Oopbroninhoud - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kenteken van die
Definition of Free Cultural Works
projek
Opebroninhoud
vrye-inhoud
, of
libre-inhoud
is enige skeppende werk, soos 'n artikel, 'n prent, luister- en kykmateriaal, 'n kunswerk, 'n boek, 'n
sagteware program
, of enige ander kreatiewe
inhoud
wat aan die Definisie van Vrye Kulturele Werke (Definition of Free Cultural Works) voldoen. Spesifiek: "werke of uitdrukkings wat vrylik bestudeer, toegepas, gekopieer en/of gewysig kan word, deur enigiemand, vir enige doel",
insluitend, in sommige gevalle, kommersiële doeleindes. Vrye-inhoud omvat alle werke in die
publieke domein
en ook daardie
kopieregwerke
waarvan die
lisensie
die definisie van vrye kulturele werk eer en handhaaf.
In die meeste lande verleen die
Berne Konvensie
kopiereghouers by verstek
monopolieke beheer
oor hul skeppings. Daarom moet kopiereg-inhoud uitdruklik vry verklaar word deur die outeur(s), wat gewoonlik bewerkstellig word deur te verwys of lisensieverklarings van binne die werk in te sluit. Die reg om genoemde werk te hergebruik word deur die outeur(s) verleen in 'n lisensie bekend as 'n
vrye-lisensie
, 'n vrye-verspreidingslisensie, of 'n oop-lisensie, afhangende van die regte wat toegeken is. Hierdie vryhede wat aan gebruikers gegee word in die hergebruik van werke (dit wil sê die reg om hierdie werke vrylik te gebruik, te bestudeer, te wysig of te versprei, moontlik ook vir kommersiële doeleindes) word dikwels geassosieer met verpligtinge (om die oorspronklike outeur aan te haal, om die oorspronklike lisensie in stand te hou van die hergebruikte inhoud) of beperkings (uitgesluit kommersiële gebruik, die verbod op sekere media) wat deur die skrywer gekies is.
Daar is 'n hele spyskaart van gestandaardiseerde lisensies wat verskillende opsies bied wat skrywers toelaat om die tipe hergebruik van hul werk te kies wat hulle wil magtig of verbied (byvoorbeeld die sogenaamde
Creative Commons-lisensie
).
Definisie
wysig
wysig bron
'n
Vrye kulturele werk
is, volgens die "
Definition of Free Cultural Works
", een wat geen noemenswaardige wetlike beperking op mense se vryheid het om:
die inhoud te gebruik en daarby baat te vind,
die inhoud te bestudeer en dit wat geleer word toe te pas,
kopieë van die inhoud te maak en te versprei,
die inhoud te verander en te verbeter en hierdie afgeleide werke te versprei.
Alhoewel daar 'n groot aantal verskillende definisies in gereelde alledaagse gebruik is, is vrye-inhoud wetlik baie soortgelyk aan
oop-inhoud
. 'n Analogie is 'n gebruik van die mededingende terme
Vrye sagteware
en
Oopbronsagteware
, wat ideologiese verskille eerder as wettige verskille beskryf.
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Die eerste aangetekende gebruik van die term "opebroninhoud" was waarskynlik die poging van die
Koninklike Vereniging
om, as ’n openbare onderneming, inligting oor die wêreld heen te versprei en deel.
Opebroninhoudprojekte (in alfabetiese volgorde)
wysig
wysig bron
Aozora Bunko
- gratis digitale Japannese boek
Asian Open Source Centre
) - bevat ’n opebroninhoud GFDL-
wiki
op ’n oop bron (
Geargiveer
4 Desember 2004 op
Wayback Machine
Authorama Public Domain Books
) - XHTML CSS-boeke in die openbare domein met ’n soort wiki-aantekeningstelsel vir niegeregistreerde gebruikers
Berlios
Bitzi
– gratis gemeenskapsgeboude katalogus van digitale lêers
Bruce Perens' Open Source Series
Geargiveer
10 November 2004 op
Wayback Machine
) - Boeke omtrent
Linux
en ander
oopbronsagteware
California Open Source Textbook Project
) - K-12 handboeke en ander jaargangmateriaal
Common Content
) - ’n oop katalogus van
Creative Commons
met gelisensieerde inhoud
Connexions Repository
Geargiveer
23 November 2004 op
Wayback Machine
) – die
Rice-universiteit
se kursusstudiemateriaal
Creative Commons
Disinfopedia
Eldritch Press
Geargiveer
30 November 2004 op
Wayback Machine
) - boeke
ExtinctionLevelEvent.com
– Oopbronwebkomediant (
Free High School Science Texts
) (FHSST) is ’n projek wat gratis wetenskaphandboeke skep om sodoende die koste van handboeke te verminder, veral in
ontwikkelende lande
FreeMedia
Geargiveer
27 November 2004 op
Wayback Machine
) - voorraadfoto’s van die
Universiteit van Noord-Texas
GrokDoc
Geargiveer
20 Julie 2008 op
Wayback Machine
) - Bruikbaarheidstudie van die werk van GNU/Linux-nuwelinge
Jake
) - Navorsingsagteware en ’n databasis waarin die inhoud in ’n oop bron geberg is
GNUtemberg
) in Italiaans.
