GNOME - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
GNOME
Skermkiekie van GNOME 41
Ontwikkelaar
GNOME-ontwikkelaars
Aanvanklike vrystelling
Maart
1999
; 27 jaar gelede
1999-03-03
Nuutste weergawe
50.1
/ 15 April 2026
Programmeertaal
C, C++, C#, Javascript
Beskikbaar in
meer as 50 tale
Kategorie
Werkskermomgewing
Lisensie
GPL
en
LGPL
Webblad
www
.gnome
.org
Ubuntu
Die
GNOME
-projek is 'n internasionale poging om 'n maklik-om-te-gebruik rekenaar
werkskermomgewing
, wat heeltemal uit programmatuur wat as
vry
deur die
Free Software Foundation
beskou word, te skep. Dit beteken die skep van gereedskap wat ontwikkelaars help om nuwe alleenstaande toepassings te skryf, die kies van toepassings vir insluiting in die amptelike werkskermproduk, en werk aan wat bekendstaan as die werkskerm-
omgewing
, dit wil sê, die werkskerm, toepassingskieslys , taakbalk, lêerbeheerder
en venstermaker.
'n Groot hoeveelheid programmatuur word geskep of aangebied
onder die sambreel van die GNOME-projek, waarvan sommige versamel word en saam vrygestel word as
The GNOME Desktop
. Die werkskerm word saam met 'n
bedryfstelsel
, soos 'n
GNU/Linux
verspreiding of
Sun Microsystems
se
Solaris
, versprei om 'n volfunksie rekenaarstelsel te skep.
GNOME is die amptelike werkskerm van die
GNU-Projek
en die korrekte uitspraak van die naam is
/gəˈnom/
, alhoewel
/nom/
is ook in algemene gebruik. Die naam is geskep as 'n akroniem van
GNU Network Object Model Environment
, maar gebruik van die volledige uitbreiding word nou as uitgedien beskou.
Oogmerke
wysig
wysig bron
Volgens die GNOME webwerf,
Die GNOME-projek verskaf twee goed: Die GNOME werkskermomgewing, 'n intuitiewe en aantreklike werkskerm vir gebruikers, en die GNOME ontwikkelingsplatform, 'n uitgebreide raamwerk vir die bou van toepassings wat in die res van die werkskerm integreer.
Die GNOME-projek plaas heelwat klem op eenvoud, bruikbaarheid en om goed "net te laat werk". Die ander doelstellings van die projek is:
Vryheid — om 'n werkskermomgewing te skep wat altyd gratis sal wees met die bronkode beskikbaar vir hergebruik onder 'n Vrye Programmatuur lisensie.
Bruikbaarheid
— om te verseker dat die werkskerm deur enige iemand gebruik kan word ongeag van tegniese vaardigheid of fisiese gestremdheid.
Internasionalisering en lokalisering
— om die werkskerm beskikbaar te stel in baie tale.
Ontwikkelaarvriendelikheid — om te verseker dat dit maklik is om programmatuur te skryf wat maklik met die werkskerm integreer, en ontwikkelaars vrye keuse van
programmeertaal
gee.
Organisasie — 'n gereelde vrystellingsiklus en 'n gedissiplineerde gemeenskapstruktuur.
Ondersteuning — om ondersteuning van ander instansie buiten die GNOME-gemeenskap te verseker.
Oorsprong
wysig
wysig bron
Die GNOME-projek is in Augustus 1997 deur
Miguel de Icaza
en
Federico Mena
begin na aanleiding van lisensiëring bekommernisse oor programmatuur wat deur
KDE
, 'n vrye programmatuur werkskermomgewing wat op die
Qt
koppelvlakelementgereedskapstel
, gebruik is. Op daardie stadium het Qt nie 'n
vrye programmatuurlisensie
gebruik nie en het lede van die GNU-projek bekommerd geraak oor die gebruik van so 'n gereedskapstel vir die bou van 'n vrye programmatuur werkskerm en toepassings. Twee projekte is begin:
Harmony
, om 'n vrye plaasvervanger vir die Qt biblioteke te skep, en die GNOME-projek om 'n nuwe werkskerm sonder Qt te skep en geheel en al op vrye programmatuur gebou.
In November 1998 is die Qt gereedskapstel onder die oopbron
Q Public License
(QPL) gelisensieer, maar debatte oor die aanpasbaarheid daarvan met die
GNU General Public License
(GPL) het voortgesleep. In September 2000 maak Trolltech die GNU/Linux weergawe van die Qt biblioteke onder die GPL beskikbaar waarmee meeste van die besware wat jarelange lisensiëring debatte aangespreek is.
