Karl Marx - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Karl Heinrich Marx
Karl Marx in 1875
Gebore
5 Mei
1818
Trier
Koninkryk Pruise
Duitse Bond
Oorlede
14 Maart 1883 (op 64)
Londen
Engeland
Blyplek
Duitsland
Frankryk
België
Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit
Duits
Vakgebied
Politiek, ekonomie, filosofie, sosiologie, arbeid, geskiedenis, klassestryd, natuurwetenskap, historikus
Alma mater
Universiteit van Bonn
Universiteit van Berlyn
Universiteit van Jena
Doktorale promotor(s)
Filosofie
Bekend vir
Manifest der Kommunistischen Partei
(met
Friedrich Engels
),
Das Kapital
Der achtzehnte Brumaire des Louis Bonaparte
Die Deutsche Ideologie
Beïnvloed deur
Hegel, Feuerbach, Spinoza, Proudhon, Stirner, Smith, Voltaire, Ricardo, Vico, Robespierre, Rousseau, Shakespeare, Goethe, Helvétius, d'Holbach, Liebig, Darwin, Fourier, Robert Owen, Hess, Guizot, Pecqueur, Aristoteles, Epikuris
Handtekening
Karl Heinrich Marx
Trier
5 Mei
1818
Londen
14 Maart
1883
) was 'n Duitse denker wat 'n belangrike invloed gehad op die (politieke)
filosofie
, die
ekonomie
en die
sosiologie
. Hy was een van die grondleggers van die arbeidersbeweging.
Das Kapital
word meestal as sy belangrikste werk beskou.
Marxisme
word op dié werk sowel as die denke van Karl Marx (en
Friedrich Engels
) gebaseer.
Jeug en studentetyd
wysig
wysig bron
Karl Marx word gebore in
Duitsland
, as seun van Heinrich Marx (1782–1838) en Henriette Preszburg (oorlede 1863). Sy ouers was oorspronklik
Jode
en stam beide uit 'n
rabbiegeslag
– Heinrich Marx heet oorspronklik Hirschel Mardochai – maar hy word 'n
Lutherse Protestant
nadat hy in
1815
na Trier verhuis het. Dit was moelik vir Heinrich om in Pruise as Jood sy werk as advokaat te bly beoefen. Karl word groot in 'n gematigde liberale gesin, wat 'n sekere vlak van welstand handhaaf, maar nie werklik ryk was nie.
Sy geboortehuis is sedert 5 Mei
1968
as 'n
museum
ingerig: die Karl Marx-huis huisves 'n permanente tentoonstelling, gewyd aan die lewe en werk van Karl Marx.
Karl voltooi die hoërskool in Trier in
1835
. Die opstel wat hy vir 'n eksamen geskyf het naamlik "Beskouing van 'n jongeling oor die keuse van 'n beroep" het bewaar gebly.
In
Oktober
1835 gaan Marx regte studeer in
Bonn
. Daar kom van die studie nie veel tereg nie omdat hy meer tyd bestee aan die studentelewe. Na 'n jaar besluit Karl se vader dat dit beter vir hom is om in
Berlyn
te gaan studeer. Ondertussen raak Karl (aanvanklik in die geheim) aan Jenny von Westphalen verloof. In Berlyn kry die jong Marx meer belangstelling vir intellektuele sake, en verruil hy die studie van regte met die van filosofie. Hy verdiep homself in die ideë van
Immanuel Kant
en
Johann Gottlieb Fichte
, maar hy kom veral baie sterk onder die invloed van
Georg Hegel
. Hegel self is in
1831
oorlede, maar sy filosofie oorheers denke aan die universiteit na sy dood nog sterker as tydens sy lewe. Onder sy volgelinge het verskillende strominge posgevat. Sommige is baie konserwatief (die Hegeliaanse filosofie geld in die tyd as die Pruisiese staatsfilosofie), maar daar is ook linkse interpretasies. Aan die laasgenoede stroming bekend as die jong-Hegeliane, voel Marx homself verbonde soos ook Bruno Bauer en Arnold Ruge. Hulle is veral krities wat betref godsdiens.
