'n Borsbeeld van Melqart in die Nasionale Museum van Denemarke.
Die Ontvoering van Europa
, ’n Romeinse
mosaïek
uit Biblos, 200-300
n.C., Nasionale Museum van Beiroet.
Die Romeinse historikus Justinius het geskryf die oorspronklike stigters van Tirus het van die noordelike stad Sidon gekom om ’n nuwe hawe te stig.
12
13
Volgens
Herodotos
, wat Tirus in omtrent 450
v.C. besoek het, het die plaaslike priesters gesê die stad is omstreeks 2750
v.C. gestig
as ’n ommuurde plek op die vasteland
14
wat nou as
Paleotyre
("Ou Tirus") bekend is.
Argeologiese
bewyse het dié tyd bevestig. Uit uitgrawings is ook ontdek daar was reeds omstreeks 2900
v.C. nedersettings op die terrein,
maar dat die bewoners weggetrek het.
12
Die Griekse geskiedkundige
Eusebius
het vertel van die algemene mite dat die
god
Melqart
die stad gebou het as guns vir die meermin Tiros en dit na haar genoem het.
15
Daar is egter ook verskeie ander legendes oor Tirus se stigting. In die
Griekse mitologie
het die hoofgod,
Zeus
, die vorm van ’n bul aangeneem om die Tiriese prinses Europa na
Kreta
te ontvoer. Daar het die paartjie drie seuns gehad: Minos, Radamantos en Sarpedon, wat konings van Kreta geword het en ná hulle dood regters van die
onderwêreld
. Die kontinent
Europa
is na haar genoem.
’n
Stele
van
Ramses II
wat in Tirus ontdek is, in die Nasionale Museum van Beiroet.
In die 17de eeu
v.C. het die nedersetting onder die heerskappy van die
farao's
van
Egipte
gekom. In die daaropvolgende jare het dit voordeel getrek uit die beskerming deur Egipte se
18de Dinastie
en het dit kommersieel vooruitgegaan.
13
Volgens argeologiese bewyse het Tirus reeds teen die middel 2de millennium
v.C. begin met die vervaardiging van ’n seldsame en buitengewoon duur soort
pers
kleurstof,
16
Tiriese pers
. Dit was bekend daarvoor dat dit mooi en ligbestand was.
17
Dit is gemaak van ’n ekstrak van die seeslakke
Murex trunculus
en
Murex brandaris
. Die kleur is in antieke kulture uitgesonder vir gebruik deur koninklikes, of minstens adellikes.
18
’n
Amarna-kleibrief
deur die Tiriese prins Abimilku aan farao
Achenaten
, Metropolitaanse Kunsmuseum.
"Die ontdekking van pers", deur
Peter Paul Rubens
, omstreeks 1636.
Die Tiriërs was uiters diskreet oor die bedryf om ’n absolute
monopolie
te verseker.
15
Volgens die mitologie het die god Melqart op die strand geloop saam met die nimf Tiro, vir wie hy die hof gemaak het, toe sy hond ’n seeslak byt en die weekdier sy bek pers vlek. Tiro wou ’n rok van dieselfde kleur by Melqart hê, en so het die bedryf ontstaan.
Die antieke skrywer
Strabo
, wat Tirus ook besoek het, het gesê die kleurstofbedryf
besoedel
die lug so dat die stank sy verblyf in die stad baie onaangenaam gemaak het.
17
Kenners het bereken sowat 8
000 seeslakke sou vermorsel moes word om een gram van die kleurstof te onttrek,
15
en dit kon dieselfde gekos het as omtrent 20
gram
goud
19
Die eerste duidelike verslae oor die stad word gegee deur die
Amarna-briewe
van omstreeks 1350
v.C. wat die prins van Tirus,
Abimilku
, aan farao
Achenaten
geskryf het. Die onderwerp is dikwels water, hout en die
Habiru
wat die platteland van die vasteland oorneem en hoe dit die eiland-stad beïnvloed.
Egiptiese magte het eindelik ’n
Hetitiese
leër verslaan wat Tirus beleër het.
Hoewel die stad eers Melqart genoem is, na die stadsgod, verskyn die naam Tirus reeds van 1300
v.C. af op monumente.
In die 12de eeu v.C. het Egipte se farao's geleidelik politieke beheer oor die
Levant
verloor,
12
hoewel Egiptiese kuns Tiriese kuns meer as ’n halwe millennium daarna steeds beïnvloed het.
20
Terracottabeelde uit Tirus
Vrouekoppe, Ystertydperk.
In die 11de eeu
v.C. het die groep maritieme stadstate wat
Fenisië
uitgemaak het, begin met ’n kommersiële uitbreiding. Veral Tirus en Sidon het voordeel getrek uit die uitskakeling van die voormalige handelsentrums in
Oegarit
en
Alalakh
21
Dus is Fenisië deur buitelanders en die Fenisiërs vereenselwig met
Sidonia
of
Tyria
. Tirus se maritieme oorheersing was so groot dat die Middellandse See bekend geraak het as die "Tiriese See".
13
’n Stele van die Al Bass-terrein in Tirus, die grootste bekende Fenisiese nekropolis, in die Nasionale Museum van Beiroet.
Daar is baie min argeologiese data oor Tirus uit dié deel van die
Ystertydperk
II, en daarom is dit nie bekend hoe hy sy heerskappy aan ander opgedwing het nie.
22
Daar word egter algemeen aanvaar die stad het staatgemaak op handel en kulturele uitwisseling, eerder as op militêre oorwinnings. Tirus is veral bekend vir die verspreiding van sy
alfabet
en ’n telstelsel wat op 20 gebaseer was.
23
’n Belangrike faktor in dié globale opkoms was blykbaar die buitengewone kundigheid van Tiriese geleerdes in
sterrekunde
om hulle skepe te navigeer.
24
Ook het die Tiriërs meerverdiepinggeboue opgerig vanweé die beperkte ruimte op die eiland. Hulle het dus ook die reputasie verwerf dat hulle goeie bouers en ingenieurs was, asook metaalwerkers en veral skeepsbouers.
In geskrewe tradisies word die sterk groei van Tirus se vooruitgang van die 10de eeu
v.C. af veral aan een individu toegeskryf:
Hiram I
, wat sy pa, Abibaal, in 969
v.C. opgevolg het. Meer as ’n millennium later het
Flavius Josephus
die legende aangeteken dat Hiram die stedelike gebied uitgebrei het deur projekte wat twee eilande verbind het om ’n enkele eiland te vorm, waarop hy
tempels
laat bou het vir Melqart, Astarte en
Baalsamin
22
Buite sy grense het Hiram blykbaar sterk bande gevorm met die
Israelitiese
konings
Dawid
en
Salomo
. Hy het na berig word sederhout en geskoolde werkers gestuur om die groot
Tempel in Jerusalem
te help bou.
21
Invoer van
Siprus
het ’n belangrike rol in dié tydperk gespeel.
22
Verder het Hiram se samewerking met ander lande in die streek en sy bevegting van
Filistynse
seerowers
gehelp om handelsbande met
Arabië
en
Noord-
en
Oos-Afrika
aan te knoop.
Hulle het ook
"kolonies gestig aan die kuslyne en op naburige eilande in die
Egeïese See
, in
Griekeland
, aan die noordkus van Afrika, by Kartago en ander plekke, op
Sisilië
en
Korsika
, in
Spanje
by Tartessos en selfs anderkant die pilare van
Hercules
by Gadeira (Cádiz)."
25
Ná Hiram se bewind van 34 jaar is verskeie Tiriese konings ná mekaar in gevegte gedood.
’n Begrafnismasker van Tirus, 7de eeu
v.C., Nasionale Museum van Beiroet.
In die loop van die 9de eeu
v.C. het die stad noue bande met die Israeliete bly handhaaf, soos blyk uit die troue van
Isebel
van Tirus se koninklike familie met
Agab
, koning van Israel.
26
16
Tirus het egter heffings aan die
Nieu-Assiriese Ryk
begin betaal
13
en dié land het geleidelik oor Fenisië begin heers. Tirus het egter blykbaar ’n groot mate van onafhanklikheid behou terwyl dit kommersieel voordeel uit die stabiliteit van die sterk streeksmag getrek het.
21
Dus het Tirus een van die magtigste stede in die Oos-Mediterreense gebied gebly. Een van sy konings, die priester
Itobaal I
(887-856
v.C.), het tot in Beiroet in die noorde regeer en tot in ’n deel van
Siprus
27
Volgens mites is die Noord-Afrikaanse stad Kartago in 814
v.C. gestig deur Tirus se prinses Elissa, algemeen bekend as Dido ("Die Swerweling"), wat met ’n vloot skepe ontsnap het ná ’n magstryd met haar broer, Pigmalion.
13
Skepe van Tirus bring heffings vir Salmanasser
II.
In die loop van die 8ste eeu
v.C. het die Nieu-Assiriese konings probeer om hulle heerskappy oor Tirus se versterk.
