iPod - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die huidige iPod-familie, van links na regs: iPod Shuffle, iPod Nano, iPod Classic, IPod Touch.
iPod
is 'n tipe
draagbare mediaspeler
wat deur
Apple
ontwerp en versprei word. Die iPod-projek is in
Oktober
2001
van stapel gestuur. Daar is tans 'n verskeidenheid iPod-produkte: die oorspronklike hardeskyfgebaseerde
iPod classic
, die iPod touch (wat soortgelyk is aan die
iPhone
, die
iPod nano
wat ook video's kan speel, en die skermlose
iPod shuffle
. Vorige produkte sluit in die
iPod mini
wat deur die iPod nano verplaas is, en die
iPod photo
wat in die huidige iPods geïntegreer is. Die iPod classic-modelle stoor
multimedia
op 'n interne
hardeskyf
, terwyl al die ander modelle
flash geheue
gebruik sodat die produk in 'n kleiner grootte beskikbaar kan wees. Net soos vele ander digitale draagbare musiekspelers, kan iPods ook gebruik word om soos 'n groot
USB-geheuestaaf
te funksioneer deurdat enige soort data daarop gestoor kan word.
Apple se
iTunes
-sagteware word gebruik om musiek vanaf die
rekenaar
op die iPod te sit. iTunes stoor 'n musiekbiblioteek op die gebruiker se rekenaar en kan musiek speel, CD's skryf, en musiek van 'n musiek-CD rip. Apple het sy ontwikkeling op die iPod se unieke gebruikerskoppelvlak en sy gebruikersvriendelikheid gefokus, eerder as op tegniese bekwaamheid. Sedert
April
2007
is daar al meer as 100
miljoen Apple iPods wêreldwyd verkoop.
Normdata
: Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Tsjeggië
Israel
Ontsluit van "
Kategorie
Musiek
iPod
Nuwe onderwerp