Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.

Gemeenskap, beste wense vir 2025! Mag 2025 die beste jaar nog ooit wees vir ons Wikipedia! Ek daag julle uit, 10,000 artikels vir 2025! Ons het net so oor die 7,000 artikels in 2024 geskep. Baie dankie vir almal se bydraes, elke letter help! Groete! Oesjaar (kontak) 07:22, 2 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Gebruiker:Rovlort het hierdie stuk teks sonder enige bronne in die artikel geplaas. Afrikaans is eers net met die Arabiese alfabet geskryf. Destyds toe Christen-Afrikaaners skaam was oor hul volkstaal, aangesien dit ongeskik was om vir skryf-, kerk- of amptelike doeleindes gebruik te word en dus net Nederlands gebruik het, het Moslems met trots geskrewe Afrikaans gebruik. Sodoende het hulle 'n groot bydrae gelewer om Afrikaans tot 'n volledig selfstandige taal wat vir alle doeleindes geskik is, te ontwikkel. Hierdie feit is onbekend of selfs geïgnoreer deur mense wat nie bereid is om dit te erken nie. Die Afrikaanse Arabiese alfabet op sigself is iets baie uniek en 'n meesterstuk van ontwikkeling. Dit is die enigste Germaanse taal wat met die Arabiese alfabet geskryf is, en ten minste as dit by konsonante kom, is daar 'n totale ooreenkoms tussen letter en klank in die manier waarop elke letter een en slegs een klank daaraan gekoppel het. Arabiese Afrikaans gee dus 'n spelling nader aan die uitspraak as Afrikaans wat vandag met die Latynse alfabet geskryf word. Hulle sou byvoorbeeld die woord suid (suid) skryf met die Arabiese letter vir die t (ت) aan die einde, wat die werklike uitspraak weerspieël. Wat vokale betref, word selfs dié effens beter voorgestel wanneer dit in Arabiese alfabet geskryf word as wanneer dit in Latynse alfabet geskryf word. Die enigste fout om Afrikaans met Arabiese letters te skryf in vergelyking met die skryf daarvan met hul Latynse eweknieë, is dat die konsonantklanke z, s, d, ch, ʔ en t elk met meer as een letter voorgestel kan word. Dit gebeur slegs in Arabiese leenwoorde waar hulle oorspronklik in Arabies uitgespreek is met verskillende klanke wat nie in Afrikaans bestaan nie. Die alfabet is ook een van die min Arabiese alfabette en selfs een van die min alfabette van die hele wêreld wat 'n eie teken vir die ŋ-klank (ڠ) het in plaas daarvan om die linguisties swakker oplossing te gebruik om dit met die digraph ng te skryf as die meeste tale doen. Nóg Afrikaans met Latynse letters, nóg Arabiese alfabet het hierdie letter vir die klank, so die skeppers van die Arabiese Afrikaanse alfabet het dit self uitgedink. Selfs meer uniek is die feit dat die alfabet 'n letter het vir die ks-klanke wat in sommige tale geskryf is ( ) . Dit is die enigste Arabiese alfabet wat 'n letter hiervoor het. Dit is natuurlik om een letter te gebruik om twee klanke te skryf, maar dit maak skryf vinniger en spaar spasie. Die gebruik van 1/2 in hierdie alfabet gee ons ook die interessante linguistiese wenk dat ten tyde van die ontwikkeling van hierdie alfabet, die spellinghervorming in Nederlands om x in ks te verander waarskynlik nog nie plaasgevind het nie.

Ek het geen kennis oor die onderwerp nie. Gaan ons dit verwyder? Julle advies asb! Groete! Oesjaar (kontak) 13:38, 3 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Minstens die eerste helfte is min of meer waar sover ek weet, maar 'n mens het bronne vir sulke sensitiewe stellings nodig. ~ Burgert (kontak) 15:44, 3 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
(Ek) sien persoonlik niks omstrede in die aanhaling nie, en sou nie eers 'n verwysing soek nie. Afrikanerpredikante en -geleerdes van die 19de eeu het tot en met die GRA, deur immigrant Pannevis aangevuur, niks in Afrikaans belang gestel nie, en ondersteuning vir die GRA was geensins dawerend nie. Drie tydsgeeste in Afrikaner-Afrikaans val my op:
1. wedersydse skaamte (18de tot 19de eeu), d.w.s. buitestanders vir die patois, en semi-ongeletterde huistaalsprekers as hulle met Nederlands gekonfronteer is (wat Jan Alleman wel geweier het om te praat, omdat hy nie kon nie),
2. die ommeswaai, 'n toe-eiening van Afrikaans deur nasionaliste (sedert ca 1881), wat later soos John Vorster verkondig dat Afrikaans deur hulself geskep is,
3. gemors-Afrikaans (veral sedert 1994) as Afrikaner-omgangs- en tv-taal, wat op elke moontlike punt verras met Engelse woorde, uitspraak en Anglisismes. Die sprekers hiervan steur hul benewens aan geen taalnorm nie, en wil blykbaar 'n nuwe kreool skep wat reeds by sommige as Mengels bekend staan. As moslems dan reeds in 1845 begin om egte Afrikaans te skryf was hulle almal ver vooruit, en werklike pioniers wat bostaande teks regverdig. Selfs veel latere taalstryder Langenhoven skryf in 1893 nog op Engels: For intellectual training Africander Dutch offers no scope, for it has no literature and a very poor vocabulary. For internal intercourse and as a trade-medium English is superior to it; and for foreign trade it stands nowhere. Dit wil blyk asof "intellectual training" presies is waarvoor die moslems Afrikaans wel aangewend het. JMK (kontak) 20:46, 5 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, vandag is my 16de verjaarsdag hier op ons Wikipedia. Een van die beste projekte waarby ek nog betrokke geraak het! Groete! Oesjaar (kontak) 02:53, 6 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Baie geluk, Deon! Lefcentreright (kontak) 05:41, 6 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie vir al jou bydraes en jou toewyding: dat jy aanhou om aan te hou. Groete! Thermofan (kontak) 08:55, 7 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie dat jy die fort reeds so lank gehou het, Oesjaar. Sestien jaar! Dit wil gedoen wees. Ek het in 2012 hier aangesluit, maar was nie so baie bedrywig nie, soos jy weet. En nou sit ek op die oomblik onder permanente suurstof in die sieke-afdeling van ons aftreeoord (in 'n dubbelkamer by my vrou, wat weer ongelukkig erge demensie het). Ek kuier egter nog gereeld op Wikipedia – meer om te lees as iets anders. Enkele jare gelede het ek hier gepraat oor oorname van onverouderde inligting uit die ou Kinderensiklopedie, en Ton Vosloo, destydse grootbaas van Naspers, het my nog per e-pos gelei na die regte kontakpersoon in hierdie verband. Maar jy weet hoe gaan dit. Van uitstel kom afstel. As hier egter nog belangstelling in so iets is, kan ek dalk weer die ou drade probeer saamknoop -- Groete, Ollie Mieliestronk (kontak) 20:06, 16 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Oom Ollie, asb - kry die persoon in die hande! Soos ek altyd sê, ons het niks om te verloor nie. Groete! Oesjaar (kontak) 18:52, 22 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Launching! Join Us for Wiki Loves Ramadan 2025!

Dear All,

We’re happy to announce the launch of Wiki Loves Ramadan 2025, an annual international campaign dedicated to celebrating and preserving Islamic cultures and history through the power of Wikipedia. As an active contributor to the Local Wikipedia, you are specially invited to participate in the launch.

This year’s campaign will be launched for you to join us write, edit, and improve articles that showcase the richness and diversity of Islamic traditions, history, and culture.

To get started, visit the campaign page for details, resources, and guidelines: Wiki Loves Ramadan 2025.

Add your community here, and organized Wiki Loves Ramadan 2025 in your local language.

Whether you’re a first-time editor or an experienced Wikipedian, your contributions matter. Together, we can ensure Islamic cultures and traditions are well-represented and accessible to all.

Feel free to invite your community and friends too. Kindly reach out if you have any questions or need support as you prepare to participate.

Let’s make Wiki Loves Ramadan 2025 a success!

For the International Team 12:07, 16 Januarie 2025 (UTC)

Ek sien in Engels is daar "Vice president" en "Deputy president". Twee name vir dieselfde ding. Meeste lande het 'n "Vice president" en 'n paar lande (soos Suid-Afrika) het 'n "Deputy president".

Dit lyk vir my dat op afwiki as dit in Engels "Vice president" is, het ons "visepresident" op afwiki gebruik. En as dit "Deputy president" is, dan gebruik ons "adjunkpresident".

Ek het onlangs 'n paar veranderings gemaak (veral met die Kategorieë), maar ek sien @SpesBona verander nou alles van Visepresident na adjunkpresident.

Is net adjunkpresident korrek? Is daar 'n verskil in betekenis? Moet ons een oor die ander verkies?

En is dit dieselfde vir enige soort titel?

@SpesBona, @BurgertB, @Woordgenoot julle menings asseblief. - Rooiratel (kontak) 07:56, 22 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Ek twyfel of daar 'n verskil is. Wat wel kan saak maak, is hoe elke land sy tweede in bevel noem. Dan gebruik ons maar wat hulle gebruik. Ek dink Amerika het 'n visepresident en SA, soos jy sê, 'n adjunkpresident. ~ Burgert (kontak) 08:19, 22 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Myns insiens kan ons een woord vir die amp gebruik as dit dieselfde ding is (verteenwoordiger van die president). Wat is die verskil tussen Paul Mashatile se amp en Kamala Harris se vorige amp? Ons sal mos ook nie twee verskillende artikels adjunkpresident en visepresident skep nie as daar nie 'n verskil is nie? Hoekom dan kategorieë met verskillende name skep? As al die betrokke kategorieë dieselfde naam het, kan ons hulle sonder enige verwarring vir lesers ook aan mekaar koppel. en:Deputy president is 'n aanstuur na en:Vice president en ook in Duits het ons net een artikel, de:Vizepräsident. In Duits maak ons ook nie 'n verskil tussen de:Ministerpräsident en de:Premierminister nie. Die een land gebruik die term Ministerpräsident en die ander Premierminister, dit is dieselfde amp (regeringshoof). In Afrikaans sien ek dit ook, bv. Justin Trudeau wat beide eerste minister en premier gebruik. Myns insiens is dit dieselfde verskynsel: Twee name vir dieselfde ding. Ek weet van premiers soos Alan Winde. In Duitsland het ons ook meer as een eerste minister/premier: Olaf Scholz is die Duitse eerste minister/kanselier, terwyl deelstate soos Brandenburg ook 'n eerste minister/premier het. Terloops, "verander nou alles". Ek het gister net Kategorie:Adjunkpresidente van die Verenigde State geskep en gebruik en die twee Kategorie:Adjunkpresidente van Filippyne en Kategorie:Adjunkpresidente van Suid-Korea wat ek self in 2012 geskep het geskuif. @Suidpunt: wat dink jy? Groete. --  SpesBona 20:15, 22 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Dit is 'n taai tameletjie. Ek vermoed (hier wil ek met BurgertB saamstem), en ek proe al die sout van die biltong op my tongtippie, adjunkpresident het sy ontstaan te danke aan 'n Afrikanerregering. Tog kry jy vandag adjunkhoof (of onderhoof, moontlik 'n skepping op een lyn met Eng. submaster (vergelyk headmaster), wat nie verwar moet word met submeester in Nederlands en 18de eeuse Nederlands nie - laasgenoemde is 'n hulponderwyser of klasassistent, benede dié van 'n onderwyser, want meester was die aanspreekvorm van 'n onderwyser), maar vice-principal op skool. Jy kry seker "deputy principal" volgens die Engelse Wikipedia, maar ek het nog nooit in my dag des lewens daarvan gehoor nie. Interessant genoeg ken Suriname en Indonesië ook onderhoofd, wat albei vroeër Nederlandse kolonies was. Suidpunt (kontak) 10:45, 23 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem @SpesBona dat dit sin maak om net een soort kategorie en ook net een bladsy vir die onderwerp moet hê. Ek wil net seker maak dat ons almal saam stem oor watter een ons gaan gebruik. - Rooiratel (kontak) 11:08, 28 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel: myns insiens kan ons maar adjunkpresident gebruik aangesien dit die Suid-Afrikaanse term en dit vir Afrikaanssprekendes moontlik ook die bekendste ene is. Groete. --  SpesBona 21:50, 28 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Help met die vertaal na uw taal

Dear Wiki Community,

You are humbly invited to organize the Feminism and Folklore 2025 writing competition from February 1, 2025, to March 31, 2025 on your local Wikipedia. This year, Feminism and Folklore will focus on feminism, women's issues, and gender-focused topics for the project, with a Wiki Loves Folklore gender gap focus and a folk culture theme on Wikipedia.

You can help Wikipedia's coverage of folklore from your area by writing or improving articles about things like folk festivals, folk dances, folk music, women and queer folklore figures, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch hunting, fairy tales, and more. Users can help create new articles, expand or translate from a generated list of suggested articles.

Organisers are requested to work on the following action items to sign up their communities for the project:

  1. Create a page for the contest on the local wiki.
  2. Set up a campaign on CampWiz tool.
  3. Create the local list and mention the timeline and local and international prizes.
  4. Request local admins for site notice.
  5. Link the local page and the CampWiz link on the meta project page.

This year, the Wiki Loves Folklore Tech Team has introduced two new tools to enhance support for the campaign. These tools include the Article List Generator by Topic and CampWiz. The Article List Generator by Topic enables users to identify articles on the English Wikipedia that are not present in their native language Wikipedia. Users can customize their selection criteria, and the tool will present a table showcasing the missing articles along with suggested titles. Additionally, users have the option to download the list in both CSV and wikitable formats. Notably, the CampWiz tool will be employed for the project for the first time, empowering users to effectively host the project with a jury. Both tools are now available for use in the campaign. Click here to access these tools

Learn more about the contest and prizes on our project page. Feel free to contact us on our meta talk page or by email us if you need any assistance.

We look forward to your immense coordination.

Thank you and Best wishes,

Feminism and Folklore 2025 International Team

Stay connected  

--MediaWiki message delivery (kontak) 02:35, 29 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

Dear Wiki Community, You are humbly invited to participate in the Wiki Loves Folklore 2025 an international media contest organized on Wikimedia Commons to document folklore and intangible cultural heritage from different regions, including, folk creative activities and many more. It is held every year from the 1st till the 31st of March.

You can help in enriching the folklore documentation on Commons from your region by taking photos, audios, videos, and submitting them in this commons contest.

You can also organize a local contest in your country and support us in translating the project pages to help us spread the word in your native language.

Feel free to contact us on our project Talk page if you need any assistance.

Kind regards,

Wiki loves Folklore International Team --MediaWiki message delivery (kontak) 02:35, 29 Januarie 2025 (UTC)[antwoord]

My apologies for writing in English. Help met die vertaal na uw taal.

This is a reminder that the first phase of the annual review period for the Universal Code of Conduct and Enforcement Guidelines will be closing soon. You can make suggestions for changes through the end of day, 3 February 2025. This is the first step of several to be taken for the annual review. Read more information and find a conversation to join on the UCoC page on Meta. After review of the feedback, proposals for updated text will be published on Meta in March for another round of community review.

Please share this information with other members in your community wherever else might be appropriate.