Tiglat-Pileser III
(744-727
v.C.) het heffings van Hiram II geëis en probeer om handel tussen Tirus en nedersettings in die suide te verbied.
19
Sy opvolger,
Salmanasser V
, het die stad van omstreeks 725 tot 720
v.C. probeer beleër met die hulp van die Fenisiërs van die vasteland, maar kon dit nie inneem nie.
28
Siprus het homself egter in 709
v.C. van Tiriese oorheersing bevry.
24
Sanherib
, wat van 705 tot 681
v.C. oor die Nieu-Assiriese Ryk regeer het, kon Tirus nie in sy militêre veldtogte oorwin nie, maar die Tiriese koning Elulaios het beheer oor die gebiede buite die stad verloor en het gevlug. Hy is opgevolg deur pro-Assiriese monarge en goewerneurs. Die Tiriese koning Baäl
I het na berig word die Nieu-Assiriese heerser
Esarhaddon
(680-669
v.C.) gehelp om ’n Sidoniese opstand te onderdruk en het as ’n beloning beheer oor ’n groot deel van die kus van Palestina gekry. Baäl het egter ’n ooreenkoms met die Egiptiese farao
Taharqa
aangegaan en is deur Esarhaddon gestraf.
21
Assurbanipal
, Esarhaddon se opvolger van 669 tot 631
v.C., het die agterland van Tirus verwoes, maar die weer eens rebellerende stad bewaar vanweë sy ekonomiese potensiaal. Tirus het daarna sy handel hervat en aanhou vooruitgaan.
22
Terwyl Nieu-Assirië in die 7de eeu
v.C. verbrokkel het, het Tirus en die ander Fenisiese stadstate nie net aansienlike onafhanklikheid geniet nie, maar ook bloeiende handelsbedrywighede.
16
Onafhanklikheid en Neo-Babiloniese tydperk (612-539 v.C.)
wysig
wysig bron
’n Beeld van ’n Fenisiese koning in die styl van ’n farao, uit Tirus, 7de eeu v.C.
’n Terracottabeeld van ’n sittende vrou met ’n tiara op, van Tirus, 6de eeu
v.C., in die
Louvre
Ná die val van die Assiriërs in 612
v.C. het Tirus en die ander Fenisiese stadstate aanvanklik nog ’n opbloei in hulle handel beleef sonder die betaling van heffings.
Dié tydperk het egter ná ’n paar jaar geëindig toe
Nebukadnesar II
in 605
v.C. met militêre veldtogte in die Levant begin het.
29
Die Tiriese heersers het hulle aan die kant van Egipte, die koninkryke
Juda
Edom
en
Moab
sowel as ander Fenisisese stede geskaar teen
Neo-Babiloniese
ambisies oor die uitbreiding van sy grondgebied. Hulle het daarin geslaag om hulle onafhanklikheid te behou.
16
In 586
v.C. het Nebukadnesar II met ’n beleg van Tirus begin wat 13 jaar geduur het.
13
Dit het misluk, maar die verswakte stad het eindelik ingestem om heffings te betaal.
28
Weens die lang beleg het Tirus ekonomiese skade gely en sy handelsbedrywighede is in ’n groot mate deur die onstabiliteit geknou. Die stad het ook sy tradisionele wedywering met die naburige Sidon verloor,
29
en laasgenoemde stad het die oorhand gekry.
22
Terselfdertyd het die invloed van die Egiptiese kuns, wat ’n "gekoesterde bron van inspirasie" gebly het selfs ná die beëindiging van Egipte se oorhand oor die streek in die 12de eeu v.C., eindelik afgeneem.
20
Die
Achaemenidiese Ryk
van die Persiese koning
Kores die Grote
het die stad in 539
v.C. verower.
30
Die Perse het Fenisië in vier
vasalkoninkryke
verdeel: Sidon, Tirus, Arwad en Biblos. Hulle het floreer deur skepe vir die Persiese konings se vlote te bou. Toe Kambuses II ’n veldtog teen Kartago reël, het Tirus egter geweier om teen sy dogterstad te veg.
29
’n Silwermuntstuk uit Tirus uit 437-425 v.C.. Links is ’n dolfyn en seeslak en regs ’n uil met ’n Egiptiese septer.
’n Silwermuntstuk uit Tirus uit 347-346 v.C.. Links is Melqart wat op ’n perd ry en regs ’n uil met ’n Egiptiese septer.
Onder Persiese heerskappy is Tirus, nes die ander Fenisiese stadstate, toegelaat om sy eie koning te behou,
16
maar eindelik is die ou stelsel van koningshuise afgeskaf. Die stadstate het republieke geword, met
suffetes
(regters) wat vir ses jaar die mag behou het.
Tirus se ekonomie het steeds gesteun op die vervaardiging van pers kleurstof uit seeslakke, wat op ’n silwermuntstuk van Titus van omstreeks 450-400
v.C. verskyn,
17
toe die stad sy eie geld begin munt het. Ander motiewe op munstukke het dolfyne en uile ingesluit.
16
Herodotos het Tirus omstreeks 450
v.C. besoek en die tempel van Melqart gesien. "Dit was ryklik versier met offerandes, en daar was tussenin twee pilare, een van goud en een van smarag, wat snags helder geskyn het."
31
Sommige historici meen die smaragpilaar was van glas en is met ’n lamp verlig.
Volgens die Romeinse historikus Justinus het ’n opstand deur
slawe
in die Persiese tydperk plaasgevind. Die lewe van net een slawemeester met die naam Straton is gespaar. Die voormalige slawe het hom toe as die nuwe koning gekies en ’n dinastie gestig.
29
In 392
v.C. het Evagoras, die prins van
Siprus
, met
Atheense
en Egiptiese steun ’n opstand teen die Persiese heerskappy begin. Sy magte het Tirus ingeneem – óf deur hulle aan te val óf deur die geheime instemming van die Tiriërs. Hy het die rebellie egter ná 10 jaar beëindig en Tirus het weer onder Persiese beheer gekom.
Die stad het nie deelgeneem aan Sidon se opstand in 352
v.C. nie en het voordeel getrek uit die buurstat se daaropvolgende verwoesting.
29
Optrede deur die vloot tydens die beleg van Tirus; tekening deur André Castaigne, 1888/'89.
Ná sy oorwinning oor die Persiese koning
Darius III
in 333
v.C. het
Alexander die Grote
sy leërs suid na
Sirië
en die
Levant
geneem en heffings geëis van al die Fenisiese stadstate aan die kus. Omdat hulle moeg was van Persiese onderdrukking, het die meeste die nuwe heerser verwelkom. Tirus het egter hewig weerstand gebied.
32
’n Blou marmertorso uit Tirus, Altes Museum in
Berlyn
Alexander het die stad beleër ondanks sy reputasie dat hy nie ingeneem kan word nie.
13
Die
Masedoniese
veroweraar het binne sewe maande daarin geslaag om die stad te beleër deur die ou stad op die vasteland af te breek en die geboue se stene te gebruik om ’n straatweg na die eiland te bou.
33
Demetrius II word vermoor, Franse illustrasie van omstreeks 1413-1415.
Sowat 8
000 Tiriërs is tydens die beleg dood en hoewel Alexander koning Azemilcus en die hoofmagistrate begenadig het, is sowat 30
000 burgers as slawe verkoop.
34
Tirus is vandag steeds ’n skiereiland in plaas van ’n eiland.
13
15
Kort ná Alexander se dood in 323
v.C. het
Ptolemeus
van Egipte die streek geannekseer, maar dit net ’n paar jaar lank behou.
34
In 315
v.C. het Alexander se voormalige generaal
Antigonos
Tirus self beleër.
35
Antigonos se seun, Demetrios, het tot in 287
v.C. oor Fenisië regeer, maar Ptolemeus het dit teruggewen. Dit was daarna sowat 70 jaar lank onder beheer van Ptolemeus se opvolgers, totdat die
Seleukidiese Ryk
onder
Antiogos III
Fenisië in 198
v.C. verower het.
34
In 275
v.C. het Tirus besluit om ’n republiek te word.
24
Terwyl die mag van die Seleukidiese Ryk begin verbokkel het en sy leiers in dinastiese gevegte betrokke geraak het, het hulle houvas op Fenisië ook afgeneem.
In 126
v.C. het Tirus onafhanklik van die kwynende Seleukidiese Ryk geword.
36
’n Jaar later het die Seleukidiese koning
Demetrius II Nicator
na Tirus gevlug nadat hy van die troon gesit is. Die prefek van Tirus het hom egter laat vermoor toe hy sy skip verlaat.
37
In 88
v.C. het Tirus se handelsbedrywighede begin ly onder die onstabiliteit in die gebied. Vyf jaar later, in 83
v.C., het die heersersklasse van die Levant
Tigranes die Grote
, koning van
Armenië
, gevra om die heerser van Fenisië te word en orde te herstel. Tirus het egter daarin geslaag om onafhanklik te bly.
38
Ain Sur.
In 64
v.C. het
Sirië
eindelik ’n provinsie van die laat
Romeinse Republiek
geword, net voordat laasgenoemde die
Romeinse Ryk
geword het.