Die lisensiëring van Qt is vir sommige mense steeds omstrede omdat die gebruik van die GPL vir 'n biblioteek beperkings plaas op die lisensiëring van kode wat daarna
koppel
, soos toepassings en biblioteke wat die KDE/Qt raamwerk gebruik. In besonder, om
proprietary software
met KDE en Qt te ontwikkel, moet 'n kommersiële lisensie van Trolltech gekoop word.
GNOME 2.13.3 (ontwikkelingsweergawe) wat in Japannees met die
Tango Desktop Project
voorvrysteluitgawe ikone.
In plaas van die Qt-gereedskapstel is die
GTK+
-gereedskapstel gekies as die basis van die GNOME-werkskerm. GTK+ gebruik die
GNU Lesser Public License
(LGPL), 'n vrye programmatuur lisensie wat toelaat dat programmatuur wat daarna koppel, soos toepassings wat vir GNOME geskryf is, om 'n baie wyer stel lisensies te gebruik, insluitend propriëtêre sagtewarelisensies.
Die GNOME werkskerm self word onder die LGPL gelisensieer vri sy biblioteke, en die GPL vir toepassings wat deel is van die GNOME-projek opsig self.
Die naam "GNOME" is deur Elliot Lee, een van die outeurs van
ORBit
en die
Object Activation Framework
voorgestel.
verwysing benodig
Dit verwys na die moontlikhede wat mense, op daardie stadium, gedink het dat
CORBA
na 'n werkskermomgewing sou bring — 'n Netwerk Objek Model. Aangesien dit nie meer die kernvisie van die GNOME-projek verteenwoordig nie, staan sommige lede van die projek die verandering van die projeknaam van die akroniem na voor om "GNOME" na "Gnome" te vernoem.
Organisasie
wysig
wysig bron
Soos meeste ander vrye programmatuur projekte is die GNOME-projek losweg georganiseer. Bespreking gebeur hoofsaaklik op 'n aantal openbare e-poslyste.
In Augustus 2000 is die
GNOME Stigting
opgerig om na administratiewe take om te sien, pers belang te hanteer en om op te tree as 'n kontak punt vir maatskappye wat daarin geïnteresseerd is om GNOME-programmatuur te ontwikkel. Alhoewel die stigting nie direk betrokke is by tegniese besluite nie, koördineer die stigting wel vrystellings en besluit watter projekte deel sal vorm van GNOME. Lidmaatskap is oop vir enige iemand wat 'm nie-triviale bydra tot die projek gemaak het.
Lede van die stigting kies elke November 'n raad van direkteure, en kandidate vir die posisies moet self lede wees.
Ontwikkelaars en gebruikers van die GNOME werkskerm vergader by 'n jaarvergadering wat as
GUADEC
bekendstaan om die jongste stand van die projek en die toekomste rigting te bespreek.
Platforms
wysig
wysig bron
GNOME wat oorspronklik vir GNU/Linux ontwerp is loop nou op meeste
Unix
-agtige stelsels en is in besonder deur
Sun Microsystems
aangeneem as deel van die
Java Desktop System
, wat die verouderde
CDE
op hulle Solarisplatform vervang. Dit is die verstek werkskermomgewing vir menige moderne werkskerm
GNU/Linux verspreidings
, insluitend
Fedora Core
SUSE
en
Ubuntu
. 'n Lys van GNU/Linux-verspreidings wat GNOME insluit word op die GNOME webwerf in stand gehou.
'n Amptelike GNOME
LiveCD
, wat 'n rekenaar toelaat om direk van 'n
CD
te
selflaai
sonder om die bestaande bedryfstelsel te verwyder of verander kan van die GNOME webwerf afgelaai word.
10
Baie GNOME-komponente is na
Cygwin
oor geskryf wat dit moontlik maak om GNOME-toepassings op
Microsoft Windows
te loop.
GNOME 2.10 skermkiekie (op
Fedora Core 4
) wat
Rhythmbox
(musiek),
GThumb
(beeldbestuurder),
gedit
(teksredigeerder), en die
Nautilus-lêerbeheerder
insluit.
Die GNOME werkskerm is uit 'n groot aantal verskillende projekte saamgestel. 'n Paar van die belangrikstes word onder gelys:
Bonobo
— 'n
Saamgestelde dokumenttegnologie
GConf
— vir die stoor van toepassingsverstellings.
