
VIAF
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Taiwan
Chili
Griekeland
Argentinië
Vatikaan
Israel
Katalonië
Ander
IdRef
MusicBrainz-werk
Ontsluit van "
Kategorieë
Hebreeuse Bybel
Ou Testament
Versteekte kategorieë:
Artikels wat uitgebrei moet word
Alle artikels wat uitgebrei moet word
Artikels wat klein boodskaprame gebruik
Genesis
Nuwe onderwerp