Kaapstad - Wikipedia
Gaan na inhoud
Koördinate
33°55′31″S
18°25′26″O
33.92528°S 18.42389°O
-33.92528; 18.42389
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaapstad
Cape Town
en
iKapa
xh
Stad
Wapen
Byname:
"Moederstad"
Leuse(s):
Spes Bona
Latyns
vir: "Goeie Hoop"
Kaapstad
Kaapstad se ligging in Wes-Kaap
Koördinate:
33°55′31″S
18°25′26″O
33.92528°S 18.42389°O
-33.92528; 18.42389
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Wes-Kaap
Munisipaliteit
Stad Kaapstad
Stigting
6 April
1652
Regering
Burgemeester
Geordin Hill-Lewis
DA
Adjunkburgemeester
Eddie Andrews
Stadsbestuurder
Achmat Ebrahim
Oppervlak
Stad
400,28
km
(154,55
vk.
myl)
Metro
2 444,97
km
(944,01
vk.
myl)
Bevolking
(2011)
Stad
433 688
Digtheid
1 083/km
(2 800/vk.
myl)
Metro
3 740 026
Metrodigtheid
1 500/km
(4 000/vk.
myl)
Rasverdeling
(2011)
Wit mense
16,2%
Indiërs/Asiërs
1,6%
Bruin mense
35,0%
Swart mense
45,7%
Ander
1,5%
Taal
(2011)
Afrikaans
34,9%
Xhosa
29,2%
Engels
27,8%
Ander
8,1%
Poskode
(strate)
7700–8099
Poskode
(posbusse)
8000
Skakelkode
27 (0)21
Webwerf
Kaapstad-munisipaliteit
Kaapstad
([ˈkɑːpstat],
Engels
Cape Town
[ˈkeɪptaʊn],
Xhosa
iKapa
) is (as die wetgewende hoofstad) een van die drie hoofstede van die
Republiek van Suid-Afrika
. Dit is ook die setel van die Suid-Afrikaanse
parlement
. Die ander twee hoofstede is
Pretoria
(die uitvoerende hoofstad) en
Bloemfontein
(die geregtelike hoofstad). Hierbenewens is Kaapstad die administratiewe en parlementêre hoofstad van die provinsie
Wes-Kaap
en die naasgrootste stad in Suid-Afrika ná
Johannesburg
Die
Kaapstad Internasionale Lughawe
is die naasgrootste lughawe in die land ná
Johannesburg–O.R. Tambo
Satellietbeeld van Kaapstad
Kaapstad lê aan die suidkus van Afrika en word ook die
Moeder-stad
van Suid-Afrika genoem. Die stad is oorspronklik as 'n verversingspos vir Nederlandse skepe op pad na
Oos-Afrika
Indië
en die
Verre-Ooste
aangelê. Dit was ook een van die eerste permanente Europese nedersettings in
Afrika suid van die Sahara
. Hier het die leier van die Goringkhoina in 1652 met die Hollanders van die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
(in destydse Nederlands:
Vereenigde Oostindische Compagnie, VOC
) kontak gemaak.
Van 'n klein hawe het Kaapstad vinnig tot die grootste stad in Suid-Afrika ontwikkel, wat eers met die
goudstormloop
aan die
Witwatersrand
in 1887 deur die nuutgestigte Johannesburg verbygesteek is. Nogtans huisves Kaapstad volgens die sensus van 2011 met 'n bevolking van 1,3 miljoen die grootste
Afrikaanssprekende
gemeenskap van enige stad in Suid-Afrika. Dit is ook die enigste groot stad in die land waarin
bruin Suid-Afrikaners
'n relatiewe meerderheid van die bevolking vorm.
Kaapstad is danksy sy natuurskoon en sy ligging aan die voet van die wêreldbekende
Tafelberg
vandag een van die mees gesogte internasionale toeristebestemmings en 'n gunstelingstad van die internasionale rolprent- en reklamebedryf.
Volgens 'n studie in 2018 deur Mercer, oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld, het Kaapstad die 94ste plek verwerf, die naasbeste in Suid-Afrika net ná
Durban
. Wat persoonlike veiligheid betref, staan Suid-Afrikaanse metropole egter op die onderste sporte van die leer.
Terwyl die chemiese bedryf van die 1970's af agteruitgegaan het en die plaaslike tekstiel- en skoennywerhede hulle in die 1990's teen goedkoop invoere vasgeloop het, het die vestiging van ondernemings uit die hoëtegnologiebedryf van Kaapstad en sy omgewing 'n spilpunt van navorsing gemaak. Reeds in 1987 het die Kaapstadse Stadsraad en die Kleinsake-ontwikkelingskorporasie met TegnoKaap (
TechnoCape
) 'n liggaam in die lewe geroep wat beleggings in die hoëtegnologiesektor bevorder het.
Etimologie
Ná sy stigting in 1652 is na die stad oorspronklik verwys as
Cabo de Goede Hoop
, verkort tot
Cabo
of
De Caab
. In die 18de eeu is na die stad verwys as
Het Vlek van de Caab
. In die middel-18de eeu het die name "Kaapstad" en
Cape Town
ewe in gebruik gekom. Die
Khoisan-naam
//Hui !Gaeb
beteken "steenplek" en het oorspronklik na die
Kasteel die Goeie Hoop
verwys, maar deesdae verwys dit na die hele stad.
10
Geografie
Kaapstad se ligging in die Wes-Kaap
Kaapstad se middestad, soos gesien vanaf die
Kaapstad-hawe
Kaapstad se sentrale sakekern, soos gesien vanaf Leeukop
Kaapstad uit die ruimte gesien, met die uitsig oos oor die
Kaapse Skiereiland
en
Valsbaai
(agter) met
Robbeneiland
(links voor),
Tafelberg
(middel voor) en
Kaappunt
(regs voor)
Sononder in
Groenpunt
Kaapstad, soos gesien vanaf Robbeneiland
Kaapstad is in die suidweste van die Republiek van Suid-Afrika en die provinsie Wes-Kaap aan die Tafelbaai van die
Atlantiese Oseaan
geleë. Die stad staan internasionaal bekend vir sy ligging aan die voet van Tafelberg, 'n groot, platoagtige bergmassief met 'n hoogte van 1
086 meter bo
seevlak
wat saam met kleiner bergspitse en heuwels soos
Vlaeberg
Leeukop
en
Duiwelspiek
die stadshorison oorheers en 'n onmiskenbare baken geword het. Tafelbaai is deur die inheemse bewoners
Hoeri
(letterlik "Baai van die See", sien ook
Khoiname van Kaapstad
) genoem en het sy huidige naam aan 'n Portugese
admiraal
te danke wat in 1503 hier langs geseil het.
11
Die
Kaapse Skiereiland
, wat oor 'n lengte van sowat 35 kilometer van Kaapstad in die noorde tot by die
Kaap die Goeie Hoop
en Kaappunt strek, is in een van die wêreld se plantkoninkryke en 'n magdom soorte kom slegs hier voor.
Kaapstad se "stadskom" (Engels:
City Bowl
) of sentrale sakekern met sy
wolkekrabbers
en die woonbuurte wat rondom lê, word deur Tafelbaai aan die een kant en Tafelberg aan die ander begrens. Die uitgestrekte
voorstede
aan albei kante van die bergmassief, wat in suidelike rigting in 'n aantal bergkettings oorgaan wat via die
Twaalf Apostels
tot by Kaappunt strek, verskil ten opsigte van hul karakter duidelik van mekaar. Die hele stadsgebied kan slegs vanaf Tafelberg raakgesien word – net een miljoen van Kaapstad se bewoners woon in die "stadskom" of ander woonbuurte naby die Atlantiese Oseaan of die berge, terwyl twee miljoen stadsbewoners in die uitgestrekte
Kaapse Vlakte
saamgetrek is.
Vanweë die dikwels onrustige see rondom die Kaapse Skiereiland is die Kaap die Goeie Hoop, wat sowat 50 kilometer suid van die stadsentrum geleë is, deur seevaarders al vroeg die "Kaap van Storms" genoem. Die ysige
Benguela-stroom
vloei vanuit die suide langs die kus en skep 'n Mediterreense winterreënklimaat waarin
vrugte
en wingerde goed aard. Bemarkers beskryf Kaapstad dikwels as "die enigste stad ter wêreld wat aan twee oseane geleë is", hoewel die Atlantiese en die Indiese Oseaan streng gesproke mekaar eers by Kaap Agulhas, sowat 200 kilometer oos van Kaapstad, ontmoet. Hierdie kaap is ook die mees suidelike punt van Afrika.
12
Administratiewe gebied en verstedeliking
Die administratiewe gebied van Kaapstad strek tans oor meer as 2
400
km², terwyl die beboude gebied van die Kaapse Metropolitaanse Gebied sowat 774
km² beslaan. Die huidige beboude gebiede brei veral in die Kaapse Vlakte, langs die noordelike kusvlakte en na die landelike gebiede in die noordooste uit. Veral in die noordelike voorstede het sedert die laat 20ste eeu 'n noemenswaardige verskuiwing van sakebedrywighede uit sentrale dele na die stadsrand plaasgevind.
Die bevolkingsdigtheid varieer grootliks, van tussen twee en vier wooneenhede per hektaar tot tussen 90 en 100 eenhede in digbeboude buurte van die middestad waar veelverdieping-woonstelgeboue ontstaan het. Informele nedersettings is die mees digbevolkte dele van Kaapstad waar die bevolkingsdigtheid so hoog as 350 tot 450 bewoners per hektaar kan wees.
Jaar
Bevolking
Beboude gebied
Bevolkingsdigtheid
1904
265
881
23
km²
115 inwoners/ha
1946
631
427
86
km²
73 inwoners/ha
1970
335
435
255
km²
52 inwoners/ha
2000
~3
000
000
774
km²
39 inwoners/ha
Klimaat
Klimaatdiagram van Kaapstad
Suid-Afrika soos gesien van die
Internasionale Ruimtestasie
in April 2016. Kaapstad en die Kaapse Skiereiland is duidelik sigbaar
Tafelberg met 'n wolkkleed
Kaapstad het 'n Mediterreense klimaat met warm en droë somers en matige winters. Die meeste reën val in die winter wat van Junie tot Augustus duur. Winter is ook die seisoen wanneer enkele kouefronte van die Atlantiese Oseaan af noordwaarts na die Kaap beweeg wat neerslae en sterk noordwestelike winde meebring. In die laat lente- en vroeë somermaande waai die
Kaapse Dokter
, 'n kragtige passaatagtige suidooster wat lugbesoedeling teëwerk (vandaar sy naam), meestal in die middag van
Valsbaai
oor die Kaapse Vlakte. Ook dié wind, wat sy ontstaan aan 'n Suid-Atlantiese hoëdrukstelsel wes van Kaapstad te danke het, is relatief koel en bring vogtige lug met hom saam.
13
Februarie en vroeë Maart is die maande wanneer die warm
bergwind
enkele weke lank van die Karoo-binneland oor die Kaap waai.
Op wintersdae word 'n gemiddelde maksimum van 17,5
°C en 'n gemiddelde minimum van 7,4
°C aangeteken. Somertemperature wissel tussen 'n gemiddelde minimum van 15,4
°C en 'n gemiddelde maksimum van 25,8
°C. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 515 millimeter. Met 'n jaarlikse gemiddeld van 3
100 sonskynure vergelyk Kaapstad gunstig met ander metropole soos
Los Angeles
(3
300 ure) en
Madrid
(2
900 ure). Watertemperatuur wissel van 10
°C aan die Atlantiese kus tot 22
°C in Valsbaai. Die gemiddelde jaarlikse watertemperatuur is 13
°C aan die Atlantiese kus en 17
°C in Valsbaai.
Weergegewens vir Kaapstad
Maand
Jan
Feb
Mar
Apr
Mei
Jun
Jul
Aug
Sep
Okt
Nov
Des
Jaar
Hoogste maksimum (°C)
39,3
38,3
40,7
38,6
33,5
29,8
29,0
32,0
33,1
37,2
39,9
35,4
40,7
Gemiddelde maksimum (°C)
26,1
26,5
25,4
23,0
20,3
18,1
17,5
17,8
19,2
21,3
23,5
24,9
22,0
Gemiddelde temperatuur (°C)
20,4
20,4
19,2
16,9
14,4
12,5
11,9
12,4
13,7
15,6
17,9
19,5
16,2
Gemiddelde minimum (°C)
15,7
15,6
14,2
11,9
9,4
7,8
7,0
7,5
8,7
10,6
13,2
14,9
11,4
Laagste minimum (°C)
7,4
6,4
4,6
2,4
0,9
−1,2
−1,3
−0,4
0,2
1,0
3,9
6,2
−1,3
Neerslag (mm)
15
17
20
41
69
93
82
77
40
30
14
17
515
Sonskynure (
10,9
10,5
9,4
7,8
6,6
5,8
6,2
6,8
7,5
9,0
10,3
10,8
8,5
Reëndae (
5,5
4,6
4,8
8,3
11,4
13,3
11,8
13,7
10,4
8,7
4,9
6,2
103,6
Humiditeit
71
72
74
78
81
81
81
80
77
74
71
71
75,9
Bron:
World Meteorological Organization
14
NOAA
15
Geskiedenis
Vroeë geskiedenis
Rotstekeninge in die Wes-Kaap
Suid-Afrika het 'n beduidende rol by die ontwikkeling van die vroeë mens gespeel, en die land is reeds meer as 100
000 jaar gelede deur klein groepe
Hominidae
of Mensagtiges bewoon. In die Suid-Kaap is in
Smitswinkelbaai
naby Rooikrans en by die Bonteberg gebeentes en steenwerktuie ontdek wat deur mensagtige bewoners (die
Homo erectus
) agtergelaat is en deur antropoloë by die sogenaamde Stellenboschbeskawing (200
000 v.C.) gereken word. Daarnaas is in die
Langebaan-strandmeer
noord van Kaapstad 'n menslike spoor uit die periode omstreeks 115
000 v.C. ontdek.
16
Hierdie eerste bewoners aan die Kaap was jagters en versamelaars, wat eenvoudige steenwerktuie en vuur gebruik het. In die tydperk omtrent 8
000 v.C. het die plaaslike jagtersgemeenskappe reeds die pyl-en-boog gebruik. Die groot trek na die binneland, wat omtrent 2
000 v.C. begin het, het die Kaapse jagters in aanraking met hoogs ontwikkelde boerderygemeenskappe gebring.
Die San, 'n volk van jagters en versamelaars, het sowat 35
000 jaar gelede tot 'n selfstandige groep ontwikkel; hulle word as afstammelinge van swart Suider-Afrikaanse volke beskou, maar verskil met hulle helder, bruin-geel velkleur, kleiner gestalte van sowat 1,60 meter en hul kenmerkende peperkorrelhare duidelik van die Bantoevolksgroepe.
16
Die Hollanders het na hulle as
bosjemans
verwys – letterlik "mense wat agter gevlegte takkies woon". Hul leefwyse was baie eenvoudig, maar hulle het nogtans indrukwekkende rotsreliëfs, -tekeninge en -skilderye agtergelaat.
Omstreeks 200 v.C. het nóg 'n etniese groep ontstaan, vermoedelik danksy 'n vermenging van San en Hamitiese herdersvolke in
Oos-Afrika
– die Khoikhoi (letterlik "Mense-Mense"), 'n volk van
skaap
- en
beestelers
wat deur die Hollanders "Hottentotte" genoem is (die term Khoisan verwys na albei groepe, San en Khoikhoi). Die Khoikhoi het groot dele van die westelike Suid-Afrika, waaronder ook die huidige Wes-Kaap, bewoon. Die Kaap was vanweë sy waterrykdom uiters geskik vir 'n veetelers-beskawing.
