Japan
Japannees
: 日本,
Nippon
, [ɲip̚poɴ],
luister
hulp
inligting
, of
Nihon
, [ɲihoɴ],
luister
hulp
inligting
; amptelik: 日本国,
Nippon-koku
of
Nihon-koku
luister
hulp
inligting
, letterlik: "Staat Japan") is 'n
eilandstaat
in
Oos-Asië
. Dit is geleë tussen die
Stille Oseaan
en die
See van Japan
, oos van die
Koreaanse Skiereiland
China
en
Rusland
, en strek van die
See van Ochotsk
in die noordooste tot by die
Oos-Chinese See
in die suidweste. Die
karakters
waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland.
Japan bestaan uit meer as 3
000
eilande
die grootstes daarvan, van suid na noord is
Kioesjoe
Sjikokoe
Honsjoe
, die grootste eiland, en
Hokkaido
wat saam 97% van die land se grondoppervlak beslaan. Die meeste van die eilande is bergagtig en baie
vulkanies
. Japan se hoogste bergpiek, berg
Foedji
, is byvoorbeeld 'n vulkaan. Japan het met ongeveer 123
miljoen inwoners die wêreld se elfde grootste bevolking. Die Groter-Tokiogebied, wat die hoofstad
Tokio
en verskeie omliggende
prefekture
insluit, is die grootste metropolitaanse gebied ter wêreld met meer as 30 miljoen inwoners.
Argeologiese
navorsing dui daarop dat die eilande van Japan reeds in die Jong-paleolitikumtydperk deur mense bewoon is. Die eerste geskrewe verwysing na Japan begin met vlugtige verwysings in Chinese geskiedkundige tekste van ongeveer die eerste eeu n.C. Invloede van buite gevolg deur lang tydperke van isolasie, is kenmerkend van Japan se geskiedenis. Sedert die aanvaarding van sy
grondwet
in 1947 handhaaf Japan 'n unitêre
grondwetlike monargie
met 'n
keiser
en 'n verkose parlement, die
Kokkai
Japan is 'n reuse ekonomiese moondheid
en was met die eerste kwartaal van 2010 nog die wêreld se tweede grootste ekonomie, volgens nominale
bruto binnelandse produk
, totdat dit deur China ingehaal is.
10
11
Japan is 'n lid van die
Verenigde Nasies
G8
, G4 en ESASOG, met die wêreld se vyfde grootste verdedigingsbegroting. Dit is ook die vierde grootste uitvoerder ter wêreld en die vierde grootste invoerder asook 'n wêreldleier in
tegnologie
en masjinerie.
In
Japannees
is die land se naam
日本
Nihon of Nippon, amptelik
日本国
Nippon-koku
hulp
inligting
of Nihon-koku. Voordat Japan verhoudinge met China gehad het, het dit bekendgestaan as
Wa
(倭) of
Yamato
(大和). Die
Japannese
naam
Nippon
word gebruik vir meeste amptelike doeleindes, insluitende geld,
posseëls
, en internasionale
sportbyeenkomste
Nihon
is ook 'n gewilde term in Japan. Die naam "Japan" is afgelei uit die Chinese weergawe van die naam. Die vroeë
Mandaryns
-Chinese woord vir Japan is opgeteken deur
Marco Polo
as
Cipangu
. In
Afrikaans
word die land eenvoudig "Japan" genoem. Die amptelike Japannese titel is
Nihon-koku
(日本国), letterlik "Staat Japan."
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Geskiedenis van Japan
'n Houer uit die Middel-Jōmon-periode (3000 tot 2000
v.C.)
Byodoin (1052)
Samoerai konfronteer
Mongole
tydens die Mongoolse invalle van Japan in 1293
Een van Japan se Rooiseëlskepe (1634), wat vir handel oral in Asië gebruik is
Murasaki Shikibu se
Verhaal van Genji
Kaart van Japan in 1790
Die atoombomaanval in 1945 op
Nagasaki
Samoerai van die Satsuma-stam gedurende die Bosjinoorlog, ca. 1867
Die eerste tekens van menslike vestiging in die
Japanse Argipel
het verskyn met 'n Paleolitiese kultuur in ongeveer 30
000
v.C, gevolg van ongeveer 14
000
v.C. deur die Jōmon-tydperk, 'n Mesolitiese tot Neolitiese halfgesette jagter-versamelaar kultuur van kuilwonings en 'n rudimentêre vorm van
landbou
. Versierde kleihouers uit die tydperk, baie keer met gevlegte patrone, is van die oudste oorblywende voorbeelde van pottebakkery ter wêreld.
12
Die
Yayoi-tydperk
, wat in omtrent die 3de eeu v.C. begin het, het nuwe gebruike ingevoer, soos nat-
rysverbouing
yster
- en
bronsvervaardiging
en 'n nuwe pottebakkerstyl, ingevoer deur handelaars uit China of
Korea
. Met die ontwikkeling van die Yayoi-kultuur het hoofsaaklik 'n landbougemeenskap in Japan ontwikkel.
13
14
15
16
Die
Japannese
verskyn vir die eerste keer in geskrewe geskiedenis in China se
Boek van Han
. Volgens die Chinese
Kronieke van die Drie Koninkryke
was die naam van die magtigste koninkryk op die Japanse Argipel gedurende die derde eeu "Yamataikoku".
Asuka-kyō
en
Fujiwara-kyō
het gedien as hoofstede van die Yamatostaat.
17
Japan is vir die eerste keer aan
Boeddhisme
bekendgestel uit Baekje op die Koreaanse Skiereiland, maar die ontwikkeling van Japannese Boeddhisme en Boeddhistiese beelde is hoofsaaklik deur China beïnvloed.
18
Ondanks vroeë weerstand is Boeddhisme deur die heersende klas aangemoedig en dit het uiteindelik in die Asuka-tydperk inslag gevind.
19
Die
Nara-tydperk
van die 8ste eeu het die opkoms van die eerste sterk sentrale Japannese staat aangedui wat gesentreer was om die keiserlike hof in die stad
Heijō-kyō
, of die hedendaagse
Nara
. Benewens die volgehoue aanneming van Chinese administratiewe gebruike, word die
Nara-tydperk
gekenmerk deur die verskyning van ontluikend geskrewe letterkunde met die voltooiing van die massiewe kronieke
Kojiki
(712) en
Nihonshoki
(720).
20
Nara was egter nie die eerste hoofstad in Japan nie.
In
784
het keiser Kammu die hoofstad vlugtig vir tien jaar van Nara na Nagaokakyō geskuif voor dit na Heian-kyō (die hedendaagse
Kioto
) geskuif is in 794, waar dit vir meer as 'n millennium gebly het.
21
Dit het die begin van die Heian-tydperk aangedui, waartydens 'n bepaalde inheemse Japannese kultuur verskyn het wat welbekend is vir sy
kuns
poësie
en
letterkunde
Murasaki Shikibu se
Verhaal van Genji
en die lirieke van moderne Japan se nasionale volkslied,
Kimi ga Yo
, is in die tydperk geskryf.
22
Japan se feudale era is gekenmerk deur die opkoms van 'n heersende klas van soldate, die
samoerai
. In 1185, na die omverwerping van die mededingende Taira-familiegroep, is Minamoto no Joritomo aangestel as
Sjogoen
en het hy 'n magsbasis in
Kamakura
gevestig. Ná Joritomo se dood het dit uitgewerk dat die Hōjō-familiegroep as regente van die sjogoens regeer het.
Zen
-Boeddhisme is in die Kamakura-periode (1185–1333) uit China ingevoer waarna dit gewild geword het onder die samoerai-klas. Die Kamakura-sjogoenaat het in 1274 en 1281 daarin geslaag om die
Mongoolse
invalle af te weer, bygestaan deur 'n storm wat die Japannese as 'n kamikaze, of "Goddelike Wind" geïnterpreteer het. Die Kamakura-sjogoenaat is uiteindelik deur keiser Go-Daigo afgeset, wat weer spoedig daarna in 1336 deur Ashikaga Takauji verslaan is.
23
Die Ashikaga-sjogoenaat wat daarop gevolg het kon nie daarin slaag om die feudale oorlogshere (
daimyo
) onder bedwang te bring nie, en 'n
burgeroorlog
(die Ōnin-oorlog) het in 1467 uitgebreek wat 'n eeu-lange Sengoku-tydperk ingelui het.
24
Gedurende die 16de eeu het handelaars en
Jesuïetsendelinge
uit
Portugal
Japan vir die eerste keer bereik en aktiewe kommersiële en kulturele bande tussen Japan en die
Weste
Nanban-handel
) gevestig.
Oda Nobunaga
het talle ander
daimyo
verower deur Europese vuurwapens en ander tegnologie te gebruik en het byna daarin geslaag om die nasie te verenig voor hy in 1582 vermoor is.
Toyotomi Hideyoshi
het Nobunaga opgevolg en die nasie in 1590 verenig. Hideyoshi het Korea twee keer binne geval, maar na verskeie nederlae deur Koreaanse en
Ming
-Chinese magte en Hideyoshi se dood, is Japannese troepe in 1598 onttrek.
