Hierdie artikel handel oor die land in Europa, wat deel uitmaak van die
Koninkryk van die Nederlande
, vir ander gelyknamige state, sien
Nederland (dubbelsinnig)
Nederland
Nederlands
: [ˈneːdərlɑnt],
luister
hulp
inligting
Wes-Fries
Nederlân
), informeel
Holland
is 'n
land
in die noordweste van die
Europese
vasteland en bestaan uit twaalf provinsies. Dit word begrens deur die
Noordsee
in die noorde en weste,
België
in die suide en
Duitsland
in die ooste; in die Noordsee grens Nederland ook aan die
Verenigde Koninkryk
Die
hoofstad
is
Amsterdam
en die
regeringsetel
is
Den Haag
. Die
Karibiese eilande
Bonaire
Saba
en
Sint Eustatius
maak ook deel van Nederland uit. Saam met die Karibiese eilande
Aruba
Curaçao
en
Sint Maarten
vorm Nederland die
Koninkryk van die Nederlande
. Die land se
amptelike taal
is Nederlands, met
Wes-Fries
as 'n tweede ampstaal in die provinsie
Friesland
, en
Engels
en
Papiaments
as sekondêre ampstale in die Karibies Nederland. Nederlandse
Nedersaksies
en
Limburgs
is erkende streekstale (gebesig onderskeidelik in die (noord)ooste en suidooste), terwyl
Romani
en
Jiddisj
erkende minderheidstale is.
10
Nasa
-satellietbeeld van Nederland
Nederland se vier grootste stede is Amsterdam,
Rotterdam
Den Haag
en
Utrecht
11
Amsterdam is die land se mees bevolkte stad en amptelike hoofstad,
12
terwyl Den Haag die
Stategeneraal
, die
Kabinet
en die Hooggeregshof huisves.
13
Die Rotterdamse hawe is die besigste beide in
Europa
en buite Asië, net ná die
Volksrepubliek China
en
Singapoer
14
Die Amsterdamse
Lughawe Schiphol
is die belangrikste in Nederland en die derde besigste in Europa net ná
Londen
se
Heathrow
en
Parys
se
Charles de Gaulle
. Nederland is 'n stigtingslid van die
Europese Unie
, Eurosone, G10,
NAVO
OESO
en
WHO
, maar ook deel van die
Schengengebied
en die trilaterale
Benelux
. Dit huisves 'n aantal interregeringsorganisasies en internasionale howe, waarvan die meeste in Den Haag, wat vervolgens die "wetlike hoofstad van die wêreld" genoem word.
15
Nederland
beteken letterlik "
Lae Lande
" en verwys na sy lae hoogte en plat topografie, waarvan net sowat 50% 1 meter bo seevlak geleë is, en naastenby 26% benede seevlak.
16
Die meeste gebiede benede seevlak, bekend as polders, is tydens landherwinning verkry wat in die 14de eeu begin het.
17
In die omgangstaal of informeel word na Nederland as
Holland
verwys.
Met 'n bevolking van sowat 18
miljoen in 2026 op 'n oppervlakte van omtrent 41
500
km² — waarvan die landoppervlakte omtrent 33
600
km² — maak van Nederland met 'n bevolkingsdigtheid van 437/km² (totaal) en 536/km² (land) die twaalfde digsbevolkte land in die wêreld en die vyfde digsbevolkte in Europa. Nogtans is Nederland die wêreld se tweede belangrikste uitvoerder van
voedsel
en
landbouprodukte
(na die
Verenigde State
), danksy sy vrugbare grond, gematigde klimaat, intensiewe landbou en vindingrykheid.
18
19
20
Nederland handhaaf sedert 1848 'n unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
. Die land beskik oor 'n tradisie van
Verzuiling
en 'n lang geskiedenis van sosiale verdraagsaamheid; hulle het
aborsie
prostitusie
en
genadedood
gewettig en 'n liberale
dwelmbeleid
. Nederland het in 1870 die
doodstraf
in die burgerlike reg afgeskaf, hoewel dit eers heeltemal verwyder is totdat 'n nuwe grondwet in 1983 goedgekeur is. Nederland het reeds in 1917 die stemreg vir vroue ingevoer en in 2001 die eerste land geword om
selfdegeslaghuwelike
te wettig. Sy
gemengde mark
binne 'n
gevorderde ekonomie
het die elfde hoogste per kapita-inkoms wêreldwyd.
Nederland beklee wêreldwyd die eerste plekke wat
persvryheid
21
ekonomiese vryheid,
22
menslike ontwikkeling
, lewenskwaliteit en
geluk
betref.
23
24
In 2019 het Nederland die tiende grootste ekonomie volgens BBP per capita gehad,
die tiende plek van menslike ontwikkeling
en die vyfde plek op die Wêreldgelukindeks beklee.
25
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Geskiedenis van Nederland
Nederland in 5500 v.C.
Bronstydperkkulture in Nederland
Met die einde van die laaste
Ystydperk
het die huidige tydperk begin, die
Holoseen
(9700 v.C. – hede). Gedurende hierdie tydperk het die temperatuur en daarmee saam die seevlak gestyg, wat tot die oorstroming van die Noordseebeken gelei het. Die moerasagtige rivierdelta wat later Nederland genoem sou word, was egter nog min aantreklik en die bewoning daarvan bly aanvanklik beperk op aangepaste
jagter-versamelaars
. Vanuit
Suidwes-Asië
het tussen 8000 en 6700 jaar gelede
landbou
oor die hele Europa begin versprei. Aangesien die deltagebied 'n randgebied was, het die
Neolitikum
relatief laat begin en was veral beperk op die hoër loessgronde. Nedersettings het begin vorm, maar stede, soos hulle in die sentrum van die
Ou Wêreld
begin vorm het, was nog heeltemal onbekend.
Die voorgeskiedenis van die huidige Nederland is gekenmerk deur die see en riviere wat die laagliggende gebied gereeld oorspoel het. Die oudste menslike oorblyfsels (
Neanderdaller
) is in hoërliggende gebiede gevind, naby
Maastricht
, en volgens ramings sowat 250
000 jaar oud.
38
Aan die einde van die Weichsel-Ystydperk het die
Nomadiese
laat Neopaleolitiese Hamburg-beskawing (ca. 13
000–10
000 v.C.) in die gebied
rendiere
met spere begin jaag, maar die latere Ahrensburg-beskawing (ca. 11
200–9500 v.C.) het van pyl en boog gebruik gemaak. Van die Mesolitiese Maglemose-beskawing (ca. 8000 v.C.) is die wêreldwyd oudste
kano
in
Drenthe
gevind.
39
Die inheemse laat Mesolitiese jagter-versamelaars van die Swifterbantbeskawing (ca. 5600 v.C.) was verbind aan die Suid-Skandinawiese Ertebølle-beskawing en sterk geheg aan riviere en oop water.
40
Tussen 4800 en 4500 v.C. het die Swifterbant-mense van die naburige Bandkeramiese beskawing die gebruik van
veetelt
begin oorneem, en vanaf 4300 tot 4000 v.C. die gebruik van
landbou
41
Die Tregterbekerbeskawing (ca. 4300–2800 v.C.), wat verwant was aan die Swifterbantbeskawing, het dolmen, groot steengraafmonunente in Drenthe, opgerig. Daar was 'n vinnige en gladde oorgang van die Tregterbekerlandboubeskawing na die pastoralistiese Pan-Europese Toubekerbeskawing (ca. 2950 v.C.). In die suidweste het die Seine-Oise-Marne-beskawing — wat verwant was aan die Vlaardingenbeskawing (ca. 2600 v.C.), 'n skynbaar meer primitiewe beskawing van jagter-versamelaars — tot in die Neolitiese tydperk voortbestaan, voordat hulle ook met die Toubekerbeskawing vervang is.