Alhoewel die twee groepe as jagters en veetelers in ekonomiese opsig mededingers was, het hulle nogtans vreedsaam naas mekaar bestaan. Desondanks is die sosiale status deur die ekonomiese leefwyse bepaal waarby veetelers 'n hoër status geniet het. Die Khoikhoi is gedurende die 18de eeu deur
pokke
-epidemieë en
oorloë
verswak en teruggedring.
Die Kaap langs die seeweg na Indië
Inskrywing by die
Bartolomeus Dias-standbeeld
in Kaapstad
Die Europese skeepvaart het in die 15de eeu baie vordering gemaak sodat Portugese seevaarders in staat was om langs die weskus van Afrika steeds verder suidwaarts te seil. Hulle het nie soseer in Afrika nie, maar eerder in 'n seeweg na Indië belang gestel – die oorsprongsland van kosbare
speserye
. Die eerste Europeër, wat op 3 Februarie 1488 in Mosselbaai voet aan wal gesit en met plaaslike Khoikhoi-stamme handel gedryf het, was
Bartolomeu Dias
. Tydens sy terugreis na Europa het Dias danksy die rustige weersomstandighede ook vir die eerste keer die Kaap raakgesien en besluit om ook hier voet aan wal te sit en 'n kruis (Portugees:
padrão
) naby Kaappunt op te rig. Hy het die Kaap, wat vier maande vroeër vanweë hewige storms en swak sig deur sy mans nie raakgesien is, "Kaap van Storms" genoem. Hierdie was ook nog gebruiklik nadat die Portugese koning die Kaap amptelik tot
Cabo da Boa Esperança
("Kaap die Goeie Hoop") hernoem het. Die Portugese seevaarders het steeds weer kruise opgerig wat as 'n landmerk vir ander skepe en 'n religieus-Christelike simbool gedien het – en daarnaas ook die Portugese aanspraak op die land bevestig het. Vanaf 1500 het Portugese skepe gereeld na die Indiese kolonies geseil en Mosselbaai aangedoen om vars water, voedsel en ander voorrade te laai.
Die Tafelbaai is in 1503 deur die Portugees Antonio da Saldanha ontdek wat ook die eerste Europeër in die geskiedenis was om die Tafelberg te bestyg. Ten spyte van die Kaap se strategiese ligging het die Portugese geensins daarin belang gestel om hier 'n permanente nedersetting te stig nie. Daar was ander hawens soos dié van Mosambiek wat in teenstelling met die Kaap in alle Portugese behoeftes kon voorsien, en tot in die laat 16de eeu het Portugal ook 'n monopolie op die seeroete na Indië gehad.
Die handel met die Khoikhoi, wat die Portugese van vars vleis voorsien het, het nie op 'n gereelde basis plaasgevind nie – soms was daar geskille wat met geweld bygelê is. Die onderkoning van Portugees-Oos-Indië,
Francisco d'Almeida
, het saam met 55 van sy manskappe in 1510 tydens 'n geveg met Khoikhoi-krygers gesneuwel.
17
Hierdie voorval was rede genoeg om nie eers met die kolonisasie van Suid-Afrika te begin nie.
Die Kaap se slegte reputasie het ook die Britse owerhede voorlopig daarvan weerhou om hul aanspraak op die Kaap te bevestig nadat die Engelse kapteins Andrew Shillinge en Humphrey Fitzherbert, wat in opdrag van die Engels-Oos-Indiese Kompanjie na Soerat en Bantam geseil het, "in die naam van die almagtige prins Jakobus, met die genade van die godkoning van Engeland vreedsaam en rustig" Tafelbaai "en die hele vasteland daaragter" op 3 Julie 1620 in besit geneem en die Engelse vlag op Leeukop gehys het. Ná sterk mededinging met Nederland het die prentjie egter geleidelik begin verander. Reeds in 1611 het 'n Hollandse skip vir die eerste keer nie meer langs die kuslyn van Oos-Afrika nie, maar regstreeks vanuit die Kaap na Indonesië geseil.
Die volksplanting: Die Kaap as 'n Hollandse kolonie (1652–1795)
Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap. Skildery deur Charles Bell
Die Nederlandse
Kasteel de Goede Hoop
is die oudste koloniale gebou in die land
Die Tafelbaai met skepe van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, ca. 1683
Die Ou Raadsaal ("Ou Stadhuis", 1755)
Die
Groote Kerk
is op 31 Januarie 1841 ingewy, maar die oudste NG kerk wat steeds as sodanig gebruik word, is die Strooidakkerk in die Paarl, ingewy op 28 April 1805
Toe die Nederlandse skip
Nieuwe Haarlem
op sy terugreis van Indië op 25 Maart 1647 met 'n bemanning van sestig lede aan die Kaap gestrand het, het die plaaslike Khoikhoi vir die eerste keer oor 'n langer tydperk met Hollanders in aanraking gekom. Die bemanning onder bevel van onderkoopman Leendert Janszen het byna 'n jaar aan die Kaap deurgebring voordat die oorlewendes deur 'n vloot van vyf Nederlandse skepe in Maart 1648 huis toe geneem is. Hul berigte oor die gunstige klimaattoestande en hul goeie ervarings met die Khoikhoi en die ruilhandel wat met die inheemse bevolking gedryf is, was beslissend by die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) se besluit om 'n verversingspos vir skepe op pad na die Verre-Ooste aan die Kaap te stig.
18
In ekonomiese opsig was die gebiede in Asië meer belowend vir die Kompanjie, en gevolglik het hulle net in 'n klein verversingspos belang gestel wat teen lae koste gestig en onderhou sou kon word. Die seereise tussen Europa en Asië, wat destyds tussen ses en agt maande geneem het, was as gevolg van siektes soos
skeurbuik
en hoë sterftesyfers onder die manskappe, sou meer winsgewend kon wees mits daar voldoende vars groente en vleis beskikbaar sou wees.
Die koopman Jan Anthoniszoon van Riebeeck was aan boord van een van die vyf skepe wat die oorlewendes van die
Nieeuw Haarlem
gered het. Hy is destyds verdink van korrupsie en het hom vir die bou van 'n verversingstasie beskikbaar gestel. Sy belangstelling om die pos te beklee was gewortel op die hoop om sodoende gerehabiliteer en later na die Verre-Ooste verplaas te word.
Op 6 April 1652 het
Jan van Riebeeck
saam met sy vrou en vierjarige seun en 'n manskap van negentig mense, waaronder sewe ander vroue, in Tafelbaai voet aan wal gesit. Ter beskerming teen aanvalle van die inboorlinge het die Nederlanders onmiddellik begin om die
Kasteel die Goeie Hoop
op te rig. Van Riebeeck se opdrag was om 'n fort vir sowat tagtig mense te bou, klein akkers aan te lê, groente en vrugte te verbou en veehandel met die inheemse bevolking te dryf. Die Kompanjie het in goeie betrekkinge met hulle belang gestel.
Die vierhoekige fort is deur 'n wal en palisades beskerm, en vanaf 3 Augustus was alle koloniste hier gevestig. As gevolg van die strawwe winter met reën en haelstorms het twintig mense aan siektes beswyk. Die Kompanjie was nie tevrede met die ontwikkeling van die nedersetting nie en het van Riebeeck aangemaan om koste laag te hou en selfversorgend te wees. Die boerdery-aktiwiteite was nogtans duur en is verder geknel deur die tekort aan mannekrag en landbouspesialiste. Die soldate en amptenare was veral opgelei vir handel en militêre opdragte en nie vertroud met landboumetodes nie. Die ruilhandel met plaaslike Khoikhoi-stamme was beperk tot vee.
In Maart 1653 is die verversingspos vir die eerste keer op die proef gestel. 'n Vloot onder die bevel van admiraal Gerard Demmer het tydens hul seereis na Nederland in Tafelbaai aangedoen. Die manskappe is van groente, vleis en melk voorsien, en die kolonie se prestasies is deur admiraal Demmer ná sy terugkeer in Nederland geloof. Die landbou-aktiwiteite is geleidelik uitgebou, en reeds in 1659 is die eerste wyndruiwe geoes. Die koloniste se moraal was desondanks laag, en sommige het selfs by die Khoikhoi aangesluit. Die laasgenoemdes was ewemin bereid om werk vir die kolonie te verrig.
Die oorspronklike bevolking, die Khoi en San, het egter geweier om met die Europeërs handel te dryf en ook geblyk om ongeskik te wees vir die Europese konsepte van werk en besit. Om in hulle behoefte aan mannekrag te voorsien, was die Nederlanders gedwing om slawe uit hulle kolonies in
Madagaskar
, Indië,
Maleisië
en
Indonesië
in te voer. Met die eerste invoer van slawe in die jaar 1658 het die Kaapse bevolking verdubbel. Naas die slawe was daar ook enkele politieke bannelinge uit Oos-Indië, wat deur die Nederlands-Bataafse Hooggeregshof na die Kaap gedeporteer is nadat hulle om die onafhanklikheid van die koloniale bewind gestry het. Onder hulle was enkele Islamitiese leermeesters of
Aulia
("Vriende van Allah"). Saam met die slawebevolking het hulle die
Islamitiese
godsdiens aan die Kaap gevestig.
19
Naas die invoer van slawe is ook die praktyk om van koloniste selfstandige boere te maak as 'n oplossing vir die probleem beskou. Die Kompanjie het in 1659 sy toestemming verleen om aan nege setlaars die status van vryburgers toe te ken. Net setlaars van Nederlandse en Duitse afkoms het hiervoor in aanmerking gekom en saaigoed en landbougereedskap op krediet ontvang. Die eerste kolonis in diens van die Kompanjie, aan wie hierdie vrybrief gegee is, was 'n Duitse setlaar uit
Keulen
wat – net soos baie ander mans uit Noordwes-
Duitsland
– ná die
Dertigjarige Oorlog
in Nederland gewerk het.
Die eksperiment het geslaag, en die landbouproduksie het toegeneem. Die Kompanjie het tot 'n beperkte mate ook setlaars uit onder meer Nederland aangemoedig om hulle aan die Kaap te kom vestig. Maar die VOC was niks meer as 'n aandelemaatskappy wat belang in winsgewende sake gestel het nie; daar kon dus geen sprake van doelmatige kolonisasie in Suid-Afrika wees nie. Ook was Nederland in daardie tyd allesbehalwe 'n emigrasieland, en baie min mense was bereid om hul relatief veilige lewe in Europa vir 'n bestaan vol onsekerhede aan die suidpunt van Afrika te verruil. Tog het ná die opheffing van die
Edik van Nantes
in 1687/1688 sowat 225 van altesaam 80
000
Hugenote
, wat Frankryk verlaat het, besluit om hulle aan die Kaap te vestig.
Die
kasteel
, wat in die tydperk tussen 1666 en 1679 ontstaan het, is die oudste bewaarde gebou in Suid-Afrika. Teen die jaar 1691 was daar reeds tussen vyftig en sestig huise in Kaapstad, en teen die begin van die 18de eeu het hierdie getal al vervyfdubbel.
Die uitbreiding van die kolonie het egter tot geskille met die Khoikhoi gelei. In 1659 het die gebruik van weiland deur setlaars konfrontasie met die inheemse bevolking uitgelok, in 1671 het die groeiende vraag na vleis, wat die Khoikhoi nie bereid was om te bevredig nie, tot konflikte gelei. Uiteindelik het die Khoikhoi 'n verpletterende neerlaag gely. Sommige was nou bereid om met setlaars te trou of op 'n ander manier by die blanke gemeenskap aan te sluit, terwyl ander na die binneland getrek het. Vroue was skaars in die kolonie, en die Europese mans het vinnig begin om met Khoikhoi-vroue en slavinne te vry. Ook Khoikhoi het met slawe getrou. Die huidige kleurlinge het hulle oorsprong in hierdie eerste vermenging van die Asiatiese, Afrika- en Europese kulture en word later 'n deel van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.
Die hoeksteen vir die
Groote Kerk
in die Heerengracht is in 1678 gelê, en die kerk is in 1704 ingewy.
Die 18de eeu
Die Koopmans-De Wethuis in Strandstraat 23 is in 1701 gebou en huisves tans 'n versameling van onder meer 18de eeuse Kaapse en Europese meubels
Die Noord-Nieuwland in Tafelbaai
, 1762
Kaapstad in 1776.
Akwarel deur Johannes Schumacher
Toe
Simon van der Stel
in 1679 as nuwe kommandant van die Kaap aangestel is (vanaf 1691 het hy die amp van goewerneur beklee), was die Kasteel die Goeie Hoop volledig uitgebou, terwyl Kaapstad reeds oor vier strate en 'n blanke bevolking van 290 beskik het (waarvan 87 vryburgers en 117 kinders).
20
Die stad is deur 'n politieke raad met wetgewende, uitvoerende en regsprekende bevoegdhede bestuur wat regstreeks aan die goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië in
Batavia
(tans Java) verantwoordelik was.
Vanaf 1681 is politieke bannelinge uit
Indonesië
na Suid-Afrika gedeporteer wat later die etniese groep van Kaapse Maleiers sou vorm. Baie mans in die
Kaaps-Maleise
gemeenskap het ambagsmanne geword. Die 17de en 18de eeuse blanke immigrante aan die Kaap het naas afgetrede amptenare en ander medewerkers van die Kompanjie ook talle Duitsers ingesluit wat in hierdie periode 'n groep so groot soos die Hollanders verteenwoordig het. Alhoewel die immigrasie van onder meer Duitse setlaars in die 18de eeu bevorder is (van die 15
000 Duitsers, wat na raming in die diens van die VOIK was, het sowat 4
000 hulle aan die Kaap gevestig), het die Kompanjie nie in 'n aktiewe immigrasiebeleid belanggestel nie, sodat die relatief klein Kaapse bevolking in teenstelling met byvoorbeeld die Noord-Amerikaanse kolonies (met drie miljoen bewoners in die 1790's) net stadig en veral danksy die natuurlike bevolkingsaanwas gegroei het. Die bevolking het van 130 in 1660 tot 1
265 in die jaar 1701 en 13
830 in 1793 toegeneem, die medewerkers van die Kompanjie (2
093 in 1794) is nie hierby ingesluit nie. In 1795 het Kaapstad reeds 15
000 inwoners gehad, waarvan meer as 6
000 blankes was.
Die Duitse en Franse immigrante het vinnig Nederlands aangeleer (al was hulle kennis van dié taal soms nie perfek nie of selfs gebrekkig) en het hulle gou aangepas by die Kaapse lewensstyl. Die Kaapse bevolking het sodoende baie homogeen gebly. Omstreeks 1700 was die meerderheid Kapenaars reeds hier gebore en het die Kaap as hul tuisland beskou, terwyl hulle nouliks betrekkinge met hul Europese lande van oorsprong onderhou het. Historiese dokumente bewys dat die Kapenaars reeds in 1706 na hulself as "Afrikaaners" verwys en sodoende reeds 'n soort nasionale bewussyn ontwikkel het.
In die loop van die 18de eeu het naas die blanke burgery in Kaapstad ook 'n steeds groter plattelandse bevolking van boere begin ontwikkel wat op soek na nuwe en groter weivelde vir hulle skape en beeste na die binneland getrek het. Hierdie trekboere het geleidelik onafhanklik van die Kaapstadse owerhede geword en op hulle trek eers met Khoisan en vanaf die laat 18de eeu ook met swart Xhosa-stamme, wat destyds suidwaarts gemigreer het, in aanraking gekom. Die trekboere het 'n nomadiese leefwyse ontwikkel, en hulle kultuur was grotendeels beperk tot 'n streng Calvinisties-Protestantse geloof en Bybelse lektuur. Baie van hulle was selfs ongeletterd en is heeltemal nie geraak deur die groot maatskaplike, politieke en wysgerige veranderinge wat hulle in die 18de eeuse Europa voorgedoen het. Die Nederlands-Oos-Indiese Kompanjie het boonop tot omstreeks 1799 geen drukkers in die Kaap toegelaat nie – drukwerk is as "duiwelswerk" beskou.
