Georgië - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Georgië
საქართველო
Sakartwelo
Georgies
Vlag
Wapen
Nasionale leuse
: ძალა ერთობაშია
Dzala ertobasjia
Georgies
vir: "Sterkte deur Eenheid")
Volkslied
: თავისუფლება
Tawisoepleba
(Georgies vir: "Vryheid")
Hoofstad
Tbilisi
42°15′N
42°42′O
42.250°N 42.700°O
42.250; 42.700
Grootste stad
Tbilisi
41°43′N
44°47′O
41.717°N 44.783°O
41.717; 44.783
Amptelike
tale
Georgies
(landswyd)
Abchasies
Abchasië
Regering
President
(betwis)
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike
republiek
Micheil Kawelasjwili
Irakli Kobachidze
Onafhanklikheid
Koninkryk Kolchis
Koninkryk Diauehi
Koninkryk Iberië
Koninkryk Lasika
Prinsdom Iberië
Koninkryk Abchasië
Koninkryk Georgië
Russiese
verowering
• van die Russiese Ryk
• Sowjetse herowering
• van die
Sowjetunie
• Verklaar
• Bereik
• Huidige grondwet
13de eeu–164 v.C.
12de eeu–8ste eeu v.C.
302 v.C.–580 n.C.
131 v.C.–697 n.C.
580–880 n.C.
767–1014 n.C.
1008
12 September
1801
26 Mei
1918
25 Februarie
1921
9 April
1991
25 Desember
1991
24 Augustus
1995
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
69
700
km
121
ste
26
911
myl
Bevolking
- 2024-skatting
- 2014-sensus
Digtheid
704
500
900
961
126
ste
713
804
70,3
/ km
137
ste
182,1
/ myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2025
-skatting
$113,583
miljard
99
ste
$30
749
(70
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2025
-skatting
$35,353
miljard
106
de
$9
571
(83
ste
MOI
2022
0,814
60
ste
baie hoog
Gini
2022
33,5
medium
Geldeenheid
Lari
(ლ) (
GEL
Tydsone
Somertyd
GET (
UTC
+04
nie toegepas nie (
UTC
+04
Internet-TLD
.ge
.გე
Skakelkode
+995
a. Uitsluitende besette gebiede (
Abchasië
en
Suid-Ossetië
).
b. Insluitende besette gebiede.
Georgië
Georgies
: საქართველო,
Sakartwelo
, [sɑkʰɑrtʰvɛlɔ],
luister
hulp
inligting
) is 'n
Eurasiese
land
in die
Kaukasus
en is geleë aan die ooskus van die
Swartsee
. Sy buurstate sluit in
Rusland
(noord),
Turkye
en
Armenië
(suid) en
Azerbeidjan
(oos). Die
hoofstad
en grootste stad is
Tbilisi
Koetaisi
het vanaf Oktober 2012 tot Desember 2018 as
regeringsetel
gedien. Die land beslaan ’n oppervlakte van 69
700
km² en ’n bevolking van omtrent 3,7
miljoen.
Sedert 2024 is die staatshoof
Micheil Kawelasjwili
. Danksy onder meer die voormalige president,
Micheil Saakasjwili
, se goeie betrekkinge met die
Verenigde State
vorder Georgië goed in sy poging om 'n
Navo
-lidland te word. Dit is onder groot protes van Rusland, wat Georgië en ander oud-
Sowjetstate
steeds as deel van sy invloedsfeer beskou.
Koninkryke wat in die gebied geleë was,
Iberië
en
Kolchis
, het in die 4de eeu n.C. reeds die
Christelike
geloof aanvaar. Vandag is 80% van die inwoners
Georgies-Ortodokse
Christene, terwyl 2%
Russies-Ortodoks
en 4% van die
Armeens-Apostoliese Kerk
is.
Georgië het die hoogtepunt van sy politieke en ekonomiese mag in die 11de tot 12de eeu bereik toe Iberië en Kolchis in die
Koninkryk Georgië
verenig is. In die begin van die 19de eeu is Georgië deur die
Russiese Ryk
geannekseer.
Ná ’n kort tydperk van onafhanklikheid ná die
Russiese Rewolusie
van 1917, het die
Sowjetunie
Georgië in 1921 beset en het dit die
Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
geword. Ná onafhanklikwording in 1991 het die land verskeie ekonomiese terugslae gehad wat vererger is deur onrus in dele van die land. Dit het voortgeduur tot met die
Roosrewolusie
van 2003, waarna ’n nuwe regering demokratiese en ekonomiese hervormings ingestel het.
10
Die land is lid van verskeie internasionale organisasies. Dit bevat twee de facto onafhanklike streke,
Abchasië
en
Suid-Ossetië
, wat beperkte internasionale erkenning gekry het ná die Russies-Georgiese Oorlog van 2008.
11
Etimologie
wysig
wysig bron
Name van Georgië
wysig
wysig bron
"Georgië" op 'n Middeleeuse
mappa mundi
, in 1320
Een teorie oor die
Georgiërs
se naam is dat dit van
Sint Joris
, Georgië se
beskermheilige
, afgelei is. Standbeeld in
Tbilisi
Antieke Grieke
Strabo
Herodotos
Plutarchus
Homeros
, ens.) en
Antieke Romeine
Titus Livius
Tacitus
, en.) het na vroeë Wes-Georgiërs as
Kolchiërs
verwys en na Oos-Georgiërs as
Iberiërs
Iberoi
, Ἰβηροι in sommige Griekse bronne).
12
Die naam "Georgië" is vir die eerste keer in
Italiaans
op die
mappa mundi
deur
Pietro Vesconte
in 1320 gebruik
13
In die vroeë stadium van sy gebruik in die
Latynse
wêreld is die naam dikwels as
Jorgia
gespel.
14
Oorgelewerde teorieë is gegee deur die reisiger
Jacques de Vitry
, wat die naam se oorsprong verklaar met die gewildheid van
Sint Joris
onder Georgiërs,
15
terwyl Jean Chardin gedink het dat "Georgië" afgelei is van die Griekse γεωργός ("bewerker van die land). Hierdie eeue-oue verduidelikings vir die woord "Georgië"/"Georgiërs" word oor die algemeen deur die vakkundige gemeenskap verwerp en hulle beskou die
Persiese
woord
gurğ
gurğān
(گرگ, "
wolf
16
) as die moontlike oorsprong van die woord.
17
Volgens hierdie hipotese is dieselfde Persiese wortel later in talle ander tale oorgeneem, insluitend Slawiese en Wes-Europese tale.
17
18
Die inheemse naam is
Sakartwelo
(საქართველო; "land van die
Kartweliërs
"), afgelei van die sentrale Georgiese streek Kartli, opgeteken van die 9de eeu af, met 'n vergrote betekenis verwysend na die hele Middeleeuse Koninkryk Georgië voor die 13de eeu. Die Georgiese omskrywing
sa-X-o
is 'n algemene geografiese konstruksie wat verwys na "die gebied waar X woon", waarby X 'n volksnaam is.
19
Die selfbenaming wat deur Georgiërs gebruik word, is
Kartwelebi
(ქართველები, d.w.s. "Kartweliërs), wat vir die eerste keer gebruik is in die
Umm Leisun
-inskripsie in die
Ou Stad van Jerusalem
gebruik is.
Die Middeleeuse "Georgiese kronieke" stel 'n gelyknamige voorouer van die Kartweliërs voor,
Kartlos
, 'n agterkleinseun van die
Bybelse
Jafet
wat volgens Middeleeuse kroniekskrywers die wortel van die plaaslike naam van hul koninkryk was. Geleerdes is dit egter eens dat die woord
Kartli
afgelei is van die
Karts
, a proto-Kartweliese stam wat in antieke tye as 'n dominante streeksgroep na vore gekom het.
17
Die naam
Sakartwelo
(საქართველო) bestaan uit twee dele. Sy wortel
kartwel-i
(ქართველ-ი), verwys na 'n inwoner van die sentraal-oostelike Georgiese streek Kartli of Iberië, soos dit in die
Oos-Romeinse Ryk
genoem is.
20
Staatsnaam
wysig
wysig bron
Volgens artikel 2 van die Georgiese grondwet is "Georgië" die amptelike naam van die land,
21
aangeneem in 1995. In Georgië se twee amptelike tale (
Georgies
en
Abchasies
), word die land onderskeidelik საქართველო (
Sakartwelo
) en Қырҭтәыла (
Kərttʷʼəla
) genoem. Voor die goedkeuring van die 1995-grondwet en ná die
Ontbinding van die Sowjetunie
is die land amptelik "Republiek Georgië" genoem.
22
23
Verskeie tale gebruik steeds die Russiese variant van die landsnaam,
Gruzia
, wat die Georgiese owerhede probeer vervang het deur middel van diplomatieke veldtogte. Sedert 2006 het
Israel
24
Japan
25
Suid-Korea
26
en
Hongarye
27
28
het hul taalgebruik amptelik verander in variante van "Georgië".
29
In 2020 het
Litaue
die eerste land wêreldwyd geword wat
Sakartwelas
in alle amptelike kommunikasie begin gebruik het.
30
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Voorgeskiedenis
wysig
wysig bron
Die gebied van die moderne Georgië word reeds sedert die Vroeë
Steentydperk
deur
Homo erectus
bewoon. Die proto-Georgiese stamme is in die 12de eeu v.C. die eerste keer in geskrifte genoem.
31
Argeologiese
vondste en verwysings in antieke bronne dui op elemente van vroeë politieke en staatsliggame en op gevorderde metallurgiese en goudsmeetegnieke wat uit die 7de eeu v.C. en vroeër dateer.
31
Antieke tyd
wysig
wysig bron
Die antieke state Kolchis en Iberië
In die Klassieke Tydperk, omstreeks die 6de eeu v.C., het die vroeë Georgiese state
Kolchis
(Oos-Georgië) en
Iberië
(Wes-Georgië) ontstaan. In die
Griekse mitologie
was Kolchis die plek waar die
Goue Vlies
was wat deur
Jason en die Argonoute
gesoek is. Die Goue Vlies in die
mite
is geskoei op die destydse gebruik onder die plaaslike inwoners om goudstof uit riviere deur vliese te sif.
32
In die 4de eeu v.C. het die twee state ’n verenigde koninkryk gestig – ’n vroeë voorbeeld van gevorderde staatsorganisasie onder een koning en ’n aristokratiese hiërargie.
33
Nadat die
Romeinse Ryk
in 66 v.C. sy verowering van die
Kaukasus
voltooi het, was die Georgiese koninkryke sowat 400 jaar lank onderhorige state en bondgenote van die Romeinse Ryk.
