Nederlands - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien
Nederlanders
Nederlands
Uitspraak:
[ˈneːdərlɑnts]
Gepraat
in:
Nederland
België
en
Suriname
, ook op
Aruba
Curaçao
en
Sint Maarten
, daarna vooral in die
Verenigde State
Kanada
Frankryk
Duitsland
Australië
Nieu-Seeland
Indonesië
en
Suid-Afrika
Gebied:
Wêreldwyd
Totale
sprekers:
24 miljoen (moedertaal)
30 miljoen (totaal)
Rang:
37–48
Taalfamilie
Indo-Europees
Germaans
Wes-Germaans
Nederfrankies
Nederlands
Skrifstelsel:
Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in:
Benelux
Europese Unie
Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
Aruba
België
Curaçao
Nederland
Sint Maarten
Suriname
Gereguleer deur:
Nederlandse Taalunie
Taalkodes
ISO 639-1
nl
ISO 639-2
nld
ISO 639-3
nld
Nota
: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Nederlands
([ˈneːdərlɑnts]
luister
hulp
inligting
) is 'n
Wes-Germaanse taal
wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 30 miljoen. Behalwe dat Nederlands die
amptelike taal
van
Nederland
is, is dit ook 'n amptelike taal in
België
(amptelike taal van die Belgiese deelstaat
Vlaandere
en naas
Frans
is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die
Brusselse Hoofstedelike Gewes
) en
Suriname
Nederlands is verder die amptelike taal van
Aruba
Curaçao
en
Sint Maarten
in
Suid-Amerika
en die
Karibiese gebied
. In samewerkingsorganisasies word die taal erken in die
Benelux
, die
Europese Unie
, die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. 'n Beraamde 95 persent van die
Afrikaanse
woordeskat is van Nederlandse oorsprong. Afrikaans het kenmerke van verskeie Nederlandse dialekte.
Die woord Nederlands word dikwels gebruik as sinoniem vir Standaardnederlands, wat deur die media gebruik en op skole onderrig word. Nederlands het egter ook 'n breëre betekenis en word ook gebruik vir die
Nederfrankiese
variasies uit die
Lae Lande
, en soms ook die
Nederlandse kreools
en Afrikaans (ook beskou as 'n halfkreool).
Taalkundige terme
wysig
wysig bron
In die
Middeleeue
word die Nederlandse taal meestal
Duuts
(Noord) of
Diets
(Suid) genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken (
diet
"volk") en ter onderskeiding van die
Latynse
taal van die kerk en Frans wat die
adel
gebruik het.
In sy gediftongeerde vorm
Duits
word hierdie term nog tot in die 17de eeu gebruik; later word na die
Germaanse taal
van die Nederlande as
Nederduits
verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in
Duitsland
).
Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van
Noord-Duitsland
, wat nie aan die
tweede Germaanse klankverskuiwing
deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands,
Dutch
, en ook die term
Nederduits
of
Nederduitsch
in die name van die Afrikaanse
drie Susterskerke
van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.
In die ou Boererepublieke en die ou
Kaapkolonie
is Nederlands ook
Hoog-Afrikaans
genoem deur mense wat Afrikaans praat.
Klassifikasie
wysig
wysig bron
Nederfrankiese taalgebied in Europa
Nederlands is saam met
Engels
Duits
en ander taalvariante soos Fries en
Luxemburgs
'n Wes-Germaanse taal. Nederlands is sterk verwant aan die Duitse taal, maar bevat ook vele ooreenkomste met Engels. Saam met
Nedersaksies
Nederduits
en
Hoogduits
(tans die standaardtaal in Duitstalige lande) behoort Nederlands tot die Kontinentale Wes-Germaanse groep van die
Indo-Europese tale
Verdeling
wysig
wysig bron
Indo-Europees
Germaans
Wes-Germaans
Nederfrankies
Nederlands
(Afrikaans, Nederlandse kreools)
Verwante tale
wysig
wysig bron
Nederlands het die meeste ooreenkomste met Afrikaans. Afrikaans is dan ook 'n vermenging van Nederlandse dialekte wat 'n eie skryftaal ontwikkel het.
Wes-Fries
en Duits is die afsonderlike tale wat na aan die Standaardnederlandse taal staan en nog digterby sommige dialekte.
Seeus
, Nedersaksies en
Limburgs
word beskou as streektale; spesiale dialekte wat naby Nederlands staan. Die verwantskap met Engels is baie kleiner.
Sprekers
wysig
wysig bron
Die grootste Nederlands- en Afrikaanstalige gemeenskappe in die wêreld.
In Europa en ook ter wêreld is Nederlands, na Engels en Duits die grootste Germaanse taal. Nederlands het egter meer sprekers as die
Noord-Germaanse tale
gekombineer,
Sweeds
Deens
Noors
Yslands
en
Faroëes
Die grootste Nederlandstalige land is Nederland met meer as 16 miljoen moedertaal- of kultuurtaalsprekers. Daar is meer as ses miljoen eerstetaalsprekers in België en nog 'n paar miljoen wat Nederlands as tweede of derde taal kan praat. In die grensgebiede van Duitsland, Wallonië en Frankryk word Nederlands in dialekvorm gepraat. Besonder in Duitsland en Frankryk het hierdie sprekers meestal geen kennis van die Nederlandse standaardtaal nie en gebruik hulle hul dialekte steeds minder.
In Suriname is Nederlands die amptelike taal en feitlik almal kan die taal vlot praat. Nederlands dien ook as omgangstaal tussen die verskeie bevolkingsgroepe en omtrent 60% van die bevolking praat Nederlands as eerste taal.
Op die
Nederlandse Antille
is Nederlands nie oorwegend die moedertaal of omgangstaal nie, maar wel
Papiaments
('n
Portugese
kreool
met Nederlandse en andere invloede) op die Benedewindse eilande (die ABC-eilande – Aruba, Bonaire en Curaçao) en Engels op die Bowindse eilande (die SSS-Eilande). Die meeste Antiliane praat vlot Nederlands, Engels, Papiaments en
Spaans
In die
Verenigde State van Amerika
Suid-Afrika
Kanada
Nieu-Seeland
en
Australië
woon Nederlandse en Vlaamse immigrante wat nog Nederlands praat. In Afrika is Nederlands verteenwoordig deur sy dogtertaal Afrikaans wat in Suid-Afrika deur meer as ses miljoen moedertaalsprekers gebesig word – en nog baie meer wat Afrikaans as tweede of derde taal aangeleer het.
