Wes-Kaap - Wikipedia
Gaan na inhoud
Koördinate
34°S
20°O
34°S 20°O
-34; 20
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Provinsie Wes-Kaap
iPhondo leNtshona-Koloni
Western Cape Province
Vlag
Wapen
Oppervlakte
129
462
km² (10,6% van S.A. oppervlakte,
de
grootste)
Bevolking (2011-sensus)
822
734
Bevolking
(2020-skatting)
Geranglys 3
de
in S.A.
005
741
BBP
14,6% van S.A. BBP
Amptelike tale
Afrikaans
(49,7%),
Xhosa
(24,7%),
Engels
(20,2%)
Etniese groepe
Bruin mense
(48,8%),
Swart mense
(32,8%),
Wit mense
(15,7%),
Asiate
(1,0%)
Hoofstad
Kaapstad
Ander belangrike nedersettings
Genadendal
Hermanus
George
Knysna
Stellenbosch
, die
Paarl
Wellington
Worcester
Robertson
Swellendam
Oudtshoorn
Saldanha
Vredenburg
Malmesbury
Somerset-Wes
Premier
Alan Winde
DA
Die
Wes-Kaap
Engels
Western Cape
Xhosa
Ntshona-Koloni
) is een van die nege
provinsies
van
Suid-Afrika
. Die hoofstad en grootste nedersetting is
Kaapstad
. Dit het in 1994 'n afsonderlike provinsie geword toe die ou
Kaapprovinsie
in die
Noord-
Oos-
en Wes-Kaap verdeel is. Die
Prins Eduard-eilande
, bestaande uit die
Prins Eduard-eiland
en
Marion-eiland
in die suidelike Indiese Oseaan, maak deel uit van die provinsie Wes-Kaap.
Kaapstad, met die N2-snelweg in die voorgrond
Wingerde in Constantia naby Kaapstad
Kaapstad is ook Suid-Afrika se moederstad en wetgewende hoofstad en huisves die imposante
Parlementsgebou
. Die
Kaapstad-hawe
(vroeër Tafelbaaihawe) is die naasbesigste hawe in die land (ná die
Durban-hawe
).
Ander belangrike plekke is onder meer
Stellenbosch
, die
Paarl
Beaufort-Wes
George
Knysna
Oudtshoorn
Saldanha
Vredenburg
Worcester
Malmesbury
Mosselbaai
en
Vredendal
Demografie
wysig
wysig bron
Meerderheidstale in die Wes-Kaap:
Afrikaans
Engels
Xhosa
Geen meerderheidstaal
Bevolking
(2011-sensus): 5
822
734.
Tale
Afrikaans
(49,7%), gevolg deur
Xhosa
(24,7%) en
Engels
(20,2%). Volgens
Statistiek Suid-Afrika
se raming in 2017 het die Wes-Kaap se bevolking 6,51 miljoen beloop, oftewel 10,8% van die land se totaal.
Geografie
wysig
wysig bron
Uitsig oor Kaapstad en die Tafelberg
Die provinsie met 'n oppervlakte van 129
390 vierkante kilometer lê in die suidweste van die land, met die
Atlantiese Oseaan
aan sy westekant en die
Indiese Oseaan
in die suide. Die Noord- en Oos-Kaap lê onderskeidelik noord en oos. Die gebied om Kaapstad is 'n winterreëngebied, terwyl die suidelike deel langs die Indiese Oseaan die hele jaar deur reën ry. 'n Deel van die barre
Groot Karoo
lê in die Wes-Kaapse binneland. 'n Ketting van bergreekse (die
Kaapse Plooigordel
) waaronder die
Sederberg
Hexrivierberge
, die
Outeniekwaberge
en die
Tsitsikammaberge
skei die kusgebiede en die binneland.
Wet en regering
wysig
wysig bron
Setel van die
Wes-Kaapse Provinsiale Parlement
in Kaapstad
Die hoofstad van die Wes-Kaap is Kaapstad en die premier is
Alan Winde
. Die Grondwet van die Wes-Kaap is in 1998 aanvaar en in al drie
amptelike tale
van die provinsie (
Afrikaans
Engels
en
Xhosa
) beskikbaar.
Die
Wes-Kaapse Provinsiale Parlement
is ook in
Kaapstad
en dit voer die wetgewing volgens die provinsiale belange, wat in die
Grondwet van Suid-Afrika
bepaal is, deur, onder meer op die gebied van
landbou
onderwys
, omgewingsake,
gesondheidsorg
, behuising, taalbeleid,
toerisme
handel
en welvaart. In 2020 is die setelindeling in die Wes-Kaapse parlement: Demokratiese Alliansie 24,
African National Congress
12, EFF 2, GOOD 1, ACDP 1, VF Plus 1 en Al Jama-ah 1.
Ekonomie
wysig
wysig bron
Die Wes-Kaap is 'n belangrike sentrum vir handel, nywerhede en die landbou en 'n vername wynproduserende streek. Benewens
druiwe
, word ander vrugte asook
groente
gekweek. Noord en oos van Kaapstad is
koring
'n belangrike gesaaide.
Vissery
is die belangrikste bedryf langs die Weskus, en in die Karoo word met
skape
geboer. Toerisme is ekonomies van die uiterste belang in die Wes-Kaap.
Oudtshoorn
is volstruiswêreld en huisves die skouspelagtige
Kangogrotte
Gedrukte media
wysig
wysig bron
Die
Media24-sentrum
in Kaapstad waarin Naspers se hoofkantoor gesetel is.