GNOME VFS
— 'n virtuele
lêerstelsel
GNOME Keyring
— vir die stoor van
enkripsiesleutels
en sekerheidsinligting.
GNOME Print
— vir die druk van dokumente.
GNOME Translation Project
— vertaling van dokumentasie en toepassings na verskillende tale.
GTK+ — 'n
koppelvlakelementgereedskapstel
met verskeie sub-projekte insluitend:
ATK
— 'n
Toeganklikheid
gereedskapstel.
GLib
— nutsfunksies
vir programmering in C.
GObject
— 'n raamwerk vir objek georiënteerde programmering in C.
Pango
— vir die uitleg en verbeeld van teks in 'n wye verskeidenheid tale.
Human Interface Guidelines
— navorsing en dokumentasie oor die bou van maklik-om-te-gebruik GNOME-toepassings.
LibXML
— 'n XML-biblioteek.
Metacity
— 'n
vensterbeheerder
ORBit — 'n CORBA
ORB
vir
software componentry
'n Aantal
taalkoppelings
is beskikbaar wat die skryf van toepassings in verskillende programmeertale soos
C++
gtkmm
),
Java
Java-GNOME
),
Ruby
ruby-gnome2
),
C#
Gtk#
),
Python
PyGTK
),
Perl
gtk2-perl
) en baie ander, moontlik maak.
Die gebruik van GTK+ as die basis koppelvlakelementgereedskapstel laat GNOME toe om te baat by sekere eienskappe soos temas (die vermoë om die voorkoms van 'n toepassing te verander), gladde grafika waar
anti-kartelvorming
op toegepas is en die geleentheid om die toepassing na ander platforms soos Windows en Mac OS X oor te dra (voorbeelde hiervan sluit die
GIMP
en
Inkscape
in).
Voorkoms en gedrag
wysig
wysig bron
Die voorkoms van GNOME kan verander word deur die gebruik van temas, wat versamelings is wat bestaan uit 'n
ikoonversameling
metacity
omslag
en
GTK+
temaenjin en parameters. Gewilde
GTK+
temas sluit
Bluecurve
en
ClearLooks
(nou die verstektema) in.
Toekomstige ontwikkelings
wysig
wysig bron
Daar is baie sub-projekte wat onder die seggenskap van GNOME projek onderneem word, en nie almal daarvan word tans in GNOME uitgawes ingesluit nie. Sommige word as suiwer eksperimentele konsepte beskou, of vir die toets van idees wat later in stabiele GNOME-toepassings opgeneem kan word; ander is kode wat afgerond vir direkte insluiting. Sommige voorbeelde sluit in:
GNOME Storage
— databasis lêerstelsel vir GNOME. Vergelyk met
WinFS
Projek Topaz
11
— idees vir GNOME uitgawe 3.0.
Projek Soylent
12
— om "mense" en hulle interaksies eerste-klas
voorwerpe
binne die GNOME-raamwerk te maak.
Projek Ridley
— om verskeie klein swak ondersteunde
biblioteke, soos libgnome en libgnomeprint, in GTK+ in te konsolideer.
Die
Portland Projek
Die gebruik van die Mozilla projekte se
XUL
op die GNOME werkskerm.
13
Die enigste programmeertale wat in toepassings wat deel is van die amptelike GNOME-werkskerm is, is
en
Python
14
maar daar is heelwat gesprekke oor die insluiting van programmatuur wat in
C#
of
Java
geskryf is in GNOME-uitgawes in te sluit. Beide die tale word reeds gebruik om GNOME-toepassings buite die projek te ontwikkel, maar die gebruik daarvan in die werkskermuitgawe sou die insluiting van die onderskeie tale se
virtuele masjien
met elke GNOME-installasie afdwing. Dit sou die minimum spesifikasie van rekenaars wat nodig is om die jongste GNOME-werkskerm te loop verhoog. Pogings soos die
GNU Vertaler vir Java
bied 'n moontlike oplossing tot die probleem deur die vereiste van 'n java virtuele masjien te verwyder.
Freedesktop.org en GNOME
wysig
wysig bron
Freedesktop.org
is 'n projek om
interoperability
en gedeelde tegnologie tussen die verskillende
X Window werkskerms
soos GNOME, KDE en
Xfce
te ondersteun. Alhoewel dit nie 'n formele standaarde organisasie is nie, definieer Freedesktop.org sekere basiese eienskappe van 'n X Werkskerm, insluitend onder meer:
sleep en los
tussen toepassings, venstermakerspesifikasies, kieslysuitleg, onlangse lêerlyste, kopieer en plak tussen toepassings en 'n gedeelde
MIME-tipe
databasis. Die navolg van Freedesktop.org spesifikasies verseker dat GNOME-toepassings meer geïntegreerd vertoon in ander werkskerms as waarvoor dit aanvanklik ontwikkel is en moedig samewerking sowel as kompetisie aan.