32
In 337 n.C. het koning
Mirian III van Iberië
verklaar dat die Christelike geloof die staatsgeloof is. Die twee state was van die eerste lande in die streek wat gekersten geraak het – in 337 of 319 n.C. Dit het letterkunde en kuns bevorder en eindelik ’n sleutelrol gespeel in die vereniging van die twee Georgiese state. Die aanvaarding van Christenskap het die koninkryk effektief verbind aan die naburige
Oos-Romeinse Ryk
, wat amper ’n millennium lank ’n groot invloed op Georgië uitgeoefen het en ’n groot deel van sy huidige kulturele identiteit gevestig het.
32
Middeleeue
wysig
wysig bron
Koningin Tamar het tydens die goue era van die Middeleeuse Georgiese monargie regeer
Die vroeë koninkryke het teen die
Middeleeue
in verskeie feodale streke verbrokkel. Dit was hierna maklik vir die Arabiese volke om die grootste deel van Oos-Georgië in die 7de eeu te verower. Van toe af tot in die 10de eeu was Georgië deel van die
Chasar-ryk
. Die streke sou eers weer aan die begin van die 11de eeu ’n enkele Georgiese koninkryk word.
Hoewel die hoofstad,
Tbilisi
, in 645 n.C. ook verower is, het Iberië onder die Arabiese heersers aansienlike onafhanklikheid geniet.
32
In 813 n.C. was prins
Ashot I
– ook bekend as Ashot Kurapalat – die eerste lid van die
Bagrationi-familie
wat heerser van die koninkryk geword het. Ashot se bewind was die begin van ’n periode van byna 1 000 jaar waartydens die Bagrationi-dinastie oor minstens ’n deel van die huidige Georgië regeer het.
Bagrat III
(bewind 1027–'72) het Oos- en Wes-Georgië verenig. In die volgende eeu het
Dawid IV die Bouer
(bewind 1089–1125) die land se goue era begin deur die Seldjoek-Turke uit die land te verdryf en Georgië se kulturele en politieke invloed suidwaarts uit te brei tot in
Armenië
en ooswaarts tot by die
Kaspiese See
32
Die Koninkryk Georgië het sy hoogtepunt in die 12de en 13de eeu bereik. Dié tyd onder Dawid die Bouer en
koningin Tamar
word algemeen Georgië se goue era of die Georgiese Renaissance genoem.
34
Die "renaissance", wat die
Wes-Europese
Renaissance
voorafgegaan het, is gekenmerk deur die opbloei van die romanties-ridderlike tradisie, deurbrake in
filosofie
en ’n verskeidenheid politieke innovasies in die gemeenskap en die staat, onder meer godsdiens- en etniese verdraagsaamheid.
35
Oorblyfsels van die goue era is talle groot katedrale, romantiese gedigte en letterkunde en die epiese gedig "Die Ridder in die Luiperd se Vel".
36
Dawid die Bouer se kleindogter, Tamar, het die opposisie geneutraliseer en ’n energieke buitelandse beleid gevolg wat voordeel getrek het uit die val van mededingende magte van die Seldjoeks en Bisantium. Met die hulp van ’n magtige militêre elite het sy voortgebou op die sukses van haar voorgangers en die Kaukasus oorheers. Sy het die land uitgebrei tot oor groot dele van die hedendaagse
Azerbeidjan
, Armenië en Oos-
Turkye
– tot met die
Mongoolse
indringing binne twee dekades ná haar bewind.
Die
Mongole
is uiteindelik verdryf deur
George V van Georgië
, die seun van
Demetrius II
, en hy het die land se vorige mag en Christelike kultuur hervestig. George V was die laaste groot koning van die verenigde Georgiese staat. Ná sy dood het verskillende plaaslike heersers geveg vir onafhanklikheid van ’n sentrale bewind. In die 15de eeu het die koninkryk heeltemal verbrokkel. Georgië is verder verswak deur verskeie rampspoedige invalle deur
Tamerlane
. Teen 1466 het die koninkryk in wanorde verval en in drie onafhanklike koninkryke en vyf semi-afhanklike prinsdomme verdeel. Naburige lande het die interne verdeling van die streek uitgebuit en van die 16de eeu af het die
Persiese
en die
Ottomaanse Ryk
onderskeidelik die oostelike en westelike deel van Georgië oorgeneem.
Die leiers van die streke wat gedeeltelik outonoom gebly het, het op verskeie geleenthede rebellies gereël. Nog invalle deur die Perse en Ottomane het die streke egter verder verswak. Weens die aanhoudende oorloë het die Georgiese bevolking van vyf miljoen in die 13de eeu afgeneem tot 250 000 aan die einde van die 18de eeu. Met die dood van die Persiese heerser
Nader Shah
in 1747 het die twee Oos-Georgiese streke Kartli en Kakheti se konings weggebreek onder Persiese beheer. Hulle is in 1762 deur die energieke koning
Heraclius II
herenig.
Georgië in die Russiese Ryk
wysig
wysig bron
Koning
George XII
was die laaste koning van Georgië, wat in 1801 deur die Russiese Ryk geannekseer is
In 1783 het Rusland en die oostelike koninkryk Kartli-Kacheti die Verdrag van Georgijefsk onderteken waarin die band van Ortodokse Christenskap tussen die Russiese en die Georgiese volk erken word en Oos-Georgië beskerming belowe word. Ondanks dié ooreenkoms het Rusland Georgië nie gehelp toe die
Turke
en
Perse
die land in 1785 en 1795 ingeval, Tbilisi verwoes en die inwoners vermoor het nie. In 1801 het Rusland Oos-Georgië geannekseer, die koninklike familie van die troon af gesit en die
outokefalie
van die
Georgies-Ortodokse Kerk
beëindig.
Op 22 Desember 1800 het
tsaar
Paul van Rusland
, na bewering ná ’n versoek van die Georgiese koning,
George XII
, ’n bevel onderteken waarvolgens Georgië (Kartli-Kacheti) in die
Russiese Ryk
opgeneem word. Dit is op 8 Januarie 1801 gefinaliseer
37
38
en op 12 September 1801 deur tsaar
Aleksander I
bekragtig.
39
40
Die Georgiese adel het nie die bevel erken nie tot in April 1802, toe hulle in ’n katedraal aangehou en gedwing is om trou aan die Russiese troon te sweer.
41
Hierna is die westelike deel van Georgië deur tsaar Aleksander geannekseer. Van 1803 tot 1878, tydens oorloë tussen Rusland en die Ottomaanse Ryk, is verskeie van Georgië se voormalige gebiede soos
Adzjarië
oorgeneem. Die prinsdom Goeria is in 1828 afgeskaf en in die Russiese Ryk opgeneem en Megrelië in 1857. Die streek Swaneti is tussen 1857 en 1859 geleidelik geannekseer.
Verklaring van onafhanklikheid
wysig
wysig bron
Die Georgiese parlement verklaar die land onafhanklik in 1918
Ná die
Russiese Rewolusie
van 1917 het Georgië hom op 26 Mei 1918 onafhanklik verklaar te midde van die Russiese Burgeroorlog. Die parlementêre verkiesing is gewen deur die
Mensjewistiese
Georgiese Sosiaal-Demokratiese Party en sy leier,
Noe Zjordania
, het die eerste minister geword.
In 1918 het ’n oorlog tussen Georgië en
Armenië
uitgebreek oor Georgiese grondgebied wat hoofsaaklik deur
Armene
bewoon is. Dit is deur
Britse
ingryping beëindig en van 1918 tot 1920 was Georgië onder Britse beskerming.
Georgië in die Sowjetunie
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek
Noe Zjordania, wat in 1918 eerste minister geword het
In Februarie 1921 is Georgië deur die
Rooi Leër
aangeval. Die Georgiese leër is verslaan, die regering het gevlug en op 25 Februarie 1921 is ’n kommunistiese regering deur die
Sowjetunie
ingestel onder die
Bolsjewis
Filipp Macharadze
Die Sowjetregering was egter eers sterk gevestig nadat ’n opstand in Augustus 1924 onderdruk is.
42
Georgië is opgeneem in die Transkaukasiese Sosialistiese Sowjetrepubliek saam met Armenië en Azerbeidjan. Die republiek is in 1936 ontbind en Georgië het die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek geword.
Josef Stalin
, ’n etniese Georgiër, was ’n vooraanstaande Bolsjewis en het
Wladimir Lenin
in 1922 opgevolg as algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.
Op 9 April 1989 is ’n vreedsame demonstrasie in die hoofstad,
Tbilisi
, deur die Sowjetunie onderdruk. In Oktober 1990 is ’n nasionale vergadering verkies. ’n Groep politici het verenig om die Ronde Tafel Vrye Georgië te stig en hulle het 155 van die 250 parlementêre setels gewen. Die heersende Kommunistiese Party het net 64 setels gewen.
Georgië ná onafhanklikheid
wysig
wysig bron
Die vlag van Georgië vanaf 1918 tot 1921 en tussen 1990 en 2004
Die wapen van Georgië vanaf 1918 tot 1921 en tussen 1991 en 2004
Op 9 April 1991, kort voor die verbrokkeling van die Sowjetunie, het Georgië hom onafhanklik verklaar. Op 26 Mei is
Zwiad Gamsachoerdia
verkies tot die eerste president van ’n onafhanklike Georgië. Hy het nasionalisme aangemoedig en belowe om Georgië se gesag te hervestig oor streke soos
Abchasië
en
Suid-Ossetië
, wat onder die Sowjetunie as
outonome oblaste
geklassifiseer is.
Hy is tussen 22 Desember 1991 en 6 Januarie 1992 afgesit in ’n bloedige staatsgreep. ’n Burgeroorlog het uitgebreek wat byna tot in 1995 voortgeduur het.
Edward Sjewardnadze
het in 1992 na Georgië teruggekeer en by die leiers van die staatsgreep, Tengiz Kitowani en Jaba Ioseliani, aangesluit en die Staatsraad gevorm.
Sluimerende dispute tussen plaaslike separatiste en die Georgiese bevolking in Abchasië en Suid-Ossetië het ontplof in wydverspreide inter-etniese geweld. Die twee gebiede, wat deur Rusland ondersteun is, het de facto-onafhanklikheid van Georgië verkry. In 1995 is Sjewardnadze amptelik verkies tot president.
In 1992/'93 is rofweg 230
000 tot 250
000 Georgiërs
43
vermoor of uit Abchasië gesit deur separatiste en Noord-Kaukasiese vrywilligers (onder andere
Tsjetsjniërs
). Sowat 23
000 Georgiërs
44
het ook uit Suid-Ossetië gevlug.