-- In cooperation with the U4C, Keegan (WMF) (talk) 00:48, 3 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

Goeienaand gemeenskap! Ek is nou verbaas oor die Andiese kondor (Vultur gryphus), aangesien ek in voorbladartikels soos Chili en Chileense nasionale rugbyspan ná dié voël as Andeskondor verwys (waarskynlik danksy de:Andenkondor). Ons het ook 'n artikel Andesbeskawings. Nou wonder ek ook oor die bronskiewiet (Vanellus chilensis), die nasionale voël van Uruguay. Is dit weer Duitse invloed op my (de:Bronzekiebitz)? Die Engelse verwys na hom as en:Southern lapwing, maar die Nederlanders noem hom nl:Chileense kievit. Ons het kiewiete, maar sonder 'n skakel na die betrokke een, terwyl die Engelse ekwivalent en:Plover hom wél noem. En wat is nou die Afrikaans vir de:Weißkopfseeadler en en:Bald eagle (Haliaeetus leucocephalus, die Amerikaanse nasionale voël), Amerikaanse seearend? Voordat ek nou hardloop en 'n klomp artikels aanpas, vra ek maar eers. @Oesjaar, BurgertB, en Suidpunt: Groete. --  SpesBona 19:00, 4 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

Bald eagle = Amerikaanse adelaar, volgens Pharos. Ek dink nie Andeskondor is verkeerd nie, maar ek het dit Andiese kondor gemaak omdat die woord "Andies" bestaan. Van kiewiete weet ek ongelukkig niks, maar ek weet as 'n Afrikaanse naam nie bestaan nie, is dit raadsaam om na die Nederlandse naam te kyk (en nie die Duitse een nie). ~ Burgert (kontak) 19:16, 4 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB: baie dankie! Nou omdat ons oor adelaars praat: Duitsland se nasionale voël is natuurlik ook 'n adelaar, maar ek het die term bondsarend gebruik, terwyl dit in Nederlands óf "federale adelaar" óf "bondsadelaar" is. "Bondsarend" en "federale arend" kry ek maar min. Groete. --  SpesBona 19:45, 4 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: Ja wat, ek dink adelaar is maar net die "grênd" woord vir arend. Die WAT noem dit "digterlik". ~ Burgert (kontak)
@BurgertB, Oesjaar, Suidpunt, en Woordgenoot: wat staan my nou te doen?
  • Ek verander maar Andeskondor in Andiese kondor in die voorbladartikels wat ek geskryf het. Andeskondor is wél korrek, maar die artikelnaam is laasgenoemde.
  • Los ek bronskiewiet omdat ons ook bontkiewiet het? Hierdie vraag is nog oop, help asb.
  • Die Amerikaanse nasionale voël se Afrikaanse naam is Amerikaanse adelaar, dus verander ek dit maar ook.
  • Artikels oor die laasgenoemde twee voëls sal gaaf wees, dan het 'n aantal voorbladartikels somer nog blou skakels. Waarskynlik kan @505noscope: hiermee help, hy is tans juis besig met Amerikaanse voëls. Groete. --  SpesBona 20:30, 5 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona:, tyd dat ons 'n ornitoloog nader... Ek sal, wag net 'n bietjie. Groete! Oesjaar (kontak) 20:36, 5 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: baie dankie! Maak só asb. Ek sal 'n antwoord van 'n ornitoloog opreg waarder. @505noscope: 'n Artikel oor die kiwi sal ook lekker wees. Daar is mos kompetisie tussen Suid-Afrikaners en Nieu-Seelanders. Groete. --  SpesBona 20:30, 6 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Daar is geen Afrikaanse ornitoloog op hierdie stadium nie, en kwalik 'n ornitoloog in die breë in die hele SA. Moenie 'n eksterne owerheid betrek nie, want daar is ook geen wat hierdie rol kan vervul nie. Bronskiewiet is goed genoeg, en Amerikaanse adelaar/arend net so wel, omdat ons 'n verwysing het. Andiese kondor is paslik, maar die Amerikaanse arend is nié 'n seearend nie. JMK (kontak) 21:00, 6 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, kan iemand asb help met die rivier se koördinate? Groete! Oesjaar (kontak) 20:36, 7 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: wat moet ons verbeter? Die Duitse en Engelse Wikipedia's het dieselfde koördinate. Groete. --  SpesBona 20:46, 7 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Hy wys in die oseaan. Groete! Oesjaar (kontak) 20:48, 7 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Sover ek kan sien is dit die rivier se monding. Groete. --  SpesBona 20:50, 7 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
99,5% van die riviere en kusstede se koördinate is korrek (rooi kolletjies), ek dink die fout lê by die kaart (op die agtergrond) wat effens verskuif is. Dan lyk dit of die plek in die oseaan is! Ons moet slegs die inskrywings wat ooglopend verkeerd is aansuiwer.  Aliwal2012 05:56, 9 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Riviere se koördinate kan op twee maniere weergegee word. Die minimum en maksimum van die geografiese opvangsgebied of die gemiddelde koördinate van die beginpunt en die eindpunt met die lengte van die rivier (normaalweg in die middel van die 100 jaar vloed). Dus twee stelle koördinate en die lengte van die rivier. Die monding van ‘n rivier in die see in is die koördinate gewoonlik waar die vars water verplaas word met sout water en die gemiddeld daarvan soos bepaal deur seisoene en getye. ‘n Enkele koördinaat kan nie ‘n rivier voorstel nie. Bygesê as dit dié gemeenskap se manier is om net een koördinaat te gebruik en dit is aanvaarbaar, dan dink ek die koördinaat moet gevat word in lyn met die kus in die middel van die rivier.
Hoop dit help :-) Struktuur (kontak) 09:50, 11 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

Hello everyone!

An image symbolising multiple languages

We’re excited to announce that the next Language Community Meeting is happening soon, February 28th at 14:00 UTC! If you’d like to join, simply sign up on the wiki page.

This is a participant-driven meeting where we share updates on language-related projects, discuss technical challenges in language wikis, and collaborate on solutions. In our last meeting, we covered topics like developing language keyboards, creating the Moore Wikipedia, and updates from the language support track at Wiki Indaba.

Got a topic to share? Whether it’s a technical update from your project, a challenge you need help with, or a request for interpretation support, we’d love to hear from you! Feel free to reply to this message or add agenda items to the document here.

Also, we wanted to highlight that the sixth edition of the Language & Internationalization newsletter (January 2025) is available here: Wikimedia Language and Product Localization/Newsletter/2025/January. This newsletter provides updates from the October–December 2024 quarter on new feature development, improvements in various language-related technical projects and support efforts, details about community meetings, and ideas for contributing to projects. To stay updated, you can subscribe to the newsletter on its wiki page: Wikimedia Language and Product Localization/Newsletter.

We look forward to your ideas and participation at the language community meeting, see you there!

MediaWiki message delivery 08:28, 22 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]

I would like to attend. Oesjaar (kontak) 20:47, 24 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek sal nie kan bywoon nie, besig met ons laerskool se atletiekbyeenkoms Vrydag. Groete!  Aliwal2012 07:06, 25 Februarie 2025 (UTC)[antwoord]
Enige terugvoer? Dagelf (kontak) 04:57, 9 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Die stoep van die Ou Skooltjie, Moorreesburg

Môre mense.

Ek het aanvanklik bogenoemde vertaal met "stewige veranda van hout".

Hoe langer ek egter na die foto van die Ou Skooltjie kyk, hoe meer begin ek wonder of mens nie liewer "gedronge" moet gebruik nie. Ek sukkel eintlik om 'n lekker woord te kry, maar lyk my die Hollanders ook; want ek het al "kloeke ijzertoren" teengekom, wat ek persoonlik nie sou gebruik nie.

Gewoonlik word "gedronge" met liggaamsbou gebruik. Byvoorbeeld 'n 'gedronge kêreltjie'. ' 'n Luiperd het 'n gedronge liggaamsbou vergeleke met 'n jagluiperd.' Dit is kort en 'kompak' (by gebrek aan 'n beter woord).

Hoekom ek dit sê: gewoonlik strek 'n veranda van die een hoekpunt van die huis na die ander hoekpunt (dikwels ook rondom), met die uitsondering van die Victoriaanse huise met twee gewels of pedimente weerskante, dan is daar gewoonlik so 'n stoepie tussen-in gewurg by die voordeur (soos die Carnegie-biblioteek, maar ook Pastoriestraat 6, Moorreesburg).

Wat ons egter hier op die foto aantref is 'n uitgeboude, maar verhewe stoepie met 'n afdakkie oor, wat eintlik baie kordaat of selfs parmantig voorkom.Suidpunt (kontak) 07:15, 2 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ek dink nie die woord "gedronge" is bekend genoeg nie. En soos jy sê, word dit meestal vir mense se bou gebruik. Ek sou hou by "stewig". ~ Burgert (kontak) 11:37, 2 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie, ek maak so! Suidpunt (kontak) 14:04, 2 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ek is ongelukkig 'n paar dae laat, maar ek wil net vir dié wat belangstel, sê Mieliestronk is verlede Sondag oorlede. Sy diens was vandag. ~ Burgert (kontak) 09:43, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ag nee! Jammer om te hoor! Hy het baie vir Afrikaans gedoen via Mieliestronk. Stil kêrels, daar gaan 'n man verby... Groete! Oesjaar (kontak) 09:47, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
My innige medelye aan sy gesin! Hy het nog laas gesê hy is permanent op suurstof, shame! -- Aliwal2012 10:13, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek is nou jammer om dit te hoor. Ek betuig my medelye... - Rooiratel (kontak) 10:32, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
RIV Mieliestronk. Lefcentreright (kontak) 17:41, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
R.I.V. Mieliestronk en baie dankie vir al jou taalwenke en bydrae! My innige meegevoel aan sy naasbestaandes! Groete. --  SpesBona 19:05, 4 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
R.I.V. Sobaka (kontak) 07:48, 5 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Toe ek my vriend op 28 Februarie besoek het, wys ek nog vir hom onder die besoekstatistiek hoe mense steeds "Mieliestronk" op die Afrikaanse Wikipedia gesoek het. So ek glo nie sy werk was verniet nie - dit het 'n legende geword. Ek vind dit wel 'n tragedie dat niemand sy werk voortgesit het nie, en dat die webwerf dieselfde paadjie moes loop as MyFundi. Dankie meneer Olwagen, u dien vir ons as inspirasie. Suidpunt (kontak) 09:49, 6 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Moraal van die storie: Hy het geld geneem vir sy webblad, en nou is daar niks van oor nie. JMK (kontak) 20:15, 10 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Dié vraag maak my nou bang, wie gaan my en al die ander gebruikers se werk voortsit as ons een dag nie meer is nie? KI of 'n bot, onwaarskynlik! Groete. --  SpesBona 22:00, 10 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het lui geraak en gebruik deesdae ChatGPT om my te help vertaal. Dis nie so vinnig en moeiteloos soos Google Translate nie, maar sy vertalings is baie beter, veral vir Wikipedia-goed. Google Translate vertaal byvoorbeeld billions of [[tree]]s met biljoene [[boom]]s, maar ChatGPT gee miljarde [[boom]]e. Nie perfek nie, maar beter. ~ Burgert (kontak) 19:57, 6 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ek sou KI veral gebruik om foute te vermy. Bv. die een span se statistiek klop nie met sy opponent nie, die bron vermeld ander getalle as die artikel (dit staaf nie dit wat in die artikel staan nie), hierdie seksie moet dringend hersien word (dit is verouderd), hierdie rekord is intussen verbeter. Daar is baie dinge wat ons met KI kan doen, veral om tyd te bespaar, aangesien dit intussen voltydse werk word. Groete. --  SpesBona 22:00, 6 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, kom ons bieg almal.
Ek gebruik weer Co-Pilot van Microsoft (jy kry hom saam met EDGE), maar om ander redes. Met Russies dekonstrueer ek 'n hele teks soos: "Волколак сохраняет разум, но не может говорить." Dan sal hy uitspoeg Волколак is 'n selfstandige naamwoord, nominatief, enkelvoud, manlik. En teen die einde gee hy 'n Engelse vertaling, wat nie letterlik is nie. Letterlik sal daar staan: "wolkolak behou rede, maar nie kan praat." Omdat mens wéét die nominatief is gewoonlik die dader, en jy herken die werkwoord - dan begin jy in jou kop Afrikaanse vertalings te bedink. Ek stuur voorbeelde terug, soos "Die wolkolak is by sy volle menseverstand, maar kan nie praat nie." Dan sal die blikbrein my prys, of wat ook al.
Maar ek moet sê - daar is kere wanneer Engels so dubbelsinnig geskryf is, dat ek self nie kop of stert kan uitmaak wat de duiwel daar aangaan nie. Dan help hy sake vinnig opklaar. Ek sal eerste my interpretasie vir hom stuur, en kyk of ek gelyk had. Maar laat ek net byvoeg: dikwels sal hy 'n antwoord uitspoeg en hardkoppig aan sy interpretasie vasklou, tot jy hom met teenbewyse begin voer. Want hy sien net die teks voor hom, ons is die regisseurs en poppemeesters wat die hele konteks begryp waarteen die toneel afgespeel het.
Ek sit juis hier met Jewish Life, waarin gepraat word van 'n Reverend. Nou, 'reverend' is blykbaar 'n Engelse begrip in die 19de eeu gebruik vir 'n Joodse leier wat nie die kwalifikasies van 'n rabbi het nie, maar nog steeds sekere dienste mag lei, al is hy nie georden nie. Ons tref iets soortgelyk aan met siektetroosters tydens die bewind van die VOC, en oefenaars in die 1930's van die NG Kerk. En nee, reverend kan jy nie in Afrikaans vertaal nie, want daar is nie 'n woord daarvoor nie. "Eerwaarde" het oorspronklik hier te lande "sendelingpredikant" beteken; jy kan dit nie net so gaan oorplant in die Jodedom nie. Suidpunt (kontak) 10:07, 7 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Interessant, wat is in jou opinie die mees akkuraatste en ondubbelsinnige engelse vertaling vir "Dominee"? Dagelf (kontak) 04:13, 9 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Dagelf: My vriend het vir my 'n rukkie na my skrywe 'n Youtube-video van Moorreesburg gestuur uit 1987 en daar word openlik gepraat van Joodse "kerke" en "priesters". Nou lees ek weer 'n priester (Kohen) het nie noodwendig die kwalifikasies van 'n rabbi nie. Ek kan netsowel maar nou vir die Joodse raad skryf. Nou is ek regtig deurmekaar.
Ieder geval, Jewish Life (2004) het geskryf, rondom die Jode van Moorreesburg: "Jewish-Gentile relations were mainly confined to business relations". Absolute bog. Van hierdie Jode het juis ten volle in die Afrikaanse gemeenskap geïntegreerd geraak. In die video is daar Boerejode aan die woord: Ivan Katz en Goodman. Hulle praat Afrikaans soos Moorreesburgers met 'n bry. Katz erken selfs sy suster, wat Kaap toe gestuur is om te gaan leer, het nie 'n woord Ingels geken toe sy daar aankom nie. En, in so 'n klein gemeenskappie in die tweede helfte van die 20ste eeu... jy kan mos nie wegkruip nie. En buitendien, hoe bedryf jy besigheid, hoe bou jy sake-verhoudings as jy jou heeltyd eenkant en afsydig hou? Ek het op foto's afgekom waar 'n Goodman-moeder by die kraamsaal saam met ander Afrikanermoeders staan, en ook waar hul dogter saam in die laerskool met Afrikanerdogters was. Dit wys jou - jy kan nie alles glo wat jy lees nie.
Ek voel dominee moet eintlik dominee bly. Ook weier ek volstrek om 'n vrouepredikant as dominee aan te spreek. Ek sal haar altyd domina noem. Kyk, in Latyn het jy mos dominus (heer, meester), en in die aanroepvorm is dit domine (uitgespreek dominei); nou in Nederlands het dit douminei geword, en in Afrikaans doominee. Feit bly staan is, dit is die manlike vorm. Die vroulike vorm is domina in die naamvorm, en in die aanroepvorm is dit eweneens domina. Ek sal haar 'n dominee noem as sy snor dra.Suidpunt (kontak) 09:23, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek gebruik GTMs 😉 om my sosiale media, Whatsapp groepe, en bladsye soos hierdie op te som... mis steeds dinge, maar minder aangesien ek nooit als self sou lees nie. Ek dink daaraan om dit in 'n program te verander waaruit meer mense kan nut vind.
Ter interessantheid, hier is die opsomming vir die Geselshoekie tans, ek het die kulturele opsomming onverwags interessant gevind.
Sleutelinsigte
  • Tegnies: Naamgewingsakkuraatheid word nagestreef, koördinaatkompleksiteit (riviere) vereis nadenke, sjabloonoplossings sukkel.
  • Teenintuïtief: Duitse/Nederlandse invloed bly omstrede, KI help maar struikel, enkelrivierkoördinate volstaan ondanks logika wat meer verwag.
  • Kultureel: Afrikaanse Wikipedia meng praktiese benadering, erfenis en wêreldwye betrokkenheid met humor en veerkragtigheid.
Key Insights
  • Technical: Naming precision (birds), coordinate complexity (rivers), template fixes ongoing.
  • Counterintuitive: German/Dutch influence debated, AI aids yet falters, single river coordinates suffice despite logic.
  • Cultural: Afrikaans Wikipedia blends practicality, heritage, and global engagement with humor and resilience.
Dagelf (kontak) 04:33, 9 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Vir die wat belangstel in ander geselshoekie opsommings (ek doen as 'n voormalige WMZA admin vrywilliger):
Afrikaans Engels Sesotho Siswathi Swahili Zoeloe Dit blyk of Xhosa geen geselshoekie het nie..?! Dagelf (kontak) 04:53, 9 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het die hulp van Dr. Van Zyl de Villiers ingeroep om te proeflees aan bogenoemde net om seker te maak ek blaas nie die hele Wikipedia op nie! Hy het by die Atoomenergiekorporasie (AEK) gewerk. Sien hieronder:

Beste Deon

Baie dankie vir die skakel na die Ivy Mike-inskrywing. Dit vertel 'n interessante maar ook pynlike verhaal van die vroeë dae van die atoomera wat ongelukkig steeds – in die oë van die publiek en baie politici - die omvattende positiewe gebruike van kerntegnologie oorheers.

Ek dink die vertaling is uitstekend gedoen, veral in die lig van die tegniese aard van die inskrywing. Ek het bloot enkele opmerkings:

Ek verkies “klowing” bo “splyting” vir fission en “versmelting” bo “fusie” vir fusion, maar dis 'n kwessie van smaak. Al die genoemde vertaalekwivalente word erken en algemeen gebruik.

Vertaling van cryogenics plant/facility is 'n tameletjie, maar “laetemperatuurfisika-aanleg” werk nie vir my lekker nie. “Kriogeenaanleg” of “kriogeenfasiliteit” kan dalk werk (nie *”kriogeniese aanleg” nie), maar die beste is dalk om te praat van 'n “laetemperatuuraanleg” (sonder -fisika-). Ek reken daar behoort in die vierde paragraaf onder die opskrif “Ontploffing” eerder na 'n “ontploffingsklankgolf” verwys te word. Uit 'n wetenskaplike oogpunt verstaan ek nie die verwysing na die besmetting van monsters deur kalsiumkarbonaat nie (reeds in die Engelse weergawe genoem). Dit skep die indruk van 'n hoë konsentrasie kalsiumkarbonaat in die lug na die ontploffing, wat eintlik net vanaf beton (waarvan daar redelik min in die Mike-opstelling was) of dalk korale afkomstig kon wees.

Ek het lank reeds beplan om tot die Afrikaanse Wikipedia te begin bydra, maar my werkslas het dit nog nie juis toegelaat nie. Hoe gaan 'n mens te werk om redigering van bestaande inskrywings of vertalings van Engelse inskrywings na Afrikaans te doen? Ek weet dat jy in die verlede opleidingsessies in dié verband gedoen het. Vind dit steeds plaas?