ibiblio
Libre Society
Geargiveer
13 Oktober 2010 op
Wayback Machine
) - ’n oopkultuurwerfbladsy
Linux documentation project
) - ’n Inhoudsprojek om dokumentasie vir Linux te ontwikkel
LOCA Records
) - ’n oopbroninhoud-platemaatskappy
Magnatune
) - ’n oopbroninhoud-platemaatskappy
Mediaweapon
Geargiveer
27 November 2004 op
Wayback Machine
) - Oopbroninhoud met die doel om politieke deursigtigheid in die rewolusionêre teorie te bedryf
MOAK47
Geargiveer
26 November 2004 op
Wayback Machine
) - Oopbroninhoud vir die skep en herskep van ’n samewerkende, weerstandige kultuur
Nupedia
Geargiveer
1 Junie 2001 op
Wayback Machine
) - ’n ensiklopedie
Opart
) - ’n oopbronkunspoel
Open Clip Art Library
) - ’n oopbron-knipkunsbiblioteek
Opencode
) - ’n konsortium vir oopbronnavorsing en -inhoud
OpenContent
) - ’n oopbron-lisensiëringskema vir inligting
Open Content for Education
Geargiveer
20 Julie 2003 op
Wayback Machine
Open Directory Project
) - ’n webinhoudsopgawe soos Yahoo!
Open-education.org
) - ’n deurgangs- en beyweringswerfblad vir die samewerkende skepping van oopbronopvoedingsmateriaal
Open Gaming Center
Geargiveer
1 Desember 2020 op
Wayback Machine
) - ’n oopbroninhoud-proefneming om speletjies en ’n speletjie-ensiklopedie te skep
Openlaw
) - ’n proefneming in oopbron-wetsargumente
Open Music Registry
) – opebronmusiekdeling deur middel van ’n “Open Audio License”
Open Photo
) - voorraadfoto’s
Open-Songs
Geargiveer
29 Oktober 2020 op
Wayback Machine
) - gratis MP3's
Opsound
) - ’n oopbronklankpoel van ’n platemaatskappy
OYEZ
) - multimedia van die
Hooggeregshof van die Verenigde State
Pickings.de
) - daaglikse oorsig oor die nuus
Prelinger Archives
) - regerings- en advertensiefilms
Project Gutenberg
PlanetMath
) - wiskunde
Sodipodi Clipart
) - ’n groot versameling van die wêreld se vlae en ander knipkuns
Wikimedia
Wikibooks
Wikipedia
- vrye ensiklopedie
Wikiquote
Wikiwoordeboek
Wikivoyage
- ’n reisgids
Wikitravel
- ’n reisgids (maar nie deel van
Wikimedia
nie)
Woochi
– ’n wynensiklopedie
World66
Geargiveer
22 Julie 2017 op
Wayback Machine
) - ’n oopbronreisgids
World Lecture Hall
Geargiveer
1 Augustus 2003 op
Wayback Machine
) – aanlyn studiekursusmateriaal
The Worldwide Lexicon
Lisensies
wysig
wysig bron
Creative Commons-lisensie
(11 weergawes)
Design Science License
GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
Open Content License
Open Directory Project License
gebruik deur die
Open Directory Project
Open Game License
– onder lisensie van die
Open Gaming Foundation
, soos opgestel deur die
Wizards of the Coast
Open Publication License
– onder lisensie van die
Open Content Project
Erkenning
wysig
wysig bron
Die lys van oopbroninhoudprojekte is gedeeltelik gebaseer op die
The Institutional Design of Open Source Programming
) beskikbaar by
Firstmonday
Verwysings
wysig
wysig bron
Erik Möller, e.a.
(2008).
"Definition of Free Cultural Works"
. 1.1. freedomdefined.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2016
. Besoek op
20 April
2015
Stallman, Richard
(13 November 2008).
"Free Software and Free Manuals"
Free Software Foundation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2021
. Besoek op
22 Maart
2009
Stallman, Richard
"Why Open Source misses the point of Free Software"
Free Software Foundation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2011
. Besoek op
5 Augustus
2016
Bronnelys
wysig
wysig bron
D. Atkins; J. S. Brown; A. L. Hammond (Februarie 2007).
A Review of the Open Educational Resources (OER) Movement: Achievements, Challenges, and New Opportunities
(PDF)
. Report to The William and Flora Hewlett Foundation.
Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD):
Giving Know
Geargiveer
7 Julie 2017 op
Wayback Machine
Ontsluit van "
Kategorieë
Rekenaars
Regte
Oopbroninhoud
Nuwe onderwerp
US