In
Namibië
kan ongeveer 85% van die bevolking Afrikaans verstaan.
Status
wysig
wysig bron
Nederlands is dikwels genoem as die kleinste wêreldtaal en is teenwoordig in Europa, Amerika en Afrika. Ook in 'n historiese opsig het Nederlands 'n relatief groot rol gespeel.
Huidige amptelike status
wysig
wysig bron
Nederlandstalige gebiede
Land
Sprekers
Europa
Nederland
16
606
000
België
286
600 (1ste taal) (totaal)
Frankryk
(Frans Vlaandere)
+/- 100
000
Duitsland
(Nederryn)
Amerikas
Suriname
291
971 (1ste taal, 60%) 486
618 (totaal)
Curaçao
245 (1ste taal), 142
000 (totaal)
Aruba
286 (1ste taal), 103
065 (totaal)
BES-eilande
Bonaire
Sint Eustatius
en
Saba
044 (1ste taal), 10
185 (totaal)
Sint Maarten
324 (1ste taal), 33
119 (totaal)
Kanada
160
000
Verenigde State
150
396
Oseanië
Australië
36
179
Nieu-Seeland
16
347
Nederlands word sedert 1612 as amptelike taal in Nederland erken. In België is Nederlands die amptelike taal naas Frans en Duits en in Vlaandere die enigste amptelike taal. In
Brussel
, die Hoofstedelike Gewes, moet Nederlands die status deel met Frans. In Duitsland en Frankryk word Nederlands nie erken as minderheidstaal nie. In Suriname en op Aruba, Curaçao en Sint Maarten (die voormalige Nederlandse Antille) geniet Nederlands ook die status as amptelike taal. Afrikaans, 'n dogtertaal, is een van die amptelike tale in Suid-Afrika en een van die erkende streektale van Namibië.
In internasionale samewerkingsorganisasies is Nederlands een van die amptelike tale in die Benelux, die Europese Unie (deur die lidmaatskap van België en Nederland) en in die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies deur die lidmaatskap van Suriname.
Volgens die Nederlandse Taalunie se navorsingsverslag bevind Nederlands hom in die jaar 2017 nog in 'n gunstige, handhawende posisie as vernaamste voertaal in Nederland en Vlaandere. Die taal word in alle maatskaplike gebiede en situasies gebruik. Skaafplekkies sluit wel die handhawende rol op die internet (vernaamlik
Wikipedia
), musiek, die internasionaal georiënteerde universiteite en as wetenskapstaal in. Die Taalunie stel voor Wikipedia-artikels moet verryk word, Nederlandse musiek moet in 'n bepaalde deel van die taalgebied stimuleer word, asook Nederlandstalige terminologie moet ontwikkel word wat ook goed genoeg vir populêre wetenskapstydskrifte is.
Vroeëre amptelike status
wysig
wysig bron
Nederland en België was koloniale
groot moondhede
en het die Nederlandse taal oorsee saamgeneem. Die Nederlandse taal is erken as amptelike taal in:
Nederlandse Kaapkolonie
(1652–1795), tans Suid-Afrika
Nederlands-Indië
(tot 1949), tans
Indonesië
Nederlands-Nieu-Guinea
(tot 1963), tans deel van Indonesië
Belgies-Kongo
(tot 1960), Frans het egter 'n amptelike taal gebly in die Demokratiese Republiek Kongo
Belgies-Rwanda-Burundi
(tot 1962), Frans het egter 'n amptelike taal gebly in Boeroendi en Rwanda.
Nederlandse Antille
(1953–2010), is ontmantel in lande en munisipaliteite binne die
Koninkryk van die Nederlande
Die
Afrikaners
of
Boere
in
Suider-Afrika
is grotendeels van Nederlandse afkoms en het hulself in Nederland vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal beywer. Nederlands was in Afrika die amptelike taal in:
Boererepublieke
, (van 1795 tot 1902), soos;
Zuid-Afrikaansche Republiek
(1888–1902)
Oranje-Vrystaat
(1854–1902)
Britse Kaapkolonie
(1882–1902)
Suid-Afrika
, (1910–1983), vanaf 1925 is Afrikaans en Nederlands as sinonieme beskou
Suidwes-Afrika
, tot 1983, Afrikaans tot 1990
Die enigste taalmonument wat aan die Nederlandse taal gewy is, is in 1893 opgerig om die erkenning van Nederlands in die Britse kaapkolonie te gee.
Ook in Suid-Afrika was Nederlands amptelik erken. Die
Oranje-Vrystaat
sou Nederlands in 1854 as die enigste amptelike taal erken het. Die Kaapkolonie het Nederlands in 1882 erken as amptelike taal naas Engels en in 1893 is die
Eerste Taalmonument
opgerig om hierdie gebeurtenis te herdenk. Die
Zuid-Afrikaansche Republiek
(ZAR) het Nederlands as die enigste amptelike taal in 1888 erken.
In 1909 is die
Zuid-Afrika-wet
deur al vier provinsies aangeneem wat sou lei tot die
totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika
. Volgens art. 137 van die
Unie-grondwet
, is "De engelse alsmede de hollandse talen" as amptelike tale van die Unie erken. Op 8 Mei 1925 is Afrikaans erken as amptelike taal van die
Unie van Suid-Afrika
. Volgens Wet 9 van 1925 is Afrikaans aan Nederlands gelykgestel, met terugwerkende krag tot 1910.
In 1961 het Suid-Afrika 'n nuwe grondwet gekry. Hiervolgens was Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land, maar 'n klousule het bepaal dat by Afrikaans ook Nederlands bedoel word. Die grondwet van 1983 het Nederlands nie as amptelike taal erken nie. Ook is die sinonimiteit tussen Afrikaans en Nederlands in 1983 nie meer bevestig nie. Tussen 1910 en 1983 was Nederlands en Afrikaans egter amptelik sinonieme.