Vir die daaropvolgende Klokbekerbeskawing (2700–2100 v.C.) is verskeie oorsprongsgebiede vermoed, insluitende die
Iberiese Skiereiland
, Nederland en
Sentraal-Europa
42
Hulle het metaalwerk in
koper
goud
en later
brons
ingevoer en internasionale handelsroetes geopen wat nog nie voorheen gesien is nie, soos die ontdekking van koperartefakte weerspieël, aangesien dié metal normaalweg nie in Nederlandse bodem aangetref word nie. Uit die groot aantal vondse van skaars bronsartefakte in Drenthe blyk dat dié stad in die bronstydperk (2000–800 v.C.) 'n belangrike handelsentrum was. Die Klokbekerbeskawing het plaaslik ontwikkel in die Doringdraadbekerbeskawing (2100–1800 v.C.) en later die Elpbeskawing (ca. 1800–800 v.C.),
43
'n argeologiese beskawing uit die Midde-Bronstydperk met erdewerk van 'n lae gehalte as 'n kenmerk. Die aanvanklike fase van die Elpbeskawing is gekenmerk deur grafheuwels (1800–1200 v.C.) wat baie ooreenstemmings toon met kontemporêre grafheuwels van
Noord-Duitsland
en Skandinawië en glo verwant was aan die Grafheuwelbeskawing in Sentraal-Europa. In die daaropvolgende fase is, na aanleiding van die Urnveldbeskawing (1200–800 v.C.) se gebruike, dooies veras, hul as in urne geplaas en op velde begrawe. Die suidelike gebiede is daarna deur die verwante Hilversumbeskawing (1800–800 v.C.) gekenmerk, wat blykbaar van die vorige Doringdraadbekerbeskawing kulturele bande met Brittanje geërf het.
Kaart van die diachroniese uitbreiding van Keltiese stamme in Europa volgens 19de eeuse hipoteses:
Kerngebied van die Hallstatt-beskawing (6de eeu v.C.)
Grootste Keltiese magsuitbreiding in die 3de eeu v.C.
Lusitaanse gebied van Iberië waar die presiese Keltiese invloed nie duidelik is nie
"Ses Keltiese nasies" wat ook tans nog met 'n beduidende aantal sprekers van Keltiese tale spog
Huidige Keltiese taalgebied
Germaanse stamme in Nederland tydens die Romeinse tyd
Die Ryngrens rondom 70 n.C.
Vanaf 800 v.C. het die
Ystertydperk
-Keltiese Hallstatt-beskawing invloedryk geword en die Hilversumbeskawing vervang. Ystererts het 'n mate van welvaart meegebring en was dwarsdeur die land beskikbaar, insluitende moerasyster.
Smede
het met brons en yster van nedersetting tot nedersetting gereis en goedere op aanvraag versinsel. Die Vorstengraf van Oss (700 v.C.) is gevind in 'n grafheuwel, die grootste van sy aard in Wes-Europa en het 'n ysterswaard met 'n inlegsel van goud en koraal bevat. Deur die invoering van nuwe tegnologieë vir metaalverwerking kon voedsel meer doeltreffend versamel word, wat tot die stigting van 'n elite gelei het wat hulself met anderer sake besig gehou het. Die belangrikste spesialisasie was dié van spirituele leiers wat gevare kon raaksien of selfs kon afwend. Daarrondom het sentra van toenemende welvaart ontstaan, aanvanklik om die gode tevrede te stel. Ter beskerming is tydelike krygers as 'n soort weermag aangestel, wat egter gaandeweg meer mag verkry het. Relatief egalitêre samelewings het op die manier adellik met 'n aristokratiese bestuur geword. Dit was onder andere van toepassing op die Kelte, vir wie die latere Nederland 'n randgebied was en die aansluitende Tène-beskawing (ca. 450 v.C. tot en met die Romeinse tydperk in die eerste eeu v.C.). Aangetrokke deur die Keltiese welvaart het in die tweede eeue v.C. Germane — waarvan die onderskeid met die Kelte nie baie duidelik is nie — na weste getrek.
Die verslegtende klimaat in Skandinawië rondom 850 v.C. het in 650 v.C. verder vererger en glo die migrasie van Germaanse stamme uit die noorde aangehits. Teen die tyd was die migrasie afgesluit en rondom 250 v.C. het 'n aantal algemene kulturele en taalkundige groepe ontstaan.
44
45
Die Noordsee-Germaanse Ingaewone het die noordelike deel van die Lae Lande bevolk. Hulle sou later in die Frisii en die vroeë Sakse ontwikkel.
45
'n Tweede groep, die Weser-Ryn-Germane (of Istwaeone), het langs die Middel-Ryn en
Weser
uitgebrei en die Lae Lande suid van die groot riviere bevolk. Dié groep het stamme bevat wat later in die Saliese Franke sou ontwikkel.
45
Die
Keltiese
La Tène-beskawing het oor 'n wyer gebied uitgebrei, insluitende die suidelike dele van die Lae Lande. Sommige geleerdes het al gespekuleer dat dalk 'n derde etniese identiteit en taalgroep, nòg Germaans nòg Kelties, in Nederland tot die Romeinse verowering bestaan het, die Ystertydperk-Noordwesblokbeskawing,
46
47
wat uiteindelik deur die Kelte in die suide en die Germaanse volke uit die ooste opgeneem is.
Die eerste skrywer wat die kus van
Holland
en
Vlaandere
beskryf het, was die
Griekse
aardrykskundige
Pitheas
, wat in ca. 325 v.C. beskryf het dat in hierdie gebiede "meer mense in die stryd teen water omkom as in die stryd teen mense."
48
Tydens die
Galliese Oorloë
tussen 57 tot 53 v.C. is die gebied suid en wes van die Ryn deur Romeinse troepe onder
Julius Caesar
verower.
47
Met die aankoms van die Romeine het die Protohistorie van die Lae Lande begin. Caesar beskryf twee belangrike Keltiese stamme wat in die hedendaagse Suid-Nederland was: die Menapii en die Eburone. Hy beskryf ook hoe hy twee Germaanse stamme in die gebied van die Betuwe vernietig het in wat nou die
slag van Kessel
genoem kan word. Ná aanvanklike pogings om die Ryk tot aan die
Elbe
uit te brei, het vanaf 47 n.C. die Ryn die permanente noordelike grens, oftewel Limes, van die
Romeinse Ryk
geword. Noemenswaardige stede het langs die
Limes Germanicus
ontstaan:
Nijmegen
en
Voorburg
. Oorspronklik deel van
Gallia Belgica
het die gebied suid van die Limes deel van die
Romeinse provinsie
Germania Inferior
geword. Die gebied noord van die Ryn, bevolk deur die Frisii, het buite die Romeinse Ryk gebly (maar nie buite sy teenwoordigheid en gesag nie), terwyl die Germaanse grensstamme Batawiërs en Cananefates in die Romeinse
kavallerie
gedien het.
