Tanag - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Volledige stel van rolle, wat saam die Tanag vorm
Fragment uit die Leningradse codex of Codex Leningradensis. Dit is die oudste nog bestaande volledige handskrif van die Tanag se Masoretiese teks en dateer uit die jaar 1008
Die
Tanag
, soms ook
Tenag
Hebreeus
: תַּנַ״ךְ, [taˈnaχ] of [təˈnax]) of
Mikra
(מִקְרָא) genoem, is die belangrikste boek in
Judaïsme
, nog voor die
Talmoed
. Die Tanag bestaan uit die drie gedeeltes
Tora
("onderwysing", "leerstelling", "ontwerp"), Newi'im ("Profete") en Ketoewim ("Skrifte").
TNK
is die
akroniem
van dié dele se voorletters (תנ״ך). Die Tanag is 'n versameling van altesaam 24 Bybelse boeke in Hebreeus, waarvan twee (
Daniël
en
Esra
) langer
Aramese
teksgedeeltes behels. Die oorspronklike teks bestaan net uit medeklinkers. Vanaf die 8ste eeu het 'n groep Joodse skrifgeleerdes in
Galilea
, die Masorete, 'n stelsel van diakritiese skryftekens ontwikkel wat klinkers en beklemtoning aandui om sodoende die korrekte uitspraak vas te hou. Hierdie
Masoretiese teks
is gesaghebbend vir
Rabbynse
Judaïsme en vir Protestantse en Katolieke Bybelvertalings. In die sekondêre
letterkunde
word na die Tanag soms as "Joodse" of "Hebreeuse Bybel" verwys.
Die
Christendom
het al die boeke van die Tanag oorgeneem en in 'n ander volgorde as sy
Ou Testament
gekanoniseer (
Bybelse kanon
), byvoorbeeld word in die Protestantse Bybel dieselfde inhoud in 39 Bybelboeke verdeel.
Moderne geleerdes wat die geskiedenis van die Hebreeuse Bybel navors, gebruik 'n verskeidenheid bronne, bykomend tot die Masoretiese teks.
Hierdie bronne sluit vroeë
Griekse
Septuagint
) en
Siriese
Pesjitta
) vertalings en die
Samaritaanse
Pentateug
in. Verskille tussen dié bronne en die Masoretiese teks het aanleiding gegee tot die teorie dat nog 'n teks van die Hebreeuse Bybel, bekend as
Urtext
, eens bestaan het en die bron van die weergawes is wat vandag nog bestaan.
So 'n
Urtext
is nog nooit gevind nie. Met die ontdekking van die
Dooie See-rolle
in 1947 het egter Bybelse handskrifte beskikbaar geword wat uit die 2de eeu v.C. dateer. Dié handskrifte toon dat die Masoretiese teks 'n baie stiptelike weergawe is van die oudste bekende bronne.
Verwysings
wysig
wysig bron
de
Adolf M. Ritter:
Zur Kanonbildung in der Alten Kirche
, in:
Charisma und Caritas. Aufsätze zur Alten Kirche
, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen 1997,
ISBN 3-525-58160-2
, bl. 273
ff.
"Scholars seek Hebrew Bible's original text – but was there one?"
Jewish Telegraphic Agency
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
3 April
2019
en
Isaac Leo Seeligmann, Robert Hanhart, Hermann Spieckermann:
The Septuagint Version of Isaiah and Cognate Studies
, Tübingen 2004, bl. 33–34.
en
Shanks, Herschel (4 Augustus 1992).
Understanding the Dead Sea Scrolls
(1ste
uitg.). Random House. p.
336.
ISBN
978-0-679-41448-3
Beskikbare weergawes
wysig
wysig bron
Biblia Hebraica Stuttgartensia, Handweergawe,
ISBN 978-3-438-05218-6
Biblia Hebraica Quinta, word nog gepubliseer. Gedeeltelike aflewerings: sagteband; 1. Megilloth (Fasc. 18, 2004),
ISBN 978-3-438-05278-0
; 2. Ezra and Nehemiah (Fasc. 20, 2006),
ISBN 978-3-438-05280-3
; 3. Deuteronomy (Fasc. 5, 2007),
ISBN 978-3-438-05265-0
; 4. Proverbs (Fasc. 17, 2008),
ISBN 978-3-438-05277-3
; 5. The twelve minor Prophets (Fasc. 13, 2010),
ISBN 978-3-438-05273-5
; 6. Judges (Fasc. 7, 2011),
ISBN 978-3-438-05267-4
, 7. Genesis (Fasc. 1, 2015),
ISBN 978-3-438-05261-2
Verdere leesstof
wysig
wysig bron
de
Buber, Martin
; Franz Rosenzweig (1961).
Die Schrift Verdeutscht – mit Bildern von
Marc Chagall
. Gütersloh 2007: Gütersloher Verlagshaus.
ISBN
978-3-579-06448-2
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: plek (
link
de
Boeckler, Annette M. (2000).
Die Tora: Die fünf Bücher Mose nach der Übersetzung von
Moses Mendelssohn
(3 (30 Maart 2004)
uitg.). Berlin: Jüdische Verlagsanstalt.
ISBN
978-3-934658-10-3
de
Zenger, Erich (2004).
Das Erste Testament. Die jüdische Bibel und die Christen
. Düsseldorf: Patmos.
ISBN
978-3-491-69416-3
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Tanag
en
"Tanakh"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
3 April
2019
Ontsluit van "
Kategorie
Hebreeuse Bybel
Versteekte kategorieë:
AS1-bronne in Engels (en)
AS1-onderhoud: plek
Tanag
Nuwe onderwerp