Olimpiese Somerspele 2008 - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XXIXe Olimpiade
Gehou in
Beijing
China
Deelnemende lande
204
Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete
10
942 (6
305 mans, 4
637 vroue)
Items
302 in 28 sporte
Openingseremonie
8 Augustus
2008
Sluitingseremonie
24 Augustus
2008
Amptelik geopen deur
President
Hu Jintao
Atlete-eed
Zhang Yining
tafeltennis
Beampte-eed
Huang Liping
gimnastiek
Olimpiese vlam
Li Ning
gimnastiek
Vorige Spele
2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele
2012: Londen (VK)
Die
Olimpiese Somerspele 2008
Chinees
: 第二十九届夏季奥林匹克运动会;
pinyin
Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì
), amptelik bekend as die
Spele van die XXIXste Olimpiade
, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 in
Beijing
China
, aangebied. Tydens die geleentheid het 10
942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillende
sportsoorte
deelgeneem.
Die
Nasionale Stadion van Beijing
Dit was naas die
Spele van 1964
in
Tokio
en die
Spele van 1988
in
Seoel
die derde
Olimpiese Somerspele
wat in
Asië
beslis is. Tokio sal later nog die
Spele van 2020
aanbied en Beijing die
Winterspele van 2022
. Naas Beijing was
Istanboel
Osaka
Parys
en
Toronto
kandidate vir die organisasie van die 2008-Somerspele gewees.
Die opening- en sluitingseremonies het in die
Nasionale Stadion van Beijing
, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met
Griekeland
die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taal
Mandaryns
is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.
Natalie du Toit
, swemmer en gouemedaljewenner tydens die
Paralimpiese Somerspele 2004
, het die
Suid-Afrikaanse vlag
ingedra.
Die
Paralimpiese Somerspele 2008
is tussen 6 en 17 September in Beijing gehou.
Toewysing
wysig
wysig bron
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008
Kaart van die Olimpiese Somerspele 2008 se wêreldwye fakkelloop
Beijing is op 13 Julie 2001 in
Moskou
deur die
Internasionale Olimpiese Komitee
gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (
Turkye
), Osaka (
Japan
), Parys (
Frankryk
) en Toronto (
Kanada
) gekies. Stede soos
Bangkok
Havana
Kaïro
Kuala Lumpur
en
Sevilla
was ook voorgestel, maar het nie die kortlys gemaak nie.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008
Stad
Land
Rondte 1
Rondte 2
Beijing
Volksrepubliek China
44
56
Toronto
Kanada
20
22
Parys
Frankryk
15
18
Istanboel
Turkye
17
Osaka
Japan
Omstredenheid
wysig
wysig bron
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord.
Amnestie Internasionaal
het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem.
Uit 'n ondersoek van
Play Fair 2008
10
'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van die
minimumloon
betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word.
11
Van die atlete was besorg dat die
lugbesoedeling
wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.
Seremonies
wysig
wysig bron
Skouspel tydens die openingseremonie
Skouspel tydens die sluitingseremonie
Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100
000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.
Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanaf
Athene
, deur die
Himalaja
, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits van
Berg Everest
gedra. Die voormalige Chinese gimnas,
Li Ning
, het die eer te beurt geval om die
Olimpiese vlam
aan te steek.
Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het die
Olimpiese vlag
aan die burgemeester van
Londen
Boris Johnson
oorhandig, waar die
2012-spele
aangebied gaan word.