49
Die Batawiërs het tydens die Bataafse rebellie in die
vierkeiserjaar
van 68/69 n.C. in opstand teen die Romeine gekom, maar hulle is eindelik verslaan. Gedurende die daaropvolgende twee eeue, tot rondom 250, was dit vreedsaam in die Rynprovinsies. Met die inlywing in die Romeinse Ryk het 'n tydperk van ekonomiese groei en 'n sterk bevolkingstoename begin, die
Pax Romana
("Romeinse vrede"). Deur die uitbreiding van die padnetwerk en die skeepvaart het die mobiliteit en daarmee saam die handel toegeneem, ondersteun deur die toenemende beskikbaarheid van muntgeld. Die
Romeinse pantheon
is bekendgestel, maar voordat die
Christendom
die oorheersende godsdiens geword het, was daar veral 'n mengelmoes aan
Heidense kultusse
. Die Batawiërs het later met ander stamme gemeng en die Konfederasie van die Saliese Franke gevorm, wie se identiteit in die eerste helfte van die derde eeu verskyn het.
50
Die Saliese Franke verskyn in Romeinse tekste as beide bondgenote en vyande. In die vierde eeu is hulle deur die Konfederasie van die Sakse uit die ooste gedwing om oor die Ryn in Romeinse gebied te beweeg. Vanaf hul nuwe tuiste in
Wes-Vlaandere
en Suid-Nederland het hulle die
Engelse Kanaal
oorgesteek. Romeinse troepe het vrede in die gebied herstel, maar hulle het die Franke nie verdryf nie; die Franke is tot in die bewind van keiser
Julianus
(358) gevrees, toe die Saliese Franke toegelaat is om hulle as
foederati
("bondgenote") in
Toxandrië
te vestig.
50
Daar is vermoed dat ná verslegtende klimaatstoestande en die Romeinse ontrekking uit die gebied die Frisii as
laeti
("krygsgevangenes") in ca. 296 verdwyn en die kusgebied vir die volgende twee eeue grootliks onbevolk agtergelaat het.
51
Onlangse opgrawings in Kennemerland toon egter duidelike bewyse vir 'n permanente bewoning.
52
53
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Frankiese Ryk
Die uitbreiding van die Frankiese magsgebied (481 tot 870 n.C.)
Franke, Friese en Sakse (710's n.C.)
Die Germaanse druk op die Limes het egter toegeneem. Die Volksverhuising, wat sowat twee eeue geduur het, het 'n tydperk van instabiliteit ingelui. In 406 is die Ryngrens oorgesteek. Daarop het 'n tydperk van agteruitgang gevolg, waarvan die Romeinse Ryk nie meer kon herstel nie en die fragmentasie van Europa wat tot op hede te siene is, het begin. Die bevolking en handel het afgeneem; geld het in onbruik verval. Nadat die Romeinse regering in die gebied in duie gestort het, het die Franke hul gebiede in talle koninkryke uitgebrei. Teen die 490's het
Clovis I
al hierdie gebiede in die Suidelike Nederlande verower, in een Frankiese Ryk verenig en vanaf daar sy veroweringe in
Gallië
voortgesit. Tydens hierdie uitbreiding het die Franke suidwaarts migreer en eindelik die
Vulgêrlatyn
van die plaaslike bevolking oorgeneem.
45
Die kulturele kloof het met die feit toegeneem, dat Franke ook in hul oorspronklike tuisland in die noorde (d.w.s. Suid-Nederland en Vlaandere) aangebly het, en Ou Frankies bly praat het, wat teen die negende eeu in
Oudnederlands
sou ontwikkel.
45
Vervolgens het 'n Nederlands-Franse taalgrens ontstaan.
45
54
Noord van die Franke het die klimatiese toestande verbeter en gedurende die Volksverhuising het Sakse en die nou verwante
Angele
Jute
en Frisii hulle in die kusgebiede gevestig.
55
Baie het na
Engeland
aanbeweeg en bekend geword as
Angel-Saksers
, maar na diegene wat aangebly het, is as
Friese
verwys en hul tale word
Fries
genoem, na die land wat voorheen deur Frisii bevolk is.
55
Fries is eens langs die hele Suidkus van die Noordsee gebesig, en dit is onder die lewende tale van die kontinentale Europa steeds die taal wat die naaste verwant is aan
Engels
. Teen die sewende eeu het 'n Friese koninkryk (650–734) onder die konings Aldgillis en Redbad met sy sentrum in
Utrecht
verskyn,
55
56
terwyl
Dorestad
'n bloeiende handelssentrum was.
57
58
Tussen 600 en ongeveer 719 het die Friese en Franke dikwels oor hierdie stede in oorlog gekom. In 734 is die Friese in die Slag van die Boarn ná 'n reeks oorloë eindelik verslaan. Met die goedkeuring deur die Franke het die Angel-Saksiese sendeling Willibrord die Friese gekersten. Hy het die Aartsbisdom van Utrecht gestig en die eerste biskop van die Friese geword. In 754 is sy opvolger,
Sint Bonifatius
, egter deur die Friese in
Dokkum
vermoor.
Keiser
Karel die Grote
(768–814) het na die Friese in die noorde eindelik ook die Sakse in die ooste verslaan; waarop 'n tweede kerstening plaasgevind het. In die volgende eeue sou die Christendom aan die omstandighede aanpas en die samelewing volledig deurdring. Onder Karel die Grote was die Lae Lande nie meer 'n randgebied nie; dit was nou naby die sentrum van die Frankiese Ryk geleë. Die Frankiese Karolingiese Ryk het homself op die Romeinse Ryk geskoei en 'n groot deel van Wes-Europa beheer. In 843 is dit egter in drie dele verdeel: die Oos-, Middel- en Wes-Frankiese Ryk. Die grootste deel van die hedendaagse Nederland het deel gevorm van die Middel-Frankiese Ryk, 'n swak koninkryk onderhewig aan talle afskortings en anneksasiepogings deur sy sterker bure. Dit het van
Friesland
in die noorde tot die Koninkryk Italië in die suide gestrek. Rondom 850 het
Lotarius I
van die Middel-Frankiese Ryk die Wiking Rorik van Dorestad as heerser oor die grootste deel van Friesland erken.
59
Toe die Middel-Frankiese Ryk in 855 opgedeel is, is die land noord van die
Alpe
aan
Lotarius II
oorhandig en het vervolgens bekend gestaan as
Lotaringe
. Ná sy afsterwe in 869 is Lotaringe in Bo- en Benede-Lotaringe verdeel; laasgenoemde het die Lae Lande ingesluit wat in 870 as 't ware deel gevorm het van die Oos-Frankiese Ryk, hoewel dit effektief onder beheer was van Wikings, wat toegeslaan het op die grotendeels weerlose Friese en Frankiese dorpe langs die Friese kus en riviere. Rondom 879 het 'n ander Wiking-veldtog onder Godfrid, hertog van Friesland die Friese eilande binnegeval. Die veldtogte deur die Wikings het die gesag van die Franse en Duitse here in die gebied laat krimp. Weerstand teen die Wikings, al dan nie, is ontbied deur plaaslike adellikes, wie se mag vervolgens toegeneem het, en wat tot die opbreking van Benede-Lotaringe in verskeie semi-onafhanklike state gelei het. Een van hierdie plaaslike adellikes was Gerolf van Holland, wat die gesag in Friesland oorgeneem het nadat hy gehelp het om Godfrid te vermoor en die Wikingherskap te beëindig.
