Plant - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Plante
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Eukaryota
(geen rang):
Diaphoretickes
(geen rang):
Archaeplastida
Koninkryk:
Plantae
sensu
Copeland, 1956
Superdivisies
Chlorokybophyta
Mesostigmatophyta
Spirotaenia
Chlorobionta
Kenrick & Crane 1997
Chlorophyta
Streptobionta
Kenrick & Crane 1997
Klebsormidiophyceae
Charophyta
Chaetosphaeridiales
Coleochaetophyta
Zygnematophyta
Embryophyta
Engler, 1892
Marchantiophyta
Bryophyta
Anthocerotophyta
Horneophyta
Aglaophyta
Tracheophyta
Sinonieme
Viridiplantae
Cavalier-Smith 1981
Chlorobionta
Jeffrey 1982, emend. Bremer 1985, emend. Lewis and McCourt 2004
Chlorobiota
Kenrick and Crane 1997
Chloroplastida
Adl et al., 2005
Phyta
Barkley 1939
emend.
Holt & Uidica 2007
Cormophyta
Endlicher, 1836
Cormobionta
Rothmaler, 1948
Euplanta
Barkley, 1949
Telomobionta
Takhtajan, 1964
Embryobionta
Cronquist et al., 1966
Metaphyta
Whittaker, 1969
Plante
is hoofsaaklik meersellige,
fotosintetiese
eukariote
van die
koninkryk
Plantae
. Dit bestaan uit meer as 300
000
spesies
, wat
organismes
insluit soos
bome
blomme
kruie
en
varings
Adiantum pedatum
('n
varing
).
Aristoteles
het alle lewende dinge in twee groepe ingedeel: "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "
diere
", wat wel beweeg en sintuie het. Alle
alge
en
swamme
is dus ook as plante beskou.
Joseph Priestley
het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse
suurstof
en
koolstofdioksied
bestudeer. Dit is sedertdien duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle die vermoë het om
energie
van
sonlig
vir
fotosintese
te benut.
Moderne klassifikasies sluit die swamme en sommige van die alge uit, sowel as die
prokariote
(die
Archaea
en
bakterieë
). Die
klade
Viridiplantae
Latyn
vir "groen plante") sluit die
bedeksadiges
naaldbome
en ander
naaksadiges
varings
en hulle verwante,
horingblad
lewermosse
mosse
en die
groenalge
in, maar sluit die
rooi-
en
bruinalge
uit.
Groen plante verkry die meeste van hulle energie van sonlig deur fotosintese deurdat primêre
chloroplaste
verkry word uit
endosimbiose
met
sianobakterieë
. Hulle chloroplaste bevat
chlorofil
a en b, wat hulle hulle groen kleur gee. Sommige plante is
parasiete
en het die vermoë verloor om normale hoeveelhede chlorofil te vervaardig of te fotosintetiseer. Plante word gekenmerk deur seksuele
voortplanting
en
generasiewisseling
, hoewel aseksuele voortplanting ook algemeen is.
Tussen 260
000 en 290
000 van die sowat 320
000 plantspesies vervaardig
sade
Groen plante verskaf ’n aansienlike deel van die wêreld se molekulêre suurstof,
en vorm die basis van die meeste
ekostelsels
. Plante wat
graan
vrugte
en
groente
vervaardig, verskaf ook basiese
kos
aan die
mens
en word al
millenniums
lank gedomestiseer. Plante word ook gebruik as ornamente en skryf- en boumateriaal, en vir
medisyne
. Die wetenskaplike bestudering van plante staan bekend as
plantkunde
of botanie, ’n tak van
biologie
Kladogram
wysig
wysig bron
Bedeksadig:
Magnolia virginiana
Naaksadig:
Picea glauca
'n Eenvoudige kladogram van groen plante is:
Viridiplantae
Groenalge
landplante
lewermosse (Marchantiophyta)
horingblad
(Anthoceratophyta)
blaarmosse
(Bryophyta)
wolfskloue (Lycophyta)
vaatplante
varings
(Pteropsida)
saadplante
naaksadiges
bedeksadiges
Evolusie
wysig
wysig bron
Stockmansella langii
, een van die oudste plante uit die Devoon. Die plante het nog geen blare gehad nie; net stingels.
