Rusland - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Russiese Federasie
Российская Федерация
Rossijskaja Federatsija
Russies
Vlag
Wapen
Volkslied
Государственный гимн Российской Федерации
tr.
Gosoedarstwenni gimn Rossijskoi Federatsiji
Russies
vir: "Nasionale Volkslied van die Russiese Federasie")
Hoofstad
Moskou
55°45′N
37°37′O
55.750°N 37.617°O
55.750; 37.617
Grootste stad
Moskou
Amptelike
tale
Russies
Regering
President
Eerste minister
Federale
semi-presidensiële
grondwetlike
republiek
Wladimir Poetin
Michail Misjoestin
Onafhanklikheid
Vorming
Slovensk en Staraya Rusa
Rjoerik-dinastie
Kiëf-Roes
Wladimir-Soezda-Roes
Moskowië
Tsaredom van Rusland
Russiese Ryk
Russiese SFSR
Sowjetunie
• Russiese Federasie
• Huidige grondwet
2395 v.C.
862
882
1169
1283
16 Januarie
1547
22 Oktober
1721
6 November
1917
10 Desember
1922
25 Desember
1991
12 Desember
1993
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
17
098
246
(sonder
Krim
en
Sewastopol
km
ste
601
670 myl
13
(insluitende moerasse)
Bevolking
- 2022-skatting
Digtheid
147
182
123
(insluitende
Krim
en
Sewastopol
de
8,4 / km
181
ste
21,8 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2023
-skatting
$4
989
miljard
de
$34
837
(49
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2023
-skatting
$2
062
miljard
12
de
$14
404
(67
ste
MOI
2021
0,822
52
ste
baie hoog
Gini
2020
36,0
98
ste
medium
Geldeenheid
Roebel
RUB
Tydsone
Somertyd
UTC
+2
tot
+12
nie toegepas nie (
UTC
+2
tot
+12
Internet-TLD
.ru
.su
.рф
Skakelkode
+7
1.
27 andere inheemse tale
word sedert 1991 in verskeie streke as amptelike tale erken.
2. met
Krim
en
Sewastopol
is Rusland se oppervlakte 17
125
191
km² (6
612
073
myl²).
Rusland
Russies
: Росси́я,
Rossija
, [rɐˈsʲijə],
luister
hulp
inligting
), amptelik die
Russiese Federasie
Russies
: Росси́йская Федерaция,
Rossijskaja Federatsija
, [rɐˈsʲijskəjə fʲɪdʲɪˈratsɨjə],
luister
hulp
inligting
), is 'n
land
wat gedeeltelik in
Europa
en gedeeltelik in
Asië
lê. Die land lê egter vanuit 'n politieke oogpunt in Europa omdat die belangrikste deel, ook die hoofstad,
Moskou
, Europees is en sowat 70 persent van die bevolking daar woon.
Nasa
-Satellietbeeld van Rusland
Rusland se Verre Ooste: Petropawlofsk-Kamtsjatski, geleë teen die voet van die Korjakski-vulkaan op die skiereiland
Kamtsjatka
Met sy oppervlak van 17
098
246
km² is Rusland by verre die grootste land ter wêreld, byna twee maal so groot soos die tweede grootste land,
Kanada
. Dit grens aan (antikloksgewys van NW na SO):
Noorweë
Finland
Estland
Letland
Litaue
Pole
Belarus
Oekraïne
Georgië
Azerbeidjan
Kasakstan
, die
Volksrepubliek China
Mongolië
en
Noord-Korea
. Verder is dit deur 'n see of smal seestraat geskei van die
Verenigde State van Amerika
Alaska
),
Kanada
Turkmenistan
Iran
Turkye
Swede
en
Japan
Die moderne Russiese landsnaam
Rossija
vir Rusland het sy oorsprong in die Griekse weergawe
Rossia
van die historiese Oos-Slawiese benaming Roes (
Rus
) vir gebiede in die huidige Europese state Rusland, Belarus en Oekraïne wat deur Slawiërs bewoon is. Die vroegste bewoners het hulle sowat 100
000 jaar gelede in die weste van moderne Rusland gevestig. Voordat Slawiese groepe hulle vanaf die 6de eeu n.C. vanuit hul stamland in noordelike en suidelike rigting begin uitbrei het, is die noorde van Ruslad deur Fins-Oegriese en Baltiese volke bewoon, terwyl Indo-Europese
steppevolke
soos Koergan, Kimmerers,
Skitiërs
, Sarmate en Alane hulle in die suidelike streke gevestig het. Hulle is later opgevolg deur Grieke, Gote, Hunne en Aware.
Die oorspronklike Slawiese stamgebied was tussen die noordelike en suidelike streke in 'n gebied geleë wat rofweg deur die riviere Dnjepr en Boeg begrens is. Skandinawiese Wikings het vanaf die 8de eeu Oos-Europese riviere as krygers en handelaars bevaar en hulle hier met die Slawiese meerderheidsbevolking begin vermeng. Hierdie krygerkooplui, na wie ook as Waragiërs of Roes verwys word, het onder leiding van hul legendariese aanvoerder Rjoerik grootliks bygedra tot die stigting van die eerste Oos-Slawiese staat
Kiëf-Roes
met vroeë stedelike sentra in Nowgorod (gestig in 862) en Kiëf (tans
Kijif
, 879). Hul handelsbetrekkinge het tot
Konstantinopel
gestrek.
In die suidelike steppelandskappe en langs die Wolgarivier het Turkvolke uit Asië - Chasare en Wolga-Bulgare - ryke gestig wat handel gedryf het met die Roes, maar ook oorlog teen hulle gevoer het. Noue betrekkinge met die
Bisantynse Ryk
het grootliks bygedra tot Kiëf-Roes se aanvaarding van die Ortodokse Christelike geloof in 988.
Kiëf-Roes het uiteindelik verbrokkel en in talle klein
feodale
Russiese state verdeel. Die belangrikste hiervan was die Groothertogdom van Moskou of
Moskowië
. Moskou het mettertyd die omringende Russiese prinsdomme herenig en die plek van Kiëf-Roes ingeneem. Teen die 18de eeu het die land begin uitbrei en tot die groot en multi-etniese
Russiese Ryk
ontwikkel wat gestrek het van Pole in die weste tot die
Stille Oseaan
In die 20ste eeu het Rusland as die
Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
(RSFSR) die kernland gevorm van die
Sowjetunie
, die wêreld se eerste en grootste grondwetlik sosialistiese staat en saam met die Verenigde State van Amerika een van die wêreld se twee
supermoondhede
. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig as sy
de jure
-opvolger. Rusland is 'n permanente lid van die
Verenigde Nasies
se
Veiligheidsraad
en 'n voorste lid van die
Gemenebes van Onafhanklike State
(GOS) en die
G8
(deelname tans opgeskort).
Die binne- en buitelandse beleid van die Russiese Federasie word in die 21ste eeu deur twee kwessies oorheers. Die demokratiseringsproses in die Russiese binnelandse beleid het tot stilstand gekom, terwyl die land op internasionale vlak pogings onderneem om sy historiese status as grootmoondheid te herwin. In 'n multipolêre wêreld, waar die Volksrepubliek China dieselfde aspirasies huldig, maar met 'n veel groter en meer gevorderde industriële basis, is sulke verwagtinge moontlik te hoog gestel. Met die Verenigde State as grootskaalse netto-energie-uitvoerder, onder meer van vloeibare gas, is daar intussen 'n strawwe mededinger op Rusland se belangrikste uitvoermarkte, alhoewel die land se grootste gasuitvoerder
Gazprom
tans op die Europese mark nog substansiële kostevoordele bo Amerikaanse produsente geniet.
Etimologie
Die naam "Rusland" is ontleen aan 'n Middeleeuse Latynse naam vir Roes, 'n Middeleeuse staat wat veral deur
Oos-Slawiërs
bevolk was.
10
11
In die moderne geskiedenisskrywing word na dié staat algemeen as
Kiëf-Roes
verwys, genoem na sy hoofstad
Kijif
12
Die naam
Roes
op sigself is ontleen aan die vroeë Middeleeuse
Roes-volk
, wat oorspronklik 'n groep
Noorse
handelaars en krygers was wat hulle van oorkant die
Oossee
eers in die noordelike streek
Nowgorod
gevestig het en later 'n staat rondom Kijif gestig het.
13
'n Ander Middeleeuse Latynse naam vir Roes was
Roetenië
14
In Russies is die huidige landsnaam Росси́я (
Rossija
) ontleen aan die
Middel-Griekse
naam vir Roes, Ρωσία (
Rosía
).
15
'n Nuwe weergawe van die naam Roes, Росия (
Rosija
), is ontleen aan dié Griekse term en vir die eerste keer gebruik in 1387,
16
voordat dit in die 15de eeu in amptelike gebruik gekom het, hoewel die land tot aan die einde van die 17de eeu deur sy inwoners steeds Roes of die "Russiese land" genoem is.
17
18
Daar is twee woorde in Russies wat in
Afrikaans
as Russe vertaal kan word – русские (
russkije
) wat verwys na etniese
Russe
en россияне (
rossijane
) wat verwys na Russiese burgers, ongeag hul etnisiteit.
18
19
Geografie
Topografiese kaart van Rusland
Die Wasjoegan-rivier op die vlaktes van Wes-
Siberië
Sotsji
in die
Krasnodar-krai
Die Russiese Federasie lê uitgestrek oor die grootste deel van Noord-
Eurasië
. Vanweë sy grootte is daar groot eentonigheid én afwisseling. Sy klimaat, plantegroei en
grondsoorte
strek oor 'n groot gebied. Saam met die klimaat wissel die plantegroei: van die
toendra
van die Oos-Europese Vlakte en die
taiga
(naaldboomwoude) tot die
steppe
(grasvelde) en halfwoestyn aan die
Kaspiese See
. Daar is 28
Unesco
Wêrelderfenisgebiede
20
in die land.
Topografie
Die twee punte van Rusland wat die verste van mekaar geleë is, is sowat 8
000
km uitmekaar: die grens met Pole en die verre suidooste van die
Koerile
-eilande naby Japan. Rusland is oor elf tydsones versprei. Van die totale oppervlakte word 45 persent deur bosgebiede, 4 persent deur waterliggame, 13 persent deur landboustreke, 19 persent deur
rendierweivelde
en 19 persent deur ander landerye beslaan.
21
Die land het die wêreld se grootste oppervlakte woude
22
en is bekend as "die longe van Europa".
23
Net die
Amasonereënwoud
absorbeer meer
koolstofdioksied
. Dit voorsien Europa en die hele wêreld van 'n enorme hoeveelheid
suurstof
Russiese
hengelvlote
het toegang tot drie van die wêreld se oseane – die
Atlantiese
, die
Arktiese
en die
Stille Oseaan
– en hulle verskaf baie van die wêreld se visvoorraad.
24
Die
Kaspiese See
is die bron van wat beskou word as die wêreld se beste
kaviaar
Die grootste deel van Rusland – sowat driekwart van die totale oppervlakte – bestaan uit uitgestrekte vlaktes (die Oos-Europese en Wes-Siberiese Vlaktes is die grootstes op aarde), hoofsaaklik steppe na die suide en digte woude na die noorde met
toendra
aan die noordelike kus. Bergreekse word aangetref aan die suidelike grense: die
Kaukasus
, met
Elbroes
, teen 5
642
m (18
511
vt) is Rusland en Europa se hoogste punt, gevolg deur
Dychtaoe
met 'n hoogte van 5
205
m; en die Altai, asook in die oostelike dele, soos die Werchojansk-reeks en die vulkane op die
Kamtsjatka-skiereiland
. Die
Oeralgebergte
strek noord-suid en skei Europa van Asië. Dit is ook ryk aan minerale bronne. Altesaam 10% van die wêreld se bewerkbare grond lê in Rusland.