Die Wes-Kaap beskik in 2008 oor ses dagblaaie, waarvan drie in Engels, twee Afrikaans en een tweetalig Engels en Afrikaans was. Die vier Engelse of deels Engelse dagblaaie het meer te make met die stryd om die massamark op veral die
Kaapse Vlakte
as met die demografie van die provinsie. Tot omstreeks 1950 het die provinsie 'n Afrikaanse oggend- en middagblad (
Die Burger
en
Die Suiderstem
) asook 'n Engelse oggend- en middagblad (die
Cape Times
en die
Cape Argus
) gehad. Vroeg in die een-en-twintigste eeu tref die verskynsel van poniekoerante, geheel en al geskoei op die Britse lees, Suid-Afrika toe
Naspers
die
Daily Sun
in
Gauteng
van stapel laat loop en later ook
Die Son
in Kaapstad (as weekblad).
Die Son
het later 'n dagblad geword, toe
Independent News & Media
met sy eie poniedagblad vorendag gekom het, die
Daily Voice
. As teenvoeter hiervoor, laat loop
Media24
die Engelse, daaglikse
Cape Son
van stapel. Intussen het
Daily Voice
agtergekom die werkersklas waarop die koerant gemik is, is oorweldigend Afrikaanssprekend en pas hulle die inhoud van die koerant aan om baie meer Afrikaans te bied.
Elke groot dorp in die suidwestelike gedeelte van die provinsie het sy eie Media24-weekblad, ná die groep mettertyd al die geslaagde, onafhanklike weekblaaie op die platteland uitgekoop het. Hulle is:
Die
Paarl
en
Wellington
Paarl Post
Somerset-Wes
en die
Strand
Distrikspos
Worcester
Standard
Malmesbury
Swartlander
Vredenburg
Weslander
Hermanus
Hermanus Times
Stellenbosch
Eikestadnuus
Media24 het koerante wat hulle eie drukkery besit het en daar gedruk het, soos op
Vredenburg
en
Worcester
, mettertyd verplig om dit te sluit en gebruik te maak van die geriewe by
Paarl Print
in die
Paarl
, wat teen groot koste opgerig is en sonder die samewerking van al die gemeenskapskoerante in die Boland-groep nie sy volle kapasiteit sou benut nie.
Enkele van die oorblywende, onafhanklike weekblaaie op die platteland is
Ons Kontrei
op
Vredendal
, wat in die munisipale gebiede
Matzikama
en
Cederberg
versprei word, en
Tempo
, wie se hoofkwartier ook op
Vredendal
is, maar wat van
Darling
tot op
Vanrhynsdorp
en in die munisipale gebied
Saldanhabaai
versprei word.
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"2011-sensus"
(PDF)
Statistiek Suid-Afrika
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 13 November 2015
. Besoek op
13 November
2015
Bronne
wysig
wysig bron
Wes-Kaap
by
Mieliestronk
Met toestemming gebruik
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Wes-Kaap
Wikinews bevat nuus in verband met
Wes-Kaap
en
Toerisme-inligting oor
Wes-Kaap
op
Wikivoyage
en
Amptelike webwerf
Wikiwoordeboek
het 'n inskrywing vir
Wes-Kaap
Amptelike simbole van die provinsie
Wes-Kaap
Blom:
Boom:
Voël:
Dier:
die
bakkiesblom
die
silwerboom
die
Kaapse suikervoël
die
bontebok
Disa unflora
Leucadendron argenteum
Promerops cafer
Damaliscus pygarus
Provinsies
van
Suid-Afrika
Gauteng
KwaZulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
Noord-Kaap
Noordwes
Oos-Kaap
Vrystaat
Wes-Kaap
Provinsie
Wes-Kaap
Hoofstad
Kaapstad
Streke:
Kaapse Skiereiland
Kaapse Wynlande
Sentraal Karoo
Overberg
Tuinroete
Weskus
Grootste stede en dorpe:
Kaapstad
George
Mosselbaai
Knysna
Oudtshoorn
Paarl
Robertson
Stellenbosch
Swellendam
Vredenburg
Worcester
Munisipaliteite:
Beaufort-Wes
Bergrivier
Bitou
Breedevallei
Kaap Agulhas
Cederberg
Drakenstein
George
Hessequa
Kaapstad
Kannaland
Knysna
Laingsburg
Langeberg
Matzikama
Mosselbaai
Oudtshoorn
Overberg
Overstrand
Prins Albert
Saldanhabaai
Sentraal Karoo
Stellenbosch
Swartland
Swellendam
Theewaterskloof
Tuinroete
Weskus
Witzenberg
Munisipaliteite
van die
Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteite
Stad Kaapstad
Distriktsmunisipaliteite en
hul Plaaslike Munisipaliteite
Weskus
Matzikama
Cederberg
Bergrivier
Saldanhabaai
Swartland
Kaapse Wynland
Witzenberg
Drakenstein
Stellenbosch
Breedevallei
Langeberg
Overberg
Theewaterskloof
Overstrand
Kaap Agulhas
Swellendam
Tuinroete
Kannaland
Hessequa
Mosselbaai
George
Oudtshoorn
Bitou
Knysna
Sentraal Karoo
Laingsburg
Prins Albert
Beaufort-Wes
Normdata
Internasionaal
VIAF
FAST
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Tsjeggië
Israel
Geografies
MusicBrainz-area
34°S
20°O
34°S 20°O
-34; 20
Ontsluit van "
Kategorie
Wes-Kaap
Versteekte kategorieë:
Wikinews-kategorie met plaaslike skakel anders as op Wikidata
Koördinate op Wikidata
Wes-Kaap
Nuwe onderwerp