In 2003 is Sjewardnadze, wat in 2000 herkies is, in die
Roosrewolusie
afgesit nadat die Georgiese opposisie en internasionale monitors beslis het die parlementêre verkiesing van 2 November is deur bedrog gekenmerk.
45
Die rewolusie is gelei deur
Micheil Saakasjwili
, Zoerab Zjwania en Nino Boerdjanadze, voormalige lede en leiers van Sjewardnadze se regerende party. Saakasjwili is in 2004 tot die nuwe president verkies.
Ná die Roosrewolusie is ’n reeks hervormings ingestel om die land militêr en ekonomies te versterk. Die nuwe regering se pogings om Georgië se gesag in die suidwestelike outonome republiek
Adzjarië
te hervestig, het in 2004 tot ’n groot krisis gelei. Sukses in Adzjarië het Saakasjwili aangemoedig om dieselfde in
Suid-Ossetië
te probeer, maar sonder sukses.
Dié gebeure, asook beskuldigings dat Georgië betrokke was in die Tweede Tsjetsjniese Oorlog,
46
het daartoe gelei dat betrekkinge tussen die land en Rusland versuur het, en dit is vererger deur Rusland se openlike hulp aan die twee wegbreekstreke. Ondanks die toenemende probleme het Georgië en Rusland in Mei 2005 ’n ooreenkoms onderteken
47
waarvolgens Rusland sy militêre basisse (wat uit die Sowjet-era dateer) in Desember 2007 aan Adzjarië en die suidelike streek Samtsche-Jawacheti onttrek het.
48
Rusland het egter nie sy troepe aan Abchasië onttrek nie, hoewel hy veronderstel was om dit te doen kragtens ’n verdrag wat in 1999 in
Istanboel
onderteken is.
49
Die Suid-Ossetiese Oorlog en daarna
wysig
wysig bron
’n Amerikaanse vlootoffisier groet Georgiërs in 2008 in Adzjarië tydens die oorlog tussen Rusland en Georgië
Op 7 Augustus 2008 het Georgiese magte die hoofstad van Suid-Ossetië,
Zchinwali
, begin bombardeer en die volgende dag het Georgiese voetsoldate, tenks en polisiekommando's die streek binnegegaan.
50
Verskeie sleuteldorpe is oorgeneem en Russiese vredehouers en Suid-Ossetiese magte het teruggewyk.
51
52
Nadat ’n Russiese vredehouersbasis egter gebombardeer en personeellede gedood is, het Russiese soldate die streek binnegeval en dit het gelei tot ’n geveg van drie dae waarin die stad Zchinwali in puin gelê is.
53
54
55
Hierna is Georgiese magte gedwing om terug te val en die Russiese lugmag het lugaanvalle op Georgiese magte in Suid-Ossetië asook teikens in Georgië self begin uitvoer.
56
Die Georgiese lugmag het teenaanvalle gedoen. ’n Tweede oorlogsfront het ontstaan toe Abchasië, met Russiese hulp, Georgiese troepe in die
Kodori-vallei
aanval. Die Georgiese troepe het gou teruggewyk.
57
58
Russiese troepe het die Georgiese dorp Gori, waar Georgiese troepe vroeër saamgetrek het voordat hulle na Tbilisi teruggewyk het, binnegeval. Guerrillastryders het gevolg en hulle het gesteel en gemoor, en brandstigting is ook aangemeld.
59
60
Op 12 Augustus 2008 het oudpres.
Dmitri Medwedef
gelas dat Russiese operasies in Georgië beëindig word
61
en dat Russiese troepe geleidelik aan onder meer Gori onttrek word. Russiese magte het egter in Abchasië en Suid-Ossetië agtergebly
62
63
en Rusland het kort daarna dié twee gebiede se onafhanklikheid erken.
64
Sedert die oorlog hou Georgië vol Rusland beset die twee wegbreekstreke en dat hulle wetlik deel van Georgië bly.
65
66
Die land het groot internasionale steun gekry vir dié standpunt, hoewel pogings om internasionale toegang te beperk en ’n ekonomiese verbod op die streke te plaas, gemengde reaksie ontlok het.
67
Administratiewe verdeling
wysig
wysig bron
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië en Suid-Ossetië aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Georgië is verdeel in nege streke, een stad en twee outonome republieke.
Hulle is weer onderverdeel in 69 munisipaliteite.
Daar is twee amptelike outonome streke in Georgië, waarvan een hom onafhanklik verklaar het. Nog ’n streek het hom onafhanklik verklaar, maar is nie amptelik outonoom nie.
Die outonome streek
Abchasië
het hom in 1999 onafhanklik verklaar.
68
69
Die de facto- onafhanklike
Suid-Ossetië
is amptelik bekend as die Zchinwali-streek om dit te onderskei van die Russiese
Noord-Ossetië
70
Dit was outonoom in die
Sowjetunie
, maar sy outonomiteit is weggeneem toe dit in 1995 tot Zchinwali hernoem is.
71
Hoewel daar ’n aanbod was om die streek weer outonoom te maak, het die inwoners in 2006 in ’n referendum, wat nie deur Georgië erken word nie, gestem om onafhanklik te wees.
70
Rusland erken Suid-Ossetië se onafhanklikheid, maar Georgië nie; die land beskou die Russiese teenwoordigheid as ’n besetting van Georgiese grondgebied.
65
72
Albei streke het nou minimale internasionale erkenning as onafhanklike gebiede.
Adzjarië
was 'n outonome republiek in die Sowjet-tye, en het dit gebly binne onafhanklike Georgië. Onder leier
Aslan Abasjidze
, wat noue bande met Rusland gehad het, het Tbilisi effektief gesag verloor. Ná die verkiesing van Micheil Saakasjwili as president in 2004, wat Georgiese gesag oor die hele twyfel wou herwin, het spanning tussen Adzjarië en Georgië toegeneem, wat gelei het tot betogings in die streek en Abasjidze se bedanking. Die streek het sy outonomie behou.
73
Geografie en klimaat
wysig
wysig bron
Die streek Tusheti in Noordoos-Georgië
Nasa
-Satellietbeeld van Georgië
Die streek Swaneti in Noordwes-Georgië
Georgië is in die
Suid-Kaukasus
geleë,
74
75
tussen die breedtegrade 41° en 44°
N en die lengtegrade 40° en 47°
O. Dit het ’n oppervlakte van 69
700
km² en is baie bergagtig. Die
Lichi-bergreeks
verdeel die land in oos (die historiese Iberië) en wes (Kolchis). Berge skei ook die noordelike deel van die res van Georgië.
Die Groot Kaukasus-bergreeks vorm die land se noordgrens. Die hoofpaaie na Rusland deur die bergreeks loop deur die Roki-tonnel tussen Suid- en Noord-Ossetië en die Darial-kloof in die Georgiese streek Chevi. Die suidelike deel van die land word begrens deur die Klein Kaukasus-bergreeks.
Die hoogste berg is
Sjchara
(5
068
m bo seevlak), gevolg deur Janga (
Dzjangi-Taoe
) (5
059
m). Ander prominente pieke sluit in Kazbek, Sjota Roestaweli, Tetnoeldi, Oesjba en Ailama. Van laasgenoemde pieke is net Kazbek van
vulkaniese
oorsprong. Die gebied tussen Kazbek en Sjchara (sowat 200
km aan die hoof-Kaukasus-bergreeks) word oorheers deur gletsers. Van die sowat 2
100 gletsers in die Kaukasus kom sowat 30% in Georgië voor.
Die term Klein Kaukasus-bergreeks word dikwels gebruik vir die bergagtige Suid-Georgië wat aan die Groot Kaukasus-bergreeks verbind word deur die Lichi-reeks. Die gebied bestaan uit verskeie bergreekse (grootliks van vulkaniese oorsprong) wat met mekaar verbind is en plato's wat nie hoër as 3
400
m is nie. Prominente geografiese eienskappe sluit in die vulkaniese plato Jawacheti, mere soos Tabatskoeri en Parawani, en minerale- en warmbronne. Twee van die grootste riviere is die
Rioni
en die
Mtkwari
Die
Kroebera-grot
is die diepste bekende grot in die wêreld. Dit is in die
Arabika-massief
van die
Gagra-bergreeks
in Abchasië geleë. In 2001 het ’n Russies-Oekraïnse span ’n wêreldrekord opgestel toe hulle 1
710
m diep geduik het. In 2004 het ’n Oekraïnse span die 2
000
m-merk bereik. In Oktober 2005 is ’n ongerepte deel deur die CAVEX-span ontdek en hulle het bevestig dat die grot 2
140
m diep is.
Topografie
wysig
wysig bron
Die grotstad Wardzia en die vallei van die
Koera
-rivier daaronder
Oesjba, ’n prominente piek in die Kaukasus
Die Georgiese landskap is taamlik uiteenlopend. In die weste is van moeras- en reënwoude tot permanente sneeu en gletsers, terwyl ’n klein deel in die ooste ook halfdroë vlaktes bevat. Woude bedek sowat 40% van Georgië se oppervlak, terwyl die alpynse en subalpynse sone sowat 10% beslaan.
’n Groot deel van die natuurlike habitat in die laagliggende dele van Wes-Georgië het die afgelope 100 jaar verdwyn weens die uitbreiding van
landbou
en stede. Die meeste van die woude wat die Kolchis-vlakte bedek het, bestaan nie meer nie – behalwe in nasionale parke en reservate (soos die Paliastomi-meergebied). Vandag kom die meeste woude in die bergagtige gebiede voor. Wes-Georgië se woude laer as 600
m bo seevlak bestaan hoofsaaklik uit bladwisselende bome – veral eikebome, haagbeuke, Oosterse beuke, olms, esbome en kastaiings. Immergroen
spesies
soos buksbome word ook wyd aangetref.
Die wes-sentrale hange van die
Mescheti-bergreeks
in Adzjarië en sommige plekke in Samegrelo en Abchasië is bedek met gematigde reënwoude. Tussen 600 en 1
000
m bo seevlak raak die bladwisselende woude gemeng met breëblaar- en keëldraende spesies. Dié sone bevat veral beuke-, Kaukasiese sparhoutboom- en denneboomwoude. Van 1
500 tot 1
800
m raak die woude grootliks keëldraend. Die boomlyn eindig gewoonlik op sowat 1
800
m en dan begin die alpynse sone; in die meeste gebiede strek dit tot sowat 3
000
m bo seevlak. Bokant dié merk lê sneeu en gletsers.
Die landskap van Oos-Georgië (die gebied oos van die Lichi-bergreeks) verskil heelwat van dié in die weste, hoewel die woude in die laagliggende gebiede soos die Mtkwari- en Alazani-riviervalleie ook moes plek maak vir landbou.