25
Rusland se kuslyn is langer as 37
000
km aan die Arktiese en die Stille Oseaan, sowel as die
Oossee
See van Azof
Swartsee
en
Kaspiese See
26
Die
Barentssee
Witsee
Karasee
Laptefsee
Oos-Siberiese See
Tsjoekotkasee
Beringsee
See van Ochotsk
en die
See van Japan
is met Rusland verbind. Groot eilande en eilandgroepe sluit in
Nowaja Zemlja
Franz Josef-land
Sewernaja Zemlja
, die
Nieu-Siberiese Eilande
Wrangeleiland
, die Koerile-eilande en
Sachalin
Rusland het duisende riviere en mere en het dus een van die wêreld se grootste binnelandse waterbronne. Die grootste van sy watermassas is die
Baikalmeer
, die wêreld se diepste en mees onbesoedelde varswatermeer.
27
Dit bevat meer as 'n vyfde van die wêreld se vars water.
28
Ander groot mere is onder andere die
Ladogameer
en die
Onegameer
Van sy 100
000 riviere
29
is die
Wolga
die land se bekendste, nie net omdat dit die langste rivier in Europa is nie, maar ook vanweë sy groot rol in die Russiese geskiedenis. Rusland se talle natuurlike hulpbronne sluit in
petroleum
aardgas
steenkool
hout
en
minerale
26
30
Klimaat
Klimaatsones in Rusland volgens die
Köppen-klimaatklassifikasie
Vier klimaatsones word in die Russiese Federasie aangetref – van noord na suid: die arktiese, subarktiese, gematigde en subtropiese sone.
Verskeie faktore bepaal Rusland se klimaat. Die enorme grootte van die land en die feit dat baie dele ver van die see is, veroorsaak dat daar in die grootste gebied 'n kontinentale klimaat is, behalwe in die toendra en die verre suidooste. Berge in die suide verhinder die vloei van warm lugmassas van die
Indiese Oseaan
af en die vlaktes in die weste en noorde stel die land bloot aan Arktiese en Atlantiese invloede.
31
In die grootste deel van die land is daar hoofsaaklik twee seisoene:
winter
en
somer
. Die
lente
en
herfs
is gewoonlik net kort tydperke van wisseling tussen baie lae en baie hoë temperature. Die koudste maand is Januarie (Februarie aan die kus), die warmste is gewoonlik Julie. Groot temperatuurverskille is tipies. In die winter word dit kouer van suid na noord sowel as van wes na oos.
Federale deelgebiede
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Federale deelgebiede van Rusland
Rusland se federale deelgebiede
Die Russiese Federasie bestaan vanaf 18 Maart 2014 uit 85 deelgebiede (Russies: субъекты;
soebjekti
). Hierdie gebiede het 'n gelyke verteenwoordiging in die
Staatsdoema
(2 afgevaardigdes per deelgebied), maar die mate van outonomie verskil.
Rusland onderskei die volgende ses kategorieë (soos vanaf 1 Maart 2008): 22 outonome republieke (state), 46
oblaste
(provinsies), 8
krais
(distrikte), 1
outonome oblast
, 5 outonome distrikte en 3
federale stede
Moskou
Sewastopol
en
Sint Petersburg
), wat vergelykbaar is met oblaste.
Regering en politiek
'n Nagaansig van die
Moskouse Kremlin
, setel van die president van Rusland, maar ook 'n eersterangse kompleks van katedrale, musea en paleise
Eerste minister
Michail Misjoestin
se nuwe kabinet op 21 Januarie 2020
Volgens die Russiese
grondwet
, wat op 12 Desember 1993 tydens 'n nasionale referendum aanvaar is, is Rusland 'n
federasie
en 'n semi-presidensiële
republiek
, waarin die
president
die
staatshoof
is
32
en die
eerste minister
die regeringshoof. Die Russiese Federasie is in wese 'n verteenwoordigende demokrasie. Die uitvoerende mag lê by die regering.
33
Die wetgewende mag lê by die regering en die twee kamers van die Federale Vergadering.
34
Die regering word gereguleer deur 'n stelsel van skeiding van magte soos bepaal in die
grondwet
Die federale regering bestaan uit die volgende:
Wetgewende mag: Die Federale Vergadering met sy twee kamers, die Staatsdoema (450 lede) en Federale Raad (176 lede), maak federale wette, verklaar oorlog, keur verdrae goed en kan die toekenning van geld aan ander instellings goed- of afkeur.
Uitvoerende mag: Die president is die hoofaanvoerder van die weermag, kan wetsontwerpe veto en stel die kabinet saam.
Geregtelike mag: Die konstitusionele hof, hooggeregshof, die hooggeregshof van arbitrasie en laer federale howe, waarvan die regters deur die Federale Raad aangestel word op aanbeveling van die president, vertolk wette en kan wette terugtrek wat hulle as ongrondwetlik beskou.
Volgens die Russiese grondwet is grondwetlike justisie in die howe gebaseer op die gelykheid van alle burgers,
35
die regters is onafhanklik en net onderworpe aan die wet,
36
verhore moet oop wees vir die publiek en beskuldigdes word verdediging gewaarborg.
36
Sedert 1996 is daar 'n moratorium op die
doodstraf
, hoewel dit nog nie wetlik afgeskaf is nie.
Die president word deur die volk gekies vir 'n termyn van ses jaar.
32
Hy is vir 'n tweede termyn herkiesbaar, maar nie vir 'n derde termyn nie.
32
Die laaste verkiesing is op 18 Maart 2018 gehou. Regeringsdepartemente bestaan uit die eerste minister en onderpremiers, ministers en ander verkose individue, wat almal deur die president aangestel word.
Van die belangrikste politieke partye in Rusland is
Verenigde Rusland
, die
Kommunistiese Party
, die
Liberaal-Demokratiese Party van Rusland
en
Regverdige Rusland
Buitelandse betrekkinge en die weermag
Die Oorwinningsdag-parade van 2010 in Moskou
Russiese valskermsoldate tydens 'n oefening in Kasakstan
Soldate vorm 'n eregarde terwyl 'n krans neergelê word by die Graf van die Onbekende Soldaat in die Alexandertuin vlakby die Moskouse Kremlin
Wat moderne wapentegnologieë betref, het Rusland nog steeds die status van supermoondheid. Die foto wys die Russiese Departement van Verdediging se beheersentrum vir die ultramoderne en unieke hipersoniese Avangard-wapenstelsel in Moskou
In die internasionale reg word erken dat Rusland die plek van die voormalige
Sowjetunie
ingeneem het.
37
Rusland sit die internasionale verpligtinge van die Sowjetunie voort, het die land se permanente plek ingeneem in die Veiligheidsraad van die
Verenigde Nasies
en het sy lidmaatskap oorgeneem van ander internasionale organisasies, asook sy regte en verpligtinge wat internasionale verdrae en skuld betref.
Rusland se buitelandse beleid het vele fasette. Die land het diplomatieke betrekkinge met 178 lande en het 140 ambassades.
38
Sy buitelandse beleid word bepaal deur die president en word geïmplementeer deur die departement van buitelandse sake.
39
As een van die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad speel Rusland 'n belangrike rol in die handhawing van internasionale vrede en veiligheid – asook in die oplossing van internasionale konflikte deur sy deelname aan die
Midde-Oosterse
Kwartet, die sesparty-samesprekings met
Noord-Korea
en die oplossing van die
Kosowo
-konflik. Rusland is lid van die
G8
(groep van agt nywerheidslande, maar tans opgeskort), die Europese Raad, die
Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa
en die Asiaties-Pasifiese Ekonomiese Samewerkingsforum. Rusland speel ook gewoonlik 'n leidende rol in streekorganisasies soos die
Gemenebes van Onafhanklike State
(GOS), Eurasiese Ekonomiese Gemeenskap, die Verdragsorganisasie vir Kollektiewe Veiligheid en die Shanghaise Samewerkingsorganisasie. Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie het Rusland 'n vriendskapliker dog wispelturige verhouding met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (
Navo
). Die Navo-Russiese Raad is in 2002 gestig om samewerking tussen hulle te bevorder.
40
Weermag en verdedigingsuitgawes
Rusland het Sowjet-bates oorsee oorgeneem en die meeste van die Sowjetunie se vervaardigings- en verdedigingsgeriewe is in die land self.
41
Die Russiese weermag bestaan uit die grondmag, vloot en lugmag. In 2006 het die weermag 1,03 miljoen lede in aktiewe diens gehad. Rusland het die grootste voorraad
kernwapens
in die wêreld en die tweede grootste vloot ballistiese-missiel-duikbote.
42
Die land vervaardig al sy eie militêre toerusting en is sedert 2001 die grootste verskaffer van wapens: Hy is verantwoordelik vir sowat 30% van wapenverkope wêreldwyd
43
en voer wapens na sowat 80 lande uit.
44
Net soos in die Sowjetunie is daar diensplig vir alle manlike burgers tussen 18 en 27 jaar. Weens verskeie probleme is die tydperk in 2008 begin verkort sodat kontraksoldate teen 2010 70% van die weermag kan uitmaak. Verdedigingsuitgawes het die afgelope ses jaar verviervoudig.
45
Die regering se amptelike militêre uitgawes in 2008 is $40 miljard,
46
hoewel verskeie bronne soos Amerikaanse Intelligensie
47
en die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies
48
dit heelwat hoër raam.
49
Tussen 2006 en 2015 word sowat $200 miljard bestee aan die opgradering van militêre toerusting.
50
Rusland op pad na 'n post-westerse wêreld
Die huidige tweeledige NAVO-strategie teenoor die Russiese Federasie, wat op militêre afskrikking en gelyktydige dialoogvoering steun, word in Moskou as bevestiging vir die vermoede geïnterpreteer dat die weste 'n aggressiewe beleid teen die land volg. So teken Russiese politici beswaar aan teen die "demonisering" van Rusland (wat ook ingang tot westerse media vind) en westerse bewerings oor 'n "dreigende gevaar uit die ooste" wat volgens die Russiese standpunt hoegenaamd nie bestaan nie.
Desondanks tree Rusland op die internasionale toneel as teenspeler van die supermoondheid Verenigde State op, soos ook weerspieël word in stygende verdedigingsuitgawes. In 2016 is die Russiese militêre besteding met 5,4 persent verhoog. Ekonomies betaal die Russiese Federasie 'n hoë prys vir hierdie beleid. So het die militêre ekonoom Wasili Satsepkin daarop gewys dat die militarisering van Rusland se staatsbesteding ekonomiese groei belemmer. Slegs die korrupte burokrasie trek volgens hom voordeel uit stygende verdedigingsuitgawes.
51
Sergei Sipljaef, 'n deskundige op die gebied van die volkereg, vrees dat Rusland se beleid van selfisolering, sy politieke veldtog teen die weste en grootskaalse beleggings in die wapenbedryf vir die Russiese ekonomie op die lang termyn op bankrotskap sal uitloop. Die geskiedenis van die Sowjetunie se verbrokkeling het volgens hom reeds die bewys gelewer dat Moskou militêre wedywering met die VSA nie kan bekostig nie.
52
Veranderende beleid teenoor Oekraïne en die Weste
Die Donbas-konflik in die Russiessprekendce ooste van Oekraïne en die Russiese anneksasie van die Krim-skiereiland word deur politieke analiste as uitvloeisels van Moskou se drasties veranderende binne- en buitelandse beleid beskou. Westerse deskundiges verskil nogtans oor die gevolgtrekkings waartoe regerings in Europa en Washington moet kom. Een hipotese beweer dat die opkoms van outoritêr-nasionalistiese strominge in Rusland tot 'n meer aggressiewe buitelandse beleid sal lei. 'n Ander teorie vewys in verband met Moskou se veranderende buitelandse beleid na Russiese vrese oor die sogenaamde "bonte rewolusies" in lande soos Oekraïne wat moontlik ook in Rusland aanhangers sal vind. Terwyl Rusland ekonomiese uitdagings in die gesig staar wat uit dalende pryse vir fossiele brandstowwe voortspruit, probeer Moskou moontlik die Russiese publiek se aandag op konflikte met ander lande te vestig en steun te werf vir 'n meer aggressiewe buitelandse beleid. Sommige analitici staan krities teenoor die optrede van westerse rolspelers soos NAVO, VSA en Europese Unie wat met hul poging om hul invloedsfeer na Oekraïne - en dus naby Rusland se grense - uit te brei net soos Moskou verantwoordelikheid dra vir die eskalerende Oekraïne-konflik.