Die
evolusie
van plante het gelei tot ’n toename in vlakke van ingewikkeldheid, van die vroegste alge tot die komplekse bedek- en naaksadiges van vandag.
’n Laag alge het 1,2
miljard jaar gelede op land gevorm, maar eers in die
Ordovisium
periode
, sowat 450
miljoen jaar gelede, het landplante hulle verskyning gemaak.
Daar is egter nuwe bewyse in
Prekambriese
gesteentes gevind wat daarop dui dat komplekse fotosintetiese plante meer as 1
miljard jaar gelede ontwikkel het.
Woude het teen die laat Devoon begin vorm.
Meer as ’n eeu lank is geglo die voorlopers van landplante het in ’n wateromgewing ontstaan en later by ’n lewe op land aangepas, ’n idee wat gewoonlik toegeskryf word aan die botanis Frederick Orpen Bower in sy boek van 1908,
The Origin of a Land Flora
. ’n Onlangse alternatiewe teorie, wat deur genetiese bewyse ondersteun word, is dat hulle uit eensellige alge op land ontwikkel het,
10
en dat selfs die gemeenskaplike voorloper van rooi- en groenalge, asook eensellige varswateralge, in ’n landomgewing in varswater-biofilms ontstaan het.
11
Primitiewe landplante het in die laat
Siluur
, sowat 420
miljoen jaar gelede, begin diversifiseer en teen die middel van die
Devoon
was die meeste eienskappe wat vandag in plante gesien word, teenwoordig – insluitende
wortels
blare
en sekondêre
hout
. Teen die laat Devoon het sade ontwikkel.
12
Plante het teen die laat Devoon dus ’n graad van sofistikasie bereik wat die vorming van woude met hoë bome moontlik gemaak het. Evolusie-innonvasies het in die
Kryt
en latere periodes voorgeduur en kom vandag steeds voor. Die meeste plantgroepe het taamlik ongedeerd van die
Perm-Trias-uitwissing
afgekom, hoewel die strukture van gemeenskappe verander het. Dit kon gelei het tot die evolusie van blomplante in die
Trias
(sowat 200
miljoen jaar gelede), wat ’n ontploffing in die Kryt en
Tersiêr
ondergaan het. Die laaste groot groep plante wat ontwikkel het, was die
grasse
, wat in die middel van die Tersiêr, vanaf omtrent 40
miljoen jaar gelede, belangrik geword het. Die grasse, asook baie ander groepe, het nuwe maniere van
metabolisme
ontwikkel om die min
koolstofdioksied
en warm, droë toestande van die
trope
oor die afgelope 10
miljoen jaar te oorleef.
Embriofiete
wysig
wysig bron
Dicksonia antarctica
, ’n spesie boomvaring.
Die plante wat waarskynlik die bekendste is, is die veelsellige landplante, oftewel
embriofiete
. Dit sluit
vaatplante
soos varings, naaldbome en blomplante in, asook die
briofiete
, waarvan blaarmosse en lewermosse die algemeenstes is.
Al hierdie plante het
eukariotiese
selle
, met selwande wat uit
sellulose
bestaan, en die meeste verkry hulle energie deur fotosintese – die gebruik van lig,
water
en koolstofdioksied om kos te fotosintetiseer. Sowat 300 plantspesies is nie in staat tot fotosintese nie en parasiteer op ander plante. Embriofiete word onderskei van groenalge, wat ’n soort fotosintese gebruik soos die plante waaruit moderne plante vermoedelik ontwikkel het; hulle het gespesialiseerde voortplantingsorgane wat deur nievoortplantingsweefsel beskerm word.
