Hoephoep - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hoephoep
'n Hoephoep in Mangaon, Maharashtra,
Indië
Bewaringstatus
Veilig
IUCN 3.1
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Eukaryota
Koninkryk:
Animalia
Filum:
Chordata
Klas:
Aves
Orde:
Coraciiformes
Familie:
Upupidae
Leach
, 1820
Genus:
Upupa
Linnaeus
, 1758
Spesie:
U.
epops
Binomiale naam
Upupa epops
Linnaeus
, 1758
Benaderde verspreiding
broeigebied
heel jaar woonagtig
oorwintering
Die
hoephoep
is lid van die voëlfamilie
Upupidae
en kom wydverspreid in die warmer dele van veral die
Ou Wêreld
voor. Hulle is merendeels kleurryk en veral die lede van die subfamilie Upupinae is maklik herkenbaar aan hul kuiwe. Die ander subfamilie,
Phoeniculinae
, het geen kuiwe nie, maar hul veredos is donkerder en blinker.
Die hoephoep is lawaaierig en het sy volksnaam aan sy roepgeluid te danke, Die voëls eet veral insekte; hul nesgewoontes is ietwat vreemd vir insektvreters. Die verskillende subfamilies, genera en spesies van die
Upupidae
verskil slegs in geringe mate wat bou, grootte en kleur betref en hulle is meestal duidelik herkenbaar as hoephoepe. Selfs in die geval van die subfamilie
Phoeniculinae
, waar die voëls geen kuiwe het nie, is die bou, die snawel, die tone en die kleur van die voëls nog baie kenmerkend vir die
Upupida
e.
In
Europa
, waar hulle byna oral voorkom, behalwe in
Skandinawië
Finland
en
Groot-Brittanje
, is hulle gewoonlik trekvoëls. Die hoephoepe wat in Europa broei, soos byvoorbeeld die
Upupaepop
s, migreer elke September om in
Noord-Afrika
en die tropiese dele van Afrika te oorwinter en keer in April terug na hul broeigebied in die Noorde.
Hoephoepe kom ook dwarsoor
Asië
tot by die
Stille Oseaan
voor. In hierdie streke is hulle ook net somerbesoekers, want hulle oorwinter in Afrika en in
Suid-Asië
. Oor die hele Afrika, behalwe in die woestyn, die hoe bergland en die woude, word broeikolonies van hoephoepe aangetref. Hulle is ook trekvoëls, soos byvoorbeeld die
Upupa epops
senegalensis
, wat in die noordelike tropiese gebiede van Afrika voorkom en in 'n noordelike en suidelike rigting oor die savannes trek in dieselfde tyd wanneer die Europese hoephoepe migreer.
Sommige hoephoepe van Afrika is nie gereelde trekvoëls nie. Hulle is egter rustelose voëls en verdwyn soms vir jare of maande uit 'n gebied. Hoephoepe word soms ook op grond van hul voedingsgewoontes in twee groepe verdeel: dié wat hul kos op die grond soek en dié wat hul kos in bome soek. Albei groepe het die kenmerkende geboë, lang, dun snawels waarmee hulle kos uit gate, nou splete en krake en selfs uit die grond kan vroetel. Hoephoepe vreet insekte, larwes, spinnekoppe, wurms, kewers en so nou en dan akkedisse, slange en paddas. Die
kakelaar
Phoeniculus purpureus
), 'n kuiflose hoephoep wat sy kos in bome soek, eet veral kewers,
duisendpote
termiete
miere
en
sprinkane
Die kakelaar word van
Knysna
ooswaarts tot by
Ethiopië
en oor die hele
Senega
l aangetref, en in
Gauteng
weswaarts tot by
Damaraland
en
Angola
. Alle hoephoepe maak
nes
in 'n gat of holte wat deur die natuur gevorm is; hulle grawe nie self gate nie. Hulle neste word dus in holtes in die grond aangetref, tussen klippe of in gate in grondwalle, hol boomstamme, termiethope en selfs in gate in die mure en in solders van ou plaasgeboue.
Die neste word gewoonlik glad nie uitgevoer nie. Net die gewone hoephoep (
Upupa africana
), wat van Kaapstad tot Zaïre en in Ethiopië voorkom, voer soms sy nes met 'n bietjie gras uit. Tussen 4 en 7 eiers word in die nes gelê. Hulle is aanvanklik ligblou, maar word met verloop van tyd olyfbruin. Net die wyfie broei. Die lengte van die verskillende spesies se broeityd verskil soms met enkele dae. Gedurende die broeityd word die wyfie deur die mannetjie gevoed en gewoonlik ook nog die eerste week nadat die eiers uitgebroei het. Omdat die wyfie dadelik na die lê van die eerste eier begin broei, kom die eiers nie tegelyk uit nie. Die nes word in geen stadium, soos by die meeste ander insekvretende voëls die geval is, skoongemaak nie. Selfs nie eens die eierdoppe word uitgeskop nie. Die nes word baie vuil en selfs die kleintjies en hul ouers begin met verloop van tyd sleg ruik.