'n Middeleeuse graf van die Brabantiese ridder Arnold van der Sluijs
Die
Heilige Romeinse Ryk
(die opvolger van Oos-Francië en toe Lotaringe) het gedurende die 10de en 11de eeu die grootste deel van die Lae Lande beheer, maar was nie in staat om politieke eenheid te bewerkstellig nie. Magtige plaaslike adellikes het hul stede, graafskappe en hertogdomme in privaat koninkryke omgkep en min sin van verpligting teenoor die keiser gehad.
Holland
Hainaut
Vlaandere
Gelre
Brabant
en
Utrecht
was in 'n toestand van 'n byna voortdurende oorlog of het paradoksaal genoeg personele unies gevorm. Die taal en kultuur van die grootste deel van die bevolking wat in die Graafskap Holland gebly het, was oorspronklik Fries. Toe die Frankiese vestiging vanaf Vlaandere en Brabant gevorder het, het die gebied vinnig
Oudnederlands
geword. Die res van
Frisië
in die noorde (nou
Friesland
en
Groningen
) het sy onafhanklikheid bewaar en oor sy eie instellings beskik (gesamentlik die "Friese vryheid" genoem), wat gegrief het op die instelling van die feodale stelsel.
Rondom 1000 n.C., as gevolg van 'n aantal landboulike ontwikkelinge, het die ekonomie spoedig begin groei en die hoër produktiwiteit het landbouers in staat gestel om meer land te bewerk of om handelaars te word. Stede het rondom
kloosters
en
kastele
gegroei, en 'n merkantiele middelklas het in hierdie stedelike gebiede begin ontwikkel, veral in Vlaandere en later ook in Brabant. Ryk stede het ook sekere voorregte van die monarg vir hulleself begin koop. In praktyk het dit beteken dat
Brugge
en
Antwerpen
kwasi-onafhanklike republieke in hul eie regte geword het wat later in van die belangrikste stede en hawens van Europa sou ontwikkel.
Rondom 1100 n.C. het landbouers uit Vlaandere en Utrecht onbewoonde moerasagtige land in die Westelike Nederland begin dreineer en bewerk wat die opkoms van die Graafskap Holland as magssentrum teweeg gebring het. Gedurende die Hoekse en Kabeljause twiste (Nederlands:
Hoekse en Kabeljauwse twisten
) tussen 1350 en 1490 is oor die titel Graaf van Holland gebaklei. Die Kabeljause faksie het uit die meer progressiewe stede bestaan, terwyl die Hoekse faksie deur konserwatiewe adellikes gevorm is. Hierdie adellikes het hertog
Filips die Goeie
van Boergondië — wat ook graaf van Vlaandere was — genooi om Holland te verower.
Boergondiese, Habsburgse en Spaanse Nederlande (1384–1581)
wysig
wysig bron
Willem I
, Prins van Oranje, aanvoerder van die Nederlandse Rebellie, deur
Adriaen Thomasz Key
Kaart van die Habsburgse heerskappye. Vanaf 1556 het dié dinastie se lande in die Lae Lande aan die Spaanse Habsburg-tak geval
Die Lae Lande in die 14de eeu
Die
Vierdaagse Slag
, 1–4 Junie 1666
Tweede Anglo-Nederlandse Oorlog
) deur
Pieter Cornelisz van Soest
Die Spaanse Furie in Maastricht, 1579
In 1433 is die meeste van die Keiserlike en Franse leengoedere in die hedendaagse Nederland en België in 'n personele unie onder Filips die Goeie, Hertog van Boergondië, verenig. Die
Huis van Boergondië
en hul Habsburgse erfgename sou die Lae Lande van 1384 tot 1581 beheers. Voor die Boergondiese unie het die Nederlanders hulself met hul stad, waarin hulle gebly het, of hul plaaslike hertogdom of graafskap geïdentifiseer. Die Boergondiese tydperk het die pad na nasieskap gebaan. Die nuwe heersers het Nederlandse handelsbelange verdedig, wat toe spoedig ontwikkel het. Die vloot van die Graafskap Holland het die vloot van die
Hansebond
herhaaldelik verslaan.
Amsterdam
het gegroei en gedurende die 15de eeu die primêre handelshawe in Europa vir
graan
uit die
Baltiese lande
geword. Amsterdam het graan aan die belangrikste stede in België, Noord-Frankryk en Engeland verskaf. Hierdie handel was noodsaaklik, aangesien Holland homself nie langer van graan kon voorsien nie. Gronddreinering het die
veen
van die voormalige
vleilande
laat afneem tot 'n vlak wat te laag was om dreinering te handhaaf.
Onder die Habsburger
Karel V
, keiser van die Heilige Romeinse Ryk en Koning van Spanje, is alle leengoedere in die huidige Nederland verenig in die Sewentien Provinsies, wat ook die grootste deel van die huidige België, Luxemburg en bykomende gebiede in die huidige Frankryk en Duitsland ingesluit het (met uitsondering van die Prinsbisdom Luik). Gedurende hierdie periode het die
Protestantisme
in Nederland sterk opgekom. Dit was vir die seun van Karel V,
Filips II
, 'n streng
katoliek
, onverteerbaar. Die Spaanse
inkwisisie
het meedoënloos in die Nederlande geheers met onthoofdinge en brandstapels om die ketters uit te roei. Dit het groot ontevredenheid in Nederland veroorsaak en tot 'n opstand gelei. Stadhouer
Willem van Oranje
het probeer om Filips II te oortuig om die
inkwisisie
te staak en vir godsdiensvryheid gepleit. Filips II het egter 'n Spaanse leër gestuur om die opstand te onderdruk. Willem van Oranje het teen sy wil leier van die opstand geword, wat in 1568 tot die
Tagtigjarige Oorlog
sou ontwikkel. Die opstand het naas godsdienstige ook politieke en ekonomiese oorsake gehad.
60
Die vlak van felheid aan albei kante kan met die berig van 'n Nederlandse kronis verduidelik word:
61
Daar is meer as een keer gesien hoe mans hul eie broers ophang wat in die geledere van die vyand gevange geneem is … 'n Spanjaard het in hul oë opgehou om mens te wees. By een geleentheid het 'n sjirurg by Veer die hart van 'n Spaanse gevangene uitgesny, dit aan die voorkant van 'n vaartuig vasgespyker en die inwoners gevra om hul tande daarin te kom vasmaak, wat baie met groot tevredenheid gedoen het.
Die aanvoerder van die Spaanse leër, Fernando Álvarez de Toledo, het genadeloos gepoog om die Protestantse beweging in die Nederlande te onderdruk. Nederlanders is deur die "Bloedraad" en sy Spaanse soldate "lewend verbrand, gewurg, onthoof of begrawe". Afgesnyde koppe en onthoofde lyke is langs strate en paaie vertoon om die bevolking tot onderdanigheid te terroriseer. De Toledo het met die regstelling van 18
600 mense gespog,
62
63
maar hierdie syfer sluit nie diegene in wat deur oorlogvoering en hongersnood dood is nie.
Die eerste groot belegging was De Toledo se poging om
Haarlem
te verower en daarmee Holland in twee te sny. Dit het van Desember 1572 tot die volgende
somer
geduur, toe Haarlemers op 13 Julie eindelik oorgegee het met die belofte dat die stad van plundering gespaar sou bly. Dit was 'n bepaling wat De Toledo nie kon eerbiedig nie, toe sy soldate, kwaad van die verskuldigde betaling en die ellendige omstandighede wat hulle gedurende die lang, koue maande van die veldtog verduur het, gemuit het.