39
Tirus is toegelaat om sy onafhanklikheid in ’n groot mate te behou as ’n "civitas foederata" (vrye stad).
40
Tirus het dus ’n groot deel van sy kommersiële belangrikheid behou. Benewens pers kleurstof, was die vervaardiging van
linne
’n belangrike nywerheid.
41
Sy ligging het Tirus die "natuurlike" hawestad gemaak van
Damaskus
, waaraan dit in die Romeinse tydperk met ’n pad gekoppel is.
42
Dit was ook ’n belangrike ontmoetingsplek aan die
Syroete
23
’n Marmerstandbeeld van
Hadrianus
uit Tirus, Nasionale Museum van Beiroet.
Die Triomfboog (herbou).
’n Borsbeeld van Septimius Severus uit Tirus.
In die
Nuwe Testament
word genoem dat
Jesus
Sidon en Tirus besoek het. Hy het duiwels uit ’n vrou se dogter gedryf
43
en baie mense het van Tirus en Sidom gekom om Hom te hoor preek.
44
’n
Christelike
gemeente is in Tirus gestig kort ná die dood van sint Stefanus.
Paulus
het op die terugkeer van sy derde sendingsreis ’n week daar in gesprek met die dissipels deurgebring.
41
In die vroeë 2de eeu
n.C. het keiser
Hadrianus
, wat die stad van die ooste omstreeks 130
n.C. besoek het, die titel "metropolis" aan Tirus gegee. Sy status was van "uiterste belang",
45
want dit het die antieke wedywering met Sidon in Tirus se guns beklink – vir eers.
41
Daarna is die beroemde Triomfboog en Tiriese Hippodroom, een van die grootste hippodrome ter wêreld (480
m lank en 160
m breed), gebou.
46
Die amfiteater vir die perderesiesbaan kon sowat 30
000 toeskouers huisves. ’n
Akwaduk
van omtrent 5
km lank is gebou om die stad van water uit die Ras Al Ain-bekkens in die suide te voorsien.
15
Toe
Septimius Severus
en
Pescennius Niger
in 193
n.C. met mekaar meeding om die troon van
Rome
, het Tirus hom aan Severus se kant geskaar, want hy was gebore in die voormalige Tiriese kolonie Leptis Magna.
47
Uit weerwraak het Niger se soldate Tirus geplunder en baie van sy inwoners vermoor. Ná Niger se nederlaag het Severus Tirus se trou egter beloon met die status van ’n kolonie, wat die stad in staat gestel het om ’n deel van sy rykdom te herwin,
41
want dit het aan Tiriërs Romeinse burgerskap gegee, met dieselfde regte as Romeine self.
In 198 het Tirus die hoofstad van die provinsie Syria Phoenice geword.
24
Met die groei van die Christendom in die 3de eeu het die Romeinse owerhede
paganisme
gesteun en die aanbidding van Tirus se antieke gode, veral Melqart, aangemoedig. Toe keiser
Dekius
in 250-251 opdrag gee dat Christene vervolg word, het volgelinge van Jesus in Tirus ook gely.
In 304 is sowat 500 Christene in Tirus na berig word vervolg, gemartel en vermoor.
48
Omstreeks 316 het Frumentius, wat omtrent in die tyd van die vervolging in Tirus gebore is, die eerste biskop van die
Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk
geword nadat hy en sy broer, Edesius, saam met hulle oom na die
Rooisee
gevaar en aan die
Eritrese
kus gestrand het. Terwyl Edesius na Tirus teruggekeer het om ’n priester te word, het Frumentius die Christendom glo na die
Koninkryk Aksum
gebring.
’n Mosaïek met hartvormige wingerdblare by die ingang van die Al Mina-terrein, moontlik Bisantyns.
In 395 het Tirus deel van die
Bisantynse Ryk
geword en aanhou floreer. Sy tradisionele nywerhede was in dié tydperk steeds belangrik,
13
maar die stad het die meeste voordeel getrek uit sy strategiese ligging aan die Syroete,
23
wat hom ook in staat gestel het om
sy
te vervaardig nadat die geheime prosedures uit
China
gesmokkel is.
Uit die nekropolis van Al Bass, 440
n.C., "moontlik die oudste fresko van die
Maagd Maria
in die wêreld",
38
Nasionale Museum van Beiroet.
Die
nekropolis
in die vastelandse Tirus met sy meer as driehonderd sarkofae uit die Romeinse en die Bisantynse tydperk, het gegroei totdat dit een van die grootstes in die wêreld was. In Bisantynse tye is ’n hoofpad van 400
m lank en 4,5
m breed gebou wat met
sandsteen
geplaveisel is.
15
Daarnaby is twee kerke met marmerversierings in die 5de en 6de eeu gebou toe die boubedryf in Tirus sy hoogtepunt bereik het.
49
In die 6de eeu, vanaf 502,
50
het ’n reeks
aardbewings
Tirus getref en beskadig. Die ergste een was in 551,
toe die aardbewing ook ’n
tsoenami
veroorsaak het.
50
Dit het die Triomfboog op die vasteland vernietig,
51
terwyl die Egiptiese hawe en dele van die voorstad aan die suidelike kant van die skiereiland onder die see verdwyn het.
49
Die stad en sy inwoners het ook in die 6de eeu al hoe meer gely onder die chaos wat ontstaan het deurdat die Bisantynse Ryk deur oorloë geteister is.
Tirus het onder Bisantynse heerskappy gebly totdat dit met die eeuwisseling deur die
Sassanidiese
sjah
Khusro II
verower is en daarna, in 640 tydens die
Moslemse
verowering van die Levant, deur Arabiese magte van die
Rasjidoen-kalifaat
23
Oorblyfsels van die Fatimidiese
moskee
Onder
Islam
is vrede en orde herstel. Tirus het onder beheer van die
Kalifaat
gou weer vooruitgegaan. Die voorspoed het ’n halwe millennium geduur,
51
ondanks die feit dat die stad beperk was tot ’n deel van die ou eiland ná die verwoesting van die aardbewings in die 6de eeu.
49
’n Vaas uit die 7de-8ste eeu, Nasionale Museum van Beiroet.
Glasballe by Al Mina.
In die laat 640's het die kalief se goewerneur, Muawiyah, sy vlootinvalle in Siprus van Tirus af geloods,
13
maar die Rasjidoentydperk het net tot in 661 geduur.
23
Dit is gevolg deur die
Omajjadiese Kalifaat
(tot in 750) en die
Abbasidiese Kalifaat
. Tirus het ’n kultuursentrum van die Arabiese wêreld geword, met baie bekende geleerdes en kunstenaars.
23
Deur die loop van die eeue het Islam versprei en
Arabies
het
Grieks
as die taal van administrasie vervang,
23
32
hoewel sommige mense blykbaar steeds die antieke kultus van Melqart aangehang het.
In die tyd van die
Fatimidiese Kalifaat
is ’n Groot Moskee gebou,
52
waarskynlik op die plek waar die tempel van Melqart voorheen gestaan het.
15
Intussen het Tirus deel van die
Syroete
gebly
23
en steeds sy tradisionele vervaardiging van
Tiriese pers
en
glas
voortgesit.
In uitgrawings op die Al Mina-terrein is glasoonde uit die vroeë Islamitiese tydperk ontdek wat die kapasiteit het om in ’n enkele sessies meer as 50
ton glas te smelt. Daarbenewens het die vervaardiging van
suiker
van suikerrietlanderye om die stad ook belangrik geword.
53
In die Tiriese Opstand (996-998) het die inwoners gerebelleer teen die Fatimidiese heerskappy. Dit is gelei deur ’n gewone matroos met die naam 'Allaqa. Die stad is egter deur die Fatimidiese Kalifaat beleër. ’n Bisantynse eskadron wat probeer het om die stad se verdedigers te help, is verslaan. Ná ’n beleg van twee jaar het die Fatimiede die stad geplunder en baie inwoners vermoor.
54
In 1086 het dit in die hande van die
Seldjoekse Ryk
geval, wat dit in 1089 weer aan die Fatimiede moes afstaan. Teen daardie tyd was die inwoners sowat 20
000.
55
Die meerderheid was blykbaar
Sjiiete
56
Tien jaar later het Tirus voorkom dat hulle aangeval word deur heffings te betaal aan die
Kruisvaarders
wat na Jerusalem opgeruk het. Laat in 1111 het koning
Baldwin I van Jerusalem
die stad beleër,
57
wat homself onder die beskerming van die Seldjoekse militêre leier
Toghtekin
geplaas het. Met die steun van Fatimidiese magte het Toghtekin tussenbeide getree en die Franke gedwing om die beleg in April 1112 op te hef nadat sowat 2
000 van Baldwin se soldate gedood is.
13
’n Dekade later het die Fatimiede Tirus aan Toghtekin verkoop en hy het ’n garnisoen daar opgerig.
Die 1124-beleg van Tirus, 12de-eeuse illustrasie.