25
Na Hideyoshi se dood het Tokugawa Ieyasu sy posisie as regent vir Hideyoshi se seun, Toyotomi Hideyori, gebruik om politieke beheer en militêre ondersteuning te bewerkstellig. Toe oorlog openlik uitgebreek het, het hy verskeie mededingende clans in die Slag van Sekigahara in 1600 verslaan. Ieyasu is in 1603 as sjogoen aangestel en het die Tokugawa-sjogoenaat by Edo (moderne
Tokio
) gevestig. Die Tokugawa-sjogoenaat het 'n verskeidenheid maatstawwe soos
Buke sjohatto
in plek gestel om die outonome daimio te beheer. In 1639 het die sjogoenaat die isolasionistiese
sakoku
("geslote land") beleid aangeneem, wat gestrek het oor die twee en 'n half eeue van tenger politiese eenheid wat bekendstaan as die Edo-tydperk. Die studie van Westerse wetenskap, wat as
rangaku
bekend staan, het in die tydperk voortgeduur deur kontak met die
Nederlandse
enklawe
by
Dejima
in
Nagasaki
. Die Edo-tydperk het ook aanleiding gegee tot
kokugaku
, of letterlik "nasionale studies", die studie van Japan deur die Japannese self.
26
Op 31 Maart 1854 het Kommodoor Matthew Perry en die "Swartskepe" van die
Amerikaanse Vloot
die opening van Japan tot die buitewêreld afgedwing met die Konvensie van Kanagawa. Soortgelyke verdrae wat daarop gevolg het met die Westerse lande in die laat Tokugawa-sjogoenaat het Japan in 'n ekonomiese en politiese krisis gedompel. Die oormag van die prerogatief en die bedanking van die sjogoenaat het gelei tot die Bosjin-oorlog en die vestiging van 'n gesentraliseerde staat onder die naam van
Keiser Meiji
(Meiji-Herstelling). Met die aanneming van Westerse politiese, geregtelike en militêre instellings het die Kabinet die Geheime Raad ingestel, die Meiji-grondwet ingevoer en die Ryksdag van Japan gevestig. Die
Meiji-Herstelling
het die
Japannese Keiserryk
in 'n geïndustrialiseerde wêreldmoondheid omskep wat 'n reeks militêre konflikte van stapel gestuur het om die nasie se invloedsfeer uit te brei. Na oorwinnings in die eerste Chinees-Japannese oorlog (1894–1895) en die Russies-Japannese Oorlog (1904–1905), het Japan beheer van
Taiwan
, Korea en die suidelike helfte van
Sachalin
bewerkstellig.
27
Die vroeë 20ste eeu het 'n kort tydperk van "Taishō-demokrasie" (genoem na die regeringstyd van
Keiser Taishō
) gesien wat oorskadu is deur die opkoms van Japannese
ekspansionisme
en militarisasie. Die
Eerste Wêreldoorlog
het Japan, wat by die seëvierende
Geallieerdes
aangesluit het, toegelaat om sy invloed en territoriale besittings uit te brei. Japan het sy ekspansionistiese beleid voortgesit deur
Mantsjoerye
in 1931 in te val. As gevolg van internasionale veroordeling van die besetting het Japan twee jaar later uit die
Volkebond
bedank. In 1936 het Japan die
Anti-Kominternpakt
met
Nazi-Duitsland
se
Nasionaalsosialistiese
regering gesluit en in 1941 by die
Spilmoondhede
aangesluit.
28
In 1937 het Japan ander dele van China ingeval wat gelei het tot die
Tweede Chinees-Japannese Oorlog
(1937–1945), waarna die
Verenigde State
'n olieboikot teen Japan ingestel het.
29
Op 7 Desember 1941 het Japan die
Amerikaanse Vlootbasis
in
Pearl Harbor
aangeval en oorlog teen die VSA, die
Verenigde Koninkryk
en
Nederland
verklaar. Die optrede het Japan in die
Tweede Wêreldoorlog
betrek. Na die atoombomaanvalle op
Hirosjima
en
Nagasaki
in 1945, tesame met die
Sowjetunie
se aansluiting by die oorlog teen die land, het Japan ingestem tot 'n onvoorwaardelike oorgawe op 15 Augustus.
30
Die oorlog het Japan miljoene lewens gekos en groot dele van die land se
nywerhede
en
infrastruktuur
in puin gelaat. Die Internasionale Militêre Tribunaal van die Verre-Ooste is byeen geroep deur die
Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog
(op 3 Mei 1946) om Japannese leiers vir oorlogsmisdade soos die "
Bloedbad van Nanjing
" te vervolg.
31
In 1947 het Japan 'n nuwe pasifistiese grondwet aanvaar wat klem gelê het op liberaaldemokratiese beginsels. Die Geallieerde besetting is in 1952 met die
Verdrag van San Francisco
beëindig
32
en Japan is in 1956 lidmaatskap van die
Verenigde Nasies
toegeken. Japan het later skouspelagtige ekonomiese groei behaal om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word met 'n jaarlikse groeikoers wat vir vier dekades gemiddeld 10% was. Dit het eers in die middel-1990's tot 'n einde gekom toe Japan 'n groot
resessie
beleef het. Positiewe groei in die vroeë 21ste eeu dui op 'n geleidelike herstel in die groei.
33
Keiser Heisei
is op 12 November 1990 as
Keiser van Japan
gekroon, nadat sy pa,
Hirohito
, op 7 Januarie 1989 oorlede is. Akihito was die 125ste
tennō
34
van Japan en sy regeringstyd het bekend gestaan as
Heisei
(平成, "vrede oral"). Akihito het op 8 Augustus 2016 sy abdikasie vir 30 April 2019 aangekondig. Vervolgens is Naruhito, Akihito se oudste seun, op 1 Mei 2019 ingehuldig. Naruhito se bewind staan bekend as
Reiwa
(令和, "mooi harmonie"). Naruhito is Japan se eerste keiser wat na die
Tweede Wêreldoorlog
gebore is.
35
36
Die kroningseremonie volgens
Sjintoïsme
(即位の礼,
Sokui no Rei
) het op 22 Oktober 2019 plaasgevind.
37
Keiser
Naruhito
van Japan
Die Nasionale Ryksdaggebou (国会,
Kokkai
) in Nagatachō,
Tokio
Die Laerhuis of Huis van Verteenwoordigers (衆議院,
Shūgiin
Sanae Takaichi
, die huidige eerste minister van Japan
Die Hoërhuis of Huis van Raadslede (参議院,
Sangiin
Japan is 'n grondwetlike monargie waar die mag van die keiser baie beperk is. As 'n seremoniële figurant word hy deur die grondwet gedefinieer as "die simbool van die staat en van die eenheid van die volk". Mag word hoofsaaklik gehou deur die Eerste Minister van Japan en ander verkose lede van die
Kokkai
(Ryksdag van Japan), terwyl soewereiniteit gesetel is in die mense van Japan.
38
Die Keiser tree in effek by diplomatieke geleenthede op as die
staatshoof
Naruhito
is die huidige Keiser van Japan.
Japan se wetgewende orgaan is die Kokkai of Nasionale Ryksdag, 'n tweekamerparlement. Die Ryksdag bestaan uit die
Shūgiin
of Huis van Verteenwoordigers en die parlement se laerhuis, met 465 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word, en die
Sangiin
of hoërhuis met 242 setels, wie se algemeen verkose lede 'n ses jaar termyn dien. Daar is algemene stemreg vir volwassenes oor 20-jaar,
met 'n geheime stem vir alle verkose ampte.
38
Die liberaal-konserwatiewe
Liberaaldemokratiese Party
(LDP) was tussen 1955 en 2009 aan bewind, behalwe vir 'n kortstondige koalisieregering wat in 1993 deur opposisiepartye gevorm is.
39
In die algemene verkiesing, wat op 30 Augustus 2009 gehou is, het die sentrum-linkse
Demokratiese Party
'n historiese oorwinning behaal.
Die Eerste Minister van Japan is die regeringshoof. Die posisie word aangestel deur die Keiser van Japan ná aanwysing deur die Ryksdag van uit sy geledere en moet die vertroue van die Huis van Verteenwoordigers behou om sy amp te hou. Die Eerste Minister is die hoof van die Kabinet (die letterlike vertaling van sy Japannese titel is "Eerste Minister van die Kabinet") en stel die Ministers, waarvan die meerderheid Ryksdaglede moet wees, aan en dank hulle af.
Sanae Takaichi
van die Liberaaldemokratiese Party dien tans as Eerste Minister van Japan.
40
Die Japannese Reg, wat histories deur Chinese reg beïnvloed is, het in die
Edo-periode
onafhanklik ontwikkel deur tekste soos
Kujikata Osadamegaki
. Sedert die laat 19de eeu is die regstelsel egter grootliks op die siviele reg van
Europa
gegrond, veral dié van
Frankryk
en
Duitsland
. In 1896 het die Japannese regering byvoorbeeld 'n burgerlike wetboek saamgestel gegrond op die Duitse model. Met na-Tweede Wêreldoorlogse aanpassing, bly die wetboek steeds in hedendaagse Japan in plek.
41
Wettereg vind sy oorsprong in Japan se wetgewer, die Nasionale Ryksdag van Japan, met outomatiese goedkeuring deur die Keiser. Die huidige grondwet vereis dat die Keiser wetgewing wat deur die Ryksdag aanvaar word uitvaardig, sonder dat hy spesifiek die mag het om die aanvaarding van wetgewing teë te staan.
38
Japan se howe word in vier basiese vlakke verdeel: die Hooggeregshof en drie vlakke van laerhowe.
42
Die hoofdeel van Japannese wettereg is 'n versameling wat bekend staan as die
roppō
of "Ses kodes".