64
Op 4 November 1576 het Spaanse tercio's Antwerpen verower en dit aan die ergste plundering in die Nederlandse geskiedenis onderwerp. Die burgers het verset, maar hulle is oorwin; seweduisend van hulle is afgemaai; duisend geboue is afgebrand; mans, vrouens en kinders is in 'n bloedwaan doodgemaak deur soldate wat skree
Santiago! España! A sangre, a carne, a fuego, a sacco!
("Sint James! Spanje! Tot bloed, tot die vleis, tot vuur, tot brand!)
65
As gevolg van die Brandstigting van Antwerpen het afgevaardigdes uit die Rooms-Katolieke Brabant, Protestantse Holland en Zeeland in
Gent
ooreengekom om hulle by Utrecht en Willem van Oranje te skaar, alle Spaanse soldate uit Nederland te dryf en 'n nuwe regering vir Nederland te vorm. Juan van Oostenryk, die nuwe Spaanse goewerneur, is aanvanklik gedwing om in te stem, maar hy het binne maande tot aktiewe vyandighede teruggekeer. Toe die gevegte hervat is, het die Nederlanders by koningin
Elizabeth I van Engeland
vir hulp gevra, maar sy het aanvanklik by haar verpligtinge teenoor die Spanjaarde uit die Verdrag van Bristol in 1574 gestaan. Die resultaat was dat in 1578 die volgende grootskaalse geveg in
Gembloers
plaasgevind het, wat die Spaanse magte maklik gewen en minstens 10
000 rebelle doodgemaak het, terwyl die Spaanse min verliese gely het.
66
Ná die nederlaag van Gembloers het die suidelike van die Sewentien provinsies (vandag in Noord-Frankryk en België) hulself van die rebelle in die noorde gedistansieer en met die Unie van Arras in 1579 hul lojaliteit teenoor Filipps II van Spanje beklemtoon. In reaksie daarop het die noordelike van die Sewentien provinsies die Unie van Utrecht (ook in 1579) gesluit en hulself verplig om mekaar te ondersteun in hul verdediging teen die Spaanse leër.
67
Die Unie van Utrecht word beskou as die grondslag van die moderne Nederland, alhoewel die staatsvorm nog herhaaldelik sou verander.
In 1579 het Spaanse troepe
Maastricht
afgebrand, meer as 10
000 burgerlikes vermoor en sodoende die rebellie verder aangehits.
68
Op 26 Julie 1581 het die noordelike provinsies se
Stategeneraal
die Wet van afswering (
Plakkaat van Verlatinghe
) goedgekeur, waarin hulle hul onafhanklikheid verklaar en Filips II as heersende monarg in die noordelike provinsies amptelik afgesit het.
69
Hierdeur is vir die eerste keer 'n "deur God geïntroneerde koning" afgesit.
70
Deur die gebreek aan 'n ander geskikte heerser is met die
Justificatie of Deductie
in 1588 die soewereiniteit aan die Stategeneraal oorgedra en die
Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
met 'n
Stadhouer
as
staatshoof
gestig. Die Spaanse koning Filips II kon uit die hulpbronne uit Spanje, Spaans-Amerika, Spaans-Italië en Spaans-Nederland voordeel trek. Die Protestantse koningin Elizabeth I van Engeland het met die Nederlandse stryd teen die Spaanse gesimpatiseer en 'n weermag van 7
600 soldate ter ondersteuning van die Nederlanders in hul oorlog teen die Rooms-Katolieke Spanje ontplooi.
71
Engelse troepe onder die Earl of Leicester en toe Lord Willoughby het teen die Spaanse in Nederland onder Alexander Farnese in 'n reeks grootliks besluitelose optrede te staan gekom en sodoende 'n groot hoeveelheid aan Spaanse troepe vasgebind en aan die Nederlanders tyd gegee om hul verdediging te herorganiseer.
72
Die oorlog het tot in 1648 geduur, toe Spanje onder koning Filips IV op 15 Mei 1648 in die
Vrede van Münster
die onafhanklikheid van die sewe noordelike provinsies eindelik erken het. Met hierdie vredesverdrag is ook die
Dertigjarige Oorlog
in die Heilige Romeinse Ryk beëindig en
Switserland
se onafhanklikheid erken. Dele van die suidelike provinsies het
de facto
kolonies van die nuwe republikeinse merkantiele ryk geword, maar in Spaanse hande gebly. Die grens wat nou die grens tussen Nederland en België is, is so vasgelê.
'n
VOC
-fabriek in
Hugli-Chuchura
, die
Mogolryk
se
Bengale
, deur Hendrik van Schuylenburgh, 1665
Kaart van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
Winterlandskap
met skaters naby die stad
Kampen
deur
Hendrick Avercamp
, 1620's
Amsterdam
se Damplein in 1656
Ná hul onafhanklikheidsverklaring het die provinsies
Holland
Zeeland
Groningen
Friesland
Utrecht
Overijssel
en
Gelderland
'n
konfederasie
gevorm. Al hierdie hertogdomme, heerskappye en provinsies was outonoom en het oor hul eie regerings beskik, die
Provinciale Staten
. Die
Stategeneraal
, die konfederale regering, was in
Den Haag
gesetel en is uit verteenwoordigers van elkeen van die sewe provinsies saamgestel. Die ylbevolkte streek
Drenthe
was ook deel van die republiek, hoewel dit nie aan een van die provinsies behoort het nie. Daarbenewens het die republiek gedurende die
Tagtigjarige Oorlog
'n aantal sogenoemde generaliteitslande in
Vlaandere
Brabant
en
Limburg
beset. Hul bevolking was meestal Rooms-Katoliek, hierdie gebiede het nie oor hul eie regeringsstrukture beskik nie en is as 'n buffersone tussen die Republiek en die Spaanse Nederland gebruik.
73
Die Nederlandse Republiek het die
feodale stelsel
verwerp en 'n
kapitalistiese
struktuur gekry. Dit het gelei tot sterk vooruitgang in die ekonomie en wetenskap. Die
windmeule
is ontwikkel en maak industrie en ook, nog belangriker, die inpoldering van land moontlik waardeur gebiede benede
seespieël
vinnig drooggemaak kon word. Ontwikkeling in die skeepsboukuns het handel met verafgeleë lande moontlik gemaak. Tydens die Goue Eeu, wat vir die grootste deel van die 17de eeu aangehou het, het die Nederlandse koloniale ryk tot een van die belangrikste seevarende en ekonomiese magte gegroei, langs
Portugal
, Spanje, Frankryk en Engeland. Wetenskap, weermag en kuns (veral die Nederlandse skildery) was onder die bekendste wêreldwyd. Teen 1650 het die Nederlanders oor sowat 16
000 handelskepe beskik.
74
Die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
en die
Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie
het
kolonies
en handelsposte dwarsdeur die wêreld gestig, en selfs die suidelike dele van
Taiwan
beheer (1624–1662 en 1664–1667). Die
Nederlandse nedersetting
in
Noord-Amerika
het in 1614 met die stigting van Nieu-Amsterdam in die suidelike deel van die huidige
Manhattan
begin. Op 6 April 1652 het die Nederlander
Jan van Riebeeck
Kaapstad
in die
Nederlandse Kaapkolonie
gestig. Die Nederlandse kolonies in
Suid-Amerika
is langs die talle riviere in die vrugbare
Guyanavlaktes
gestig, waaronder die Kolonie Surinam (nou
Suriname
). In
Asië
het die Nederlanders
Nederlands-Indië
(nou
Indonesië
) en die enigste handelspos in
Japan
Dejima
, gestig. Gedurende die tydperk van Proto-industrialisering het die Nederlandse koloniale ryk 50% van die
tekstiel
- en 80% van die
sy
-invoere uit die Indiese
Mogolryk
ontvang, veral uit sy mees ontwikkelde streek Bengal Subah.