21
Die
Groot-Visrivier
is as die oostelike grens van die
Nederlandse Kaapkolonie
bepaal, maar al in 1779 het lede van die Xhosa-volk hierdie grenslyn op soek na nuwe weivelde in westelike rigting oorgesteek en sodoende aanleiding tot die
eerste Grensoorlog
tussen blankes en swartes in Suid-Afrika gegee wat tussen 1779 en 1781 gewoed het. Die Kompanjie was nie in staat om die setlaars teen Xhosa-aanvalle te beskerm nie. Die Xhosa het in 1789 weereens die Groot-Visrivier oorgesteek, en die
tweede Grensoorlog
(1789–1793) het uitgebreek.
Vir die Kompanjie was die laat 18de eeu 'n periode van ekonomiese agteruitgang wat onder meer deur die korrupsie van sy amptenare veroorsaak is. Die Kaapkolonie was nie meer winsgewend nie, en die VOC het hier groot verliese gely. Die Kompanjie het te laat met sy hervormingsproses begin en was in 1794 gedwing om sy bankrotskap te verklaar. Die Kaapse owerheid was nou in 'n swak posisie, en onder die invloed van die rewolusionêre gebeure in Frankryk en die
Verenigde State
en die vryheidsideale wat in hierdie twee lande verkondig is, het die burgers van
Swellendam
en
Graaff-Reinet
in 1795 die eerste twee kortstondige Boererepubleke uitgeroep. Met die begin van die Britse heerskappy aan die Kaap is hulle nog in dieselfde jaar weer ontbind.
Franse interludium
'n Model van Kaapstad omstreeks 1800.
Chavonnes Cannon Battery Museum
Die stasionering van Franse soldate was 'n politieke tussenspel. Frankryk en Nederland was 'n tyd lank bondgenote, en net danksy Franse bystand kon 'n Britse poging om die Kaap in te neem, afgeweer word. Tussen 1781 en 1784 het Franse soldate die kulturele lewe in Kaapstad oorheers. Hul gashere het intussen 'n soort stedelike elite gevorm wat sterk van die plattelandse bevolking verskil het. Toneel- en konsertopvoerings was gewild by Kapenaars en Franse, en by sommige plegtighede is, net soos in Europese adellike kringe, Frans gepraat. Die merkwaardige kulturele bloei word weerspieël in die pragtige boukuns van die tyd.
Maar dit was al duidelik dat Nederland sy status as
groot moondheid
gaandeweg sou kwytraak. Die VOIK se invloed op internasionale handelsroetes was besig om te krimp, en vanaf 1790 was dit Franse en Portugese skepe wat slawe na die Kaap vervoer het.
Die 19de eeu – begin van die Britse bewind
Kaart van die Kaap die Goeie Hoop in 1890
Standbeeld van koning
Edward VII
op die Parade
Laat-Victoriaanse boukuns:
Blue Lodge
in Langstraat
Noordhoekstrand
Met die ekonomiese agteruitgang van die VOIK teen die einde van die 18de eeu het die Kaapkolonie Brittanje se belangstelling gewek. Op 11 Junie 1795 het 'n Britse vloot onder bevel van admiraal Keith Elphinstone en majoor-generaal James Craig Valsbaai binnegeseil. Hulle het 'n amptelike dokument saamgebring waarin na die vroeëre Britse nedersetting verwys is wat in 1620 gestig is en waardeur Groot-Brittanje vanweë sy ouer regte aanspraak op die Kaap gemaak het. Die Nederlandse magte was nie in staat om enige militêre weerstand teen die Britse oormag te bied nie en het, om 'n gewapende konflik en moontlike plundering te vermy, gekapituleer. Kaapstad is vervolgens deur 1200 Britse infanteriste en 400 artilleriste beset, en vir die eerste keer sedert die volksplanting is 'n ander vlag as dié van Nederland in die Kasteel gehys – die Britse
Union Jack
Die Britse besetting is as tydelik beskou en was slegs daarop gemik om Britse belange teen Frankryk as mededingende groot moondheid te verdedig. So was die Britse vredesvoorwaardes vir die Kapenaars aanvaarbaar – niemand is onteien mits hy of sy die eed van trou aan die Britse koning George afgelê het. Ná die ondertekening van die vredesverdrag van Amiens is die Kaapkolonie weer aan die Nederlandse regering teruggegee. Die VOIK is intussen ontbind.
In 1806 het die Brits-Franse konflik weer opgevlam, en Britse troepe het die Nederlandse magte – wat hoofsaaklik uit 'n regiment Duitse hoofsoldate bestaan het – aan die Kaap naby
Bloubergstrand
aangeval. Die Duitse soldate het gevlug sodra die Britte voet aan wal gesit het. Die neerlaag van die Nederlandse koloniale troepe het die einde van die Nederlandse heerskappy ingelui. Op 13 Augustus 1814 het die Kaap 'n Britse kroonkolonie geword. Kaapstad is deur 'n siviele goewerneur geadministreer.
Die verhouding tussen Britse besetters en die inheemse bevolking was van begin af gespanne. Weliswaar het Kaapstad nou 'n ongekende ekonomiese opswaai beleef, maar dit het tegelykertyd van karakter begin verander en steeds meer Britse invloede getoon. Immigrante van die Britse eilande het hulle in groter getalle begin vestig. Slawerny het aan belangrikheid ingeboet en is uiteindelik in 1834 deur die Britse owerheid verbied. Omstreeks 1820 was nogtans meer as 90 persent van die blanke bevolking van Nederlandse of Duitse afkoms. Maar elders in Suid-Afrika, in die
Oos-Kaap
, het duisende Britse setlaars hulle begin vestig (die sogenaamde
1820-Setlaars
), en Kaapstad was eweneens besig om te verengels.
Omstreeks 1850 was Kaapstad 'n multi-etniese nedersetting met 'n bevolking van sowat 17
000 wat in die volgende vyftien jaar tot 28
400 sou groei.
22
Die ontdekking van die diamant- en goudvelde in die binneland in die tydperk tussen 1870 en 1890 het die ekonomiese swaartepunt van
Suider-Afrika
na die
Noord-Kaap
en die Witwatersrand verskuif, tog het Kaapstad voordeel getrek uit die groeiende handel met
Britse oorsese gebiede
en tot Suid-Afrika se grootste hawe ontwikkel. Daarnaas het 'n verskeidenheid nywerhede hulle in die stad gevestig.
Die 20ste eeu – Kaapstad as wetgewende hoofstad van Suid-Afrika
Ingang tot die
parlementsgebou
Die builepes-epidemie van 1901 het as 'n voorwendsel gedien om 'n stelselmatige rasseskeiding in Kaapstad se woonbuurte in te stel. Die
swart bevolking
is na twee gebiede verskuif, die hawe en Ndabeni aan die westelike kant van Tafelberg, wat tot die voorloper van die Kaapvlakte se nie-blanke woonbuurte ontwikkel is.
Die
Uniewet van 1910
het van Kaapstad die wetgewende
hoofstad
van die
Unie van Suid-Afrika
gemaak, terwyl
Pretoria
as regeringsetel gedien het.
Johannesburg
het in die 1920's tot die land se grootste stedelike nedersetting en saam met ander aangrensende munisipaliteite aan die
Witwatersrand
ook tot die hoofbasis van Suid-Afrika se ontwikkelende nywerheidsektor gegroei. Kaapstad het in hierdie periode 'n nuwe funksie as belangrike administratiewe, kulturele en dienstesentrum begin vervul. Maar ook hier het 'n noemenswaardige industriële basis ontwikkel wat hoofsaaklik op die vervaardiging van
tekstiele
papier
en ander ligte nywerhede gesteun het, terwyl ook die voedsel- en drankbedryf en
drukkerye
'n belangrike rol by die ontwikkeling van die Kaapstadse ekonomie gespeel het. Die ekonomiese groei het steeds meer immigrante na die stad gelok sodat sy bevolking in 1927 reeds op 307
000 gestaan het.
23
In dieselfde jaar is
Langa
as eerste "modelstad" vir swartes gestig.
In die tyd tussen die twee wêreldoorloë het Kaapstad maar stadig gegroei, waarby die uitbreiding van beboude gebiede veral langs die spoorweglyne in die suidelike voorstede en in die
Kaapse Vlakte
plaasgevind het. In 1950 het Kaapstad 742
400 inwoners getel. Die implementering van die
Groepsgebiedewet
het 'n vernietigende effek op binnestedelike gemeenskappe gehad nadat sowat 150
000 bewoners na nuwe behuisings in voorstede soos
Mitchells Plain
verskuif is.
Kaapstad in die 21ste eeu: 'n verdeelde stad
'n Uitsig oor Khayelitsha
Armoede as toeriste-aanloklikheid: buitelandse besoekers in 2008 in Khayelitsha
In Desember 2006 het Kaapstadse dagblaaie oor bendeoorloë in voorstede soos Hanover Park en
Nyanga
berig wat met dwelmhandel verbind is. Die geweldpleging was so erg dat matriekeksamens in plaaslike skole ontwrig is en slaagsyfers tot slegs 33 persent gedaal het. Veiligheidswagte is in die gebied ontplooi om skole te beskerm.
24
In Julie 2012 het inwoners van Hanoverpark daarop aangedring dat 'n noodtoestand in die gebied uitgeroep word weens bendegeweld.
25
Terwyl die provinsiale owerheid miljoene rand aan veiligheidshekke en alarmstelsels in misdaadgeteisterde voorstede bestee, word dakloses deur die polisie en privaat veiligheidswagte uit die middestad verban. Dikwels word hulle, net soos armes oor die algemeen, verantwoordelik gehou vir die hoë misdaadvlakke in Kaapstad, maar in elk geval as 'n bedreiging vir die hoë lewensgehalte in welgestelde woonbuurte beskou. Nadat die stadsraad in Mei 2007 as deel van die sakekern se regenerasie besluit het om
bedelary
, die was van klere in openbare plekke en die verblyf in sekere plekke ondanks waarskuwings van veiligheidswagte om hulle te verlaat, verbied het, was daar in Julie 2007 nuusberigte oor drie daklose mense wat op Kaapstad se strate oorlede is, waaronder een vrou wat in die winterkoue aan blootstelling gesterf het nadat polisiemanne haar komberse gekonfiskeer het.
26
Hierdie soort voorvalle gooi lig op die veronderstelde samehang tussen veiligheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling en die beleid wat daaruit voortspruit. Dit is duidelik dat Kaapstad, net soos ander metropole elders in die wêreld, deur 'n ingewikkelde netwerk geadministreer word waarin plaaslike en globale kragte en belange met mekaar bots en wat tot verdeelde openbare ruimtes en woonbuurte kan lei sonder dat daar rasgebaseerde "groepsgebiedewette" bestaan. Kaapstad is in die 21ste eeu weer verdeel in twee stadsgebiede – 'n welgestelde en hoogs ontwikkelde middestad met aangrensende woonbuurte wat toeriste en beleggers uit alle uithoeke lok, en 'n onderontwikkelde voorstedelike periferie in die
Kaapse Vlakte
wat baie op krotbuurte elders in die wêreld lyk en waar die meeste misdade in Kaapstad gepleeg word.
27
Op Mandeladag in 2019 is 1
000 Suid-Afrikaanse soldate na die Kaapse Vlaktes ontbied nadat bendegeweld handuit geruk het. Tussen November 2018 en Julie 2019 is meer as 2
300 mense in die Wes-Kaap vermoor. Baie van die slagoffers is in skietvoorvalle dood wat met bendegeweld van bruin jeugdiges verbind word.
28
Jeugdiges sonder perspektiewe organiseer hulself in bendes wat aan hulle 'n gevoel van samehorigheid gee. Die bendes dra name soos
Destruction Boys
Mongrols
of
Americans
en is in bestendige bloedige gevegte met mekaar gewikkel. Daar word beraam dat sowat 100
000 jongmense in bruin woonbuurte by sowat 130 bendes betrokke is. Hulle optrede word al hoe meer kommersieel en groei tot mafia-agtige netwerke met betrekkinge tot polisielede en politici. Lidmaatskap in georganiseerde bendes het 'n lang tradisie in Kaapstad wat verder terugstrek as die hervestiging van bruin Kapenars op die Kaapse Vlaktes sedert die laat 1960's. Meer as die helfte van die bevolking is werkloos – nogtans bestee jongmense geld aan tik, 'n sintetiese dwelm wat op basis van amfetamiene vervaardig word. Die situasie vererger nadat groter hoeveelhede heroïen en wapens, wat deur korrupte polisielede verkoop word, op die plaaslike mark beland.
29
Stadskarakter en stadsbuurte
Die historiese middestad
'n Deel van die N2-grootpad staan as Nelson Mandelalaan bekend
'n Uitsig oor die Parade met die Raadsaal van Kaapstad en Tafelberg op die agtergrond
Die Raadsaal van Kaapstad op die Parade. Die plein se naam verwys na sy vroeëre funksie as militêre paradegrond
Die
Parade
(Engels:
Grand Parade
), die grootste plein van Kaapstad in die historiese stadsentrum, is die oudste gedeelte van Kaapstad. Jan van Riebeeck het hier onmiddellik ná die aankoms van die eerste Nederlandse koloniste in 1652 enkele hutte en 'n vesting uit hout en klei laat oprig. Die plein was destyds nog vlakby die strand van Tafelbaai geleë, en as gevolg van die hewige winterstorms aan die Kaap, wat jaarliks groot skade aan die vesting berokken het, was die koloniste genoodsaak om dit jaarliks te herstel. Uiteindelik is die besluit geneem om 'n nuwe vesting uit steen te bou, en sodoende het tussen 1666 en 1679 die
Kasteel die Goeie Hoop
ontstaan wat vandag oos van die Parade geleë is. Sy boustyl en vorm – die kasteel is soos 'n
vyfhoek
aangelê – weerspieël die destydse Europese tradisie van vestingbou. Dit is die oudste Europese gebou in Suid-Afrika wat bewaar gebly het.
Ná die voltooiing van die kasteel is die ou vesting afgebreek om plek te maak vir 'n paradeplein van die VOIK-soldate; sodoende het die plein ook sy huidige naam gekry. Dit is daarna ook vir markte, teregstellings en volksfeeste gebruik. Later het hier ook betogings plaasgevind. Die Parade is derhalwe ook in latere eeue, toe die stad uitgebrei is, nie aangetas nie. Teen die middel van die 19de eeu is selfs 'n spoorweg, wat na die hoofstasie wes van die plein gelei het, op die Parade aangelê.
Tans dien die plein veral as 'n parkeerplek vir die nabygeleë stasiegebou en die personeel van die stadsregering wat in die kantore rondom die plein werk. Op Woensdae en Saterdae word hier egter Kaapstad se bekende en gewilde vlooimark gehou. 'n Aantal historiese geboue kan ook hier besigtig word.