Marx besluit om nie sy studies in Berlyn voort te sit nie omdat hy verwag het dat sy proefskrif weens sy reputasie as 'n jong-Hegeliaan nie positief ontvang sou word nie. Marx gaan na die Universiteit van Jena en behaal daar in
1841
sy graad met 'n proefskrif oor "Die verskil tussen die natuurfilosofie van
Democritus
en die van
Epikurus
". Na die beëindiging van sy studie verhuis Marx na
Bonn
. Hy hoop om daar 'n aanstelling as universiteitsdosent te kry. In die konserwatiewe Bonn kry hy dit nie reg nie en word Marx 'n
joernalis
1842–1843: Keulen,
die Rheinische Zeitung
wysig
wysig bron
Die
Rheinische Zeitung
(Rynlandse koerant) was 'n "radikaal-demokratiese"
koerant
wat vanaf
1 Januarie
1842
in
Keulen
uitgegee word. Marx en Bruno Bauer word medewerkers van die blad, en in Oktober 1842 word Marx hoofredakteur. Die koerant ontwikkel homself tot 'n spreekbuis vir jong besigheidsmense, bankiers en industrialiste. Marx verhuis na Keulen. Die koerant word meer uitgesproke. Terwyl die oplaag aansienlik styg, word sensuur egter ook strenger. Op 1 Januarie
1843
word die koerant verbied. Marx publiseer o.a. oor persvryheid, die wette insake houtdiefstal en oor die armoede van die wynboere in die
Moesel
-streek.
19 Junie
1843 trou Jenny von Westphalen en Karl Marx, nadat hulle mekaar al vanaf hul jeug ken en sewe jaar verloof was. Die huwelik vind plaas in Kreuznach, waar hulle ook enkele maande bly woon.
Intussen het Marx kennisgemaak met die werk van
Ludwig Feuerbach
. Veral Feuerbach se "Die wese van die Christendom" (gepubliseer in 1841) het bygedra tot die ontwikkeling van die materialistiese vertrekpunt van Marx.
1843–1844: Parys, die
Deutsch-Französische Jahrbücher
wysig
wysig bron
Marx word gevra om as redakteur van die
Deutsch-Französische Jahrbücher
(Duits-Franse Jaarboek) te dien. Hiervoor trek hy na
Parys
in die herfs van 1843.
Van dié jaarboek sal slegs één (dubbel-)uitgawe gepubliseer word, in Februarie
1844
. In die publikasie is twee artikels van Marx:
Kritiek op Hegel se regssfilosofie: Inleiding.
Die vraagstuk van die Jode (
Zur Judenfrage
),'n Bespreking van twee artikels van Bruno Bauer oor die vraagstuk van die Jode.
Ook twee van Friedrich Engels se artikels word in die Duits-Franse Jaarboek gepubliseer:
Skets van 'n Kritiek op die Politieke Ekonomie (
Umrisse zu einer Kritik der Nationalökonomie
Bespreking van Thomas Carlyle se "Verlede en hede".
Tenslotte bevat die Jaarboek ook 'n aantal briewe van Marx.
Die lewenslange saamenwerking tussen Karl Marx en Friedrich Engels het in die Jaarboek vir het eerste keer vorm aangeneem. Hulle het mekaar in 1842 ontmoet, maar die kennismaking het net oppervlakkig gebly. Die "Skets" het Marx se belangstelling in die klassieke
politieke ekonomie
aangewakker. Marx werk tussen April en Augustus 1844 aan sy (nooit voltooide)
Economisch-filosofische Manuscripten
(ook wel genoem: die Paryse Manuskripte). Dié word vir die eerste keer in
1932
gepubliseer.
Tydens sy verblyf in Parys maak Marx kennis met verskeie Franse sosialiste.
Die aktiwiteite en publikaties van Marx bly nie onopgemerk nie. Die Pruisiese regering formuleer aanklagte van hoogverraad teen hom en vra die Franse regering om hom uit te lewer.
1845–1847: Brussel, die Kommunistiese Manifes
wysig
wysig bron
Begin
1845
vertrek Marx na
Brussel
. Hy doen afstand van sy Pruisiese staatsburgerskap.
Die eerste gesamenlike werk tussen Marx en Engels verskyn in Februarie 1845: Die Heilige Familie, 'n kritiek op Bruno Bauer. In dieselfde jaar begin hulle met die skyf van Die Duitse Ideologie – 'n kritiek op Feuerbach, Bruno Bauer en
Max Stirner
–, met daarin opgeneem die beroemde Stellinge oor Feuerbach. 'n Uitgewer word nie aanvanklik hiervoor gevind nie. Die eerste volledige publikasie dateer uit 1932.