75
76
77
78
Baie ekonomiese historici beskou die Nederlande as die eerste volledige
kapitalistiese
land wêreldwyd. In die vroegmoderne Europa het dit die welvarendste handelstad (
Amsterdam
) en die eerste voltydse
aandelebeurs
gehad. Die vindingrykheid van sy handelaars het gelei tot die ontwikkeling van versekerings- en aftreefondse, maar ook verskynsels soos die
konjunktuur
, die wêreld se eerste kapitaalinflasie, die tulpemanie van 1636–1637, en die wêreld se eerste
beerklopjagter
, Isaac Le Maire, wat pryse ondertoe gedwing het deur voorraad te stort en dan teen afslag terug te koop.
79
Die internasionale mag van Nederland het so vinnig toegeneem dat die
Engelse
besorg geraak het en in 1652 die eerste van die vier Engels-Nederlandse oorloë uitgebreek het, waartydens die Nederlanders in die tweede van hul kolonie Nieu-Nederland ontneem is. In 1672 – in Nederlands bekend as
Rampjaar
– het die Nederlandse Republiek gelyktydig oorlog teen Frankryk, Engeland en drie Duitse bisdomme gevoer. Op see kon hulle die Engelse en Franse vlote suksesvol daarvan verhinder, om die westelike oewers te bereik. Op land is hulle egter amper volledig deur die uit die ooste komende Franse en Duitse leërs beset. Hulle het daarin geslag om die gety te draai deur dele van Holland te laat oorstroom, maar hulle kon nooit hul ou glorie terugkry nie en het gedurende die 18de eeu 'n algemene agteruitgang beleef, met ekonomiese mededinging deur Engeland en 'n langdurige twis tussen die twee hooffaksies in die Nederlandse samelewing, die Republikeinse
Staatsgezinden
, en die ondersteuners van die
stadhouer
, die
Prinsgezinden
80
Kaart van die
Nederlandse koloniale ryk
. Liggroen: gebiede wat deur die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
bestuur is; donkergroen: die
Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie
. In geel die gebiede wat later, gedurende die 19de eeu, beset is.
Kaart van die republiek in die 18de eeu
Die voorlegging van Diponegoro aan Generaal De Kock ná die Java-oorlog in 1830; skildery deur Nicolaas Pieneman
In die derde Engels-Nederlandse oorlog is die Engelse oorwin en stadhouer
Willem III van Oranje-Nassau
het die Engelse troon bestyg. Die ekonomiese sentrum het egter na
Londen
verskuif. Dit het tot ontevredenheid in die republiek gelei, en baie burgers het vir die oorgang na 'n sterker demokratiese bedeling gepleit wat tot 'n vierde oorlog gelei het. Dit het die republiek so verswak, dat dit teen die Franse rewolusionêre troepe geen weerstand kon ontbied nie. Met die gewapende ondersteuning deur die
rewolusionêre Frankryk
het Nederlandse Republikeine op 19 Januarie 1795 die Bataafse Republiek uitgeroep, wat op die Franse Republiek geskoei was en die Nederlanders in 'n eenheidstaat saamgevat het. Die stadhouer
Willem van Oranje
moes na Engeland vlug. Die Engelse het die Franse besetting gebruik en enkele kolonies, waaronder die
Nederlandse Kaapkolonie
van Nederland gevat. In 1806 is die Koninkryk van Holland deur
Napoleon Bonaparte
as 'n marionetkoninkryk met sy broer
Louis Bonaparte
as koning gestig om die Nederlande meer effektief te beheer. Koning Louis Bonaparte het egter probeer om die Nederlandse belangstellings teen dié van sy broer te beskerm en hy is op 1 Julie 1810 gedwing om te abdikeer. Die keiser het 'n weermag ontplooi en die Nederlande het deel van die Franse Keiserryk geword totdat Napoleon gedurende
herfs
1813 in die Slag van Leipzig verslaan is.
William Frederick
, seun van die laaste stadhouer, het in 1813 na Nederland teruggekeer en homself tot Soewereine Prins van die Nederlande verklaar. Twee jaar later het die
Kongres van Wene
die Suidelike Nederlande by die noorde gevoeg om 'n sterk land aan die noordelike grens van Frankryk te stig; hulle het ook Nederlands-Indië teruggekry, maar nie die
Kaapkolonie
nie. William Frederick het in 1815 hierdie verenigde Nederlande tot 'n koninkryk verhef en homself as koning Willem I van Nederland geproklameer. Daarbenewens het Willem in ruil vir sy Duitse besittings oorerflike Groothertog van
Luxembourg
geword. Sedert 1581 het die Suidelike Nederlande van die noorde in kulturele opsig egter verskil en die Franstalige burgers in die suide het in opstand gekom. Die lae populariteit van koning Willem I het dit moontlik gemaak dat sy die Vlaamse boerebevolking vir hulle saak kon win. In 1830 breek in Brussel 'n
opstand
uit en die staat België word uitgeroep. Die suide het in 1830 as
België
onafhanklik geword (in 1839 deur die Noordelike Nederland erken, toe die Koninkryk van die Nederlande volgens 'n dekreet gestig is). Die huidige staatsvorm van Nederland het in 1848 ontstaan, toe die mag aan die parlement toegeken is. Die personele unie tussen Luxemburg en Nederland is in 1890 ontbind, nadat
Willem III
sonder oorblywende manlike erfgenaam oorlede is.
Opvolgingswette
het verhoed dat sy dogter
koningin Wilhelmina
die volgende Groothertogin kon word.
Die Belgiese Rewolusie tuis en die Java-oorlog in Nederlands-Indië het die Nederlande amper aan die rand van bankrotskap gebring. In 1830 is egter die Kultuurstelsel ingevoer; in Nederlands-Indië moes 20% van die dorpsgrond gewy word aan regeringsgewasse vir uitvoer. Dié beleid het aan die Nederlanders enorme rykdom besorg en die kolonie selfonderhoudend gemaak.
In 1863 het die Nederlande
slawerny
in sy kolonies afgeskaf.
81
Slawe in
Suriname
het eers in 1873 volledige vryheid verkry, aangesien die wet bepaal het dat daar 'n verpligte oorgang van tien jaar moes plaasvind.
82
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Eerste Wêreldoorlog
en
Tweede Wêreldoorlog
Rotterdam
ná Duitse lugaanvalle in 1940
Die voormalige eerste ministers
Wim Kok
Dries van Agt
Piet de Jong
Ruud Lubbers
en
Jan Peter Balkenende
saam met die destydse eerste minister
Mark Rutte
in 2011
Nederland was in staat om gedurende die
Eerste Wêreldoorlog
neutraal te bly, deels omdat die invoer van goedere deur Nederland noodsaaklik was vir die Duitse oorlewing tot die
Britse Vloot
se blokkade in 1916.