Die oprigting van Kaapstad se Raadsaal, waarvan die hoeksteen op 29 Augustus 1900 deur die destydse burgemeester Thomas Bell gelê is en waar die eerste raadsvergadering op 27 Julie 1905 plaasgevind het, en die markgeboue en -stalletjies aan die weskant het ook die aanleiding tot die laaste groot ombou van die plein gegee. Die Raadsaal, wat in die Italiaanse Renaissance-boustyl ontwerp is, het sy ou voorloper op Groenmarkplein vervang. Die sandsteen vir die fasade is uit die Suid-Engelse stad
Bath
ingevoer. Deesdae word hierdie waardevolle boumateriaal, wat slegs vir 'n klein aantal geboue in die land ingespan is, veral deur Kaapstad se winterstorms en lugbesoedeling bedreig. Omvattende herstelwerk het in 1979 plaasgevind.
Die belangrikste besienswaardighede in die Raadsaal is die verskillende vergadersale, die groot banketsaal (Engels:
Grand Hall
), 'n biblioteek en 'n indrukwekkende orrel. Die gewel oor die hoofportaal is met die historiese wapen van Kaapstad versier, wat ongelukkig sedert 1999 meestal deur 'n moderne vlag oordek word. Die groot toring was enkele jare lank die hoogste bouwerk in Kaapstad en bevat 'n klokkespel met 39 klokke, wat byna almal in Engeland gegiet is en ten opsigte van hul klank baie ooreenkomste met
Big Ben
in Londen toon.
Een van die grootste historiese gebeurtenisse in die geskiedenis van die Parade is die vrylating van Nelson Mandela wat hier op 11 Februarie 1990 deur 100
000 mense gevier is.
Die
grachten
van Klein-Amsterdam
Duitstalige kaart van Kaapstad met die Kasteel die Goeie Hoop in 1750
Straatname soos
Heerengracht
en
Buitengracht
in die stadsentrum en
Keizersgracht
in Distrik Ses verwys nog steeds na die ou
grachten
van Kaapstad wat lankal verdwyn het. Goewerneur Simon van der Stel het gedurende sy ampstermyn in die laat 17de eeu gragte volgens die Hollandse voorbeeld laat bou waarmee die jong nedersetting gemaklik van water voorsien kon word. Destyds is na Kaapstad dikwels ook as Klein-Amsterdam verwys.
30
Tot in die middel van die 19de eeu is die netwerk van gragte in die binnestad verder uitgebrei, alhoewel hulle dikwels deur vullis en perdemis bevuil is. Toe hulle uiteindelik toegegooi is, moes groot bedrae geld daaraan bestee word. 'n Laaste oorblyfsel van die ou
grachten
kan nog steeds tussen die omheining van
Tuynhuys
en die Kompanjiestuin besigtig word.
Distrik Ses
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Distrik Ses
Distrik Ses in 2005
Die sesde distrik van Kaapstad is in 1867 gestig en het danksy die ligging naby die hawe en die stadsentrum vinnig tot 'n kosmopolitaanse woonbuurt vir vrygelate slawe, werkers, immigrante, handelaars en kunstenaars ontwikkel.
31
Die distrik het byna 'n tiende van Kaapstad se bevolking gehuisves.
As gevolg van die beleid van rasseskeiding is baie swart bewoners al teen die begin van die 20ste eeu uit Distrik Ses verdryf. Maar ook baie meer welgestelde burgers het na die suidelike voorstede van Kaapstad begin verhuis. Die distrik het uiteindelik 'n krotbuurt geword, wat volgens die
Wet op Groepsgebiede
van 1950 op 11 Februarie 1966 tot 'n blanke gebied verklaar, ontruim en gesloop is.
Die kleurling- en swartbevolking van die distrik – sowat 60
000 mense – is in die tydperk tussen 1968 en 1982 na die Kaapse Vlaktes verskuif. Veral die plaaslike handelaars is baie hard getref deur hierdie gedwonge verskuiwing. Hulle het hul klante, wat vanweë Distrik Ses se gunstige ligging naby die stadsentrum hul inkopies hier gedoen het, skielik verloor en was nou grotendeels genoodsaak om hul besighede te sluit.
32
'n Deel van die distrik is hernoem tot Zonnebloem; hier is onder meer die Kaapse Technikon opgerig. Weens plaaslike en internasionale druk, wat op die destydse blanke regering uitgoefen is, is die herontwikkeling van die gebied tot 'n woongebied vir blanke Kapenaars uitgestel. Die meeste blanke bewoners van Kaapstad was gekant teen die sloping van die ou Distrik Ses en het gevolglik nie belanggestel daarin om huise of woonstelle hier te koop nie.
33
In 1979 is die hele stadsbuurt gesloop, en ook blanke inwoners is gedwing om Distrik Ses te verlaat. Die puin is vir die uitbou van Kaapstad se hawe gebruik.
32
In die vroeë 21ste eeu is met die heropbou van Distrik Ses begin, en sowat 4
000 gesinne sal uiteindelik na Distrik Ses kan terugkeer.
Die bruin en swart woonbuurte in die Kaapse Vlaktes
'n Krotbuurt in die Kaapse Vlaktes
Skoolkinders in
Mitchells Plein
Die Kaapse Vlaktes, 'n duinlandskap in die suidooste van Kaapstad, huisves tweederdes van Kaapstad se bevolking, hoofsaaklik bruines en swartes. Die gebied is reeds voor die aankoms van die eerste Europeërs ten minste tydelik deur enkele Sanstamme bewoon en is – vanweë sy afgeleë ligging ver van blanke plase en woongebiede – vanaf die vroeë 18de eeu vir die oprigting van beskeie behuisings vir San en vrygelate slawe gebruik. As gevolg van binnelandse migrasie het mense uit ander etniese en taalgroepe hulle later ook hier en elders aan die stadsrand van Kaapstad gevestig en dikwels die oorspronklike bewoners verdring.
Gedurende die tydperk van rasseskeiding in Suid-Afrika is talle swart en ander bewoners, ongeag hulle sosiale status, uit hul woongebiede in die stadsentrum verban en na die Kaapse Vlaktes verskuif. Weereens is inheemse bewoners verdring om plek te maak vir die slagoffers van apartheid. Die nuwe woonbuurte het hoofsaaklik uit baie eenvoudige klein huise met gewoonlik twee of drie vertrekke bestaan. Die verblyf in hierdie swart woonbuurte was aan 'n werkspermit gekoppel, en inwoners sonder geldige permitte, veral vroue en kinders, is gereeld deur die owerhede na landelike gebiede in die swart tuislande verskuif.
Die huidige bruin en swart woonbuurte van
Athlone
Mitchells Plein
, Kruispad (Crossroads),
Langa
("Son"),
Gugulethu
("Ons Trots"),
Khayelitsha
("Ons Nuwe Tuiste"),
Bonteheuwel
Elsiesrivier
en baie ander behels nog steeds 'n groot persentasie informele behuising met 'n geskatte twee miljoen bewoners. Slegs vier van hulle word merendeels deur swartes bewoon, terwyl die res hoofsaaklik kleurlinge huisves. Langa is die oudste swart woonbuurt in Kaapstad, en Gugulethu met 300
000 bewoners een van die grootstes in Suid-Afrika.
34
Gugulethu het in die tydperk van rasseskeiding as 'n tuiste vir swart trekarbeiders uit die Oos-Kaap ontstaan en het verskeie kere nuus gemaak weens politieke onluste en sinlose geweldpleging. Die "Gugulethu-Sewe" was sewe swart aktiviste wat op 3 Maart 1986 by 'n padblokkade deur die polisie gestop en doodgeskiet is.
35
Die moord op Amy Biehl, 'n jong Amerikaanse student en aktivis wat haarself vir maatskaplike verandering in Suid-Afrika beywer het, het op 25 Augustus 1993 wêreldwyd mense geskok.
36
37
In die laat 20ste eeu is met die oprigting van steenhuise en die bou van teerpaaie begin, en aan steeds meer inwoners word basiese dienste soos busdienste na die binnestad, riolering, vullisverwydering en elektrisiteit verskaf. Grootskaalse binnelandse migrasie en die hoë bevolkingsgroei bly egter steeds ernstige vraagstukke wat daartoe lei dat voortdurend nuwe plakkerskampe met informele behuisings ontstaan. Selfs Mitchell's Park, 'n bruin woonbuurt wat in die 1980's as 'n nuwe tuiste en modelstad vir voormalige bewoners van krotbuurte naby die stadsentrum opgerig is, het vanweë sy beter behuisingstandaarde talle mense gelok wat plaaslike huurgelde meestal nie kan bekostig nie.
38
Argitektuur
Die Kaaps-Hollandse boustyl
Die Kaapse argitek
Louis Thibault
(1750–1815), 'n Franse boorling, was die eerste geskoolde boumeester in Suid-Afrika
Die
Tuynhuys
, setel van die Suid-Afrikaanse president in Kaapstad, is in 1790 opgerig
Groot Constantia in die Constantiavallei dateer uit die laat 17de eeu
'n Stadhuis in die Kaaps-Hollandse boustyl as 'n gepaste kwartier vir die Nederlandse konsulaat-generaal in Kaapstad
Aangesien die oorspronklike halfronde Khoikhoi-huise vanweë hul verganklike bouwyse met materiale soos jong bome en grasmatte nie bewaar gebly het nie, begin die argitektoniese geskiedenis van bewaarde Wes-Kaapse boustyle eers met die aankoms van Europese setlaars en hul Kaaps-Hollandse styl wat teen die einde van die 17de eeu sy kenmerkende eienskappe ontwikkel het.
Die elegante witgekalkte Kaaps-Hollandse huise en plase met hul kenmerkende groen deure en vensters is voortreflik by die verruklike Kaapse landskap met sy blou berglandskappe, wingerde en bloeiende tuine aangepas. Alhoewel die Kaapse boustyl Europees-Hollandse wortels het, is dit deur die plaaslike boumeesters verder ontwikkel om harmonies met die natuurlike omgewing te versmelt.
39
Hul ontwerpe was simmetries, prakties en eenvoudig en van binne veral gerieflik. Die argitekte het daarnaas ook rekening gehou met die Mediterreense klimaat van Kaapstad – die dik, spierwit mure het as uiters geskikte teenvoeters teen temperatuurskommelinge gedien. Die gewels het die ingang teen reën en – in die geval van 'n brand – teen brandende riet, wat vanaf die dak sou val, beskerm.
40
Vanweë die groot afstande tussen nedersettings en plase was reisigers gewoonlik aangewese op die gasvryheid van boere, en die Kaapse boustyl weerspieël hierdie karaktertrek met sy ruim onthaalvertrekke en kombuise. Die ontwerpe het daarnaas ook tred gehou met die ekonomiese ontwikkeling van die Kaapkolonie. Terwyl die vroeë geboue nog reghoekig was en van twee eenvoudige gewels en 'n stoep voorsien is, getuig die pragtige middelgewels van latere bouwerke van die Kaapse gemeenskap se groeiende welvaart. Die eerste gewels is in driehoekvorm gebou, maar het gedurende die 18de eeu geleidelik hul swierige, kronkelende en tipies Kaapse vorm gekry.
Houtluike voor die vensters het die kosbare donker meubels en tapyte teen die felle sonlig beskerm. Baie huisingange is van tweedelige sogenaamde staldeure voorsien waarvan die onderste gedeelte vasgesit kon word om te voorkom dat vee die huis kon binnestap.
Die ontwerpe van huise en plase het algaande toenemend gesofistikeerd geword; die oorspronklike reghoekige ontwerp is verder ontwikkel tot T-, U- en H-plattegronde. Kaapstad se stadhuise het dikwels oor 'n geplaveide binnehof beskik wat soms met 'n tuinpoel verfraai is. Eikebome, wat in die plaaslike klimaat goed aard en vinnig groei, is voor die huise aangeplant as 'n natuurlike beskerming teen die somerhitte. Die Europese barok-boustyl het plaaslike boumeesters geïnspireer tot uiters swierige gewels met pragtige reliëfs.
Talle Kaaps-Hollandse huise staan tans as musea en monumente oop vir die publiek soos die bekende 18de-eeuse
Koopmans-de Wet-huis
in Kaapstad se Strandstraat wat op 10 Maart 1914 as die eerste privaat stadhuis in Suid-Afrika in 'n museum omgeskep is. Sy fasade is moontlik deur die argitek
Louis Thibault
en die beeldhouer
Anton Anreith
geskep, maar geen bron staaf dié aanname nie. Die meubilering dateer uit die laat 18de en vroeë 19de eeu.
41
Die Georgiaanse, Victoriaanse en Art déco-boustyl
Gietysterbalkonne in Langstraat
Saam met die Britse bewind het ook die Georgiaanse boustyl met sy kenmerkende verdiepinghuise in die vroeë 19de eeu na die Kaap gekom en is weereens as Kaaps-Georgiaanse boustyl by die plaaslike omstandighede aangepas. Die Bertram-huis, tans 'n museum, is 'n tipiese voorbeeld van laat-Georgiaanse argitektuur met sy geelbruin klinkersteen en eenvoudige fasade waar 'n voorgewel oor die ingang die enigste argitektoniese versiering vorm.
42
Die
Regentskapstyl
(1811–1820) was nog steeds op die Georgiaanse stylelemente gegrond, maar het nogtans meer aandag aan kunsvolle versierings soos tralies van smeed- en gietyster om die balkonne, soortgelyke relings en boligte met uitgesnyde houtrame. Gietyster was ook gedurende die
Victoriaanse periode
(1837–1901) gewild, net soos dakke van sinkplate.
In Kaapstad is veral Langstraat met sy netjies gerestoureerde bont huise 'n mekka vir liefhebbers van die Victoriaanse styl. Ryk versierde balkonne, wat op pilare rus, herinner aan die tipiese argitektuur van die Amerikaanse Suide. Groenmarkplein pronk met 'n verskeidenheid huise in die
Art déco-boustyl
soos die Ou Poskantoor in Darlingstraat, wat tussen 1938 en 1940 met granietstene uit die Kaapland en Transvaal gebou is, en die
Ou Mutual
-gebou met skulpture wat die geskiedenis, flora, fauna en mense van Suid-Afrika uitbeeld. Die grondverdieping staan oop vir die publiek.
Die 20ste eeu
Disa Park in Vredehoek (linkerkant bo): Hierdie omstrede bydrae tot Kaapstad se stadshorison dateer uit die 1960's
Net soos elders in die wêreld was sommige bouprojekte van die 20ste eeu ook in Kaapstad nie met oorsigtigheid beoordeel nie: Die natuurskoon van strandgebiede is deur wolkekrabbers ontsier. 'n Snelweg naby Buitengracht is in die 1960's begin, maar het steeds onvoltooid gebly. Die Disa Park-torings, drie geboue met woonstelle, is nog 'n voorbeeld van 'n onnodige ontwikkeling. Alhoewel die plaaslike owerheid die bou van nuwe huise in bepaalde sensitiewe gebiede beperk en 'n maksimale aantal verdiepings vasgelê het, het ontwikkelaars in die 1960's nogtans daarin geslaag om die wette te omseil en die panorama van Duiwelspiek, 'n bergspits in die stadsbuurt Vredehoek, met drie wolkekrabbers te ontsier wat in die plaaslike volkstaal as
Tampon-torings
bekend staan. Soortgelyke wolkekrabbers bedreig die natuurskoon van plekke soos Blouberg.
43
Tipiese voorbeelde van argitektuur uit die sewentigerjare is die
Goue Akkersentrum
en die Burgersentrum se toringblok.
Die
eerste demokratiese verkiesing in 1994
en die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
in Suid-Afrika het egter tot 'n baie optimistiese houding onder Kapenaars gelei waarvan die restourasie van historiese geboue in die binnestad, nuwe wandellane vir voetgangers en talle nuwe woonhuise met woonstelle vir alle etniese groepe sigbare kenmerke is.