'n Laaste vraag in hierdie jaar van Afrikaans 100: is genoeg Afrikaanssprekendes bewus van (en gebruik) die Afrikaanse Wikipedia? Wat my betref behoort alle Afrikaanssprekendes daarvan te weet en gereeld daaraan herinner te word. Baie nie-Engelssprekendes se instink is ongelukkig steeds om te Google (waar hulle grootliks Engelse materiaal kry) of om vrae in Engels aan KI-toepassings te vra. Dit sal goed wees om sommige van daardie mense in die rigting van die Afrikaanse Wikipedia te stuur sodat hulle daardeur hopelik meer van hul skryf- of praatwerk in Afrikaans sal doen. Dit sal dan sommer ook opbrengs lewer op jou en ander mense se harde werk om Wikipedia se Afrikaanse inhoud te verhoog. Omvattende bewusmaking en gereelde herinnering sal wel hiervoor nodig wees.

Beste groete Van Zyl

Interessant en ek deel graag met julle! Groete! Oesjaar (kontak) 18:54, 10 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Dankie vir bostaande. Wat die KI betref, 'n wetenskaplike van Wits het onlangs op FB genoem dat hy sy ChatGTP-subskripsie gesluit het omdat hy die antwoorde nagegaan het en gevind het dat dit oorwegend van swak gehalte was. Die antwoorde lyk dus reg by eerste oogopslag, maar by nadere ondersoek is dit nie. Dit beteken bloot dat alle taalweergawes van wikipedia belangrik bly, solank dit noukeurig opgestel word. En wat Afrikaanse wikipedia betref, sal die onlangse sluiting van 'n paar Afrikaanse koerante, en die vermindering van joernaliste wat daarmee saamgaan, beteken dat Afrikaanse wikipedia belangriker Afrikaanse leesstof word. Wat nuusgebeure betref, word wikipedia-inskrywings nou effe moeiliker omdat die bronne nou kariger is. Maar daar is in elk geval so min Afrikaanse wikipedia- of commons-bydraers dat daardie koerantbronne nie naastenby na behore gebruik is nie. Die afname in die getal Afrikaanse skole voorspel ook niks goeds wat toekomstige bydraes en bydraers betref nie. JMK (kontak) 19:54, 10 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

@JMK: ek stem 100% saam. Ons opdrag vir Afrikaans word net groter en groter en ons kan ons opdrag net vervul as ons kwaliteit bo kwantiteit plaas, andersins skakel ons lesers na Engels oor. Enkele weke gelede was dit ook 'n gesprek op RSG se taaldinge, maar hulle het nie die Afrikaanse Wikipedia genoem nie. Groete. --  SpesBona 22:00, 10 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: Ons grootste vriend en vyand is egter die geldmag Google. As mense se fone op Engels ingestel is, sal hulle altyd in die Google soekresultate eerste die Engelse Wikipedia as antwoord kry. Co-Pilot soek ook altyd, as ek my vrae in Engels sou vra, deur die Engelse Wikipedia. Skryf ek in geradbraakte Duits, dan doen hy wel soms meer moeite om deur die Duitse Wikipedia se sif. Ek weet dit, want my eie foon is op Duits ingestel. My tablet wel in Engels (ek gaan hom nog Frans maak, gee kans...). Dit help my net om makliker Duitse bronne te bekom. Suidpunt (kontak) 10:00, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Suidpunt: daaraan kan ons min doen, dit is elke moedertaalspreker se eie keuse. In Duitsland is daar ook Afrikaanssprekendes, maar hulle weet myns insiens niks van die Afrikaanse Wikipedia nie. Ek het beide my skootrekenaar en slimfoon ook in Afrikaans opgelei. Ons kan net die lesers wat ons reeds het met spogartikels behou, andersins is ons hulle ook kwyt. Voyageur het hom altyd vir kwaliteit beywer en ook oor dinge geskryf wat die Engelse Wikipedia nie eers noem nie. Danksy Wikipedia se 2022-skin sien die oorgrote meerderheid nie eers ons voorbladartikels nie (voorheen die goue ster by ander tale links). Bo links is slegs 'n klein kassie met "XYZ tale" en dit is ook volgens die leser se keuse gerangskik en dan sy streektale. In die 2010-skin was Afrikaans een van die eerste tale bo (danksy die "af:"). Sedertdien het ons aantal lesers skerp gedaal en ons boer agteruit (ook volgens kwaliteit danksy botartikels en duisende saadjies met skaars 'n aantal sinne en bronne wat nie eers 'n inligtingskassie het nie [sien my opmerking bo]). Ná 17 jaar se aanwesigheid hier kan ek uit my kop ook meer inaktiewe as aktiewe gebruikers noem (Adriaan, Anrie, Arnobarnard, BenBezuidenhout, Hansjoseph, Jcwf, JCBrand, Laurens, RAM, Puvircho, ens.). Goeie hoop, ja-nee. Groete. --  SpesBona 21:30, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ja-nee, ek dink ook daardie duisende tweesinsaadjies wat deesdae geskep word, is 'n onding. Dit verswak ons Wikipdia. ~ Burgert (kontak) 08:50, 13 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Kollegas, is julle bekend met hierdie term? Gebruiker @Rooiratel: het vandag 'n artikel Stomme film geskep, maar die titel vang my uit, nog nooit daarvan gehoor nie!

Moet dit nie stilfilm heet nie? Groete, -- Aliwal2012 12:39, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het die naam van nlwiki gekry. Verander dit maar as dit nie korrekte Afrikaans is nie. - Rooiratel (kontak) 12:47, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek ken ook net stilfilm. Groete! Oesjaar (kontak) 12:48, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Selfde hier ken stilfilm of stilrolprent. Sobaka (kontak) 13:33, 11 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer dit is verskuif na stilfilm. Groete -- Aliwal2012 07:27, 12 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
My vrou dink soms sy is my stomme eggenoot omdat sy met my getroud is, maar sy is nie stil nie. Thermofan (kontak) 08:14, 12 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo Wikipedians,

Apologies as this message is not in your language, Help met die vertaal na uw taal.

The Language and Product Localization team has improved the Content Translation dashboard to create a consistent experience for all contributors using mobile and desktop devices. Below is a breakdown of important information about the improvement.

What are the improvements?
The improved translation dashboard allows all logged-in users of the tool to enjoy a consistent experience regardless of their type of device. With a harmonized experience, logged-in desktop users can now access the capabilities shown in the image below.

Does this improvement change the current accessibility of this tool in this Wikipedia?
The Language and Product Localization team acknowledges your concern with exposing the Content translation tool. So, be rest assured that it will remain in beta, ensuring that only logged-in users who activated the tool from the beta features will continue to have access to the content translation tool. Also, if the tool is only available to a specific user group, it will remain that way.

When do we plan to implement this improvement?
We will implement it on your Wikipedia and others by 24 March 2025.

What happens to the former dashboard after we implement the improvement?
You can still access it in the tool for some time. We will remove it from all Wikipedias by May 2025, as maintaining it will no longer be productive.

Where can I test this improvement and report any issues before it is implemented in this Wiki?
You can try the improved capabilities in the test wiki using this link:https://test.wikipedia.org/w/index.php?title=Special:ContentTranslation&campaign=contributionsmenu&to=es&filter-type=automatic&filter-id=previous-edits&active-list=suggestions&from=en#/. If you notice an issue related to the improved dashboard in the test wiki, please let us know in this thread and ping me, or report it in Phabricator, adding these tags:BUG REPORT and ContentTranslation. Please ask us any questions regarding this improvement.

Thank you!

On behalf of the Language and Product Localization team. UOzurumba (WMF) (kontak) 19:08, 14 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel:, wat beteken bogenoemde in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 14:32, 15 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Die gereedskap wat Wikipedia gebruik om te help met vertalings het anders gewerk as jy dit op 'n rekenaar vs. 'n selfoon gebruik. Hulle het veranderings gemaak sodat dit dieselfde is, ongeag watter soort toestel jy gebruik. - Rooiratel (kontak) 12:51, 18 Maart 2025 (UTC)[antwoord]


Nikolai Kurbatov het in die eerste helfte van Maart alleen byna duisend saadjies van twee sinne elk geskep. Is dit vir almal aanvaarbaar? Is gestremdheid 'n verskoning om te doen wat jy wil? Wat is ons diepte deesdae? ~ Burgert (kontak) 13:11, 15 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo Burgert, jou redenasie hieroor mag 100% in die kol wees, maar dit gaan jou niks baat nie. Vir sommige mense is saadjies van 2 sinne die eutopia, hulle vind nie fout daarmee nie. (Sien Saadjieplanters, reeds in Junie 2017 geskryf.) Groete,  Aliwal2012 13:30, 15 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ons diepte is tans 35, was 43 op 'n tyd. Groete! Oesjaar (kontak) 14:30, 15 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Voel lankal ons moet aan mnr Kurbatov 'n limiet stel. Iets soos "5 sinne of niks". Ek is seker daar is baie atlete waaroor mens 5 sinne kan skryf, as dit nou atlete moet wees. Ek is terloops ook oortuig dat hy dit om 'n ander rede opstel as om tot 'n ensiklopedie by te dra. Hy stel dit op as 'n databasis tot 'n ander, waarskynlik persoonlike projek, en af.wiki is die stortingsterrein. Dat hy werklik gestremd is weet ons seker ook nie. Minstens een ander gebruiker het ons arm gedraai/afgepers met sy sterflikheid. JMK (kontak) 16:38, 16 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

──────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────── Hy skep duisende sulke saadjies op verskeie Wikipedias en oor verskeie onderwerpe, en dis alles masjienvertaal. ~ Burgert (kontak) 16:58, 16 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Kurbatov beheer 'n geoutomatiseerde skep van artikels, dit is baie duidelik. Sy verweer is dat hy nie Afrikaans magtig is nie en daarom nie "vleis" kan aansit aan sy saadjies nie. Ons sit nou met ons hande in ons hare! -- Aliwal2012 17:16, 16 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
My gevoel, hy het die einde van sy pad hier bereik. Saadjies is goed maar daar moet balans wees. Groete! Oesjaar (kontak) 17:40, 16 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Stem. Die groeipotensiaal van hierdie saadjies is zero. JMK (kontak) 18:53, 16 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem saaam. As jy nie Afrikaans magtig is nie, gaan skep artikels in 'n taal wat jy ken. ~ Burgert (kontak) 18:08, 17 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Mense, naandsê.

Ek het heel toevallig hierdie maand op De Zuid-Afrikaan afgekom, nadat ek deur eggsa.net gesoek het na koerante. Vandaar is ek verwys na die argief op die Universiteit van Stellenbosch se webwerf.

Ek is regtig verstom hoe onderbenut die bron is, want jy kan op die statistiekskakel sien hoeveel mense die koerant afgelaai of besoek het.

Laat ek dit baie mooi stel: dit strek vanaf 1830 tot 1910. Mense - dit is vanaf voor die Groot Trek tot Uniewording. Laat dit bietjie insink.

Goed, as jy nou eers gewoond raak aan die advertensies van donkies en perde en mense wat wegloop (want drade was daar nie), dan gaan mens aangenaam verras wees hoe vinnig wetgewing binne 2 maande se tyd vanaf die afdelingsraad van 'n plattelandse dorpie tot binne-in die parlement in die Kaap beland. Die besprekings om hierdie tafel word opgesom. En dit is van onskatbare waarde. Die feit dat daar ander moontlikhede was, maar 'n besluit geneem moes word.

En weet jy - die standpunte is werklik logies, vir daardie tyd. Maar dit kos net een stemmery, en dit bepaal waar ons vandag is.

Ek het maar net met Januarie 1904 begin, en klaar bevind jy jou gou in die middel van die Russies-Japannese oorlog wat woed oor Mantsjoerye en Korea. Die Chinese, wat eintlik in hierdie stryd vasgevang is (wel, dit is Noordoos China), word na Suid-Afrika ingevoer om goedkoop in die myne te kom werk. (Ek glo nie dit sal vandag met die Oekraïeners gedoen word nie...). Jy volg letterlik die verwikkelinge dag vir dag. Die eerste 1 052 kom met die Tweeddale in Durban op 20 Junie aan. 3 van hulle is reeds dood, en 40 het beri-beri. Maar vitamines is nog nie ontdek nie - is beri-beri aansteeklik? word gevra.

Jy lees ook van die builepes wat in Johannesburg uitgebreek het, maande voordat die Chinese voet aan wal gesit het. En die reaksie weer daarop.

Die redakteur, Onze Jan Hofmeyr, fokus duidelik op wetgewing wat vir sy boerelesers van belang is: guano-wette, spoorweë wat bespreek en oopgemaak word; 'n luiperd of twee wat gevang is; jakkalssterte wat nie meer lonend is om vir 10 sjielings te jag nie - die probleem word nie uitgeroei nie, maar juis aangeteel (cobra effect?) - jakkalsdraad is die toekoms; rookwette wat vir diegene onder 18 voorgestel word (want dit vertraag verstandsontwikkeling); Scheepers se graf wat soek is; 'n pleidooi om 'n matrieke stelsel in te voer (21 April 1904 se koerant); die sensus; 654 bandiete wat teen 2 pennie per dag aan De Beers verhuur word (die eerste 400, 3 pennies per dag vir elkeen daarna) waarvan die geld in die staatskis beland; Hermanus het maar ses- of sewehonderd mense; Transkei se passtelsel reik 9 242 passe uit - die meeste om in Transvaal te gaan werk; 'n pleidooi om die Taalmonument op Burgersdorp te herstel; die kompensasiewette wat nog vir die Anglo-Boereoorlog plek-plek opgestel moet word...

Hofmeyr stel dit hom duidelik ten doel om opvolgwerk te doen van elke wet van belang.

Daar is absoluut legio om uit te put - en dit net in die eerste 6 maande van 1904 wat ek pas gelees het. Ongelukkig moet jy die koerante handmatig deurlees, soos 'n gedrukte koerant - die soekfunksie werk nie.

Tussen die doodsberigte deur is daar ook advertensies en kennisgewings. As jy mooi let op die boedels en veilings, sal jy ook gou agterkom hoe, waar treinstasies gekom het - of dit nou Moorreesburg was, of Ceres, vou die wamakerye op 'n streep. En tog, sê Dr. Viljoen omtrent die Caledon-lyn die volgende: "Was die oorlog niet gekomen en waren hun paarden en vee niet weggenomen, dan zou mens met karren en wagen tegen den spoorweg hebben gewedijverd." - Interessante siening.

Dit voel miskien soos los feite, maar jy sien patrone aan die opbou, soos donderwolke.

Voorts het jy lesersbriewe wat hul klagtes van hul dorp opper. Soos Bredasdorp wat 10 uur se ry van Swellendam en Caledon is, maar net 1 dokter op die dorp het.

Of vergaderings van die Afrikanerbond word per streek bespreek. Die Taalbond-eksamens. Soms word skoue (soos die een op Robertson) in detail bespreek en wie die beste melktert gebak of die mooiste koek het. As jy gelukkig is, word matriekuitslae gegee - 'n massiewe eer daardie tyd.

En soms, die vreemdste goed, soos hierdie raat teen slangbyt, in die koerant van 30 Junie 1904:

Sny 'n waterskilpad keelaf, vang die bloed op, laat die water verdamp, maak dit droog, maal die bloed fyn en maak daar poeier van. Sny 'n kruis oor die bytplek en strooi net 'n mespunt van die bloedpoeier oor die word. Solank die lyer vomeer moet dit herhaal word. "Deze is een raad die nimmer faalt."

Ek sou wat wou gee om De Volksstem van Pretoria te lees - ek dink dit is twee wêrelde en kulture se verskil; en tog, so aanvullend.

Maar ieder geval, net soos delpher.nl, gebruik dit! Suidpunt (kontak) 19:32, 18 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gebruiker:Aliwal2012 het my skerp veroordeel op my gebruikersblad omrede ek die artikel oor Kevin Nyerere geskrap het. Terloops, dit was die 2de keer reeds vandag dat ek die artikel geskrap het. My motivering, die eerste artikel het geen bronne gehad nie. Die tweede artikel het twee bronne gehad wat nie een die feite van die artikel ondersteun nie. Tweendens, siende dat die persoon, waaroor die artikel handel, so belangrik is sou mens verwag dat daar eerstens in die Swahili Wikipedia (moedertaal van Tanzanië en sy moedertaal ) en tweedens in die Engelse Wikipedia artikels oor hom sou wees. Niks! Uit nuuskierigheid het ek sy naam ge-Google, die feite daar en waaroor die artikel handel verskil heelwat. Daar word na hom vernoem as prins, Tanzanië as 'n land het nooit 'n koningskap gehad nie. Die artikel het my laat dink aan die gedoente oor Prins Dlamini van Eswatini so 'n maand of twee terug. Absolute SPAM.