53
Ekonomie
Ekonomiese ontwikkeling
Die Russiese motorvervaardiger Lada het reeds in die Sowjet-era begin om sy motors na Westerse lande uit te voer. Lada se "Projek C" is in 2006 in Moskou vertoon
Voor die
Oktoberrewolusie
was Rusland in vergelyking met ander Europese state 'n relatief onderontwikkelde land wat net oor 'n klein aantal nywerheidsgebiede in sy Europese gedeelte beskik het. Die ontwikkeling van die land se hoofsaaklike nywerheidsektore het oneweredig verloop, terwyl 'n groot deel van die beleggings uit die buiteland gekom het.
Die nuwe Sowjet-regering het belowe om die Russiese nywerheidsektor vinnig te ontwikkel en die ekonomiese vooruitgang van onderontwikkelde landelike gebiede te bevorder. Net soos in baie ander wêrelddele het die beleid van industrialisering in Rusland aanvanklik op swaar nywerhede soos die
yster
- en
staalbedryf
gekonsentreer. Gedurende
Josef Stalin
se heerskappy het in die 1930's grootskaalse beleggings in bestaande nywerheidsgebiede in die Europese gedeelte van die land plaasgevind, tog het ook steeds meer nywerhede in die ooste ontstaan. Belangrike projekte het staalfabrieke in die suidelike Oeral-berggebied en die Koezbas-steenkoolmynstreek van Wes-Siberië ingesluit.
In vergelyking met ander ekonomieë het Rusland taamlik laat van
steenkool
na alternatiewe energiebronne begin omskakel. Vanaf die 1960's is die ontginning van
ruolie
aardgas
en
waterkrag
egter vinnig ontwikkel. Waterkragsentrales in Wes-Siberië het die basis vir die opbou van die plaaslike
aluminiumnywerhede
gevorm. Die vervaardiging van verbruikersgoedere het daarenteen dekades lank min aandag geniet.
Landbou
In teenstelling met die groeiende nywerheidsektor het die
landbou
steeds die Achilleshiel van die Russiese ekonomie gevorm. Sedert die 1960's was die land verskeie kere gedwing om
graan
uit ander lande in te voer. Alhoewel die voedselproduksie aansienlik verhoog is, was hierdie groei net groot genoeg om met die bevolkingsaanwas tred te kan hou. Westerse deskundiges blameer die Sowjet-regering se agrariese beleid wat plase tot groot, maar minder effektiewe kollektiewe (
kolkhozi
) en staatsbeheerde bedrywe (
sovkhozi
) saamgesmelt het. Die staat se voorkeur vir grootskaalse projekte, wat kenmerkend vir die land se industriële projekte in die 20ste eeu was, is sodoende ook na die landbousektor uitgebrei.
Buitelandse handel
Die eksklusiewe ekonomiese sone van Rusland
Die Sowjet-regering het tydens Stalin se heerskappy groot moeite gedoen om 'n hoë graad van selfvoorsiening te bereik en sodoende heelwat beperkings op buitelandse handel geplaas. Die stigting van die Raad vir Onderlinge Ekonomiese Bystand (ROEB, Engelse afkorting: COMECON), die Oosbloklande se handelsorganisasie, het van die Sowjetunie en sy satellietstate ná die
Tweede Wêreldoorlog
'n soort geslote mark gemaak wat nouliks in die wêreldekonomie geïntegreer was.
Sowjet-Rusland se politieke leiers het uiteindelik besef dat die invoer van Westerse tegnologieë voordelig vir die land se ekonomiese ontwikkeling sou wees en hul ekonomiese beleid verander. Sowjet-Rusland het vervolgens handelsbande met lande dwarsoor die wêreld aangeknoop.
Buitelandse beleggings
Pyplynnetwerk van Rusland na Wes-Europa
Volgens die amptelike statistiekdiens
Rosstat
het buitelandse beleggings in die Russiese Federasie in 2011 met 66,1 persent gestyg tot VS$ 190,6 miljard, waarvan VS$ 18,415 miljard regstreekse beleggings ('n toename van 33,3 persent teenoor die vorige jaar).
Teen die einde van 2011 het die totale buitelandse belegging in die Russiese ekonomie VS$ 347,2 miljard beloop – 'n toename van 15,7 persent teenoor 2010.
54
In die tydperk tussen 2015 en 2018 het
regstreekse buitelandse beleggings
(RBB) slegs 0,2 persent van die Russiese Federasie se bruto geografiese produk beloop – die laagste persentasie van alle opkomende markte (laer as in Nigerië met 0,3 persent, Venezuela met 0,5 persent en Oekraïne met 2,7 persent). As herbeleggings in ag geneem word, styg hierdie ekonomiese aanwyser tot 1,5 persent van die BGP – meer as in Saoedi-Arabië, Nigerië, Suid-Korea, Suid-Afrika en Venezuela.
Sanksies, wat ná die besetting van die Krim-skiereiland en sy inlywing by die Russiese Federasie ingestel is, bly 'n belangrike faktor as buitelandse ondernemings beleggings in die land oorweeg, net soos die slegte beleggingsklimaat en lae groeivooruitsigte.
55
In die tydperk tussen 2015 en 2018 het
regstreekse buitelandse beleggings
(RBB) slegs 0,2 persent van die Russiese Federasie se bruto geografiese produk beloop – die laagste persentasie van alle opkomende markte (laer as in Nigerië met 0,3 persent, Venezuela met 0,5 persent en Oekraïne met 2,7 persent). As herbeleggings in ag geneem word, styg hierdie ekonomiese aanwyser tot 1,5 persent van die BGP – meer as in Saoedi-Arabië, Nigerië, Suid-Korea, Suid-Afrika en Venezuela.
Sanksies, wat ná die besetting van die Krim-skiereiland en sy inlywing by die Russiese Federasie ingestel is, bly 'n belangrike faktor as buitelandse ondernemings beleggings in die land oorweeg, net soos die slegte beleggingsklimaat en lae groeivooruitsigte.
56
Huidige ekonomiese hoofsektore
Die nywerheidsektor het in die eerste ses maande van 2008 32,7 persent van Rusland se
bruto binnelandse produk
(BBP) opgelewer; die energiesektor was die belangrikste bedryf wat 10,6 persent bygedra het. Die tweede grootste sektor is handel, die gastebedryf en vervoer wat 30,3 persent van die BBP verteenwoordig het. Die finansiële sektor het 14,4, ander openbare en privaat dienste 13,9, die boubedryf 5,7 en die landbousektor 3,0 persent van die BBP opgelewer ('n groot deel van die landbouprodukte word egter op privaat grond verbou en informeel bemark).
57
Ekonomiese ontwikkeling in die vroeë 21ste eeu
'n
Rosneft
-vulstasie. Rusland is die grootste uitvoerder van aardgas en die tweede grootste olie-uitvoerder in die wêreld
Digitalisering is een van die kernbeleide van Rusland se regering: Innopolis-universiteitskampus in 'n tegnologiepark buite
Kazan
Sedert die begin van die huidige eeu het stygende oliepryse, toenemende buitelandse beleggings, hoër binnelandse verbruik en groter politieke stabiliteit Rusland se ekonomiese groei 'n hupstoot gegee. Die land het die jaar 2007 vir die negende agtereenvolgende jaar met ekonomiese groei afgesluit, met 'n gemiddeld van 7% per jaar sedert die finansiële krisis van 1998. In 2007 was Rusland se bruto binnelandse produk (BBP) VS$2
076 miljard, die sewende grootste in die wêreld en 8,1% hoër as die vorige jaar. Die gemiddelde salaris in Rusland was vroeg in 2008 sowat VS$640 per maand in vergelyking met VS$80 in 2000.
58
Sowat 14% van Russe het in 2007 onder die broodlyn gelewe
59
– heelwat minder as die 40% in 1998, toe die ekonomie op sy grootste laagtepunt was sedert die verbrokkeling van die
Sowjetunie
. Werkloosheid was 4,8% in 2018 en 4,6% in 2019 in vergelyking met sowat 12,4% in 1999.
60
61
Rusland het die wêreld se grootste natuurlike-gas-, tweede grootste steenkool- en agtste grootste oliereserwes. Dit is die grootste uitvoerder van aardgas in die wêreld en die tweede grootste olie-uitvoerder. Olie, aardgas, metale en hout maak 80% van die land se uitvoer uit.
In 2001 het 'n meer gestroomlynde belastingstelsel (met 'n basiese belastingkoers van 13 persent) die las op die land se burgers verlig en staatsinkomste verhoog.
62
Die ekonomiese ontwikkeling van die land is egter oneweredig aangesien die Moskou-streek 'n buitengewoon groot deel tot die BBP bydra.
63
'n Groot deel van Rusland, veral plattelandse gebiede, vaar veel swakker. In 2019 is 300 nywerheidstede as sogenaamde «monostede» geklassifiseer vanweë hul eensydige industriële struktuur. Die spektrum van hierdie monostede strek van Beringofski, 'n klein nedersetting van 700 siele op die eiland Tsjoekotka, tot Togliatti, 'n stad met 'n bevolking van meer as 700
000.
64
Ondanks alle ekonomiese uitdagings het die middelklas gegroei van net 8 miljoen mense in 2000 tot 55 miljoen in 2006.
65
Rusland het in 2007 altesaam 110 miljardêrs gehad, die grootste getal buite die
VSA
66
Ondanks die land se sterk ekonomiese groei lys die
Wêreldbank
verskeie uitdagings wat die Russiese ekonomie in die gesig staar, onder meer die diversifisering van die ekonomie en die aanmoediging van die groei van klein en middelslag-besighede. Die diversifisering van Rusland se uitvoere, veral die vervaardiging van industriële goedere waarmee Russiese ondernemings op die wêreldmark kan meeding, word gekeer deur strukturele besonderhede. So word Russiese nywerheidsprodukte tans grotendeels in staatsondernemings vervaardig. Westerse analitici wys daarop dat meer as twee derdes van die Russiese ekonomie in staatsbesit of in groot konglomerate gekonsentreer is. Hierdie groot ondernemings oorheers die Russiese mark en kan self baie van sy reëls opstel. Anders as in die geval van suksesvolle rolspelers op die wêreldmark is daar in Rusland steeds 'n gebrek aan innovatiewe middelgroot ondernemings in die nywerheidsektor.
67
Dalende olieprys en Korona-krisis in 2020
Die verbrokkeling van die olieproduksie-ooreenkoms tussen Rusland en
Saoedi-Arabië
vroeg in 2020 het, net soos die uitwissing van miljarde se waarde op internasionale effektebeurse as gevolg van die
Koronaviruspandemie van 2019-2020
in Maart 2020, skokgolwe deur die Russiese ekonomie gestuur, soos weerspieël in die volatiliteit van Russiese effektebeurse en die roebel-wisselkoers wat in die eerste drie maande van 2020 elkeen twintig persent van hul waarde verloor het.
68
Ekonomiese aanwysers
Aanwyser
2017
2018
Ter vergelyking: Duitsland
Bruto binnelandse produk (BBP, nominaal, in miljard €)
1397
1403
3344,4
BBP per capita (in €)
9516
9557
40340
Bevolking (miljoen)
146,8
146,8
82,9
Wisselkoers, 1 € =
? roebel, jaarlikse gemiddeld
65,94
74,04
Bron:
Germany Trade and Invest (GTAI): Wirtschaftliche Eckdaten Russlands
Geargiveer
19 April 2020 op
Wayback Machine
Bevolking
'n Multi-etniese samelewing
Federale subjekte volgens bevolkingsdigtheid in 2010
Verspreiding van etniese Russe volgens streke in 2010:
>80%
70—79%
50—69%
20—49%
<20%
Buitelandse bevolking in Rusland volgens herkoms in 2002
Die Russiese Federasie het 'n uiteenlopende, veelrassige bevolking van 144,5 miljoen, wat tot sowat 160 verskillende etniese groepe en
inheemse volke
behoort:
69
Russe
: 80,9%
Tartare
: 3,9%
Oekraïners
: 1,4%
Basjkiriërs
: 1,2%
Tsjoewasjiërs
: 1,1%
Armeniërs
: 0,8%
Ander: 10,7%
Etnonieme
Die Afrikaanse terme «Rus» en «Russe» word in Russies deur twee woorde met verskillende betekenisse weergegee. Terwyl vir etniese Oos-Slawiese Russe die etnoniem русский (Roesski, meervoudsvorm: Roesskije) gebruik word, word na Russiese staatsburgers met afwykende etniese agtergronde sedert die 1990's as россиянин (Rossijanin) verwys.
