Linux - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Linux
Ontwikkelaar
Die gemeenskap
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling
17
September
1991
; 34 jaar gelede
1991-09-17
Huidige weergawe
7.0
(12 April 2026)
Bronkodemodel
Hoofsaaklik oopbron eiendom sagteware ook beskikbaar
Lisensie
GPLv2
en ander vrye asook oopbron-lisensies, behalwe vir die "Linux" handelsmerk
Kerntipe
Unix
Taal(e)
Veeltalig
Platforms wat ondersteun word
Alpha, ARC, ARM, AVR32, Blackfin, C6x, ETRAX CRIS, FR-V, H8/300, Hexagon, Itanium, M32R, m68k, META, Microblaze, MIPS, MN103, Nios II, OpenRISC, PA-RISC, PowerPC, s390, S+core, SuperH, SPARC, TILE64, Unicore32, x86, Xtensa
Ondersteuningstatus
Verdere leesstof
Linux
is 'n
vrye
bedryfstelselkern
vir 'n verskeidenheid van
rekenaars
. Die naam "Linux" word ook baie gebruik om te verwys na volledige
bedryfstelsels
wat van die Linux-kern gebruik maak. Linux is aanvanklik deur
Linus Torvalds
geskryf omdat hy graag 'n
Unix
bedryfstelsel
vir sy
Intelgebaseerde
persoonlike rekenaar
wou hê.
Sedertdien het duisende mense oor die internet ingespring om dit te verbeter. Dit is gebaseer op Unix maar die bronkode is vryelik beskikbaar.
'n Linux-verspreiding (
Engels
distribution
) is 'n Unix-gebaseerde bedryfstelsel vir persoonlike rekenaars of bedieners, en is die algemene manier waarop 'n Linux-stelsel beskikbaar gestel word. Dit verpak Linux saam met 'n klomp programme van die
GNU
- en ander projekte. Sulke volledige bedryfstelsels word soms
GNU/Linux
-stelsels genoem, alhoewel dit algemeen slegs "Linux" genoem word.
Linux is aanvanklik geskryf vir Intel 386-rekenaars en veral gewild geword onder entoesiaste. Dit het daarna geleidelik gewild geword as bedienerbedryfstelsel en geleidelik al hoe meer korporatiewe reuse se aandag getrek, soos
IBM
Hewlett-Packard
en
Novell
. Nou word Linux ook geleidelik meer op hoofstroom- persoonlike rekenaars gebruik. Linux word egter ook op 'n groot verskeidenheid ander toestelle gebruik; van klein draagbare toestelle en netwerktoerusting, tot superrekenaars.
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Linus Torvalds
, skepper van die Linux-kern
Ubuntu
Geskiedenis van Unix-stelsels. Linux is 'n Unix-tipe stelsel maar die kode daarvan stam nie van die oorspronklike Unix af nie.
In 1983 het
Richard Stallman
die
GNU
-projek gestig met die doel om 'n volledige Unix-agtige
bedryfstelsel
wat geheel en al uit
vrye sagteware
bestaan, te skep. Teen die begin van die 1990's het GNU meeste van die vereiste komponente van die stelsel geskryf of versamel — biblioteke,
vertalers
, teksredigeerders, 'n Unix-agtige dop (
shell
) — behalwe vir een belangrike komponent, die
kern
. Die GNU-projek het 'n kern begin ontwikkel, die
Hurd
, in 1990, gebaseer op die Mach-mikrokern, maar die ontwikkeling van die Mach-gebaseerde ontwerp blyk moeilik te wees en dit vorder stadig.
Intussen word 'n ander kern in 1991 as 'n
stokperdjie
deur die
Finse
student
Linus Torvalds
begin terwyl hy by die Universiteit van Helsinki studeer. Torvalds gebruik aanvanklik Minix op sy eie rekenaar, 'n vereenvoudigde Unix-agtige stelsel wat deur
Andrew Tanenbaum
geskryf is vir die leer van bedryfstelselontwerp. Tanenbaum laat egter nie toe dat ander mense sy bedryfstelsel uitbrei nie, wat daartoe lei dat Torvalds 'n plaasvervanger vir Minix skep.