Op 7 Julie 1124, in die nasleep van die
Eerste Kruistog
, was Tirus die laaste stad wat eindelik deur die Christelike vegters ingeneem is – 'n
Frankiese
leër aan die kus en 'n
Venesiese
vloot van die see se kant af
57
– nà 'n beleg van vyf en 'n halwe maande.
13
Die ruïnes van die Kruisvaarders se katedraal, met oorblyfsels van die Fatimidiese Groot Moskee waarop dit gebou is (voorgrond, middel), 2019
'n Terracottabeker uit Tirus uit die Kruisvaardertydperk.
Onder sy nuwe heersers is Tirus in drie dele opgedeel: Twee derdes het gegaan aan Baldwin van Jerusalem en 'n derde was outonome handelskolonies vir die Italiaanse handelstede, veral Venesië.
Tirus was een van belangrikste stede van die Koninkryk Jerusalem, want dit het die Syroete oopgestel aan die koninkryke in die
Weste
23
Die stad was die setel van die
Rooms-Katolieke
aartsbisdom. Verskeie kerke is gebou, onder meer die Katedraal van Sint Markus op die ruïnes van die Fatimidiese Groot Moskee
52
Ten spyte van die Christelike oorheersing was daar vrede tussen aanhangers van verskillende gelowe: die Christendom,
Judaïsme
, Islam en blykbaar steeds die kultus van Melqart.
In 1210 is Jan van Brienne en sy vrou, Maria van Montferrat, in Tirus gekroon as koning en koningin van Jerusalem.
58
Ná die Sesde Kruistog, van 1231 af, het die magte van Riccardo Filangieri Tirus meer as 'n dekade lank beset namens die Heilige Romeinse keiser Frederick. Hulle is in 1242 deur die Kruistog van die Baronne en hulle Venesiese bondgenote verslaan. In 1257 – 'n jaar ná die begin van 'n oorlog tussen
Genua
en Venesië oor beheer oor
Akko
– is die Venesiërs uit hulle derde van die stad verban.
59
In Mei 1269 het sultan Baibars van die
Mamelukke
'n mislukte strooptog op Tirus uitgevoer nadat onderhandelings oor 'n wapenstilstand skeefgeloop het.
60
In September dié jaar is Hugo III van Siprus in Tirus gekroon as koning van Jerusalem.
57
Seetoneel met Esegiël wat huil op die ruïnes van Tirus
, ’n olieverfskildery van 1667 deur Claude Lorrain, wys die Weste se betowering van vroeg af deur die verbrokkelde metropolis.
In 1291 is Tirus weer ingeneem, dié keer deur die Mamelukleër van Al-Ashraf Khalil.
13
Al die inwoners het die stad na berig word per skip verlaat op die dag dat Akko, een van die laaste Kruisvaardervestings wat bly staan het, ná ’n twee maande lange beleg geval het. Die Mamelukke het Tirus dus feitlik leeg aangetref.
61
Sultan Khalil het al die versterkings laat afbreek.
55
Die Kruisvaarders se katedraal, wat reeds in 1202 in ’n aardbewing beskadig is, is verder deur die veroweraars verwoes.
62
Daar is van Akko af oor die stad regeer en dit het dus deel van Palestina geword.
63
Erdeware en glasartikels is steeds in die vroeë Mameluktydperk vervaardig,
32
maar die vervaardiging van Tiriese pers is nooit weer hervat nie, want goedkoper kleurstowwe het intussen op die mark gekom.
17
Terwyl die sultanaat deur faksiegevegte en politieke onstabiliteit geteister is ná Khalil se dood in 1293, het Tirus – die "Londen"
61
of "New York"
64
van die
Ou Wêreld
– sy belangrikheid verloor. Toe die
Marokkaanse
ontdekker Ibn Battuta Tirus dit in 1355 besoek, was dit ’n hoop ruïnes.
65
Baie stene is as boumateriaal na buurstede soos Sidon, Akko, Beiroet en Jaffa geneem.
61
In 1610 het die Engelse reisiger George Sandys ná sy besoek aan Tirus opgemerk:
"Dié eens beroemde Tirus is nou niks anders as 'n hoop ruïnes nie; tog het hulle 'n eerbiedwaardige aspek en onderrig hulle die peinsende aanskouer met hulle voorbeeldige broosheid".
61
Die
Ottomaanse Ryk
het die Levant in 1516 verower,
13
maar Tirus het nog 90 jaar lank feitlik onaangeraak gebly, tot aan die begin van die 17de eeu toe die Ottomaanse leiers die
Droeseleier
Fakardin II van die Maan-familie as
emir
aangestel het om Jabal Amel (die huidige Suid-Libanon) en
Galilea
te administreer, asook die distrikte Beiroet en Sidon.
66
Fakardin "die Grote".
Een van sy eerste projekte was die bou van ’n paleis vir sy broer, prins Younis Al-Maani. Die ruïes daarvan staan vandag steeds in die middel van die hedendaagse Souk-markgebied en is nou bekend as Khan Abdo El-Ashqar,
67
Khan Al-Askar
52
68
of Khan Sour.
Fakardin het Sjiiete en Christene aangemoedig om hulle oos van Tirus te vestig om die pad na Damaskus te beveilig. Hy het dus die fondament gelê van die moderne Tiriese
demografie
, want baie van dié setlaars of hulle nakomelinge het later na die stad getrek.
56
Fakardin het ook probeer om ’n onafhanklike staat te stig
69
en het Tirus se Kruisvaarderkatedraal in 1610 in ’n militêre fort omskep.
70
Die Turke het hom egter verdryf en hy het in bannelingskap gegaan.
69
In 1618 het Fakardin na die Levant teruggekeer nadat baie van sy vyande uit die Ottomaanse regering gesit is. Hy het teen 1631 die grootste dele van Sirië, Libanon en Palestina beheer, maar die Maantydperk het geëindig toe sultan
Murat IV
die Droese-emir asook een of twee van sy seuns in 1635 laat teregstel het weens sy politieke ambisies.
71
In die volgende dekades het Ali al-Saghir – ’n leier van die Metwali,
Sjia
-Moslems van wat nou Libanon is – ’n dinastie gestig.
72
In 1697 het die Engelse geleerde Henry Maundrell Tirus besoek en "’n paar" inwoners aangetref wat hoofsaaklik van
hengel
gelewe het.
42
Hulle situasie is vererger deur Toskaanse, Maltese en Monegaskiese
seerowers
wat die Tiriese kus soms geplunder het, asook deur swaar belasting. Die Tiriese agterland "is algemeen beskou as ’n wettelose gebied waarheen misdadigers sou vlug om skuiling by die Sjiiete te vind".
72
Die bouval van Khan Rabu (2019).
Omstreeks 1750 het sjeik Nasif al-Nassar, die heerser van Jabal Amel uit Ali al-Saghir se Sjiitiese dinastie,
66
’n paar bouprojekte begin om nuwe inwoners na die toe byna verlate stad te lok.
71
Onder sy projekte was ’n mark. In 1752 is begin met die bou van die
Melkitiese
Katedraal van Sint Tomas
73
danksy skenkings deur George Mashakka, ’n ryk sy- en
tabakhandelaar
wat deur Al-Nassar oorreed is om van Sidon na Tirus te verhuis. Baie Grieks-Katolieke gesinne het hom daarheen gevolg. Mashakka het ook baie bygedra tot die bou van ’n Groot Moskee,
57
wat vandag as die "Ou Moskee" bekend is.
67
Tirus is egter terselfdertyd deur ’n paar rampe getref. ’n Aardbewing het in 1759 dele van die stad verwoes en ’n onbekende aantal mense gedood.
64
In 1781 is Al-Nassar gedood in ’n magstryd met die Ottomaanse goewerneur van Sidon, Ahmad Pasha al-Jazzar, wat die Sjiitiese inwoners in wreedaardige veldtogte uitgewis het. Die Sjiitiese outonomie in Jabal Amel het vir ’n kwarteeu geëindig.
66
Aan die begin van die 19de eeu het nog ’n bloeitydperk egter begin. In 1810 is ’n
karavanserai
, Khan Rabu, naby die voormalige paleis van emir Younes Maani en die mark gebou.
52
Dit het gou ’n belangrike kommersiële sentrum geword.
52
’n Paar jaar later is die voormalige Maan-paleis self ook in ’n karavanserai omskep.
52
68
Tirus van die landengte af gesien, ’n kleurlitografie deur Louis Haghe van ’n 1839-tekening deur David Roberts, wat in 1843 gepubliseer is.
In Desember 1831 het Tirus onder die heerskappy van Mehmet Ali Pasja van Egipte beland nadat ’n Egiptiese leër Jaffa en Haifa sonder weerstand binnemarsjeer het.
74
Daarna het ’n aantal Egiptenare hulle in Tirus gevestig; dit het vandag steeds ’n "Straat van die Egiptenare" in die ou stad.
71
Twee jaar later het Sjiitiese magte onder Hamad al-Mahmud van die Ali al-Saghir-dinastie teen die besetting gerebelleer.