Sporte
wysig
wysig bron
28 Olimpiese sportsoorte in 302 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 301 goue medaljes oorhandig.
Atletiek
(47)
Basketbal
(2)
Bofbal
(1)
Boks
(11)
Boogskiet
(4)
Driekamp
(2)
Fietsry
Baan
(10)
Bergfietsry
(2)
BMX
(2)
Pad
(4)
Gewigoptel
(15)
Gimnastiek
Artistiek
(14)
Ritmies
(2)
Trampolien
(2)
Handbal
(2)
Judo
(14)
Kanovaart
Slalom
(12)
Snel
(4)
Moderne vyfkamp
(2)
Pluimbal
(5)
Roei
(14)
Ruitersport
Dressuur
(2)
Driefasekompetisie
(2)
Spring
(2)
Sagtebal
(1)
Seilvaart
(11)
Skermsport
(10)
Skyfskiet
(15)
Sokker
(2)
Stoei
Grieks-Romeins
(7)
Vrystyl
(11)
Taekwondo
(8)
Tafeltennis
(4)
Tennis
(4)
Veldhokkie
(2)
Vlugbal
Vlugbal
(2)
Strandvlugbal
(2)
Watersport
Gesinchroniseerde swem
(2)
Sierduik
(8)
Swem
(34)
Waterpolo
(2)
Stadions
wysig
wysig bron
31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2008 gebruik:
Olimpiese Groen
wysig
wysig bron
Kaart van die sportplekke in Beijing
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008
Binneansig van die Beijing Nasionale Stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2008
Die Beijing Nasionale Swembad snags gesien
Die Beijing Instituut vir Tegnologie-stadion
Die Werkersstadion
Die Strandvlugbalgrond
Sjanghaistadion
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008
Stadion
Sporte
Kapasiteit
Beijing Nasionale Swembad
Swem
Sierduik
en
Gesinchroniseerde swem
17
000
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion
Gimnastiek
(artistiek, trampolien),
Handbal
(eindstryd)
19
000
Beijing Nasionale Stadion
seremonies (opening/sluiting),
Atletiek
Sokker
(eindstryd)
91
000
Olimpiese Groen Tennissentrum
Tennis
32
400
Olimpiese Groen Boogskietveld
Boogskiet
000
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum
Skermsport
Moderne vyfkamp
(skermsport, skietsport)
695
Olimpiese Groen Hokkieveld
Veldhokkie
17
000
Universiteitsgimnasiums
wysig
wysig bron
Stadion
Sporte
Kapasiteit
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium
Judo
Taekwondo
024
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium
Pluimbal
, Gimnastiek (ritmies)
500
China Landbou-universiteit Gimnasium
Stoei
000
Beijing Universiteitsgimnasium
Tafeltennis
000
Beihang Universiteitsgimnasium
Gewigoptel
400
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium
Vlugbal
000
Nuwe wedstrydplekke
wysig
wysig bron
Stadion
Sporte
Kapasiteit
Beijing Nasionale Akwatiese Sentrum
Swem
Sierduik
en
Gesinchroniseerde swem
17
000
Beijing Nasionale Binnenshuise stadion
Gimnastiek
(artisties, trampolien),
Handbal
(eindstryd)
19
000
Beijing Nasionale Stadion
Atletiek
Sokker
(eindstryd)
91
000
Beijing Wetenskap en Tegnologie Universiteitsgimnasium
Judo
Taekwondo
024
Beijing Skietbaansaal
Skyfskiet
(pistool, geweer)
000
Beijing Universiteit van Tegnologie Gimnasium
Pluimbal
, Gimnastiek (ritmies)
500
China Landbou Universiteitsgimnasium
Stoei
000
Laoshan Velodrome
Fietsry
(baan)
000
Olimpiese Groen Tennissentrum
Tennis
17
400
Beijing Universiteitsgimnasium
Tafeltennis
000
Shunyi Olimpiese Roei-Kanovaart Park
Roei
Kanovaart
en Swem (maraton)
37
000
Wukesong Binnenshuise stadion
Basketbal
18
000
Bestaande wedstrydplekke
wysig
wysig bron
Stadion
Sporte
Kapasiteit
Beihang Universiteitsgimnasium
Gewigoptel
400