Briofiete het in die vroeë
Paleosoïkum
hulle verskyning gemaak. Hulle kom hoofsaaklik voor in omgewings waar vog vir aansienlike tydperke teenwoordig is, hoewel sommige spesies teen verdroging bestand is. Vaatplante het in die Siluur ontstaan en teen die Devoon gediversifiseer en na baie verskillende omgewings versprei. Hulle het ’n aantal aanpassings ondergaan wat hulle toegelaat het om in al hoe droër gebiede te oorleef, veral die vaatweefsel wat water en kos deur die hele organisme vervoer. Wortelstelsels, wat hulle in staat gestel het om water en voedingstowwe uit die grond te haal het ook in die Devoon ontwikkel.
Die eerste saadplante, pteridosperma (saadvarings), nou uitgestorwe, het in die Devoon ontwikkel en deur die Kryt gediversifiseer. Hulle was die voorlopers van moderne naaksadiges, waarvan vier groepe vandag wydverspreid voorkom, waaronder veral die naaldbome, wat in verskeie
biome
die oorheersende
boomsoort
is. Die naam "naaksadiges" kom van die feit dat dié plante se sade nie in ’n beskermende struktuur voorkom nie, maar naak gedra word.
Struktuur, groei en ontwikkeling
wysig
wysig bron
Die blaar is gewoonlik die belangrikste plek waar fotosintese in plante geskied.
Die meeste van die soliede materiaal in ’n plant word uit die
atmosfeer
geneem. Deur fotosintese gebruik die meeste plante die energie in sonlig om koolstofdioksied uit die atmosfeer en water in eenvoudige
suikers
om te skakel. Hierdie suikers word dan as boustene gebruik en vorm die hoofstruktuur van die plant. Chlorofil, ’n groen
magnesiumbevattende
pigment
, is noodsaaklik vir die proses; dit kom gewoonlik in die
blare
voor en dikwels ook in ander dele van die plant.
Plante maak op grond staat vir steun en water, maar kry ook samestellings van
stikstof
fosfor
kalium
, magnesium en ander voedingstowwe daaruit.
Lug-
en
rotsplante
is van lug en afval in die omgewing afhanklik vir voedingstowwe, en
vleisetende plante
verkry hulle voedingstowwe, veral stikstof en fosfor, uit
insekte
wat hulle vang. Die meeste plante het ook suurstof in die atmosfeer en om hulle wortels nodig vir asemhaling. Plante gebruik suurstof en
glukose
(wat uit gestoorde
stysel
verkry kan word) om energie te verskaf.
13
Sommige plante groei in die water en gebruik suurstof wat in die omringende water opgelos is, en ’n paar gespesialiseerde vaatplante, soos
wortelbome
en
fluitjiesriete
14
kan groei met hulle wortels in anoksiese water (met baie min opgeloste suurstof).
Faktore wat groei beïnvloed
wysig
wysig bron
Daar is in die
herfs
geen fotosintese in die blare van bladwisselende plante nie.
Die
genoom
van ’n plant beheer sy groei. Sekere variëteite of genotipes koring groei byvoorbeeld vinnig en is binne 110 dae ryp, terwyl ander in dieselfde omgewing eers binne 155 dae sal ryp word.
15
Groei word ook deur omgewingsfaktore beïnvloed, soos
temperatuur
, beskikbare water, lig en koolstofdioksied en beskikbare voedingstowwe in die grond. Enige verandering in die beskikbaarheid van hierdie toestande sal in hulle groei weerspieël word. Biotiese faktore kan ook ’n rol in groei speel. Plante kan so dig wees dat geen enkele plant normaal kan groei nie. Optimale plantgroei kan ook belemmer word deur plantvretende diere, swak grondsamestellings en deur insekte of
plantsiektes
15
Baie plante se groei hang van die
seisoene
af.