41
Matrose aan boord die JMSDF opleidingsvaartuig JDS Kashima
Die
Suid-Afrikaanse vlag
wapper halfstok by die woning van die
Suid-Afrikaanse
ambassadeur in Tokio ná die dood van
Winnie Madikizela-Mandela
op 2 April 2018
Japan se nasionale belang word in sy buitelandse beleid weerspieël. Die belangrikste hiervan is Japan se vermoë om vrede en sekuriteit te handhaaf, tweedens om die vryehandelstelsel te ondersteun, derdens om vryheid, demokrasie en menseregte te beskerm en vierdens om mens tot mens interaksie en ontwikkeling van menslike hulpbronne te ondersteun in gebiede soos
akademie
kultuur
en
opvoeding
. Die land se huidige beleid plaas ook klem op 'n groter betrokkenheid by wêreldaangeleenthede.
43
Japan handhaaf tradisioneel noue ekonomiese en militêre bande met die land se sleutelbondgenoot, die Verenigde State, en die VSA-Japan sekuriteitsalliansie dien as die hoeksteen van die land se buitelandse beleid.
44
Japan, wat sedert 1956 'n lid van die Verenigde Nasies is, het as nie-permanente lid van die Veiligheidsraad reeds vir altesaam 22 jaar as verkose lid gedien, mees onlangs in 2016–2017. Japan is ook 'n lid van die G4-nasies wat hulle vir permanente lidmaatskap van die
Veiligheidsraad
beywer.
45
As 'n lid van die G8, ESASOG, die "VSAN Plus Drie" en 'n lid van die Oos-Asië Vergadering, neem Japan aktief aan internasionale aangeleenthede deel. Dit is ook die tweede grootste skenker van amptelike ontwikkelingshulpverlening en het in 2004 VSA$8,86 miljard geskenk.
46
Japan het nievegtende troepe aan die
Irakse Oorlog
toegewys, maar het sedertdien sy troepe onttrek uit
Irak
47
Afrika
is histories die minsbelangrike wêreldstreek vir Japan. Japan het min historiese ondervinding met Afrika en beperkte ekonomiese belang wat hoofsaaklik gefokus is op roumateriaalbronne. Japan se grootste handelsvennoot in Afrika is
Suid-Afrika
. As gevolg van sanksies teen Suid-Afrika deur die VSA en ander lande het Japan in die 1980's as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot ontwikkel. Dit het Japan internasionaal in 'n onbenydenswaardige posisie geplaas wat gelei het tot die afgradering van diplomatiese en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika. Met die einde van
apartheid
en die normalisering van internasionale betrekking het Japan se spesiale rol in Suid-Afrika na 1994 geëindig. Vandag is Japan se buitelandse beleid teenoor Afrika daarop gevestig om demokrasie en gesonde regering te vestig ter wille van wêreldstabiliteit en vooruitgang. Hulpverlening aan die kontinent is nie gemik op korttermyn opbrengste nie, maar word eerder gesien as deel van internasionale pogings om orde te handhaaf.
43
Japan is betrokke by verskeie gebiedsgeskille met sy buurlande: met
Rusland
oor die Suid-
Koerile
-eilande, met
Suid-Korea
oor die
Liancourtrotse
, met die
Volksrepubliek China
en
Taiwan
oor die
Senkaku-eilande
en die EES oor Okinotorishima. Japan is ook in 'n voortslepende geskil met
Noord-Korea
betrokke oor die land se ontvoering van Japannese burgers en kern- en missielprogramme.
Japan se militêre magte word beperk deur Artikel 9 van die Japannese Grondwet, wat Japan se reg om oorlog te verklaar of militêre mag te gebruik om internasionale geskille te besleg opsê. Daar word egter 'n debat gevoer oor die moontlike wysiging van die grondwet, wat deur die Amerikaanse besettingsowerheid opgestel is na die Tweede Wêreldoorlog, om die grondwet deur 'n referendum aan te pas.
48
Japan se weermag word deur die Ministerie van Verdediging bestuur en bestaan hoofsaaklik uit die Japan Land-selfverdedigingsmag, die Japan Maritieme-selfverdedigingsmag en die Japan Lug-selfverdedigingsmag. Die magte is onlangs in vredebewaringsoperasies en in die ontplooiing van Japannese troepe in Irak gebruik, wat die eerste oorsese gebruik van die land se militêre magte was sedert die Tweede Wêreldoorlog.
47
Japan se prefekture en streke
Japan bestaan administratiefgewys uit
sewe-en-veertig prefekture
wat elkeen deur 'n verkose goewerneur, wetgewer en administratiewe burokrasie bestuur word. Prefekture wissel in grootte van die Hokkaido-prefektuur wat die hele eiland
Hokkaido
beslaan tot die stad
Tokio
, wat op sigself 'n prefektuur is. Die Tokio-prefektuur word verder verdeel in drie-en-twintig spesiale wyke wat elkeen dieselfde magte as 'n stad het. Verder bestaan daar agt algemeen aanvaarde gebiede van Japan.
Die 20 "groot stede volgens regeringsbesluit"
Tokio
Osaka
Nagoja
Japan ondergaan tans 'n administratiewe herorganisering wat die samesmelting van baie stede en dorpe behels. Hierdie proses sal lei tot die vermindering van sub-prefektuur administratiewe gebiede en daar word verwag dat dit tot besnoeiings in administratiewe koste sal lei.
49
Japan het dosyne groot stede wat 'n belangrike rol in die land se kultuur, erfenis en ekonomie speel. Dié wat hieronder gelys word verteenwoordig die twaalf met die grootste bevolking en is almal prefekturale hoofstede en deur-die-staat-ingestelde stede:
23 munisipaliteite. Ook die hoofstad van Japan.
Slegs 'n staatsingestelde stad.
Japan vanuit die ruimte gesien, Mei 2003
Berg Yari,
Nagano-prefektuur
in Augustus
Strand in Minnajima in Motobu,
Okinawa
in September
Klimaatsones in Japan volgens die
Köppen-klimaatklassifikasie
Berg
Foedji
Japan is 'n land wat uit meer as drieduisend
eilande
langs die
Stille Oseaanse
kus van
Asië
bestaan. Die hoofeilande, van noord na suid, is
Hokkaido
Honsjoe
(die hoofeiland),
Sjikokoe
en
Kioesjoe
. Die
Ryukyu-eilande
, insluitend die
Okinawa-eilande
, is 'n reeks eilande suid van Kioesjoe. Tesame vorm die eilande die
Japanse Argipel
. Saam met
Foedji
vorm die
Japannese Alpe
die belangrikste gebergtes van die Japanse Argipel.
Ongeveer 70% tot 80% van die land is bebos, bergagtig
51
52
en ongeskik vir
landbou
, industriële of residensiële gebruik. Dit is as gevolg van die styl hellings,
klimaat
en die gevaar wat
aardbewings
, sagtegrond en swaar
reën
inhou. Dit het daartoe gelei dat die bewoonbare gebiede naby die kus geweldige hoë bevolkingsdigthede het. Japan is die dertigste mees digbevolkte land ter wêreld.
53
Die land se ligging op die Pasifiese
Ring van Vuur
, by die samekoms van drie
tektoniese plate
, veroorsaak dat Japan gereelde lae-intensiteit-aardskuddings en van tyd tot tyd vulkaniese uitbarstings beleef. Vernietigende aardbewings, wat baie keer tot
tsoenamis
lei, kom elke eeu verskeie kere voor.
54
Die mees onlangse aardbewings was die Tōhoku-aardbewing van 2011 en die
Groot Hanshin-aardbewing van 1995
. Talle warmwaterbronne word aangetref en baie hiervan is tot ontspanningsoorde ontwikkel.
55
Die klimaat van Japan is hoofsaaklik gematig, maar dit verskil skerp tussen die noordelike en suidelike punte van die land.
56
Japan se geografiese eienskappe verdeel dit in ses hoofklimaatsones:
Hokkaido
: Die noordwestelike sone het 'n gematigde klimaat met lang, koue
winters
en koel
somers
. Neerslag is nie swaar nie, maar die eilande ontwikkel gewoonlik diep
sneeubanke
in die winter.
See van Japan
: Aan Honsjoe se weskus bring die noordwestewind in die winter swaar sneeuval. In die somer is die gebied koeler as die Stille Oseaan-gebied. Dit beleef egter soms uiterste warm temperature as gevolg van die Föhn-windverskynsel.
Sentrale Hoogland: 'n Tipies binnelandse klimaat met groot temperatuurverskille tussen somer en winter, en tussen nag en dag. Neerslag is lig.
Seto Binnelandse See: Berge van die Chūgoku- en
Sjikokoe
-gebiede beskut die gebied van die seisoenale wind en bring gematigde weer deur die hele jaar mee.
Stille Oseaan
: Die ooskus ondervind koue winters met min sneeuval en baie warm vogtige somers as gevolg van die suidoostelike seisoenale wind.
Ryukyu-eilande
: Die Ryukyu-eilande het 'n subtropiese klimaat met warm winters en baie warm somers. Neerslag is swaar, veral gedurende die reënseisoen.
Tifone
kom algemeen voor.
Die warmste temperatuur wat nog ooit in Japan aangeteken is — 41,1 grade Celsius — was op 23 Julie 2018 in Kumagaya
57
en die koudste temperatuur nog in Japan was −41,0
°C op 25 Januarie 1902 in Asahikawa, Hokkaidō.