Bevolkingsdigtheid
Hoewel die bevolking groot is, is die bevolkingsdigtheid klein vanweë die geweldige grootte van die land. Die digtheid is die hoogste in Europese Rusland, naby die
Oeral-gebergte
en in Suidwes-
Siberië
. Die bevolking is oneweredig oor die land versprei; twee derdes is in die Europese deel gekonsentreer, terwyl groot gebiede in Siberië feitlik onbewoon is. Afgeleë en onherbergsame streke, wat tydens die Sowjet-periode onder dwang bevolk was, is tans vanweë die haglike lewensomstandighede en ongereelde loonbetalings in talle mynboudorpe grotendeels weer ontvolk.
Immigrasie en emigrasie
In 2006 het 186
380 immigrante Rusland binnegekom, waarvan 95% van
GOS
-lande is.
70
Daar is ook sowat 10 miljoen onwettige immigrante van oud-republieke van die Sowjetunie.
71
Die Russiese bevolking neem nogtans af, veral as gevolg van die lae geboortekoers en die lae lewensverwagting van mans (wat onder meer aan drankmisbruik toegeskryf word).
72
Daarnaas is emigrasie 'n beslissende faktor in die land se demografiese ontwikkeling – miljoene Russe het hulle sedert die 1990's in Europese en oorsese lande gevestig. Duitsland is die belangrikste bestemming vir Russiese emigrante met 'n Russiessprekende gemeenskap van sowat vier miljoen – die grootste buite Rusland.
Die Russiese Federasie het – as 'n land met 'n krimpende bevolking – van die liberaalste immigrasiewette ter wêreld. Die Russiese arbeidsmark is aantreklik genoeg vir honderdduisende immigrante uit Europa (onder wie meer as 100
000 elk uit Duitsland en die Verenigde Koninkryk). Immigrante mag na vyf jaar se permanente verblyf in die land die burgerskap van die Russiese Federasie aanneem as hulle Russies magtig is en 'n sodanige taaltoets slaag.
Verstedeliking
In vergelyking met slegs 18 persent in 1918 woon tans 73 persent van die burgers in stedelike gebiede.
73
Die twee grootste stede is
Moskou
(11
514
000 inwoners volgens die sensus van 2010) en
Sint Petersburg
(4
848
000). Veertien ander stede het meer as 'n miljoen inwoners:
Jekaterinburg
Kazan
Krasnodar
Krasnojarsk
Nizjni Nowgorod
Nowosibirsk
Oefa
Omsk
Perm
Rostof aan die Don
Samara
Tsjeljabinsk
Wolgograd
en
Woronezj
Russiese stede met meer as ’n miljoen inwoners
Jekaterinburg
Kazan
Krasnodar
Krasnojarsk
Moskou
Nizjni Nowgorod
Nowosibirsk
Oefa
Omsk
Perm
Rostof aan die Don
Samara
Sint Petersburg
Tsjeljabinsk
Wolgograd
Woronezj
Geskiedenis
Vroeë periode
In prehistoriese tye is die gebied wat later Europese Rusland sou word, bewoon deur veral
Slawiese
en
Fins-Oegriese
volke. Die Slawiërs was waarskynlik in 'n gebied rondom die Pripjat-moerasse gekonsentreer en het van daar verder versprei.
74
Hulle het veral handel gedryf met
Griekeland
, die
Krim
en later met die
Romeinse
en
Bisantynse
ryke.
Kiëf-Roes
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Kiëf-Roes
Die doop van die inwoners van Kiëf (
Kijif
in die
Dniprorivier
, deur Klawdy Lebedef
Kiëf-Roes omstreeks 1000 n.C.
Kiëf-Roes het bestaan van omstreeks 880 tot die middel van die 12de eeu, met
Kiëf
as belangrikste sentrum. Die Roes-volk het waarskynlik die huidige Noordwes-Rusland sedert die 8ste eeu oorheers. In die 9de eeu het hulle in 'n mate georganiseerd geraak. Volgens die
Primêre Kronieke
, die vroegste aantekening van die streek se geskiedenis, het 'n Warangiër (of
Wikings
) met die naam
Rjoerik
hom in
Nowgorod
gevestig. Hy is in 860 deur die volke in die gebied as gemeenskaplike leier gekies voordat hy suid getrek en sy mag na
Kiëf
, die hoofstad van die huidige Oekraïne, uitgebrei het. Hy word in die Kronieke die voorvader van die
Rjoerik-dinastie
genoem wat tot aan die einde van die 16de eeu oor onder meer Rusland sou regeer.
Kiëf het sy goue eeu beleef tydens die bewind van
Wladimir I
(980–1015) en sy seun
Jaroslaf I die Wyse
(1019–1054). In dié tyd is die Christelike geloof van
Bisantium
aanvaar en die eerste
Oos-Slawiese
geskrewe regskode opgestel. Die vroeë Roes-heersers was waarskynlik 'n Skandinawiese elite van krygsmanne wat regeer het oor die meerderheid, wat bestaan het uit verskeie Slawiese volke.
Die grootste probleem van Kiëf-Roes was dit op die rand van Europa gelê het en aan die Asiatiese steppe gegrens het, van waar nomadiese volke die ryk gereeld binnegeval het. 'n Tweede groot probleem was
eersgeboortereg
, wat daartoe gelei het dat met elke troonbestyging 'n nuwe
burgeroorlog
uitgebreek het. Tussen 1054 en 1224 was daar nie minder as 83 burgeroorloë nie. Eindelik het die ryk vir goed versplinter. Nuwe prinsdomme het ontstaan wat elk deur afstammelinge van Rjoerik regeer is: Nowgorod, Wladimir-Soezdal, Halitsj-Wolhinië, Polotsk, Smolensk, Tsjernigof en Perejaslaf.
Weens die versplintering het dit die
Mongole
, of
Goue Horde
, wat die gebied sedert 1223 binnegeval het, nie veel gekos om die prinsdomme omver te werp nie.
75
Mongoolse oorheersing het die gebied se ekonomiese en sosiale ontwikkeling gestrem
76
en sou vir die volgende drie eeue voortduur.
Moskowië en die eerste tsare
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Moskowië
en
Tsaredom van Rusland
'n Toneel uit die Middeleeuse Russiese geskiedenis
Iwan die Verskriklike
Die magtigste opvolgerstaat van Kiëf-Roes was Moskowië, of die Groothertogdom van Moskou. Dit annekseer buurstate soos
Twer
en
Nowgorod
en word eindelik die basis van die moderne Russiese staat.
Ná die val van
Konstantinopel
in 1453 (ook bekend as die tweede
Rome
) eien Moskou hom die naam derde Rome toe omdat dit die laaste sentrum van die
Ortodokse Kerk
is.
Iwan III
begin homself, afgelei van die Romeinse en Bisantynse keisers, "
tsaar
van die hele Rusland" noem en verwerp die soewereiniteit van die Goue Horde.
Van 1533 tot 1584 regeer
Iwan die Verskriklike
. Hy is die eerste heerser wat amptelik as tsaar van Rusland gekroon word. Hy beywer hom aanvanklik vir vreedsame hervormings en vernuwings. Hy stel die boekdrukkuns in, onderwerp die kerk aan die staat en standaardiseer rituele en verordeninge.
77
78
Iwan soek nuwe handelsmoontlikhede en stel die hawe van
Archangelsk
aan die Witsee vir
Engelse
handelaars oop. In die ooste lyf hy die kanate van
Kazan
en
Astrachan
in. Hy stel ook 'n wet in wat die bewegingsvryheid van boere beperk – 'n belangrikse stap in die rigting van die latere
lyfeienskap
Sy latere bewind word egter deur 'n periode van terreur gekenmerk. Hy raak betrokke in die sogenaamde Lyflandse Oorlog wat 22 jaar voortsleep en die Russiese ekonomie en leër ruïneer.
79
Boonop sterf sy vrou,
Anastasia Romanowna
en Iwan glo die bojare het haar vermoor. Hy kom nie hierdie slag te bowe nie en sy gesondheid begin agteruitgaan. Hy gaan geestelik agteruit en word paranoïes en gewelddadig.
In 1564 skep hy 'n polisiemag, die Opritsjniki, wat 'n moorddadige terreurbende word wat links en regs onder die adel en die volk moor. In 1581 slaan Iwan glo sy oudste seun in 'n
woedebui
dood. Ná Iwan se dood word hy opgevolg deur sy verstandelik gestremde seun
Fjodor
. Sy tweede oudste oorlewende seun,
Dmitri Iwanowitsj
, is toe maar twee jaar oud en word kort daarna vermoor.
Tydens Fjodor se bewind lê die regte mag in die hande van sy swaer en voog, die bojaar
Boris Godoenof
. Ná Fjodor se dood begin 'n chaotiese tydperk, bekend as die
Tyd van Beroeringe
80
waarin Rusland onder andere deur
Vals Dmitri I
en
Vals Dmitri II
regeer word. Laasgenoemde word op 11 Desember 1610 vermoor terwyl hy halfdronk is en dit lui die tydperk van die
Huis van Romanof
in.
Keiserlike Rusland
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Russiese Ryk
Die Russiese Ryk in sy grootste uitbreiding in 1865
Pieter die Grote
Onder die
Huis van Romanof
en
Pieter die Grote
word Rusland 'n wêreldmag. Pieter regeer van 1682 tot 1725. Hy verslaan
Swede
en in 'n deel van die gebied wat hy van die land verower, stig hy later Sint Petersburg. Pieter se hervormings het meegebring dat die land geweldig beïnvloed is deur die Wes-Europese kultuur.
Katharina die Grote
, wat van 1762 tot 1796 regeer, sit sy poging voort om Rusland te vestig as een van die groot magte in Europa. Rusland brei in dié tyd ook geografies geweldig uit.
Idees van
liberalisme
word in die Dekabriste-opstand van 1825 onderdruk en gevolg deur dekades van politieke onderdrukking. Die voortduur van lyfeienskap en die konserwatiewe beleidsrigtings van
Nikolaas I
strem ontwikkeling in Rusland in die middel-negentiende eeu. Sy opvolger,
Aleksander II
(1855–1881), stel verskeie hervormings in, onder meer die afskaffing van lyfeienskap in 1861. Hy sterf egter in 'n sluipmoordaanval en sy opvolger,
Aleksander III
, beëindig sy pa se pogings om groter outonomie aan die Russiese volk te gee. Hy ontslaan liberale ministers, beperk die bevoegdhede van die zemstwo's, verskerp die staatstoesig op middelbare en hoër onderwys, brei die bevoegdhede van die polisie aansienlik uit en tree as bewaker van die
ortodoksie
streng op teen
Jode
Rooms-Katolieke
en
Protestante
. Opstandelinge en andersdenkendes word in massas na Siberië verban.
Onder sy opvolger,
Nikolaas II
, duur dié toestande voort. Ongenaakbare toestande in fabrieke lei tot groot steun aan die revolusionêre sosialistiese beweging. In Januarie 1905 word daar gevuur op stakende werkers in Sint Petersburg en honderde sterf of word gewond. Dit, die
Russies-Japanse Oorlog
en die gebeure van Bloedige Sondag in 1905 lei tot die
Russiese Rewolusie
van 1905. Hoewel die opstand onderdruk word, word Nikolaas gedwing om sekere hervormings in te stel. Die basiese lewe van die werkers bly egter beroerd.
Tydens die
Eerste Wêreldoorlog
word die wantroue in die regering nog groter weens die hoë koste en sterftesyfer van die oorlog en gerugte van
korrupsie
en selfs verraad. Dit lei tot die
Russiese Rewolusie
van 1917. Talle opstande vind plaas en word gesteun deur talle soldate. Baie van die opstande word gereël deur demokraties verkose rade genaamd
sowjets
. Die
Februarie-rewolusie
lei tot die abdikasie van Nikolaas II. Hy word opgevolg deur 'n voorlopige regering. Dié het aanvanklik die steun van die Sowjets, maar is nie in staat om die talle probleme in die land op te los nie. In die tweede rewolusie wat in Oktober volg en deur
Wladimir Lenin
gelei word, word die Voorlopige Regering omvergewerp en die wêreld se eerste
kommunistiese
staat gestig.