Beijing Instituut vir Tegnologie Gimnasium
Vlugbal
000
Beijing Skietbaan Kleiteikengebied
Skyfskiet (haelgeweer)
000
Hoofstadse Binnenshuise stadion
Vlugbaö (eindstryd)
18
000
Fengtai Sagtebalveld
Sagtebal
13
000
Laoshan Bergfietsbaan
Fietsry (bergfiets)
000
Olimpiese Sportsentrum
Sokker,
Moderne vyfkamp
(perdry, hardloop)
36
228
Olimpiese Sportsentrum Gimnasium
Handbal
000
Werkers Binnenshuise Arena
Boks
13
000
Werkersstadion
Sokker
70
161
Ying Tung natatorium
Waterpolo
, Moderne vyfkamp (swem)
852
Tydelike wedstrydplekke
wysig
wysig bron
Stadion
Sporte
Kapasiteit
Strandvlugbalgrond
Vlugbal (strand)
12
000
BMX-veld
Fietsry (BMX)
000
Olimpiese Groen Boogskietbaan
Boogskiet
000
Olimpiese Groen Vergaderingsentrum
Skermsport
, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport)
695
Olimpiese Groen Hokkieveld
Veldhokkie
17
000
Driekampplek
Driekamp
10
000
Stedelike Fietsrypadkursus
Fietsry (padwedloop)
Nie gelys nie
Wukesong Bofbalveld
Bofbal
18
000
Buite Beijing
wysig
wysig bron
Stadion
Ligging
Sporte
Kapasiteit
Hongkong Perdryplekke
Hongkong
Ruitersport
18
000
Qingdao Internasionale Seiljagwedvaartsentrum
Qingdao
Seilvaart
Nie gelys nie
Qinhuangdao Olimpiese Sportsentrumstadion
Qinhuangdao
Sokker
33
572
Sjanghaistadion
Sjanghai
Sokker
80
000
Shenyang Olimpiese Sportsentrumstadion
Shenyang
Sokker
60
000
Tianjin Olimpiese Sportsentrumstadion
Tianjin
Sokker
60
000
Kalender
wysig
wysig bron
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
12
OS
Openingseremonie
Wedstryde
Wedstryde met medaljes
UG
Uitstallingsgala
SS
Sluitingseremonie
Augustus 2008
Wo
Do
Vr
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Items
Seremonies
OS
SS
Atletiek
47
Basketbal
Bofbal
Boks
11
Boogskiet
Driekamp
Fietsry
18
Gesinchroniseerde swem
Gewigoptel
15
Gimnastiek
UG
18
Handbal
Judo
14
Kanovaart
16
Moderne vyfkamp
Pluimbal
Roei
14
Ruitersport
Sagtebal
Seilvaart
11
Sierduik
Skermsport
10
Skyfskiet
15
Sokker
Stoei
18
Swem
34
Taekwondo
Tafeltennis
Tennis
Veldhokkie
Vlugbal
Waterpolo
Totaal
14
13
19
17
15
18
27
37
18
20
11
21
21
32
12
302
Kumulatief
21
34
53
70
85
103
130
167
185
205
216
237
258
290
302
Augustus 2008
Wo
Do
Vr
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Items
Deelnemende nasies
wysig
wysig bron
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die
Nasionale Olimpiese Komitees
wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Afghanistan
(4)
Albanië
(11)
Algerië
(62)
Amerikaanse Maagde-eilande
(5)
Amerikaans-Samoa
(4)
Andorra
(5)
Angola
(32)
Antigua en Barbuda
(5)
Argentinië
(137)
Armenië
(25)
Aruba
(2)
Australië
(433)
Azerbeidjan
(44)
Bahamas
(25)
Bahrein
(15)
Bangladesj
(5)
Barbados
(6)
België
(96)
Belize
(3)
Benin
(5)
Bermuda
(6)
Bhoetan
(2)
Bolivië
(7)
Bosnië en Herzegowina
(5)
Botswana
(12)
Brasilië
(277)
Britse Maagde-eilande
(2)
Bulgarye
(72)
Burkina Faso
(6)
Burundi
(3)
Chili
(27)
Colombia
(64)
Comore-eilande
(3)
Cookeilande
(4)
Costa Rica
(8)
Denemarke
(84)
Djiboeti
(2)
Dominica
(2)
Dominikaanse Republiek
(25)
Duitsland
(463)
Ecuador
(25)
Egipte
(103)
Ekwatoriaal-Guinee
(3)
El Salvador
(11)
Eritrea
(9)
Estland
(47)
Ethiopië
(22)
Fidji
(6)
Filippyne
(15)
Finland
(58)
Frankryk
(323)
Gaboen
(4)
Gambië
(3)
Georgië
(35)
Ghana
(9)
Grenada
(9)
Griekeland
(156)
Guam
(5)