Die hoofreënseisoen begin vroeg in Mei in Okinawa en die stilstaande reënfront wat daarvoor verantwoordelik is beweeg stadig noord totdat dit in noordelike Japan verswak raak voor dit Hokkaidō in laat Julie bereik. In die grootste deel van Honsjoe begin die reënseisoen voor die middel van Junie en hou dit aan vir omtrent ses weke. In die laat-somer en vroeë lente bring tifone baie keer swaar reën.
56
Japan beskik oor nege woud-ekogebiede wat die klimaat en geografie van die eilande weerspieël. Hulle wissel van subtropiese nat breëblaarwoude in die Ryūkyū- en Bonin-eilande, tot gematigde breëblaar en gemengde woude in die gematigde klimaatdele van die eilande tot matige naaldeboomwoude in die koue wintergedeeltes van die noordelike eilande.
58
Herfskleure (momiji) by Kongōbu-ji op Berg Kōya, 'n
Unesco
wêrelderfenisgebied
Die kersieblomme van Berg Yoshino is die onderwerp van baie toneelstukke en waka-gedigte
Japan se omgewingsbeleid en geskiedenis weerspieël 'n tenger balans tussen ontwikkeling en modernisasie aan die een kant en omgewingsbewaring aan die ander kant.
Japan is waarskynlik een van die wêreld se leiers in die ontwikkeling van omgewingsgunstige tegnologie.
Honda
en
Toyota
is aangewys as die motorvervaardigers met die beste brandstofverbruik en die laagste vlakke van nadelige uitlaatgasse.
59
Dit is as gevolg van gevorderde tegnologie in hibriede-stelsels, biobrandstof, die gebruik van liggewigmateriale en beter ingenieurswese.
Japan neem ook sake soos
klimaatverandering
en
aardverwarming
ernstig op. As 'n ondertekenaar van die
Kioto-protokol
, en gasheer van die 1997-kongres waar dit opgestel is, is Japan onderhewig aan verdragsverpligtinge om sy koolstofdioksiedemissies te verminder en om ander stappe te doen wat verband hou met die teëwerk van klimaatverandering. Die
Cool biz
-veldtog wat onder die voormalige eerste minister Junichiro Koizumi ingevoer is, was daarop gemik om energieverbruik te verminder deur vermindering in die gebruik van lugversorging in regeringskantore.
Japan het egter ook 'n lang geskiedenis met die opoffering van natuurlike hulpbronne en die vernietiging van die natuur ter wille van vooruitgang. Reeds in die 18de eeu het Japan so te sê al sy natuurlike
goud
en
silwer
voorrade opgebruik. Beduidende ontbossing het oor al die eilande plaasgevind wat tot erosie en rivierbesoedeling gelei het. Moerasse en ander natuurgebiede is herwin vir landbou-doeleindes en talle spesies is tot uitsterwing gedryf, insluitend die inheemse
wolfspesie
wat as 'n bedreiging gesien is.
60
Die massiewe landswye heropbouingsprogramme na die Tweede Wêreldoorlog en die ontwikkeling in die dekades daarna het tot verdere verstedeliking en konstruksie gelei. Die boubedryf in Japan is een van die grootste nywerhede in die land en hoewel Japan baie natuurlike parke en ander natuurlike gebiede in stand hou, self in die middel van die land se stede, is daar min belangrike beperkings op waar en hoe bouwerk onderneem mag word.
61
Verder is oorbevissing reeds lank 'n probleem binne Japan; in die moderne era het Japannese vissersvlote 'n ernstige bedreiging tot die handhawing van volhoubare vis en skulpdiere oral ter wêreld geword.
62
Japan is ook een van die laaste lande ter wêreld wat steeds kommersiële
walvisvangs
beoefen.
Japan word die 30ste beste ter wêreld gelys in die Omgewingsvolhoubaarheidindeks.
63
Die motorindustrie is een van die hoofelemente van Japan se ekonomie en uitvoere
Tōkaidō Shinkansen 700 & 300, by die Tokio-stasie
Japan is met 'n aandeel van 3,5 persent van wêrelduitvoere en 4,3 persent van wêreldinvoere in 2015 een van die vier grootste handelsnasies, al het die land se belangrikheid vir die wêreldhandel sy hoogtepunt reeds oorskry. Die buitengewoon snelle groei ná die Tweede Wêreldoorlog het voortgeduur tot 1993 toe die Japanse ekonomie ten opsigte van sy buitelandse handel 'n periode van stagnasie en krimpende aandele betree het. Sy aandele op die wêreldmark het afgeneem teen die agtergrond van China en ander nuut geïndustrialiseerde lande se groeiende buitehandel, maar ook as gevolg van swakker mededingendheid teenoor ander uitvoerlande. So het Japan sy vroeëre posisie as die wêreld se grootste invoerder van onverwerkte natuurlike hulpbronne, grondstowwe en landbouprodukte intussen ingeboet.
64
Noue regering-nywerheid-samewerking, 'n sterk werksetiek, gevorderde tegnologie en 'n relatief klein verdedigingsbegroting het onder andere Japan gehelp om die tweede grootste ekonomie ter wêreld te word,
65
na die VSA, teen ongeveer US$4,5 miljard in terme van nominale
bruto binnelandse produk
65
en derde na die VSA en die Volksrepubliek China in terme van koopkragpariteit.
66
Bankwese, versekering, eiendom, kleinhandel, vervoer en telekommunikasie is almal belangrike sektore. Japan het 'n reuse industriële vermoë en is die tuiste van sommige van die wêreld se grootste, leidende en mees tegnologies gevorderde vervaardigers van motorvoertuie, elektroniese toerusting, werktuigmasjinerie, staal en nieystermetale, skepe, chemikalieë, tekstiele en verwerkte voedsel.
Konstruksie is reeds lank een van Japan se grootste industrieë, aangehelp deur multi-miljard dollar regeringskontrakte in die siviele sektor. Onderskeidende eienskappe van die Japannese ekonomie het tradisioneel samewerking tussen vervaardigers, verskaffers, verspreiders en banke in hegte groepe genaamd
keiretsu
en die waarborg van lewenslange indiensneming in groot maatskappye ingesluit.
67
Meer onlangs het Japannese maatskappye begin om van die norme te laat vaar in 'n poging om winsgewendheid te verbeter.
68
Japan huisves ook sommige van die wêreld se grootste finansiële dienstemaatskappye, banke en sakegroepe soos Sony, Sumitomo, Honda, Mitsubishi, Nissan en Toyota. Dit beskik ook oor die wêreld se grootste bank, volgens bates, die Japan Post Bank Co., Ltd (VS$3.2 miljard)
69
en ander soos Mitsubishi UFJ Finansiële Groep (VS$1,2 miljard)
70
), Mizuho Finansiële Groep (US$1,4 miljard
71
) en Sumitomo Mitsui Finansiële Groep (VS$1,3 miljard
72
). Die Tokio Effektebeurs is met 'n markkapitalisasie van meer as VS-$5120 miljard (5,12 biljoen) tans die derde grootste ter wêreld.
73
Met markkapitalisasie van meer as VS-$5 biljoen, is die Tokio Effektebeurs die derde grootste ter wêreld
Die algehele reële ekonomiese groei van die 1960's tot die 1980's staan bekend as 'n "wonderwerk": gemiddeld 10% in die 1960's, 5% in die 1970's en 4% in die 1980's.
74
Groei het dramaties afgeneem in die 1990's, hoofsaaklik as gevolg van die nagevolge van oorinvestering in die laat 1980's en binnelandse beleid wat daarop gemik was om die spekulatiewe oordadigheid van die eiendoms- en effektemarkte in toom te hou. Regeringspogings om ekonomiese groei te laat herleef was nie juis suksesvol nie en is verder belemmer deur die verlangsaming van die globale ekonomie van 2000 tot 2001.
Die ekonomie het na 2005 tekens van herstel vertoon met BBP vir daardie jaar wat op 2,8% gestaan het.
75
Omdat slegs 15% van Japan se grondgebied vir landbouverbouing geskik is
76
word 'n stelsel van terraslandbou gebruik om klein gebiede optimaal te benut. Dit het gelei tot een van die wêreld se hoogste gewasopbrengste per oppervlakeenheid. Japan se klein landbousektor is ook swaar gesubsidieer en beskerm. Japan moet ongeveer 50%
77
van sy graanbehoeftes en ander voergewasse behalwe
rys
uit invoere bevredig en die land is van invoere afhanklik vir meeste van sy
vleisverskaffing
. In
vissery
is Japan tweede ter wêreld na China in tonnemaat en vir wat gevang word. Japan handhaaf een van die wêreld se grootste vissersvlote en dra byna 15% van die globale vangs by.
Japan steun op ander lande vir byna al sy olie en kos.
Japan se vervoerstelsel is hoogs ontwikkel. Teen 2004 het die land oor 1
177
278
km
geteerde paaie, 173 lughawens en 23
577
km spoorlyne beskik.