83
Dit het tydens die
Tweede Wêreldoorlog
verander, toe
Nazi-Duitsland
Nederland op 10 Mei 1940 binnegeval het. Die Rotterdamse Blitz het die hoofgroep van die Nederlandse leër gedwing om vier dae later oor te gee. Tydens die Duitse besetting is meer as 100
000
Jode
84
saamgetrek en na Nazi-
konsentrasiekampe
vervoer; net min van hulle het die
Holocaust
oorleef. Nederlandse werkers is vir dwangarbeid in Duitsland in diens geneem, burgerlikes in die weerstand is in vergelding vir aanvalle op Duitse soldate vermoor en die platteland is vir kos geplunder. Alhoewel daar duisende Nederlanders was wat hul lewens op die spel geplaas het deur Jode vir die Duitsers weg te steek, het meer as 20
000 Nederlandse fasciste by die
Waffen-SS
aangesluit,
85
en aan die Oosfront geveg.
86
Politieke medewerkers was lede van die fascistiese NSB, die enigste wettige politieke party in die besette Nederland. Op 8 Desember 1941 het die Nederlandse regering in ballingskap oorlog teen
Japan
verklaar,
87
maar hulle kon nie die Japannese besetting van Nederlands-Indië verhoed nie.
88
In 1944–45 was die Eerste Kanadese leër, wat Kanadese, Britse en Poolse soldate ingesluit het, verantwoordelik vir die bevryding van 'n groot deel van Nederland.
89
Kort na die Bevrydingsdag het die Nederlanders 'n koloniale oorlog teen die nuwe Republiek Indonesië gevoer.
In 1954 het die Wet vir die Koninkryk van die Nederlande (
Statuut voor het Koninkrijk der Nederlanden
), wat die gevolg was van internasionale druk om dekolonisering uit te voer, die politieke struktuur van Nederland hervorm. Die Nederlandse kolonies Surinam en Curaçao het saam met die Europese land op 'n gelyke basis lande binne die koninkryk geword. Indonesië het sy onafhanklikheid in Augustus 1945 verklaar (erken in 1949), en was derhalwe nooit deel van die hervormde koninkryk nie.
Suriname
het in 1975 gevolg. Ná die oorlog en die opkomende
Koue Oorlog
het Nederland die tydperk van neutraliteit verlaat en nouer bande met sy buurlande aangeknoop. Nederland was een van die stigtingslede van
Benelux
Navo
Euratom
en die Europese Steenkool- en Staalgemeenskap, wat later in die
EEG
(Gemeenskaplike mark) en later die
Europese Unie
sou ontwikkel.
Emigrasiepogings wat deur die regering ná die oorlog aangemoedig is om die bevolkingsdigtheid te verminder het 500
000 Nederlanders aangespoor om die land te verlaat.
90
Die 1960's en 1970's was gekenmerk deur groot sosiale en kulturele veranderinge, soos 'n vinnige deversuiling wat gekenmerk is deur die verval van die ou verdeeldheid op politieke en godsdienstige gebied. Jongmense, en veral studente, het tradisionele sedes verwerp en aangedring op veranderinge in sake soos
vroueregte
seksualiteit
, ontwapening en omgewingskwessies. In 2002 is die
euro
as
geldeenheid
ingevoer en in 2010 is die
Nederlandse Antille
ontbind. Daar is 'n referendum op elke eiland gehou om hul toekomstige status te bepaal. Vervolgens het die eilande
Bonaire
Sint Eustatius
en
Saba
(die BES-eilande) nouer bande met Nederland gesluit. Dit het ná die ontbinding van die Nederlandse Antille tot die inkorporasie van die drie eilande by Nederland as
spesiale munisipaliteite
gelei. Die spesiale munisipaliteite word onder die sambreelterm
Karibiese Nederland
saamgevat. Sedertdien vorm Nederland saam met
Aruba
Curaçao
en
Sint Maarten
die
Koninkryk van die Nederlande
Die Amsterdamse effectenbeurs is die oudste finansiële handelsbeurs ter wêreld
Nederland se ekonomie is een van die suksesvolstes en doeltreffendstes wêreldwyd. Ondanks sy relatief klein bevolking en oppervlakte het die land tot een van die wêreld se tien grootste uitvoerders en een van die welvarendste nasies ontwikkel. Die bruto finansiële bates van Nederlandse huishoudings beloop 292 persent van die bruto geografiese produk, terwyl die ekonomie tussen 1990 en 2009 met byna 50 persent gegroei het.
91
Die Nederlandse ekonomie is 'n tipiese dienste-ekonomie, ongeveer 73% van die bevolking werk in die dienstesektor (met vervoer, logistiek en finansiële dienste as die belangrikste bedrywe), 25% in die industrie en 2% in die landbou. Soos in baie westerse lande vind 'n proses van deïndustrialisasie plaas, waarby tegnologies laagwaardige industrieë verhuis na lae-lonelande in
Oos-Europa
en
Asië
. Die Nederlandse ekonomie is baie internasionaal, belangrike uitvoervennote is Duitsland, Frankryk, die
Verenigde Koninkryk
, Italië en die
Verenigde State
. Belangrike invoervennote is Duitsland, die Verenigde State, België, die
Volksrepubliek China
, Frankryk en die Verenigde Koninkryk. 4% van die Suid-Afrikaanse uitvoer gaan na Nederland, maar dit speel op die Nederlandse invoerbalans slegs 'n klein rol.
Nederland beskik oor 'n digte snelwegnetwerk. Die hoofare is die A1 van Amsterdam na die Duitse grens by
Hengelo
, die A2 van
Maastricht
na Amsterdam, die A4 van
Delft
na Amsterdam, die A12 van Den Haag na die Duitse grens by Emmerik, die A13 van Rotterdam na Den Haag en die N50/A50 van Emmeloord na
Eindhoven
. Die hoeveelheid verkeer in die Randstad is 'n groot probleem, 'n dag waarop meer as 500
km aan verkeersknope ontstaan is geen uitsondering nie.
Daar is ook 'n digte spoorwegnet, met groot knooppunte in Utrecht, Rotterdam, Amsterdam en
Amersfoort
, met elk baie verbindings in alle rigtings. Die Nederlandse Spoorweë maak baie gebruik van dubbeldektreine om die verkeersstroom van reisigers te hanteer.
Via die seehawe van Rotterdam is Nederland 'n belangrike deurvoerland vir die res van Europa. Groot seeskepe meer aan in Rotterdam waar hulle vrag in kleinere binneskepe oorgelaai word. Via die Ryn kan 'n belangrike deel van Europa bereik word.
Ruolie
uit die
Midde-Ooste
word in Rotterdam via 'n uitgebreide pypleidingstelsel verder Europa in vervoer.
Nederland se sterk uitvoergerigte landbousektor, wat tien persent van alle werkgeleenthede verteenwoordig, speel tradisioneel 'n belangrike rol en het van die land die tweede grootste uitvoerder van agrariese produkte ter wêreld gemaak. Die landboubedryf lewer tien persent van die bruto geografiese produk en twee derdes van die oorskot op die handelsrekening op. Duitsland is die belangrikste invoerder van produkte soos blomme en
kaas
Sowat 55 persent van Nederland se totale oppervlakte word vir landboudoeleindes gebruik, terwyl kweekhuise 70
000 hektaar beslaan. In die
Westland
word groot hoeveelhede vrugte in kasse verbou, in die suide en ooste van die land word groot hoeveelhede vee aangehou.
Nederland beskik oor
steenkool
-, aardolie- en veral
aardgasreserwes
. Die aardgasveld in
Slochteren
behoort tot die grootste in die wêreld en Nederland beklee die 20ste plek op die lys van lande met die grootste gasreserwes. Dit is 'n belangrike nasionale inkomstebron en gasleidinge vanuit
Slochteren
loop tot in Italië.
'n Ander grondstof wat 'n rol in die nywerheid speel is
sout
. Dit word gewin rondom Hengelo en is 'n bron van
chloor
vir die chemiese industrie.