Sowjet-Rusland
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
en
Sowjetunie
’n Replika van
Spoetnik 1
Die eerste mens in die ruimte,
Joeri Gagarin
Ná die Oktober-rewolusie breek 'n burgeroorlog uit tussen die nuwe regering se
Rooi Leër
en die Wit Leër van die monargiste, konserwatiewe en gematigde sosialiste wat teen die drastiese hervormings van die
Bolsjewiste
is.
Teen die einde van die burgeroorlog het 20 miljoen Russe al gesterf en die
ekonomie
en
infrastruktuur
was aan flarde. Die Russiese Federatiewe Sosialistiese Sowjetrepubliek stig die
Sowjetunie
op 30 Desember 1922 saam met drie ander republieke. Die Russiese republiek oorheers die Sowjetunie tydens sy 74-jarige bestaan. Die Bolsjewiste stel gratis mediese sorg en opvoeding in, asook die reg om 'n werk en huisvesting te hê. Vroueregte word aansienlik verbeter.
81
Ná Lenin se dood in 1924 word Josef Stalin 'n diktator. Hy begin met industrialisasie en in 'n kort tyd verander die Sowjetunie van 'n landbouland in 'n groot, magtige nywerheidsmag.
Die land tree uit die
Tweede Wêreldoorlog
as een van die wêreld se supermoondhede. Die Rooi Leër beset Oos-Europa ná die oorlog en Stalin stel kommunistiese regerings in dié streek se lande in. As 'n groot kernwapenmag raak die land in 'n stryd om wêreldoorheersing betrokke met die Verenigde State van Amerika wat bekend staan as die
Koue Oorlog
Onder Stalin se opvolger,
Nikita Chroesjtsjof
, stuur die Sowjetunie die wêreld se eerste kunsmatige
satelliet
Spoetnik 1
, die lug in en die Russiese
ruimtevaarder
Joeri Gagarin
word die eerste mens wat in 'n bemande ruimtetuig (
Wostok 1
) om die aarde wentel. Spanning tussen die twee supermoondhede neem toe weens die Amerikaanse Jupiter-missiele in
Turkye
en die missielkrisis in
Kuba
. Ná Chroesjtsjof se dood ontstaan weer 'n tydperk van gedeelde mag waarin
Leonid Brezjnef
in die vroeë 1970's na vore tree as die belangrikste figuur in Sowjet-politiek. Tydens sy bewind is daar ekonomiese stagnasie en val die Sowjetunie
Afghanistan
binne.
Vanaf 1985 stel
Michail Gorbatsjof
sy beleid van
glasnost
(openheid) en
perestroika
(hervorming) in in 'n poging om die land te moderniseer. In Augustus 1991 is daar 'n mislukte staatsgreep teen hom om te keer dat die Sowjetunie ondergaan. In Rusland kom
Boris Jeltsin
aan die bewind en kondig die einde van die Kommunistiese bewind aan. Die Sowjetunie versplinter in vyftien onafhanklike state en word in Desember 1991 amptelik ontbind. Jeltsin word in Junie 1991 verkies tot president van Rusland in die eerste presidensiële verkiesing in die Russiese geskiedenis.
Russiese Federasie
Moskwa-Siti
in 2016
Tydens en ná die versplintering van die Sowjetunie, terwyl uitgebreide hervormings, onder meer privatisasie, plaasvind, beleef die Russiese ekonomie 'n groot krisis. Die BBP en nywerheidsproduksie neem tussen 1990 en einde 1995 met sowat 50% af.
82
Prysbeheer word afgeskaf en daar word begin met privatisering. Miljoene verarm – volgens die
Wêreldbank
leef tussen 39% en 49% van die bevolking teen middel 1993 in armoede in vergelyking met 1,5% in die laat-Sowjettydperk.
83
Vertragings in die betaling van lone word 'n langdurige probleem met miljoene mense wat maande en selfs jare te laat betaal word. Die privatiseringsproses bring mee dat beheer van ondernemings grootliks van staatsagentskappe verskuif na groepe individue met kontakte in die regering en die
mafia
. Gewelddadige kriminele groepe neem dikwels staatsondernemings oor en open met sluipmoorde die pad na afpersing. Korrupsie in die regering word alledaags. Baie van die nuwe rykes neem biljoene se kontant en bates uit die land. Daar is ook sosiale agteruitgang en die geboortesyfer daal geweldig terwyl die sterftesyfer die hoogte in skiet. Wetteloosheid is volop. Misdaadbendes en georganiseerde misdaad floreer en ander gewelddadige misdade vier hoogty.
84
Die 1990's word gekenmerk deur gewapende etniese konflik, soos in
Tsjetsjnië
Noord-Ossetië-Alanië
en
Abchasië
. Hoë begrotingstekorte en die Asiatiese finansiële krisis van 1997 vererger Rusland se finansiële probleme en laat die BBP nog verder daal.
85
Op 31 Desember 1999 bedank Jeltsin as president en oorhandig sy pligte aan die pas aangestelde eerste minister
Wladimir Poetin
, wat daarna die 2000-verkiesing wen. Poetin se gewildheid neem toe nadat hy die Tsjetsjniese opstande onderdruk. Tydens sy bewind herstel die ekonomie en toon nou reeds nege jaar agtereenvolgens 'n groei. Dit verhoog die lewenstandaard en plaas Rusland terug op die wêreldverhoog. Hoewel talle Westerse lande Poetin kritiseer omdat hulle baie van sy hervormings as ondemokraties beskou,
86
neem sy gewildheid binne Rusland toe vanweë die herstel van orde, stabiliteit en vooruitgang.
Toe
Dmitri Medwedef
in 2008 verkies is tot nuwe president, is hy deur baie politieke waarnemers as niks meer as Wladimir Poetin se tydelike plekhouer in die Kremlin beskou nie. Met die volgende verkiesing het Poetin die presidentsamp hervat. Grondwetlike wysigings en die benoeming van
Michail Misjoestin
as nuwe premier word as pogings van Poetin se kant beskou om enersyds sy politieke invloed ook ná die beëindiging van sy tweede opeenvolgende ampstermyn (die laaste volgens die Russiese grondwet) te verseker, maar andersyds ook aandag te gee aan die ekonomiese uitdagings wat Rusland in die gesig staar.
Taal
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Russies
Lande met Russies as amptelike of minderheidstaal
Rusland se 160 etniese groepe praat sowat 100 tale. Volgens die 2002-sensus praat 142,6 miljoen mense
Russies
, gevolg deur
Tartaars
met 5,3 miljoen en
Duits
met 2,9 miljoen sprekers.
87
Russies is die enigste amptelik staatstaal, maar elke republiek binne die federasie mag sy plaaslike taal kies as tweede
amptelike taal
88
Russies behoort tot die
Indo-Europese
taalfamilie
en binne dié taalfamilie tot die
Oos-Slawiese tale
. Dit is een van die ses amptelike tale van die
Verenigde Nasies
Buite die gevestigde toerismestrukture (veral in die hoofdestemmings St. Petersburg, Moskou en die Goue Ring van Rusland) is ten minste basiese kennis van die Cyrilliese alfabet en Russiese taal 'n voorvereiste vir maklike oriëntasie en kommunikasie omrede Engels nouliks verstaan word.
Godsdiens
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Russies-Ortodokse Kerk
Die
Katedraal van Christus die Verlosser
in Moskou, wat in die Sowjettydperk afgebreek en van 1990 tot 2000 herbou is
Die
Christendom
Islam
Boeddhisme
en
Judaïsme
is Rusland se tradisionele godsdienste en word beskou as deel van die land se "historiese erfenis", volgens 'n wet van 1997.
89
Skattings van die aantal gelowiges verskil grootliks tussen bronne en sommige meen dat tussen 16% en 48% van die bevolking ongelowig is.
90
Russies-Ortodoksie
is die grootste geloof in Rusland.
91
Die Kerk het ontstaan in 988, toe grootprins
Wladimir die Grote
van Kiëf die Christelike geloof aangeneem het as die land se amptelike godsdiens.
Kleiner Christelike gelowe sluit Rooms-Katolieke, Armeens-Apostoliese en verskeie Protestantse kerke in.
Kultuur
Klassieke musiek en ballet
Die komponis
Pjotr Iljitsj Tsjaikofski
(1840–1893)
Die
Bolsjoi-teater
in Moskou
Rusland se groot aantal etniese groepe het elk sy eie tradisies van
volksmusiek
Musiek
in die 19de eeu is gekenmerk deur groot spanning tussen die klassieke komponis Michail Glinka en sy volgelinge aan die een kant en die aanhangers van die Russiese Musiekvereniging onder aanvoering van komponiste Anton en Nikolai Rubinstein aan die ander kant. Eersgenoemde het die Russiese nasionale identiteit omarm en godsdiens- en volkselemente by hul komposisies gevoeg, terwyl laasgenoemde se musiek konserwatief was. Die latere Romantieke tradisie van
Pjotr Iljitsj Tsjaikofski
, een van die beroemdste komponiste van die Romantiek wie se musiek gewild en gelief geraak het vanweë die kenmerkend Russiese aard daarvan sowel as die ryk harmonieë en opwekkende melodieë, is na die 20ste eeu deurgevoer deur Sergei Rachmaninoff, een van die laaste groot aanhangers van die Romantieke styl van Europese klassieke musiek.
Wêreldberoemde komponiste van die 20ste eeu sluit in
Scriabin
Strawinski
Rachmaninoff
Prokofijef
en
Sjostakowitsj
. Gedurende die grootste deel van die Sowjet-era is musiek streng beheer om binne die perke van die Stalinistiese beleid van
sosialistiese realisme
te bly. Russiese konservatoriums het 'n geslag wêreldbekende solokunstenaars opgelewer. Van die bestes is violiste
David Oistrakh
en
Gidon Kremer
, tsjellis Mstislav Rostropovich, pianiste Wladimir Horowitz, Sviatoslav Richter en Emil Gilels en die sangeres Galina Vishnevskaya.
Tsjaikofski het die wêreld se bekendste balletwerke gekomponeer, soos Swanemeer en Die Neutkraker. In die 20ste eeu het die Russiese dansers Anna Pawlowa en
Vaslav Nijinsky
beroemd geraak en impresario
Sergei Diaghilev
en sy
Ballets Russes
se toere oorsee het die ontwikkeling van dans wêreldwyd beïnvloed
92
en die Sowjetunie se choreografieskole het die een beroemde internasionale ster ná die ander opgelewer, onder andere Maya Plisetskaya,
Rudolf Nureyev
en
Mikhail Baryshnikov
. Die
Bolsjoi-ballet
in Moskou en die Kirof in Sint Petersburg is steeds wêreldberoemd.
93
Letterkunde
Die skrywer
Aleksander Poesjkin
(1799–1837)
Die skrywer
Leo Tolstoi
(1828–1910)
Russiese letterkunde word beskou as van die invloedrykste en beste ontwikkel in die wêreld en dra by tot van die wêreld se bekendste letterkundige werke.
94
Dit dateer uit die 10de eeu en teen die vroeë 19de eeu het 'n plaaslike tradisie ontstaan wat van die beste skrywers van alle tye opgelewer het. Dié periode het begin met
Aleksander Poesjkin
, wat beskou word as die vader van die moderne Russiese letterkunde en dikwels beskryf word as die Russiese
William Shakespeare
95
Van die bekendste Russiese digters en skrywers van die 19de eeu is
Anton Tsjechof
Michail Lermontof
Leo Tolstoi
Nikolai Gogol
Iwan Toergenef
en
Fjodor Dostojefski
. Iwan Gontsjarov, Michail Saltikof, Aleksei Pisemski en Nikolai Leskof was bekende prosaskrywers. Tolstoi en Dostojefski was veral grootse figure wat albei al beskryf is as die beste romankrywers ooit.