Oorspronklik noem Torvalds sy kern "Freax" vir "free" en "freak" met die gereeld gebruikte X in die name van Unix-agtige stelsels. Die naam "Linux" is deur Ari Lemmke, 'n administrateur van 'n FTP-bediener wat aan die Finse Universiteitsnetwerk behoort het, uitgedink; hy bedink die naam
Linux
volgens die gids van waar Torvalds se projek vir die eerste keer afgelaai kon word.
Aanvanklik was 'n rekenaar wat Minix geloop het, nodig om Linux te installeer en op te stel. Aanvanklike weergawes van Linux het ook 'n ander bedryfstelsel nodig gehad om van 'n hardeskyf af te kan laai, maar daar was gou aparte selflaaiers (
boot loaders
) soos
LILO
beskikbaar. Die Linux-stelsel het Minix gou verbygesteek wat funksionaliteit betref; Torvalds en ander vroeë Linux-programmeerders het hulle werk aangepas vir die GNU-komponente en gebruikerprogramme om 'n volledige, volfunksie- en vrye bedryfstelsel daar te stel.
Vandag lei Torvalds steeds die ontwikkeling van die kern, terwyl ander subkomponente soos die GNU-komponente steeds afsonderlik ontwikkel word (die programmering van die Linux-kern is nie deel van die GNU-projek nie). Ander groepe en maatskappye kombineer en versprei die komponente met addisionele toepassingprogrammatuur in die vorm van Linux-
verspreidings
Oordraagbaarheid
wysig
wysig bron
Die Linux-kern is oorspronklik slegs vir die Intel 80386-
mikroverwerkers
ontwerp, maar ondersteun nou 'n wye verskeidenheid rekenaarargitekture. Linux is nou een van die bedryfstelsels wat die meeste na ander ontwerpe oorgedra word en loop op 'n reeks argitekture, van die ARM-gebaseerde iPAQ en selfone tot die IBM System z9-hoofraam. Gespesialiseerde verspreidings bestaan vir argitekture buite die hoofstroom.
Kopiereg, lisensiëring en die Linux-handelsmerk
wysig
wysig bron
Kopielinks-kenteken: sekere regte voorbehou
Die Linux-kern en meeste GNU-programmatuur is gelisensieer onder die
GNU Algemene Publieke Lisensie
. Die GPL vereis dat alle bronkode en afgeleide werke wat versprei word ook onder die GPL gelisensieer word. Daar word soms daarna as 'n "share and share-alike"- of "
kopielinkslisensie
" verwys. In 1997 het Linus Torvalds aangevoer dat, "Om Linux onder die GPL te plaas beslis die beste ding is wat ek ooit gedoen het."
Ander programmatuur kan ander lisensies gebruik; baie biblioteke gebruik die
GNU Lesser General Public License
(LGPL), 'n meer permissiewe variant van die GPL, en die X-Windowstelsel gebruik die MIT-lisensie.
In die
VSA
is die naam "Linux" as 'n
handelsmerk
in Linus Torvalds se naam geregistreer. In 1997, nadat 'n ander persoon die handelsmerk geregistreer het en tantieme van Linux-versprediders geëis het, het Torvalds en sommige geaffekteerde organisasies hof toe gegaan om die handelsmerk eerder aan Torvalds toegeken te kry. Die lisensiëring van die handelsmerk word nou deur die Linux Mark Institute hanteer. Torvalds het bevestig dat hy die naam slegs geregistreer het om te verhoed dat iemand ander dit kan gebruik, maar is in 2005 volgens Amerikaanse handelsregwette gedwing om aktiewe maatstawwe te onderneem om die handelsmerk af te dwing. As gevolg hiervan het die LMI 'n aantal briewe aan verspreidingshandelaars gestuur om hulle te versoek om 'n fooi te betaal vir die gebruik van die naam en het 'n aantal maatskappye ingewillig.
verwysing
benodig
Uitspraak
wysig
wysig bron
In 1992 het Torvalds verduidelik hoe hy die woord
Linux
uitspreek:
'li' is pronounced with a short [ee] sound: compare prInt, mInImal etc. 'nux' is also short, non-diphthong, like in pUt {IPA /ʊ/}. It's partly due to minix: linux was just my working name for the thing, and as I wrote it to replace minix on my system, the result is what it is... linus' minix became linux."