Julle is welkom om handelswyse te beoordeel. Groete! Oesjaar (kontak) 17:43, 22 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: ek dink nie die artikel was 'n kandidaat vir spoedige verwydering nie omdat die artikel aandui waarom die onderwerp moontlik van ensiklopediese belang mag wees:
... hy [is] bekend vir sy pan-Afrikanistiese aktivisme, filantropiese werk en ondersteuning van kontinentale ontwikkelingsinisiatiewe.
Ek dink die artikel moet eerder vir bladsyverwydering genomineer word sodat die gemeenskap insae kan lewer. – Pynappel (kontak) 20:28, 22 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Sien wat is so pas uit Julius Nyerere teruggerol as Cross-Wiki spam, maar ek is die idioot...Oesjaar (kontak) 21:09, 22 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek kon slegs 'n Italiaanse artikel van Forbes kry en 'n toevallige Italiaanse koerantberig oor hom. Want hy bly daar al 30 jaar lank. Die artikels is geweldig woordryk, maar sê eintlik nie veel wat hy doen nie. Die algehele indruk wat ek kry is dat hy maar in die son van sy vader bad. Dit sou sinvoller wees om te debatteer, te oordeel aan die rits aantal koerantartikels en publisiteit daarbuite, of Deon Steyn 'n artikel moet kry. (En daar gooi ek soos Eris nou 'n twisappel tussen die godinne binne.) Suidpunt (kontak) 21:58, 22 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Net vir die rekord, een van Wikimedia se permanente werknemers wou 'n artikel oor my skryf wat sy iewers wou plaas, ek het geweier. My woorde was: ...daar sal geen artikel oor enige Afrikaanse gebruiker geplaas word nie totdat die Afrikaanse Wikipedia nie die erkenning kry wat dit verdien nie. Oesjaar (kontak) 08:10, 23 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
As hulle het ophou om af.wiki doelbewus weg te steek sal dit reeds 'n groot verbetering wees. JMK (kontak) 10:24, 25 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, hierdie het vandag onder my aandag gekom, nadat Dr. Mariëtta Alberts my ingelig het hieroor. Soos ek reeds vermeld het, gooi ek so nou en dan 'n paar taal tegniese tamelejies na haar kant toe! Luister asb na die hele gesprek en ons kom op 15 min ter sprake! Taaldinge.

Dan bevestig ek ook dat ek, Sobaka en Woordgenoot beurtelings weekliks op OvervaalFM en Overberg FM vir 5 -10 minute gesels. Groete! Oesjaar (kontak) 17:18, 25 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Dankie vir die skakel. Van die 12:00 merk af is daar 'n paar belangrike opmerkings. Sy noem bv. dat sy 'n artikel geskryf het, "maar baie min mense lees dit." Ons voorstel moet wees: vra die uitgewer om jou te vergun om die artikel onder 'n CC-by-SA-04 lisensie beskikbaar te stel. As "CC-by-SA-04" onder die artikel staan weet ons dat dit na wikibooks, wikisource of wikiversity opgelaai kan word. En dan gaan dit weer en weer gelees word. Net soos ons wikipedia bekend stel moet ons ook hierdie lisensie bekend stel vir diegene wat op 'n indirekte manier kan bydra. As 'n plakaat bv. hierdie lisensie toon kan ons dit afneem of kopieer, en oplaai. JMK (kontak) 07:28, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Die besoekerstatistiek sal baie mense verbaas. Ek het wel vantevore genoem mense se Google-instellings het baie hiermee te doen. Maar tog kry jy uitskieters wat mens nie sou verwag nie. Ek het byvoorbeeld Wetenskapstaal geskryf, en totaal daarvan vergeet. Maar op 3 Desember 2023 was daar, uit die bloute, skielik 113 bladtrekke na maande van 0. Op een dag. En selfs in Januariemaand nog is skielik 55 bladtrekke op 28 tot 29 Januarie gelees. Troos julle daaraan - in ons dorpsbiblioteke is daar boeke wat 8 tot 10 jaar gelede laas uitgeneem is. Selfs 'n boekie soos Jan Kompanjie van Dan Sleigh [wat help om die VOC te verduidelik], is in 2016 laas uitgeneem. En waar iemand soos Joachim Nikolaus von Dessin 'n spooksel sou gebly het in die Biografiese Woordeboek, is daar tog so nou en dan iemand wat hom hier op die Afrikaanse Wikipedia besoek.
Ek het Moorreesburg fyn dopgehou. Daar was 'n tydperk in Februarie toe ek nie baie gewerk het nie, en tog was die besoekstatistiek baie hoër as gewoonlik. Toe sien ek by hul museum se Facebook-blad staan daar, op 18 Februarie: "Aandag alle Graad 4 leerders wat informasie soek oor die plaaslike geskiedenis taak. Die museum sal oop wees tot 16:45 tot en met 27 Februare 2025 om julle van hulp te wees." Toe ek jaar op jaar kyk - is die statistiek in Februarie en Augustus altyd die hoogste - selfs al was daar niks geskryf nie. Elke. Liewe. Jaar. Soos 'n sonhorlosie wat die jaarlikse bloedoffer van 'n maagd vir die huisgode aandui. Niemand weet eers meer hoekom dit gedoen word nie, maar dit is nou maar 'n instelling. Suidpunt (kontak) 09:19, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Suidpunt, daar is ook 'n soortgelyke verskynsel by die Afrika-selakant met besoeke. Duidelik skool take. Groete! Oesjaar (kontak) 06:08, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek is nou gatvol vir die aanhoudende vrag Japannese politikussaadjies wat hier op ons gestort word! Ek het waar moontlik die (IP adres)- anonieme bydraers gevra om eerder tyd te neem om meer aanvaarbare artikels te skep, sonder welslae! Dit is onmoontlik dat 10 IP-adresse onafhanklik van mekaar, op bykans dieselfde tyd Japannese politieke saadjies gaan skep! Dit is dieselfde persoon. Ons soek artikels met die nodige, leesbare bronne asb! Waar kry hulle die inligting, raai? As julle van my verskil, is julle welkom!

Ons as Admins en Burokrate se een taak onder andere is om sulke situasies te bestuur. Myns insiens kan een persoon maks. 3 saadjies skep, as hy nie will leer om beter artikels te skep nie - dan is dit nou maar so! As ons dit bly toelaat gaan die situasie vererger. Groete! Oesjaar (kontak) 08:19, 26 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Verder tot my opmerkings hierbo oor Saadjies, sien Afrikaanse Wikipedia, daar word 3 keer deur Akademici verwys na die feit dat ons artikels oor die algemeen kort is. Ons is nou verby die stadium waar ons moet probeer beïndruk met die aantal artikels maar eerder met die kwaliteit en hoe groter hoe beter! Groete! Oesjaar (kontak) 11:52, 26 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Koppel asseblief die aanstuur Nywerheidsektor aan die Wikidata item industrial sector, soortgelyk aan die Engels Industry (manufacturing), ter wille van die lys van ontbrekende artikels. Ek kan nie. Nywerheidsektor is maar baie soos Nywerheid, maar hoort eintlik myns insiens by Sekondêre sektor. Dankie! Thermofan (kontak) 13:11, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Jammer Thermofan, maar 'n aanstuur kan nie aan iets anders gekoppel word nie, weens "a conflict of interest" met die teikenbladsy! Groete,  Aliwal2012 13:30, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ai tog! Die Engelse het dit dan reg gekry. Industry (manufacturing) is 'n aanstuur. Hoe nou gemaak om die simpel missing page nota weg te kry? Thermofan (kontak) 14:15, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het 3x probeer, die sagteware sê:

Could not save due to an error.

The save has failed. The link afwiki:Sekondêre sektor van die ekonomie is already used by Item Q55639. You may remove it from Q55639 if it does not belong there or merge the Items if they are about the exact same topic. If the situation is more complex, please see Help:Sitelinks.

-- Aliwal2012 14:31, 27 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie. Dit dan seker nou daar gelaat, tot daar besluit word dat die lys van kern artikels weer opgedateer moet word. Thermofan (kontak) 06:42, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel:, kan jy dalk jou oog hieroor laat gly... Groete! Oesjaar (kontak) 06:58, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Hallo almal, ek is bewus van die probleem. En ek sal 'n soortgelyke wikidata aanstuur doen soos enwiki.
Ek moet net nou onthou hoe om dit te doen. - Rooiratel (kontak) 07:13, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 07:17, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Uhuh Rooiratel, Nywerheidsektor ('n aanstuur) is nog steeds nie geskakel nie. Ek het julle gesê dit sal nie werk nie.  Aliwal2012 08:05, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, dit was nie wat die probleem veroorsaak het nie. Die lys van ontbrekende artikels wat @Thermofan na verwys kyk na d:Q8148 en dit is nou waar ek die "probleem" opgelos. @Thermofan, Die bladsy sal eers aan die begin van die volgende maand verskyn. - Rooiratel (kontak) 11:38, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel, ek sien nou eers dat die Nywerheidsektor aanstuur wel aan Q8148 gekoppel is op wikidata, maar dit het nog nie na die Afrikaanse Wikiblad deurgewerk nie. Dit sal seker in die volgende dag of twee reg vertoon, dan sal daar hopelik geen ontbrekende artikels wees nie. Ek hoop nie die nuwe artikel Vervaardigingsektor veroorsaak konflik nie.
Hierdie alles is 'n mooi voorbeeld van wat ek dink Dr. Mariëtta Alberts op die Taaldinge program gesê het: vermy sinonieme in terminologie om duidelikheid te bevorder. Dit is myns insiens nie die Afrikaanse wikigemeenskap wat die swetterjoel "nywerheid" -sinonieme daargestel het nie. Thermofan (kontak) 09:23, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Thermofan ek sien nou jy het Vervaardigingsektor geskep. Moet ek dit nou eerder aan d:Q8148 koppel in plaas van om die wikidataitem aan te stuur na Nywerheid soos enwiki dit doen? - Rooiratel (kontak) 11:40, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel, ja, miskien is dit beter, as die gemeenskap instem. Kan die Afr beskrywing en sinoniem op Q8148 dalk maar asb. weer terug gestel word na "nywerheidsektor" en "industriële sektor". Baie dankie vir die hulp! Thermofan (kontak) 12:42, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ja ek kan dit doen. Wil jy dan hê ons moet Nywerheidsektor ('n aanstuurbladsy) skrap, en jou Vervaardigingsektor bladsy se naam verander na "Nywerheidsektor"? - Rooiratel (kontak) 12:49, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel, ruil die name om, maar los asb 'n aanstuurbladsy. Dankie!!
Uitgevoer Uitgevoer @Thermofan is jy tevrede? Kan ek nou ook Nywerheidsektor koppel aan d:Q8148? - Rooiratel (kontak) 14:50, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Heeltemal reg so. dankie. Koppel Nywerheidsektor. Die wikidata blad is ongelukkig beskerm, so ek kan dit nie self doen nie. Groete. Thermofan (kontak) 21:00, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 21:46, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, dit lyk vir my ons gaan gepla word met artikels oor die familie vir die volgende paar dae... Standbeeld van Julius Nyerere (Afrika-unie) het geen bronne nie en bestaan nie eers in sy moedertaal, Swahili, nie, ook nie Engels nie. Kevin I Nyerere van Tanzania is 'n bemarkings poging en bestaan ook nie in Engels of Swahili nie.

Sien Wikipedia:Bladsyverwydering.

Groete! Oesjaar (kontak) 05:42, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Dan moet ons hulle net eenvoudig skrap. - Rooiratel (kontak) 07:19, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Jy bedoel seker tweevoudig skrap? Daar is 2 ongewensde artikels?
Ag, ek sal dit sommer namens julle doen, ek het 'n lekker dik kokipen!  Aliwal2012 07:48, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer  Aliwal2012 07:51, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 09:11, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, Gebruiker:Oesjaar het my gevra om {{Taksoboks}} met {{Spesieboks}} in sponssaadjies te vervang. Ek wil graag my robot daarvoor aanwend. Het enigiemand enige besware? @Oesjaar: moet dit net vir artikels in Kategorie:Sponsdiere gedoen word, of vir alle artikels wat {{Taksoboks}} gebruik? – Pynappel (kontak) 15:59, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]

Pynappel op die lang termyn moet alle taksoboks sjablone vervang word. Ek doen die flora per hand want ek bring op dieselfde tyd verbeteringe aan, in kort - maak my eie gemors reg! Ja, na 3 jaar waar ek intensief met die Flora werk het, het ek heelwat geleer en prof. Braam van Wyk is 'n groot hulp! Ek stel voor doen eers die sponse, dan kyk ons na die fauna. Groete! Oesjaar (kontak) 16:09, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
Ek ondersteun die poging. Maar toets dit eers met 1 - 10 artikels totdat jy tevrede is, dan kan jy maar laat waai. - Rooiratel (kontak) 16:14, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar en Rooiratel: geliewe die voorbeeldwysigings op die volgende artikels na te gaan:
Hierdie wysigings:

met

  • Vervang | w-naam = of | binomial = met | taxon =
  • Verwyder die afkappingstekens in die binomiale naam
Ek stel voor dat hierdie taak slegs bogenoemde wysigings aanbring en dat verdere wysigings in 'n ander taak aangebring word. Dit vergemaklik die nasien van hierdie taak en die skryf van die robot se bronteks. Die bronteks is hier gepubliseer. – Pynappel (kontak) 22:44, 28 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel en Rooiratel:, hier vertrou ek op Rooiratel se opinie. Julle is die kundiges, ek soek net die taak voltooi! Dankie vir jou moeite so ver! Groete! Oesjaar (kontak) 07:04, 29 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel dit lyk goed en voldoen die vereistes. Gaan maar voort.
As jy meer wil doen kan jy kyk na kode wat ek ook geskryf het vir dieselfde taak hier. (Ek weet Python en Rust is nie baie dieselfde nie, maar jy kan maar sien al die ekstra dinge wat ek in my kode gedoen het.) Rooiratel (kontak) 15:26, 30 Maart 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel en Rooiratel:, die getal Taksoboks sjablone het gedaal van 12,000+ tot 7,200+. Goed gedoen. Is die sponse klaar? Groete! Oesjaar (kontak) 10:51, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: die sponse is klaar. Laat weet indien jy een kry wat nie gedoen is nie of indien ek die robot op 'n ander kategorie moet laat loop. – Pynappel (kontak) 10:53, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel en Rooiratel:, ek dink ons moet dan met die visse begin. Sedert ek hulle 10 jaar gelede geskep het, is daar nie veel daaraan gewerk nie. Groete! Oesjaar (kontak) 11:02, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel en Rooiratel:, kan julle dalk vir my die genus Ochna se taksobokse met spesiebokse vervang? Groete! Oesjaar (kontak) 17:37, 12 April 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 03:45, 13 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het vandag met prof. Karen de Wet van die Afr. Dept by UJ gesels. Sy het gevra dat ek al ons gebruikers wat bydraes maak net dankie sê! So klop julle self op die skouer of iets... Dankie julle! Groete! Oesjaar (kontak) 12:12, 2 April 2025 (UTC)[antwoord]

My beskeie bydrae staan vandag op 200 250 wysigings op alle taalwiki's & projekte sedert 31 Maart 2012 (13 jaar). Dankie vir julle voortgesette hulp!  Aliwal2012 08:24, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, hier is iets interessant vir julle om te lees. Ek verneem graag wat julle siening is. https://diff.wikimedia.org/2025/04/01/how-crawlers-impact-the-operations-of-the-wikimedia-projects/