96
97
Teen die 1880's het Russiese letterkunde begin verander. Die tyd van die groot romanskrywers was verby en kort fiksie en poësie het gewild geraak vir die volgende paar dekades, wat die "Silwer Era" genoem is. Waar dit voorheen deur realisme oorheers is, het simboliek die Russiese letterkunde tussen 1893 en 1914 oorheers. Van die voorste skrywers van hierdie tyd was Waleri Brjoesof, Andrei Beli, Wjatsjeslaf Iwanof, Aleksander Blok, Dmitri Merezjkofski, Fjodor Sologoeb,
Anna Achmatowa
, Osip Mandelstam, Leonid Andrejef,
Iwan Boenin
en
Maksim Gorki
Ná die Russiese Rewolusie van 1917 en die daaropvolgende burgeroorlog het die kulturele lewe veel te wense oorgelaat. Sommige gevestigde skrywers het Rusland verlaat terwyl 'n nuwe geslag skrywers wat die rewolusie ten minste in 'n mate ondersteun het, na vore getree het. Van hulle het skrywersorganisasies gestig met die doel om 'n nuwe en kenmerkende werkersklaskultuur in die nuwe staat te skep. In die 1920's het skrywers groot verdraagsaamheid geniet. In die 1930's is sensuur verskerp in ooreenstemming met Josef Stalin se beleid van sosialistiese realisme. Ná sy dood is die beheer telkens verslap. Teen die 1970's en 1980's het baie skrywers die riglyne van sosialistiese realisme geïgnoreer. Die vernaamste skrywers van die Sowjettyd sluit in
Jewgeni Zamjatin
, Isaac Babel, Joeri Olesja, Wladimir Nabokof, Michail Boelgakof,
Boris Pasternak
, Aleksandr Solzhenitsyn,
Wladimir Majakofski
, Michail Sjolochof, Jewgeni Jeftoesjenko en Andrei Woznesenski.
Rolprente
Oorspronklike Sowjetse plakkaat wat vir
Die Oorlogskip Potemkin
adverteer
Terwyl rolprente in die Weste aanvanklik beskou is as 'n vorm van goedkoop vermaak vir die werkersklas, het die Russiese rolprentwese ná die 1917-rewolusie 'n ernstiger oogmerk gehad.
98
Russiese en later Sowjet-rolprentmakers het grootse prente gemaak soos
The Battleship Potemkin
99
Sergei Eisenstein
en
Andrei Tarkofski
het van die wêreld se innoverendste en invloedrykste regisseurs geword.
In 1932 het Stalin sosialistiese realisme die staatsbeleid gemaak. Dit het 'n demper geplaas op kreatiwiteit, maar baie Sowjet-rolprente in dié genre was geslaagd, onder andere
Tsjapajef
Die Kraanvoëls Vlieg
en
Ballade van 'n Soldaat
. Leonid Gaidai se komedies was in die 1960's en 1970's gewild en in 1969 is Wladimir Motil se
Wit Son van die Woestyn
uitgereik, wat 'n nuwe genre bekend as "osterns" ingelei het. Ruimtevaarders kyk na dié prent voor elke reis na die ruimte.
100
In die 1980's en 1990's het die Russiese rolprentwese 'n krisis beleef. Hoewel rolprentmakers hulle nou vrylik kon uitdruk, is staatsubsisies drasties verminder en minder prente is vervaardig. Aan die begin van die 21ste eeu het meer mense na die teaters begin gaan en die bedryf het begin groei in die lig van die land se verbeterende ekonomie. Meer prente word reeds hier vervaardig as in Duitsland of Brittanje.
101
In 2007 is $565 miljoen se kaartjies verkoop – 37% meer as in die vorige jaar.
102
Russiese prente word internasionaal steeds hoog aangeslaan.
Roesskii Koftsjeg
("Russiese Ark", 2002) was die eerste vollengte-rolprent ooit wat in een lang skoot geskiet is.
Beeldende kuns
Roes: Die Siel van die Volk
deur
Michail Nesterof
simboliseer Rusland se historiese spirituele soeke
Die ryk versierings van
Sint Petersburg
se metro
Vroeëre Russiese skilderkuns het gefokus op die skilder van ikone en helderkleurige fresko's (muurskilderye), 'n kunsvorm wat die Russe van Bisantium geërf het. In 1757 is die Russiese Kunsakademie gestig wat ten doel gehad het om 'n internasionale rol en status aan Russiese kunstenaars te gee. Van die bekendste skilders van die akademie was Iwan Argoenof, Fjodor Rokotof, Dmitri Lewitzki en Wladimir Borowikofski. Realisme was gewild in die 19de eeu en skilders het die Russiese identiteit vasgevang. Ander kunstenaars het gefokus op sosiale kritiek – hulle het die toestande van die armes uitgelig en die owerhede as karikature uitgebeeld.
Ná die afskaffing van lyfeienskap in 1861 het sommige kunstenaars op menslike lyding gefokus. Dramatiese oomblike uit die geskiedenis is ook geskilder. Die Peredwizjniki (Swerwers) was 'n groep kunstenaars wat 'n kunsrigting begin het wat vry was van die beperkinge van die Kunsakademie. Hul skilderye het groot sosiale en politieke betekenis gehad. Van die bekendstes was Iwan Sjisjkin, Archip Koeindzji, Iwan Kramskoi, Wasili Polenof, Isaak Lewitan, Wasili Soerikof,
Wiktor Wasnetsof
en
Ilja Repin
. Teen die 1830's het die akademie kunstenaars soos Aleksander Iwanof en Karl Brioellof oorsee gestuur om kuns te bestudeer.
Die Russiese avantgarde is 'n oorkoepelende term wat gebruik word vir die groot, invloedryke golf van
modernistiese
kuns wat tussen 1890 en 1930 gedy het. Dit sluit in verskeie aparte, maar fyn verweefde kunsbewegings wat in dié tyd voorgekom het, soos neo-primitivisme, suprematisme, konstruktivisme, rayonisme en
futurisme
. Van die bekendste kunstenaars van dié tyd sluit in El Lissitzki, Kazimir Malewitsj,
Wassily Kandinsky
, Wladimir Tatlin en Aleksander Rodtsjenko. Die Russiese avant-garde het sy hoogtepunt bereik in die tyd tussen die 1917-rewolusie en 1932. Hierna het die genre se idees begin bots met die sosialistiese realisme onder Stalin.
Baie Sowjetkunstenaars het innovasie gekombineer met sosialistiese realisme, onder andere Ernst Neizwestni, Ilja Kabakof, Michail Sjemjakin, Erik Boelatof en Wera Moechina. Ander het patriotiese en anti-fascistiese onderwerpe geskilder. Gebeure in die Tweede Wêreldoorlog is veral baie patrioties uitgebeeld en ná die oorlog het beeldhouwerkers talle monumente vir die gesneuweldes geskep. In die 20ste eeu het baie Russiese kunstenaars in Wes-Europa gewerk. Mense soos Wassily Kandinsky,
Marc Chagall
en Naum Gabo se werke en idees is wêreldwyd opgeraap. Van hulle het in
Parys
en
München
studeer en dit het die impak van die Russiese kuns internasionaal laat versprei.
Sport
Die
Russiese nasionale sokkerspan
in 2014
Rugbywedstryd
tussen
Rusland
en
Georgië
tydens die
Europese Nasiesbeker
in 2007
Bandy
is die nasionale
sport
van Rusland
103
en een van die gewildste sportsoorte in Rusland.
104
Dit is verwant aan
yshokkie
, 'n ander gewilde sportsoort. Rusland is een van die suksesvolste lande in yshokkie met
Kanada
as hul sterkste mededinger.
Sokker
is ook een van Rusland se gewildste sportsoorte en die land het die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018
aangebied, die eerste in Rusland en Oos-Europa; dié toernooi is deur
Frankryk
gewen. Die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017
het as voorbereiding hiervan gedien en is deur
Duitsland
gewen. Daarbenewens sal Rusland ook sommige van die
UEFA Europa-beker
in 2020 se wedstryde, wat regstreeks deur Europa beslis sal word, aanbied. Die Sowjetunie se nasionale sokkerspan was een van die suksesvolste tydens die
FIFA
Sokker-Wêreldbeker
asook die UEFA Europa-beker en hulle het die eerste Europese Sokkerkampioenskap van 1960 gewen.
Die
Russiese nasionale rugbyspan
kon vir die
Rugbywêreldbeker 2011
en
Rugbywêreldbeker 2019
kwalifiseer, maar het tydens albei toernooie die groepfase op die laaste plek beëindig. Hulle ding in die
Europese Rugbykampioenskap
met ander opkomende rugbyspanne mee. Veral wedstryde teen die politieke aartsvyand
Georgië
geniet groot aandag en word as 'n soort "Dawid teen Goliat" beskou, veral as gevolg van Georgië se sterk wenrekord teen die noordelike buurland. Sedert 2021 ding Rusland en
Roemenië
om die Kiseleffbeker mee; dié beker is genoem na die hertog Pawel Kiseleff, 'n Rus wat die eerste grondwette van beide Wallachië en Moldawië (hedendaagse Roemenië en Moldowa) beïnvloed het.
105
Op die hoogtepunt van die Koue Oorlog is die
Olimpiese Somerspele 1980
in die Sowjetse hoofstad Moskou aangebied, wat deur verskeie
Westerse
lande as gevolg van die Sowjetse inval in Afghanistan geboikot is. As reaksie hierop het die Sowjetunie en sy bondgenote die
Olimpiese Somerspele 1984
in
Los Angeles
geboikot. Sotsji het die
Olimpiese Winterspele 2014
(en aansluitend die
Paralimpiese Winterspele 2014
) gehuisves, waartydens die gasheer Rusland die meeste medaljes ingepalm het. Sedert 2014 word die
Russiese Grand Prix
as deel van die
Formule Een
-wêreldkampioenskap op die
Sochi Autodrom
rondom die Olimpiese Park in
Sotsji
aangebied.
106
Mediabedryf
Medialandskap en vryheid van mening
Die voormalige Russiese president Dmitri Medwedef in die Washington-ateljee van Russia Today TV met Margarita Simonjan
Die Russiese grondwet waarborg in hoofstuk 2, artikel 29 die vryheid van mening en spraak net soos mediavryheid, maar plaas tegelykertyd 'n verbod op propaganda en agitasie wat sosiale, rassistiese, nasionale en godsdienstige haat aanspoor en enige vorm van sensuur.
Maar ondanks hierdie voorvereistes vir die vryheid van uitdrukking en 'n vrye perslandskap is daar steeds geen landswye uitsaaier wat onafhanklike verslaggewing en inligting oor regeringsake bied en kritiese kommentaar op die regeringsbeleid sou lewer nie. Sedert die ontbinding van die Sowjetunie en die stigting van die Russiese Federasie is volgens statistieke van die Russiese joernalistevereniging meer as 300 joernaliste vermoor. Die Moskouse Buro vir Menseregte berig dat net in 2009 57 joernaliste slagoffers van moordaanvalle geword het.
107
Sien ook:
Lys van joernaliste wat in Rusland vermoor is
Die nasionale agentskap
Roskomnadsor
Kenteken van
Roskomnadsor
In Maart 2007 het die destydse Russiese president Wladimir Poetin 'n nuwe nasionale agentskap, Roskomnadsor, in die lewe geroep wat toesig hou oor massamedia, kommunikasie en Rusland se kulturele erfenis. Dit is ondergeskik aan die premier. Alle media en kommunikasiemiddels, insluitende die internet en telekommunikasie met sy gesamentlike inhoud, word deur Roskomadsor gekontrolleer. Dié agentskap reik ook lisensies uit en onderhou 'n databank met persoonlike gegewens van Russiese burgers. Roskomnadsor is sodoende in staat om die internetgebruik van individue byna volledig te monitor.
Volgens die Russiese perswet kan Roskomnadsor media oor hulle optrede vermaan – en 'n medium ná twee waarskuwings laat sluit. So is die dagblad
Nowaja Gazeta
, wat in besit van die voormalige president Michail Gorbatsjof en die bankier Aleksander Lebedef is en vir sy kritiese houding teenoor die regering bekend staan, al verskeie kere onder druk geplaas. In die najaar van 2010 het Roskomnadsor gedreig om dié koerant se druklisensie te beëindig nadat dit 'n artikel uit die program van 'n neo-nazi-organisasie aangehaal het en weens die "verspreiding van ekstremistiese propaganda" gedagvaar is. Sedert 2001 is tien joernaliste, wat vir
Nowaja Gazeta
werksaam was, vermoor.