Oos-Georgië bestaan in die algemeen uit valleie en klowe wat deur berge geskei word. Hier is byna 85% van die woude bladwisselend. Keëlboomwoude kom net oorheersend voor in die Borjomi-kloof en in die heel westelike dele. Veral beuke, eieke en haagbeuke kom voor, maar daar is ook esdorings, esse en haselneutbome. In die Bo-Alazani-riviervallei is daar taksisboomwoude.
Meer as 1
000
m bo seevlak (veral in die streke Toesjeti, Chewsoereti en Chewi) oorheers denne- en berkewoude. In die algemeen kom woude in Oos-Georgië voor tussen 500 en 2
000
m bo seevlak, terwyl die alpynse sone strek van 2
000 tot 3
500
m. Bo dié merk lê sneeu en gletsers.
Klimaat
wysig
wysig bron
Klimaatsones in Georgië volgens die
Köppen-klimaatklassifikasie
Die Swartsee-kus van Batoemi in Wes-Georgië
Georgië se klimaat is taamlik uiteenlopend vir so ’n klein land. Daar is twee hoofstreke, min of meer oos en wes. Die Groot Kaukasus speel ’n belangrike rol daarin om die klimaat gematig te maak en die land te beskerm teen die kouer lug uit die noorde. Die Klein Kaukasus beskerm weer die land gedeeltelik teen droë, warm lug uit die suide.
’n Groot deel van Wes-Georgië val in die noordelike buiterand van die vogtige subtropiese sone met ’n jaarlikse reënval van tussen 1
000 en 4
000
mm. Die reën kom meestal eweredig deur die jaar voor, hoewel meer reën in die herfs kan voorkom. Die klimaat wissel na gelang van die hoogte; die laelande van Wes-Georgië is relatief warm dwarsdeur die jaar, terwyl die bergagtige gebiede koel, nat somers en winters met sneeu het. Adzjarië is die natste streek in die Kaukasus, met die Berg Mtirala-
reënwoud
oos van Koboeleti wat ’n jaarlikse reënval van 4
500
mm het.
Oos-Georgië het ’n oorgangsklimaat tussen vogtig suptropies en kontinentaal. Die streek se weerpatroon word beïnvloed deur droë lug vanaf die
Kaspiese See
in die ooste en vogtige lug vanaf die
Swartsee
in die weste. Die vogtige lug vanaf die Swartsee word dikwels afgekeer deur verskeie bergreekse (Lichi en Mescheti) wat die ooste en die weste van die land skei. Die jaarlikse reënval is minder as in die weste en wissel tussen 400 en 1
600
mm.
Die natste seisoene is die lente en herfs, terwyl dit in die winter en somer droër is. ’n Groot deel van Oos-Georgië het warm somers, veral in die laagliggende gebiede, en relatief koue winters. Nes in die weste speel die hoogte bo seevlak ’n belangrike rol; die klimaat bo 1
500
m is aansienlik kouer as in die laagliggende dele. Die dele van die streek bo 2
000
m kry dikwels selfs in die somer ryp.
Biodiversiteit
wysig
wysig bron
Die Kaukasiese skaaphond
Vanweë die verskeidenheid in die landskap en sy lae ligging is Georgië die tuiste van sowat 1
000 spesies
gewerweldes
(330
voëls
, 160
visse
, 48
reptiele
en 11
amfibie
ë). ’n Groot getal
karnivore
woon in die woude, soos
bruinbere
wolwe
rooikatte
en Kaukasiese
luiperds
. Die
fisant
is ’n endemiese voël wat nou ook algemeen in die res van die wêreld voorkom. Die getal
ongewerweldes
is ook groot, maar syfers wissel tussen publikasies. Daar is bv. 501 spesies
spinnekoppe
in Georgië.
Daar is net meer as 6
500 spesies
fungusse
aangeteken,
76
77
maar daar is waarskynlik veel meer, veral in die lig daarvan dat geskat word net sowat 7% van alle fungusse wêreldwyd is al ontdek.
78
Regering en politiek
wysig
wysig bron
Die Georgiese parlementsgebou in
Koetaisi
, setel van die parlement tussen 2012 en 2018
Micheil Saakasjwili was die Georgiese president van 2004 tot 2007 en van 2008 tot 2013
Georgië is ’n
demokratiese
, semi-presidensiële
republiek
. Die
president
is die staatshoof en die
eerste minister
die regeringshoof. Die uitvoerende gesag bestaan uit die president en kabinet. Die kabinet bestaan uit ministers, met die eerste minister aan die hoof, en word deur die president aangestel. Die ministers van verdediging en binnelandse sake is nie deel van die kabinet nie en val onder die president self.
Die wetgewende gesag lê by die parlement. Dit het 150 lede, bekend as afgevaardigdes. Hulle word vir ’n termyn van vier jaar verkies. Vyf partye en verkiesingsblokke het verteenwoordigers in die parlement gekry in die 2008-verkiesings. Op 26 Mei 2012 het Saakasjwili ’n nuwe parlementsgebou ingewy in die stad Koetaisi in Wes-Georgië in ’n poging om mag te desentraliseer en politieke beheer nader aan Abchasië te skuif.
79
Die parlementsetel is in Desember 2018 na Tbilisi teruggeskuif.
80
Die politieke stelsel is steeds in ’n oorgangstadium en aanpassings word gereeld gedoen aan die magsbalans tussen die president en die parlement, met voorstelle uit die opposisie wat wissel van ’n oorgang na ’n parlementêre republiek tot die herinstelling van die
monargie
81
82
Volgens waarnemers is daar ’n gebrek aan vertroue tussen die regering en die opposisie.
83
Opinies verskil oor die mate van politieke vryheid in Georgië. Saakasjwili het in 2008 geglo die land is "op pad om ’n Europese demokrasie te word".
84
Freedom House lys Georgië as ’n gedeeltelik vrye land.
85
In die Georgiese parlementsverkiesing van Oktober 2012 het die opposisie-koalisie "Georgiese Droom – Demokratiese Georgië" geseëvier. Dit is die volgende dag deur die destydse president, Saakasjwili, bevestig.
86
Salome Zoerabisjwili
het van 2018 tot 2024 as die president gedien en sy is in Desember 2024 opgevolg deur
Micheil Kawelasjwili
Irakli Kobachidze
dien sedert 2024 as eerste minister.
Menseregte
wysig
wysig bron
’n Demonstrasie op 10 April 2009 voor die ou Georgiese parlement
Menseregte
in die land word in die grondwet gewaarborg. ’n Onafhanklike "openbare verdediger" is deur die parlement aangestel om te verseker dié regte word toegepas.
87
Georgië het ook die internasionale Raamwerkkonvensie vir die Beskerming van Nasionale Minderhede in 2005 onderteken.
Die regering is gekritiseer vir die gewelddadige optrede op 26 Mei 2011 teen betogers, onder andere die Georgiese opposisieleier Nino Boerjanadze, toe hulle met
traangas
en rubberkoeëls uiteengejaag is. Hulle het geweier om Roestaweli-laan in Tbilisi te verlaat tydens ’n onafhanklikheidsdag-parade al het hul permit reeds verval en al is hulle gevra om op ’n alternatiewe plek byeen te kom.
88
89
90
91
Mensregte-aktiviste sê die betogings was vreedsaam, maar volgens die regering het baie betogers maskers gedra en was hulle gewapen met stokke en petrolbomme.
92
Boerdjanadze het gesê daar is geen gronde vir bewerings dat ’n staatsgreep beplan is nie en dat die betoging wettig was.
91
93
94
95
Buitelandse betrekkinge
wysig
wysig bron
Micheil Saakasjwili en die Amerikaanse president
Barack Obama
en hul eggenotes in 2009
Georgië handhaaf goeie betrekkinge met sy buurlande
Armenië
Azerbeidjan
en
Turkye
. Die land is lid van die
Verenigde Nasies
Raad van Europa
, die
Wêreldhandelsorganisasie
, die
Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa
, die
Asiatiese Ontwikkelingsbank
en verskeie ander internasionale organisasies. Dit handhaaf politieke, ekonomiese en militêre betrekkinge met
Japan
Uruguay
96
Suid-Korea
97
Israel
98
Sri Lanka
99
die
Oekraïne
en baie ander lande.
Die groeiende invloed van Amerika en Wes-Europa op Georgië plaas stremming op die land se betrekkinge met Rusland. Georgië streef tans daarna om ’n volle lid van die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(Navo) te word. In Augustus 2004 is die Individuele Vennootskapsaksieplan van Georgië amptelik by Navo ingehandig. Op 29 Oktober 2004 het die Noord-Atlantiese Raad van Navo die plan goedgekeur en Georgië het die tweede stadium van Euro-Atlantiese Integrasie betree. In 2005 is ’n staatskommissie aangestel om die plan in werking te stel.
Op 14 Februarie 2005 is die ooreenkoms onderteken waarvolgens ’n Navo-samewerkingsoffisier aan Georgië toegeken is. In 2006 het die Georgiese parlement eenparig gestem vir die wetsontwerp wat voorsiening maak vir integrasie met Navo. Die meeste Georgiërs en politici steun Navo-lidmaatskap.
Weermag
wysig
wysig bron
Die Georgiese krygsmag in die buiteland sedert 1991
Die 33ste Ligte Infanteriebataljon berei voor vir ontplooiing in Afganistan
Die weermag bestaan uit ’n leër en lugmag. Hulle is saam bekend as die Georgiese Gewapende Magte.
Die sendings en funksies van die weermag is geskoei op die grondwet, die land se wet op verdediging en nasionale militêre strategie asook die internasionale ooreenkomste wat Georgië onderteken het. Dit word uitgevoer onder die leiding en gesag van die departement van verdediging.
Sedert Saakasjwili in 2004 aan die bewind gekom het, het hy die begroting vir die weermag verhoog en die weermag vergroot. Van die lede ondergaan opleiding in gevorderde tegnieke deur Amerikaanse militêre instrukteurs en intelligensiepersoneel. Georgiese troepe was al in
Irak
en
Afganistan
gestasioneer.
100
Wetstoepassing
wysig
wysig bron
Georgiese polisie in Tbilisi
Die departement van binnelandse sake is in beheer van wetstoepassing. Die polisie het in die afgelope jare ’n groot transformasie ondergaan en die polisie het baie pligte oorgeneem wat voorheen deur onafhanklike regeringsagentskappe uitgevoer is. Nuwe pligte sluit in grensveiligheid, doeanefunksies en gekontrakteerde veiligheidsverskaffing. Die polisie het ook in 2004 ’n nuwe 022-noodtelefoonlyn ingestel.