Infrastruktuur
Tafelbaaihawe
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Kaapstad-hawe
'n Lugfoto van die Tafelbaaihawe
Die sakekern van Kaapstad, met hawegeriewe in die agtergrond
’n Lugfoto van die hoofdeel van die Kaapstad-hawe met
Leeukop
en
Vlaeberg
op die agtergrond
Danksy die natuurlike hawe van
Tafelbaai
staan Kaapstad sedert eeue bekend as die "Herberg by die See". Toe Jan van Riebeeck in 1652 in Tafelbaai voet aan wal gesit het, was daar nogtans niks meer as 'n wydgestrekte baai met vlak sand- en klippiesstrande. Die skepe, wat hier aangedoen het, was aan die onstuimige see blootgestel, en die aflaai en vervoer van goedere was 'n moeilike taak. Skepe het meestal enkele honderd meter van die strand af geanker, en goedere is met roeibote aan land of na die skepe gebring. Die hawegeriewe was oor 'n tydperk van byna tweehonderd jaar ná van Riebeeck se aankoms beperk tot 'n houtkaai, wat in 1656 naby die Kasteel die Goeie Hoop gebou is.
44
Veral gedurende die Kaapse winterstorms was Tafelbaai geen veilige ankerplek vir skepe nie, en dikwels is die vervoer van goedere dae lank deur ongunstige weerstoestande belemmer. Baie goedere en bote het in die baai verlore gegaan kort voordat hulle kon aandoen. Eers in 1743 is die VOC se winterhawe na Simonstad in die Valsbaai verskuif. Hierdie ankerplek was veilig, maar die vervoer van goedere met perdekarre het meer as drie ure geneem.
Die houtkaai voor die kasteel , wat dikwels beskadig of selfs verniel is, is eers teen die begin van die 19de eeu deur 'n klein steenkaai vervang. Die Kaapse storms het nogtans steeds tot verliese gelei. Gedurende 'n hewige storm in die najaar van 1865 het binne enkele dae 18 skepe in Tafelbaai vergaan, terwyl ander beskadig is. Hierdie ramp het die aanleiding tot die bou van 'n berskemde hawebekken gegee. Oor 'n tydperk van drie jaar is nuwe land in die hawe aangewin, en die Alfred-bekken het ontstaan.
As gevolg van die Tweede Vryheidsoorlog en die ontdekking van goud- en diamantvelde het die hawe van Kaapstad teen die einde van die 19de eeu steeds belangriker geword. Die geriewe is uitgebrei, en in 1905 is die Victoria-bekken ingewy. In die periode tussen 1935 en 1945 is met die landaanwinningsprojekte voortgegaan, en sodoende het die
Foreshore
met 'n oppervlakte van sowat 2,5 vierkante kilometer en die Duncan-dok ontstaan. Die Kasteel van Goeie Hoop, wat aanvanklik vlakby die see geleë was, is deur die landaanwining meer as een kilometer landinwaarts verskuif. Tot in 1960 het die nuwe
Ben Schoeman
-dok die ou Alfred- en Victoria-bekkens vervang wat daarna geleidelik verval het.
Die hawe het twee keer in sy geskiedenis 'n groot strategiese rol gespeel. Gedurende die
Tweede Wêreldoorlog
het meer as 400 skeepskonvooie met ses miljoen soldate in Kaapstad se hawe aangekom, en sowat 13
000 skepe is in sy werwe herstel.
Tydens die
Suez
-krisis in die jaar 1973 is die
Suezkanaal
gesluit, en skepe op pad na Europa en die ooskus van Amerika het die Kaapse roete gebruik wat 'n groot toeloop van skepe in Tafelbaaihawe beteken het. Tans is Kaapstad die grootste van die vier beduidende hawens in die land en hanteer jaarliks sowat agt miljoen ton seevrag.
45
Aangesien Tafelbaaihawe met sy totale wateroppervlak van 112,7 hektaar veral die Wes-Kaap bedien, is hy gespesialiseer op die uitvoer van plaaslike produkte. Die grootste voorverkoelkompleks in Suid-Afrika hanteer die land se uitvoere van sagte vrugte. Daarnaas is geriewe soos droogdokke (die
Sturrock-droogdok
is die grootste in die suidelike halfrond met afmetings van 360 x 47,5 x 13,7 meter) en dryfdokke beskikbaar. Die hawe beskik sedert die sewentigerjare ook oor 'n diepseehouereindpunt met vyf bekkens.
Groote Schuur-hospitaal
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Groote Schuur-hospitaal
Die ou hoofgebou van die
Groote Schuur-hospitaal
Kaapstad Internasionaal
se nuwe sentrale terminaal en openbare vervoerplein
Die Groote Schuur-hospitaal is een van die leidende hospitale ter wêreld en het baanbrekerswerk met onder meer die eerste hartoorplanting gedoen, wat hier in Desember 1967 deur prof.
Christiaan Barnard
uitgevoer is.
Die ongewone naam is van 'n groot pakhuis afgelei, wat deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in 1657 op die perseel van die huidige hospitaal opgerig is. Die oorspronklike Groote Schuur-hospitaal is op 31 Januarie 1938 geopen.
Kaapstad Internasionale Lughawe
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Kaapstad Internasionale Lughawe
Die Kaapstad Internasionale Lughawe, die tweede grootste in die land na
O.R. Tambo Internasionale Lughawe
in Johannesburg, lê sowat 22 kilometer oos van die middestad. Die volume van lugverkeer het sedert die jaar 1994 aansienlik toegeneem. Tans is daar jaarliks sowat 80
000 vliegtuie wat in Kaapstad aankom of vertrek, met sowat vyf miljoen passasiers.
Paaie
Kaapstad is per pad baie goed met die res van Suid-Afrika verbind. Die
N1
-nasionale pad begin in Kaapstad se middestad en is 'n snelweg verby Bellville, Paarl en deur die
Hugenotetonnel
na die binneland. Die
N2
-nasionale pad begin ook in die middestad en verbind Kaapstad met die groot kusdorpe soos
Mosselbaai
en
Port Elizabeth
. Die pad is 'n snelweg en gaan oor die
Overberg
via
Sir Lowryspas
. Die
N7
verbind Kaapstad met
Namibië
en die noorde van Wes-Kaap.
Stadsregering
Die Kaapstadse Burgersentrum huisves sedert 1978 die regering van die
Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit
Die historiese stadsaal het tussen 1900 en 1905 op die Grand Parade ontstaan. Die heuningkleurige gebou is in die Edwardiaanse koloniale styl met Italiaanse Renaissance-invloede ontwerp en word vandag onder meer vir kulturele funksies soos konserte gebruik. Kort ná sy vrylating in Februarie 1990 het Nelson Mandela hier sy eerste openbare toespraak gehou
Kaapstad maak in administratiewe opsig deel uit van die
Stad Kaapstad
, 'n metropolitaanse munisipaliteit. Die stad word deur 'n stadsraad met 210 lede geadministreer, wat aan 'n uitvoerende raad met 28 lede verantwoordelik is. Die administratiewe en politieke leierskap word deur die stadsbestuurder (tans Achmat Ebrahim) en die uitvoerende burgemeester (tans
Geordin Hill-Lewis
) uitgeoefen.
46
Vir verkiesingsdoeleindes is Kaapstad in 105 stemdistrikte verdeel waar een lid van die stadsraad regstreeks verkies word, terwyl die ander 105 setels volgens proporsionele partylyste aan suksesvolle kandidate toegeken word. Die uitvoerende burgemeester word deur die stadsraad verkies.
Voordat Kaapstad se plaaslike stadsregering in die sogenaamde
unistad
verenig is, het dit uit ses plaaslike administrasies bestaan, en talle funksies van die huidige
unistad
is nog steeds volgens die ou administrasies verdeel. Hierdie administrasies het bestaan uit Kaapstad (met die Stadskom, die Atlantiese Seekus en die suidelike voorstede Pinelands, Langa en Mitchell's Plein), die Suidelike Skiereiland (met Houtbaai, Wynberg, Constantia, Vishoek, Kommetjie, Noordhoek en Simonstad), die Blaauwberg-gebied (met Milnerton, Tafelsig en Bloubergstrand), Tygerberg (met Durbanville, Bellville en Khayelitsha), Oostenberg (met Kraaifontein, Brackenfell, Kuilsrivier, Blue Downs en Eersterivier) en Helderberg (met Somerset-Wes, Strand en Gordonsbaai). Daarbenewens maak die afgeleë
Prins Eduard-eilande
(bestaande uit
Prins Eduard-eiland
en
Marion-eiland
) in die suidelike
Indiese Oseaan
administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.
Munisipale verkiesing in 2006
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2006
Die DA het in die munisipale verkiesing, wat in 2006 in Suid-Afrika gehou is, as die sterkste enkele party te voorskyn getree wat 90 van 210 setels verower het, nog voor die
African National Congress
(ANC) met 81 setels, alhoewel geen party 'n algehele meerderheid behaal het nie. Danksy 'n byverkiesing het die DA sy totale aantal setels intussen tot 91 verhoog.
47
Nadat die
Onafhanklike Demokrate
tot die koalisie toegetree het, het die DA daarin geslaag om sy meerderheid in die stadsraad tot 22 setels te verhoog.
Munisipale verkiesing in 2011
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011
Die
Demokratiese Alliansie
(DA) domineer die afgelope dekade die Kaapstadse politiek, met die ANC as die amptelike opposisie. In 2011 het die DA daarin geslaag om 'n volstrekte meerderheid te behaal toe hy 135 van die 200 setels in die stadsraad verower het.
Munisipale verkiesing in 2016
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016
Setels in die stadsraad ná die 2016-verkiesing
DA
ANC
EFF
ACDP
Al Jama-ah
ander
In 2016 het die DA sy volstrekte meerderheid verdedig toe hy 154 van die 231 setels in die stadsraad verower het.
Munisipale verkiesing in 2021
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2021
In 2021 het die DA se aandel stemme vir die eerste keer 'n afname getoon toe hy 135 van die 231 setels in die stadsraad verower het.
Party
2000
2006
2011
2016
2021
DA
107
90
135
154
135
ANC
77
81
73
57
43
EFF
10
GOOD
CCC
ACDP
VF+
AJ
CAPE
UIM
UDM
PAC
CMC
AMP
COPE
IVP
MIP
NPSA
OD
23
UIF
UP
Internasionale betrekkinge
Die opening van 'n Amerikaanse konsulaat in Kaapstad in 1799 – die vyfde diplomatieke sending van die VSA op die vasteland van Afrika – was die beginpunt van amptelike betrekkinge tussen die twee lande. Naas die huidige Amerikaanse ambassade in Pretoria (wat gedurende die Suid-Afrikaanse parlementêre seisoen in Kaapstad werksaam is) is daar Amerikaanse konsulate-generaal in Kaapstad, Johannesburg en Durban.
48
Demografie
Die etniese meerderhede aan die Kaapse Skiereiland
Kleurlinge
Swartes
Blankes
Meerderheidstale in Kaapstad
Afrikaans
Engels
Xhosa
Geen meerderheidstaal
Volgens die sensus van 2001 het die metropolitaanse gebied van Kaapstad 2
893
251 inwoners en 'n
bevolkingsdigtheid
van 1
158 per km². Van die stad se bevolking is 48,13 persent
kleurlinge
, 31,68 persent
swartes
, 18,75 persent
blankes
en 1,43 persent
Asiërs
. Die persentasie buitelanders is volgens amptelike statistieke van die 2001-sensus met minder as twee persent relatief klein.
49
Volgens skattings bly sowat 30
000 Duitsers permanent in Kaapstad.
50
Daarnaas het 'n kwart van alle burgers met 'n Italiaanse paspoort in Suid-Afrika (sowat 10
000 persone) hulle hier gevestig.
51
Afrikaans is die belangrikste huistaal in die stad wat deur 41,4 persent van sy bewoners gebesig word. Die twee ander groot huistale is Xhosa (28,7 persent) en Engels (27,9 persent).
Jaar
Totaal
Bruines
Swartes
Blankes
Asiërs
Nie gespesifiseer
1996
558
000
236
000
643
000
543
000
38
000
98
000
2001
52
892
243
391
859
916
459
542
435
41
490
2011
53
740
026
585
286
444
939
585
831
51
786
72
184
Verandering
+46,2%
+28,3%
+124,7%
+7,9%
+36,3%
-26,3%
Islamitiese gemeenskap
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Islam in Suid-Afrika
Die
Bo-Kaap
in Kaapstad, historiese sentrum van
Kaapse Maleiers
'n
Moskee
in Kaapstad
Kaapstad huisves die oudste gemeenskap van Moslems in Suid-Afrika. Enkele jare na die stigting van die Moederstad is in 1667 onder die gesag van die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
die eerste
Maleiers
as slawe van
Nederlands-Indië
na die
Nederlandse Kaapkolonie
gebring. Hulle het 'n groot invloed op die Suid-Afrikaanse kookkuns en die ontstaan van Afrikaans uitgeoefen. Die
Bo-Kaap
het vanaf die 18de eeu tot die kulturele sentrum van die Kaapse Maleiers ontwikkel, nadat hulle uit
slawerny
vrygelaat is. Vandag bly omtrent 166
000 Kaapse Maleiers rondom Kaapstad, waarvan die oorgrote meerderheid Moslems is en Afrikaans praat. Nes hul
moskees
is die Kaapse Maleiers vir die vyf
kramatte
rondom Kaapstad bekend.
In Kaapstad kom honderde Moslems tydens die laaste aand van
Ramadan
in
Seepunt
bymekaar om na die
maan
te kyk. Dié byeenkoms bring mense van alle vlakke van die samelewing bymekaar en elkeen bring iets saam om dit met ander tydens die breek van die vas te deel. Die Maghrib- of sonsondergebed word gemeenskaplik gedoen en die formele maansienresultate word bekend gemaak.
54
Eid-oel-Fiter
word gevier deur in die oggend eers die moskee vir die Eidgebed by te woon. Vervolgens word gesinne en bure besoek. Kinders ontvang geskenke en geld van ouer lede van die gesin, verwante en bure.
55
Die meeste mense dra nuwe klere met helder kleure, terwyl koekies, koeke, samoesas, pasteie en terte vir besoekers aangebied word.
55
Middagete word gewoonlik in gesinsgroepe geniet.
Joodse gemeenskap
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Jode in Suid-Afrika
Kaapstad se Groot Sinagoge word beskryf as die mees ambisieuse van al die argitek
John Parker
se ontwerpe. Dit bied sitplek aan 1
400 mense, een van die grootste aanbiddingsplekke in Suid-Afrika.
56
Die Maraisweg-sinagoge in Seepunt is die tuiste van die Groen- en Seepuntse Hebreeuse gemeente, die grootste Ortodokse Joodse gemeente in Afrika
Jode
is reeds sedert 162 deel van die Moederstad se bevolking, hoewel hulle nie godsdiensvryheid geniet het onder die Nederlandse bewind tot 1803 nie. Die Joodse bevolking het toegeneem van sowat 20 siele in 1820 tot meer as 25
000 in die 1980’s, maar weens emigrasie intussen afgeneem tot sowat 17
000, ’n kwart van alle Jode in Suid-Afrika en naas Johannesburg verreweg die grootste gemeenskap.