Verskeie Nederlandse koerante in Nijmegen
Die telefoonnetwerk is in hande van 'n voormalig staatsbedryf, KPN. Omdat dit feitelik 'n monopolie is, is daar wetgewing wat ander maatskappye regte toestaan om teen 'n wetlike tarief toegang tot die fisieke telefoonlyne te verkry, waardeur op hulle eie netwerke hulle eie dienste aan kan bied. Die telefoonnetwerk bestaan vir ongeveer 25% uit digitale ISDN-lyne en vir 75% uit tradisionele analooglyne.
Nederland het ook 'n groot aantal selfoongebruikers, 11 miljoen. Drie selfoonnetwerke bedryf mobiele GSM-kommunikasie.
Televisie gaan vir die grootste gedeelte analoog (PAL) deur middel van kabels. Die proses van digitalisering is in aan die gang maar die
wet van die remmende voorsprong
is hier van toepassing, dit word ernstig gehinder deur die relatief goeie kwaliteit beeld wat die analoogtelevisiekabels lewer. Die televisie-uitsendings oor die lug is sedert 2006 wel digitaal.
Internet is vandag danksy 'n groot aantal verskaffers wat lae pryse veroorsaak het grotendeels breëband via televisiekabel en
ADSL
, sodat ongeveer 60% van die gesinne tans 'n breëbandaansluiting het. Omdat Amsterdam wêreldwyd 'n belangrike knooppunt is, is daar gedurende die .com-periode groot hoeveelhede
optiese vesel
ondergronds gelê, wat 'n uitgebreide
infrastruktuur
aan hoofsnelweë opgelewer het, wat op sy beurt weer verskaffers van bedienerhuisvesting ("server hosting") na Nederland getrek het.
Danksy 'n subsidie wat baie effektief geblyk te wees het, het die rolprentbedryf in Nederland die laaste jare besonder sterk gegroei, waarby tans (2005) die aantalle films in produksie in die tientalle loop. Enkele suksesvolle rolprente van die afgelope jare sluit in
Minoes
De Tweeling
Pietje Bell
Passievrucht
en
Zwartboek
Blackbook
).
'n Beroemde Nederlandse rolprnet uit die sewentigerjare is
Soldaat van Oranje
deur regisseur Paul Verhoeven. Nederlandse regisseurs is ook in die Engelstalige mark aktief, 'n voorbeeld van 'n rolprent wat deur 'n Nederlandse regisseur Jan de Bont gemaak is, is
Speed
Ondanks die goeie produksie van Nederlandstalige rolprente is Engelstalige rolprente in die bioskope tog in die meerderheid, wat met ondertitels gekyk word.
Die Nederlandse musiekbedryf gaan tans (2005) 'n rustige periode deur. 'n Aantal musiekgroepe het gestop en ander raak uit die mode. Baie produktiewe periodes was die begin van die tagtigerjare en halfweg die negentigerjare.
Bekende kunstenaars en groepe van die onlangse verlede sluit in Anouk, Doe Maar, Frank Boeijen, Het Goede Doel, Marco Borsato, Di-Rect, Jan Smit, Guus Meeuwis, De Kast, Nick & Simon, 3JS, Bløf, Ali B, De jeugd van Tegenwoordig,
Stef Bos
en
Acda en De Munnik
Op radiostasies word musiek in verskillende tale gedraai, ook hier is Engels sterk verteenwoordig. Die Nederlandstalige aanbod verskil per uitsender, op Radio 2 en 100%NL is dit byvoorbeeld 'n groot deel van die aanbod, op Sky Radio word Nederlands alleen gehoor as daar 'n groot Nederlandstalige treffer is. 'n Ander taal wat reëlmatig gehoor word is Fries en ook
Italiaans
Frans
en
Duits
is af en toe hoorbaar oor die radio.
Nederland
teen
Spanje
tydens die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
se eindstryd op 11 Julie 2010 op
Sokkerstad
Johannesburg
Die
Nederlandse nasionale rugbyspan
, soos in Januarie 2008
Die
Nederlandse nasionale krieketspan
op 5 Julie 2010 in Rotterdam
Sokker
is die gewildste spansport in Nederland, gevolg deur
veldhokkie
en
vlugbal
Ysskaats
tennis
gimnastiek
en
gholf
is die gewildste individuele sporte. Inheemse sportsoorte soos fierljeppen, beugelen,
kaatsspel
, klootschieten, kolven en korfball word ook beofen.
Die
Nederlandse nasionale sokkerspan
is een van die gewildste sokkerspanne met sterk mededinging teen buurlande soos België, Duitsland, Engeland en Frankryk. Ten spyte van hul rykdom aan individuele talente kon die Nederlandse elftal slegs een internasionale titel inpalm en die
UEFA Europa-beker
1988 inpalm. Hulle het drie keer die eindstryd van 'n
FIFA
Sokker-Wêreldbekertoernooi
gehaal (in
1974
1978
en
2010
), maar nog nie die titel verower nie. Nederland se hoogste sokkerliga is die
Eredivisie
, gevolg deur die
Eerste Liga
Tweede Liga
Derde Liga
en die
Vierde Liga
Krieket
was voorheen 'n gewilde sportsoort, maar dit is deur sokker verbygesteek, terwyl krieket in onlangse jare weer gewildheid verwerf het. Die
Nederlandse nasionale krieketspan
het tot dusver vir vyf
krieketwêreldbekertoernooie
gekwalifiseer (in
1996
2003
2007
2011
en
2023
). Nederland was medegasheer van die
Krieketwêreldbeker 1999
, maar het nie daaraan deelgeneem nie. Hulle het ook vir sewe
T20I-wêreldbekertoernooie
gekwalifiseer (in
2009
2014
2016
2021
2022
2024
en
2026
). Tydens die T20I-wêreldbeker 2009 het Nederland
Engeland
verslaan,
93
asook
Suid-Afrika
tydens beide die T20I-wêreldbeker 2022
94
en die Krieketwêreldbeker 2023.
95
Die
Nederlandse nasionale vrouekrieketspan
het tot dusver vir vier
vrouekrieketwêreldbekertoernooie
gekwalifiseer (in
1988
1993
1997
en
2000
) en een
T20I-vrouewêreldbekertoernooi
(in
2026
).
Die Nederlandse nasionale vroueveldhokkiespan is die suksesvolste nasionale span op die Hokkiewêreldbeker en het die toernooi tot dusver nege keer gewen (in 1974, 1978, 1983, 1986, 1990, 2006, 2014, 2018 en 2022). Hul manseweknie het die Hokkiewêreldbeker tot dusver drie keer gewen (in 1973, 1990 en 1998).
Rugby
word ook in Nederland gespeel, maar die
Nederlandse nasionale rugbyspan
het tot dusver nog nie vir 'n
rugbywêreldbekertoernooi
gekwalifiseer nie. Hulle ding in die
Europese Rugbykampioenskap
met ander opkomende rugbyspanne mee. Daarteenoor het die
Nederlandse nasionale vrouerugbyspan
aan drie
vrouerugbywêreldbekertoernooie
deelgeneem (in
1991
1998
en
2002
) en die 1998-toernooi is geheel en al op die
Nasionale Rugbysentrum
in Amsterdam beslis.
Nederland het reeds verskeie groot sportgeleenthede soos die
Olimpiese Somerspele 1928
en die
UEFA Europa-beker
in 2000 (saam met België) gehuisves.
US