'n Klanklêer waar Torvalds sê "Hello, this is Linus Torvalds, and I pronounce Linux as
Linux
" is
hier
beskikbaar. In
Engels
word, "Linux" en "Minix" gewoonlik met 'n kort
IFA
: /ɪ/) klank uitgespreek wat verskil van Torvalds se Fins-Sweedse uitspraak van die woorde.
In Afrikaans: Die
in Linux word uitgespreek soos die
ie
in b
ie
r en die u soos die
in vir
s. Linus Torvalds spreek Linux dus as Lienuks uit, met die klem op
Lie
. Ander uitsprake, anders as Torvalds s'n, is onder andere:
Laainaks
Liniks
, en
Linieks
Linux en die GNU-Projek
wysig
wysig bron
Richard Stallman
, stigter van die GNU-projek vir 'n vrye bedryfstelsel.
Omdat alle Linux-verspreidings steun op biblioteke en gereedskap uit die GNU-projek, wat die Linux-kern voorafgegaan het, vra Richard Stallman en die Stigting vir Vrye Sagteware dat die gesamentlike stelsel eerder "GNU/Linux" of "'n Linux-gebaseerde GNU-stelsel" genoem moet word. Linus Torvalds het gesê dat hy die noem van Linux in die algemeen as
GNU/Linux
"eenvoudig belaglik" vind. Sommige verspreidings gebruik wel die naam—vernaamlik
Debian
GNU/Linux
—terwyl meeste mense sommer net na die stelsel as
Linux
verwys. Die onderskeid tussen die Linux kern en die hele stelsel wat daarop gegrond is, is 'n bron van verwaring vir nuwe gebruikers en dit bly omstrede.
SCO-regsgeding
wysig
wysig bron
In Maart 2003 het die SCO Groep
IBM
gedagvaar. In die dagvaarding beweer SCO dat IBM gedeeltes van kode waarop SCO kopiereg het tot die Linux kern bygedra het in 'n skending van IBM se lisensie om Unix te gebruik. Verder het SCO briewe gestuur aan 'n aantal maatskappye waarin hulle waarsku dat hulle gebruik van Linux sonder 'n lisensie van SCO tot vervolging kan lei, en in die pers beweer dat hulle individuele Linux-gebruikers sou dagvaar. Die omstredenheid sluit in dagvaardings deur SCO teen Novell,
DaimlerChrysler
(in 2004 verwerp), en AutoZone, en deur Red Hat en andere teen SCO.
Tot op hede is geen bewys van SCO se bewerings van gekopieerde kode in Linux verskaf nie en het SCO se bewerings baie gewissel.
Grootte van ontwikkelingpogings
wysig
wysig bron
Volgens
More Than a Gigabuck: Estimating GNU/Linux's Size
10
'n studie van
Red Hat Linux
7.1, is bevind dat dié besondere verspreiding 30 miljoen lyne bronkode bevat het. Deur die "Constructive Cost Model" toe te pas bevind die studie dat die verspreiding omtrent agtduisend man-jare ontwikkelingstyd geneem het. Volgens die studie sou die programmatuur, as dit op gewone kommersiële wyse geskep is, VS$1,08 miljard (jaar 2000) sou kos om in die VSA te ontwikkel.
Meeste van die kode (71%) is in die
C-programmeertaal
geskryf, maar baie ander tale is gebruik, waar onder
C++
, Lisp, saamsteltaal, Perl, Fortran,
Python
en verskeie skriptale. Effens meer as die helfte van al kode is onder GPL gelisensieer. Die Linux-kern het 2,4 miljoen lyne kode bevat, of omtrent 8% van die totaal.