Kaapstad en Suid-Afrika se eerste
Hebreeuse
gemeente is in 1841 gestig, ’n week nadat 17 Joodse mans die eerste Ortodokse diens in die
Kaapkolonie
gehou het. Die eerste diens is op 26 September 1841 in ’n privaat woning, Helmsley Place gehou, wat vandag deel vorm van die Mount Nelson-hotelperseel. Agt jaar later is die eerste
sinagoge
ingerig langs die parlement en eerw. Isaac Pulver was die eerste geestelike leier. Teen 1863 het die gemeente so aangegroei dat ’n nuwe perseel nodig was, wat ingewy is in wat vandag die Joodse Museumkompleks is. In 1905 is ’n selfs groter gebou opgerig as die huidige Groot Sinagoge (Tuine-shul), langs die Ou Shul. Ook in 1905 het Kaapstad sy eerste Joodse burgemeester in die persoon van Hyman Liberman, ook die president van die gemeente, gekry. Eerw. Alfred Bender het in 1895 na Suid-Afrika gekom om die gemeente te lei en sou 42 jaar lank as rabbi optree.
Kaapstad se Joodse gemeenskap is betreklik homogeen, want sowat 80 persent van die lede is van
Litause
herkoms. Dieselfde persentasie is Ortodoks en die res Hervormd. Die stad het 12 Ortodokse sinagoges en twee Hervormde tempels. Die Groot Sinagoge of Tuine-shul – die Kaapse Hebreeuse Gemeente, is in 1905 ingewy en die oudste aktiewe gemeente in Suid-Afrika. Dis naasaan die vorige sinagoge geleë, nou die Joodse Museum. Die Tuine-shul is gebou in die Egiptiese herlewingstyl en bied sitplek aan 1
400 aanbidders. Die Groen- en Seepuntse Hebreeuse Gemeente het meer as 2
000 lidmate en is die grootste Joodse gemeente in Afrika. ’n Derde noemenswaardige Joodse gemeente in die Claremontse sinagoge. Daar is ook enkele klein Lubavitch en Sefardiese sinagoges. Hoewel die meeste van die Kaap se Jode tot die Ortodokse sinagoges behoort, kom die meeste nie die godsdiensvoorskrifte streng na nie.
Byna 80% van al Kaapstad se Joodse kinders is ingeskryf aan een van die Joodse dagskole, wat strek van voorskools tot hoërskool. Die Herzlia-skole maak voorsiening vir al 12 grade, terwyl daar ook drie ander laerskole is van wie die meeste Ortodoks is. Die Hoërskool Herzlia, in Highlands Estate bo die middestad, het in 2017 650 leerders van gr. 7 tot gr. 12 gehad, van wie in die hoogste drie grade net 18 Hebreeus as tweede addisionele taal geneem het. Herzlia Highlands Primary School, ook in Highlands Estate, het 359 leerders gehad, die Laerskool Herzlia in Constantia 174 en die Laerskool Herzlia Weizmann in Seepunt 291, al drie net tot gr. 6. Cape Town Torah High het in 2017 27 leerlinge van gr. 7 tot 12 gehad.
57
In Kampsbaai het die Phyllis Jowell Jewish Day School onderrig aan 121 laerskoolleerders gebied.
58
Die Jodeslagting en Sionisme is van die uiterste belang vir die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap. Die gemeenskap het suksesvol by die regering aangedring op die onderrig van die
Holocaust
in alle openbare skole en het onlangs die Kaapstase Holocaust-sentrum gebou, die enigste Holocaust-sentrum in Afrika. Jode betoon hul Sionisme deur filantropie. Die Kaapse Joodse gemeenskap skenk meer aan
Israel
per kop as enige ander Joodse gemeenskap ter wêreld. Hoewel die meeste Kapenaars Sionisme afkeur, beïnvloed dit nie hul houding jeens Kaapse Jode nie. Trouens, talle Jode het ’n sterk verhouding met die plaaslike regering. Vooraanstaande politieke figure woon dikwels Joodse geleenthede by, ondanks hul kritiek op Israel. Kaapstad se gemeenskap is nogtans nie heeltemal bestand teen geweld en
Antisemitisme
nie. In 1997 is petrolbomme na die huise van gemeenskapslede gegooi en in Desember 1999 is ’n bom gegooi na een van die Kaap se sinagoges. Niemand is in dié voorval beseer nie. Streng veiligheidsmaatreëls word by sinagoges gehandhaaf.
59
Ekonomie
Die Kaapstadse stadshorison
Kaapstad is die ekonomiese sentrum van die Wes-Kaap. Naas sy belangrike rol as die grootste nywerheidstad van die provinsie trek Suid-Afrika se Moederstad ook voordeel uit die vinnig groeiende toerismebedryf. Die Wes-Kaap is nou die belangrikste toeristebestemming in Suid-Afrika, en meer as een miljoen oorsese toeriste het Kaapstad in die jaar 2002 besoek. Die toerismebedryf genereer tans byna tien persent van die Wes-Kaap se bruto binnelandse produk en het 'n tiende van sy werknemers in diens.
Kaapstad se hawe en sy internasionale lughawe dien as 'n uitvoersentrum vir die landbouprodukte van die Wes-Kaap, veral vrugte, wyn en blomme. Die provinsie verteenwoordig meer as 'n kwart van Suid-Afrika se landbouinkomste en meer as die helfte van sy uitvoere na oorsese bestemmings.
Toerisme
Tafelberg, soos gesien vanuit Waterfront
Die Waterfront-kloktoring
Die
Canal Walk
-winkelsentrum
Nedbank/BOE
-gebou
Kaapstad het sedert die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in die jaar 1994 een van die wêreld se gewildste reisbestemmings geword. Fasiliteite vir 'n groot aantal sportsoorte, talle winkels, die toeristeroete van die Kaapse Skiereiland en die wynstreke van die omgewing asook die ryk fauna en flora maak van die stad Suid-Afrika se vernaamste toeristebestemming. Die toerismebedryf genereer in die provinsie Wes-Kaap 'n jaarlikse inkomste van 1,5 miljard VSA-$.
60
Die meerderheid van die toeriste kom uit oorsese lande soos die
Verenigde Koninkryk
, die Verenigde State en Duitsland.
Alhoewel een van Kaapstad se byname,
Slaapstad
, na die beweerde rustige lewenstyl van sy bewoners verwys, kan dit intussen ewe goed as 'n sinoniem vir die florerende plaaslike hotelbedryf gebruik word wat 'n groot aantal kamers oor alle prysklasse heen bied. Talle gerestoureerde villa's, wat die stylvolle smaak van hul eienaars weerspieël, bied daarnaas bed-en-ontbyt-akkommodasie en het saam met die Kaapse gasvryheid tot die uiters suksesvolle ontwikkeling van die toerismebedryf bygedra.
Talle plaaslike
restourante
en winkels is in en rondom die Victoria & Alfred Waterfront gekonsentreer wat intussen jaarliks 25 miljoen in- en uitheemse besoekers lok. Om ook die binnestad meer aantreklik vir toeriste en sakemanne te maak, is die oprigting van 'n nuwe kasinokompleks in V&A Waterfront teen 'n koste van 1,8 miljard ZAR aan die bou van 'n kanaal gekoppel wat plesierbootsritte vanaf die hawe tot by die noordelike stadsentrum en die ArtsCape-teaterkompleks moontlik sal maak.
60
Kaapstad staan bekend vir sy respek teenoor gay en lesbiese mense en het tot een van die gewildste internasionale bestemmings vir LBGT ontwikkel.
61
Victoria & Alfred Waterfront
Victoria & Alfred Waterfront
lê noord van die stadsentrum en was vroeër 'n verwaarloosde hawebuurt. Dit is vernoem na prins Alfred, die tweede seun van die Britse koningin Victoria, wat hier in 1860 die hoeksteen vir 'n hawehoof gelê het. Ook die eerste hawebekken is in 1870 na hom vernoem, terwyl die tweede bekken uit die jaar 1905 die naam van sy moeder dra.
62
Die oudste, westelike deel van Kaapstad se hawe was reeds vanaf 1975 vanweë die toenemende waterdiepte van moderne skepe nie meer geskik vir die hawebedryf nie, en die geriewe het begin verval.
63
Omstreeks 1985 het die stadsregering besluit om nuwe lewe in die ou hawebuurt te blaas en in 1988 is die
Victoria and Alfred Waterfront Company
in samewerking met die haweadministrasie gestig wat 'n konsep vir die restourasie van die historiese geboue ontwikkel en erwe aan beleggers verpag het. 'n Ou stoorhuis is tot 'n winkelsentrum omgeskep, die pomphuis huisves tans restourante, en 'n voormalige gevangenis dien as hotel.
Die projek het tot een van Suid-Afrika se suksesvolste beleggings ontwikkel. Die Waterfront-gebied is intussen met jaarliks sowat 22 miljoen besoekers die gewildste toeristetrekpleister in die Wes-Kaap en die hele Suid-Afrika asook 'n spilpunt van Kaapstad se naglewe, met sowat vierhonderd winkels, tagtig restourante en kroeë, en rolprentteaters.
64
Vuurwerke en opelugkonserte vind gereeld hier plaas.
Vanaf September 2001 is die Waterfront in 'n suidoostelike rigting uitgebrei. Rondom die historiese kloktoring is die nuwe
Clock Tower Centre
opgerig – 'n nuwe winkelsentrum met restourante en reisagente. Die nuwe geboue is in argitektoniese opsig harmonies tot die kloktoring en die ou stoorhuise ingepas.
65
Gedurende die boubedrywighede is die bouvalle van 'n ou VOC-fort, die
Chavonnes-battery
, opgegrawe wat eweneens in die kompleks geïntegreer is. Vlakby die
Clock Tower Centre
lê die
Nelson Mandela Gateway
, die vertrekpunt vir skepe wat toeriste na die voormalige gevangeniseiland Robbeneiland neem.
'n Londense ateljee,
Heatherwick Studio
, het een van Kaapstad-hawe se historiese graansilogeboue, Silo nr. 1 wat in 1924 opgerig is, omgeskep tot 'n moderne gebou wat sedert 2017 die
Zeitz Museum of Contemporary African Art (MOCAA)
en 'n luukse hotel,
The Royal Portfolio
, huisves.
66
67
Baie van die silogebou se oorspronklike geriewe het behoue bly, insluitende 42 silindriese stoorsilo's wat uitgehol is om as die museum se groot atrium te dien.
Inkopies en vermaak
Kaapstad se
Ou Dorpshuis
by die
Groentemarkplein
Canal Walk
, wat volgens die voorbeeld van Amerikaanse
shopping malls
ontwerp is en meer as 400 winkels, 'n rolprentteater en 'n reuse-kitskos-restourant met 'n jaarlikse omset van ZAR 1,8 miljard (syfers van 2003) behels, is die grootste winkelsentrum in
Afrika
en ook en van die grootstes in die Suidelike Halfrond.
68
Ratanga Junction
met vele plesierritte en ander vermaak, veral vir die jongeres (langs
Canal Walk
).
Groentemarkplein
Green Market Square
) was oorspronklik 'n groentemark, maar is deesdae 'n vlooimark in die hartjie van Kaapstad waar 'n mens alles van tradisionele Afrika-aandenkings en kuns tot handewerk, goedkoop musiek, klere en ander snuisterye kan koop.
Kuns en kultuur
Kaapstad is naas Johannesburg een van die twee kulturele sentra van Suid-Afrika.
69
Intussen het die Moederstad tot 'n nasionale leier op die gebied van die uitvoerende kunste ontwikkel, waaronder teater, opera, musicals en musiek. Die kulturele lewe van Kaapstad word verbind met satirici soos Pieter-Dirk Uys, Robert Kirby en Mark Banks; die musicals van David Kramer, Taliep Petersen en Marthinus Basson; en die Universiteit van Kaapstad se Teaterskool. Maar ook bekroonde toneelstukke uit Johannesburg soos opvoerings van Athol Fugard, Sue Pam-Grant en Janice Honeyman word in die plaaslike teaters gespeel.
Vanweë die tekort aan befondsing deur die owerhede kan Kaapstad net soos Johannesburg nie met kunsmetropole in ander wêrelddele meeding nie, en daar is byvoorbeeld min musea wat versamelings van eietydse kuns kan vertoon. Nogtans is daar instellings wat dwarsoor die wêreld bekendheid verwerf het.
Teater, opera en ballet
Die onafhanklike
Armchair
-teater in die voorstad Observatory
Die grootste teater in Kaapstad, die
Kunstekaap
-kompleks, het in die Apartheid-era nog as die Nico Malan-teater bekend gestaan en word in die plaaslike omgangstaal dikwels nog
Nico
genoem. Die kompleks is oorspronklik in 1971 op die Foreshore geopen en behels naas die operahuis 'n groot teatersaal (die
Main Theatre
) met 540 en die Arena-teater met 140 sitplekke. In sy sale word klassieke en merendeels Engelse toneelstukke, opera's en ballette opgevoer; die klein Arena-teater bied daarnaas opvoerings van eksperimentele en ander moderne toneelstukke aan. Die operahuis kan met soortgelyke instellings in ander wêrelddele meeding en werk onder meer ook met operahuise soos dié van
Oslo
in
Noorweë
saam. Die Kaapstadse operahuis bied 1
200 sitplekke en 'n indrukwekkende foyer met 'n ligkroon in die Italiaanse styl. Gedurende die Apartheid-era het die hoofklem op Europese kuns en kultuur geval, maar intussen het die
Nico
ook begin om meer aandag aan inheemse kulture te skenk.
Die opelug-teater in Maynardville het hom op tonele van William Shakespeare toegespits, terwyl ander teaters soos die
Baxter-teater
naby die Universiteit van Kaapstad se kampus in Rondebosch, die
Theatre on the Bay
in Kampsbaai, die
Coffee Lounge
in Kerkstraat, die
Little Theatre
in Tuine en talle ander klein en onafhanklike teaters hulle op minder konvensionele toneelkuns en tradisionele Engelse komedies toegespits het. Die Baxter-teater was gedurende die tydperk van rasseskeiding een van min tuistes in Suid-Afrika waar gemengde gehore saam toneel kon kyk.
70
Kookkuns
Koeksisters
het hulle oorsprong in die
Kaaps-Maleise
kookkuns
As Suid-Afrika se aantreklikste stad vir binne- en buitelandse besoekers het Kaapstad vinnig tot Suid-Afrika se kulinêre hoofstad met 'n internasionale restourant- en
koffiehuiskultuur
ontwikkel. Die plaaslike sjefs vermeng die veelsydige plaaslike
kookkuns
en eersterangse bestanddele soos die Kaapse
seekos
met 'n verskeidenheid internasionale invloede.
71
Tradisionele resepte van dwarsoor die vasteland van Afrika vorm saam met Europese, Indonesiese en Kaaps-Maleise invloede die basis vir Kaapstad se huidige innovatiewe kookkuns. Visgeregte, wat met suurlemoenbotter,
knoffelsous
en gebakte
aartappels
bedien word, raak steeds meer gewild.
Die Kaaps-Hollandse en Oos-Indiese kookkuns het al vroeg saamgesmelt om 'n verskeidenheid tipies Kaapse geregte soos bobotie en
sosaties
te skep wat met tipies Oos-Indiese
speserye
gekruie word. Van die kruie, wat deur slawe die land binnegebring is, het goewerneur Van Riebeeck reeds laat aanplant, waaronder
vinkel
en
anys
72
Kaaps-Maleise invloede word ook sigbaar in moderne Kaapse spesialiteite soos
pizza
met vars botterneut of samoesas, velletjies deeg wat tot driehoekige pakkies gevorm en met 'n vulsel van gemaalde
beesvleis
hoendervleis
of
groente
gevul en diepgebraai word. Samoesas is ook 'n gewilde wegneemete. Waterblommetjies is 'n gesogte Kaapse vleikos wat veral vir bredies met vleis en groente gebruik word.