66
Hulle is ondersteun deur die
Britse
en
Oostenrykse Ryk
: Tirus is op 24 September 1839 ingeneem ná geallieerde vlootbombardemente.
75
Die Grieks-Ortodokse kerk van Sint Tomas, 2019.
’n Algemene uitsig op Tirus, 1868/'69, op 'n poskaart wat die Maronitiese kerk wys.
Tirus tussen 1890 en 1900.
Vir hulle stryd teen die Egiptiese invallers is Al-Mahmud en sy opvolger, Ali al-As'ad, ’n familielid, deur die Ottomaanse leiers beloon met die herstel van Sjiitiese outonomie in Jabal Amel.
66
In Tirus was dit egter die Mamlouk-familie wat ’n oorheersende posisie ingeneem het. Die hoof van die familie, Jussuf Aga Ibn Mamluk was na berig word ’n seun van die Anti-Sjiiet Jazzar Pasja.
70
Intussen het die Egiptiese besetting die deur geopen vir Europese ingryping in Ottomaanse sake deur verskeie Libanese gemeenskappe. Frankryk onder
Napoleon III
en sy bondgenote die
Maronitiese
leiers het byvoorbeeld van die middel 19de eeu af hulle invloed dwarsoor Libanon uitgebrei.
66
Toe die Franse keiser dus in 1860, tydens die Libanese burgeroorlog tussen die Droese en Maroniete, ’n ekspedisie met 7 000 troepe na Beiroet stuur, het hy ook die eerste
argeologiese
opgrawings in Tirus gelas. Dit is deur Ernest Renan onderneem. Ná sy vertrek het onreëlmatige opgrawings die historiese terreine versteur.
In dieselfde jaar is die
Grieks-Ortdokse kerk
van Sint Tomas naby die ou Grieks-Katolieke katedraal van Sint Tomas ingewy. In min of meer dié tyd is die Latyns-Katolieke kerk van die Heilige Land deur die
Franciskanerorde
gebou.
68
52
In 1865 is die heerser van Jabal Amel, Ali al-As'ad, dood tydens ’n magstryd met sy neef, Thamir al-Husain.
66
Intussen het die Ottomaanse grondhervormings van 1858 daartoe gelei dat ’n paar families groot stukke grond besit het, ten koste van die boere. Terwyl Al-As'ad se afstammelinge hulle feodale grondeiendom uitgebrei het as die provinsiale leiers in Jabal Amel, het ’n ander rolspeler uit die stedelike handelsklas gestyg tot
Zu'ama
(feodale landhere) in Tirus:
76
Dit was
"’n donker tyd van onkunde en feodalisme; dit was ’n tyd toe die massas,
al ama
, hulle meesters en landhere en die Ottomaanse amptenary gevrees het, ’n tyd toe die skare [..] die lewe beskou het as bestaande uit slawerny en gehoorsaamheid".
77
’n Straattoneel in Tirus, omstreeks 1900.
Weens dié massaverarming het baie van Tirus en Jabal Amil se inwoners in die 1880's na
Wes-Afrika
geïmmigreer.
78
Die
Jong Turke-rewolusie van 1908
en sy oproep om verkiesings vir ’n Ottomaanse parlement het ’n magstryd in Jabal Amel ontketen. Aan die een kant was daar Rida al-Sulh, van ’n
Soennitiese
dinastie van Sidon met die steun van vooraanstaande Sjiitiese families soos die Al-Khalil-clan in Tirus, en aan die ander kant was daar Kamil Al-As'ad van die Ali al-Saghir-dinastie wat steeds die agterland oorheers het.
66
Laasgenoemde het dié ronde van die magstryd gewen, maar die politieke mededinging tussen Al-Khalil en Al-As'ad sou die volgende 60 jaar die hoofeienskap van Sjiitiese politiek in Libanon wees.
63
Teen daardie tyd het Tirus sowat 2 800 Sjiitiese, 2 700 Christelike en 500 Soennitiese inwoners gehad. In die hele distrik was daar sowat 40 000 Sjiiete en 8 000 Christene.
66
Die Franse kruiser D'Estrés.
Aan die begin van die
Eerste Wêreldoorlog
in 1914 is baie Sjiiete in Jabal Amel opgeroep en moes hulle dus hulle plase verlaat. ’n Jaar later was daar ’n
hongersnood
nadat
sprinkane
die landerye verwoes het. Dit het nog ’n golf van immigrasie na die res van Afrika en ook na VSA tot gevolg gehad.
66
In 1915 het Tirus in die gevegte betrokke geraak. In November dié jaar is vier plaaslike inwoners wat vir die Franse intelligensie gespioeneer het, na berig word in Tirus gevang en twee van hulle is in Beiroet tereggestel. Die bevelvoerder van die Franse vlootkruiser D'Estrés, wat hulle vrylating geëis het, het opdrag gegee vir die bombardering van Tirus se hawe. Vier bote is gesink.
In Februarie 1917 het die Britse intelligensie nog ’n operasie na die Tirus-gebied onderneem om inligting in te samel oor die Ottomaanse teenwoordigheid daar.
79
In September 1918, ná die Britte se oorwinning in die Slag van Megiddo oor die Ottomaanse Yildirim-leërgroep, het laasgenoemde se oorblywende lede na Damaskus teruggetrek. Die bevelvoerder van die Egiptiese Ekspedisiemag, generaal Edmund Allenby, het opdrag gegee dat Britse magte die hawens van Beiroet en
Tripoli
beset om sy magte wat die terugvallende Ottomaanse troepe agtervolg het, van voorraad te voorsien. Tirus was ’n strategiese voorraadpos op dié roete.
Pan-Arabiese koninkryk vs. Frans-Britse regime (1918-1920)
wysig
wysig bron
Kamil al-As'ad.
Nadat die Arabiese opstand teen die Ottomaanse heerskappy in 1916 begin het en die Arabiese leër die Levant in 1918 oorgeneem het met die steun van die Britse Ryk, het die feodale leier van Jamal Amil, Kamil al-As'ad, wat voorheen ’n ondersteuner van die Ottomaanse bewind was, die gebied – insluitende Tirus – op 5 Oktober 1918 verklaar tot deel van die Arabiese Koninkryk Sirië.
66
Die pro-Damaskus-regime in Beiroet het egter Riad al-Sulh as goewerneur van Sidon aangestel, en hy het weer Abdullah Yahya al-Khalil in Tirus aangestel as die verteenwoordiger van Faisal I (van die Arabiese Koninkryk Sirië).
80
63
Terwyl die feodale landhere van die Al-Saghir- en die Al-Sulh-dinastie om mag meegeding het, het hulle steun van die Arabiese koninryk hulle laat bots met die belange van die Franse koloniale ryk. Op 23 Oktober 1918 is die gesamentlik Britse en Franse militêre regime van die "Administrasie van Vyandbesette Gebiede" (OETA) afgekondig, met Jabal Amel onder Franse beheer.
66
'n Guerrillagroep het Franse troepe en Fransgesinde elemente in Tirus in die omringende gebiede begin aanval onder leiding van Sadiq al-Hamza van die Al-Saghir-clan.
66
Sajjid
Abdul Hussein Sharafeddin.
Riad Al Sulh.
In teenstelling hiermee was die grootste organiseerder van niegewelddadige verset teen die Franse ambisies in Jabil Amil die Sjiitiese geleerde
sajjid
Abdel Hussein Sharafeddine (gebore 1872), die
imam
van Tirus. Hy het ’n beslissende rol gespeel in die 1908-magstryd tussen die Al-As'ad-clan aan die een kant en die Al-Sulh-dinastie met hulle Tiriese bondgenote van die Al-Khalil-familie aan die ander. Sy simpatie het by eersgenoemde gelê.
Sharafeddine het die grootste ondersteuner van ’n Groter Sirië geword,
56
terwyl Al-As'ad "gewag het om te kyk wat gebeur".
81
Sharafeddine het in 1919 Amerikaanse ondersteuning van ’n verenigde Sirië geëis met Faisal as koning. "Dit het die Franse kwaad gemaak, wat blykbaar ’n onsuksesvolle sluipmoord op Sharafeddine aangemoedig het."
66
Vroeg in 1920 het Sharafeddin ’n Sjiitiese afvaardiging na Damaskus gelei om sy saak oor eenheid met Sirië te stel.
77
Terselfdertyd het spanning tussen Sjiitiese en Maronitiese groepe in Jabal Amel toegeneem, terwyl Sharafeddin en Al-As'ad ’n vreedsame benadering en de-eskalasie gesteun het.
66
In baie Franse berigte is die aanvalle deur gewapende Sjiiete egter toegeskryf aan Sharafeddin se finansiering en aanmoediging.
76
Toe gewelddadige botsings tussen Sjiitiese en Maronitiese groepe in April 1920 in die Jabal Amel-gebied plaasvind,
66
het baie Christene wat in die agterland van Jabal Amel gewoon het, na Tirus gevlug.
81
’n Franse koloniale leër het toe met die hulp van Maronitiese vrywilligers die Sjiitiese rebellie onderdruk.