In 'n studie wat daarna gedoen is,
Counting potatoes: The size of Debian 2.2
11
is dieselfde analise op Debian GNU/Linux weergawe 2.2 gedoen. Die verspreiding het meer as vyf-en-vyftig miljoen lyne kode bevat, en die studie beraam dat dit 1,9 miljard dollar sou kos om dit op die konvensionele wyse te ontwikkel.
Toepassings
wysig
wysig bron
'n
KDE
-werkskerm op die
SUSE
-verspreiding.
Linux is voorheen hoofsaaklik as 'n
bedienerbedryfstelsel
gebruik, maar die lae koste, aanpasbaarheid, en Unix-agtergrond daarvan het dit vir 'n wye verskeidenheid toepassings geskik gemaak.
Linux is die hoeksteen van die LAMP-bedienerkombinasie (Linux, Apache, MySQL, Perl/PHP/Python) wat 'n hoë mate van gewildheid onder web-ontwikkelaars bereik het wat dit een van die algemeenste platforms op die web gemaak het. 'n Vername voorbeeld in dié opsig is die gebruik van dié kombinasie in die
MediaWiki
-stelsel — die programmatuur wat hoofsaaklik vir Wikipedia geskryf is.
Ag gevolg van die stelsel se lae koste en hoogs plooibare opstellingsmoontlikhede, word Linux baie keer in ingeboude stelsels soos digitale televisieontvangers,
selfone
, en handtoestelle gebruik. In selfone het Linux 'n belangrike mededinger geword vir die Symbian OS-bedryfstelsel, wat in baie selfone gebruik word. In handtoestelle, is dit 'n alternatief tot die dominante Windows CE en Palm OS bedryfstelsels. Die gewilde TiVo digitale video-opnemer gebruik 'n doelgemaakte weergawe van Linux. Verskeie outonome brandmuur- en roeteerderprodukte, waaronder verskeie van Linksys, gebruik Linux aan die binnekant, waar die gevorderde brandmuur- en roetebepalende vermoëns daarvan gebruik word.
Die Sony PlayStation 3-spelrekenaar wat in 2006 vrygestel is, sal uit die staanspoor Linux loop. Sony het tevore 'n PS2 Linux kit vir hulle PlayStation 2-spelrekenaar vrygestel. Ontwikkelaars van rekenaarspeletjies soos
Atari
en
id Software
het speletjies vrygestel wat op Linux-stelsels werk.
Linux is al hoe gewilder as 'n bedryfstelsel vir superrekenaars. In die November 2005 TOP500-lys van superrekenaars het die twee vinnigste superrekenaars ter wêreld Linux geloop. Van die 500 stelsels het 371 (74,2%) een of ander weergawe van Linux gebruik, insluitend sewe van die top tien.
Verspreidings
wysig
wysig bron
Linux word oor die algemeen as deel van 'n Linux-verspreiding (in Engels baie keer 'n "distro" genoem) gebruik. Die verspreidings word deur individue, los spanne, en verskeie professionele organisasies saamgestel. Dit bevat gewoonlik addisionele stelsel- en
Toepassingsagteware
, 'n installeringstelsel om die aanvanklike stelselopstelling te vereenvoudig, en geïntegreerde bestuur van die programinstallasie en opgradering. Verspreidings word vir verskeie doeleindes geskep, insluitend rekenaarargitektuurondersteuning, lokalisering vir 'n spesifieke gebied of taal,
intydse
toepassings, en ingeboude stelsels, en baie sluit doelbewus slegs
vrye programmatuur
in. Tans word meer as driehonderd verspreidings aktief ontwikkel, waarvan omtrent 'n dosyn verspreidings die gewildste is vir algemene gebruik.
12
Hulle sluit in:
Debian
Ubuntu
Fedora
Red Hat
SuSE
Mandriva
'n Tipiese algemene-gebruik verspreiding sluit die Linux-kern, van die GNU-biblioteke en gereedskap, opdragreëldoppe, die grafiese X Windowstelsel en meegaande werkskermomgewing soos
KDE
of
GNOME
, te same met duisende toepassings van kantoorsuites tot
programvertalers
, teksredigeerders, en wetenskaplike gereedskap.
