Wikidata - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikidata
Tipe webwerf
Wiki
Beskikbaar inVeeltalig
EienaarsWikimedia Stigting
URLwww.wikidata.org
RegistrasieOpsioneel
Huidige statusIn wording

Wikidata is 'n projek van die Wikimedia-stigting wat 'n ​​gesamentlik bewerkbare databasis ter ondersteuning van Wikipedia daarstel. Die projek is deur Wikimedia Duitsland begin en bied 'n gemeenskaplike bron van bepaalde tipes data, soos interwiki-skakels en geboortedata, wat in artikels op Wikipedia en elders gebruik kan word.[1] Dit kan met Wikimedia Commons vergelyk word, maar voorsien data instede van media-lêers aan al Wikipedia se projekte.

Die bou van die projek word met donasies van die Allen Institute for Artificial Intelligence, die Gordon and Betty Moore Foundation en Google Inc. gefinansier, wat 'n totale bedrag van € 1,3 miljoen bewillig het.[2][3]

Die webwerf is 'n tipiese wiki wat deur enige persoon opgedateer kan word. Dit is ontwerp om veeltalig te wees en deur mense sowel as masjiene gelees te kan word.

Wikidata is die eerste nuwe projek van die Wikimedia-stigting sedert 2006 toe Wikiversity opgestel is.[4]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikimedia Stigting

Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek

Sien ook: Wiki | MediaWiki | QRpedia