Jaarplante
groei en plant voort in een groeiseisoen, tweejarige plante in twee seisoene en
meerjarige plante
oorleef baie seisoene – en as hulle eers volgroeid is, sal hulle dikwels jaarliks voortplant. Dit hang gewoonlik af van klimaats- en ander omgewingsfaktore. Plante wat in berg- of gematigde streke eenjarig is, kan in warmer klimate meerjarig wees. Onder vaatplante kom beide
immergroen
en
bladwisselende
plante voor. Eersgenoemde behou hulle blare deur die jaar, terwyl laasgenoemde hulle blare vir ’n sekere tyd van die jaar verloor.
Plante se groeitempo wissel baie. Sommige mosse groei minder as 0,001
mm per uur, terwyl die meeste bome 0,025 tot 0,250
mm per uur groei.
Groeivorme
wysig
wysig bron
Sonder verwysing na hul verwantskap, kan plante volgens die aard van hul stingels en hul algehele groeivorme in breë groepe onderverdeel word. Plante word aldus as
bome
epifiete
, klouterplante, palms,
struike
, grasagtiges, kruidagtiges, grondbedekkers,
vetplante
geofiete
waterplante
of
varings
aangedui.
Meeste grasse is wel kruidagtig, maar hulle word beste beskryf deur die unieke kenmerke van hul plantfamilie (
Poaceae
) wat spesifieke morfologiese eienskappe besit. Hulle verskil van sowel houtagtige plante met verhoute weefsel as ander vorme van kruidagtige plante weens van hul unieke groeigewoontes. Hierdie planttipe het eensaadlobbige kenmerke, insluitend gelede stingels (halms), omhulselblare, 'n kololêre area, en 'n sagte, nie-verhoute stam wat deur waterdruk ondersteun word.
Kruidagtige plante is vaatplante wat saad produseer, nie houtagtige weefsel ontwikkel nie, en aan die einde van 'n groeiseisoen afsterf. Gewoonlik word slegs breëblaarplante wat nie grasagtig is nie hierby ingesluit. Kruidagtiges sal daarvolgens die graminoïde, dit is grasse (d.w.s. Poaceae), biesies
(Cyperaceae) en duinbiesies
(Juncaceae) uitsluit. Hulle het bogronds geen permanente houtagtige stam nie, en word volgens hul lewensiklus as eenjariges, tweejariges of meerjariges geklassifiseer.
Kruidagtige plante het nie-houtagtige stingels wat uit sagte, buigsame weefsel bestaan, wat dikwels aan die einde van die groeiseisoen tot op die grond terugsterf, terwyl houtagtige plante weer harde, stewige stingels besit wat lignien en bas bevat wat die hele jaar deur voortbestaan. Hierdeur is hulle in staat om groter te groei en vir verskeie jare te leef.
Geofiete
is kruidagtige meerjarige plante wat ongunstige toestande oorleef deur voedingstowwe in ondergrondse stoororgane soos bolle, knolle, wortelstokke of risome te vergaar, wat hulle toelaat om jaarliks te hergroei. Die bogrondse dele van dié plante is tipies kruidagtig en sterf seisoenaal terug, terwyl die ondergrondse dele met hul gestoorde voedingstowwe die plant in staat stel om weer uit te spruit sodra toestande verbeter.
Ander koninkryke
wysig
wysig bron
Animalia
Monera
Protista
Fungi
Sien ook
wysig
wysig bron
Biologie
Plantkunde
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Lys van indringerplante in Suid-Afrika‎
Lys van onkruid in Suid-Afrika
Onkruid
Verwysings
wysig
wysig bron
Cavalier-Smith, T. (1981). "Eukaryote kingdoms: Seven or nine?".
BioSystems
14
3–
4):
461–
481.
doi
10.1016/0303-2647(81)90050-2
PMID
7337818
Lewis, L.A.; McCourt, R.M. (2004). "Green algae and the origin of land plants".
American Journal of Botany
91
(10):
1535–
1556.
doi
10.3732/ajb.91.10.1535
PMID
21652308
Kenrick, Paul; Crane, Peter R. (1997).
The origin and early diversification of land plants: A cladistic study
. Washington, D.C.: Smithsonian Institution Press.