Groete! Oesjaar (kontak) 06:48, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Ek kla nie. En Wikimedia kla met die witbrood onder die arm. Kom ek sê hoekom: die feit dat spiders en crawlers enorm besig is in die agtergrond, kan seker as wonderlike aanduiding dien watter soekwoorde mense in 'n dag na soek. Ek kan nou kyk watter "spiders" 'n blad besoek op PageViews, en koppie krap watter inligting hulle versamel. Google Trends en Keywordtooldominator is feitlik al wat ons op 'n manier help om te kyk waarna mense soek. As jy weet waarna mense soek, en aanhoudend na soek, kan jy min of meer 'n idee kry wat om na te vors. As Wikimedia egter weet waarvandaan die data-sentra kom wat met ons kallers ploeg - hoekom nie vir hulle uitnooi vir 'n "volhoubare" oplossing nie? LEER ONDERHANDEL. Ons lewer gratis inligting, sodat mnr KI deur advertensies ryk word 🤑 (of die niksvermoedende, kwylende selfoontikkers se inligting aan derde-partye verkoop - en stuur eksklusiewe data terug aan Wikipedia, wat slegs deur Wikipediane besigtig kan word). Die een hand was tog die ander, sou ek reken? Suidpunt (kontak) 12:48, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Wikimedia kla omdat dit moeilik en duur is om al die netwerk verkeer te hanteer en bestuur. Maar dit is onvermydelik dat bots die internet sal oorneem. Nie in die sin dat hulle die enigste sal wees wat dit gebruik nie (en:Dead internet theory), maar dat die meerderheid van die verkeer van 'n geoutomatiseerde bron af sal kom. 'n Mens kan net so veel dinge op een slag op die internet doen, en doen dit stadig. 'n Bot hou nooit op nie.
So die is 'n "probleem" vir die mensdom om op te los. En die probleem is nie dat bots die internet gebruik nie, die probleem is hoe kan ons die internet infrastruktuur skaal om al hierdie ekstra netwerk verkeer te hanteer. Dit is al. - Rooiratel (kontak) 09:26, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek ruik 'n cloudflare binnekort (en mens, is dit hinderlik!); teen hul beleid in, maar ja. Of, hulle kan sekere bots toelaat, of nie. Suidpunt (kontak) 10:35, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Wonder of Wikimedia 'n Content Delivery Network gebruik? Dalk doen hulle, maar is dit steeds duur weens die hoeveelheid data wat gebruik word. – Pynappel (kontak) 11:23, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, sien die nuutste besoekstatistiek: Maandeliks. Dit is net onder die 2,4 miljoen en neem geleidelik maandeliks af sedert Januarie. My persoonlike mening is dat die klomp saadjies oor veral politici weinige aftrek kry by ons gebruikers en lesers. Moet ons eerder fokus op langer artikels en meer wetenskaplike onderwerpe dek? Ek hoor graag julle mening... Groete! Oesjaar (kontak) 06:55, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Ja, dit vat nie veel om 'n artikel van minstens 'n skerm lank te skryf nie. Al daardie duisende saadjies oor sportmense het absoluut niks vir Wikipedia gedoen nie. ~ Burgert (kontak) 09:13, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stel voor ons "mass delete" al daardie Olimpiese deelnemers wat Nikolai Kurbatov sedert Oktober gestig het. Dan sal ons wiki se statistiek waarskynlik verbeter!  Aliwal2012 09:56, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Hallo! As ek probeer om hulle aan te vul, kan hulle gered word? Nikolai Kurbatov (kontak) 10:36, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie daar is enige gevaar dat dit geskrap kan word nie, ek (en hopelik ander) sal dit heftig teenstaan. Daar is prosedures en standaarde waarvolgens artikels geskrap word en dit het te doen met sake soos die gebrek aan ensiklopediese waarde, selfbemarking ens en nie die grootte van die artikels nie. So ek daag diegene wat dit wil doen om al daardie artikels te gaan lys onder Kandidate vir Verwydering en ons debatteer dit daar. Om aan die Olimpiese spele deel te neem is verseker noemenswaardig soos bewys word dat al daardie artikels afkomstig is van Wikipedia’s in ander tale. Enigiemand kan bydra en ook oor waaroor hulle wil en hoe hulle wil. Kennis is breed en diep. Gebruiker:Nikolai Kurbatov het kennis geneem van die kommer oor die vloedgolf van daardie atleet artikels en het nou sy fokus verskuif na ou rolprente wat baie meer waarde toevoeg. Maar dit wat hy voorheen geskep het bly. Ons bou aan ‘n ensiklopedie en statistieke is net ‘n hulpmiddel nie ‘n doel nie. Sobaka (kontak) 11:11, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Die derduisende saadjies wat destyds m.b.v. 'n robot oor akteurs en aktrises geskep is, het bewys dat bydraers wel later wysigings aanbring ter ondersteuning van verwante artikels wat geskep en uitgebrei word, of soos nuwe inligting oor die onderwerp beskikbaar word, ens. 'n Saadjie het egter op sigself bestaansreg ongeag of dit ooit weer gelees of gewysig word. Selfs al word 'n saadjie net een keer oor een honderd jaar gelees, maar dit voldoen aan al die vereistes vir insluiting in die ensiklopedie, dan het dit waarde bygevoeg. Net omdat 'n artikel kort is of omdat 'n reeks kort artikels deur dieselfde gebruiker geskep is, beteken nie dat 'n leser nie in Afrikaans oor die onderwerp mag lees nie. En dan is daar ook die realiteit dat daar soms letterlik net een sin te sê is oor 'n onderwerp. Dit diskwalifiseer nie die onderwerp vir insluiting in 'n ensiklopedie nie. Indien Sannie aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het en 'n medalje verower het en daar verder niks oor haar bekend is nie, dan beteken dit nie dat niemand oor haar mag weet nie. Sommige gebruikers het nie die vermoë of tyd om lang artikels van 'n hoë gehalte by te dra nie. Die enigste bydraes wat hulle gaan maak, is saadjies. Dit is 'n interessante onderwerp en ons gaan nog vir dekades hieroor debatteer. Dalk moet ons iewers 'n beleid vaslê om gebruikers na te verwys wanneer hierdie vraag weer opduik, amper soos die Ch/Sj-spellingvraag wat alewig by nuwe gebruikers ontstaan. Die Duitse Wikipedia het iets oor kort artikels te sê en dit verduidelik goed hoekom hulle in Wikipedia geduld word (wat die laaste paragraaf betref, het ons Wikipedia nog baie ver om te gaan voordat elke noemenswaardige onderwerp "lankal" reeds sy artikel het):
Wikipedia is nie soos 'n gedrukte ensiklopedie wat in sy totale omvang beperk is nie en hoef dus nie daarop te fokus om slegs feite te beskryf nie. In plaas daarvan moet redes en verbande ook verduidelik word. Dit kan in sommige gevalle tot lang artikels lei wat oor baie skermbladsye strek voordat hulle as volledig beskou word; in ander gevalle, soos waar daar baie min feite beskikbaar is, kan alles wat oor die onderwerp bekend is reeds na 'n paar sinne geskryf wees. Dit is in beginsel heeltemal moontlik om die meeste onderwerpe in net twee of drie sinne sinvol te behandel, maar dit moet goeie, betekenisvolle sinne wees. Só 'n kort artikel word 'n saadjie genoem. Baie kort artikels kan egter 'n probleem wees as hulle nie net kort is nie, maar ook swak: 'n Artikel wat byvoorbeeld na 'n halfhartige definisie, wat moontlik net 'n byaspek noem, dadelik oorgaan na kritiek, is in die meeste gevalle baie ongebalanseerd. Op die vraag hoe lank 'n artikel minimum moet wees om nie dadelik weer verwyder te word nie, is daar dus geen benaderde aantal karakters of sinne nie. Oor die algemeen geld: Nie die lengte van die artikel nie, maar die kwaliteit van die inhoud is beslissend. Dus kan 'n kort, maar uitstekend geskrewe artikel ensiklopedies waardevoller wees as 'n lang, maar kwalitatief swak artikel. Saadjies kan dus wel 'n groot nut vir die Wikipedia hê. 'n Artikel is in sy eerste weergawe soms 'n min of meer onvolledige "bouperseel" wat 'n sekere tyd nodig sal hê om te ontwikkel. Tog moet elke artikel reeds van die begin af die onderwerp gepas en in balans voorstel. Of en hoe vinnig 'n artikel verder ontwikkel, kan nie voorspel word nie en volg dikwels geen herkenbare logika nie – dit is genoeg as een persoon werklik met die onderwerp besig raak. 'n Besonders positiewe voorbeeld van so 'n ontwikkeling is die artikel oor Konrad Adenauer, wat baie kort begin het en tot 'n leeswaardige artikel ontwikkel het. 'n Algemene fout van beginners is die poging om in 'n kort tyd 'n reeks verwante, kort artikels te skep. Dit werk egter byna nooit, aangesien sulke artikels dikwels net 'n eenvormige definisie bevat wat dan vir elke artikel aangepas is, terwyl individuele aspekte van die onderskeie onderwerpe by hierdie oplossing agterweë bly. 'n Mens behoort eerder 'n artikel so lank uit te brei totdat daar geen materiaal meer oor die onderwerp te vinde is nie, en eers dan na die volgende onderwerp te beweeg. Onderwerpe wat dringend 'n artikel benodig, het vandag al lank een; dit gaan dus nie daaroor om soveel moontlik skakels blou te maak nie, maar eerder om minder, maar goeie artikels te lewer.
[ongetekende bydrae] – Pynappel (kontak) 11:54, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Ek dink jy weerspreek jouself? Wil jy nou eintlik baie kort artikels of min lang artikels hê? ~ Burgert (kontak) 12:16, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Beide. – Pynappel (kontak) 12:59, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Beide. Wikipedia het nie net meer inhoud nodig nie, dit het beter inhoud nodig: sinvolle, langer artikels wat die leser boei en kort saadjies wat tog sinvol die onderwerp dek en die soekker se nuuskierigheid beantwoord. Dus: daar word meer bydraers benodig om meer besoekkers (klieks) te kry, en daar sal hopelik meer aktiewe bydraers bykom as daar meer mense AfWiki besoek... catch 22. (Nikolai se saadjies is nie skadelik vir die Wikipedia nie, dink ek, selfs al is dit kort. Ek stem ons los dit daar, of verbeter dit. Laat ons álmal wat probeer sinvol bydra, aanmoedig en behou.)
Die Val Kilmer artikel het op my foon gewys as die top af:wiki artikel van die dag, toe wonder ek hoekom. Indien Google se verstek gestel is na Afrikaans, gee dit die Afrikaanse Wikipedia se bladsy oor jou soekwoord as 'n opsie, dus moet ons mense aanmoedig om Google na Afrikaans te stel, dan sal hulle meer Afrikaans lees.
Kan iemand vir Viva vra om die RSG woord van die dag "verstek" ("wat is default in Afr?") te maak? Groete, Thermofan (kontak) 22:05, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar dat ons meer saadjies het is beslis nie hoekom ons besoeksyfers afgeneem het nie. As langer artikels meer besoeke veroorsaak, sal die byvoeging van kort artikels geen effek hê nie, want die lang artikels is steeds daar. Ons Wiki groei elke dag, en ek kan jou belowe die skrap van duisende artikels sal ons nie help nie.
@BurgertB daar is geen weerspreking nie. Daar is altyd plek vir kort, medium, en lang artikels. Niks keer enige iemand om lang artikels te skryf of om kort artikels uit te brei nie.
@Aliwal2012 as jy bydra na ons wiki "vir die stats" is dit goed. Maar nie almal doen dit vir dieselfde redes nie. En ek belowe jou ook dat ons LESERS lees nie ons wiki vir die stats nie! As ons inhoud skrap is daar minder vir hulle om te lees, en minder rede vir hulle om ons wiki te besoek. - Rooiratel (kontak) 09:02, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]


Gemeenskap, ons word tans toegegooi met saadjies en ons kan nie so aangaan nie. Ek vra weer: kan ons as 'n gemeenskap die definise van 'n saadjie defineer as 'n artikel van maks. 4 sinne sonder bronne? Enige iets groter sonder bronne word as sodanig aangedui en gaan deur die Geen Bronne proses. Saadjies en rooiskakels het een ding in gemeen: dit stimuleer nie groei nie soos die hoop was nie. Die akademici kyk met 'n negatiewe oog na ons horde saadjies... Groete! Oesjaar (kontak) 08:06, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]

Stem saam. ~ Burgert (kontak) 09:10, 3 April 2025 (UTC)[antwoord]
Reg so. Thermofan (kontak) 04:21, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar is jou probleem met die hoeveelheid artikels met 'n "Saadjie" sjabloon, of met die hoeveelheid artikels wat kort is?
Ek dink nie die Sjabloon beteken veel nie. Dit is maar net 'n maklike manier om kort artikels te merk vir uitbreiding.
As jou probleem is met die kort artikels, dan is jy ook te blameer vir die probleem. Duisende artikels oor spesies wat net 'n kantbalk en 'n paragraaf van inhoud het is 'n saadjie volgens meeste mense se definisie van dit op Wikipedia.
Persoonlik het ek glad nie 'n probleem daarmee nie. 'n Saadjie oor 'n olimpiese deelnemer is net so belangrik soos 'n saadjie oor 'n plantspesie. Nie al ons lesers stel belang in sport nie, en nie al ons lesers stel belang in plantkunde nie. Ons moet probeer om inhoud vir almal te skep. - Rooiratel (kontak) 09:09, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar en Rooiratel: wat dink julle daarvan om 'n saadjie vir elke spesie te skep? En wat van 'n saadjie vir elke nedersetting? Iets soos wat Lsjbot op die Sweedse Wikipedia gedoen het. Dit kan ons artikeltal tot bo 5 miljoen stoot, dus sal dit 'n aansienlike impak op ons statistieke hê. – Pynappel (kontak) 10:58, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Stop ASSEBLIEF TOG NIE Pynappel! As jy dit doen, word ons dadelik die stinkmuishond van Wikipedia. Ek was lank reeds aktief op die Cebuano Wikipedia toe "article count approaching 5 million" daar ter sprake gekom het en invloedryke bydraers (wêreldwyd) verag absoluut daai 5-miljoen botgeskepte artikels my vriend!  Aliwal2012 11:41, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Kom ons sorteer eers die taksoboks probleem uit alvorens ons aangaan met die volgende stap anders word die instandhoudings probleme net groter. Groete! Oesjaar (kontak) 11:16, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Wat van 10,000 botgeskepte saadjies oor die grootste nedersettings volgens bevolking? Nadat ons die taksonsjablone afgehandel het, natuurlik. – Pynappel (kontak) 12:25, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Kan jy nie lees nie?  Aliwal2012 12:32, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het jou boodskap nou weer noukeurig deurgelees. Jy praat van 5 miljoen, ek praat van 10,000. Kyk ek iets mis? – Pynappel (kontak) 12:40, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel persoonlik dink ek die volgende bladsye sal die meeste impak lewer: meta:List_of_articles_every_Wikipedia_should_have/Expanded. Daar is 'n klomp "kategorieë", en as jy 'n saadjie vir elk een van die bladsye wat ons nog steeds nie het nie kan skep sal dit baie beteken.
Hierdie artikels is die wat op amper elke wiki bestaan, en dus is dit onderwerpe wat vir mense wêreldwyd van belang is. - Rooiratel (kontak) 12:48, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]

The proposed modifications to the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines and the U4C Charter are now on Meta-wiki for community notice in advance of the voting period. This final draft was developed from the previous two rounds of community review. Community members will be able to vote on these modifications starting on 17 April 2025. The vote will close on 1 May 2025, and results will be announced no later than 12 May 2025. The U4C election period, starting with a call for candidates, will open immediately following the announcement of the review results. More information will be posted on the wiki page for the election soon.

Please be advised that this process will require more messages to be sent here over the next two months.

The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. This annual review was planned and implemented by the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, you may review the U4C Charter.

Please share this message with members of your community so they can participate as well.

-- In cooperation with the U4C, Keegan (WMF) (talk) 02:04, 4 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, baie dankie aan @Woordgenoot: vir die artikel oor Storting (Noorse parlement). Ek het net 'n versoek: kan ons dié artikel asseblief skuif na Storting, aangesien daar vier rooi skakels is wat wag om blou te word (almal met dieselfde betekenis)? Ek hoor graag julle menings! Groete. --  SpesBona 13:15, 14 April 2025 (UTC)[antwoord]

@SpesBona:, storting kan ten minste drie betekenisse hê. Ek sal voorstel dat bogenoemde net so bly en ons dalk eerder 'n dubbelsinnigheidsblad genaamd Strorting open. Groete! Oesjaar (kontak) 13:32, 14 April 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: kyk maar wat van nl:Storting kan ons gebruik? Dan moet ons 'n dubbelsinnigheidsblad skep. Groete. --  SpesBona 13:40, 14 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem saam met Oesjaar, die bladsy se titel moet bly soos dit is, en Storting moet 'n dubbelsinnigheid wees. - Rooiratel (kontak) 15:33, 14 April 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer @Oesjaar, Rooiratel, en Woordgenoot: baie dankie vir dié nuwe artikel. Groete. --  SpesBona 18:15, 14 April 2025 (UTC)[antwoord]

Ukraine's Cultural Diplomacy Month 2025: Invitation

Help met die vertaal na uw taal

Hello, dear Wikipedians!

Wikimedia Ukraine, in cooperation with the MFA of Ukraine and Ukrainian Institute, has launched the fifth edition of writing challenge "Ukraine's Cultural Diplomacy Month", which lasts from 14th April until 16th May 2025. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design, and cultural phenomena of Ukraine that are now part of world heritage. We accept contributions in every language!

The most active contesters will receive prizes.

If you are interested in coordinating long-term community engagement for the campaign and becoming a local ambassador, we would love to hear from you! Please let us know your interest.

We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia in your language! Also, we plan to set up a banner to notify users of the possibility to participate in such a challenge! OlesiaLukaniuk (WMUA) (talk)

16:10, 16 April 2025 (UTC)

Goeienaand almal

Ek verdrink tans in universiteitswerk, maar dis oukei. Ek wil net graag hierdie boodskap plaas om die Suider-Afrikaanse Afrikaanssprekende gemeenskap uit te nooi om aansoek te doen vir een van ses beurse wat deur die Wikimedia Suid-Afrika-afdeling befonds word om die 2025 Wikimania-konferensie in Nairobi, Kenia, by te woon.

Aansoeke sluit Sondag, 20 April 2025. U kan meer oor die beurs lees deur hierdie bladsy op Meta te besoek. U kan toegang tot die aansoekvorm kry via hierdie skakel: Wikimania 2025 Local Scholarship | Registration Form

Ons sien daarna uit om julle aansoeke te beoordeel! ;)

Laat dit goed gaan,

Jan-Hendrik

WMZA-Raadslid

Lefcentreright (kontak) 22:07, 16 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, die artikel verwys na 'n vrou en die bronne na man. Dit bestaan ook nie op die Engelse Wikipedia nie. Kommentaar asb. Groete! Oesjaar (kontak) 18:48, 17 April 2025 (UTC)[antwoord]

Haar man Trần Thiện Khiêm is noemenswaardig (was eerste Minister van Suid-Viëtnam) en het 'n Engelse Wikipedia bladsy. (Wat haar nie eers noem nie) Ek kon niks kry wat haar as noemenswaardig sou kon reken nie. Hulle het na die oorname van Suid-Viëtnam na Amerika gevlug. So twyfelagtig of sy noemenswaardig is, behalwe as iemand ander iets kan vind. Sobaka (kontak) 19:42, 17 April 2025 (UTC)[antwoord]
Die bronne wat in die artikel aangehaal word, dui nie op noemenswaardigheid nie, plus die bronne is redelik swak (een is letterlik 'n Wordpress-blog). Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 21:08, 17 April 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, loer asb deur dié artikel. Dit is uitgebrei van 6k tot 24k deur Gebruiker:Rethabloem, sonder dat sy een enkele bron weergegee het waarmee die feite nagegaan kan word (volgens Wikipedia-beleid). Hierdie gebruiker is die nuut aangestelde rektor van die kollege volgens hulle webblad. Hierdie artikel is nie neutraal nie, geskryf grotendeels as bemarking, bevat vele menings sonder statistiek om dit te beaam, en soos ek reeds gesê het, geen bronne nie.

As ons een skool toelaat om so te werk moet ons almal toelaat en julle kan net dink die gemors wat dit sal afgee!