10
Kenmerke
wysig
wysig bron
Standaardnederlands ken omtrent 40 foneme. In fonologiese opsig word sy spesiale karakter deur die Nederfrankiese grondslag bepaal. Die Nederfrankiese variasies het nie alle klankverskuiwinge (soos die tweede Germaanse klankverskuiwing wat Hoogduits beïnvloed het) meegemaak nie.
Woorde
wysig
wysig bron
Eva gee 'n voorbeeld in Nederlands
Nederlands is 'n ryk taal wat woorde betref, en bevat nou meer as een miljoen woorde, alhoewel vele nie juis meer in gebruik is nie. Nederlands het dikwels 2 woorde die as sinonieme funksioneer, 'n Germaanse erfwoord en 'n Romaanse leenwoord. Die Germaanse woord kom meestal in die spreektaal voor terwyl die Romaanse woord dikwels net vir formele tekste gebruik word.
Nederlands en ander Germaanse tale
wysig
wysig bron
Engels
Fries
Afrikaans
Nederlands
Nederduits
Duits
Sweeds
Deens
Noors
apple
appel
appel
appel
Appel
Apfel
äpple
æble
eple
beech
boek
beuk
beuk
Böök
Buche
bok
bøg
bøk
book
boek
boek
boek
Book
Buch
bok
bog
bok
brown
brún
bruin
bruin
bruun
braun
brun
brun
brun
day
dei
dag
dag
Dag
Tag
dag
dag
dag
dead
dea
dood
dood
doot
tot
död
død
død, daud
enough
genôch
genoeg
genoeg
noog
genug
nog
nok
nok
finger
finger
vinger
vinger
Finger
Finger
finger
finger
finger
glass
glês
glas
glas
Glas
Glas
glas
glas
glass,
glas
gold
goud
goud
goud
Gold
Gold
guld
guld
gull
hand
hân
hand
hand
Hand
Hand
hand
hånd
hånd,
hand
head
holle
hoof
kop
hoof
d,
kop
Höövd, Kopp
Haupt, Kopf
huvud
hoved
hode, hovud
high
heech
hoog
hoog
hoog
hoch
hög
høj
høy, høg
hiem
heim
tuis
heim
thuis
Haim
Heim, Zuhause
hem
hjem
hjem, heim
hook
heak
haak
haak
Haak
Haken
hake, krok
hage, krog
hake, krok
house
hûs
huis
huis
Huus
Haus
hus
hus
hus
many
mennich
menige
menige
mannig, mennig
viele
många
mange
mange
moon
moanne
maan
maan
Maan
Mond
måne
måne
måne
no, nay
nee
nee
nee
nee
Nein
nej
nej
nei
old
âld
oud
oud
oolt
alt
gammal (äldre, äldst)
gammel (ældre, ældst)
gammel (eldre, eldst)
one
ien
een
een
een
eins
en
en
en, ein
ounce
ûns
ons
ons
Unze
uns
unse
unse
snow
snie
sneeu
sneeuw
Snee
Schnee
snö
sne
snø
stone
stien
steen
steen
Steen
Stein
sten
sten
stein
two, twain
twa
twee
twee
twee
zwei, zwo
två
to
to
who
wa
wie
wie
wer
wer
vem
hvem
hvem
worm
wjirm
wurm
wurm
, worm
Worm
Wurm
orm
11
orm
orm
12
Engels
Fries
Afrikaans
Nederlands
Nederduits
Duits
Sweeds
Deens
Noors
Spelling
wysig
wysig bron
Die Nederlandse spellingswyse is gebaseer op die Nederlandse
Statebybel
(wat in 1637 die eerste maal verskyn het), wat vandag baie verouderd is. In 1804 is die eerste amptelike spelling deur Mathijs Siegenbeek vasgestel. Hier is die Nederlandse letter
IJ
bekendgestel, wat as
geskryf is, soos in Afrikaans.
Matthias de Vries en Lammart Allart te Winkel is die eerste redakteurs van die
Woordenboek der Nederlandsche Taal
en het in 1864 'n nuwe spelling ontwerp. Dit is in 1864 deur België en later in 1883 ook deur Nederland aanvaar. Dié spelling was moeilik en het naamvalle en dubbele klinkers bevat. In 1934 is die spelling verander en vereenvoudig tot die huidige weergawe.
In 1891 is egter 'n nuwe spelling deur
Kollewijn
ontwerp. Hierdie spelling was 'n vereenvoudiging van die moeilike Nederlandse spelling.
Russisch
moet nou
Russies
word en
moeilijk
moeilik, 'n spelling gebaseer op die beginsel
skryf hoe jy praat
Hierdie spelling was in sekere gemeenskappe, veral in Vlaandere en in Suid-Afrika in gebruik geneem, maar nie amptelik aanvaar nie. In 1925 is die Kollewijn spelling as die spelling vir Afrikaans in Suid-Afrika aanvaar.
Verspreiding
wysig
wysig bron
Status van Nederlands in verskillende gebiede:
██
Moedertaal (Lae Lande & Suriname)
██
Ampstaal (administratief)
██
Moedertaal en tweede taal (nie-amptelik, uitsluitende Afrikaans in Suid-Afrika)
Die Nederlandse taal word veral in
Wes-Europa
, en in 'n mindere mate in Suid-Amerika en die Karibiese gebied gepraat. Aruba, Curaçao en Sint Maarten is dan ook Nederlandse oorsese gebiede. In
Suidoos-Asië
is kennis van die Nederlandse taal dikwels 'n voorvereiste vir werk in handel, geskiedenis, regswetenskappe en toerisme.
Amsterdam
is die grootste Nederlandstalige stad in die wêreld gevolg deur
Rotterdam
Den Haag
en
Antwerpen
(België). As Suider-Afrika in Nederlandse verband opgeneem word, is
Kaapstad
die grootste stad,
Pretoria
is dan die eerste stad agter Antwerpen. Die meeste vorme van die Nederlandse kreoolstale het reeds uitgesterf, Afrikaans word soms beskou as 'n halfkreool. Nederlands word in 40 lande aan 220 universiteite onderrig en dié onderwys sluit dikwels ook Afrikaans in.