101
’n Intelligensiediens is in beheer van nasionale veiligheid.
In 2005 het Saakasjwili die hele verkeerspolisiemag afgedank weens korrupsie.
102
103
’n Nuwe mag is toe opgebou met nuwe rekrute.
102
Dié nuwe
Patroeli
-mag is in die somer van 2005 ingestel.
Demografie
wysig
wysig bron
’n Georgiese paartjie in tradisionele klere
Etniese kaart van die
Kaukasus
-streek
Soos die meeste inboorlinge van die Kaukasus pas die
Georgiërs
nie in een van die etniese hoofgroepe van Europa en Asië nie.
Georgies
, die grootste van die
Kartweliese tale
, is nie
Indo-Europees
Turks
of
Semities
nie. Die huidige Georgiese volk het waarskynlik ontstaan uit ’n samesmelting in die antieke tye tussen plaaslike volke en immigrante wat uit die rigting van
Anatolië
na die Suid-Kaukasus gekom het.
104
Etniese Georgiërs maak sowat 84% van die land se huidige bevolking van 4
661
473 uit (soos in Julie 2006). Dit sluit die wegbreekstreke Abchasië en Suid-Ossetië in.
105
Ander etniese groepe sluit in
Abchasiërs
Armene
Azerbeidjanners
Belarusse
Bulgare
Estlanders
Duitsers
Grieke
Moldawiërs
Ossetiërs
Pole
Russe
Turke
Oekraïners
en
Georgiese Jode
. Laasgenoemde is een van die oudste Joodse gemeenskappe in die wêreld. In April 2013 was daar "meer as 6
000" geregistreerde
Iranse
burgers in Georgië.
106
Die grootste taalgroep is die Kartweliese tale; dit sluit in Georgies, Swan, Mingrelies en Laz.
107
Die amptelike taal is Georgies, met
Abchasies
die amptelike taal in Abchasië. Georgies is die eerste taal van sowat 71% van die bevolking, gevolg deur
Russies
(9%),
Armeens
(7%) en
Azerbeidjans
(6%). Sowat 7% praat ander tale.
In die vroeë 1990's, ná die verbrokkeling van die Sowjetunie, het gewelddadige konflikte uitgebreek in die outonome streke Abchasië en Suid-Oossetië. Baie Ossetiërs het die land verlaat en veral na Rusland (Noord-Ossetië) getrek.
108
Aan die ander kant het meer as 150
000 Georgiërs Abchasië verlaat ná die uitbreek van gevegte in 1993.
105
Volgens die 1989-sensus was 341
000 inwoners, of 6,3% van die bevolking, etniese Russe,
109
52
000 was Oekraïners en 100
000 Grieke.
110
Sedert 1990 het 1,5
miljoen Georgiërs die land verlaat.
110
Minstens 1
miljoen etniese Georgiërs woon onwettig in Rusland.
111
Die meeste van die land se immigrante kom van
Turkye
en die
Volksrepubliek China
Grootste stede en dorpe van
Georgië
Kantoor van Nasionale Statistieke van Georgië - Bevolkingsverslag (2012)
Ranglys
Stadnaam
Administratiewe streek
Bevolking
Tbilisi
Koetaisi
Tbilisi
Tbilisi
1 172 700
Batoemi
Roestawi
Koetaisi
Imereti
196 800
Batoemi
Adzjarië
125 800
Roestawi
Kwemo Kartli
122 500
Zoegdidi
Samegrelo-Zemo Swaneti
75 700
Gori
Sjida Kartli
54 900
Poti
Samegrelo-Zemo Swaneti
47 900
Soechoemi
Abchasië
39 100
Chasjoeri
Sjida Kartli
38 700
10
Samtredia
Imereti
32 200
Godsdiens
wysig
wysig bron
Die Svetitskhoveli-katedraal, setel van die hoof van die Georgies-Ortodokse Kerk
Die meeste Georgiërs (83,9% in 2002)
112
behoort tot die
Georgies-Ortodokse Kerk
. Dit is een van die oudste Christelike kerke en is volgens die Kerk deur
Andreas
gestig.
113
Die historiese
Iberië
(die huidige Oos-Georgië) het die Christelike geloof in die 4de eeu n.C. aangeneem ná sendingwerk deur St. Nino van
Kappadosië
114
115
Die Kerk het in die
Middeleeue
outokefaal
geword. Die outokefalie is tydens die Russiese oorheersing van die land afgestel, maar in 1917 heringestel; dit is in 1990 deur die
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
erken. Hoewel daar godsdiensvryheid is en die kerk en staat geskei is, word die spesiale status van die Georgies-Ortodokse Kerk in die grondwet erken.
Godsdienstige minderheidsgroepe sluit in
Moslems
(9,9%),
Armeens-Apostoliese Christene
(3,9%) en
Rooms-Katolieke
(0,8%). Volgens 'n landwye opname het 0,8% tot ander gelowe behoort en 0,7% het geen godsdiens aangedui nie.
116
Ondanks ’n lang geskiedenis van godsdienstige harmonie in Georgië
117
was daar al verskeie voorvalle van diskriminasie teen "nietradisionele" godsdienste, soos
Jehovasgetuies
, deur die volgelinge van Wasil Mkalawisjwili, wat van sy Ortodokse priestersamp onthef is.
118
Onderwys
wysig
wysig bron
Die onderwysstelsel het sedert 2004 groot, hoewel omstrede, hervormings ondergaan.
119
120
Opvoeding is verpligtend vir alle kinders tussen die ouderdomme van ses en veertien. Daar is drie vlakke: elementêr (6–12 jaar), basies (12–15 jaar) en sekondêr (15–18 jaar), of ’n alternatiewe beroepsvlak van twee jaar. Studente met ’n sekondêreskool-sertifikaat het toegang tot hoër onderwys.
In 2008 was daar 20 instellings wat hoër onderwys aangebied het.
Kultuur
wysig
wysig bron
Die Georgiese tradisionele oorlogsdans Khorumi
Die Georgiese kultuur het oor duisende jare ontwikkel sedert die dae van die historiese state Iberië en Kolchis.
121
Dit het voortgeduur in die verenigde Georgiese koninkryk onder die heerskappy van die
Bagrationi-dinastie
. In die 11de eeu het die kultuur ’n goue eeu en renaissance beleef van klassieke
letterkunde
kuns
filosofie
argitektuur
en
wetenskap
122
Die taal Georgies en die klassieke Georgiese letterkunde van die digter Sjota Roestaweli het in die 19de eeu ’n herleweing ondergaan ná ’n lang tydperk van onrus in die geskiedenis. Dit het die basis gevorm vir romantisisme en die romanskrywers van die moderne era, soos Grigol Orbeliani, Nikoloz Baratasjwili, Ilia Tsjawtsjawadze, Akaki Tsereteli, Wazja Psjawela en baie ander.
123
Die kultuur is ook beïnvloed deur
Klassieke Griekeland
en die
Romeinse
, die
Bisantynse
en later die
Russiese Ryk
Die Georgiërs het hul eie, unieke drie
Georgiese skrifte
wat volgens tradisie in die 3de eeu v.C. ontwerp is deur koning
Pharnavaz I van Iberië
124
125
Die land is bekend vir sy uitgebreide folklore, unieke tradisionele musiek, teater, rolprentwese en kuns. Bekende kunstenaars van die 20ste eeu sluit in skilders soos Niko Pirosmani, Lado Goediasjwili, Elene Achwlediani; balletchoreograwe soos George Balantsjine, Wachtang Tsjaboekiani en Nino Ananiasjwili; digters soos Galaktion Tabidze, Lado Asatiani en Moechran Matsjawariani; en rolprent- en teaterregisseurs soos Robert Stoeroea, Tengiz Aboeladze, Georgi Danelija en Otar Ioseliani.
123
Argitektuur en kuns
wysig
wysig bron
Ou Tbilisi. Argitektuur in Georgië is in baie opsigte ’n vermenging van Europa en Asië
Die Georgiese argitektuur is deur baie beskawings beïnvloed. Daar is verskeie argitektuurstyle vir
kastele
torings
, forte en
kerke
. Die forte van die Bo-Swaneti en die kasteeldorp Sjatili in Chewsoereti is van die beste voorbeelde van
Middeleeuse
kasteelargitektuur. Nog voorbeelde van argitektuurstyle is onder meer Roestaweli-laan in Tbilisi in die Hausmann-styl en die Ou Stasdistrik.
Kerkargitektuur meng klassieke koepels en oorspronklike basilika-styl, en is bekend as die Georgiese kruiskoepelstyl. Dit het in die 9de eeu in die land ontwikkel; voorheen was die meeste kerke basilikas. Voorbeelde van Georgiese kerkargitektuur kan ook buite die land gevind word: die Batsjkowo-klooster in
Bulgarye
(1083), die
Iviron-klooster
op
Berg Athos
in
Griekeland
(10de eeu) en die Klooster van die Kruis in
Jerusalem
(9de eeu).
Georgiese kuns strek oor die voorhistoriese tye, die Antieke Griekse en Romeinse tyd, die Middeleeue en die moderne tyd. Een van die beroemdste skilders van die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Niko Pirosmani.
Musiek
wysig
wysig bron
Die land het ’n lewendige musiekkultuur, wat veral bekend is vir die vroeë ontwikkeling van veelstemmigheid. Baie streke het hul eie tradisionele musiek.
Voedselgeregte
wysig
wysig bron
Die Georgiese gereg chinkali en bier
Georgiese kos en
wyn
het oor eeue heen ontwikkel en is deur elke era beïnvloed. Een van die ongewoonste tradisies is
soepra
, of "Georgiese tafel", wat ook ’n manier is om saam met vriende en familie te kuier. Die hoof van die
soepra
is die
tamada
. Hy stel die hoogsfilosofiese heildronke in en maak seker almal geniet die ete.
Verskeie streke is bekend vir hul spesifieke geregte, soos chinkali (vleiskluitjies) uit die oostelike berggebied en chatsjapoeri hoofsaaklik uit Imereti, Samegrelo en Adzjarië. Geregte is ook van lande soos Rusland, Griekeland en meer onlangs China na Georgië gebring.
Sport
wysig
wysig bron
Die Georgiese president
Salome Zurabisjwili
met die
Georgiese vlag
ná die
nasionale rugbyspan
se historiese oorwinning oor
Italië
in
Batoemi
, 2022
Die gewildste sportsoorte in die land is
sokker
basketbal
rugby
stoei
judo
en
gewigoptel
. Georgië is histories bekend vir sy fisieke opvoeding; dit is bekend dat die Romeine gefassineer was deur die Georgiërs se fisieke eienskappe nadat hulle die oefentegnieke van Iberië gesien het. Hulle het ’n standbeeld van die Iberiese koning Pharsman opgerig nadat hy Georgiese oefenmetodes tydens ’n besoek aan
Rome
demonstreer het.