Persoonlike gebruik
wysig
wysig bron
' n
GNOME
-werkskerm wat van die GNOME LiveCD af loop.
Die hoë mate waartoe toegang tot Linux se binnegoed verleen word het tradisioneel daartoe gelei dat Linux-gebruikers oor die algemeen meer tegnologies georiënteerd is as gebruikers van Microsoft Windows en Mac OS en verlustig hulle self baie keer in die etiket "kraker" (
hacke
r of
geek
). Linux en ander vrye projekte is in die verlede baie keer gekritiseer dat dit nie ver genoeg gaan om gebruikersvriendelikheid te verseker nie.
Daar is in die afgelope jare begin om die stereotipe te verdryf. Linux kan nou met 'n gebruikerskoppelvlak gebruik word wat baie soortgelyk is aan dié wat op baie ander bedryfstelsels loop. Gebruikers mag dalk nodig hê om van toepassingsagteware te verwissel, en daar is in sommige gevalle, soos
rekenaarspeletjies
, minder keuses. Daar is egter in meeste gevalle 'n plaasvervanger van ten minste hoë genoeg kwaliteit en hoë kwaliteit algemene toepassings soos woordverwerkers, grafikaprogramme, webblaaiers en e-posprogramme is vir Linux beskikbaar. 'n Groeiende aantal verskaffers van eiendomsagteware (nievrye sagteware) ondersteun Linux deur die beskikbaarstelling van weergawes wat op die stelsel loop.
13
Linux se Unix oorsprong beteken dat terwyl daar grafiese gereedskap vir baie stelselverstellings en dienste is, konfigurasielêers wat uit gewone teks bestaan steeds algemeen gebruik word om die bedryfstelsel op te stel en kan dit aan gebruikers blootgestel word. In die opdragdop is daar steeds heelwat bruikbaarheidsorge uit die vroeë Unix dae soos die onvermoë om baie verwerkings ongedaan te maak soos die uitvee van lêers en teenstrydige koppelvlakke van baie ouer programme.
Die
Berlyn
-gebaseerde organisasie Relevantive het in 2003 tot die gevolgtrekking gekom dat die bruikbaarheid van Linux vir persoonlike gebruikstake "byna gelyk aan die van Windows XP is."
14
15
Sedetdien het talle onafhanklike studies en artikels verskyn
16
wat aandui dat 'n moderne Linux-omgewing wat GNOME of KDE gebruik in 'n sakeomgewing op dieselfde vlak as Microsoft Windows is.
Installasie
wysig
wysig bron
In die verlede was die moeilikheidsgraad van installasie 'n hindernis tot wye aanvaarding van Linux-gebaseerde persoonlike rekenaars. Baie verspreidings is nou ten minste net so maklik om te installeer as 'n vergelykbare weergawe van
Windows
. Dit is nie nodig om lisensienommers te berg en dit tydens installasie in te voer nie en dit is gewoonlik nie nodig om drywers te installeer nadat Linux geïnstalleer is nie aangesien meeste apparatuur uit die staanspoor ondersteun word.
Soos met
bedieners
is daar nou
persoonlike rekenaars
waarop Linux reeds geïnstalleer is van rekenaarhandelaars soos
Hewlett-Packard
en
Dell
Die algemeenste metode vir die installasie van Linux op 'n persoonlike rekenaar is om van die rekenaar vanaf 'n
CD
te begin wat die installasieprogram bevat. So 'n CD kan van 'n afgelaaide ISO-lêer gebrand word, teen lae koste aangekoop word, of gekoop word as deel van 'n verpakte stel wat handleidings of ander programme kan insluit.
Ander moontlikhede is die gebruik van slanke kliënte soos die gewilde tuXlabs in Suid-Afrika, of om die stelsel direk vanaf 'n CD te laat uitvoer sonder installasie. Op ingeboude toestelle word Linux tipies in die toestel se
firmware
gehou en is dit moontlik nie verbruikertoeganklik nie.