België
wysig
wysig bron
Tweetalige borde in Brussel
Nederlands is die grootste taal van België en word in sy dialekvorm nog steeds as omgangstaal gebruik. Van die totale Belgiese bevolking van tien miljoen praat ses miljoen Nederlands as moedertaal. Sedert 1970 word België amptelik in vier taalgebiede verdeel, 'n eentalig Nederlandse (
Vlaandere
), 'n eentalig Franse (
Wallonië
), 'n tweetalig Frans-Nederlandse (Brussel) en 'n Duitstalige gebied. Die taalgrens is in 1963 afgebaken.
Die taalkundige situasie van Brussel is tot 'n mate ingewikkeld. Alhoewel statistieke suggereer dat Nederlands hier nog net 'n ondergeskikte rol speel (slegs tussen sewe en vyftien persent van Brusselaars praat Nederlands as huistaal, veral in die noord-weste van die Brusselse agglomerasie), terwyl twee derdes van die bevolking Franssprekend is en 'n groeiende aantal medewerkers van Europese organisasies ander tale soos Engels praat, is Nederlands in 'n amptelik tweetalige hoofstad nogtans 'n voorvereiste in die arbeidswêreld.
Na raming kan 95 persent van alle Brusselaars vlot Frans en 28 persent vlot Nederlands praat. By sowat 'n derde van alle werkadvertensies is 'n uitgebreide kennis van albei tale 'n voorvereiste, en sowat 35 persent van alle ondernemings gebruik Nederlands vir hul interne kommunikasie en hul kontak met die owerheid. Nederlandskursusse is derhalwe meer gewild as ander taalkursusse.
In Wallonië is Nederlands nie 'n amptelike taal nie, maar Nederlandstaliges het in enkele munisipaliteite langs die taalgrens (sogenaamde
faciliteitengemeenten
) die reg om met die owerheid in Nederlands te kommunikeer. Ook is daar aan die Nederlands-Waalse grens 'n gebied waar sowel Nederlandse asook Duitse en Franse dialekte gepraat word. Hierdie gebied in Franssprekende België word die Platdietse streek genoem.
Nederland
wysig
wysig bron
Nederlands word in Nederland deur die oorgrote meerderheid van die bevolking as moeder- of tweede taal gebesig. In
Friesland
het ook Wes-Fries amptelike status.
Die gebruik van die Nederlandse standaardtaal (
Algemeen Beschaafd Nederlands, ABN
) het danksy die invloed van onderwys en die media steeds meer toegeneem – ten koste van die dialekte. Intussen oefen ook Engels sterk invloed op Nederlands uit. Die omgangstaal van jongmense toon soms sterk invloede van immigrantetale soos
Turks
Arabies
, Papiaments en
Sranantongo
Nederlandse Antille
wysig
wysig bron
Op die Nederlandse Antille, (Aruba, Curaçao,
Bonaire
, Sint Maarten,
Sint Eustatius
en
Saba
) is Nederlands veral 'n onderwys- en bestuurstaal. Die onderlinge bevolking praat op die ABC-eilande veral Papiaments, 'n Portugese kreoolse taal met Nederlandse en andere invloede. Op die S-eilande word Engels gepraat. Nederlands is die taal van die skole en baie Antiliane wil in Nederland kom werk of studeer. Vir 'n klein aantal mense is Nederlands op die Antille die huistaal.
Suriname
wysig
wysig bron
Suriname was tot 1975 'n Nederlandse kolonie en Nederlands is die grootste taal van die land. 60
% van die bevolking gebruik Nederlands as eerste taal en vrywel alle mense praat Nederlands. Die verskeie bevolkingsgroepe in Suriname het egter ook hulle eie taal, maar Nederlands word, saam met Sranan, gebruik as omgangstaal. Nederlands is in Suriname beter veranker as op die Antille. Sedert 2005 is Suriname saam met België en Nederland lid van die
Nederlandse Taalunie
Frankryk
wysig
wysig bron
Die taalsituasie in
Frans-Vlaandere
Frans Vlaams
is die dialek wat gepraat word in die noordweste van
Frankryk
aan die Belgiese grens. Die aantal moontlike sprekers word geskat op 80 000 tot 100 000 mense, met 20 000 mense wat daagliks die taal gebruik en 40 000 wat die taal goed kan praat. Die taal het geen erkenning nie, die Nederlandse standaardtaal word nie gebruik nie en niks gebeur om die taal te bevorder of selfs te red nie. Die sprekers is dikwels ouer as 60 jaar alhoewel die jongeres nou Nederlands in die skool leer.
Duinkerken
en Rijsel (Lille) is oorspronklik Nederlandstalige stede wat verfrans het.
Duitsland
wysig
wysig bron
Verspreiding van Kleverlands in Duitsland
Die oorspronklike dialekte in die Duitse Nederrynstreek, die westelike Ruhrgebied asook dele van die Bergisches Land-streek kan in geskiedkundige opsig as Nederfrankies of Nederlands geklassifiseer word – alle Frankiese dialekte noord van die sogenaamde Uerdingse Lyn val in hierdie kategorie. Veral die Kleverlandse dialekte in Duitsland word dikwels as Nederlandse dialekte beskou.
In die meeste skole van die huidige administratiewe distrik Kleve (Nederlands
Kleef
) is Nederlands of Kleverlands nog in die 19de eeu as onderrigmedium gebruik.
13
Volgens sosio-linguistieke beginsels word die Nederfrankiese dialekte, wat deur die Duitse standaardtaal oorkoepel word, tans nie meer by Nederlands gereken nie en maak dus deel uit van die Duitse dialekkontinuüm.
14
Klein invloede van Nederlands kan nog steeds in plaaslike Duitse dialekte aangewys word.