126
Die gewildste stoeistyl is kakhetian. Ouer style bestaan ook wat minder algemeen is; die streek Khevsureti het byvoorbeeld drie verskillende style. Nog gewilde sporte in die 19de eeu was
polo
en
lelo burti
(ლელო ბურთი), ’n tradisionele Georgiese sportsoort wat later deur rugby vervang is.
127
Rugby word as nasionale sport van Georgië beskou.
128
Die
Georgiese nasionale rugbyspan
, met die bynaam
Lelos
, het tot dusver vir ses
rugbywêreldbekertoernooie
gekwalifiseer, maar nog nie tot die uitklopfase deurgedring nie. Hulle behoort tot die sterkste Europese spanne buite die
Sesnasies-toernooi
en ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die
Europese Rugbykampioenskap
mee. Hulle het dié toernooi reeds 17 keer gewen en vyf keer as naaswenner geëindig. Veral wedstryde teen die politieke aartsvyand
Rusland
geniet groot aandag en word as 'n soort "Dawid teen Goliat" beskou, veral as gevolg van Georgië se sterk wenrekord teen die noordelike buurland. Sedert 2002 ding Georgië en
Roemenië
om die Antimbeker mee; dié beker is na die Metropolis van Moentenië en Dobroedja van die
Roemeens-Ortodokse Kerk
, die Georgiër Antim Iverianul, genoem. Baie Georgiese rugbyspelers speel by Franse professionele klubs.
129
Ook motorsport word beoefen. Die Roestawi Internasionale Motorpark, wat oorspronklik in 1978 gebou is, is in 2012 heropen ná opknappingswerk van $20 miljoen volgens die
FIA
-regulasies en word as die eerste professionele renbaan in die Kaukasusstreek beskou. Die destydse Georgiese president Micheil Saakasjwili het aan die inwydingsplegtigheid op 29 April 2012 deelgeneem en persoonlik 'n Formel-3-renmotor bestuur.
130
Ekonomie
wysig
wysig bron
Die Georgiese spoorweë verskaf ’n belangrike verbinding tussen die Swart- en Kaspiese See – die kortste roete tussen Europa en Sentraal-Asië
Wynbou is ’n belangrike faktor in die Georgiese ekonomie
Afrikanerboer Piet Kemp dra in 2011 by om die Georgiese landbou op stewiger grondslag te plaas.
Daar is argeologiese bewyse dat Georgië al sedert antieke tye handel dryf met ander lande, hoofsaaklik vanweë sy ligging aan die
Swartsee
en later aan die historiese
Syroete
Goud
silwer
koper
en
yster
word tradisioneel in die Kaukasua-berge gemyn.
Wynmakery
is ook ’n baie ou tradisie. Regdeur Georgië se moderne geskiedenis was
landbou
en
toerisme
groot bronne van inkomste vanweë die land se klimaat en topografie.
Vir die grootste deel van die 20ste eeu was Georgië se ekonomie deel van die
Sowjetunie
se beheerde ekonomie. Sedert onafhanklikwording in 1991 het die Georgiese ekonomie strukturele hervormings ondergaan om ’n vryemarkekonomie te vestig. Nes ander voormalige Sowjetrepublieke het ’n ekonomiese ineenstorting Georgië in die gesig gestaar. Die burgeroorlog en militêre konflik in Abchasië en Suid-Ossetië het die krisis vererger. Die landbou en nywerheid het agteruitgegaan en teen 1994 het die
BBP
gekrimp tot ’n kwart van wat dit in 1989 was.
131
Die eerste internasionale hulp uit die Weste is in 1995 deur die
Wêreldbank
Internasionale Monetêre Fonds
(IMF) en
Duitsland
verleen.
Sedert die vroeë 21ste eeu was daar merkbare positiewe ontwikkelings in die ekonomie. In 2007 het Georgië se reële BBP ’n groeikoers van 12% bereik en dit het die land een van die vinnigs groeiende ekonomieë in Oos-Europa gemaak.
Die Russiese verbod op die invoer van wyn uit Georgië en
Moldowa
in 2006 en die verbreking van finansiële bande in 2007 is deur die IMF as ’n "eksterne skok" beskryf
132
– Rusland was tot in 2007 een van Georgië se grootste handelsvennote. Boonop het Rusland die prys van
gas
vir Georgië verhoog. Dit het
inflasie
die hoogte laat inskiet.
133
Vandag is Georgië in ’n groter mate deel van die wêreldwye handelsnetwerk.
Die grootste bron van inkomste is steeds uit toerisme om die Swartsee. Volgens die regering is daar 103 oorde in verskillende klimaatsones in die land. Toeriste-aantreklikhede sluit in meer as 2
000 mineraalbronne en meer as 12
000 historiese en kulturele monumente, waarvan vier
Unesco
wêrelderfenisgebiede
is (die Bagrati-katedraal Koetaisi, die Gelati-klooster, die historiese monumente van Mtscheta en die Bo-Swaneti).
134
Van die land se belangrikste produkte is sitrusvrugte, tee, metale, chemikalieë en tekstielprodukte. Georgië het verder aansienlike
hidroëlektrisiteitsbronne
135
Sy grootste invoerprodukte is
gas
olieprodukte
, masjinerie en onderdele, en vervoertoerusting. Die chroniese tekort aan energie- en gastoevoer in die verlede is oorbrug deur toenemende invoere uit Azerbeidjan in plaas van Rusland.
Georgië is ook ’n belangrike internasionale vervoertussenganger danksy die hawens van Batoemi en Poti, die oliepypleiding van Bakoe deur Tbilisi na Ceyhan (die Bakoe-Tbilisi-Ceyhan-pypleiding) en ’n parallelle pypleiding, die Suid-Kaukasus-pypleiding.
Dienste (wat nou 65% van die BBP uitmaak) in plaas van landbou (10,9%) word ’n al hoe groter faktor in Georgië se ekonomie,
136
wat in 2008 ondanks die internasionale finansiële krisis met 2,3% gegroei het. In 2010–'12 het die ekonomie ’n groeikoers van 6% per jaar getoon. Die reële BBP het in 2010 met 6,3% gegroei en in 2011 het dit gestyg tot 7%.
Buitelandse beleggings, wat voor die 2008-konflik die kern van die ekonomiese groei was, het egter nog nie ten volle herstel nie en werkloosheid was in 2010 steeds 16,3%.
137
Georgië hoop om in die toekoms ekonomiese groei te stimuleer deur belasting, buitelandse beleggings, hidroëlektrisiteit, landbou, toerisme en tekstielvervaardiging. Die regering het ook lof van die Wêreldbank gekry vir sy stryd teen korrupsie, wat ook ’n positiewe uitwerking op die ekonomie het.
Vervoer
wysig
wysig bron
’n Padteken dui onder meer die rigting van die ს1-snelweg aan (in groen)
Vervoer vind plaas per spoor, pad, lug en waterweë. Vanweë sy posisie in die Kaukasus en aan die Swartsee is Georgië ’n sleutelland waardeur energie-invoere van Azerbeidjan na die Europese Unie plaasvind. Die land het in onlangse jare baie geld bestee aan die modernisering van sy vervoerstelsels. Die bou van nuwe paaie was ’n prioriteit en dus het die paaie by groot stede soos Tbilisi drasties verbeter. Binnelandse paaie is egter steeds in ’n swak toestand en tot op datum is nog net een nasionale snelweg, die ს 1, gebou.
138
Die Georgiese spoorweg verskaf ’n belangrike verbinding met die Kaukasus, asook tussen die
Swart
- en
Kaspiese See
. Dit het die land in staat gestel om voordeel te trek uit toenemende energie-invoere van Azerbeidjan en die Europese Unie, die Oekraïne en Turkye.
139
Die spoorweg het sedert 2004 nuwe treine aangeskaf en die bestuur hervorm om die diens doeltreffender en geriefliker te maak.
140
Groot klem word ook gelê op infrastruktuele ontwikkeling, veral vir die Tbilisi-spoorwegaansluiting.
141
Nog ’n projek wat beplan word, is ’n Kars-Tbilisi-Bakoe-spoorlyn wat ’n belangrike standaard-spoorverbinding sal verskaf tussen ’n groot deel van die Kaukasus en Turkye.
142
Lug- en seevervoer word ook uitgebrei – eersgenoemde vir veral passasiers en laasgenoemde vir hoofsaaklik vrag. Georgië het tans vier internasionale lughawens; die grootste is die Tbilisi Internasionale Lughawe – die tuiste van die Georgiese Lugdiens, wat vlugte na talle groot Europese stede bied. Ander lughawens is redelik onderontwikkeld, maar planne bestaan om dié probleem op te los.
143
Daar is verskeie seehawens aan die Swartsee; die grootste is by Batoemi en is ’n belangrike vragterminaal in die Kaukasus wat dikwels ook deur Azerbeidjan gebruik word. Passasiersveerbote verbind Georgië met Turkye en die Oekraïne.
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"Artikel 8",
Grondwet van Georgië
en
"Grondwet van Georgië"
(PDF)
Parlement van Georgië
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 10 Desember 2017
. Besoek op
9 September
2019
10
en
"Georgia"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Februarie 2021
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Population as of 1 January, thousands"
. Nasionale Statistiekkantoor van Georgië. 1 Januarie 2025
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"2014 General Population Census Main Results General Information — National Statistics Office of Georgia"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 2 Mei 2020
. Besoek op
9 September
2019
en
"Georgia"
Internasionale Monetêre Fonds
. April 2025
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Human Development Report 2023/2024"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 13 Maart 2024
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Gini Index – Georgia"
Wêreldbank
. Besoek op
13 Mei
2025
en
David M. Lang, A Modern History of Georgia, bl. 109
en
Parsons, Robert (11 Januarie 2008), "
Mikheil Saakashvili’s bitter victory
Geargiveer
15 April 2017 op
Wayback Machine
",
openDemocracy.net
. URL besoek op 21 Mei 2008.
en
"The Law of Georgia on Occupied Territories (431-IIs)"
(PDF)
. Staatsbediening vir Herintegrasie. 23 Oktober 2008. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 17 April 2016
. Besoek op
1 Februarie
2015
en
David Braund (1994).
A History of Colchis and Transcaucasian Iberia, 550 BC-AD 562
. Oxford University Press. pp.