107
Media onder beheer van die staat, energiereuse en oligarge
Die hoofkwartier van
Itar-Tass
, een van die beduidendste nuusagentskappe in Rusland, is in Moskou gesetel
Roskomnadsor verskaf ook inligting oor die medialandskap in Rusland – so het die totale aantal media, wat deur die agentskap gelys, vroeg in 2011 66
032 beloop, waarvan 5
254 televisie-stasies, 3
769 radiostasies, 28
449 dagblaaie en 21
572 tydskrifte. Die meeste media word deur die staat beheer, veral die groot nuusagentskappe en televisie-kanale. Die graad van beheer varieer grootliks.
107
So word die dagblad
Rossijskaja Gazeta
met 'n sirkulasie van sowat 430
000 eksemplare regstreeks deur die Russiese regering beheer en fungeer as 'n soort staatskoerant – alle wette en verordenings van die Moskouse regering word eers van krag nadat hulle in dié dagblad bekend gemaak is. Die uitgewery van
Rossijskaja Gazeta
word deur Aleksander Gorbenko bestuur, 'n Moskouse amptenaar wat toesig hou oor die regering se kontak met verslaggewers van massamedia. Ook die belangrikste Russiese nuusagentskap,
Itar-Tass
, is in staatsbesit.
Naas die staat oefen ook staatsondernemings of
oligarge
, wat as regeringsvriendelik bekend staan, kontrole oor media uit.
Iswestija
, een van die oudste dagblaaie in die land met 'n sirkulasie van sowat 130
000, is in besit van die Moskouse mediamaatskappy
Gazprom-Media
wat deel uitmaak van
Gazprom
, die wêreld se grootste gasprodusent wat merendeels deur die Russiese staat beheer word.
Gazprom-Media
hou ook die meerderheid aandele in ander koerante, televisie- en radiostasies – waaronder
NTW
("Onafhanklike Televisie"), wat oorspronklik in 1993 as privaat uitsaaier deur die oligarg Wladimir Goessinskij gestig is en in 2001 deur
Gazprom
oorgeneem is;
Itogi
, 'n weekblad wat met opspraakwekkende verslae oor die oorlog in Tsjetsjnië bekendheid verwerf het; en die radiostasie
Echo Moskwy
("Moskouse Eggo", waarin
Gazprom
'n belang van 66 persent het) wat met kritiese joernalisme vereenselwig word.
Die dagblad
Kommersant
(sirkulasie: 115
000) is net soos die liberale internet-koerant
gazeta.ru
in besit van die miljardêr Alisjer Oesmanof, 'n mede-eienaar van die metaal- en mynboumaatskappy
Metalloinvest
en direkteur-generaal van
Gazprominvestholding
, 'n dogtermaatskappy van
Gazprom
'n Ander beduidende eienaar van media is
WGTRK
, die "Al-Russiese staatsmaatskappy vir televisie en radio", met die uitsaaier
Rossija
(en tagtig TV-streekkanale), die radiostasie
Radio Majak
("Radio Vuurtoring"), die nuusagentskap
Ria Nowosti
(met korrespondente in meer as veertig lande) en 'n aantal internet-koerante soos
vesti.ru
en
strana.ru
Toegang tot die media
Die uitsaaisentrum van 'n televisiekanaal in Sint Petersburg
Die meeste Russe het maklike toegang tot die media – in stedelike gebiede is die meeste dagblaaie by nuusstalletjies verkrygbaar teen pryse van sowat ZAR 2 of meer. Koerantoutomate vergemaklik die koop van dagblaaie in Moskou se moltreinstasies. Opvallend is die afwesigheid van buitelandse media by nuusstalletjies.
Volgens meningspeilings deur die Russiese WZIOM-instituut gee 95 persent van die Russiese bevolking die voorkeur aan televisie as hul hoofbron van inligting, maar slegs vyf persent aan koerante. Daar is 'n vinnig groeiende mark vir betaaltelevisie, met die satellietverspreider
Tricolor
as die belangrikste aanbieder. Die Russiese regering het 'n projek van stapel gestuur om toegang tot digitale televisie-ontvangs vir alle huishoudings te verseker.
108
Volgens die onafhanklike Lewada-sentrum in Moskou het sowat dertig persent van die bevolking toegang tot die internet wat as die liberaalste nuusmedium beskou word en 'n mediatuiste vir Russiese opposisiegroepe bied, alhoewel die agentskap Roskomnadsor toegang tot ongewenste webtuistes mag beperk. Die Russiese regering is van plan om toegang tot die net deur die uitbou van snelle internetverbindings te vergemaklik.
Die staatsbeheerde televisiekanaal
Perwyj Kanal
("Eerste kanaal") lok volgens
mediaatlas.ru
tans die meeste toeskouers – nog voor
Rossija
en
NTW
. Wat gedrukte media betref, is die poniekoerant
Moskowskij Kosmolets
die gewildste (en goedkoopste) dagblad op die Russiese mark – met 'n leserstal van ongeveer 1,3 miljoen.
Joernaliste kla soms dat die Russiese publiek onverskillig teenoor kwelvrae staan en dus ook nie belang stel in kritiese verslaggewing nie. So was daar gedurende Rusland se transformasie tot 'n demokratiese samelewing wél 'n fase wat deur die stigting van 'n verskeidenheid mediaondernemings (dikwels het oligarge meer as een mediamaatskappy besit) en kritiese joernalisme gekenmerk was. Die euforie van die vroeë 1990's het egter geleidelik plek gemaak vir 'n soort regeringsvriendelike joernalisme wat tipies was vir die Sowjet-tydperk, veral op Rusland se televisiekanale wat baie aandag aan die regering se standpunte gee en moontlik ook nog as spreekbuis vir invloedryke oligarge optree wat die Kremlin-beleid steun. Maar daar is baie kwelvrae waaroor die media heeltemal swyg.
107
Sien ook
Portaal:Rusland
Verwysings
ru
"Сказание о Словене и Русе и городе Словенске из Хронографа 1679 года"
. novgorod.ru.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 September 2018
. Besoek op
17 Januarie
2020
en
"World Statistics Pocketbook 2016 edition"
(PDF)
. United Nations Department of Economic and Social Affairs. Statistics Division. 2016.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2019
. Besoek op
17 Januarie
2020
en
"The Russian federation: general characteristics"
Federal State Statistics Service
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Maart 2012
. Besoek op
5 April
2008
ru
"Том 1. Численность и размещение населения"
. Federale Statistiekdiens. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 24 Januarie 2020
. Besoek op
3 September
2022
en
"Russia"
Internasionale Monetêre Fonds
. April 2023
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"Human Development Report 2021/2022"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2021
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"GINI index – Russian Federation"
Wêreldbank
. Besoek op
27 Julie
2023
ru
"Сведения о наличии и распределении земель в Российской Федерации на 1 January 2017 (в разрезе субъектов Российской Федерации)"
. Rosreestr.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 April 2020.
de
Handelsblatt, 3 Julie 2019: Gazprom verdrängt US-LNG aus Europa. Besoek op 24 Julie 2019
Geargiveer
28 Maart 2022 op
Wayback Machine
en
Webster's II New College Dictionary
. Boston: Houghton Mifflin Co. 1999. p.
970.
ISBN
978-0395962145
ru
V. A. Kuchkin (2014). E. A. Melnikova, V. Ya. Petrukhina (red.).
Древняя Русь в средневековом мире
. Moskou: Institute of General History of the Russian Academy of Sciences; Ladomir. pp.
700–
701.
en
Michael Kort (2008).
A Brief History of Russia
. New York: Checkmark Books. p.
6.
ISBN
978-0816071135
en
Wladyslaw Duczko (2004).
Viking Rus
. Brill Publishers. pp.
10–
11.
ISBN
978-90-04-13874-2
ru
Aleksandr Vasilevich Nazarenko (2001).
"1. Имя "Русь" в древнейшей западноевропейской языковой традиции (XI–XII века)"
=Древняя Русь на международных путях: междисциплинарные очерки культурных, торговых, политических связей IX–XII веков
. Languages of the Rus' culture. pp.
40,
42–
45,
49–
50.
ISBN
978-5-7859-0085-1
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 Augustus 2011
. Besoek op
14 Augustus
2011
en
R. R. Milner-Gulland (1997).
The Russians: The People of Europe
. Blackwell Publishing. pp.
1–
4.
ISBN
978-0-631-21849-4
en
Dimitri Obolensky (1994).
Byzantium and the Slavs
. Crestwood, NY: St. Vladimir's Seminary Press. p.
17.
ISBN
9780881410082
en
Lawrence N. Langer (2021).
Historical Dictionary of Medieval Russia
(2de
uitg.). Lanham. p.
182.
ISBN
978-1538119426
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (
link
en
Elena Hellberg-Hirn (1998).
Soil and Soul: The Symbolic World of Russianness
. Aldershot [Hants, England]: Ashgate. p.
54.
ISBN
1855218712
en
Catherine Merridale (2003). "Redesigning History in Contemporary Russia".
Journal of Contemporary History
38
(1):
13–
28.
doi
10.1177/0022009403038001961
ISSN
0022-0094
JSTOR
3180694
S2CID
143597960
en
UNESCO World Heritage Centre.
"Russian Federation"
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 November 2019
. Besoek op
17 Januarie
2020
de
Ambassade van die Russiese Federasie in Duitsland: Welkom in Rusland – Oorsig. Besoek op 3 Desember 2019
Geargiveer
3 Desember 2019 op
Wayback Machine
en
Library of Congress.
"Topography and Drainage"
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Walsh, Nick Paton.
"It's Europe's lungs and home to many rare species. But to Russia it's £100bn of wood"
. Guardian (UK).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Fish Industry of Russia
— Production, Trade, Markets and Investment
. Eurofish, Copenhagen, Denmark. Augustus 2006. p.
211. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 November 2007
. Besoek op
26 Desember
2007
en
"Oil prices drive the cost of food"
. RIA Novosti.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russia"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 9 Januarie 2021
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"Lake Baikal—A Touchstone for Global Change and Rift Studies"
. United States Geological Survey.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2012
. Besoek op
26 Desember
2007
en
"Lake Baikal"
Unesco
World Heritage Centre.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russia"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"Russian Federation: Country Brief"
Wêreldbank
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Climate"
. Library Of Congress.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 4. The President of the Russian Federation"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 6. The Government of the Russian Federation"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 November 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 5. The Federal Assembly"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 2. Rights and Freedoms of Man and Citizen"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 November 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 7. Judicial Power"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Country Profile Russia"
. Foreign & Commonwealth Office of the United Kingdom.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2012
. Besoek op
12 Desember
2007
en
"News From Russia", Issue No. 4"
. The Embassy of the Russian Federation in the Republic of India.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2007
. Besoek op
27 Desember
2007
en
Kosachev, Konstantin.