Indonesië
wysig
wysig bron
Kaart van
Nederlands-Indië
in 1893
Toe die
Verenigde Oos-Indiese Kompanjie
in 1799 bankrot gespeel het, is sy besittings in Oos-Indië deur die Nederlandse staat oorgeneem. Groot dele van
Sumatra
, dele van
Borneo
, later ook
Bali
, is vervolgens verower. Nederlands-Oos-Indië het uit 'n verskeidenheid gebiede sonder sentrale koloniale administrasie bestaan, waaronder handelsposte, plantasies en militêre basisse. Die koloniale owerhede het min belang in die bevordering van die Nederlandse taal en kultuur, die opbou van 'n onderwysstelsel met Nederlands as voertaal of enige ander nie-ekonomiese aktiwiteit gestel. Die hoofdoelwit was die ontginning van en handel met Oos-Indië se natuurlike hulpbronne om maksimum-wins uit die kolonie te haal. Eers vanaf die vroeë 20ste eeu het Nederland begin om 'n moderne infrastruktuur met 'n skool- en gesondheidsstelsel op te bou.
Nederland se taalkundige en kulturele invloed was dus beperk, die gebruik van Nederlands as verkeers- en kultuurtaal selfs ongewens. Die taalbeleid van die koloniale owerheid was daarop gemik om Nederlandse taalkennis as 'n voorreg van die blanke bevolking en 'n klein inheemse elite te beskerm om enige eise van gelyke regte vir
Javane
, Balinese en ander
inheemse volke
te voorkom.
So het die getal Nederlandsprekendes eers in die 20ste eeu van slegs 5
000 in 1900 tot sowat 860
000 in 1942 gestyg. 'n Belangrike voorvereiste vir dié groei was die toelating van inheemse leerders tot onderwys in Nederlands. In 'n totale bevolking van 70 miljoen het Nederlandssprekendes egter 'n klein minderheid gebly.
15
In Indonesië, 'n Nederlandse kolonie tot 1949, is Nederlands tans dikwels 'n voorvereiste vir die studie van die geskiedenis en die regswetenskappe van
Indonesië
. Nederlands is dus 'n belangrike akademiese bronnetaal. In Indonesië self is daar nog steeds heelwat ou mense wat Nederlands verstaan en/of kan praat. Van die mense praat die kenmerkende
Petjoh
; 'n gekreoliseerde vorm van Nederlands. Dit word ook onder ouer mense van gemengde Nederlandse en Indonesiese afkoms (die sogenaamde
Indo's
of
Indische Nederlanders
) in Nederland gepraat. 'n Ander kreoolse vorm van Nederlands was Javindo, hierdie vorm is nou uitgesterf. Die Nederlandse taal word geleer op spesiale skole in
Djakarta
Bandoeng
, Soerabaja en Jogjakarta. Jaarliks leer meer as 10
000 studente Nederlands in Indonesië. In die dorp
Depok
is Nederlands nog die dominante taal.
Verenigde State van Amerika
wysig
wysig bron
Verspreiding van Nederlands in die Verenigde State
In
Noord-Amerika
word teen die begin van die 20ste eeu nog wel Nederlands in 'n aantal dorpe gepraat; Nederlands dien toe dikwels as preektaal in die kerke, en daar verskyn ook Nederlandse koerante. Hierdie klein taalgemeenskappe het intussen verengels. Party van hierdie verengelste gemeenskappe -- soos in
New Jersey
en
New York Stad
-- dateer van groepe mense wat in die sewentiende eeu soontoe getrek het (Bergen County, Ramapough) en hul dialekte het baie na Seeus (
Zeeland
se dialek) gelyk.
Nederlands is egter nog steeds die huistaal van klein groepe immigrante in Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde State, soos in
Michigan
(Holland, Overisel) en
Iowa
(Pella), wat van die 19de eeu stam. Nederlands is hierby 'n klein
wêreldtaal
Geskiedenis van Nederlands in Suid-Afrika
wysig
wysig bron
Hoofartikels:
Geskiedenis van Nederlands
en
Erkenning van Nederlands
Nederlandse taalgeskiedenis
wysig
wysig bron
Die taalgrens in Noord-Frankryk.
Die Nederlandse taalgebied in Europa
Die verspreiding van Nederlands (en Afrikaans)
Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal. Die oudste taalvorm is Oudnederfrankies of Wesnederfrankies, wat in die "Lae Lande" van die
Frankiese Ryk
ontwikkel, alhoewel die taal ook onder die invloed van
Fries
en Saksies kom. Met die uitbreiding van die Saliese of Wes-
Franke
na die gebied van die huidige Nederland en Vlaandere ontstaan reeds vanaf die vierde eeu 'n Germaanse taalgebied op Romeinse gebied, wat later met die verowering van Noord-
Gallië
(486) ook na die Romaanstalige gebiede van die suide uitgebrei word. Die kontak met die Wesfranke oefen 'n groot invloed op die ontwikkeling van die Noord-Franse taal, die
langue d'oïl
, uit en lei tot die taalkundige skeiding van die suide, wat met onder meer
Oksitaans
, die
langue d'oc
sy eie taalvorm en kultuur ontwikkel (
oïl
en
oc
is die
sjibboletwoorde
vir 'ja', onderskeidelik in Noord- en Suid-Frankryk).
Die Indo-Europese taalwetenskap beskou Nederlands naas Nedersaksies en Oosnederduits as die westelike tak van die Nederduitse dialekgroep. Nederlands en die Nederduitse dialekte is nou verwant sodat sprekers van albei tale mekaar maklik kan verstaan. Nederduits is ook die taal waarin tydens die
Tweede Vryheidsoorlog
die politieke gesprekke tussen president
Paul "Oom Paul" Kruger
en die Duitse keiser
Wilhelm II
plaasvind.
In die 17de eeu is daar nog steeds inheemse bronne wat Nederlands by die Duitse taalgebied reken. Alhoewel Nederlands aanvanklik net soos Nederduits ondanks die klankverskuiwing nog nouverwant is aan Hoogduits en die Nederlandse dialekte geleidelik oorgaan na Nederduitse, is daar besondere omstandighede wat verseker dat Nederlands as 'n eie taalvorm kan ontwikkel.