Guatemala
(12)
Guinee
(5)
Guinee-Bissau
(3)
Guyana
(5)
Haïti
(7)
Honduras
(25)
Hongarye
(171)
Hongkong
(34)
Ierland
(54)
Indië
(57)
Indonesië
(24)
Irak
(4)
Iran
(55)
Israel
(43)
Italië
(344)
Ivoorkus
(20)
Jamaika
(50)
Japan
(351)
Jemen
(5)
Jordanië
(7)
Kaaimanseilande
(4)
Kaap Verde
(2)
Kambodja
(4)
Kameroen
(33)
Kanada
(332)
Kasakstan
(132)
Katar
(22)
Kenia
(56)
Kirgisië
(21)
Kiribati
(2)
Koeweit
(6)
Demokratiese Republiek die Kongo
(5)
Kongo
(5)
Kroasië
(105)
Kuba
(149)
Laos
(4)
Lesotho
(4)
Letland
(50)
Libanon
(5)
Liberië
(3)
Libië
(7)
Liechtenstein
(2)
Litaue
(71)
Luxemburg
(12)
Madagaskar
(4)
Malawi
(4)
Maledive
(4)
Maleisië
(33)
Mali
(17)
Malta
(6)
Marokko
(57)
Marshalleilande
(5)
Masedonië
(7)
Mauritanië
(2)
Mauritius
(12)
Meksiko
(85)
Mianmar
(6)
Gefedereerde State van Mikronesië
(5)
Moldowa
(31)
Monaco
(5)
Mongolië
(29)
Montenegro
(31)
Mosambiek
(5)
Namibië
(9)
Nauru
(1)
Nederland
(245)
Nederlands-Antille
(3)
Nepal
(8)
Nicaragua
(6)
Nieu-Seeland
(182)
Niger
(5)
Nigerië
(33)
Noord-Korea
(63)
Noorweë
(85)
Oekraïne
(254)
Oesbekistan
(58)
Oman
(5)
Oostenryk
(70)
Oos-Timor
(2)
Pakistan
(21)
Palau
(5)
Palestynse Owerheid
(4)
Panama
(3)
Papoea-Nieu-Guinee
(7)
Paraguay
(5)
Peru
(12)
Pole
(268)
Portugal
(77)
Puerto Rico
(22)
Roemenië
(102)
Rusland
(467)
Rwanda
(4)
Salomonseilande
(3)
Samoa
(6)
San Marino
(4)
Saoedi-Arabië
(16)
São Tomé en Príncipe
(3)
Senegal
(12)
Sentraal-Afrikaanse Republiek
(3)
Serwië
(92)
Seychelle
(8)
Sierra Leone
(3)
Singapoer
(25)
Siprus
(17)
Sirië
(8)
Republiek China
(80)
Slowakye
(57)
Slowenië
(62)
Soedan
(9)
Somalië
(2)
Spanje
(286)
Sri Lanka
(8)
St. Kitts en Nevis
(4)
St. Lucia
(6)
St. Vincent en die Grenadine
(2)
Suid-Afrika
(136)
Suid-Korea
(267)
Suriname
(4)
Swaziland
(4)
Swede
(134)
Switserland
(84)
Tadjikistan
(13)
Tanzanië
(10)
Thailand
(51)
Togo
(4)
Tonga
(3)
Trinidad en Tobago
(30)
Tsjad
(2)
Tsjeggië
(134)
Tunisië
(32)
Turkmenistan
(10)
Turkye
(68)
Tuvalu
(3)
Uganda
(15)
Uruguay
(12)
Vanuatu
(3)
Venezuela
(109)
Verenigde Arabiese Emirate
(8)
Verenigde Koninkryk
(311)
Verenigde State
(596)
Viëtnam
(21)
Volksrepubliek China
(639)
Belarus
(181)
Ysland
(28)
Zambië
(8)
Zimbabwe
(13)
Suid-Afrikaanse deelname
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
Suid-Afrika se
veldhokkiespan
net voor die wedstryd teen die Verenigde Koninkryk op 15 Augustus 2008
Die
Suid-Afrikaanse
swemmer
Natalie du Toit
, die wenner van vyf goue medaljes by die
Paralimpiese Somerspele 2004
, het gekwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Daarby word sy die eerste geamputeerde atleet wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer sedert
Olivér Halassy
in 1936.
13
14
Die Paralimpiese atleet
Oscar Pistorius
is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.
15
Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.
Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (
Godfrey Khotso Mokoena
vir verspring).
Hoogtepunte
wysig
wysig bron
Michael Phelps spog met een van sy goue medaljes tydens die Somerspele 2008
Michael Phelps
van die
Verenigde State
het agt goue medaljes tydens die Spele ingepalm, 'n wêreldrekord wat hom 'n totaal van 14 goue medaljes oor sy loopbaan besorg, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die Spele.