"Russian Foreign Policy Vertical"
. Russia In Global Affairs.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"NATO-Russia relations"
. NATO. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Oktober 2011
. Besoek op
27 Desember
2007
en
"Chapter 2—Investing In Russian Defense Conversion: Obstacles and Opportunities"
. Federation of American Scientists.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 April 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Status of Nuclear Powers and Their Nuclear Capabilities"
. Federation of American Scientists.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2000
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"US drives world military spending to record high"
. Australian Broadcasting Corporation. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 Junie 2011
. Besoek op
27 Desember
2007
en
"Russia arms exports could exceed $7 bln in 2007 – Ivanov"
. RIA Novosti. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Januarie 2017
. Besoek op
27 Januarie
2008
en
Russia: Assessment, Adam Baltin Interview, Opinion Poll on State of Armed Forces
FBIS: Informatsionno-Analiticheskoye Agentstvo Marketing i Konsalting,
14 Maart 2006
en
"Russian defense spending to grow 20% in 2008, to $40 bln"
. RIA Novosti.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Rice: Russia's Military Moves 'a Problem'
. ABC News.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Overview of the major Asian Powers (page 31)"
(PDF)
International Institute for Strategic Studies
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 26 Desember 2018
. Besoek op
27 Januarie
2008
en
"World Wide Military Expenditures"
. Global Security.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Big rise in Russian military spending raises fears of new challenge to west"
. Guardian.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 April 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
bpb.de, 19 Mei 2017: Russlands Weg in die "postwestliche Welt". Vergelyk Vasilij Sacepin: Voennaja nagruska stala tormosom (Militêre besteding as remskoen), in: Огонёк (Ogonjok), 17 Oktober 2016, bl. 14
bpb.de, 19 Mei 2017: Russlands Weg in die "postwestliche Welt". Sergej Cypljaev: Žizn’ po eskizam national’noj idei (Die Lewe volgens Sketse van die Nasionale Idee), in: Nezavisimaja Gazeta, 26 April 2016. Besoek op 20 Februarie 2020
de
Stiftung Wissenschaft und Politik (SWP) - Themendossiers: Krise um die Ukraine: Russland . Besoek op 29 Februarie 2020
Geargiveer
29 Februarie 2020 op
Wayback Machine
de
Ausländische Investitionen in Russland 2011: Zunahme um 66 Prozent. RIANOVOSTI, 28 Februarie 2012
Geargiveer
19 April 2020 op
Wayback Machine
en
The Moscow Times, 22 Mei 2019: Foreign Direct Investment Into Russia Is Fsalling. Besoek op 4 Desember 2019
en
The Moscow Times, 22 Mei 2019: Foreign Direct Investment Into Russia Is Fsalling. Besoek op 4 Desember 2019
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Hoofsektore van die Russiese ekonomie
Geargiveer
21 September 2008 op
Wayback Machine
en
"Russians weigh an enigma with Putin's protégé"
. MSNBC.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russia's economy under Vladimir Putin: achievements and failures"
. RIA Novosti.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 April 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russia's unemployment rate down 10% in 2007 – report"
. RIA Novosti.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russia
— Unemployment rate (%)"
. indexmundi.com
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Tavernise, Sabrina (23 Maart 2002).
"Russia Imposes Flat Tax on Income, and Its Coffers Swell"
The New York Times
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
ru
"Gross regional product by federal subjects of the Russian Federation 1998–2006"
. Federal State Statistics Service.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2019
. Besoek op
13 Mei
2018
de
GTAI Germany Trade and Invest, 13 Augustus 2019: Russland startet neuen Anlauf zur Rettung der Monostädte. Besoek op 4 Desember 2019
Geargiveer
5 Desember 2019 op
Wayback Machine
en
"Russia: How Long Can The Fun Last?"
. BusinessWeek.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012
. Besoek op
27 Desember
2007
en
Robin Paxton.
"A billion dollars not enough for Russian rich list"
. Forbes
. Besoek op
19 April
2008
[dooie skakel]
ostexperte.de, 19 Februarie 2018: Russland. Wo bleibt der Wettbewerb der Märkte? Besoek op 10 Maart 2020
The Moscow Times, 19 Maart 2020: Tumbling Ruble Forces Central Bank To Intervene. Besoek op 19 Maart 2020
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Russiese Federasie. Besoek op 22 Junie 2013
ru
"International Migration"
. Federal State Statistics Service. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Julie 2011
. Besoek op
13 Januarie
2008
en
"Russia cracking down on illegal migrants"
. International Herald Tribune. 15 Januarie 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2009
. Besoek op
15 Januarie
2007
de
Bertelsmann Enzyklopädie 2008, USM, DVD-uitgawe: Russland
ru
"Resident population"
. Federal State Statistics Service. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2012
. Besoek op
27 Desember
2007
en
For a discussion of the origins of Slavs, see Barford, Paul M.
The Early Slavs
. Cornell University Press. pp.
bl. 15–16.
ISBN
0-8014-3977-9
en
Hamm, Michael Franklin.
Kiev: A Portrait, 1800–1917
. Princeton University Press.
ISBN
0-691-02585-1
ru
Рыбаков, Б. А. (1948).
Ремесло Древней Руси
. pp.
с.525–533,
780–
781.
en
Solovyov, Sergey (2001).
History of Russia from the Earliest Times
. AST. pp.
bl. 562–604, volume 6.
ISBN
5170021429
en
Skrynnikov, R. (1981).
Ivan the Terrible
. Academic Intl Pr (Maart 1981). p.
bl. 58.
ISBN
0-87569-039-4
en
Solovyov, Sergey (2001).
History of Russia from the Earliest Times
. AST. pp.
v.6, bl. 751–908.
ISBN
5170021429
en
Solovyov, Sergey (2001).
History of Russia from the Earliest Times
. AST. pp.
v.7, bl. 461–568.
ISBN
5170021429
en
Cliff, Tony (1984).
Class Struggle and Women’s Liberation
. Bookmarks. pp.
bl. 138–139.
ISBN
0-906224-12-8
en
"Russia: Economic Conditions in Mid-1996"
. Library of Congress.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 September 2012
. Besoek op
26 September
2008
en
Branko Milanovic (1998).
Income, Inequality, and Poverty During the Transformation from Planned to Market Economy
Wêreldbank
. pp.
186–
189.
en
Sokolov, Vsevolod (Spring 2004).
"From Guns to Briefcases: The Evolution of Russian Organized Crime"
World Policy Journal
XXI
(1). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Februarie 2009.
en
"Russian Federation"
(PDF)
. Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD).
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Treisman, Daniel.
"Is Russia's Experiment with Democracy Over?"
. UCLA International Institute.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 April 2020
. Besoek op
31 Desember
2007
en
"Russian Census of 2002"
4.3. Population by nationalities and knowledge of Russian; 4.4. Spreading of knowledge of languages (except Russian)
. Federal State Statistics Service.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 April 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Chapter 3. The Federal Structure"
The Constitution of the Russian Federation
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Bell, Imogen.
"Eastern Europe, Russia and Central Asia"
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Zuckerman, Phil (2005).
Atheism: Contemporary Rates and Patterns, chapter in The Cambridge Companion to Atheism, ed. by Michael Martin
. Cambridge University Press.
en
"Religion In Russia"
. Embassy of the Russian Federation.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2002
. Besoek op
27 Desember
2007
en
Garafola, Lynn.
Diaghilev's Ballets Russes
. Oxford University Press. p.
576.
ISBN
0-19-505701-5
en
"A Tale of Two Operas"
. Petersburg City.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
en
Microsoft® Encarta® Online Encyclopedia 2007.
"Russian Literature"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Augustus 2009
. Besoek op
7 Januarie
2008
{{
cite web
}}
: CS1 maint: numeric names: authors list (
link
en
Kelly, Catriona.
Russian Literature: A Very Short Introduction (Very Short Introductions) (Paperback)
. Oxford Paperbacks.
ISBN
0-19-280144-9
en
"Russian literature"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
27 Julie
2023
en
Otto Friedrich.
"Freaking-Out with Fyodor"
Time Magazine
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2017
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"History of the motion picture"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"Russia::Motion pictures"
. Encyclopædia Britannica. 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 November 2007
. Besoek op
27 Desember
2007
en
"White Sun of the Desert / Beloe solntse pustyni"
. Film Society of Lincoln Center. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Januarie 2008
. Besoek op
18 Januarie
2008
en
Dzieciolowski, Zygmunt.
"Kinoeye: Russia's reviving film industry"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Oktober 2018
. Besoek op
13 Mei
2018
en
"Russian Entertainment & Media Industry worth $27.9 bn by 2011"
PricewaterhouseCoopers
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 September 2007
. Besoek op
27 Desember
2007
en
"Russian bandy players blessed for victory at world championship in Kazan"
. Tatar-Inform. 21 Januarie 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2016
. Besoek op
31 Augustus
2009
ru
"XV чемпионат России по хоккею с мячом сезон 2006/07 г.г."
rusbandy.ru.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2017
. Besoek op
13 Mei
2018
ro
"CUPA KISELEFF, TROFEU CE VA FI PUS ÎN JOC LA MECIURILE DINTRE ROMÂNIA ȘI RUSIA"
. Federația Română de Rugby. 3 Maart 2021
. Besoek op
20 Maart
2021
en
"Russia secures 2014 grand prix deal"
. ESPN. 14 Oktober 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020
. Besoek op
13 Mei
2018
de
Bundeszentrale für politische Bildung (bpb)/Inna Hartwich: Die Medienlandschaft in Russland. Das Wort und der Tod, 3 Februarie 2011
en
BBC News – Russia country profile: Media
Verdere leeswerk
Algemeen
en
"Russia"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
27 Julie
2023
en
"Russia"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
27 Julie
2023
Politiek
en
Kanet Roger E., ed.
Russian Foreign Policy in the 21st Century
(Palgrave Macmillan; 2011)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Rusland
Sien
Rusland
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Russiese regering
ru
Amptelike webwerf van die Russiese regering
Media en nuusagentskappe
en
Russiese nuusagentskap "Ria Novosti"
Geskiedenis
en
Russia Beyond: Who founded Russia and ruled it before the Romanovs?
Toerisme
en
Toerisme-inligting oor
Rusland
op
Wikivoyage
Argitektuur
en
Union of Architects of Russia (UAR)
Migrasie
de
Svetlana Boltovskaja, Heinrich-Böll-Stiftung: Afrikanische Diaspora in Russland (1985–2005): Selbst- und Fremdbilder
Fotogalerye
en
Foto's van Rusland op Flickr
Noorweë
Arktiese Oseaan
Arktiese Oseaan
Barentssee
Karasee
Laptefsee
Oos-Siberiese See
Tsjoekotkasee
Beringstraat
Verenigde State
Alaska
) •
Beringsee
Finland
Golf van Finland
Estland
Letland
Litaue
Pole
Belarus
Oekraïne
Stille Oseaan
Rusland
Swartsee
Georgië
Azerbeidjan
Kaspiese See
Kasakstan
Volksrepubliek China
Mongolië
Volksrepubliek China
Noord-Korea
See van Japan
See van Ochotsk
Japan
Lande en gebiede in
Asië
Onafhanklike lande
Afghanistan
Armenië
Azerbeidjan
Bahrein
Bangladesj
Bhoetan
Broenei
Egipte
Filippyne
Georgië
Indië
Indonesië
Irak
Iran
Israel
Japan
Jemen
Jordanië
Kambodja
Kasakstan
Katar
Kirgisië
Koeweit
Laos
Libanon
Maledive
Maleisië
Mianmar
Mongolië
Nepal
Noord-Korea
Oesbekistan
Oman
Oos-Timor
Pakistan
Rusland
Saoedi-Arabië
Singapoer
Siprus
Sirië
Sri Lanka
Suid-Korea
Tadjikistan
Thailand
Turkmenistan
Turkye
Verenigde Arabiese Emirate
Viëtnam
Volksrepubliek China
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Noord-Siprus
Palestina
Republiek China (Taiwan)
Suid-Ossetië
Afhanklike gebiede
Australië
Kerseiland
Kokoseilande
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Britse Indiese Oseaangebied
Volksrepubliek China
Hongkong
Macau
Lande van
Afrika
Europa
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Afrika
. 2. Land deels in
Europa
. 3. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Lande en gebiede in
Europa
Onafhanklike lande
Albanië
Andorra
Armenië
Azerbeidjan
Belarus
België
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Georgië
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kasakstan
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Rusland
San Marino
Serwië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Vatikaanstad
Verenigde Koninkryk
Ysland
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Donetsk
Kosovo
Loehansk
Noord-Siprus
Suid-Ossetië
Transnistrië
Afhanklike gebiede
Finland
Åland
Koninkryk van Denemarke
Faroëreilande
Noorweë
Jan Mayen
Svalbard
Portugal
Asore
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Gibraltar
Guernsey
Jersey
Man
Lande van
Afrika
Asië
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Asië
. 2. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die
Kanaaleilande
Groep van Twintig (G20)
Argentinië
Australië
Brasilië
Duitsland
Europese Unie
Frankryk
Indië
Indonesië
Italië
Japan
Kanada
Meksiko
Rusland
Saoedi-Arabië
Suid-Afrika
Suid-Korea
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Volksrepubliek China
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Australië
Tsjeggië
Pole
Israel
Katalonië
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
İslâm Ansiklopedisi
Ontsluit van "
Kategorie
Rusland
Versteekte kategorieë:
AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer
CS1 maint: numeric names: authors list
Voorbladartikels
Rusland
Nuwe onderwerp