Anders as die yl bevolkte Nederduitse vlaktes is Nederland en veral Vlaandere reeds vanaf die middeleeue digbevolkte gebiede met 'n groot verstedelikte bevolking en 'n ryk kulturele lewe en literatuur in die landstaal. Daar is minder kontak met die Hoogduitse taalgebied, aangesien die
suidelike Nederlande
(veral Vlaandere) al vroeg hul eie identiteit en kultuur ontwikkel en na die noorde uitbrei. Ook die vryheidsoorlog teen die Spanjaarde en die afsonderlike godsdienstige ontwikkeling deur die uitbreiding van die calvinisme in die noorde skep 'n klimaat wat die vorming van 'n eie nasionale bewussyn bevorder.
Die oudste Nederlandse grammatika, die
Twe-Spraack
dateer uit die 16de eeu. Hierdie boek is 'n aanset om die volkstaal te ontwikkel tot 'n standaardtaal. Begin 17de eeu word 'n vertaling van die
bybel
in Nederlands begin. Hierdie vertaling is in 1635 gereed en omdat dit 'n boek is wat in die hele taalgebied versprei het, het dit taalkundig 'n belangrike invloed gehad op die standaardtaal; baie woorde en uitdrukkinge wat vandag in die standaardtaal aanwesig is, is oorspronklik afkomstig uit die Statenbybel.
Die huidige Nederlandse standaardtaal berus op die Nederduitse skryftaal van die 17de eeu, waarby die woordeskat geleidelik met Brabantse en Hollandse vorme uitgebou is. 'n Ouer taalvorm is die verkeerstaal van die Hanse, wat vir die handel en wetenskap ontwikkel is en net soos in Noord-Duitsland ook eeue lank in
Antwerpen
Brugge
en
Holland
gebruik word.
In teenstelling met die huidige Hoogduits bewaar Nederlands talle Ou-Duitse woordvorme soos
oorlog
lenen
kiezen
(vergelyk Duits
Kurfürst
en
auserkoren
) en
verbazen
. Nederlands is nie deur die tweede Germaanse klankverskuiwing beïnvloed nie, waarby byvoorbeeld "t" tot "ss" en "z" (/ts/), "p" tot "f" en "pf" en "k" tot "ch" ontwikkel: Vergelyk Nederlands
water
met Duits
Wasser
zout
met
Salz
(/zalts/),
kopen
met
kaufen
paard
met
Pferd
en
zoeken
met
suchen
. Nederlands ondergaan ook party eie veranderings. In woorde soos
zout
(sout) het
-al-
of
-ol-
na
-ou-
verander.
Aan die begin van die 19de eeu word begin met die standaardisering van die spelling; die eerste spelling wat in groot gebruik raak is die spelling van Siegenbeek. Die spelling word nog verskeie male aangepas, waarna gestandaardiseer word op die spelling van De Vries en Te Winkel, in 1864 in België en in 1883 in Nederland. Die spelling van De Vries en Te Winkel blyk dusdanig bruikbaar dat, alhoewel daar enkele moderniseringe was, hy vandag nog altyd gebruik word. Ook in die Afrikaanse spelling is nog baie elemente uit die spelling van De Vries & Te Winkel aanwesig.
Danksy die kontak met die Franse taalgebied is daar vroeër 'n groot aantal woorde uit Frans ontleen, waarby die Franse taal nog steeds 'n invloed op die Nederlands van Vlaandere uitoefen. Die wedersydse beïnvloeding tussen Frans en Nederlands kan byvoorbeeld gesien word in 'n woord soos
mitrailleur
; hierdie Franse leenwoord het as basis die Franse
mitraille
, wat op sy beurt afkomstig is uit die Germaanse woord
maitan
, wat binne Nederlands geëvolueer het tot
mijt
. Vandag kom die meeste leenwoorde in Nederlands uit die Engelse taal.
Die struktuur van die Nederlandse taal stem grotendeels ooreen met Nederduits, alhoewel die grammatika geleidelik vereenvoudig is. Die sinsbou is feitlik onveranderd.
Taalkundige terme
wysig
wysig bron
In die
Middeleeue
word die Nederlandse taal meesal
Duuts
of
Diets
genoem, wat eintlik "volkstaal" beteken ('diet' = volk) en ter onderskeiding van die Latynse taal van die kerk en die Frans van die adel dien.
In sy gediftongeerde vorm
Duits
word hierdie term nog in die 17de eeu gebruik; later word na die Germaanse taal van die Nederlande as Nederduits verwys, in teenstelling met Opperduits (die Hoogduitse taal in Duitsland).
Nederduits is vandag net die taalkundige term vir die dialekte van Noord-Duitsland, wat nie aan die tweede Germaanse klankverskuiwing deelgeneem het nie. Die Engelse benaming vir Nederlands,
Dutch
, en ook die term "Nederduits" of "Nederduitsch" in die name van die Afrikaanse drie Susterskerke van Suid-Afrika, herinner nog aan die ou benaming.
Nederlands as kultuurtaal in Duitse gebiede
wysig
wysig bron
Verspreiding van
Nederduits
in
Denemarke
Noord-Duitsland
en Nederland. Die gebied wordt soms ook Nedersaksies genoemd
Verspreiding van
Nedersaksies
in Noord-Duitsland en Nederland
Nederlandse en Vlaamse immigrante het hulle al in die 12de eeu in 'n aantal gebiede in Noord- en Sentraal-Duitsland gevestig, waaronder die streek tussen die
Weser
- en
Elberiviermondings
, in Oos-Holstein en veral in
Brandenburg
Sakse
en
Thüringen
. Dikwels is Nederlandse immigrante vanweë hulle vaardighede as ambagsmanne en kunstenaars, maar ook vir die bou van dyke en die kolonisasie van Oos-Duitse grensgebiede deur Duitse vorste uitgenodig. Enkele generasies lank het Nederlands as die skryf- en omgangstaal van hele dorpsgemeenskappe gedien, maar is uiteindelik deur Duits verdring. Klein invloede van
Nederfrankies
kan nog steeds in plaaslike
Nedersaksiese
dialekte aangewys word.
In die 16de en 17de eeu het Nederlands nog eens 'n belangrike rol as kultuurtaal in Nederduitse gebiede gespeel. Reisende toneelgeselskappe uit Nederland het hulle opvoerings in Noord-Duitsland soms in Nederlands aangebied.