17–18
ISBN
978-0-19-814473-1
en
Rouben Galichian (2007) Countries South of the Caucasus in Medieval Maps: Armenia, Georgia and Azerbaijan. bl. 188–189
en
Boeder; et al. (2002). Philology, typology and language structure. Peter Lang. bl. 65.
ISBN 978-0820459912
en
Grigol Peradze: "The Pilgrims' derivation of the name Georgia".
Georgica
, Autumn, 1937, nos. 4 & 5, 208–209
en
Hock, Hans Henrich; Zgusta, Ladislav (1997).
Historical, Indo-European, and Lexicographical Studies
. Walter de Gruyter. p.
211.
ISBN
978-3-11-012884-0
Mikaberidze (2015)
, p.
3.
harv error: no target: CITEREFMikaberidze2015 (
help
Rapp (2014)
, p.
21.
harv error: no target: CITEREFRapp2014 (
help
en
Rapp, Stephen H. (2003),
Studies in Medieval Georgian Historiography: Early Texts And Eurasian Contexts
, bl. 419–423. Peeters Publishers,
ISBN 90-429-1318-5
en
Constantine Porphyrogenitus (1967). Gyula Moravcsik (red.).
De Administrando Imperio
. vertaal deur Romilly James Heald Jenkins. Dumbarton Oaks Center for Byzantine Studies.
en
"Article 2.1"
Constitution of Georgia
Legislative Herald of Georgia
besoek op 25 Maart 2022
"‘Georgia’ is the name of the state of Georgia."
en
"Tbilisi"
Encyclopædia Britannica
. 11 Julie 2023
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Georgia country profile"
BBC
. 14 Maart 2012
. Besoek op
13 Mei
2025
en
Horovitz, David (17 Mei 2006).
'By Georgia! Don't call us Gruzia'
. The Jerusalem Post
. Besoek op
19 November
2023
en
"Japan intends to officially use 'Georgia' instead of 'Gruzia'
. Trend News Agency. 21 Oktober 2014
. Besoek op
19 November
2023
en
Lomsadze, Giorgi (28 Junie 2011).
"Georgia: Stop Calling Me "Gruzia"
. Eurasianet
. Besoek op
19 November
2023
hu
"Orbán Viktor Georgiában tárgyal"
. miniszterelnok.hu. 27 Oktober 2024
. Besoek op
26 Maart
2025
hu
"Orbán Viktor sajtónyilatkozata Magyarország és Georgia kormányának közös munkaülését követően"
. miniszterelnok.hu. 12 Oktober 2023
. Besoek op
26 Maart
2025
en
Rekhviashvili, Jimsher (13 Julie 2011).
"Georgia Asks Friends To Stop Calling It 'Gruzia'
. Radio Free Europe/Radio Liberty
. Besoek op
19 November
2023
en
"Lithuania approves Sakartvelo as official name for Georgia"
. LRT. 11 Januarie 2021
. Besoek op
19 November
2023
en
Phoenix: The Peoples of the Hills: Ancient Ararat and Caucasus by Charles Burney , David Marshall Lang, Phoenix Press; Nuwe Uitgawe (31 Desember 2001)
en
"Christianity and the Georgian Empire" (early history) Library of Congress, Maart 1994, webpage:
LCweb2-ge0015
en
Lives and Legends of the Georgian Saints, St Vladimirs Seminary Pr (Maart 1997) deur David Marshall Lang
en
David Marshal Lang, History of Modern Georgia, bl. 29
en
Goldstein, Darra
The Georgian Feast: the Vibrant Culture and Savory Food of the Republic of Georgia
bl. 35
en
Howard Aronson en Dodona Kiziria, Georgian Literature and Culture, bl. 119
en
Gvosdev (2000), bl. 85
en
Avalov (1906), bl. 186
en
Gvosdev (2000), bl. 86
en
Lang (1957), bl. 249
en
Lang (1957), bl. 252
en
Knight, Amy.
Beria: Stalin's First Lieutenant
, Princeton University Press, Princeton, New Jersey, bl. 237,
ISBN 978-0-691-01093-9
en
"Georgia/Abchasia: Violations of the laws of war and Russia's role in the conflict"
. Hrw.org. Maart 1995.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2020.
en
"Russia – The Ingush-Ossetian conflict in the Prigorodnyi region"
. Human Rights Watch/Helsinki. Mei 1996.
en
"EurasiaNet Eurasia Insight – Georgia's Rose Revolution: Momentum and Consolidation"
. Eurasianet.org. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 November 2017
. Besoek op
5 Mei
2009
en
Gorshkov, Nikolai (19 September 2002).
"Duma prepares for Georgia strike"
BBC
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 November 2019
. Besoek op
9 Februarie
2024
en
"Russia, Georgia strike deal on bases"
. Civil Georgia, Tbilisi. 30 Mei 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017.
en
"Russia Hands Over Batumi Military Base to Georgia"
. Civil Georgia, Tbilisi. 13 November 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2017
. Besoek op
24 Julie
2009
en
Russia's retention of Gudauta base – An unfulfilled CFE treaty commitment
Geargiveer
5 Februarie 2017 op
Wayback Machine
Socor, Vladirmir. The Jamestown Foundation. 22 Mei 2006
en
(video)
Heavy fighting in South Ossetia (Georgian MLRS launched rockets on Tskhinvali)
UK:
BBC
8 Augustus 2008
besoek op 13 Mei 2025
en
C. J. Chivers, Ellen Barry (6 November 2008).
"Georgia Claims on Russia War Called Into Question"
The New York Times
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2020
. Besoek op
12 November
2008
en
"The West Begins to doubt Georgian leader"
Der Spiegel
15 September 2008
en
"Armaments, Disarmament and International Security",
Stockholm International Peace Research Institute Yearbook
Oxford University Press,
2009,
ISBN
978-0-19-956606-8
en
Finn, Peter (18 Augustus 2008).
"Ground zero in the Georgia-Russia war:South Ossetia city's residents are certain Russia is in the right"
The Washington Post
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Januarie 2012
. Besoek op
29 November
2013
en
Ames, Mark.
"How To Screw Up A War Story: The New York Times At Work"
. Exiled Online
. Besoek op
2 November
2010
en
Chivers,
C. J.
Barry,
Ellen
(7 November 2008),
Georgia Claims on Russia War Called Into Question
NY Times
en
Pronina, Lyubov (10 Augustus 2008).
"Georgia Pulls Out of Ossetia as Second Front Opens (Update1)"
. Bloomberg
. Besoek op
2 November
2010
en
"Russian military pushes into Georgia"
. CNN. 11 Augustus 2008. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Desember 2008
. Besoek op
6 Oktober
2008
en
Harding, Luke (13 Augustus 2008).
"Georgian villages burned and looted as Russian tanks advance"
The Guardian
. Londen.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2013
. Besoek op
9 Januarie
2008
en
Harding, Luke (13 Augustus 2008).
"Russia's cruel intention"
The Guardian
. Londen.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2013
. Besoek op
7 Oktober
2008
en
"Russian President Orders Halt To Military Operations In Georgia"
. GlobalSecurity.org. 12 Augustus 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2017
. Besoek op
6 Oktober
2008
en
"Russia hands over control of Georgian buffer zones to EU"
. RIA Novosti. 9 Oktober 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013
. Besoek op
10 Oktober
2008
en
"RIA Novosti — Russia — Russia fully staffs bases in Abkhazia, S.Ossetia"
. En.rian.ru.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013
. Besoek op
10 Mei
2009
en
Russia recognised the independence of Abkhazia and South Ossetia from Georgia
Geargiveer
31 Augustus 2008 op
Wayback Machine
, Azerbaijan Business Centre, 26 Augustus 2008. Besoek op 26 Augustus 2008.
en
Resolution of the Parliament of Georgia declaring Abkhazia and South Ossetia occupied territories
Geargiveer
3 September 2008 op
Wayback Machine
, 28 Augustus 2008.
en
Abkhazia, S.Ossetia Formally Declared Occupied Territory.
Geargiveer
3 September 2008 op
Wayback Machine
Civil Georgia. 28 Augustus 2008
en
"Turkish Investment and Trade Booms in Abkhazia"
. Tabula Magazine English. 1 April 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Government of Georgia – Abkhazia"
. Government.gov.ge.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020
. Besoek op
3 Julie
2011
en
"Regions and territories: Abkhazia"
BBC
. 8 Februarie 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 November 2019
. Besoek op
19 Februarie
2021
en
"Regions and territories: South Ossetia"
BBC
. 8 Februarie 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 November 2019
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Georgia Districts"
. Statoids.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019
. Besoek op
3 Julie
2011
en
Abkhazia, S.Ossetia Formally Declared Occupied Territory.
Geargiveer
3 September 2008 op
Wayback Machine
Civil Georgia. August 28, 2008.
en
"Regions and territories: Ajaria"
BBC
. 8 Februarie 2011.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2019
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Caucasus"
Encyclopædia Britannica
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020
. Besoek op
9 September
2019
en
"CESWW – Definition of Central Eurasia"
. Cesww.fas.harvard.edu.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 September 2018
. Besoek op
6 Augustus
2010
en
Nakhutsrishvili, I.G. ["Flora of Spore Producing Plants of Georgia (Summary)"]. 888 bl., Tbilisi, Academy of Science of the Georgian SSR, 1986
en
"Cybertruffle's Robigalia – Observations of fungi and their associated organisms"
. cybertruffle.org.uk.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2018
. Besoek op
27 Julie
2011
en
Kirk, P.M., Cannon, P.F., Minter, D.W. and Stalpers, J. "Dictionary of the Fungi". Edn 10. CABI, 2008
en
"Georgia opens new parliament in Kutaisi, far from the capital"
Washington Post
. 26 Mei 2012. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Desember 2018
. Besoek op
26 Mei
2012
en
"New Constitution of Georgia comes into play as the presidential inauguration is over"
Agenda.ge
. 17 Desember 2018.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2019
. Besoek op
9 September
2019
en
Zaza Jgharkava (18 Oktober 2007).
Will a Constitutional Monarchy Be Restored in Georgia?
Geargiveer
11 Januarie 2015 op
Wayback Machine
. Georgia Today, Issue #379.
en
Giorgi Lomsadze (18 Desember 2007).
Time for a King for Georgia?
Geargiveer
21 Januarie 2008 op
Wayback Machine
. EurasiaNet Civil Society.
en
"Western observers offer varied judgments on the conduct of the Georgian presidential election and its consequences"
. Armenian Reporter. 1 Augustus 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 September 2019
. Besoek op
17 Oktober
2008
en
Berry, Lynn (7 Januarie 2008).