Lugverkeer word hoofsaaklik deur
All Nippon Airways
(ANA) en
Japan Airlines
(JAL) bedryf. Spoorweë word onder andere deur Japan Railways Group bedryf. Daar is uitgebreide internasionale vlugte uit talle stede van en na Japan. Die
Shinkansen
(新幹線) sneltrein is 'n simbool van Japan se tegnologiese vooruitstrewenheid. Die aanvanklike Tōkaidō Shinkansen, wat teen 210
km/h geloop het, is in 1964 in gebruik gestel. Vandag verbind die netwerk met 'n totale lengte van 2
459
km meeste groot stede op die
Honsjoe
- en
Kioesjoe
-eilande teen werksnelhede van 300
km/h. Toetslopies is al teen 443
km/h op gewone spore uitgevoer (1996) en in 2003 is 'n landspoedrekord van 581
km/h met 'n magnetiese sweeftrein opgestel.
Die eksklusiewe ekonomiese sone van Japan
Japan se hoofuitvoervennote is die VSA 19,4%, die Volksrepubliek China 19,0%, Suid-Korea 7,6%,
Hongkong
5,1% en
Thailand
4,2% (vir 2017). Japan se hoofuitvoere is vervoertoerusting, motorvoertuie, elektronika, elektriese masjinerie en chemikalië.
Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Japan op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoof-invoervennote is die Volksrepubliek China 24,5%, die VSA 11,0%,
Australië
5,8%, Suid-Korea 4,2% en
Saoedi-Arabië
4,1% (vir 2017). Japan se hoof invoere is masjinerie en toerusting, brandstof, voedsel (veral
beesvleis
), chemikalieë, tekstiele en ander grondstowwe vir sy industrieë. Japan se algehele grootste handelsvennote is China en die VSA.
78
Nuusbekendstelling van die mees onlangse ASIMO-model
Japan is een van die voorste lande in wetenskaplike navorsing, veral in tegnologie, masjinerie en mediese navorsing. Byna 700
000 navorsers deel 'n navorsings- en ontwikkelingsbegroting van VS$130 miljard, die derde grootste ter wêreld.
79
Van Japan se vernaamste tegnologiese bydraes word aangetref in elektronika, motorvoertuie, masjinerie, industriële
robotika
optika
, chemikalië,
halfgeleiers
en
metale
. Japan lei die wêreld se vervaardiging en gebruik van robotika en beskik oor meer as die helfte (402
200 van 742
500) van die wêreld se industriële robotte wat vir vervaardiging gebruik word.
80
Van die robotte wat in die land ontwikkel is sluit in QRIO, ASIMO en Aibo. Japan is ook die wêreld se grootste vervaardiger van motorvoertuie
81
en die tuiste van ses van die wêreld se vyftien grootste motorvervaardigers en sewe van die wêreld se twintig grootste halfgeleier-verkopers.
Japan het planne in ruimteverkenning, insluitend die bou van 'n
maanbasis
teen 2030.
82
Die Japan Aerospace Exploration Agency (
JAXA
) voer ruimte- en plantêre navorsing, lugvaartnavorsing, en ontwikkeling van vuurpyle en satelliete uit. Japan is 'n deelnemer aan die
Internasionale Ruimtestasie
en die Japannese Eksperimentmodule (Kibo) is in 2008 tot die stasie toegevoeg as deel van die
Ruimtependeltuig
-vlugte.
83
Japan se bevolkingsontwikkeling sedert 1872; vanaf 2010 geprojekteerde bevolking
Sjinto
torii by Fushimi Inari-taisha, Kioto
Geboortes- en sterftesyfers van Japan sedert 1950
'n Uitsig oor die Shibuya-kruising, 'n voorbeeld van Tokio se dikwels besige strate
Japan se bevolking word op ongeveer 127,1 miljoen geskat.
84
Die Japannese samelewing is taalkundig en kultureel grootliks homogeen met slegs klein bevolkings buitelandse werkers, Zainichi
Koreane
, Zainichi Chinese, Filippyne, Brasiliane en ander. Die mees dominante etniese groep is die Yamato; die hoofminderheidsgroepe sluit die inheemse
Ainoe
en Ryūkyūane, sowel as sosiale minderheidsgroepe soos die
burakumin
in.
Japan het een van die hoogste lewensverwagtingkoerse ter wêreld teen 81,25 jaar (soos in 2006).
85
Die Japannese bevolking verouder egter spoedig, die gevolg van 'n naoorlogse geboortegolf gevolg deur 'n daling in geboortes in die latere gedeelte van die 20ste eeu. Teen 2004 was ongeveer 19,5% van die bevolking ouer as 65 jaar.
86
Die verandering in demografiese struktuur het 'n aantal maatskaplike probleme veroorsaak, veral 'n potensiële krimping van die arbeidsmag en stygings in die koste van maatskaplike veiligheidsvoordele, soos die openbare pensioenplan. Baie van die Japannese jeug verkies ook al hoe meer om nie te trou of gesinne te hê nie.
87
Japan se bevolking sal na verwagting teen 2050 tot 100 miljoen daal en tot 64 miljoen teen 2100.
86
Demograwe en regeringsbeplanners is tans in hewige debat gewikkel oor hoe om die probleem op te los.
87
Immigrasie en geboorteaansporings word soms voorgestel as 'n oplossing om jonger werkers te verskaf om die land se verouderende bevolking te ondersteun.
88
Immigrasie is egter nie 'n gewilde oplossing nie.
89
Die hoogste skattings vir die aantal
Boeddhiste
en
Sjintoïste
in Japan is 84–96%, wat 'n groot aantal volgelinge in 'n sinkretisme van beide gelowe verteenwoordig.
90
Sommige skattings meen egter dat slegs 30 persent van die bevolking hulleself identifiseer as deel van 'n godsdiens.
91
Taoïsme
en
Konfusianisme
uit China het Japannese geloof en mitologie beduidend beïnvloed. Godsdiens in Japan neig om sinkreties van aard te wees en dit lei tot 'n verskeidenheid van gebruike soos ouers en kinders wat Sjinto-rituele beoefen, studente wat voor eksamens bid en paartjies wat huwelike in
Christelike
kerke
hou en begrafnisse by Boeddhiste tempels hou. 'n Klein minderheid Japannese (0,7%) beskou hulself as
Christene
. Verder het daar sedert die middel van die 19de eeu talle sektes (
Shinshūkyō
) in Japan ontstaan soos Tenrikyo en
Aum Shinrikyo
/Aleph.
Ongeveer 99% van die bevolking praat Japannees as hulle eerste taal. Dit is 'n agglutinatiewe taal wat onderskei word deur 'n stelsel van beleefdheidsvorme wat die hiërargiese aard van die Japannese samelewing weerspieël, met werkwoordvorme en besondere woordeskat wat die relatiewe status van die spreker en luisteraar weerspieël. Japannees het groot dele van sy woordeskat uit Chinees geleen of afgelei. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is baie woorde ook uit
Engels
ontleen. Die
Japannese skryfstelsel
gebruik
kanji
Chinese karakters
) en twee versamelings
kana
(lettergreepskrifte) gegrond op
vereenvoudigde Chinese karakters
, sowel as die
Latynse alfabet
en
Arabiese syfers
. Die
Ryukyu-tale
, wat ook deel vorm van die
Japannese taalfamilie
waartoe Japannees behoort, word in
Okinawa
gepraat, maar min kinders leer vandag hierdie tale.
92
Die
Ainoe-taal
staan op die randjie van uitsterwing met slegs 'n paar ou eerste taalsprekers wat in
Hokkaido
oorbly.
93
Meeste openbare en privaatskole vereis dat leerlinge kursusse in beide Japannees en Engels neem.
94
Yasuda Ouditorium, Tokio-universiteit
Primêre, sekondêre skole en universiteite is in Japan ingevoer in 1872 as 'n gevolg van die Meiji-Herstelling.
95
Sedert 1947 bestaan verpligte onderwys in Japan uit basisskool en middelskool, wat nege jaar duur (van die ouderdom van 6 tot 15). Byna al die kinders sit hulle onderwys voort by 'n drie-jaar hoërskool, ongeveer 75,9% van die skoolverlaters woon universiteit, junior kollege, vakskool, of ander vorme van tersiêre onderwys by.
96
Japan se onderwys is uiters mededingend
97
veral vir toelating tot hoëronderwysinrigtings. Die twee mees hoogsaangeskrewe universiteite in Japan is die
Universiteit van Tokio
en Kioto Universiteit.
98
Die Program vir Internasionale Studentebeoordeling, wat deur
OESO
gekoördineer word, plaas Japannese kennis en vermoëns van 15-jariges as die sesde beste ter wêreld.
99
In Japan word gesondheidsdienste deur die nasionale regering en plaaslike owerhede verskaf deur 'n universele gesondheidssorg- en versekeringstelsel wat relatiewe gelyke toegang bied, met tariewe wat deur 'n regeringskomitee bepaal word. Inwoners sonder versekering deur hulle werkgewers kan aan die nasionale gesondheidsversekeringprogram deelneem wat deur plaaslike owerhede geadministreer word. Sedert 1973 word alle bejaardes deur regeringsgeborgde versekering gedek.
100
Pasiënte mag van die geneeskundige of gesondheidsfasiliteit van hulle keuse gebruik maak.
101
Groot Golf van Kanagawa
(1832), 'n
ukiyo-e
uit
36 Aansigte van Berg Foedji
deur Hokusai
'n Tradisionele Japannese teehuis
12de eeuse geïllustreerde
boekrol
van
Die Verhaal van Genji
, 'n nasionale skat
Japannese kultuur het oor baie jare ontwikkel, van die land se oorspronklike Jōmon-kultuur tot sy huidige kultuur, wat invloede uit
Asië
Europa
en
Noord-Amerika
kombineer. Histories is Japan gekenmerk deur skielike invoering van vreemde idees gevolg deur lang tydperke van minimale kontak met die buitewêreld. In die proses het die Japannese die vermoë ontwikkel om elemente van buitelandse kulture te absorbeer, na te volg en uiteindelik elemente van die vreemde kultuur te assimileer en deel te maak van die eiesoortige inheemse Japannese kultuur.