Tipies Kaapse nageregte, wat ook elders in Suid-Afrika geniet word, sluit malvapoeding ('n oorspronklik
Hollandse
spesialiteit wat van
melk
suiker
, room en
appelkooskonfyt
berei word) en
melktert
in.
Koeksisters
, 'n tradisionele Suid-Afrikaanse lekkerny, het hulle oorsprong in die Kaaps-Maleise kookkuns. Die Kaaps-Maleise
koesisters
het 'n meer sagte tekstuur as hul Afrikaner-eweknie
koeksisters
en word met gedroogde kokosneute oorstrooi.
Onderwys
Die
Universiteit van Wes-Kaapland
se hoofgebou
Die boonste kampus van die
Universiteit van Kaapstad
met die Jameson-gedenksaal
Kaapstad is naas Johannesburg en Pretoria die belangrikste universiteitstad in Suid-Afrika. Die Universiteit van Kaapstad (
University of Cape Town, UCT
) word selfs as een van die leidende akademiese instellings in Afrika beskou. Sy hoofkampus lê teen die helling van Duiwelskop.
Die
Universiteit Stellenbosch
, 'n eersterangse histories Afrikaanstalige instelling, lê sowat 60
km van Kaapstad af.
Ander belangrike tersiêre instellings is die
Universiteit van Wes-Kaapland
in die voorstad
Bellville
, wat in 1959 as 'n instelling vir kleurling-studente gestig is, maar reeds in die 1980's 'n mate van outonomie bereik en hom as 'n oorwegend Engelssprekende "volksuniversiteit" beskou het, terwyl die persentasie swart studente van slegs 2 ps in 1984 tot 47 ps in 1994 gegroei het;
73
74
en die Tegnologiese Universiteit van die Kaapse Skiereiland (
Cape Peninsula University of Technology
), wat deur die samesmelting van die Kaapse Technikon (
Cape Technikon
) en die Technikon van die Skiereiland (
Peninsula Technikon
) ontstaan het. Die
Graduate School of Business GSB)
naby die Victoria & Alfred Waterfront kan met die beste buitelandse skole meeding – as die enigste tersiêre sakeskool wat in die gesiene Britse sakedagblad
Financial Times
se Global MBA Ranking 2016 geranglys word.
75
Kaapstad se Engelse taalskole lok sedert die negentigerjare danksy die hoë kwaliteitstandaarde en die stad se reputasie as 'n eersterangse toeristebestemming 'n steeds groeiende aantal buitelandse besoekers.
Kaapstad se roemryke hoërskole, waarvan baie koshuisgeriewe het en dus leerders uit alle dele van die land lok, is onder meer die Hoërskool Westerford, Hoër Seunskool Rondebosch, die
Hoërskool Jan van Riebeeck
, Hoër Meisieskool Herschel,
SACS
, Hoër Seunskool Wynberg, Hoër Meisieskool Wynberg, St. Cyprian's, die
Hoërskool D.F. Malan
en Biskoppe.
Kommunikasie- en mediabedryf
Die
hoofkwartier van Media24
, die grootste mediamaatskappy van Afrika, in die sakesentrum van Kaapstad
Kaapstad huisves die hoofkwartier van 'n aantal dagblaaie, tydskrifte en drukkerye.
Naspers
, die grootste mediakonglomeraat in Suid-Afrika, is die uitgewer van onder meer
Die Burger
, die naasgrootste Afrikaanse dagblad, en
Die Son
, die grootste Afrikaanse dagblad ter wêreld, maar sy Engelse weergawe,
Cape Son
, is in 2008 gestaak.
Sekunjalo Independent Media
gee hier al drie die Engelstalige dagblaaie in die Wes-Kaap uit, die
Cape Argus
, die
Cape Times
en die
Daily Voice
Kaapstad beskik daarnaas ook oor 'n groot aantal koerante vir die plaaslike gemeenskappe, waarvan die
Athlone News
Athlone
), die
Atlantic Sun
, die
Constantiaberg Bulletin
(Constantiaberg), die
City Vision
Bellville
),
die False Bay Echo
(Valsbaai) die
Distrikspos
en
Helderpos
Helderberg
), die Bolander (Boland), die
Plainsman
Mitchells Plein
), die
Sentinel News
Houtbaai
), die
Southern Mail
(Suidelike Skiereiland), die
Southern Suburbs Tatler
(Suidelike Voorstede),
Table Talk
(Tafelsig) en
Tygertalk
(Tygervallei/Durbanville) die grootste Engelstaliges is.
Die belangrikste streekkoerante in Afrikaans is die
Landbou-Burger
en die
Tygerburger
. Die Helderbergse koerante
Distrikspos
en
Helderpos
, asook die
Bolander
, word tweetalig in Engels en Afrikaans uitgegee.
Vukani
, wat op die Kaapse Vlaktes verskyn, word in Xhosa uitgegee.
Kaapstadse Boekeskou
Die eerste Kaapstadse Boekeskou (Engels:
Cape Town Book Fair
), waaraan 400 uitgewerye uit 26 lande deelgeneem het, het in Junie 2006 in samewerking met die
Frankfurtse
Boekeskou plaasgevind en sowat 20
000 besoekers gelok.
76
In 2008 het die boekeskou met 57
000 besoekers 'n nuwe rekord behaal. Byna 300 uitstallers uit 31 lande het deelgeneem.
77
Die skou, wat by die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum aangebied word, is daarop gemik om die lees van boeke in Suid-Afrika te bevorder. Veral skoolboeke sal voordeel kan trek uit groter oplae en die daarmee gepaardgaande laer pryse. Daar is na ramings sowat 500
000 mense in Suid-Afrika – uit 'n bevolking van meer as veertig miljoen – wat gereeld boeke lees.
Sport
Lugbeeld van die
Nuwelandstadion
Lugbeeld van die
Nuweland-krieketveld
Kaapstad se gewildste
sportsoorte
volgens deelname is
krieket
sokker
swem
en
rugby
78
In rugby huisves Kaapstad die
Westelike Provinsie
wat op
Kaapstad-stadion
speel en in die
Curriebeker
meeding. Daarbenewens vorm spelers van die Westelike Provinsie die grondslag vir die
Stormers
in die
Verenigde Rugbykampioenskap
wat deur spelers van
Boland
in
Wellington
aangevul word. Kaapstad huisves gereeld beide die
Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan
en die
Suid-Afrikaanse nasionale vrouerugbyspan
en het wedstryde tydens die
Rugbywêreldbeker 1995
, waaronder die openingswedstryd, maar ook die halfeindstryd tussen die
Nieu-Seelandse
All Blacks
en die
Engelse
Roses
waartydens
Jonah Lomu
vier
drieë
gedruk het, aangebied. Die
Suid-Afrikaanse Rugbyunie
(SARU), die beheerliggaam vir rugby in Suid-Afrika, is in Kaapstad gesetel.
Sokker is ook gewild. Twee Kaapstadse sokkerspanne ding in die
Premiersokkerliga
(PSL), Suid-Afrika se hoogste sokkerafdeling, mee. Hulle is
Ajax Kaapstad
, wat gevorm is deur die 1999-samesmelting van die Sewe Sterre en die Kaapstadse Spurs, en die Cape Town City FC. Kaapstad het ook verskeie wedstryde tydens die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
en die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
, insluitende 'n halfeindstryd,
79
aangebied. Die Moederstad het hiervoor 'n nuwe 70
000-stadion (
Kaapstad-stadion
) in die
Groenpuntgebied
opgerig.
In krieket het die
Kaapse Kobras
Kaapstad op
Nuweland-krieketveld
verteenwoordig. Die span het uit die samesmelting van die Westelike Provinsie-krieket en die
Boland Krieket
-spanne ontstaan en in die Supersport- en die Standard Bank-beker-reekse meegeding. Ná afloop van die 2020/21-seisoen is die span tydens 'n hervorming van Suid-Afrikaanse krieket ontbind.
80
Die Nuweland-krieketveld is 'n
toetskrieketstadion
en huisves gereeld internasionale krieketwedstryde van beide die
Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan
en die
Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan
. Byvoorbeeld is vyf wedstryde tydens die
Krieketwêreldbeker 2003
, nege wedstryde tydens die
T20I-wêreldbeker 2007
en twaalf wedstryde tydens die
T20I-vrouewêreldbeker 2023
hier gehou.
Kaapstad het ook Olimpiese aspirasies gehad. Onder ander was Kaapstad in 1996 een van die vyf kandidaatstede op die
Internasionale Olimpiese Komitee
se kortlys vir die
Olimpiese Somerspele 2004
. Die spele is eindelik aan
Athene
Griekeland
, toegeken en Kaapstad het in die derde plek geëindig.
81
Daar was ook spekulasie dat Kaapstad die keuse van die
Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee
was as Suid-Afrikaanse kandidaatstad vir die
Olimpiese Somerspele 2020
82
Aan die einde is egter
Tokio
Japan
, as gasheer vir die spele aangewys.
Besienswaardighede
Tafelberg, soos gesien vanuit die Botaniese Tuin van
Kirstenbosch
'n Tipiese straat in die Bo-Kaap
Die
Kaapstad-stadion
is vir die
Sokkerwêreldbekertoernooi 2010
opgerig
Die
Groote Kerk
staan op 'n perseel, waar in 1678 die eerste kerk in Suid-Afrika opgerig is. Die huidige kerkgebou is die derde wat uit die jaar 1836 dateer, tog het die kloktoring van die tweede gebou van 1703 bewaar gebly.
Die
Kompanjiestuin
maak deel uit van Jan van Riebeeck se historiese
groentetuin
Die
Parlement van Suid-Afrika
is die Suid-Afrikaanse wetgewende gesag en is in Parlementslaan geleë.
Die
Tuynhuys
is in 1751 as 'n herehuis opgerig en bekoor met sy Kaaps-Hollandse argitektuur. Dit dien as die ampswoning van die
president
en is nie toeganklik vir die publiek nie.
Die
Joodse Museum
is in die oudste sinagoge van Suid-Afrika uit die jaar 1862 geopen en behandel die geskiedenis van die Joodse gemeenskap aan die Kaap. Dit beskik ook oor 'n versameling van Joodse kunswerke, wat aan die Kaap ontstaan het.
Die
Bo-Kaap
lê wes van die stadsentrum teen die hange van die Vlaeberg en is die oudste woonbuurt van Kaapstad wat nog steeds die karakter van 'n dorp binne die stadsgebied het. Dit spog onder meer met die eerste moskee wat in Suid-Afrika opgerig is. Sy eerste bewoners in die jaar 1780 is slawe en Maleistalige gevangenes uit Oos-Indië. Die woonbuurt is nog steeds 'n tradisionele Maleierbuurt met 'n ontspanne Oosterse atmosfeer. Die
Bo-Kaap-museum
en die talle Kaaps-Maleise restourante lok 'n groot aantal toeriste.
Groenpunt se vuurtoring
is deur die Duits-gebore argitek
Herman Schutte
(1761–1844) ontwerp en in 1823 voltooi. Dit is die oudste vuurtoring in Suid-Afrika, wat in 1926 met 'n mishoring toegerus en twee jaar later geëlektrifiseer is. Die rotsige Groenpunt staan onder die seevaarders eeue lank bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap. Die laaste in 'n lang lys van skepe, wat hier gestrand het, is die
Seafarer
, wat in 1967 op die rotse geloop het.
Wynberg
is een van die grootste voorstede van Kaapstad en was naas Pretoria in 1991 die sensusdistrik met die grootste getalle Afrikaanssprekers. Wynberg spog met baie ou gerestoureerde geboue. Die opelugteater in Maynardville het danksy sy
Shakespeare
-opvoerings bekendheid verwerf.
Planetarium
in die Kompanjiestuin en deel van die Iziko-museums.
Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum
in die Kompanjiestuin en deel van die Iziko-museums.
Victoria & Alfred Waterfront
in die hart van
Kaapstad se werkende hawe
Die
Kaapstad-stadion
is gebou met die oog op die
2010 Sokkerwêreldbeker
Die
Zeitz Museum of Contemporary Art Africa
(Zeitz MOCAA) is 'n kunsmuseum in 'n herboude graansilo aan die
Victoria & Alfred Waterfront
Ander belangrike besienswaardighede is:
Tafelberg
, wat 1
086
m hoog is, en waarskynlik die gewildste toeristebestemming.
Seinheuwel
, wat 'n uitsig oor
Tafelbaai
en die stad bied.
Leeukop
, tussen Tafelberg en Seinheuwel.
Kirstenbosch
, een van agt nasionale botaniese tuine in die land.
Robbeneiland
, waar
Nelson Mandela
27
jaar lank gevangene was.
Susterstede
Huangshan
Volksrepubliek China
, sedert 2010.
83
Rio de Janeiro
Brasilië
, sedert 2011.
83
Warna
Bulgarye
, sedert 2012.
83
Miami
Verenigde State
, sedert 2013.
83
Bujumbura
Burundi
, sedert 2014.
83
Izmir
Turkye
, sedert 2014.
83
Houston
Verenigde State
, sedert 2015.
83
München
Duitsland
, sedert 2015.
83
Hangzhou
Volksrepubliek China
, sedert 2015.
83
Shenzhen
Volksrepubliek China
, sedert 2015.
83
Wuhan
Volksrepubliek China
, sedert 2015.
83
Atlanta
Verenigde State
, sedert 2016.
83
Malmö
Swede
, sedert 2016.
83
Monterrey
Meksiko
, sedert 2016.
83
Aken
Duitsland
, sedert 2017.
83
Buenos Aires
Argentinië
, sedert 2017.
83
Accra
Ghana
, sedert 2018.
83
Doebai
Verenigde Arabiese Emirate
, sedert 2019.
83
Nairobi
Kenia
, sedert 2023.
83
Sien ook
Lys van dorpe in Suid-Afrika
Gereformeerde kerk Kaapstad
NG gemeente Kaapstad
Verwysings
en
"Cape Town (South Africa)"
. Crwflags.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 November 2018
. Besoek op
12 Februarie
2019
en
"Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)"
(PDF)
. pp.
xlv–
lii.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019
. Besoek op
24 September
2016
en
Pollack, Martin (31 Mei 2006).
"Achmat Ebrahim is the new city manager of Cape Town"
. Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 April 2008
. Besoek op
25 Maart
2007
"Hoofplek Kaapstad"
Sensus 2011
en
"City of Cape Town"
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020
. Besoek op
12 Februarie
2019
en
Africa, Statistics South.
"Metropolitan Municipality | Statistics South Africa"
www.statssa.gov.za
. Besoek op
12 Februarie
2019
en
www.kapstadt.com: Mountain Media Production
Geargiveer
15 Junie 2008 op
Wayback Machine
en
"Quality of Living Ranking"
. Mercer.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020
. Besoek op
12 Februarie
2019
Corporation for Economic Development:
Growth: Journal of Development in Southern Africa
, Volumes 7-8, 1987, bl. 19
en
Peter E. Raper (1987).
Dictionary of Southern African Place Names
. Internet Archive. p.