Die kleintjies bly, afhangende van die spesies, van 24 tot 32 dae in die nes. Na die eerste 7 dae word hulle deur albei ouers gevoed. In sommige gevalle word hulle ook deur ander hoep-hoepe, waarskynlik ouer broers en susters uit 'n vorige broeisel, gevoed. Hoephoepe sal soms 2 tot 3 keer per seisoen broei. Om 'n nes vol kleintjies groot te maak, lei in sommige gevalle tot eienaardige voedingspatrone. In die geval van die
Upupa epops
voer die ouers die kleintjies op die volgende manier: een kleintjie wag by die ingang van die nes op die ouers.
Sodra hy sy happie gekry het, druk die kleintjie agter hom vorentoe, en so hou dit aan. Elke kleintjie wat sy happie gekry het, gaan staan agter in die ry en wag sy beurt af. In Suider-Afrika word veral 3 hoephoepspesies aangetref. Die gewone hoephoep (
Upupa africana
) het 'n lang, swart, gepunte kuif wat na willekeur gelig en laat sak kan word. Die res van die kuifvere is rooibruin, asook die mantel en die eerste deel van die rug. Verder het hierdie voel 'n aantal swart, wit en dofgeel dwarsstrepe. Van sy onderkeel tot by sy pens is hy rooierig.
Sy oë is bruin, sy snawel swartbruin en sy pote grys. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders, maar die kleure van die wyfie is nie heeltemal so helder nie. Hulle is nie ware trekvoëls nie, maar verdwyn soms heeltemal uit sekere gebiede. Hulle hou van die oop savannes en verkies die dele met kort gras. Hulle voorkeur vir kort gras het hulle selfs na private grasperke gelok. Hulle kom oor die hele Suider-Afrika voor. Die
rooibekkakelaar
Phoeniculus purpureus
) en die
swartbekkakelaa
r (
Rhinopomastus cyanomelas
) is albei hoephoepe wat hul kos in bome soek en dus selde soos die gewone hoephoep op die grond gesien word. Hulle het ook nie kuiwe soos die gewone hoephoep nie.
Die swartbekkakelaar se snawel is langer en dunner en dieper geboë as dié van die rooibekkakelaar. Hulle kan maklik onderskei word omdat die rooibekkakelaar se snawel en pote helderrooi en die swartbekkakelaar se snawel en pote swart is. Die rooibekkakelaar, wat in die noordelike dele van Suider-Afrika en soms in die suidoostelike kusgebiede aangetref word, kom dikwels in groot groepe voor.
Hulle sit dan saam op die takke en swaai, buig hul lywe heen en weer en kekkel saam in 'n koor. Die swartbekkakelaar, wat oral in die noordelike helfte van suidelike Afrika en selfs in taamlik dorre streke aangetref word, word gewoonlik alleen of in pare gesien. Hulle het die eienaardige gewoonte om dikwels onderstebo aan takke te hang op soek na kos.
Upupa epops
se eiers
Identifikasie
wysig
wysig bron
Die kop, rug en onderkant is helder
roesbruin
van kleur (
mannetjie
) en die
wyfie
bietjie dowwer roesbruin kleur. Die stert is hoofsaaklik
swart
, maar wit by die basis.
Habitat
wysig
wysig bron
Savanne
, oop
bosveld
, tuine en parke. In droër streke is hul beperk tot rivieroewerbos.
Verspreiding
wysig
wysig bron
Kom voor in hele suidelike
Afrika
Geluid
wysig
wysig bron
Dromerige
hoep hoep
'n paar keer herhaal.
Ander name
wysig
wysig bron
Engels:
African Hoopoe
Duits:
Wiedehopf
Wetenskaplike naam:
Upupa africana
Sien ook
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Upupa epops
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
wysig
wysig bron
Roberts' Birds of Southern Africa. Sesde uitgawe.
ISBN 0-620-17583-4
Wêreldspektrum
, 1982,
ISBN 0908409524
band
Verwysings
wysig
wysig bron
BirdLife International (2012).
Upupa epops
. In: IUCN 2012. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.2.
Taksonidentifiseerders
Upupa epops
Wikidata
Q25247
Wikispecies
Upupa epops
ABA
eurhoo
ADW
Upupa_epops
Avibase
FA2F9125
BioLib:
8813
BirdLife
22682655
BOLD
52582
BOW
hoopoe
BTO
bob8460
CoL
7DLHC
eBird
hoopoe
EPPO
UPUPEP
EUNIS
1340
EURING
8460
Fauna Europaea
97088
Fauna Europaea (new)
b162b6da-9fe7-47de-9049-96db5159369c
Featherbase:
epops
GBIF
2498415
iNaturalist
20969
IRMNG
10201321
ITIS
178117
IUCN
22682655
NBN
NHMSYS0000530687
NCBI
57439
Observation.org
38
Open Tree of Life
412129
Paleobiology Database
371813
TSA
18405
WoRMS
1451644
Xeno-canto
Upupa-epops
ZooBank
64A711C7-C365-4D66-9B1A-290E16DD5170
Ontsluit van "
Kategorieë
IUBN Rooilys veilige spesies
Hoephoepe
Voëls van die Krugerwildtuin
Versteekte kategorieë:
Artikels met spesiemikroformate
Taksonbalksjablone sonder from-parameter
Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig
Taksonbalke met 30-34 takson-ID's
Hoephoep
Nuwe onderwerp