66
Generaal Gouraud op 1 September 1920 in Beiroet.
Op 1 September 1920 het die Franse koloniale heersers die nuwe
Staat Groter Libanon
afgekondig onder voogdyskap van die
Volkebond
en verteenwoordig deur Frankryk. Generaal Henri Gouraud het die Franse hoëkommissaris in Libanon en Sirië geword. Tirus en die Jabal Amel-gebied is as die suidelike deel by die mandaat gevoeg.
82
Die eerste munisipaliteit van Tirus is ook in 1920 gestig, met as leier Ismail Yehia Khalil
83
van die Sjiitiese feodale dinastie Al-Khalil. As die prominentse teenstander van die Franse moes Sharafeddin uit die stad vlug.
Die vlag van Groter Libanon.
Intussen het die gewone mense in Tirus en die hele Suid-Libanon gely onder hoë belasting
76
en boetes op hulle ekonomie om hulle te straf vir hulle mislukte rebellie.
66
Die Franse het ook landbouprodukte van Suid-Libanon na Sirië herlei en so die handelsbedrywighede in Tirus se hawe geweldig verminder.
84
Immigrasie van Tirus na Wes-Afrika het nog ’n hoogtepunt bereik. Dié neiging is eers beëindig toe die Franse koloniale heersers in Afrika aan die einde van die 1920's strenger beheer oor immigrasie ingestel het.
78
’n Skandering van Sharafeddin se paspoort van 1938, waarin aangedui word hy is "geletterd".
In 1922 het Kamil al-As'ad uit bannelingskap teruggekeer en ’n rebellie teen Franse besetting gereël. Dit is vinnig onderdruk en hy is in 1924 dood.
66
Intussen het imam Sharafeddin vriendskaplike betrekkinge met die koloniale regering gehandhaaf.
85
’n Foto van Tirus deur die Franse lugmag, vroeg 1930's.
In 1926 het die koloniale regering die Sjiitiese Djafari-regswetenskap erken en in Tirus – nes in ander stede – ’n Djafari-tribunaal daargestel. In die munisipaliteit en regering is "feitlik al die" sensitiewe posisie deur lede van die Christelike Salim-familie gevul weens die koloniale aanstellingsbeleid.
86
Volgens die 1921-sensus was 83% van Tirus se inwoners Sjiiete, 4% Soenniete en 13% Christene.
56
Die regering het egter niks gedoen om dié onderverteenwoordiging van die Sjiitiese meerderheid reg te stel nie. In plaas daarvan het hulle Sjitiese feodale families soos Al-As'ad en Khalil "vrye teuels gegee om hulle persoonlike rykdom te vergroot en hulle clan se mag af te dwing".
86
In 1938 het ’n historiese keerpunt plaasgevind toe imam Sharafeddine ’n skool vir seuns en meisies stig. Hoewel die Al-Khalil-familie daarteen gekant was, het dit gou uitgebrei, ook danksy skenkings deur die Al-As'ad-clan.
66
Hoewel Christene uit sendingskole voordeel getrek het, was opvoeding in die Sjiitiese gemeenskap swak voor die stigting van die Djafarija-skool. "Dit het die hoeksteen geword wat die lewe van die Sjiiete in Jabal Amel in die algemeen en Tirus in besonder verander het." Die skool het gou die middelpunt van politieke bedrywighede geword, met Sharafeddin wat veral
Palestynse
eise vir onafhanklikheid gesteun het.
66
Australiese troepe tydens die amptelike oorname van Tirus in Junie 1941.
In 1940 het Franse troepe ’n anti-tenk-loopgraaf by Tirus gegrawe op die pad suid toe hulle ’n marmarsarkofaag uit die 1ste of 2de eeu ontdek. Dit word nou in die Nasionale Museum in Beiroet uitgestal.
87
In middel 1941 het die gesamentlike Brits-
Vrye Franse
veldtog in Sirië en Libanon begin om die Franse Vichy-regering in dié lande omver te werp. Hulle het swaar gesteun op Indiese soldate
88
en ook gebruik gemaak van die Australiese 21ste Brigade.
89
Dié magte het Tirus op 8 Junie van
Nazi
-kollaborateurs bevry.
90
In 1946 is die Djafarija-skool tot ’n hoërskool opgegradeer: die eerste in Suid-Libanon. Imam Sharafeddine het as die eerste direkteur ’n Libanese Christen, George Kenaan, aangestel.
Palestyne vlug in Oktober/November 1948 uit Galilea na Libanon.
Toe
Israel
in Mei 1948 gestig word, is Tirus dadelik beïnvloed – deur die
Palestynse
uittog, ook bekend as die
Nakba
. Duisende Palestyne het na Tirus gevlug, dikwels per boot. Imam Sharafeddin het aan baie van hulle skuiling in die Djafarija-skool gegee.
66
Die Ou Stad van Tirus in 1950, afgeneem deur Willem van de Poll.
Op 17 Julie 1948 het twee Israeliese fregatte Tirus gebombardeer
91
om ’n eenheid van Fawzi al-Qawuqji se
Arabiese Bevrydingsleër
(ABL) aan te val.
92
Toe die Israeliese weermag in Oktober 1948 sy Operasie Hiram uitvoer om Bo-Galilea van die ABL af te neem, het nog duisende Palestyne na Suid-Libanon gevlug. Die Burj El Shimali-kamp is ook in 1948 langs die Tiriese skiereiland opgerig,
93
asook een op die Jal Al Bahar-kusstrook in Noord-Tirus.
94
Palestynse vlugtelinge het ’n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van die
sitrusplantasies
in die Tirus-streek, maar het ook met die Libanese meegeding om goedkoop arbeidsgeleenthede op dié gebied.
84
Aan die ander kant was baie onderwysers van die Djafarija-skool goed opgevoede vlugtelinge van Palestina.
95
In 1956 was die Djafarija-skool die platform vir ’n guerrillagroep van 25 Libanese en Palestynse studente vir ’n militêre aanslag op Israel. Aan die einde van dié jaar is egter beslag gelê op hulle wapens en die Palestynse skoolhoof is in hegtenis geneem.
66
Op 31 Desember 1957 is imam Sharafeddine op 85-jarige ouderdom oorlede, op ’n tydstip toe spanning weer eens toegeneem het.
66
Die hawe tussen 1950 en 1977.
Ná Sharafeddin se dood het sy seuns en ander verteenwoordigers van die Sjiitiese gemeenskap van Suid-Libanon sy familielid
sajjid
Musa Sadr gevra om hom as imam op te volg.
96
Sadr in sy huis in Tirus.
In 1959 het Sadr na Tirus verhuis en het hy aanvanklik nie net met wantroue te doen gehad nie, maar ook met teenstand.
77
Binne ’n paar jaar het hy egter ’n groot gevolg opgebou.
56
Hy het onder meer ’n beroepsopleidingsentrum in die naburige Burj El Shimali geopen wat ’n belangrike simbool van sy leierskap geword het,
96
sowel as ander welsynorganisasies.
66
Teen die 1960's het Tirus ’n inwonertal van sowat 15
000 gehad.
71
In die loop van die dekade was daar ’n groot verskuiwing van die platteland na die stad, ’n proses wat steeds voortduur.
Daarbenewens het die aankoms van Palestynse vlugtelinge voortgeduur: In 1963 is nog ’n vlugtelingkamp in Rashidieh, 5
km suid van Tirus, geopen.
97
Teen die einde van die dekade het openbare ontevredenheid in Tirus toegeneem, nes in ander dele van die land. ’n Protesbeweging is in Maart 1967 begin met ’n staking deur leerlinge van die hoërskool wat onder meer laer tariewe geëis het.
98
In Mei 1967 het Sadr die Opperste Islamitiese Sjiaraad (OISR) gestig – ’n strategiese stap wat die politieke landskap van nie net Jabal Amel nie, maar van die hele Libanon sou verander.
66
Die vaartuig wat in die Savoy Hotel-aanval gebruik is.
In Januarie 1975 het 'n eenheid van die
Populêre Front vir die Bevryding van Palestina
(PFBP) die Tiriese kasernes van die Libanese weermag aangeval.
56
In Februarie 1975 was daar demonstrasies vir die
Palestynse Bevrydingsorganisasie
(PBO) en teen die regering nadat die Arabiese Nasionalistiese parlementslid Maruf Sad in Sidon vermoor is, na bewering deur die weermag.
99
In Maart 1975 het 'n PBO-kommando van agt militante van die kus van Tirus af na
Tel Aviv
gevaar en die Savoy Hotel aangeval waarin agt burgerlike gyselaars, drie Israeliese soldate en sewe van die aanvallers gedood is.
100
Vyf maande later, op 5 Augustus 1975, het Israel Tirus van die land en see en uit die lug aangeval. Nog aanvalle het op 16 en 29 Augustus en 3 September gevolg.
101
Musa Sadr besoek gebombardeerde gebiede in Suid-Libanon.
Die ruïnes van Beit Shaddad in die Christelike kwartier in die noordweste van die skiereiland (2019).