Dit is ironies dat die Afrikaanse Wikipedia, wie se grootste vyand deesdae skole is (skole laat nie verwysings na Wikipedia toe nie), wel goed genoeg is vir skole om vir onder andere bemarking gebruik te word!

Julle mening asb!

Groete! Oesjaar (kontak) 17:50, 23 April 2025 (UTC)[antwoord]

Nota: Taalversorsing van bg. deur jy-weet-wie. 20:20, 23 April 2025
Ja dit is 'n probleem en ons skole-artikels is reeds 'n gemors om juis hierdie redes. Daar is ander voorbeelde. Die waarskuwingsjablone boaan help 'n bietjie. JMK (kontak) 19:33, 24 April 2025 (UTC)[antwoord]
Kan ons miskien nie ons eie beleid opstel wat ons in 'n skool-artikel soek nie? Dit is 'n probleem wat herhaaldelik gaan voorkom.
Ek was twee dae gelede in die dorpsbiblioteek, en heel toevallig kom ek op die boek Paarlvallei (1987) af. Dit gee saaklik weer hoeveel leerlinge daar is, maar dit sê absoluut niks waarna ek eintlik gesoek het nie. Vat nou maar Paarl Gimnasium. Dit sê nie vir my of "gimnasium" beteken daar is voorheen Latyn en Grieks aangebied, soos dit wel in Nederlands beteken nie. Dit sê nie vir my watter vakke aangebied is en hoe dit stelselmatig verander is met die nuwe leerplanne nie. Mag prospektusse gebruik word?
En nog iets - biografiese inligting. Ek sit in die biblioteek toe vir 'n uurtjie en lees Con de Villiers se outobiografie deur, en baie mense sal hulle ervarings in 'n skool meedeel. As jy die subjektiwiteit skrap, is daar wel nuttige inligting wat jy kan uitvis. In hierdie geval kom ek te wete wie die onderwysers in sy tyd was, maar ook dat die taalmedium in Caledon toe Engels was, maar dat die onderwysers se moedertaal dikwels nie Engels was nie, maar eerder Duits of Afrikaans, en dit het ook die aanbieding op 'n manier beïnvloed. Mag so iets as sodanig gebruik word? Suidpunt (kontak) 11:37, 26 April 2025 (UTC)[antwoord]
Dit kan beslis 'n nuttige bron wees. Enigiemand sal kan sien waar die inligting vandaan kom – dit is gepubliseer. Con de Villiers het ook meer waardevolle genealogiese inligting gepubliseer, en is dus nie 'n onbekende nie. JMK (kontak) 14:32, 27 April 2025 (UTC)[antwoord]
As die skole selfs hul jaarblad aanhaal, dan weet ons wat om daarvan te dink. Maar in stede kom stort hulle net hul rommel hier, sonder outeur of bladsynommer. 'n Negatiewe en opportunistiese (ironiese) houding teenoor wikipedia, soos Oesjaar uitwys. Daar is soveel tydverkwisting op skole (hulle ontken dit) dat ek dink hulle gerus "wikipedia" as skoolvak kan invoer. Hoe kan 'n leerling slegter daaraan toe wees, as hy/sy een keer in hul lewe bietjie navorsing (na bronne) moes doen, 'n artikel opgestel het met inleiding, goed gesorteerde hofies, en afsluiting, en geleer het hoe om verwysing-sjablone te gebruik om jou stellings te ondersteun? Dit moet die eerste stap wees na 'n werklike navorsingsloopbaan. JMK (kontak) 06:29, 28 April 2025 (UTC)[antwoord]
Stem volkome saam met jou JMK, veral oor navorsing. Deesdae se kinders is te lui om iets self te gaan soek (navors), hulle sit/lê net ure lank en staar na slimfone se ligskerms wat hulle oë opdons!  Aliwal2012 07:19, 28 April 2025 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel: en @Pynappel:, julle mening oor die artikel soos verskyn op Wikipedia Weekly: Bot Scrapers

Groete! Oesjaar (kontak) 17:58, 23 April 2025 (UTC)[antwoord]

Dit is 'n goeie ding. Nou gaan daar minder KI-"scrapers" wees wat besoekstatistieke skeeftrek, en hulle kan almal op een plek die data kry en ons uitlos. - Rooiratel (kontak) 19:44, 23 April 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het net 'n vraag, want ek's regtig dom omtrent hierdie storie. As jy na die Duitse statistiek kyk, nè, dan vertoon die "spiders" veelvoudig minder as die "gebruiker"-statistiek. Ons praat van byna 'n miljard bladtrekke per maand. Kyk ek iets mis? Want kyk jy weer na die Afrikaanse Wikipedia, is die syfers omgekeerd. Ek verstaan skielik nie, met hierdie nuwe inligting byderhand, waaroor Wikimedia se maag werk nie. Of is bots nou so intelligent dat hulle soos mense lyk en optree? Of word dit nie by die statistiek getel nie? Suidpunt (kontak) 11:27, 26 April 2025 (UTC)[antwoord]
Die "ratios" is omgekeerd, maar die getalle nie. Die Duitse wiki kry gemiddeld 170 miljoen "spider"-besoekings elke maand, maar die Afrikaanse wiki kry net gemiddeld 3 miljoen "spider"-besoekings per maand.
Die ratio is omgekeer omdat ons menslike besoekings soveel minder is as die bots. Maar daar is 100 keer meer bots wat die Duits wiki besoek.
>Of is bots nou so intelligent dat hulle soos mense lyk en optree
Dit is 'n oorlog wat al sedert die begin van die internet woed, en een wat sedert die begin in 'n effektiewe dooiepunt is. In die geval wil Wikimedia die bots (goedaardige "spiders") en (kwaadaardige KI-bots) 'n makliker en goedkoper plek gee om hulle wiki data te kry, sodat hulle geld kan spaar met hulle internet rekening. - Rooiratel (kontak) 13:42, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Sal iemand asseblief so gaaf wees om die bogenoemde sjabloon op die Engelse Wikipedia in Afrikaans te vertaal? Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 20:44, 27 April 2025 (UTC)[antwoord]

@Lefcentreright: goeie idee, ek ondersteun jou voorstel! Ook @Woordgenoot: se

@Maximi301 momka1234/README.md 👋 Hi, I’m @momka1234 👀 I’m interested in ... 🌱 I’m currently learning ... 💞️ I’m looking to collaborate on ... 📫 How to reach me ...</noinclude次d⋯⋯咁好> is 'n goeie idee. Werk jy nog aan die verkiesingsartikels? Ek wil hulle graag by

@Maximi301 momka1234/README.md 👋 Hi, I’m @momka1234 👀 I’m interested in ... 🌱 I’m currently learning ... 💞️ I’m looking to collaborate on ... 📫 How to reach me ...</noinclude次d⋯⋯咁好> lys. Groete. --  SpesBona 20:50, 1 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Hi, @SpesBona:, ek het vanaand so 'n bietjie aan die Kanadese een se artikel gewerk. Ek sien op die Engelse Wikipedia het hulle al klaar die Engelse weergawe gelys, alhoewel die finale aantal stemme nog bekend is nie. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 21:44, 1 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
@Lefcentreright: Vandag het ek ons nuwe eerste minister Friedrich Merz op ons voorblad geplaas. Ek sien jy het ook oor die Singapoerse verkiesing geskryf, terwyl daar ook belangrike verkiesings in bv. Australië en Roemenië was. Jy kan jou heeljaar met verkiesings besig hou, daar is omtrent elke naweek een. :) Het jy dalk ook tyd om @Aliwal2012: te help met inligtingskassies (lyk my ek het om omgekrap daarmee wat beslis nie só bedoel was nie, jammer daarvoor!). Groete. --  SpesBona 20:20, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Apologies for writing in English, please help us by providing a translation below

Hi I’m Johannes from Wikimedia Deutschland's Technical Wishes team. We are making great strides with the new sub-referencing feature and we’d love to invite you to take part in two activities to help us move this work further:

  1. Try it out and share your feedback
    Please try the updated wikitext feature on the beta wiki and let us know what you think, either on our talk page or by booking a call with our UX researcher.
  2. Get a sneak peak and help shape the Visual Editor user designs
    Help us test the new design prototypes by participating in user sessions – sign up here to receive an invite. We're especially hoping to speak with people from underrepresented and diverse groups. If that's you, please consider signing up! No prior or extensive editing experience is required. User sessions will start May 14th.

We plan to bring this feature to Wikimedia wikis later this year. We’ll reach out to wikis for piloting in time for deployments. Creators and maintainers of reference-related tools and templates will be contacted beforehand as well.

Thank you very much for your support and encouragement so far in helping bring this feature to life!

Johannes Richter (WMDE) (talk) 15:03, 28 April 2025 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel: en @Pynappel:, as julle kans kry en loer hierna. Ek het al moed opgegee met al die Verbeteringe wat ons kry... Verduidelik dit dan in Afrikaans aan 'n outop soos ek! Groete! Oesjaar (kontak) 15:10, 28 April 2025 (UTC)[antwoord]

Sien die beeld as voorbeeld. Dit beteken dat jy 'n klomp verwysings in 1 kan groep. Veral nuttig as jy meer as een verwysing het met dieselfde bron, maar julle verwys na verskillende bladsye van die selfde bron. - Rooiratel (kontak) 13:28, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, sien Besoeke. Ons maandelikse besoeke daal steeds, net oor die 2 mil vir April. Duidelik vind ons lesers die artikels oor politici, akteurs en flora nie interessant nie. Ek doen die flora artikels net vir twee redes: morele standpunt omdat prof Van Wyk al sy foto's vir ons geskenk het en ook vang ons die plaaslike name van die spesies vas vir die nageslag. Verder is die flora-artikels slegs van waarde vir skoolprojekte. Groete! Oesjaar (kontak) 08:41, 3 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Terloops, jy bedoel miskien 'n "pet", soos op die foto. "Kappie" is gewoonlik vir dames, soos miskien hier: JMK (kontak) 20:54, 5 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: dit gebeur as ons nie kwaliteit bied nie, maar kwantiteit. Lesers skakel maklik oor na Engels en dit is ook 'n bydrae hoe Suid-Afrika verengels. Elke politikus, nedersetting, dam, party, berg, rivier, waterliggaam, ens moet minstens ook sy toepaslike inligtingskas hê. Vergeet asb. van die databoks, dié is 'n grap in swak Afrikaans. Ek dink dit is uiteindelik tyd dat ons 'n span skep wat al die artikels met die nodige inligtingskas voorsien. Hoe rig ons ander gebruikers af om asb. altyd 'n inligtingskas te gebruik. Elkeen moet in staat wees om dit self te kan doen. En waar is al die inaktiewe gebruikers?
Vandag was ek uiteindelik in Bremen om een van Voyageur se voorbladartikels te besoek. Wat 'n mooi historiese stadsentrum. En daar kom ek Daren, 'n Suid-Afrikaner uit Kaapstad, teë wat my Proteaskappie sien en vra of ek uit Suid-Afrika is. Ek wou Afrikaans praat wat hy natuurlik ken, maar hy was Engels. Onthou iemand nog hoe ek vir jare gepleit het dat Bremen 'n voorbladartikel word? Nou is ek weer in Nedersakse vir die Duitse Wikipedia se skryfwedstryd, iets wat die Afrikaanse Wikipedia laas in 2010 gedoen het en waar al die deelnemers nou weg is. Goeie ou tye saam met Voyageur, Naudefj, Puvircho, ens.
Deesdae is ek drukbesig met vrouerugby op die Duitse Wikipedia en daarna vrouekrieket. Alles inligting wat ek ook in Afrikaans sal vertaal. Natuurlik in kwaliteit pleks van kwantiteit. Groete. --  SpesBona 11:35, 3 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dit het niks te doen met kwaliteit nie. Dit is wel bekend dat internetverkeer gedurende vakansietye afneem. En April is 'n groot getal Suid-Afrikaners op vakansie. As jy terug gaan na die begin van ons Wikipedia sal jy sien April het altyd min besoeke. - Rooiratel (kontak) 13:25, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

(Apologies for posting in English)

Hi all! We have good news to share regarding the ongoing problem with graphs and charts affecting all wikis that use them.

As you probably know, the old Graph extension was disabled in 2023 due to security reasons. We’ve worked in these two years to find a solution that could replace the old extension, and provide a safer and better solution to users who wanted to showcase graphs and charts in their articles. We therefore developed the Charts extension, which will be replacing the old Graph extension and potentially also the EasyTimeline extension.

After successfully deploying the extension on Italian, Swedish, and Hebrew Wikipedia, as well as on MediaWiki.org, as part of a pilot phase, we are now happy to announce that we are moving forward with the next phase of deployment, which will also include your wiki.

The deployment will happen in batches, and will start from May 6. Please, consult our page on MediaWiki.org to discover when the new Charts extension will be deployed on your wiki. You can also consult the documentation about the extension on MediaWiki.org.

If you have questions, need clarifications, or just want to express your opinion about it, please refer to the project’s talk page on Mediawiki.org, or ping me directly under this thread. If you encounter issues using Charts once it gets enabled on your wiki, please report it on the talk page or at Phabricator.

Thank you in advance! -- User:Sannita (WMF) (talk) 15:07, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Goeienaand gemeenskap, het julle geweet dat Maroela Media sy eie Afrikaanse ensiklopedieprojek bedryf? Dit heet "Weet" (https://weet.co.za) en is gemik op leerders. Dit word deur professionele skrywers saamgestel en geproeflees. Ek het onlangs op RSG daarvan gehoor. Wat dink julle? Groete. --  SpesBona 20:40, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het daarvan geweet. Ek dink dit is 'n goeie ding, ons kan altyd nog bronne in Afrikaans gebruik. - Rooiratel (kontak) 21:39, 6 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dit lyk professioneel en die voorlees van bv. die planete-artikel deur Elana Barker word goed uitgevoer. As af.wiki ook 'n goeie voorleser kan werf, sal voorlesing van 'n paar belangrike artikels ook 'n bydrae tot Afrikaans wees. Op hul tydlyn van Afrikaans verskyn die ontstaan van Afrikaanse wikipedia egter glad nie. More is Afrikaans as ampstaal terloops 100 jaar oud. JMK (kontak) 20:40, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo Wikimedians,

Apologies, as this message is not written in your native language. Help met die vertaal na uw taal.

The Wikimedia Foundation Web team will be enabling dark mode in this Wiki by 15th May 2025 now that pages have passed our checks for accessibility and other quality checks. Congratulations!

The plan to enable is made possible by the diligent work of editors and other technical contributors in your community who ensured that templates, gadgets, and other parts of pages can be accessible in dark mode. Thank you all for making dark mode available for everybody!

For context, the Web team has concluded work on dark mode. If, on some wikis, the option is not yet available for logged-out users, this is likely because many pages do not yet display well in dark mode. As communities make progress on this work, we enable this feature on additional wikis once per month.

If you notice any issues after enabling dark mode, please create a page: Reading/Web/Accessibility for reading/Reporting/xx.wikipedia.org in MediaWiki (like these pages), and report the issue in the created page.

Thank you!

On behalf of the Wikimedia Foundation Web team.

UOzurumba (WMF) 00:08, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel - ek hoop jy kan help. Ek werk tans aan 'n vertaling van musiekterme en het reeds die A- en B-gedeeltes voltooi. Vandag maak ek die inhoudvertaling oop om verder te vertaal, toe is die grootste gedeelte van die vertaling van die A-gedeelte weer terug na Engels.

Hoe gebeur dit, hoe kan ek dit in die toekoms vermy en hoe op aarde kry ek die werk weer terug?