"Georgia Leader: Country on Right Track"
. Fox News.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019
. Besoek op
17 Oktober
2008
en
"Freedom in the World 2008"
(PDF)
. Freedom House. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 9 Januarie 2012
. Besoek op
23 Desember
2011
en
"Saakashvili Concedes Defeat in Parliamentary Election"
Civil
2 Oktober 2012
en
"Georgia's public defender"
. Ombudsman.ge.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019
. Besoek op
3 Julie
2011
en
"US, Britain, call for probe into May 26 events in Georgia"
. News.Az. 28 Mei 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Julie 2019
. Besoek op
3 Julie
2011
en
Rachel Denber, Europe and Central Asia deputy director (26 Mei 2011).
"Georgia: Police Used Excessive Force on Peaceful Protests
Human Rights Watch"
. Hrw.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2015
. Besoek op
3 Julie
2011
en
"Tbilisi Mayor's Offers Protesters Alternative Venues for Rally"
. Civil.ge.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2017
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
MISHA, DZHINDZHIKHASHVILI (26 Mei 2011).
"Georgian Police Say 2 Killed in Protest Dispersal"
ABC News
. Associated Press. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 22 Januarie 2012
. Besoek op
24 Desember
2011
en
"Audio, Video Recordings Implicate Protest Leaders to 'Plotting Violence'
. Civil.ge.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2017
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
"Saakashvili has basically endorsed dictatorship" – Georgian opposition – RT"
. Rt.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 April 2019
. Besoek op
3 Julie
2011
en
"People disappear in Georgia after violent dispersal of opposition rally"
. Rt.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 November 2018
. Besoek op
3 Julie
2011
en
Luke Harding (9 April 2009).
"Thousands gather for street protests against Georgian president Mikheil Saakashvili"
The Guardian
. UK.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2013
. Besoek op
3 Julie
2011
en
"Ministry of Foreign Affairs of Georgia – Oriental Republic of Uruguay"
. Mfa.gov.ge. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 September 2008
. Besoek op
5 Mei
2009
en
"Ministry of Foreign Affairs of Georgia – Visa Information for Foreign Citizens"
. Mfa.gov.ge. 30 April 2009. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 September 2008
. Besoek op
5 Mei
2009
en
"Ministry of Foreign Affairs of Georgia – Relations between Georgia and the State of Israel"
. mfa.gov.ge. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 September 2011
. Besoek op
28 Maart
2010
en
"Ministry of Foreign Affairs of Georgia – Democratic Socialist Republic of Sri Lanka"
. Mfa.gov.ge. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 September 2008
. Besoek op
5 Mei
2009
en
Saakashvili, Mikheil. "Why Georgia sends troops to Afghanistan"
The Telegraph
en
"Security Notice"
. American Embassy Tbilisi.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2007
. Besoek op
23 Desember
2007
en
Mark McDonald, Knight Ridder Newspapers.
"Firing of traffic police force stands as a symbol of hope in Georgia
McClatchy"
. Mcclatchydc.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Januarie 2013
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
"Georgia's National Police Corruption Project"
. NPR. 15 September 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
History of Modern Georgia, David Marshal Lang, bl. 18
en
Statistical Yearbook of Georgia 2005
: Population, Table 2.1, bl. 33, Department for Statistics, Tbilisi (2005)
en
Damien McGuinness (15 April 2013).
"The Iranians who come to Georgia"
BBC
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2019
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Ethnographic map of the Caucasus"
. Hunmagyar.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2017
. Besoek op
2 November
2010
en
Human Rights Watch/Helsinki,
Russia: The Ingush-Ossetian Conflict in the Prigorodnyi Region
, Mei 1996.
en
Georgia: Ethnic Russians Say, "There’s No Place Like Home"
Geargiveer
16 Februarie 2018 op
Wayback Machine
. EurasiaNet.org. 30 April 2009.
en
Ethnic minorities in Georgia
(PDF). Federation Internationale des Ligues des Droits de l'Homme.
en
"Georgians deported as row deepens"
BBC
. 6 Oktober 2006
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"2002 census results"
(PDF)
. p.
132. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 14 Maart 2019
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Patriarchate of Georgia – Official web-site"
. Patriarchate.ge. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 April 2015
. Besoek op
10 Junie
2012
en
Toumanoff, Cyril, "Iberia between Chosroid and Bagratid Rule", in
Studies in Christian Caucasian History
, Georgetown, 1963, bl. 374–377. Aanlyn by
en
Rapp, Stephen H., Jr (2007). "7 – Georgian Christianity".
The Blackwell Companion to Eastern Christianity
. John Wiley & Sons. p.
138.
ISBN
978-1-4443-3361-9
. Besoek op
11 Mei
2012
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
en
"Georgian Religion statistics"
. NationMaster.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 November 2013
. Besoek op
2 November
2010
en
Spilling, Michael. Georgia (Cultures of the world). 1997
en
"Memorandum to the U.S. Government on Religious Violence in the Republic of Georgia (Human Rights Watch August 2001)"
. Hrw.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 November 2008
. Besoek op
5 Mei
2009
en
"Georgia purges education system"
BBC
. 29 Julie 2005
. Besoek op
13 Mei
2025
en
Molly Corso (13 Mei 2005)
Education reform rocks Georgia
Geargiveer
31 Julie 2016 op
Wayback Machine
. Eurasianet. UN-ontwikkelingsprogram. URL besoek op 2 September 2008.
en
Georgia
: in the mountains of poetry 3rd rev. ed., Nasmyth, Peter
en
Rapp, Stephen H. (2003),
Studies In Medieval Georgian Historiography: Early Texts And Eurasian Contexts
. Peeters Publishers,
ISBN 90-429-1318-5
en
Lang David, Georgians
en
Lang, David Marshall.
Georgia
. bl. 515.
en
"Georgian Alphabet"
. 101languages.net.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2019
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
Cassius Dio,
Roman History
, LXIX, 15.3
en
Louis, Victor & Jennifer (1980).
Sport in the Soviet Union
. Oxford Pergamon. p.
39.
ISBN
0-08-024506-4
en
"There is far more to savour in European rugby union than just the Six Nations"
The Guardian
. 11 Februarie 2014.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2019
. Besoek op
13 Mei
2025
fr
"La Géorgie avec 7 joueurs du Top 14 contre la France"
. L’Équipe. 2021
. Besoek op
29 April
2012
en
"Rustavi 2 Broadcasting Company"
. Rustavi2.com. 29 April 2012. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Februarie 2014
. Besoek op
30 November
2013
en
"The World Bank in Georgia 1993–2007"
(PDF)
. World Bank. 2009
. Besoek op
14 Augustus
2013
en
IMF Mission Press Statement at the Conclusion of a Staff Visit to Georgia
Geargiveer
28 September 2007 op
Wayback Machine
. 1 Junie 2007
en
Central Bank Chief Reports on Inflation
. Civil Georgia, Tbilisi. 10 Mei 2007.
en
Invest in Georgia: Tourism
Geargiveer
26 Junie 2010 op
Wayback Machine
en
"U.S. Energy Informationa Administration "World Hydroelectricity Installed Capacity"
. Eia.doe.gov.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 November 2010
. Besoek op
30 Oktober
2012
en
World Development Indicators 2008, The World Bank. Data oor samestelling van BNP beskikbaar te
worldbank.org
[dooie skakel]
en
Main Macroeconomic Indicators
, Nasionale Statistiekkantoor, Georgië
en
"Roads Department of Georgia"
. Georoad.ge.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2019
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Georgian Railway"
. Railway.ge
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Georgian Railway"
. Railway.ge
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Georgian Railway"
. Railway.ge
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Georgian Railway"
. Railway.ge
. Besoek op
10 Junie
2012
en
"Kutaisi's airport: Georgia's opportunity"
. Evolutsia.Net. 18 Januarie 2012. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Februarie 2012
. Besoek op
10 Junie
2012
Bronnelys
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Georgia"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
13 Mei
2025
en
"Georgia"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
13 Mei
2025
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Georgië
Sien
Georgië
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
en
Toerisme-inligting oor
Georgië
op
Wikivoyage
ka
Amptelike webwerf van die Georgiese president
ka
Amptelike webwerf van die Georgiese regering
Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia
Rusland
• (
Abchasië
Rusland
• (
Suid-Ossetië
Rusland
Swartsee
Azerbeidjan
Georgië
Swartsee
Turkye
Turkye
Armenië
Armenië
Azerbeidjan
Lande en gebiede in
Asië
Onafhanklike lande
Afghanistan
Armenië
Azerbeidjan
Bahrein
Bangladesj
Bhoetan
Broenei
Egipte
Filippyne
Georgië
Indië
Indonesië
Irak
Iran
Israel
Japan
Jemen
Jordanië
Kambodja
Kasakstan
Katar
Kirgisië
Koeweit
Laos
Libanon
Maledive
Maleisië
Mianmar
Mongolië
Nepal
Noord-Korea
Oesbekistan
Oman
Oos-Timor
Pakistan
Rusland
Saoedi-Arabië
Singapoer
Siprus
Sirië
Sri Lanka
Suid-Korea
Tadjikistan
Thailand
Turkmenistan
Turkye
Verenigde Arabiese Emirate
Viëtnam
Volksrepubliek China
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Noord-Siprus
Palestina
Republiek China (Taiwan)
Suid-Ossetië
Afhanklike gebiede
Australië
Kerseiland
Kokoseilande
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Britse Indiese Oseaangebied
Volksrepubliek China
Hongkong
Macau
Lande van
Afrika
Europa
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Afrika
. 2. Land deels in
Europa
. 3. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Lande en gebiede in
Europa
Onafhanklike lande
Albanië
Andorra
Armenië
Azerbeidjan
Belarus
België
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Georgië
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kasakstan
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Rusland
San Marino
Serwië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Vatikaanstad
Verenigde Koninkryk
Ysland
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Donetsk
Kosovo
Loehansk
Noord-Siprus
Suid-Ossetië
Transnistrië
Afhanklike gebiede
Finland
Åland
Koninkryk van Denemarke
Faroëreilande
Noorweë
Jan Mayen
Svalbard
Portugal
Asore
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Gibraltar
Guernsey
Jersey
Man
Lande van
Afrika
Asië
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Asië
. 2. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die
Kanaaleilande
Normdata
Internasionaal
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Kroasië
Griekeland
Argentinië
Vatikaan
Israel
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
İslâm Ansiklopedisi
Ontsluit van "
Kategorie
Georgië
Versteekte kategorieë:
Harv and Sfn no-target errors
AS1-onderhoud: meer as een naam
Commons-kategorie met plaaslike skakel anders as op Wikidata
Voorbladartikels
Georgië
Nuwe onderwerp