Usain Bolt
van
Jamaika
kon tydens die Spele drie goue medaljes verower en drie nuwe wêreldrekorde opstel, vir die 100
m, die 200
m en die 4x100 meter vryslagaflos. Verder het die Britse baanfietsryer Chris Hoy, die Australiese swemmer Stephanie Rice en die Chinese gimnas Zou Kai drie goue medaljes gewen.
Die Suid-Afikaanse atleet
Godfrey Khotso Mokoena
verower 'n silwer medalje in die verspring.
Kirsty Coventry
van
Zimbabwe
wen een goue (200
m rugslag) en drie silwer medaljes (100
m rugslag, 200
m wisselslag en 400
m wisselslag swem).
Natalie du Toit
behaal 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2uur 49.9 sekondes in die 10
km swem marathon. Haar tyd is min of meer 'n minuut en 'n half stadiger as die van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.
Getal medaljes
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Olimpiese Somerspele 2008 medaljes
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud
vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer
vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons
vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen
vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Swart
vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2008 deelgeneem het nie.
'n
geel vierkant
vertoon die gasheerstad (
Beijing
).
Blou sterre
vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Somerspele gewen het.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek
Land
Deelnemers
Goud
Silwer
Brons
Totaal
Volksrepubliek China
(CHN)
639
51
21
28
100
Verenigde State
(USA)
596
36
38
36
110
Rusland
(RUS)
467
22
21
29
72
Verenigde Koninkryk
(GBR)
311
19
13
15
47
Duitsland
(GER)
463
16
10
15
41
Australië
(AUS)
433
14
15
17
46
Suid-Korea
(KOR)
267
13
10
31
Japan
(JPN)
351
10
25
Italië
(ITA)
344
10
27
10
Frankryk
(FRA)
323
16
18
41
71
Suid-Afrika
(RSA)
136
Sien ook
wysig
wysig bron
Olimpiese Winterspele 2022
in Beijing
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"Factsheet – The Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. Desember 2017.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Factsheet – The Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. Desember 2017.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. Oktober 2017.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 22 April 2020
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. Oktober 2017.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 22 April 2020
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. 11 Januarie 2018.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"
(PDF)
Internasionale Olimpiese Komitee
. 11 Januarie 2018.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Africa
Amputee to fly SA's Olympic flag"
BBC
News. 8 Augustus 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019
. Besoek op
7 Maart
2018
en
"Past Olympic host city election results"
. GamesBids. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 10 November 2018
. Besoek op
7 Maart
2018
en
China: The Olympics countdown: Repression of activists overshadows death penalty and media reforms
Amnestie Internasionaal
en
Playfair webwerf
nl
Dagblad van het Noorden: Onderzoek organisatoren OS Peking naar misstanden
en
"Olympic Games Competition Schedule"
. BOCOG. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Augustus 2014
. Besoek op
28 Julie
2008
en
"Dreams carry Natalie Du Toit to Beijing"
Geargiveer
6 Julie 2008 op
Wayback Machine
The Telegraph
, 4 Mei 2008
en
"Du Toit, who lost leg in scooter accident, will swim in Beijing Games"
, Reuters, 3 Mei 2008
af
Talle maars in sage oor Oscar se ‘bene’, Volksblad, 31 Januarie 2008
[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Olimpiese Somerspele 2008
en
Beijing 2008
Olympic.org
Internasionale Olimpiese Komitee
en
Resultate en medaljewenners
Olympic.org
Internasionale Olimpiese Komitee
en
Olympics: 2004 to 2012
Olimpiese Spele
Olimpiese Somerspele
1896
1900
1904
1906
1908
1912
1916
1920
1924
1928
1932
1936
1940
1944
1948
1952
1956
1960
1964
1968
1972
1976
1980
1984
1988
1992
1996
2000
2004
2008
2012
2016
2020
2024
2028
2032
Olimpiese Winterspele
1924
1928
1932
1936
1940
1944
1948
1952
1956
1960
1964
1968
1972
1976
1980
1984
1988
1992
1994
1998
2002
2006
2010
2014
2018
2022
2026
2030
2034
Internasionale Olimpiese Komitee
Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die
IOK
georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.
Normdata
Internasionaal
VIAF
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Tsjeggië
Israel
Ontsluit van "
Kategorieë
Beijing
Geskiedenis van die Volksrepubliek China
Olimpiese Somerspele
Olimpiese Spele in China
Sport in 2008
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Olimpiese Somerspele 2008
Nuwe onderwerp
US