Baie dankie! GeorgeF1974 (kontak) 07:36, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo @GeorgeF1974: waar en hoe doen jy die vertaling?
As jy die mw:Content translation tool gebruik, sien ek volgens die dokumentasie dat dit mens se veranderings gereeld bêre (dit sê nie hoe gereeld nie). Maar dit kan wees dat jy die webblaaier, of bladsy toegemaak het voordat dit jou nuutste veranderings gebêre het, dus is hulle verloor. Jammer, maar daar is nie veel wat mens nou kan doen nie.
My enigste voorstel sal wees, bêre al jou veranderings in 'n teksdokument op jou eie rekenaar. Of stoor dit in 'n sandboks bladsy op Wikipedia totdat jy klaar is. - Rooiratel (kontak) 07:46, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Jong, ek werk op die outomatiese vertaler, dus stoor die stelsel elke minuut. Wat vreemd is, is dat dit teks weggegooi het wat juis 'n paar dae al daar gelê het. Maar nou ja, ek sal maar die teks onttrek en dit dan op my rekenaar vertaal en invoeg. Dankie vir jou hulp! GeorgeF1974 (kontak) 08:23, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Hallo @GeorgeF1974:, ek is 'n gereelde gebruiker van die Inhoudvertaler, maar is ook al daarmee uitgevang met verlore vertalings. Gaan asb. voort met jou gebruik daarvan, maar stoor nou en dan jou werk elders soos Rooiratel aanbeveel het, net vir die wis en onwis!
PS: Jy kan daai in-wording-vertaling weer opsoek, maar sorg dat heel regs "Gebruik Google Translate" staan en nie "Gebruik bronteks" nie, anders gooi dit jou vertaalde teks weer terug na Engels. Sterkte!  Aliwal2012 08:58, 7 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, vandag is dit 100 jaar sedert Afrikaans vir Nederlands as 'n amptelike taal vervang het. Ons van Wikimedia Suid-Afrika wil net vir elkeen van julle baie dankie sê vir julle bydraes tot hierdie projek. Hierdie projek is groter as ons almal en sal ook hier wees wanneer ons nie meer hier is nie. Soos die ou Griekse spreekwoord gaan, "'n Samelewing groei wanneer ou mans bome plant in wie se skaduwee hulle nooit sal sit nie." Laat dit goed gaan met almal, Lefcentreright (kontak) 10:27, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Net vir die rekord, WikimediaZA wou nie betrokke raak nie maar hulle kon die Basoeto (as ek reg onthou) herdenking ondersteun. Groete! Oesjaar (kontak) 10:57, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Net vir die rekord, ons het betaal vir jou om 'n intern te hê en ons het al jou kompetisies en skemas ondersteun. Ons het selfs ook vir jou t-hemde betaal. Ons moes jou ook verdedig het nadat jy ons naam by Sol Plaatje Universiteit met 'n plank geslaan het omdat ons en SADILAR blykbaar vir jou toestemming moes gevra het om 'n werkswinkel te hou. Ook as jy vir die WMF vir befondsing vra, gaan hulle jou na ons verwys, en jy weet hoe jy ons hanteer het na alles wat ons vir jou gedoen het. Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 11:17, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
'n Alternatiewe perspektief: https://theconversation.com/the-first-ever-dictionary-of-south-africas-kaaps-language-has-launched-why-it-matters-165485 Michaelgraaf (kontak) 11:31, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Daar word tans vir geen intern betaal nie, tewens daar word tans GEEN fondse aan die Afrikaanse Wikipedia betaal nie. Maar jy behoort dit te weet want jy sit op die Raad... Die hemde is uitgedeel aan die gebruikers. Kompetise = skolekompetsie. Vertel my van die skemas... Wys my asb die Notule van die vergadering van SADILAR waar ek julle met 'n plank geslaan het. Ek het nog altyd openlik verkondig dat ek Afrikaans verteenwoordig op julle Raad, en dat alles wat vir my gedoen is aan die gebruikers oorgedra is bv. jaarlikse verjaarsdagfunkies, ontkiemingskompetisies, radio-onderhoude. ens.
As 'n Direkteur van WikimediaZA, vertel ons asb waarvoor jy 'n kontrak as Direkteur geteken het soos die Maatskappywet vereis, hoekom julle nie voldoen aan IFRS of AARP nie, hoekom julle nie 'n Delegasie van Bevoegdhede het nie, hoekom daar nie 'n Dokumentasie Beheerstelsel is nie, hoekom julle leier as die President bekend staan terwyl die Maatskappywet vereis dat 'n Voorsitter aangewys moet word, ook hoe julle julself R700 per uur betaal het vir die SWIP projek van SADILAR wat maar 616 artikels opgelewer het. As jy as 'n Direkteur wil optree teen my onthou asb, dat WikimediaZA as NWM maatskappy geregistreer is en jy my sal moet aankla onder SA Arbeidswetgewing.
Onthou ook dat die Afrikaanse Wikipedia nie by julle raad geaffilieer is nie ongeag wat julle Missie bepaal. Ons sien nooit finansiële state nie..., ek wonder hoekom. O ja, ek het ook die reg verkry om aansoeke vir finansies names die Afrikaanse Wikipedia in te dien.
Dan is jy ook welkom om jou take as 'n Admin op die Afrikaanse Wikipedia te verrig soos die ander Admins onverpoos doen. Groete! Oesjaar (kontak) 11:49, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Jy het vir 10 jaar lank op die raad gesit, 10 jaar. Jy was op die CIPC vorm as 'n direkteur van WikimediaZA en sommer jouself die titel van Direkteur van die Afrikaanse Wikipedia gegee. Wat het jy ten opsigte van die wetlike voldoening gedoen? Jy het in November laas jaar jouself van die hoofstuk vrygemaak, toe in vroeg-Maart vanjaar gesê dat jy finaal klaar is met WikimediaZA nadat ons nie vir jou 'n intern vir nog 'n jaar wou gee nie, maar toe het jy nog onlangs aansoek gedoen om Wikimania op WikimediaZA se koste by te woon. Hoe werk dit nou? Laat dit goed gaan, Lefcentreright (kontak) 12:11, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Geen een van my aanbevelinge ten opsigte van Finansies is deurgevoer nie. Onder Douglas Scott se leiding was die goedkeuring vir my gegee om die titel te kan gebruik, toe jy nog op skool was. Doen 'n bietjie moeite en gaan lees die Maatskappy wetgewing oor Direkteure. Jy het definitief geheueprobleme, daar was 'n AJV laasjaar in November en die dokument waar ek my myself verkiesbaar moes maak, moes op 'n Dins oggend om 10:00 ingedien word op kort kennisgewing. Ek bestuur my eie besigheid en daardie oggend was ek in vergaderings met kliënte, dus kon ek nie dokument indien nie. Coenraad het namens my geantwoord, 2 min laat en dit was nie aanvaar nie. So, ek kan nie iets klaarmaak as ek nie eers op die raad was nie.
Daar was geen voorwaardes aan die Wikimania uitnodiging nie. Maar moet dit nie aan my toeken as dit jou gelukkig maak nie, ek het dit eintlik verwag. Net vir die rekord, ek het ook aangebied om 'n aanbieding te doen op Wikimania indien ek 'n beurs kry. Die aanbieding sal gaan oor die probleme wat ek ondervind met die 60,000 flora foto projek - 'n projek wat ook nie julle Raad se agenda kon haal nie. Dit was ook geen toeval dat julle 6 Afrikaanse gebruikers genooi het nie, ek het baie met Maryana Iskander gekommunikeer sedert die AJV.
O ja, die Afrikaanse Wikipedia is verby 124,000 artikels laasnag. Die 2de grootste ander SA Wikipedia is Zoeloe met net oor die 12,000 artikels. En o ja, my persoonlike bydra is tans 17,800+ artikels geskep, 40,000 edits op Wikidata en 259,500+ edits. Ek sê maar net.Oesjaar (kontak) 12:39, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek sit nou hier in 'n koffiewinkel in Rondebosch en lag my gat af vir jou kommentaar hierbo. Ek wou vanoggend net 'n positiewe boodskap in die Geselshoekie los oor dat die erkenning van Afrikaans as 'n amptelik 100 jaar terug vandag gebeur het, want baie Afrikaanse gebruikers is lede van WMZA, maar toe besluit jy om 'n geveg met my te soek. Net jy kan besluit om dit te beeindig. Ek was nog baie professioneel en hoflik altyd teenoor jou terwyl jy my nie dieselfde hanteer het nie, maar nou met jou snedige, kinderagtige kommentaar teenoor my verander dit. Jy gaan aan soos iemand jonger as ek.
Jy het in Oktober 2024 tydens 'n raadsvergadering gesê jy gaan jou eie ding doen en in Maart vanjaar gesê jy is klaar met ons. Jy is korrek om te sê daar was geen voorwaarder. Jy moet weet hoe dit lyk as iemand wat vroeër vanjaar gesê het dat hulle wil niks meer met ons te doen hê nie en hul eie ding gaan doen, ewe skielik weer aansoek doen vir 'n beurs op ons koste. Tweedens, jou aansoek is beoordeel soos enige ander aansoek beoordeel iz. Jy moet besef dat daar 42 ander kandidate aansoek gedoen het. Stop met hierdie slagoffermentaliteit. Ons is regtig waar nie uit om jou te kry nie.
Jy het die sperdatum vir projekvoorleggings by Wikimania gemis. Dit staan hier. Dit het op 31 Maart gesluit. Ons kan ongelukkig nie jou aanbod vir 'n aanbieding oor die flora foto projek aanvaar nie, want die sperdatum is verby.
Dankie vir jou harde werk op die Afrikaanse Wikipedia. Ek bedoel dit. Die besoekers tot hierdie Wikipedia waardeer dit. Jy het jou "spogregte" gekry. Ons elkeen is vrywilligers en ons dra by wat ons kan insit. Party kan meer insit as anders, maar ons almal dra vrywillig by tot hierdie projek. Lefcentreright (kontak) 13:47, 8 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ons het reeds vantevore hierdie gesprek gehad: 'n artikel van 3 paragrawe vol feite en dit is as 'n saadjie gemerk? Waar kry die skrywer die feite? Groete! Oesjaar (kontak) 16:11, 10 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: Myns insiens is 'n artikel met drie paragrawe, maar sonder 'n inligtingskas en bronne in elk geval 'n saadjie. Hierdie artikel tel 1 690 grepe en tydens ontkiemingskompetisies het ons artikels ontkiem tot by 5 000 grepe. Volgens my beskeie mening is alles onder 5 000 grepe 'n saadjie. Ek is steeds van mening dat ons 'n span benodig wat met inligtingskasse help. Groete. --  SpesBona 20:35, 10 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek dink 5 000 grepe is heeltemal te lank vir 'n saadjie. 'n Saadjie is myns insiens iets wat uit drie of vier sinne bestaan. ~ Burgert (kontak) 12:20, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, sien die artikel in Rapport: Netwerk24. Daarin verwys hulle na die spesie Moraea anastasia. Ek wou toe net sien watse inligting in ons artikel is oor die spesie siende dat ek die genus 'n geruime tyd terug geskep het. Tot my verbasing kom die spesie glad in die genus voor nie en na verdere ondersoek kom ek agter dat dit ook nie verskyn in die SANBI of KEW POWO databasisse nie. Is die skrywer van die Netwerk24-artikel werklik 'n plantkundige? Soos iemand in 'n rolprent gesê het: If you do not read the newspaper you are not informed and if you do read the newspaper you are misinformed! Groete! Oesjaar (kontak) 15:59, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Lekker speurder Steyn!  Aliwal2012 16:14, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Die spesie is die eerste keer in April 2025 in hierdie artikel beskryf. – Pynappel (kontak) 16:33, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie! Dit verklaar 'n paar dinge... Groete! Oesjaar (kontak) 16:48, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Daar is seker 'n spelfout in die artikel se inleiding. Dit lees as volg: Moraea anastatsia is from Stellenbosch.  Aliwal2012 17:15, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Prof. Braam van Wyk het Pynappel se artikel bevestig. Ek het ook 'n epos aan prof. Rafaël Govaerts by KEW gestuur en gevra wanneer kan ons verwag dat hulle databasis bygewerk sal word. Nou wag ons... Aliwal, bekendmaking in KEW sal bevestig of dit anastatsia of anastasia sal wees. Dit is lekker om deel van die aksie te wees! Groete! Oesjaar (kontak) 18:21, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Antwoord van prof. Govaerts:

“Newly published names are added from IPNI at the beginning of each year into the names backbone, WCVP. They are then edited and therefore take some months to become visible on the POWO website, so if a name you recently published is missing, please check the IPNI website and if the name is present then it will be visible on POWO soon, if it is not on IPNI, then please register the name at IPNI Registration and it will then appear on POWO early the following year. New names are never added manually into POWO as that will inevitably lead to duplicates over time and duplication of effort.” Groete! Oesjaar (kontak) 19:32, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

iNaturalist gebruik die spelwyse sonder die oortollige t. – Pynappel (kontak) 19:45, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het so bietjie met prof. Govaerts gekommunikeer, sy moedertaal is Vlaams/Nederlands. Dit gaan my baie help. Groete! Oesjaar (kontak) 20:06, 11 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het so pas nog 'n fout gekorrigeer in die artikel Saad waar hulle die woord rate in stede van rafe gebruik het, veroorsaak deur die OCR-proses. Gelukkig het ek 'n Wêreldspektrum-stel beskikbaar so dit is redelik maklik om die oorspronklike artikel na te gaan. Ek het al 'n horde Iê na lê, huIIe na hulle (die hoofletter I en kleinletter l lyk dieselfde) ens. verander. Indien julle iets kry in enige Wêreldspektrum-artikel wat nie sin maak nie, laat my weet asb. Ek sal dit nagaan. Groete! Oesjaar (kontak) 06:41, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo speurder Steyn, kan jy vir ons in jou Wêreldspektrum nagaan, die laaste paragraaf by Saad: "Dikwels is dit die hele vrug wat as verspreidingseenheid (diaspoor) dien". Ek vermoed "diaspoor" hoort nie hier tuis nie, dit het 'n ander betekenis (as 'n mineraal). Geniet jou speurwerk!  Aliwal2012 07:14, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Aliwal2012, ek bevestig die teks is reg gekopieer. Interessant, diaspoor verskyn nie in die HAT nie. @BurgertB:, jou mening asb? Groete! Oesjaar (kontak) 07:22, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie meneer!  Aliwal2012 08:20, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dit verwys moontlik na en:Diaspore (botany). – Pynappel (kontak) 08:24, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Eureka, dankie vir die opspoor daarvan @Pynappel:! As ek tyd het vandag, sal ek gou die en:wp vertaal. @Oesjaar: sal ons die titel Diaspoor (plantkunde/botanies) hou? Cheers  Aliwal2012 08:44, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, Diaspoor (plantkunde). Groete! Oesjaar (kontak) 08:56, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer -- Aliwal2012 11:16, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]


Gemeenskap, ek bevestig net dat gebruikers Gebruiker:Sobaka, Gebruiker:Woordgenoot en myself weekliks beurte maak op Overvaal Stereo en Radio Overberg met onderhoude. Ook het Ina Strydom van Taaldinge my op kort kennisgewing genader vir nog 'n onderhoud op Taaldinge! Dit word Sondag uitgesaai. Groete! Oesjaar (kontak) 10:40, 13 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Dit is uitstekend! Ons luister graag Taaldinge op RSG Sondag 18 Mei om 10:00. Geluk, Deon. Thermofan (kontak) 07:05, 16 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Hier is die potgooi van vanoggend se Taaldinge. Taaldinge. Geniet! Oesjaar (kontak) 12:36, 18 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
...en ek praat nou Saterdag om 8:35 op Radio Laeveld! Sien uit daarna! Groete! Oesjaar (kontak) 20:08, 20 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ons praat nou weekliks op Radio Laeveld ook! Groete! Oesjaar (kontak) 07:03, 24 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
'n Artikel Wikipedia:Afrikaanse Wikipedia op die radio is geskep om ook as argief te dien van uitreikaksies na radiostasies met die doel om die Afrikaanse Wikipedia se kennis sowel as die rol en aktiwiteite van die Afrikaanse Wikipedia aan die breë Afrikaanssprekende publiek bekend te stel. Dankie SpesBona vir die voorstel wat my sover gekry het om al die klankgrepe wat ek kon opspoor deur te luister vir die opsommings, te redigeer waar nodig en in die tabel van die artikel vas te vang. As dit nie op Wikipedia geplaas is nie, sou dit beslis in die toekoms verlore gegaan het. Baie van die insette was lewendig uitgesaai en geen klankgrepe is beskikbaar nie. Indien enigiemand enige addisionele opnames het, voeg dit asseblief by. Die radiokontak was ‘n inisiatief wat deur Oesjaar begin is, en bly goed op dreef. Groete Sobaka (kontak) 09:02, 26 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie julle. Maar kan ons asseblief hierdie bladsy na die Wikipedia:Naamruimte skuif? Dit hoort nie in die hoofnaamruimte van Wikipedia nie. - Rooiratel (kontak) 11:15, 27 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dit kan ook eerder 'n subbladsy van Afrikaanse Wikipedia wees. - Rooiratel (kontak) 11:16, 27 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het die bladsy nou geskuif na : Wikipedia:Afrikaanse Wikipedia op die radio. Dit is nou in die korrekte naamruimte. - Rooiratel (kontak) 20:00, 28 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Gemeenskap, ek beaam wat Sobaka hierbo sê en is baie dankbaar vir dié artikel. Myns insiens is daar beslis 'n plek op die Afrikaanse Wikipedia vir al die lekker onderhoude. Groete. --  SpesBona 18:45, 26 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ons gaan ook uit om die outeur se gebruikersnaam te noem ter erkenning van hulle harde werk. Groete! Oesjaar (kontak) 10:34, 27 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem saam met jou voorstel, Deon. Op die Duitse Wikipedia noem ons die wenner(s) van die skryfwedstryd wat elke semester plaasvind ook by name, nogal op die voorblad. Groete. --  SpesBona 21:00, 27 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, volgens die taalkundiges is die vertaling van 'n Light emitting diode liggewende diode en nie ligemmissiediode nie. Enige kommentaar is welkom. Groete! Oesjaar (kontak) 10:05, 20 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Dan is die afkorting in Afrikaans seker (nie-amptelik) LGD? Solank dit net nie LSD is nie!  Aliwal2012 18:28, 21 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Volgens tegniese woordeboek saamgestel deur CHRIS CILLIE: light-emitting diode (LED): ligemissiediode, liguitstraaldiode, LED. Groete! Oesjaar (kontak) 17:56, 23 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het nasoek in die Duitse, Frans, Nederlands, Spaans en Italiaanse Wikipedia gedoen om te sien watter afkorings daardie tale gebruik vir "liggewende diode". In Fans, is albei "DEL" en "LED" gebruik, maar in die ander tale is slegs "LED" gbruik. In vroeẽr jare, was "LSD" ook 'n afkorting vir "lbra, solidius en denarii" (of "ponde, sjielings en pennies"). Martinvl (kontak) 20:53, 6 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, daar was gister vandalisme op ons FB-blad en ek het een lid daar verban en sy skade teruggerol. Nou is die nuus egter in geen orde nie, enige idee hoe mens dit kan regmaak? Groete! Oesjaar (kontak) 05:27, 21 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

(Apologies for posting in English, if this is not your first language)

Hello all! We opened a discussion on Meta about a very delicate issue for the development of Abstract Wikipedia: where to store the abstract content that will be developed through functions from Wikifunctions and data from Wikidata. Since some of the hypothesis involve your project, we wanted to hear your thoughts too.