Tradisionele
Japannese kuns
sluit in kunsvlyt (ikebana,
origami
, ukiyo-e, poppe, lakwerk, pottebakkery), opvoerings (bunraku, dans, kabuki, noh, rakugo), tradisies (spele, teeseremonie, budō, argitektuur, tuinbou, swaarde) en kookkuns. Die versmelting van tradisionele houtblokdrukwerk en Westerse kuns het gelei tot die skep van
manga
, 'n tipies Japannese
strokiesverhaalformaat
wat nou ook buite Japan gewildheid verwerf het.
102
Animasie
vir
televisie
en
film
wat deur Manga beïnvloed is, word
anime
genoem. Japannese videospeletjietoestelle het sedert die 1980's opgang gemaak.
103
Japannese musiek is eklekties met instrumente, skale en style wat van buurlande geleen is. Baie instrumente, soos die koto, is in die 9de en 10de eeue ingevoer. Die gepaardgaande, verhalende Noh-drama dateer uit die 14de eeu en die gewilde volksmusiek, met die ghitaaragtige shamisen, uit die 16de eeu.
104
Westerse musiek, wat in die laat 19de eeu ingevoer is, vorm nou 'n integrale deel van die kultuur. Naoorlogse Japan is hewig deur Amerikaanse en Europese moderne musiek beïnvloed, wat gelei het tot die ontwikkeling van 'n popmusiek-vorm wat as "J-Pop" bekend staan.
105
Karaoke is die kulturele aktiwiteit wat die meeste beoefen word.
106
Die vroegste Japannese letterkundige werke sluit in twee historiese boeke, die
Kojiki
en die
Nihon Shoki
en die 8ste eeuse digbundel,
Man'yōshū
, wat almal in Chinese karakters geskryf is.
107
In die vroeë jare van die Heian-tydperk het die
kana
-transkripsiestelsel,
Hiragana
en
Katakana
, ontwikkel.
Die verhaal van die bamboessnyer
word as die oudste Japannese verhaal beskou.
108
'n Mededeling van Heian-hoflewe word deur
Makura no Sōshi
("kussingboek") weergegee en is deur Sei Shōnagon geskryf, terwyl
Die Verhaal van Genji
deur Murasaki Shikibu baie keer as die wêreld se eerste roman beskryf word. Tydens die Edo-tydperk het letterkunde deel geword van die chōnin, die gewone mense, se lewe en is dit nie meer beperk tot die
samoerai
-aristokrasie nie. Yomihon het byvoorbeeld gewild geword en dui op die diepgaande verandering in leser- en outeurskap.
108
In die Meiji-tydperk het tradisionele letterkundige vorms begin taan soos wat Japannese letterkunde Westerse invloede opgeneem het. Natsume Sōseki en Mori Ogai was die eerste "moderne" romanskrywers van Japan, gevolg deur Akutagawa Ryūnosuke, Tanizaki Jun'ichirō, Kawabata Yasunari, Mishima Yukio en meer onlangs, Murakami Haruki. Japan het twee Nobelprysbekroonde outeurs —
Yasunari Kawabata
(1968) en
Kenzaburō Ōe
(1994).
108
Japannese beeldende kuns dek 'n wye verskeidenheid style en media insluitend pottebakkery, beeldhou in hout en brons, inkverf op sy en papier en talle ander tipies kunswerke. Skilder is die gewildste vorm van kunsinigge uitdrukking in Japan. Die Japannese het tot met die aanbreek van die moderne era met 'n borsel geskryf eerder as 'n pen wat waarskynlik bygedra het tot die waardering van skilder en skildertegniek. Met die opkoms van populêre kultuur in die Edo-tydperk het die
ukiyo-e
houtdruk style ontwikkel. Beeldhou word meestal met godsdiens geassosieer en is aan die taan met die verminderde klem op tradisionele Boeddhisme. Japannese keramiekware word as van die gevorderdste ter wêreld beskou. In argitektuur word Japannese voorkeur vir natuurlike materiale en 'n interaksie tussen buite- en binneruimtes duidelik uitgedruk. Japannese
moderne kuns
neem talle vorms aan en druk net soveel idees soos moderne kuns in die algemeen uit. Dit wissel van advertensie, anime, videospeletjies en die meer tradisionele argitektuur, beeldhou, skilder en skets. Een van Japan se mees bekende eietydse Japannese kunstenaars is Takashi Murakami wat werke skep waarvan die styl deur anime geïnspireer is en wat as "superflat" beskryf word.
Die geskiedenis van Japannese film strek meer as 'n honderd jaar terug en het begin met die stilprente
Bake Jizo
("Jizo die Spook") en
Shinin no sosei
("Heropstanding van 'n Lyk"), beide uit 1898.
109
In Japan is stilprente tot laat in die 1930's gemaak. In die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog het vermeerderde sensorskap tot veroordeling van linksleunende filmregisseurs soos Daisuke Ito gelei. Een van Japan se bekendste regisseurs,
Akira Kurosawa
, het sy eerste film, Sugata Sanshiro, in 1943 gemaak. Na die oorlog het die westerse besetting van Japan daartoe gelei dat Japan vir 'n dekade lank blootgestel is aan Amerikaanse animasie wat tydens die oorlog verban is. Die bloeitydperk van Japannese film is in die 1950's bereik met films soos Kurosawa se Rashomon en Sewe Samoerai en Yasujiro Ozu se Tokio Storie, wat as onder die beste films ooit gereken word.
110
Meer onlangs het Shohei Imamura die
Palme d'Or
(ook soms na verwys as die "Goue Palm") vir 'n tweede keer gewen vir sy en die
Iranese
regisseur Abbas Kiarostami se
The Eel
(1997).
Hayao Miyazaki
se
Porco Rosso
(1992) en
Prinses Mononoke
het (1997) nuwe rekords by die loket gestel wat slegs deur die Amerikaanse
Titanic
geklop is. Nuwe anime-regisseurs het ook in die 1990's op die toneel verskyn met Hideaki Anno se Neon Genesis Evangelion, wat algemeen as een van die mees invloedryke anime van alle tye beskou word. In die 21ste eeu het
Battle Royale
kultusstatus Japan en in die Verenigde Koninkryk verwerf en Hayao Miyazaki se
Spirited Away
(2001) Japannese loketrekords gebreek en 'n
Oscar
vir beste geanimeerde film gewen.
Soemo
, 'n tradisionele Japannese sport
Die
Japannese nasionale sokkerspan
tydens 'n wedstryd teen
Paraguay
in 2008
Die
Japannese nasionale rugbyspan
nadat hulle die Asiatiese Vyfnasies-toernooi in 2014 gewen en sodoende vir die
Rugbywêreldbeker 2015
gekwalifiseer het
Bofbalwedstryd
tussen Japan en Nederland tydens die
Olimpiese Somerspele 2008
in
Beijing
Tradisioneel word
soemo
as Japan se nasionale
sport
beskou en dit is een van die gewildste toeskouersportsoorte in Japan.
111
Vegkunste
soos
judo
karate
en kendō word ook wydverspreid beoefen en deur toeskouers geniet. Na die Meiji-Herstelling is talle Westerse sportsoorte na Japan ingevoer en het dit deur die onderwysstelsel versprei.
112
Gelyktydig het die Japannese vegkunste in Westerse lande gewild geword en word nou wêreldwyd beoefen.
Sokker
en
bofbal
word tradisioneel as die gewildste sportsoorte in Japan beskou. Die Japannese Bofballiga is in 1936 gestig en is een van die gewildste bofballigas wêreldwyd.
113
Sedert die vestiging van die Japannese Professionele Voetballiga in 1992 het sokker ook 'n beduidende gevolgskap verkry.
114
Japan was 'n gasheer vir die
Intercontinental Cup
van 1981 tot 2004 en het saam met
Suid-Korea
die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002
aangebied, die eerste
FIFA
Sokker-Wêreldbeker
in Asië. Die
Japannese nasionale sokkerspan
is een van die suksesvolste spanne in Asië en het die Asiatiese Beker al vier keer gewen (in 1992, 2000, 2004 en 2011). Hulle kon tot dusver sewe keer vir die Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer en drie keer die agtste eindrondte haal (in 2002,
2010
en
2022
). Daarbenewens het hulle vyf keer aan die FIFA
Sokker-Konfederasiebeker
deelgeneem en tydens die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001
as naaswenner geëindig. In vrouesokker vaar Japan heelwat beter en hulle het die
Vrouesokkerwêreldbeker 2011
beklink.