16
In die Nederduitse en Pruisiese kusgebiede, veral in hawestede soos
Emden
Bremen
Hamburg
Lübeck
Rostock
Stettyn
Danzig
en
Königsberg
(tans
Kaliningrad
), het Nederlands daarnaas ook as korrespondensie- en verkeerstaal en in die
Skandinawiese
en
Baltiese gebiede
as die taal van die skeepvaart gedien. Nederlandse skeeps-, seemans- en navigasieterme is vanaf die "
Goue Eeu
" (omtrent 1650) tot by die 19de eeu ontleen. Vir die navigasie-onderwys in Hamburg is in die tydperk tussen 1749 en 1810 Nederlandse vakboeke gebruik.
17
Nederlands het sy grootste invloed vanaf die tydperk van die
Protestantse Hervorming
tot by die eerste helfte van die 19de eeu op die Duitse gebiede langs die Nederlandse grens uitgeoefen – in
Oos-Friesland
, die graafskappe Bentheim, Lingen en Steinfurt, die gebiede Gronau, Gemen, Werth en Anholt, die hertogdomme Kleve, Geldern en Jülich, die graafskap Moers en die keurvorstelike Keulense gebied Rheinberg het Nederlands as inheemse of vreemde skryf-, onderwys- en kerktaal gedien. In gevalle waar die plaaslike Nederduitse dialek nou verwant was aan Nederlands, het die taal naas Hoogduits 'n funksie as standaardtaal vervul, terwyl ook gereformeerde kerkgemeentes en Mennoniete om godsdienstige redes die voorkeur aan Nederlands gegee het.
18
Nederlands as vreemde taal
wysig
wysig bron
Tans bied sowat 250 universiteite wêreldwyd kursusse in Nederlands aan. Skole in Wallonië (die Franssprekende gewes van Suid-België), Brussel en Noord-Frankryk bied Nederlands as 'n eerste of tweede vreemde taal aan.
19
Daar is tientalle sekondêre skole in die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale (wat aan die Nederlandse taalgebied grens) waar Nederlands as 'n verpligte of addisionele taalvak aangebied word.
Taalunie
wysig
wysig bron
Die Nederlandse Taalunie:
██
Lidlande
██
Nie-Nederlandse taalgebied in lidlande
██
Spesiale verhoudings met die Taalunie
██
Andere gebiede waar Nederlands (of Afrikaans) gepraat word
Die
Nederlandse Taalunie
sorg vir die behoud en die bevordering van die Nederlandse taal. Die lede is Nederland, België en Suriname. Die Taalunie het ook 'n spesiale band met Suid-Afrika en Indonesië. Daar het in die verlede dikwels stemme opgegaan om Suid-Afrika ook as lid te aanvaar. Suid-Afrika kan steeds lid word van die Nederlandse Taalunie, maar die huidige Suid-Afrikaanse regering sien daar geen heil in nie. Om die onwillige Suid-Afrikaanse regering te omseil, kan die Afrikaners as "groep" aansluit. Tog is daar baie min Afrikaners wat belangstel in nouer bande met Nederlands. Die Nederlandse vaktydskrif Onze Taal speel 'n aktiewe rol in die bekendstelling van Afrikaans in Nederland en Vlaandere.
Nederlanders
Vlaminge
, Surinamers, Antilliane en Afrikaners kan mekaar sonder veel moeite begryp. Afrikaans staan dikwels digter by die Nederlandse Standaardtaal as menige Nederlandse dialekte in Europa. Sommige mense wil Afrikaans en Nederlands weer nouer sien saamwerk om sodoende 'n wal op te werp teen die toenemende verengelsing in die Suid-Afrikaanse- en Nederlandse bedryfslewe.
Nederlandse dialekte
wysig
wysig bron
Nederlandse dialekte
Suriname
Aruba
Curaçao
Sint Maarten
Die kaart aan die regterkant gee 'n oorsig oor die verspreiding van die Nederlandse
dialekte
, alhoewel die meeste oorgangsdialekte nie vertoon word nie.
A.
Suidwestelike dialekgroep (Seeus/Wes-Vlaams)
1.
Wes-Vlaams
, insluitende
Frans-Vlaams
en
Seeus-Vlaams
2.
Seeus
B.
Noordwestelike dialekgroep (
Hollands
3.
Suid-Hollands
4.
Weshoeks
5.
Waterlands
en
Volendams
6.
Saans
7.
Kennemerlands
8.
Wes-Fries
9.
Bildts
Midslands
Stadsfries
en
Amelands
C.
Noordoostelike dialekgroep (
Nedersaksies
10.
Kollumerlands
11.
Gronings
en
Noord-Drents
12.
Stellingwerfs
13.
Midden-Drents
14.
Suid-Drents
15.
Twents
16.
Twents-Graafskaps
17.
Gelders-Overyssels
18.
Veluws
D.
Noordelik-sentrale dialekgroep
19.
Utrechts-Alblasserwaards
E.
Suidelik-sentrale dialekgroep
20.
Suid-Gelders
21.
Noord-Brabants
en
Noord-Limburgs
22.
Brabants
23.
Oos-Vlaams
F.
Suidoostelike dialekgroep
24.
Limburgs
G.
Suriname
(nie in die prent nie)
25.
Surinaams-Nederlands
H.
Aruba, Curaçao en Sint Maarten
(nie in die prent nie)
26.
Antiliaans-Nederlands
Nederlandse Kreoolse tale
wysig
wysig bron
Suid-Afrikaanse provinsies met 'n meerderheid van Afrikaanstaliges. Daar is ook groot Afrikaanse gemeenskappe in die ander provinsies.
1.
Berbice-Nederlands
in
Guyana
2.
Skepi
in Guyana*
3.
Negerhollands
op die
Maagde-eilande
en
Puerto Rico
4.
Petjoh
in Indonesië
5.
Javindo
in Indonesië*
6.
Mohawk Nederlands
in die Verenigde State
7.
Jersey Nederlands
in die Verenigde State*
8.
Albany Nederlands
in die Verenigde State
9.