Voorbeelde van tegnologie wat hulle oorsprong by Freedesktop.org gehad het en nou deel vorm van GNOME se kerntegnologiestel sluit in:
Cairo
— 'n gevorderde 2D grafika biblioteek.
D-BUS
— interproses-kommunikasiestelsel.
GStreamer
— 'n multimedia raamwerk.
HAL
— 'n spesifikasie en 'n implementasie van 'n hardware
abstraksie
laag.
Poppler
— a PDF verbeeldbiblioteek.
'n Onlangse Freedesktop.org inisiatief wat deur GNOME gesteun word is die
Tango Werkskermprojek
, wat daarop gemik is om 'n gemene visuele standaard oor verskillende platforms daar te stel. Dit sal gebruikers en ontwikkelaars toelaat om die tegnologië en toepassings waarvan hulle hou te kies ongeag van die werkskermomgewing wat hulle gebruik.
GNOME-toepassings
wysig
wysig bron
Kyk
Lys van GNOME-toepassings
vir 'n meer volledige lys. 'n Versameling toepassings wat tegnologie uit die GNOME-projek gebruik en waarskynlik op 'n gemiddelde GNOME-werkskermsluit die volgende in:
AbiWord
— a
woordverwerker
Ekiga
— 'n konferensietoepassing vir telefonie en
voice over IP
Epiphany
— 'n
webblaaier
Evince
— 'n dokumentkyker
(PDF, PostScript, en ander).
Evolution
— 'n epos- en
groepwaretoepassing
Gaim
— 'n
kitsboodskapper
gedit
— 'n
teksredigeerder
Die
GIMP
— 'n gevorderde
grafikaredigeerder
Gnumeric
— 'n
sigvel
Inkscape
— 'n
vektortekenprogram
Nautilus
— 'n
lêerbeheerder
Rhythmbox
— 'n musiek-bestuurtoepassings soortgelyk aan
iTunes
Totem
— a mediaspeler.
Stabiele uitgawes
wysig
wysig bron
Al die onderdele waaruit die GNOME-projek bestaan (kyk
Argitektuur
) het hulle eie uitgawenommer en vrystellingskedule. Individuele module onderhouers koördineer egter hulle werk om 'n volledige GNOME-stabiele uitgawe rofweg volgens 'n ses-maandelikse skedule vry te stel. Die uitgawes wat in die onderstaande tabel gelys word, word geklassifiseer as
stabiel
. Onstabiele uitgawes vir toetsers en ontwikkelaars word nie gelys nie – ook nie herstelwerkuitgawes vir individuele modules nie.
Uitgawe
Datum
Inligting
Augustus 1997
15
GNOME-ontwikkeling aangekondig
1.0
Maart 1999
16
Eerste groot GNOME-uitgawe
1.0.53
Oktober 1999
17
"October"
1.2
Mei 2000
18
"Bongo"
1.4
April 2001
19
"Tranquility"
2.0
Junie 2002
20
Groot opgradering gebaseer op GTK2. Invoer van die
Menslike Koppelvlak Riglyne
2.2
Februarie 2003
21
Multimedia en lêerbeheerder verbeterings
2.4
September 2003
22
Epiphany
, toeganklikheidsondersteuning
2.6
Maart 2004
23
Nautilus verander na 'n
ruimtelike lêerbeheerder
, en 'n nuwe GTK+
lêerdialoogblokkie
word ingevoer. 'n Kortstondige vurk van GNOME,
GoneME
word geskep in reaksie op die veranderinge in die uitgawe.
2.8
September 2004
24
Verbeterde verwyderbare-toestelondersteuning
, byvoeging van
Evolution
2.10
Maart 2005
25
Laer geheue vereistes en verrigtingverbeterings. Bygevoeg: nuwe paneel miniprogramme (modembeheer, skyfaanhegter
en vullisblik
); en die
Totem
en
Sound Juicer
toepassings
2.12
September 2005
26
Nautilus verbeterings; verbeterings in knip/plak tussen toepassings en freedesktop.org integrasie. Byfevoeg:
Evince
PDF-kyker
; Nuwe verstek tema:
ClearLooks
; kieslysredigeerder; sleutelringbeheerder en admininstrasiegereedskap. Gebaseer op GTK+ 2.8 met Cairo ondersteuning
2.14
Maart 2006
27
Verrigting verbeterings. Bygevoeg:
Ekiga
video konferensie toepassing; Werkbalksoekprogram
; Pessulus lockdown redigeerder; Vinnige gebruikerskakeling
; Sabayon stelseladministrasiegereedskap
Bronkode
wysig
wysig bron
GNOME uitgawes word as
bronkode
geskep wat dan
vertaal
en met die res van die stelsel geïntegreer word. Meeste bedryfstelselinstallasies gebruik slegs stabiele en getoetsde uitgawes van die GNOME-werksblad, en verskaf dit in die vorm van maklik installeerbare voorafvertaalde
pakkette.