Die
Japannese nasionale rugbyspan
is tradisioneel die sterkste
rugbyspan
in
Asië
, maar het oor die jare gemengde resultate teen nie-Asiatiese spanne gehad. Rugby word geadministreer deur die
Japannese Rugbyvoetbalunie
wat in 1926 gestig is. Die span neem jaarliks deel aan die Pasifiese Nasiesbeker teen Australië A,
Fidji
, die Junior All Blacks,
Samoa
en
Tonga
. Die span het ook aan elke
rugbywêreldbekertoernooi
deelgeneem, en hulle het tot dusver tien wedstryde in die toernooi gewen; teen
Zimbabwe
in
1991
en teen
Suid-Afrika
, Samoa en die
Verenigde State
by die
Rugbywêreldbeker in 2015
. Tydens die poelfase van hul
tuistoernooi in 2019
– die eerste in Asië – kon Japan as eerste Asiatiese span al sy mededingers klop en sodoende vir die eerste keer tot die kwarteindrondte vorder; die gasheer is egter deur Suid-Afrika geklop. Tydens die
Rugbywêreldbeker 2023
in Frankryk kon hulle
Chili
en Samoa klop. Van 2016 tot 2020 het met die
Sunwolves
’n Japannese span deelgeneem aan die
Superrugbytoernooi
, die
Suidelike Halfrond
se internasionale rugbyliga. Die
vrouerugbyspan
kwalifiseer ook gereeld vir
vrouerugbywêreldbekertoernooie
Gholf
is ook gewild in Japan
115
en so ook motorresies, die Super GT sportmotorreeks en Formule Nippon.
116
Krieket
word ook in Japan beoefen, die nasionale krieketspan spel egter slegs teen "kleiner" nasionale spanne en kon tot dusver nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie. Hulle kon wel vir die
o/19-krieketwêreldbeker
2020 kwalifiseer.
117
Ander ontspanningsaktiwiteite sluit ook die bordspeletjies
Go
en
Shogi
in. Albei spele het omtrent 10 miljoen amateurspelers en 'n paar honderd professionele spelers.
118
119
Die
Olimpiese Spele
het verskeie kere in Japan plaasgevind:
Somerspele in 1964
in Tokio, Winterspele in
Sapporo
1972
) en
Nagano
1998
). Daarbenewens was beide die
Olimpiese Somerspele
en
Olimpiese Winterspele van 1940
onderskeidelik in Tokio en Sapporo beplan, maar hulle is weens die Tweede Wêreldoorlog gekanselleer. Met die aanbied van die
Olimpiese Somerspele in 2020
het Tokio vir 'n tweede keer as gasheerstad van die
Olimpiese Somerspele
opgetree. Dié spele is as gevolg van die wêreldwye
Covid-19-pandemie
met een jaar uitgestel en is in 2021 gehou, maar steeds die Olimpiese Somerspele van 2020 genoem.
120
Sedert 1976 vorm die
Japannese Grand Prix
deel van die
Formule Een
-kalender en word oorwegend op die
Suzuka Internasionale Renbaan
beslis.
ja
"法制執務コラム集「法律と国語・日本語」"
. Legislative Bureau of the House of Councillors.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
18 Mei
2018
en
"Japan"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 10 Desember 2023
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"Surface water and surface water change"
OESO
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"2020 Population Census"
. Japannese Statistiekkantoor
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"Japan"
Internasionale Monetêre Fonds
. April 2025
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"Human Development Report 2025"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 6 Mei 2025
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"Gini Index – Japan"
Wêreldbank
. Besoek op
22 Oktober
2025
ja
Nihon Rettō
. Daijirin / Yahoo Japan dictionary.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2009
. Besoek op
7 Mei
2007
en
"World Factbook; Japan"
. CIA. 15 Maart 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
27 Maart
2007
af
en
en
Habu Jinko, "Ancient Jomon of Japan", Cambridge Press, 2004
Geargiveer
16 Maart 2008 op
Wayback Machine
en
"The Yayoi period (c.250 BC – c.AD 250)"
Encyclopædia Britannica
. 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Desember 2007
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Jared Diamond (Junie 1998).
"Japanese Roots"
Discover Magazine Vol. 19 No. 6
en
"Pottery"
. MSN Encarta. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Oktober 2009
. Besoek op
28 Desember
2006
en
De Bary, William Theodore (2005).
Sources of Japanese Tradition
. Columbia University Press. p.
1304.
ISBN
0-231-12984-X
. Besoek op
29 Januarie
2007
en
Minnesota State University
Timeline of Japanese History
Geargiveer
31 Januarie 2008 op
Wayback Machine
Asuka Period
Geargiveer
6 Februarie 2006 op
Wayback Machine
, besoek op 3 Februarie 2008
en
Delmer M. Brown (1993).
The Cambridge History of Japan
. Cambridge University Press. pp.
140–
149.
en
William Gerald Beasley (1999).
The Japanese Experience: A Short History of Japan
. University of California Press. p.
42.
ISBN
0-520-22560-0
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Conrad Totman (2002).
A History of Japan
. Blackwell. pp.
64–
79.
ISBN
978-1-4051-2359-4
en
Conrad Totman (2002).
A History of Japan
. Blackwell. pp.
79–
87.
ISBN
978-1-4051-2359-4
en
Conrad Totman (2002).
A History of Japan
. Blackwell. pp.
122–
123.
ISBN
978-1-4051-2359-4
en
George Sansom (1961).
A History of Japan: 1334–1615
. Stanford. p.
42.
ISBN
0-8047-0525-9
en
George Sansom (1961).
A History of Japan: 1334–1615
. Stanford. p.
217.
ISBN
0-8047-0525-9
en
Stephen Turnbull (2002).
Samurai Invasion: Japan's Korean War
. Cassel. p.
227.
ISBN
978-0-304-35948-6
en
Hooker, Richard (14 Julie 1999).
"Japan Glossary; Kokugaku"
. Washington State University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Januarie 2011
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Jesse Arnold.
"Japan: The Making of a World Superpower (Imperial Japan)"
. vt.edu/users/jearnol2. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 9 April 2007
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Kelley L. Ross.
"The Pearl Harbor Strike Force"
. friesian.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Roland H. Worth jr. (1995).
No Choice But War: the United States Embargo Against Japan and the Eruption of War in the Pacific
. McFarland.
ISBN
0-7864-0141-9
en
"Japanese Instrument of Surrender"
. educationworld.net. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"The Nanking Atrocities: The Postwar Judgment"
. University of Missouri-Columbia.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2006
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Joseph Coleman (6 Maart 2006).
'52 coup plot bid to rearm Japan: CIA"
. The Japan Times. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Junie 2011
. Besoek op
3 April
2007
en
"Japan scraps zero interest rates"
. BBC News Online. 14 Julie 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 April 2020
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Louis-Frédéric Nussbaum (2002).
Traditional order of Tennō
. Japan encyclopedia. pp.
962–
963.
en
Enjoji, Kaori (1 Desember 2017).
"Japan Emperor Akihito to abdicate on April 30, 2019"
. Tokio:
CNN
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020
. Besoek op
22 Oktober
2019
en
Kyodo, Jiji (3 Desember 2017).
"Japan's publishers wait in suspense for next era name"
. The Japan Times.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 September 2019
. Besoek op
22 Oktober
2019
en
"What to watch at the Emperor's enthronement ceremonies"
. NHK. 18 Oktober 2019.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2019
. Besoek op
22 Oktober
2019
en
"The Constitution of Japan"
. House of Councillors of the National Diet of Japan. 3 November 1946. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Augustus 2013
. Besoek op
10 Maart
2007
en
"A History of the Liberal Democratic Party"
Liberaaldemokratiese Party
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 24 September 2009
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Gabriele Ninivaggi (21 Oktober 2025).
"Takaichi makes history as Japan's first female prime minister"
. The Japan Times
. Besoek op
22 Oktober
2025
en
"Japanese Civil Code"
Encyclopædia Britannica
. 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Desember 2007
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"The Japanese Judicial System"
. Office of the Prime Minister of Japan.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2013
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Prime Minister of Japan and his Cabinet
Basic Strategies for Japan's Foreign Policy in the 21st Century New Era, New Vision, New Diplomacy
, besoek op 22 Januarie 2008
en
Michael Green.
"Japan Is Back: Why Tokyo's New Assertiveness Is Good for Washington"
. Real Clear Politics.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Maart
2007
en
"UK backs Japan for UNSC bid"
. Cenral Chronicle. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 Oktober 2007
. Besoek op
28 Maart
2007
en
Table: Net Official Development Assistance In 2004 (PDF).
PDF
(32.9
Kibibytes)
Organisation for Economic Co-operation and Development (11 April 2005). Besoek op 28 Desember 2006.
en
"Tokyo says it will bring troops home from Iraq"
. International Herald Tribune. 20 Junie 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2009
. Besoek op
28 Maart
2007
en
"Japan approves constitution steps"
BBC
News.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 September 2017
. Besoek op
15 Mei
2007
en
Mabuchi, Masaru (Mei 2001).
Municipal Amalgamation in Japan
(PDF)"
(PDF)
. World Bank
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"Japan—City Population"
. citypopulation.de.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 April 2020
. Besoek op
1 Februarie
2007
en
en
"Japan"
. Microsoft® Encarta® Online Encyclopedia. 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Desember 2008
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"Japan Information—Page 1"
. WorldInfoZone.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"World Population Prospects"
. UN Department of Economic and Social Affairs. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Mei 2011
. Besoek op
27 Maart
2007
en
"Tectonics and Volcanoes of Japan"
. Oregon State University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Februarie 2007
. Besoek op
27 Maart
2007
en
"Attractions: Hot Springs"
. JNTO.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2011
. Besoek op
1 April
2007
en
"Essential Info: Climate"
. JNTO.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018
. Besoek op
1 April
2007
en
Kochi Prefecture sees highest temperature ever recorded in Japan – 41
Geargiveer
13 Augustus 2013 op
Wayback Machine
Asahi Shimbun
Geargiveer
13 Augustus 2013 op
Wayback Machine
en
"Flora and Fauna: Diversity and regional uniqueness"
. Embassy of Japan in the USA. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 Januarie 2008
. Besoek op
1 April
2007
en
Automaker Rankings 2007: The Environmental Performance of Car Companies
, Union of Concerned Scientists, 10/15/07.
en
Totman, Conrad.