In
1847
verskyn "Die armoede van die filosofie", 'n kritiek op "Die filosofie van die armoede" deur
Pierre-Joseph Proudhon
. Anders as wat die titel voorstel is die veral 'n ekonomiese uiteensetting, waarin die waardeteorie breedvoerig aan die orde kom. Die arbeids(ver-)deling word bespreek en kompetisie.
Einde 1847 woon hy die byeenkoms van Bond van Regverdiges (later: Bond van die Kommuniste) in
Londen
by. Engels is ook aanwesig. Marx en Engels kry die opdrag om 'n program te skryf: wat op
21 Februarie
1848
verskyn naamlik die "
Kommunistiese Manifes
" wat as motto het: "Proletariërs van alle lande, verenig U!" Die beroemde beginreël van die Manifest lui:
"'n Gedaante spook in Europa – die gedaante van kommunisme."
1848
wysig
wysig bron
1848 word "
die revolusiejaar
" genoem. In
Frankryk
Nederland
Italië
en
Oostenryk
breek opstande uit. Marx gaan begin 1848 terug na Parys. In April gaan hy terug na die Rynland, waar hy in Junie – saam met Engels – vir die
Neue Rheinische Zeitung
(NRZ – die Nuwe Rynlandse Koerant) werk.
In Mei
1849
verskyn die laatste uitgawe van die NRZ, in rooi.
Marx word opnuut verban. Hy gaan terug na Parys, maar vertrek in
1850
na Londen.
1850: Londen
wysig
wysig bron
Die res van sy lewe sal Marx in Londen woon. Hy fokus hier verval op sy ekonomiese studies, in die leessaal van die Britse Museum. Finansieel gaan dit met hom lang tye sleg: in Maart 1850 word hy met sy gesin met vier klein kinders uit sy woning gesit en word sy besittings verbeurd verklaar. Teen die einde van die sestiger jare word sy finansiële sorge minder.
Sy vrou Jenny het hom met sy aktiwiteite altyd lojaal ondersteun en verrig selfs ook die sekretariële take vir hom. Hulle huwelikslewe was egter nie vry van spanning nie. Die gesin leef in armoedige omstandighede, ook kom Marx se vriend Friedrich Engels gereeld te hulp as die nood baie hoog word. Drie van sy sewe kinders is op 'n jong leeftyd oorlede.
Die verhouding tussen die twee word ook nie beter toe Marx 'n buite-egtelike kind verwek, 'n seun genaamd Frederick (1851–1929), by die Duitse diensmeisie Helene Demuth. Die vaderskap word amptelik deur Friedrich Engels op hom geneem, 'n vriend by wie Marx altyd kon aanklop om hulp.
Ondertussen verskyn:
1850: Die Klassenstryd in Frankryk – 'n historiese materialistisese interpretasie van die gebeurtenisse in die revolusiejaar.
1852
: Die Agttiende Brumaire van Lodewyk Napoleon – eweneens 'n ondersoek van die periode 1848 tot 1851 in Frankryk.
1859
: Bydrae tot die kritiek van die politieke ekonomie (
Zur Kritik der Politischen Őkonomie
) – 'n voorstudie vir Die Kapitaal, met die bekende voorwoord en die baie aangehaalde inleiding.
Polities bring Marx 'n aantal jare in betreklike afsondering deur. Hierdie afsondering kom ten einde met die stigting van die
International Working Men’s Association
(of
Internasionale Arbeiders-Assosiasie
) op
28 September
1864
(later bekend as die Eerste Internasionaal).
In
1867
verskyn die eerste deel van
Das Kapital
(Die Kapitaal), Marx se "magnum opus". Die opvolgende dele sou nie tydens Marx se lewe verskyn nie.
Die laaste jare
wysig
wysig bron
Gedurende die jare na 1867 verskyn nog enkele belangrike werke, waaronder in
1871
: Die Burgeroorlog in Frankryk.
In
1872
woon Marx die kongres van die Internationaal in
Den Haag
by.
Eers in
1970
word die teks volledig gepubliseer van 'n stuk wat Marx in
1875
skryf na aanleiding van die stigting van die Duitse Sosiaal-Demokratiese party: die Kritiek op die Program van Gotha.
Toe sy vrou Jenny op
2 Desember
1881
oorlede is, was Marx self te siek, om haar begrafnis by te woon. Friedrich Engels praat by haar graf:
"Ek hoef nie oor haar persoonlike eienskappe te praat nie. Haar vriende ken haar en sal haar nie vergeet nie. As daar ooit 'n vrou was, wie se grootste geluk was, om ander gelukkig te maak, dan was dit hierdie vrou."