Programmering op Linux
wysig
wysig bron
Die GNU Compiler Collection is by verre die algemeenste vertalerfamilie wat op Linux gebruik word. Dit verskaf voorkante vir onder meer C, C++ en Java. Maatskappye soos
Intel
, PathScale en die Portland Group verskaf ook vertalers wat nie vry sagteware is nie. Daar bestaan 'n aantal geïntegreerde ontwikkelingomgewings vir Linux insluitend KDevelop, NetBeans, en Eclipse, met uitbreibare redigeerders soos Emacs en Vim wat ook steeds gereeld gebruik word. Linux is so gepas tot skriptale soos ander Unix variante en benewens dopprogrammering kom meeste Linux-verspreidings ook met interpreteerders vir Perl, Python en andere.
Ondersteuning
wysig
wysig bron
Tegniese ondersteuning word deur kommersiële verskaffers en deur ander Linux-gebruikers verskaf, gewoonlik in die vorm van webforums, nuusgroepe en e-poslyste. Linux-gebruikersgroepe word tradisioneel gevorm deur entoesiaste om plaaslike ondersteuning vir Linux te verskaf.
Die
sakemodel
van kommersiële verskaffers is gewoonlik afhanklik van betaling vir ondersteuning, veral vir sakegebruikers. Sommige maatskappye bied 'n spesiale sakeweergawe van hulle verspreiding aan waarin addisionele eiendomsagteware en gereedskap aangebied word om groter getalle installasies mee te administreer en om administratiewe take makliker uit te voer.
Verwysings
wysig
wysig bron
"Linux 7.0"
. 12 April 2026
. Besoek op
12 April
2026
"The Linux Kernel Archives: Frequently asked questions"
kernel.org
(in Engels). 2 September 2014.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020
. Besoek op
4 September
2015
"U.S. Reg No: 1916230"
(in Engels). United States Patent and Trademark Office.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
1 April
2006
Linus Torvalds
, David Diamond: Just for Fun,
ISBN 1-58799-151-9
"The father of Linux looks back"
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 September 1999
. Besoek op
16 Augustus
2021
"Linux Anecdotes"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2001
. Besoek op
1 April
2006
"Linus Torvalds interview"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Maart 2007
. Besoek op
8 Mei
2006
"U.S. Reg No: 1916230"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
1 April
2006
"Torvalds se verduideliking van die uitspraak van "Linux"
. Besoek op
1 April
2006
David A. Wheeler (29 Julie 2002).
"More Than a Gigabuck: Estimating GNU/Linux's Size"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 April 2020
. Besoek op
11 Mei
2006
Jesús M. González-Barahona (3 Januarie 2002).
"Counting potatoes: The size of Debian 2.2"
. Besoek op
11 Mei
2006
"The LWN.net Linux Distribution List"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020
. Besoek op
19 Mei
2006
"The Global Desktop Project, Building Technology and Communities"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 April 2006
. Besoek op
7 Mei
2006
Blau, John (4 Augustus 2003).
"Study: Linux nears Windows XP usability"
(in Engels). IDG News Service.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 November 2019
. Besoek op
3 April
2006
"Relevantive Linux usability study"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Februarie 2006
. Besoek op
3 April
2006
(In
PDF
-formaat
hier
Geargiveer
18 Januarie 2013 op
Wayback Machine
"Desktop Linux: Ready for Prime Time?"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 22 Oktober 2007
. Besoek op
1 April
2006
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Linux
en
Die Linux-kern se amptelike webwerf
Normdata
Internasionaal
VIAF
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Tsjeggië
Griekeland
Israel
Ander
IdRef
ELMCIP
Ontsluit van "
Kategorieë
Bedryfstelsels
Vrye sagteware
Versteekte kategorieë:
AS1-bronne in Engels (en)
Artikels met stellings wat verwysings ontbreek
Linux
Nuwe onderwerp
US