"Tokugawa Peasants: Win, Lose, or Draw?"
Monumenta Nipponica
41:4 (Winter 1986), bl. 457–476.
en
Lost Japan:
ISBN 0-86442-370-5
; Dogs & Demons:
ISBN 0-14-101000-2
en
"Unprecedented Summit in Japan Aims to Tackle Overfishing of Dwindling Tuna Stock"
. Associated Press. 24 Januarie 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Oktober 2010
. Besoek op
14 Januarie
2008
en
2005 Environmental Sustainability Index Benchmarking National Environmental Stewardship
Geargiveer
16 Januarie 2016 op
Wayback Machine
, Yale Center for Environmental Law and Policy, Yale University en Center for International Earth Science Information Network, Columbia University, 2005.
de
www.swp-berlin.org
Hanns Günther Hilpert:
Japans multiple Handelspolitik. Die Chancen des europäisch-japanischen Freihandelsabkommens
. Berlin: Stiftung Wissenschaft und Politik (SWP) 2017, bl. 17
en
"World Economic Outlook Database; country comparisons"
. IMF. 1 September 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2018
. Besoek op
14 Maart
2007
en
"NationMaster; Economy Statistics"
. NationMaster.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2014
. Besoek op
26 Maart
2007
en
"Japan's Economy: Free at last"
. The Economist. 20 Julie 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2010
. Besoek op
29 Maart
2007
en
"Why Germany's economy will outshine Japan"
. MoneyWeek. 28 Februarie 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 April 2008
. Besoek op
28 Maart
2007
en
Corporate Profile
, Japan Post Bank Co., Ltd.
en
Company Overview
, Mitsubishi UFJ Financial Group, Inc.
en
Company Information
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
, Mizuho Financial Group.
en
Company Profile
, Sumitomo Mitsui Financial Group.
en
StockMarketClock.com: Tokyo Stock Exchange. Besoek op 3 Augustus 2017
en
"Japan: Patterns of Development"
. country-data.com. Januarie 1994.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Masake, Hisane.
A farewell to zero
Geargiveer
20 November 2006 op
Wayback Machine
Asia Times Online
(2 Maart 2006). Besoek op 28 Desember 2006.
en
Kingshuk Roy.
Water Resources in relation to Major Agro-Environmental Issues in Japan
PDF
(111
kibigreep)
. College of Bioresource Sciences, Nihon University (2006). Besoek op 21 Februarie 2007.
en
"Japan: Country Information"
. Strategis. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 Maart 2008
. Besoek op
1 April
2007
en
Blustein, Paul.
"China Passes U.S. In Trade With Japan: 2004 Figures Show Asian Giant's Muscle".
The Washington Post
(27 Januarie 2005). Afgelaai op 28 Desember 2006.
en
McDonald, Joe. "China to spend $136 billion on R&D."
BusinessWeek
(4 Desember 2006).
en
The Boom in Robot Investment Continues—900,000 Industrial Robots by 2003.
and United Nations Economic Commission for Europe, Press release 17 Oktober 2000. Afgelaai op 28 Desember 2006.
en
"World Motor Vehicle Production by Country"
(PDF)
. oica.net. 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 8 Augustus 2007
. Besoek op
30 Julie
2007
en
"Japan Plans Moon Base by 2030"
. MoonDaily. 3 Augustus 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020
. Besoek op
27 Maart
2007
en
"Japan a low-key player in space race"
. Japan Times. 30 Junie 2009.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 September 2017
. Besoek op
18 Mei
2018
en
BBC Nuus, 26 Februarie 2016: Japan population shrinks by one million census confirms. Besoek op 28 Februarie 2016
en
"The World Factbook: Rank order—Life expectancy at birth"
Central Intelligence Agency
. 19 Desember 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Desember
2006
en
"Statistical Handbook of Japan: Chapter 2—Population"
. Japan Ministry of Internal Affairs and Communications. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 2 Augustus 2013
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Ogawa, Naohiro.
"Demographic Trends and Their Implications for Japan's Future"
The Ministry of Foreign Affairs of Japan. Transkripsie van toespraak op 7 Maart 1997 gelewer. Besoek op 14 Mei 2006.
en
Hidenori Sakanaka (5 Oktober 2005).
"Japan Immigration Policy Institute: Director's message"
. Japan Immigration Policy Institute. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 September 2007
. Besoek op
5 Januarie
2007
en
French, Howard.
"Insular Japan Needs, but Resists, Immigration".
The New York Times
" (24 Julie 2003). Besoek op 21 Februarie 2007.
en
Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor (15 September 2006).
"International Religious Freedom Report 2006"
. U.S. Department of State.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2012
. Besoek op
4 Desember
2007
en
Kisala, Robert (2005). in Robert Wargo: The Logic Of Nothingness: A Study of Nishida Kitarō. University of Hawaii Press, 3–4.
ISBN 0-8248-2284-6
ja
言語学大辞典セレクション:日本列島の言語 (
Selection from the Encyclopædia of Linguistics: The Languages of the Japanese Archipelago
). "琉球列島の言語" (
The Languages of the Ryukyu Islands
). 三省堂 1997
en
"15 families keep ancient language alive in Japan"
. UN. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Januarie 2008
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Lucien Ellington (1 September 2005).
"Japan Digest: Japanese Education"
. Indiana University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 April 2006
. Besoek op
27 April
2006
en
Lucien Ellington (1 Desember 2003).
"Beyond the Rhetoric: Essential Questions About Japanese Education"
. Foreign Policy Research Institute. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 April 2007
. Besoek op
1 April
2007
en
"School Education"
(PDF)
. MEXT. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 6 Desember 2010
. Besoek op
10 Maart
2007
en
Kate Rossmanith (5 Februarie 2007).
"Rethinking Japanese education"
. The University of Sydney. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Maart 2011
. Besoek op
1 April
2007
en
"The Times Higher Education Supplement World University Rankings"
(PDF)
. TSL Education Ltd. 28 Oktober 2005. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 9 Januarie 2015
. Besoek op
27 Maart
2007
en
OECD’s PISA survey shows some countries making significant gains in learning outcomes
, OECD, 04/12/2007.
Range of rank on the PISA 2006 science scale
en
Victor Rodwin.
"Health Care in Japan"
. New York University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Mei 2020
. Besoek op
10 Maart
2007
en
"Health Insurance: General Characteristics"
. National Institute of Population and Social Security Research.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
28 Maart
2007
en
"A History of Manga"
. NMP International.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 September 2012
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Leonard Herman, Jer Horwitz, Steve Kent en Skyler Miller.
"The History of Video Games"
. Gamespot. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 29 September 2007
. Besoek op
1 April
2007
en
Japanese Culture, The Concise Columbia Encyclopedia, 1983 edition, © Columbia University Press
ISBN 0-380-63396-5
en
"J-Pop History"
. The Observer.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2008
. Besoek op
1 April
2007
en
Kelly, Bill. (1998). "Japan's Empty Orchestras: Echoes of Japanese culture in the performance of karaoke",
The Worlds of Japanese Popular Culture: Gender, Shifting Boundaries and Global Cultures
, bl. 76. Cambridge University Press.
en
"Asian Studies Conference, Japan (2000)"
. Meiji Gakuin University.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
1 April
2007
en
"Windows on Asia—Literature
: Antiquity to Middle Ages: Recent Past"
. Michigan State University, Office of International Studies and Programs. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Desember 2005
. Besoek op
28 Desember
2006
en
Seek Japan | J-Horror: An Alternative Guide
en
BFI | Sight & Sound | Top Ten Poll 2002
Geargiveer
22 Desember 2002 op
Wayback Machine
en
"Sumo: East and West"
. PBS.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
18 Mei
2018
en
"Culture and Daily Life"
. Embassy of Japan in the UK.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
27 Maart
2007
en
Yoichi Nagata en John B. Holway (1995). "Japanese Baseball".
Total Baseball
(4th
uitg.). New York: Viking Press. p.
547.
en
"Soccer as a Popular Sport: Putting Down Roots in Japan"
PDF
. The Japan Forum.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
1 April
2007
en
Fred Varcoe.
"Japanese Golf Gets Friendly"
. Metropolis. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Julie 2009
. Besoek op
1 April
2007
en
Len Clarke.
"Japanese Omnibus: Sports"
. Metropolis. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Julie 2009
. Besoek op
1 April
2007
en
"Japan qualify for 2020 U-19 World Cup after Papua New Guinea forfeiture"
. ESPNcricinfo. 8 Junie 2019
. Besoek op
9 April
2025
en
"History of Go"
. British Go Association. 4 Mei 2014.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 April 2020
. Besoek op
30 Mei
2014
en
"Shogi Information"
. International Computer Games Association. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 10 November 2010
. Besoek op
30 Mei
2014
en
"Tokyo Olympics and Paralympics: New dates confirmed for 2021"
BBC
. 30 Maart 2020
. Besoek op
22 Oktober
2025
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Japan
Sien
Japan
in Wiktionary, die vrye woordeboek.