Engels voeg ook by dat op die sterfdag van Jenny Marx gesê het:
"Die Moor het ook gesterf" ("Die Moor" was 'n bynaam van Marx).
Op
11 Januarie
1883 is Marx se dogter Jenny ook skielik dood. Die terugslag het hom swaar geraak en is hy self ook op 14 Maart oorlede. Op 17 Maart word hy in die
Highgate-begraafplaas
, aan die noordekant van Londen, begrawe.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Karl Marx
www.marxists.org
is 'n (groeiende) aantal vertaalde werke van Marx en Engels (en van ander marxistiese outeurs) beskikbaar. (In Afrikaans).
www.marxists.org
is 'n (groeiende) aantal vertaalde werke van Marx en Engels (en van ander marxistiese outeurs) beskikbaar. (In Nederlands).
Karl Marx
in die
Internet-rolprentdatabasis
Kontinentale filosofie
Filosowe
Theodor W. Adorno
Giorgio Agamben
Louis Althusser
Hannah Arendt
Gaston Bachelard
Alain Badiou
Roland Barthes
Georges Bataille
Jean Baudrillard
Zygmunt Bauman
Walter Benjamin
Simone de Beauvoir
Henri Bergson
Maurice Blanchot
Pierre Bourdieu
Wendy Brown
Martin Buber
Judith Butler
Albert Camus
Ernst Cassirer
Cornelius Castoriadis
Emil Cioran
Guy Debord
Gilles Deleuze
Jacques Derrida
Wilhelm Dilthey
Hubert L. Dreyfus
Umberto Eco
Terry Eagleton
Friedrich Engels
Frantz Fanon
Johann Gottlieb Fichte
Michel Foucault
Hans-Georg Gadamer
Félix Guattari
Antonio Gramsci
Jürgen Habermas
Georg Wilhelm Friedrich Hegel
Martin Heidegger
Edmund Husserl
Roman Ingarden
Luce Irigaray
Fredric Jameson
Karl Jaspers
Walter Kaufmann
Søren Kierkegaard
Pierre Klossowski
Alexandre Kojève
Alexandre Koyré
Leszek Kołakowski
Julia Kristeva
Jacques Lacan
François Laruelle
Henri Lefebvre
Claude Lévi-Strauss
Emmanuel Levinas
Niklas Luhmann
György Lukács
Jean-François Lyotard
Gabriel Marcel
Herbert Marcuse
Karl Marx
Quentin Meillassoux
Maurice Merleau-Ponty
Antonio Negri
Friedrich Nietzsche
José Ortega y Gasset
Paul Ricœur
Edward Said
Jean-Paul Sartre
Friedrich Wilhelm Joseph Schelling
Carl Schmitt
Arthur Schopenhauer
Michel Serres
Gilbert Simondon
Peter Sloterdijk
Leo Strauss
Raymond Williams
Slavoj Žižek
Teorieë
Absurdisme
Kritiese teorie
Dekonstruksie
Eksistensialisme
Frankfurt Skool
Duitse idealisme
Hermeneutiek
Neo-Kantianisme
Nie-filosofie
Fenomenologie
Posthumanisme
Postmodernisme
Post-postmodernisme
Poststrukturalisme
Psigoanalitiese teorie
Romantiek
Sosiale konstruksionisme
Spekulatiewe realisme
Strukturalisme
Westerse Marxisme
Konsepte
Ander
Angs
Outentisiteit
Être-en-soi
Verveling
Dasein
Différance
Differensie
Eksistensiële krisis
Facticité
Intersubjektiwiteit
Onties
Othering
Selfmisleiding
Trace
Kategorie
Indeks
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Roemenië
Portugal
Nederland
Noorweë
Taiwan
Letland
Kroasië
Chili
Griekeland
Argentinië
Korea
Swede
Pole
Vatikaan
Israel
Finland
Katalonië
België
Akademie
CiNii
Scopus
zbMATH
Google Scholar
Kunstenaars
ULAN
MusicBrainz
KulturNav
FID
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
NARA
SNAC
Te Papa (New Zealand)
RISM
Ontsluit van "
Kategorieë
Duitse ekonome
Duitse filosowe
Duitse Jode
Duitse sosioloë
Duitse geskiedkundiges
Ateïste
Filosowe in die 19de eeu
Kommuniste
Marxisme
Geboortes in 1818
Sterftes in 1883
Karl Marx
Nuwe onderwerp