109
. Besoek op
23 Mei
2024
de
www.kapstadt-guide: Tafelberg
Geargiveer
16 Februarie 2009 op
Wayback Machine
en
South Africa.info: Where the two oceans really meet
af
www.wynsa.co.za: Durbanville Hills vier 15de jaar in SA-wynbedryf. Besoek op 12 Mei 2014
en
"World Weather Information Service – Cape Town"
. World Meteorological Organization.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020
. Besoek op
8 April
2014
en
"Cape Town/DF Malan Climate Normals 1961–1990"
National Oceanic and Atmospheric Administration
. Besoek op
8 April
2014
de
www.kapstadt.de: Geschichte – Frühe Besiedlung: San und Khoikhoi
[dooie skakel]
af
www.sentrum.co.za: Cabo de Goede Hoop – Van plekke en mense (deur Helena Liebenberg)
Geargiveer
8 Mei 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt.de: Südafrika – Kolonie der Kompanie
[dooie skakel]
af
Padlangs deur Suid-Afrika. Hoofstuk 1: Kaap die Goeie Hoop
. Kindle e-Boek-uitgawe. Struik Travel & Heritage
de
www.kapstadt.de: Simon van der Stel
[dooie skakel]
af
Boshoff, Dawie:
Die staat se eie drukkery
. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 33, nommer 11 (November 1988), bl. 20
en
Izak van der Merwe en Arlene Davids:
Demographic Profiles of Cape Town and Johannesburg
. In: Simon Bekker en Anne Leildé (reds.):
Reflections on Identity in Four African Cities
. African Minds 2006, bl. 28
en
Van der Merwe & Davids (2006), bl. 29
en
Tony Roshan Samara:
Cape Town after Apartheid: Crime and Governance in the Divided City
. Kindle e-boekuitgawe. Minneapolis en Londen: University of Minnesota Press 2011, pos. 40
af
Nuus24, 7 Julie 2012: 'Noodtoestand' heers in Hanoverpark
Geargiveer
6 Oktober 2012 op
Wayback Machine
en
Samara (2011), pos. 54
en
Samara (2011), pos. 70
This Is Africa, 19 Julie 2019: South Africa: Cape Flats residents cheer arrival of army. Besoek op 4 September 2019
Handelsblatt, 15 Julie 2019: Die Gewalt in Kapstadt eskaliert. Besoek op 4 September 2019
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Maart 2023
. Besoek op
4 September
2019
en
Jeschonneck, Anja en Kai Schächtele:
Kapstadt – Wine Lands – Garden Route
. Marco Polo-reeks. Ostfildern: Mairdumont 2006, bl. 26
en
District Six Museum
Geargiveer
1 Mei 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-tour.de: District Six
de
Jeschonneck/Schächtele (2006), bl. 14
de
Jeschonneck/Schächtele (2006), bl. 15
en
www.etownship.co.za: Gugulethu
Geargiveer
30 April 2008 op
Wayback Machine
en
Amy Biehl Foundation: About Amy
Geargiveer
17 Mei 2008 op
Wayback Machine
en
etownship.co.za: Gugulethu
Geargiveer
30 April 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt.de: Die Townships der Cape Flats
Geargiveer
2 Mei 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt.de: Architektur – Der kapholländische Stil in Kapstadt
Geargiveer
16 Junie 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-guide.de: Architektur
Geargiveer
3 Julie 2009 op
Wayback Machine
en
Iziko – Museums of Cape Town: About Koopmans-De Wet House
Geargiveer
1 Julie 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt.de: Kapstadt Architektur – Khoikhoin-Hütten, victorianisch, Art déco
Geargiveer
16 Junie 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt.de Kapstadt Architektur – Das 20. Jahrhundert
Geargiveer
16 Junie 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-tour.de: Die Geschichte des Hafens von Kapstadt
de
www.kapstadt.de: Flughäfen und Häfen in Kapstadt
Geargiveer
28 Mei 2008 op
Wayback Machine
en
"Everything you missed of Geordin Hill-Lewis' first week in office as Cape Town mayor"
. Independent Online
. Besoek op
15 November
2021
en
Independent Electoral Commission of South Africa: City of Cape Town, 2006 Local Government Elections: Seat Calculation Summary
Geargiveer
18 Maart 2006 op
Wayback Machine
United States Department of State – Bureau of Public Affairs:
Background Notes South Africa
. Maart 1990, bl. 14
en
City of Cape Town: Characteristics of Population – Citizenship
Geargiveer
1 Januarie 2016 op
Wayback Machine
de
Urlaub perfekt
, nommer 1 (2009), lente/somer, bl. 106
mycapetown.it: Intervistiamo Alfonso Tagliaferri, Console d’Italia a Cape Town (Onderhoud met Alfonso Tagliaferri, Italiaanse konsul in Kaapstad). Besoek op 20 November 2019
en
Die 2001-sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith
. URL besoek op 13 November 2017.
en
Die 2011-sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith
. URL besoek op 13 November 2017.
en
"Moonsighting on Monday"
91.3FM Voice of the Cape
. 27 Augustus 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 Mei 2013
. Besoek op
11 Augustus
2013
en
timeanddate.com.
Eid ul Fitr
. Besoek op 6 Januarie 2019.
en
Artefacts.co.za
. URL besoek op 10 November 2017.
en
Independent School Association of Southern Africa
Geargiveer
18 Mei 2020 op
Wayback Machine
. URL besoek op 13 November 2017.
en
Independent Schools Association of Southern Africa
Geargiveer
18 Mei 2020 op
Wayback Machine
. URL besoek op 13 November 2017.
en
Jewish Vitual Library
. URL besoek op 10 November 2017.
de
www.kapstadt.de: Tourismus in Kapstadt
Geargiveer
28 Mei 2008 op
Wayback Machine
en
www.southafricainfo.com Cape Town: Gay paradise found
Geargiveer
14 Mei 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-guide.de: V&A Waterfront
Geargiveer
12 Mei 2008 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-tour.de: Die Viktoria & Albert Waterfront in Kapstadt
en
Tourism Cape Town: V&A Waterfront
Geargiveer
5 Maart 2016 op
Wayback Machine
de
www.kapstadt-tour.de: Das Clock Tower Center an der Waterfront in Kapstadt
en
dezeen.com, 18 Mei 2017: Luxury hotel opens inside Heatherwick's converted grain silo in Cape Town. Besoek op 18 Februarie 2018
af
netwerk.com, 2 Maart 2016: Kyk: So lyk nuwe Kaapse hotel waar jy tot R140 000 ’n nag moet opdok! Besoek op 18 Februarie 2018
en
www.info.gov.za: Toespraak wat deur die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Toerisme en Dobellary, Johan Gelderblom, ter geleentheid van die opening van Canal Walk se Inligtingsentrum vir Besokers op 11 Februarie 2003 gelewer is
[dooie skakel]
de
www.kapstadt.de – Kultur: Oper & Theater
Geargiveer
16 Junie 2008 op
Wayback Machine
de
Jeschonneck/Schächtele (2006), bl. 69
de
Jeschonneck/Schächtele (2006), bl. 41
af
www.pasella.com: Koljander in ons kos (Besoek op 19 Junie 2008)
Geargiveer
17 Junie 2008 op
Wayback Machine
en
Judy Hemingway en Felicity Armstrong (reds.):
Space, Place and Inclusive Learning
. Abingdon, Oxon: Routledge 2014
en
Rob Higham:
Place, race and exclusion: university student voices in post-apartheid South Africa
. In:
International Journal of Inclusive Education
, volume 16, nommers 5–6 (Junie 2012), bl. 485–502
en
rankings.ft.com: Global MBA Ranking 2016. Besoek op 13 April 2016
Geargiveer
11 Oktober 2018 op
Wayback Machine
de
NZZ Online: Eine neue Buchmesse für Afrika
de
Kapstädter Buchmesse endete mit Besucherrekord
Geargiveer
16 Junie 2008 op
Wayback Machine
en
Sam Woulidge (2006).
Time Out: Cape Town
. Time Out Publishing. pp.
127–130: Sports.
ISBN
1-904978-12-6
en
"SA 2010: frequent questions"
. southafrica.info. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Junie 2007
. Besoek op
26 Mei
2007
en
Firdose Moonda (8 Maart 2021).
"Revamped two-tier South African domestic structure ready to take off"
. ESPNcricinfo
. Besoek op
3 Mei
2021
en
"Past Olympic host city election results"
. GamesBids.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 April 2020
. Besoek op
12 Februarie
2019
en
"Cape Town Out Of 2020 Summer Olympic Games Bid"
. GamesBids.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019
. Besoek op
12 Februarie
2019
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
en
"Sister cities partnership agreements"
. Stad Kaapstad
. Besoek op
23 Mei
2024
Bronnelys
Indien in die betrokke teksgdeeltes geen ander bronne of verwysings vermeld word nie, het die volgende gedrukte media of webwerwe as hoofbronne gedien:
Die swart woonbuurte in die Kaapse Vlaktes
de
www.kapstadt-tour.de: Die Townships in den Cape Flats von Kapstadt
Die historiese stadsentrum (Parade)
de
www.kapstadt-tour.de: Die Grand Parade
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Kaapstad
Sien
Kaapstad
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Wikinews bevat nuus in verband met
Kaapstad
Amptelike webtuistes
en
Stad Kaapstad Munisipaliteit
en
Wes-Kaapse Regering
Ensiklopediese inligting
en
"Cape Town"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
23 Mei
2024
Kultuur
en
Iziko-musea
en
Afrikaans Community 1652–1795
Argitektuur
en
www.emporis.com: Die wolkekrabbers van Kaapstad
Reis en vermaak
en
Toerisme-inligting oor
Kaapstad
op
Wikivoyage
en
Kaapstad se amptelike toerismewebwerf
en
The Guardian, Manchester, VK: The alternative city guide to Cape Town
Provinsie
Wes-Kaap
Hoofstad
Kaapstad
Streke:
Kaapse Skiereiland
Kaapse Wynlande
Sentraal Karoo
Overberg
Tuinroete
Weskus
Grootste stede en dorpe:
Kaapstad
George
Mosselbaai
Knysna
Oudtshoorn
Paarl
Robertson
Stellenbosch
Swellendam
Vredenburg
Worcester
Munisipaliteite:
Beaufort-Wes
Bergrivier
Bitou
Breedevallei
Kaap Agulhas
Cederberg
Drakenstein
George
Hessequa
Kaapstad
Kannaland
Knysna
Laingsburg
Langeberg
Matzikama
Mosselbaai
Oudtshoorn
Overberg
Overstrand
Prins Albert
Saldanhabaai
Sentraal Karoo
Stellenbosch
Swartland
Swellendam
Theewaterskloof
Tuinroete
Weskus
Witzenberg
Voorstede
van
Kaapstad
Stadskern
Bo-Kaap
De Waterkant
Distrik Ses
Foreshore
Higgovale
Oranjezicht
Schotsche Kloof
Tamboerskloof
Tuine
University Estate
Vredehoek
Walmer-landgoed
Woodstock
Zonnebloem
Noordelike voorstede
Akasiapark
Bellville
Bothasig
Brackenfell
Brooklyn
Durbanville
Edgemead
Elsiesrivier
Epping
Goodwood
Kensington
Kuilsrivier
Maitland
Monte Vista
Panorama
Parow
Pinelands
Ruyterwacht
Thornton
Tygerberg
Ysterplaat
Atlantiese seekus
Bakoven
Bantrybaai
Kampsbaai
Clifton
Fresnaye
Groenpunt
Houtbaai
Llandudno
Mouillepunt
Seepunt
Drieankerbaai
Suidelike voorstede
Bergvliet
Bishopscourt
Claremont
Constantia
Dieprivier
Heathfield
Kenilworth
Mowbray
Nuweland
Observatory
Plumstead
Retreat
Rondebosch
Rondebosch-Oos
Rosebank
Soutrivier
Steenberg
Tokai
Wetton
Witteboomen
Wynberg
Zwaanswyk
Suidelike Skiereiland
Capri Village
Clovelly
Glencairn
Kalkbaai
Kommetjie
Masiphumelele
Muizenberg
Noordhoek
Ocean View
Scarborough
Simonstad
St James
Sunnydale
Sonvallei
Vishoek
Kaapse Vlakte
Athlone
Belhar
Bishop Lavis
Blue Downs
Bonteheuwel
Crawford
Delft
Eersterivier
Grassy Park
Gugulethu
Khayelitsha
Kruispad
Langa
Lansdowne
Lotusrivier
Manenberg
Mfuleni
Mitchells Plain
Nyanga
Ottery
Philippi
Strandfontein
Valsbaai
Gordonsbaai
Somerset-Wes
Strand
Weskus
Bloubergstrand
Century City
Du Noon
Melkbosstrand
Milnerton
Parklands
Table View
50 grootste nedersettings in
Suid-Afrika
volgens bevolking
Soweto
Johannesburg
Pretoria
Durban
Tembisa
Kaapstad
Katlehong
Umlazi
Soshanguve
Khayelitsha
Mamelodi
Roodepoort
Gqeberha
Mitchells Plein
Oos-Londen
Boksburg
Bloemfontein
Germiston
iBhayi
Athlone
Centurion
Pietermaritzburg
Sandton
Sebokeng
Philippi
Chatsworth
Klerksdorp
Ivory Park
Bethelsdorp
Alexandra
Inanda
Phoenix
KwaMashu
Kemptonpark
Vosloorus
Benoni
George
Mdantsane
Kraaifontein
Delft
Etwatwa
Pinetown
Krugersdorp
Motherwell
Diepsloot
Tsakane
Evaton
KwaGuqa
Polokwane
Daveyton
Hoofstede
in
Afrika
Hoofstede van
onafhanklike lande
Abuja
Accra
Addis Abeba
Algiers
Antananarivo
Asmara
Bamako
Bangui
Banjul
Bissau
Brazzaville
Conakry
Dakar
Djiboeti
Dodoma
Freetown
Gaborone
Gitega
Harare
Joeba
Kaïro
Kampala
Khartoem
Kigali
Kinshasa
Libreville
Lilongwe
Lomé
Luanda
Lusaka
Malabo
Maputo
Maseru
Mbabane
Mogadisjoe
Monrovia
Moroni
Nairobi
N'Djamena
Niamey
Nouakchott
Ouagadougou
Port Louis
Porto-Novo
Praia
Pretoria
Rabat
São Tomé
Tripoli
Tunis
Victoria
Windhoek
Yamoussoukro
Yaoundé
Hoofstede van
afhanklike gebiede
Ceuta
Funchal
Jamestown
Las Palmas de Gran Canaria
Mamoudzou
Melilla
Saint-Denis
Santa Cruz de Tenerife
Hoofstede van
omstrede gebiede
Cabinda
Gaalkacyo
Garoowe
Hargeisa
Laâyoune
Hoofstede van
Asië
Europa
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
Lobamba
is die
regeringsetel
, asook koninklike en wetgewende hoofstad van
Eswatini
Kaapstad
en
Bloemfontein
is saam met
Pretoria
ook hoofstede van
Suid-Afrika
Abidjan
is die regeringsetel en ekonomiese hoofstad van die
Ivoorkus
Tifariti
dien
de facto
as hoofstad van die
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Provinsiale
hoofstede van
Suid-Afrika
Bhisho (Oos-Kaap)
Bloemfontein (Vrystaat)
Kaapstad (Wes-Kaap)
Johannesburg (Gauteng)
Kimberley (Noord-Kaap)
Mahikeng (Noordwes)
Nelspruit (Mpumalanga)
Pietermaritzburg (KwaZulu-Natal)
Pietersburg/Polokwane (Limpopo)
Normdata
Internasionaal
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Tsjeggië
Spanje
Kroasië
Swede
Pole
Vatikaan
Israel
Geografies
MusicBrainz-area
Ander
IdRef
NARA
İslâm Ansiklopedisi
Ontsluit van "
Kategorieë
Inligtingskas Nedersetting met lys van leuses
Hoofstede in Afrika
Kaapstad
Kusstede
Provinsiehoofstede van Suid-Afrika
Versteekte kategorieë:
Bladsye met nie-numeriese argumente vir formatnum
Koördinate op Wikidata
Wikinews-kategorie met plaaslike skakel anders as op Wikidata
Voorbladartikels
Kaapstad
Nuwe onderwerp