In 1976 het plaaslike aanvoerders van die PBO die munisipale regering van Tirus met die hulp van hulle bondgenote in die Libanese Arabiese Leër (LAL) oorgeneem.
102
Hulle het die stigting van die "Volksrepubliek Tirus" afgekondig.
103
Hulle het egter gou die steun van die Tiriese bevolking verloor
104
weens hulle "arbitrêre en soms gewelddadige optrede".
105
Toe
Sirië
Libanon in die middel van 1976 aanval, het dit 'n voorstel deur die
Arabiese Liga
gevolg dat hulle nie die Litanirivier na die suide oorsteek nie. Terwyl die Libanese Burgeroorlog dus in Suid-Libanon begin het, het dit verdere interne gevegte gespaar gebly. Baie jong mans van die suide het egter in die noorde aan gevegte gaan deelneem.
106
In dié tyd het Israel 'n vlootblokkade van die Titiese hawe en ander Suid-Libanese hawens uitgevoer om voorrade aan die PBO af te sny, en so is ander seehandel ook afgesny.
107
Op 11 Maart 1978 het Dalal Mughrabi, 'n jong vrou van die Palestynse vlugtelingkamp in Beiroet, en etlike
fedajeen
-vegters van Tirus na 'n strand noord van Tel Aviv geseil. Hulle het toe die
Kuswegaanslag
uitgevoer waarin 38 Israeliese burgers, insluitende 13 kinders, gedood en 71 gewond is. Nege van die elf aanvallers is ook gedood.
108
Drie dae later het die Israeliese weermag Libanon binnegeval en die hele suidelike deel van die land buiten Tirus en die omringende gebied beset.
109
Tirus is egter kwaai geraak deur die week lange operasie. Die Israeliese lugmag het veral drie Palestynse vlugtelingkampe geteiken, asook die hawe ná gerugte dat die PBO wapens van daar af kry. 'n Paar historiese geboue is vernietig, soos Beit Shaddad in die Christelike kwartier, of beskadig.
110
111
Vier dae later, op 23 Maart 1978, het die VN se tussentydse mag in Libanon (UNIFIL) gearriveer: 'n bataljon Franse valskermsoldate onder kolonel Jean Germain Salvan. Die volgende paar dae is verskeie mense gedood en 'n paar gewond, onder andere kolonel Salvan, wat in albei bene geword is.
103
Ná nog aanvalle moes UNIFIL noodgedwonge hulle basis in Tirus ontruim. Hulle het hulle hoofkwarter geskuif na 'n strook suidwaarts wat deur Israel beheer is.
112
Die PBO het beheer oor Tirus behou.
56
’n Banier vir die 40-jarige herdenking van Sadr se verdwyning.
Op 31 Augustus 1978 het Musa Sadr geheimsinnig verdwyn ná ’n besoek aan
Moeammar Ghaddafi
van
Libië
77
Gereelde bombarderings van Tirus het voortgeduur.
113
Israel het aanvalle op Tirus gedoen en die PBO het bomme in Israel gegooi – tot met ’n skietstilstand in Julie 1981.
56
Terwyl ontevredenheid onder die Sjiitiese bevolking toegeneem het oor die lyding weens die konflik tussen Israel en die Palestynse faksies, het spanning tussen Amal (Sadr se militêre vleuel van sy beweging, die
Afwaj al-Muqawama al-Lubnaniyya
) en die Palestynse militante gestyg.
114
Eindelik het gewelddadige botsings op baie dorpe in Suid-Libanon voorgekom, insluitende die Tirus-gebied.
114
Ná ’n mislukte sluipmoordaanval op die Israeliese ambassadeur in Londen, Shlomo Argov, het die Israeliese weermag op 6 Junie 1982 met ’n inval in Libanon begin. Tirus is weer swaar getref, want aanvalle het van alle kante gekom. Sowat 80 mense is op die eerste dag net in lugaanvalle dood. Die meeste aanvalle was op die Palestynse kampe, want baie guerrillas het tot die einde bly veg.
108
Die vernietigde Israeliese hoofkwartier, 1982.
Die gevegte het ná twee dae geëindig, maar die humanitêre gevolge was groot.
115
Die Libanese regering het beweer dat die Israeliese weermag sowat 1
200 burgerlikes gedood en meer as 2
000 gewond het in Tirus,
116
103
terwyl 5
000 Palestyne dakloos gelaat is.
97
Israel het beweer net 56 burgerlikes is dood.
Amal het in September 1982 sowat 250
000 ondersteuners in Tirus bymekaargemaak om die verdwyning van Musa Sadr te gedenk.
56
Kort daarna het ’n nuwe geheime mag aktief geword wat die toneel sou oorheers –
Hezbollah
Op 11 November 1982 het die 15-jarige Ahmed Qasir, wat glo verskeie familielede in die Israeliese inval van 1978 verloor het,
108
’n selfmoordaanval met ’n motor met plofstof uitgevoer. Sy teiken was die Israeliese militêre hoofkwartier in Tirus. Al sewe
117
of agt van die verdiepings het ingestort.
103
Verslae oor die ongevalle wissel: van 90 Israeliese soldate en ’n onbekende aantal Palestynse aangehoudenes tot 67 Israeli's en 15 aangehoudenes.
In Junie 1983 het die Israeli's ’n reeks massa-arrestasies in die Palestynse vlugtelingkampe uitgevoer, omdat geen groep verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar het nie. Op 10 Junie het ’n groep ongeïdentifiseerde gewapendes twee Israeliese pantservoertuie aangeval en drie soldate gedood.
Byna ’n jaar ná die eerste selfmoordaanval, in Oktober 1983, is nog een uitgevoer op die nuwe Israeliese hoofkwartier in Tirus. Altesaam 29 Israeliese soldate en offisiere is dood en nog 30 gewond.
82
118
Ook 32 Libanese en Palestynse aangehoudenes is dood.
56
Hezbollah het eers twee jaar later verantwoordelikheid vir die twee aanvalle aanvaar.
82
In Februarie 1985 het ’n Tiriese lid van Amal nog ’n selfmoordaanval op ’n Israeliese konvooi in Burj El Shimali gedoen,
119
en 10 soldate is gewond. In Israeliese wraakaanvalle in die gebied oos van Tirus is 15 mense gedood en honderde beseer.
56
Vanweë toenemende druk het die Israeliese magte teen die einde van April 1985 aan Tirus onttrek
56
en ’n selfverklaarde "veiligheidsone" in Suid-Libanon gevestig saam met sy bondgenote die Suid-Libanese Leër.
Ná die einde van die burgeroorlog in Maart 1991 het eenhede van die Libanese weermag aan die kussnelweg en om die Palestynse vlugtelingkampe van Tirus ontplooi.
120
Die lang oorlog het sy merk op Tirus en die res van Suid-Libanon gelaat, veral in ekonomiese terme.
13
Algaande het die openbare lewe in Tirus egter meer ontspanne geraak.
In April 1996 het Israel ’n 16-daagse veldtog teen Libanon geloods in ’n poging om ’n einde te bring aan vuurpylaanvalle deur Hezbollah. As deel van die konflik het die Israeliese vloot Tirus se hawe afgesper en Israel het na berig word op ’n konvooi van UNIFIL geskiet wat kosvoorraad na die beleërde dorpenaars naby Tirus vervoer het.
Toe die UNIFIL-kamp op die dorp Qana op 18 April getref word in ’n bombardement deur Israel, is 106 burgerlikes dood en 116 gewond (onder andere vier VN-werkers van Fidji). ’n Geraamde meer as 20
000 mense het ná die skietstaking einde April hulde aan die slagoffers gebring, onder andere die eerste minister, speaker van die parlement en verskeie Moslem- en Christenleiers.
121
Vlugtelinge word uit Tirus vervoer, 20 Julie 2006.
Stof styg omhoog ná ’n Israeliese lugaanval op Tirus, 26 Julie 2006.
Tydens Israel se inval in Julie 2006 in Libanon is verskeie lanseringsterreine vir vuurpyle van Hezbollah in plattelandse gebiede om Tirus ontdek.
122
Israel het ’n gebou aan die buitewyke van Tirus bestorm en minstens twee Hezbollah-vegters gedood,
123
Ander Hezbollah-teikens in die stad is ook aangeval.
124
’n Vroulike vlugteling huil terwyl sy Tirus verlaat, 27 Julie 2006.
Hoewel sommige soldate van die Libanese weermag ook in sulke aanvalle dood is,
125
was die meeste van die slagoffers burgerlikes. Duisende gesinne het probeer om uit Suid-Libanon te vlug. Minstens een dorp en verskeie terreine in die stad is ook deur Israel aangeval.
126
Ná ’n maand het die VN se
Veiligheidsraad
op 11 Augustus resolusie 1701 aanvaar waarin ’n beroep op Hezbollah en Israel gedoen word om alle vyandelikhede te staak. Dit het ook ’n buffersone sonder enige gewapende personeel en wapens buiten dié van die regering van Libanon en UNIFIL tot aan die Litanirivier geskep.