ISBN
978-1-56098-730-7
Adl, S.M. et
al. (2005).
"The new higher level classification of eukaryotes with emphasis on the taxonomy of protists"
The Journal of Eukaryotic Microbiology
52
(5):
399–
451.
doi
10.1111/j.1550-7408.2005.00053.x
PMID
16248873
S2CID
8060916
"innominatesociety"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 Desember 2017
. Besoek op
12 Julie
2017
"Numbers of threatened species by major groups of organisms (1996–2010)"
(PDF)
. International Union for Conservation of Nature. 11 Maart 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 21 Julie 2011
. Besoek op
27 April
2011
Field, C.B.; Behrenfeld, M.J.; Randerson, J.T.; Falkowski, P. (1998).
"Primary production of the biosphere: Integrating terrestrial and oceanic components"
Science
281
(5374):
237–
240.
Bibcode
1998Sci...281..237F
doi
10.1126/science.281.5374.237
PMID
9657713
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 September 2018
. Besoek op
10 September
2018
Transition of plants to land
Geargiveer
2 Maart 2008 op
Wayback Machine
Strother, Paul K.; Battison, Leila; Brasier, Martin D.; Wellman, Charles H. (26 Mei 2011). "Earth's earliest non-marine eukaryotes".
Nature
473
(7348):
505–
509.
Bibcode
2011Natur.473..505S
doi
10.1038/nature09943
PMID
21490597
Harholt, Jesper; Moestrup, Øjvind; Ulvskov, Peter (1 Februarie 2016).
"Why Plants Were Terrestrial from the Beginning"
Trends in Plant Science
21
(2):
96–
101.
doi
10.1016/j.tplants.2015.11.010
PMID
26706443
Ponce-Toledo, R. I.; Deschamps, P.; López-García, P.; Zivanovic, Y.; Benzerara, K.; Moreira, D. (2017).
"An early-branching freshwater cyanobacterium at the origin of plastids"
Current Biology
27
(3):
386–
391.
doi
10.1016/j.cub.2016.11.056
PMC
5650054
PMID
28132810
Rothwell, G.W.; Scheckler, S.E.; Gillespie, W.H. (1989). "
Elkinsia
gen. nov., a Late Devonian gymnosperm with cupulate ovules".
Botanical Gazette
150
(2):
170–
189.
doi
10.1086/337763
JSTOR
2995234
Wilson, Edward O. (1973).
Life on Earth
(1ste
uitg.). Stamford, Conn., Sinauer Associates. p.
145
ISBN
978-0-87893-934-3
R.M.M., Crawford (1982). "Physiological responses in flooding".
Encyclopedia of Plant Physiology
12B
453–
477.
Robbins, W.W.; Weier, T.E.;
et al.
Botany: Plant Science
, 3de uitg., Wiley International, New York, 1965.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Plant
Wikiwoordeboek
het 'n inskrywing vir
plant
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die
Engelse Wikipedia
vertaal.
Normdata
Internasionaal
FAST
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Ander
IdRef
NARA
Taksonidentifiseerders
Plantae
Wikidata
Q756
Wikispecies
Plantae
AlgaeBase
APNI
54717
BioLib:
14871
CoL
EoL
281
EPPO
1PLAK
GBIF
iNaturalist
47126
ISC
107789
ITIS
202422
MycoBank
514430
NZOR:
3ead4965-50d6-4373-a616-240cc151c611
Open Tree of Life
5268475
Paleobiology Database
54311
Paleobiology Database
151418
PPE:
plantae
VicFlora
da1de22e-1d65-4197-9f4c-38ca39b964af
WoRMS
Ontsluit van "
Kategorie
Plante
Versteekte kategorieë:
Artikels met spesiemikroformate
AS1-bronne in Engels (en)
Taksonbalksjablone sonder from-parameter
Taksonbalkbladsye wat 'n Wikidata-item benodig
Plant
Nuwe onderwerp