Afrikaans
in Suid-Afrika en Namibië (Halfkreool)
Oranjerivier-Afrikaans
Oosgrens-Afrikaans
Oorlangs
Kaapse Afrikaans
(* = bestaan nie meer)
Sien ook
wysig
wysig bron
Geskiedenis van Nederlands
Afrikaans hoort by Nederlands
Algemeen Nederlands Verbond
Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
Nederlandse dialekte
Valse vriende
Verskille tussen Afrikaans en Nederlands
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Dutch"
Ethnologue
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020
. Besoek op
25 April
2016
nl
"Nederlands, wereldtaal"
Nederlandse Taalunie
. 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2012
. Besoek op
16 Januarie
2012
en
Europese Kommissie (2006).
"Special Eurobarometer 243: Europeans and their Languages (Survey)"
(PDF)
. Europa
. Besoek op
16 Januarie
2012
"1% of the EU population claims to speak Dutch well enough in order to have a conversation." (bladsy 153)
en
"Census 2001 – Home language"
. Statistics South Africa
. Besoek op
2 Februarie
2010
[dooie skakel]
en
"Census 2001: Primary tables South Africa: Census 1996 and 2001 compared"
(PDF)
Statistics South Africa
. Statistics South Africa. 2001. p.
19. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 20 Desember 2014
. Besoek op
26 Oktober
2010
en
Bromber, Katrin; Smieja, Birgit (2004), "Globalisation and African languages: risks and benefits", Trends in Linguistics (Walter de Gruyter), bl. 1
nl
Taalunie: Het Nederlands is springlevend, maar... (10 Mei 2017)
nl
Taalunie: Publieksrapport Staat van het Nederlands (2017)
nl
Taalunie: Onderzoeksrapport – Staat van het Nederlands: Over de taalkeuzes van Nederlanders en Vlamingen in het dagelijks leven; pp. 266
Geargiveer
1 Junie 2019 op
Wayback Machine
af
Petrus van Eeden: Afrikaans hoort by Nederlands. Brevitas 1998, bl.20.
Beteken 'slang'. Die Sweedse woord vir 'worm' is
mask
Kan sowel 'slang' as 'worm' beteken. Die gewone Noorse woord vir 'worm' is
makk
de
Jan Goossens:
Niederdeutsche Sprache – Versuch einer Definition
. In: Jan Goossens (red.):
Niederdeutsch – Sprache und Literatur
. Neumünster: Karl Wachholtz 1973, bl. 9-27
de
Herman Vekeman en Andreas Ecke:
Geschichte der niederländischen Sprache
. Bern: Lang 1993, bl. 213-214
de
NEON Nederlands Online, Freie Universität Berlin: Struktur und Geschichte des Niederländischen. Besoek op 18 Junie 2013
de
Mitzka, W.:
Das Niederländische in Deutschland
. In: Niederdeutsche Studien. Festschrift für Conrad Borchling, Neumünster 1932, bl. 208
nl
Mitzka (1932), bl. 211; Steppes, O.:
Het Nederlandsch als zeemanstaal in Neder-Duitschland
. In: Wetenschap in Vlaanderen 4 (1939), bl. 134-139; Kluge, F.:
Seemannssprache. Wortgeschichtliches Handbuch deutscher Schifferausdrücke älterer und neuerer Zeit
. Halle 1911. Herdrukte uitgawe Kassel 1973
nl
Kremer, Ludwig:
Nachbarn. Das Niederländische als Kultursprache deutscher Gebiete
. Bonn: Presse- und Kulturabteilung der Kgl. Niederländischen Botschaft 1983, bl. 9-22
en
Nederlandse Departement van Buitelandse Sake
The Dutch Language
Geargiveer
1 Oktober 2006 op
Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikipedia
Sien gerus
Wikipedia
se uitgawe in
Nederlands
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Nederlands
Sien
Nederlands
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
af
nl
Nederlands
, Afrikaanse
Wikiboeke
en
nl
Dutch
, Engelse Wikiboeke
af
nl
Woordeboek Afrikaans <-> Nederlands
, Majstro.com
af
nl
Woordeboek Afrikaans <-> Nederlands
, Woordenboek.EU
af
nl
Woordeboek Afrikaans <-> Nederlands
, Woordentrainer.nl
af
nl
Woordeboek Afrikaans -> Nederlands
, Travlang.com
af
nl
Woordeboek Nederlands -> Afrikaans
, Travlang.com
af
nl
Woordeboek Afrikaans -> Nederlands
, De/Die Roepstem
af
nl
Woordelys Afrikaans -> Nederlands
Geargiveer
2 November 2010 op
Wayback Machine
, Suid-Afrika.nl
af
nl
Vertaal Afrikaans <-> Nederlands
, Google translate
af
nl
Sinne Afrikaans <-> Nederlands
, Dicts.info
af
nl
Sinne Nederlands <-> Afrikaans
, Wikitravel
en
Learn Dutch online for free!
, Dutch 101
nl
Nederlandse Taalunie
, beslisorgaan oor die Nederlandse taalsake
af
Afrikaans hoort by Nederlands (met gespreksforum)
, Petrus van Eeden
Indo-Europese tale
Kentum-tale
Germaanse tale
Noord-Germaanse tale
Deens
Faroëes
Noors
Bokmål
Nynorsk
) |
Sweeds
Yslands
Wes-Germaanse tale
Afrikaans
Duits
Engels
Fries
Noord-Fries
Oos-Fries
Saterfries
Wes-Fries
) |
Jiddisj
Limburgs
Luxemburgs
Nederduits
Nederlands
Oos-Vlaams
Wes-Vlaams
) |
Nedersaksies
Wes-Veluws
) |
Skots
Oos-Germaanse tale
Boergondies
(†) |
Goties
(†) |
Vandaals
(†)
Normdata
Internasionaal
FAST
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Letland
Swede
Israel
Ander
IdRef
Ontsluit van "
Kategorieë
Nederlands
Tale van Australië
Tale van Duitsland
Tale van Frankryk
Tale van Indonesië
Tale van Kanada
Tale van Nieu-Seeland
Tale van Suid-Afrika
Tale van die Verenigde State van Amerika
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Nederlands
Nuwe onderwerp