109
Die Veiligheidsraad het ook UNIFIL se 2
000 soldate tot 15
000 verhoog.
109
Sedert 2006 is Tirus en die omliggende streke in die suide deel van die Italiaanse sektor van UNIFIL, terwyl sy omringende streke in die noorde deel van die Koreaanse sektor is.
127
UNIFIL word bygestaan deur die VN se Truce Supervision Organization (UNTSO).
Aangesien UNIFIL ’n begroting vir klein gemeenskapsprojekte ook het,
128
ondersteun veral die Italiaanse afvaardiging ’n verskeidenheid burgerlike bedrywighede, soos die bewaring van Tirus se
argeologiese
erfenis,
129
hulpverlening vir artistieke uitdrukking en interaksie,
130
om mediese veldtogte uit te voer,
131
en om kinders te help speel deur speelterreine op te rig en narterapie vir kinders met spesiale behoeftes te reël.
132
Graffiti in Rashidieh, 2011.
Toe die Libanese betogings van 2019-'20 teen regeringskorrupsie en besuinigingsmaatreëls op 17 Oktober 2019 oor die hele land begin, het massas Tiriese burgers na die sentrale Elissaplein (genoem na die legendariese stigter van
Kartago
) opgeruk om aan die niesektariese demonstrasies deel te neem.
133
Die ruïnes van die Rest House Hotel.
'n Dag later is die Rest House Hotel op die Tiriese strand in ’n brandstigting verwoes. Die volgende dag het ’n teendemonstrasie "deur ’n groep gewapende individue wat glo by die Amalbeweging geaffilieer is", volgens UNIFIL, tot onluste ontwikkel. Die Amalbeweging het betrokkenheid ontken.
134
Die betogers het maande lank ’n teenwoordigheid om Elissaplein gehandhaaf. Met die ineenstorting van die
Libanese pond
in die eerste maande van 2020 het hulle weer momentum in Tirus en elders gekry
135
deur die publiek se woede oor
hiperinflasie
teen die banke te rig. In een geval het ’n groep betogers ’n bank in Tirus toegemaak "as ’n teken van burgerlike ongehoorsaamheid" nadat die bank geweier het om geld aan ’n kliënt uit te betaal vir sy ma se mediese behandeling.
136
Op 8 Mei 2020 was daar 15 gevalle van
Covid-19
in Libanon
137
en laat in Julie dié jaar was ’n jong dokter van Tirus se Libanees-Italiaanse Hospitaal die eerste geneesheer in Libanon wat daaraan gesterf het.
138
’n Teken wat Tirus aandui as ’n kultuureiendom volgens 1954 se Haagse Konvensie vir die Beskerming van Kultuureiendom in die Geval van Gewapende Konflik. Mamelukhuis links agter is sedertdien herstel.
Renan in die 1860's.
Moontlik die langsdurende Fenisiese nalatenskap vir die Tiriese bevolking is die taalinvloed wat
Siries
en
Akkadies
gehad het op die
Arabies
wat in die omgewing van Tirus gepraat word.
23
Die sigbaarste deel van die antieke en Middeleeuse geskiedenis is egter die argeologiese terreine.
Honor Frost.
Ná die eerste argeologiese opgrawings deur Renan en Sepp in die 1860's en '70's onderskeidelik, is nog in 1903 gedoen deur die Griekse argeoloog Theodore Makridi, kurator van die Keiserlike Museum in
Konstantinopel
. Belangrike ontdekkings soos fragmente van marmersarkofae is na die
Ottomaanse
hoofstad gestuur.
139
’n Argeologiese opname van Tirus is in 1921 gedoen deur ’n Franse span onder Denyse le Lasseur, gevolg deur nog een tussen 1934 en '36 wat lugopnames en duikekspedisies ingesluit het. Die spanleier was die sendeling Antoine Poidebard, ’n pionier van lugargeologie.
139
Grootskaalse opgrawings het in 1946 begin onder leiding van emir Maurice Chéhab (1904-1994),
"die vader van moderne Libanese argeologie". Hy was dekades lank hoof van die Antiekdiens in Libanon en kurator van die Nasionale Museum van
Beiroet
In die 1960's het Honor Frost, die Sipries gebore pionier van onderwaterargeologie, verskeie ondersoeke geïnisieer "met die doel om die belangrike argeologiese potensiaal vir hawegeriewe aan die kus van Tirus te identifiseer en dokumenteer". Gebaseer op die resulte het sy voorgestel die Al Mobarakee-toring in Tirus se hawe kan dalk van
Hellenistiese
tye dateer.
19
Al die opgrawings het egter tot stilstand gekom met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 en baie rekords het verlore gegaan.
140
In 1984 het
Unesco
Tirus verklaar tot ’n
wêrelderfenisgebied
in ’n poging om ’n einde te bring aan die skade wat aan argeologiese terreine aangerig word deur gewapende konflik en wanordelike stedelike ontwikkeling.
13
Die ruïnes van Khan Rabu.
Gereelde opgrawings is eers in 1995 hervat onder toesig van Ali Khalil Badawi.
49
Kort daarna het ’n Israeliese bom ’n woonstelblok in die stad verwoes en bewyse van ’n vroeë kerk is onder die rommel ontdek. Die ongewone ontwerp daarvan dui aan dit is die terrein van die Katedraal van Paulinus wat in 315
n.C. ingewy is.
141
In 1997 is die eerste Fenisiese verassingsterrein op die Al Bass-terrein ontdek, naby die Romeinse nekropolis.
32
Intussen het Honor Frost plaaslike Libanese aregoloë gementor om nog onderwaterondersoeke uit te voer. Dit het in 2001 die bestaan van ’n mensgemaakte struktuur in die noordelike hawegebied van Tirus bevestig.
19
Opgrawings in 2019 deur argeoloë van die Universiteit van
Lyon
by die Al Mina/Stad-terrein.
Die vyandelikhede van die Libanese Oorlog van 2006 het die antieke strukture by Tirus in gevaar gestel en Unesco se direkteur-generaal het ’n waarskuwing daaroor uitgereik.
142
Ná die staking van vyandelikhede in September 2006 het bewaringskundiges geen direkte skade aan die antieke stad van Tirus bespeur nie. Die bombardement het egter muurskilderings in ’n Romeinse begrafnisgrot in die nekropolis beskadig. Bykomende agteruitgang is ook op die terrein opgemerk, insluitende "'n gebrek aan onderhoud, die verwering van ontblote strukture weens die gebrek aan reënwaterbeheer en die verwering van poreuse en sagte stene".
143
Sedert 2008 het ’n Libanees-Franse span onder leiding van Pierre-Louis Gatier van die Universiteit van
Lyon
argeologiese en topografiese werk gedoen. Toe internasionale argeologiese sendings in
Sirië
ná 2012 beëindig is weens die oorlog daar, het van die argeoloë opgrawings in Tirus kom doen, onder andere ’n span onder Leila Badre, direkteur van die Argeologiese Museum van die Amerikaanse Universiteit van Beiroet, en Belgiese kenners.
140
Bedreigings van Tirus se antieke kultuurerfenis sluit in die eise vir ontwikkeling en die onwettige antiekhandel.
144
In ’n studie van Mediterreense wêrelderfenisterreine in 2018 is bevind Tirus het "die hoogste risiko van kuserosie onder huidige klimaatstoestande, asook ’n gemiddelde risiko weens uiterse seevlakke".
145
Intussen het historiese geboue uit die Ottomaanse tydperk soos Khan Rabu en Khan Sour gedeeltelik inmekaargeval ná dekades van algehele verwaarlosing en ’n gebrek aan onderhoud.
Die voorspelde verwoesting van Tirus, soos geskilder deur John Martin.
Die
Bybel
verwys verskeie kere na Tirus:
Volgens
Josua
19:29 is Tirus ’n "vestingstad" en is dit toegeken aan die stam Aser.
Koning Hiram I van Tirus was ’n tydgenoot van
Dawid
en
Salomo
, volgens
2 Samuel
5:11,
1 Konings
5:1 en
1 Kronieke
14:1.
Tirus word genoem in
Jesaja
23,
Jeremia
25:22, Jeremia 47:4,
Joël
3:4-8,
Amos
1:9-10,
Psalms
en
Sagaria
9:3-4, waarin Tirus se verwoesting voorspel word. In
Esegiël
staan "jy sal nie terugkom nie", "wie jou soek, sal jou nie kry nie", "al jou mense is daarmee heen saam met jou" en "dit is vir altyd klaar met jou".
146
Jesus het die streke Tirus en Sidon besoek (
Matteus
15:21;
Markus
7:24), en uit dié streke het baie mense gekom om hom te hoor preek (Markus 3:8;
Lukas
6:17). Dit lei tot die sterk kontras in Matteus 11:21-23 oor sy ontvangs in
Gorasin
en
Betsaida
In
Openbaring
18 word uitvoerig gesinspeel op die beskrywing in Esegiël 26-28 van die handelsomgewing van Tirus.
US