Die handbronkodeaflaaiproses vertaling, en installasie van die volledige GNOME-werksblad is 'n moeisame en tydrowende proses, en 'n aantal bou
skripte
(soos
JHBuild
of
GARNOME
) word gebruik om dit te outomatiseer.
Mense wat in toets, herstel van foute of bywerk van nuwe
features
belangstel kan die jongste onstabiele tak van die GNOME
bronkode bewaarplek
wat as "HEAD" bekend staan, gebruik — ontwikkelingskode word egter nie aanbeveel vir algemene gebruik nie aangesien dit baie ongetoetste eksperimentele veranderings. Die bronkode van elke stabiele uitgawe van GNOME kan ook van die GNOME-bronkode bewaarplek verkry word.
28
Verwysings
wysig
wysig bron
"GNOME 50.1 Released"
(in Engels). 15 April 2026
. Besoek op
16 April
2026
About GNOME
besoek op 8 September 2005
"Stallman on Qt, the GPL, KDE, and GNOME"
(in Engels). 5 September 2000.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 April 2012
. Besoek op
9 September
2005
Section 6 of the LGPL v2.1
prohibits linking to software with a license that restricts reverse-engineering and modification of the work for the customer's own use.
Desktop Development mailing list
, URL accessed
7 Mei
2006
GNOME e-poslyste
reëls en
FAQs
Membership of the GNOME foundation
besoek op 8 September 2005
About GUADEC
"List of GNU/Linux distributions that include GNOME"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 April 2009
. Besoek op
28 Mei
2006
The official GNOME LiveCD
, although this LiveCD does not always contain the very latest GNOME release.
Project Topaz homepage
"Project Soylent homepage"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 September 2007
. Besoek op
30 Mei
2006
Mozilla, Gnome mull united front against Longhorn
, URL accessed on
20 April
, 2006.
GNOME desktop-devel mailing list
The story of the GNOME project
Geargiveer
24 Februarie 2001 op
Wayback Machine
by Miguel de Icaza
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2008
. Besoek op
31 Mei
2006
GNOME-poslys
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Februarie 2008
. Besoek op
31 Mei
2006
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2007
. Besoek op
31 Mei
2006
GNOME-poslys
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Maart 2008
. Besoek op
31 Mei
2006
GNOME-poslys
GNOME-poslys
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Februarie 2008
. Besoek op
31 Mei
2006
"GNOME-persverklaring"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Desember 2010
. Besoek op
31 Mei
2006
GNOME-persverklaring
GNOME-persverklaring
Inligting oor die GNOME bronkode bewaarplek
[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikinews bevat nuus in verband met
GNOME Project unveils latest version of Linux and Unix desktop
Wikimedia Commons bevat media in verband met
GNOME
Amptelike skakels
Die GNOME webwerf
Bewaarplek vir gebruiker en stelsel administrateur riglyne
Geargiveer
28 April 2007 op
Wayback Machine
Die GNOME Dokumentasie Projek
Geargiveer
2 Augustus 2005 op
Wayback Machine
live.gnome.org
— 'n
saamwerkwebruimte vir GNOME ontwikkelaars
'n Versameling van GNOME ontwikkelaar blogs
Kunswerk
& temas vir die werksblad
Persverklaring van die GNOME projek
Geargiveer
8 Desember 2006 op
Wayback Machine
Derde-party skakels
gnomesupport.org
— 'n GNOME gebruikersondersteunerwerf
Footnotes
— 'n nuuswerf en besprekingsforum
GNOME Journal
— 'n aanlyn tydskrif toegewy aan die GNOME Werksblad
Normdata
Internasionaal
VIAF
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Ontsluit van "
Kategorie
Sagteware
Versteekte kategorieë:
AS1-bronne in Engels (en)
Artikels met stellings wat verwysings ontbreek
GNOME
Nuwe onderwerp