Konfusius - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Konfusius
孔子
Gebore
551 v.C.
Zou, Lu-staat
Oorlede
479 v.C. (op 71–72)
Lu-staat
Nasionaliteit
Chinees
Vakgebied
Morele filosofie, sosiale filosofie, etiek
Bekend vir
Stigter van
Konfusianisme
Beïnvloed deur
I Ching, Boek van Rites
Invloed op
Baie Chinese filosowe, veral
Mengzi
, Xun Zi, die Neotaoiste en die Neokonfusianisme; François Quesnay; Christian Wolff; Robert Cummings Neville;
Ezra Pound
Konfusius-beeld by die Konfusius-tempel in
Beijing
Konfusius
of
Confusius
Chinees
: 孔子, letterlik vertaal: "Heer Kong"; volgens oorlewering 551 v.C. - 479 v.C.) is die bekendste
Chinese
wysgeer. Sy Chinese naam was K'oeng Foe-tsoe wat "meester K'oeng" beteken. Die
Katolieke
sendelinge wat baie eeue na sy dood in China aangekom het en daar van die merkwaardige man gehoor het, het sy naam ver
latyn
s tot Confucius.
Hy het maatskaplike en morele beginsels verkondig wat ’n groot invloed op die Chinese samelewing en denke gehad het. Hy het ook 'n groot invloed op lande soos
Japan
Korea
en
Viëtnam
uitgeoefen.
Konfusianisme
wysig
wysig bron
Konfusius was 'n denker en sosiale
filosoof
en het veral persoonlike
moraliteit
en die moraliteit van die
regering
beklemtoon, sowel as die korrektheid van sosiale verhoudings, geregtigheid en opregtheid. Sy denke het ontwikkel tot 'n filosofiestelsel bekend as
Konfusianisme
Die leringe van Konfusius het mettertyd 'n uiters belangrike invloed op die Chinese lewenswyse en denkwyse uitgeoefen.
Hy het self gesê: " Ek leer niks nuuts nie. Al wat ek doen is om die antieke wysheid oor te dra."
Maar hy het meer as dit gedoen. Hy het uit die leringe van die antieke China die beste gehaal en dit aan sy mense oorgedra in 'n helder en duidelike vorm.
Sy vroeë lewe
wysig
wysig bron
Konfusius se oorspronklike naam was Kong Qiu of Zhong Ni. As kind was hy 'n gretige leerder en hy het baie in rituele belanggestel. Toe hy groot was het hy 'n staatsamptenaar geword wat plase en beeste hanteer het. Daarna het hy 'n onderwyser geword.
Gedurende sy lewe was talle lande in oorloë met China gewikkel. Hierdie tydperk staan as die lente- en herfsperiode van die Zhou-dinastie bekend. Konfusius het nie hiervan gehou nie en wou orde in die samelewing herstel.
Die praktiese denker
wysig
wysig bron
Soos
Sokrates
het Konfusius soms vrae gestel, sonder om dit self te beantwoord. Hy wou eerder hê dat mense daaroor moes nadink, sodat hulle van ander mense en veral uit die geskiedenis kon leer. Hy was van mening dat persone met kennis en vaardighede in hoë posisies aangestel moes word, en nie net persone uit magtige families nie.
Konfusius wou hê dat mense eerder aan ander mense as oor geld en besittings dink. Hy het egter ook gevoel dat daar sterk reëls in die samelewing moet wees en dat mense dit moet gehoorsaam. Hy het gereken dat daar vyf tipiese verhoudings tussen mense bestaan, wat elk sy eie reëls het, naamlik:
Prins en onderdaan
Pa en seun
Man en vrou
Ouer en kind
Of vriende
Hy het hierdie tradisionele verhoudings die 'vyf prototipes' genoem. Konfusius het gesê dat beide partye aan reëls onderhewig is. Byvoorbeeld, 'n onderdaan moet aan 'n prins gehoorsaam wees, maar 'n prins moet ook na sy onderdane luister en goed en regverdig oor hulle regeer.
Een van Konfusius se leerstellings was dat mense teenoor ander moet doen soos hulle wil hê dat ander teenoor hulle moet optree. Dit word soms die
Goue Reël
genoem. Hy word onthou as 'n wyse man van ou China, wie se spreuke na 25 eeue nog altyd nuut is.
Invloed
wysig
wysig bron
Sy filosofie lê die nadruk op die persoonlike en die bestuur van moraliteit, orde, en respek vir die meerdere, en het veral gewild geword deur die sterk tradisionele Chinese stellinginnames. Konfusius word veral vereer deur onderwysers, studente en konfusianiste. Die belangrikste geboue vir die konfusianiste is die konfusiustempels.
Die invloed van Konfusius op die Chinese beskawing kan nie oorskat word nie. Dit het ook invloed buite China in Taiwan, Japan, Korea en Vietnam. Dit kom veral deur die Konfusianisme, die leer wat ontwikkel is deur sy dissipels en kommentators. "Die Gesprekke van Konfusius" (
Lunyu
) is 'n kort versamelwerk met besprekings wat hy gehad het met dissipels en wat na sy dood versamel is.
Die boek bevat die belangrikste hoofgedagtes van sy onderrig.
In die moderne era bestaan konfusiaanse bewegings, soos die Nuwe Konfusianisme, nog steeds, maar tydens die
Kulturele Rewolusie
is Konfusianisme dikwels aangeval deur leidende figure in die
Kommunistiese Party van China
. Dit was gedeeltelik 'n voortsetting van die veroordelings van Konfusianisme deur intellektuele en aktiviste in die vroeë 20ste eeu wat dit as 'n oorsaak van die etnosentriese geslote-gedagte benaderings en die weiering van die
Qing-dinastie
om te moderniseer beskou het. Volgens diegene het dit gelei tot die tragedies wat in die 19de eeu in China uitgespeel het.
Konfusius se werke word bestudeer deur geleerdes in baie ander Asiatiese lande, veral dié in die Chinese kulturele gebied, soos Korea, Japan en Vietnam. Baie van die lande hou steeds die tradisionele gedenkgeleentheid elke jaar.
Die Ahmadiyya Moslem Gemeenskap glo dat Konfusius 'n Goddelike Profeet van God was, soos
Laozi
en ander vooraanstaande Chinese persoonlikhede.
In die moderne tyd, word
Asteroïde
7853, "Konfusius", is vernoem na die Chinese denker.
Verwysings
wysig
wysig bron
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
Ames, Roger T. and David L. Hall (2001).
Focusing the Familiar: A Translation and Philosophical Interpretation of the Zhongyong
. University of Hawaii Press. p.
132.
ISBN
978-0824824600
Ahmad n.d.
online
IAU Minor Planet Center
International Astronomical Union Minor Planet Center
. Besoek 12 September 2018.
Bron
wysig
wysig bron
KENNIS,  vol 6, 1980, bl. 1064,
ISBN 0 7981 0828 2
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Konfusius
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Nederland
Noorweë
Taiwan
Letland
Kroasië
Chili
Griekeland
Argentinië
Korea
Swede
Pole
Vatikaan
Israel
Finland
Katalonië
België
Akademie
CiNii
Kunstenaars
ULAN
MusicBrainz
FID
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
SNAC
RISM
Ontsluit van "
Kategorieë
Chinese filosowe
Mense in die 5de eeu v.C.
Mense in die 6de eeu v.C.
Spirituele leiers
Konfusianisme
Geboortes in 551 v.C.
Sterftes in 479 v.C.
Konfusius
Nuwe onderwerp