We want to make the decision process clear: we do not yet know which option we want to use, which is why we are consulting here. We will take the arguments from the Wikimedia communities into account, and we want to consult with the different communities and hear arguments that will help us with the decision. The decision will be made and communicated after the consultation period by the Foundation.

You can read the various hypothesis and have your say at Abstract Wikipedia/Location of Abstract Content. Thank you in advance! -- Sannita (WMF) (besprekings) 15:26, 22 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

@Sannita (WMF) thank you for alerting our wiki to the discussion. I will read through the linked page, and add my opinion on the matter there. - Rooiratel (kontak) 07:31, 23 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie Gebruiker:Rooiratel! Groete! Oesjaar (kontak) 08:25, 23 Mei 2025 (UTC)[antwoord]
Kyk hoe ons drie in 2016 in Berlyn gelyk het, toe ek nog JCIV was. :D Morne het dit destyds gelaai. Lekker dae!

Gemeenskap, vandag het ek met Deon lekker gesels oor die Afrikaanse en Duitse Wikipedia's. Ai, dit is lekker om Afrikaans oor die foon te praat, al is dit hoeveel kilometers ver. Ons het dit laas in 2016 saam met Voyageur (R.I.V.) gedoen. My groot vraag hoekom ons gesels het was dat ons gebruikers soos Morne, Puvircho en Hansjoseph mis. Groete. --  SpesBona 13:20, 24 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Sören, dit was 'n plesier om met jou te kon praat! Ja, ek onthou nog ons geselsie saam met Voya! Groete! Oesjaar (kontak) 13:37, 24 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Meer taleHelp met die vertaal na uw taal

Dear all,

This year, the term of 2 (two) Community- and Affiliate-selected Trustees on the Wikimedia Foundation Board of Trustees will come to an end [1]. The Board invites the whole movement to participate in this year’s selection process and vote to fill those seats.

The Elections Committee will oversee this process with support from Foundation staff [2]. The Governance Committee, composed of trustees who are not candidates in the 2025 community-and-affiliate-selected trustee selection process (Raju Narisetti, Shani Evenstein Sigalov, Lorenzo Losa, Kathy Collins, Victoria Doronina and Esra’a Al Shafei) [3], is tasked with providing Board oversight for the 2025 trustee selection process and for keeping the Board informed. More details on the roles of the Elections Committee, Board, and staff are here [4].

Here are the key planned dates:

  • May 22 – June 5: Announcement (this communication) and call for questions period [6]
  • June 17 – July 1, 2025: Call for candidates
  • July 2025: If needed, affiliates vote to shortlist candidates if more than 10 apply [5]
  • August 2025: Campaign period
  • August – September 2025: Two-week community voting period
  • October – November 2025: Background check of selected candidates
  • Board’s Meeting in December 2025: New trustees seated

Learn more about the 2025 selection process - including the detailed timeline, the candidacy process, the campaign rules, and the voter eligibility criteria - on this Meta-wiki page [link].

Call for Questions

In each selection process, the community has the opportunity to submit questions for the Board of Trustees candidates to answer. The Election Committee selects questions from the list developed by the community for the candidates to answer. Candidates must answer all the required questions in the application in order to be eligible; otherwise their application will be disqualified. This year, the Election Committee will select 5 questions for the candidates to answer. The selected questions may be a combination of what’s been submitted from the community, if they’re alike or related. [link]

Election Volunteers

Another way to be involved with the 2025 selection process is to be an Election Volunteer. Election Volunteers are a bridge between the Elections Committee and their respective community. They help ensure their community is represented and mobilize them to vote. Learn more about the program and how to join on this Meta-wiki page [link].

Thank you!

[1] https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections/2022/Results

[2] https://foundation.wikimedia.org/wiki/Committee:Elections_Committee_Charter

[3] https://foundation.wikimedia.org/wiki/Resolution:Committee_Membership,_December_2024

[4] https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections_committee/Roles

[5] https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections/2025/FAQ

[6] https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_Foundation_elections/2025/Questions_for_candidates

Best regards,

Victoria Doronina

Board Liaison to the Elections Committee

Governance Committee

MediaWiki message delivery (kontak) 03:07, 28 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het vannaand (28 Mei 2025) die “Global Trends Workshop” van die Wikimedia-stigting bygewoon. Hiermee ‘n verslag van die kunsmatige intelligensie (KI) en Tegnologie kleingroep bespreking vir kennisname: (LW Opsomming van die notas geneem op Easy Retro deur die fasiliteerder en met die hulp van Grok vertaal en geïntegreer)

1. Veranderende Gebruik van KI

  • Een deelnemer het gedeel hoe hul houding teenoor KI verander het van skeptisisme na gereelde gebruik, veral vir tegniese take (bv. sjablone, navrae, opsommings).
  • KI-navorsingsinstrumente (soos deepsearch) kan gebruikers bemagtig om meer effektiewe bydraers te word.

2. Onderskeiding van KI-gegenereerde Inhoud

  • Voorstel om Wikimedia-inhoud duidelik te onderskei van KI-gegenereerde inligting.
  • Voorstel om Wikipedia as “geverifieerde kennis” te benoem en die klem te lê op menslike redaksionele toesig.
  • Behoefte om Wikimedia se identiteit te definieer in teenstelling met KI-inhoud.

3. Strategiese Betrokkenheidsrigtings

  • Twee hoofgebiede geïdentifiseer:

 Hoe ons KI gebruik: Verbeter die lees- en redigeerervaring. 'n Demonstrasie is getoon vir opsommings vir leserskant-funksies.

 Hoe KI ons gebruik: Wikimedia-inhoud word deur KI-stelsels ontgin, wat kommer wek oor beheer en outentisiteit.

4. Kernbeginsel: Aanvul, Nie Vervang Nie

  • Breë konsensus dat KI menslike werk moet aanvul, nie redakteurs vervang nie.
  • Geleenthede om te help:

 Nuwe gebruikers: Begeleiding oor benadering, neutraliteit en inhoudskepping.

 Ervare redakteurs (patrolleerders): Nutsgoed om vandalisme te identifiseer en te bestuur.

5. Risiko’s Geïdentifiseer

  • KI kan gebruik word om 'n vloed van lae-gehalte of kwaadwillige inhoud te genereer. (Veral die geval op die Engelse Wikipedia maar ook van die ander)
  • Kommer dat anonieme redigering onvolhoubaar kan word as gevolg van KI-misbruik.
  • Bedreiging dat Wikipedia deur KI-gegenereerde insette oorgeneem of gemanipuleer kan word.

6. Opvoedkundige en Strategiese Beplanning

  • Voorstel om KI-opvoedingsprogramme aan te bied, soos virtuele kursusse vir onderwysers.
  • Begeerte vir 'n 3–5 jaar padkaart vir KI in Wikimedia-projekte.
  • Vraag gestel: Hoe lyk 'n outentieke, Wikipedia-gefundeerde gebruik van KI?

Groete Sobaka (kontak) 18:18, 28 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Hello everyone,

(Apologies for posting in English if English is not your first language. Please help translate to your language.)

The Campaigns Product Team is planning a global deployment of the CampaignEvents extension to all Wikipedias, including this wiki, during the week of June 23rd.

This extension is designed to help organizers plan and manage events, WikiProjects, and other on-wiki collaborations - and to make these efforts more discoverable.

The three main features of this extension are:

Note: The extension comes with a new user right called "Event Organizer", which will be managed by administrators on this wiki. Organizer tools like Event Registration and Invitation Lists will only work if someone is granted this right. The Collaboration List is available to everyone immediately after deployment.

The extension is already live on several wikis, including Meta, Wikidata, English Wikipedia, and more ( See the full deployment list)

If you have any questions, concerns, or feedback, please feel free to share them on the extension talkpage. We’d love to hear from you before the rollout.

Thank you!

Udehb-WMF 16:47, 29 Mei 2025 (UTC)[antwoord]

Goeienaand gemeenskap, wat het met die lyne by inligtingskasse gebeur? Hulle het vandag skielik verdwyn. Groete. --  SpesBona 20:30, 1 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Jammer, dit was ek. Ek het probeer om {{Inligtingskas Maatskappy}} reg te laat vertoon. Ek het nou die veranderinge aan MediaWiki:Common.css teruggerol, en dit lyk my {{Inligtingskas Maatskappy}} vertoon nog steeds reg (ek het my cache verfris) en die lyne by {{Inligtingskas Land}} is terug. Laat weet as jy nog iets raaksien! – 🍍 Pynappel (kontak) 21:25, 1 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel: Dankie, maar kan jy asb by {{Inligtingskas Maatskappy}} die (vorige) voorbeelde terugplaas? Ek dink dit is deel vd dokumentasie wat uitgevee is (of nog nie bestaan nie) Groete -- Aliwal2012 07:24, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Aliwal2012 Uitgevoer Uitgevoer. Ek let op 'n mens kan die templatedata ook op die /doc-subbladsy invul, dan behoort dit lekker met die visuele redigeerder saam te werk, wat tans nog 'n bietjie lol. Ek sal in die toekoms 'n bietjie hierna kyk. CC @Rooiratel. – 🍍 Pynappel (kontak) 21:06, 6 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, soos julle weet is ek vasgevang met sport (en vlae). Vandag het ek die reusagtige taak begin om vrouerugby uit Duits in Afrikaans te vertaal. Moenie skrik vir al die rooi skakels nie, dit sal alles later regkom, gun my maar net die tyd. Ek sal dit alles graag vir julle doen. In Duits het ons nou al die nasionale vrouerugbyspanne met wêreldbekerervaring en natuurlik ook die vrouerugbywêreldbekertoernooie (meestal geskryf deur my). Wees maar net geduldig, ek sal elke dag een artikel vertaal totdat ons alles hier in mooi Afrikaans ook het. Later sal ook al die sjablone mooi werk soos julle dit al sedert jare by mansrugby ken. Groete. --  SpesBona 21:30, 2 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo almal, van sport gepraat, myne is natuurlik Grands Prix (F1). Tans is dit net ek en die Nederlander Balenda wat werksaam is daarmee. Ek het 'n paar renjaers se artikels grootliks uitgebrei (Jenson Button is nou oor die 120k grepe), dan is daar nog David Coulthard, Nelson Piquet, Alain Prost en Damon Hill in wording.
Maar nou is daar 'n dilemma, indien hulle voorbladstatus verkry, gaan die artikels eers oor meer as 'n jaar verskyn. Kan ek jul toestemming kry om hulle vroeër op te skuif?, anders gaan hulle nie betyds inpas in die voorbladreeks nie. Groete,  Aliwal2012 08:01, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek is verskriklik beïndruk oor die hoeveelheid voorbladartikels wat julle almal skryf, moet nooit ophou nie! Maar hierdie is nou 'n probleem wat ons herhalend tref. Weereens, stel ek my oplossing voor: wys 'n nuwe voorbladartikel elke dag in plaas van elke week. Soos julle kan sien, daar is meer as genoeg bladsye met voorbladstatus om dit te kan doen. En dan kry almal kans om hulle artikel te wys. En dan as daar 'n klomp in een kategorie is (b.v. F1 renjaers) kan hul maklik afgewissel word met artikels oor 'n ander onderwerp. - Rooiratel (kontak) 12:00, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
(Hoekom praat ons nou oor voorbladartikels? Rugby beteken nie outomaties voorbladartikels nie.) Ek het slegs my volgende projek aangekondig waarmee ek hierdie semester ook op die Duitse Wikipedia besig is. As jy baie tyd aan 'n voorbladartikel spandeer, mag dit myns insiens ook 'n week op ons voorblad verskyn. Dit sal my nie motiveer as ek meer tyd aan 'n artikel spandeer as wat dit op ons voorblad is nie. Ons is reeds die hoogtepunt verby, waartydens voorbladartikels "opgestapel" het, nuwe kandidate neem tans effens af. Ons het nie 365 nuwe voorbladartikels vir elke dag van die jaar nie. Ek sien ook nie 'n probleem om 'n jaar te wag totdat een van "my" voorbladartikels op ons tuisblad verskyn nie. Bv. verskyn die Kampioenetrofee 2025 wat lankal verby is in week 30 2026, ons skryf nou week 23 2025. Dit is goeie maniere om te wag soos almal in dieselfde ry. Groete. --  SpesBona 12:50, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
>Hoekom praat ons nou oor voorbladartikels
Want Aliwal2012 het dit opgehaal. Dis nie te sê jou rugbyartikels moet voorbladartikels word nie.
> As jy baie tyd aan 'n voorbladartikel spandeer, mag dit myns insiens ook 'n week op ons voorblad verskyn.
Ek verstaan. Maar as ek daarna as 'n buitestaander kyk, dan sou daaglikse voorbladartikels baie meer aktiwiteit op die wiki aandui, en dat ons baie hoë kwaliteit artikels het. Terwyl as dit net weekliks was, sou dit die projek meer onaktief laat lyk.
So ek dink die vraag is of ons vir onsself sorg, of vir ons lesers.
> Ons het nie 365 nuwe voorbladartikels vir elke dag van die jaar nie
Daar is 663 bladsye met voorbladstatus. Sien Kategorie:Voorbladartikels. Goenoeg om 'n nuwe voorbladartikel twee keer 'n dag te wys.
> Dit is goeie maniere om te wag soos almal in dieselfde ry
Ja, ek stel voor ons verminder die wagtyd. Dan kon Kampioenetrofee 2025 in 2025 verskyn sonder om in die ry in te druk. - Rooiratel (kontak) 13:20, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Kwaliteit in enige artikel sal aktiwiteit aandui en veral as ons artikels op datum kan hou. Ons artikels verouder toenemend. Politieke partye, politici, enige sport, dit moet alles op datum gehou word want die lesers lees ook dit. Dit is die klein dinge wat vir lesers aandui dat ons op die Afrikaanse Wikipedia aktief is. Voorbladartikels is slegs 'n klein ding daarvan en myns insiens nie 'n probleem nie, dit werk uitstekend met elke week 'n nuwe voorbladartikel. Daar is tans minder as 'n handjievol gebruikers wat nuwe voorbladartikels bydra en ons is reeds oor die hoogtepunt van nuwe nominasies verby. Dit is dus nie meer nodig om die stelsel te verander nie.
Ek is meer bekommerd oor al die nuwe artikels wat sonder 'n inligtingskas verskyn. Dit is 'n probleem wat ons moet aanspreek, dis nie 'n stelsel wat werk nie.
Ek het verwys na nuwe voorbladartikels en daar is tans twee wat sedert 'n maand op die kandidaatlys is. Dit is nie 'n nuwe voorbladartikel vir elke dag nie. Die ou voorbladartikels moet ook op datum gehou word en dit is 'n taak soos om 'n nuwe voorbladartikel te skryf. As ons elke dag 'n nuwe voorbladartikel laat verskyn, moet ons ook elke dag na die betrokke artikel kyk of dit op datum is.
Soos bo geskryf het ek nie 'n probleem daarmee dat die Kampioenetrofee 2025 in 2026 verskyn nie, dit was slegs 'n wenk aan Aliwal2012 wat uit die ry wil uitstap. Groete. --  SpesBona 13:30, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het baie te sê oor wat jy nou geskryf het, maar ek erken jy is heeltemal reg oor een ding: daar is glad nie genoeg van ons hier op afwiki om al die werk te doen nie. Tot dit verander gaan ons met al die ander goed sukkel, hoe ons ook al daaroor gaan. So ek sal maar die saak laat staan. - Rooiratel (kontak) 15:54, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Stem 100% saam met jou laaste kommentaar! Ek dink elke dag aan al die take wat ons te doen staan en waar al die gebruikers is. Daar is aansienlik meer onaktiewe as aktiewe gebruikers en dit bekommer my. Groete. --  SpesBona 17:30, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Is ons nie dalk te streng met die nuwelinge nie? Ons kan nie van iemand wat nog nooit bygedra het, verwag om van al die reëls en stylnorme te weet nie. As ons te veel met hulle raas, dan skrik dit hulle dalk af. – 🍍 Pynappel (kontak) 17:24, 5 Junie 2025 (UTC)[antwoord]


Gemeenskap, aangesien my blaaier reeds weet dat ek Afrikaanssprekend is, vind ek dat soektogte Afrikaanse artikels opdis. Beteken dit dat my soektog net op die Afrikaanse Wikipedia plaasvind, tot uitsluiting van artikels in ander tale, veral Engels, wat seker die meeste artikels bevat? Ek sou hoop dat soektogte deur artikels in alle tale sal deursoek, eerder as net dié waarin die artikels geskryf is. 169.0.218.18 03:36, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Dit hang af. Watter webblaaier gebruik jy? Watter soekenjin? Skyf jy jou soektog in Engels of in Afrikaans? - Rooiratel (kontak) 06:44, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek gebruik Google Chrome met Google as soekenjin. My soektog is 'n akroniem ("IVR"), en lyk my by nadere ondersoek of my vrees wél waar is: die Afrikaanswe Wikipedia vind dit glad nie, terwyl as ek 'n ander blaaier gebruik (Safari) wat nie my koekies of geskiedenis het nie, vind die Engelse Wikipedia dit ondubbelsinnig. CharlBarnard (kontak) 14:00, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Dis tog seker nie reg nie, as mens sien watter alternatiewe afkortings die Afrikaanse soekmasjien wél opdis ... CharlBarnard (kontak) 14:03, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
'n Laaste nota: as mens direk uit Google soek vir die Afrikaanse weergawe, gee Google se KI Gemini wél die regte antwoord. Teleurstellend dat Google iets kan vind wat die Afrikaanse Wikipedia nie kan vind nie .. CharlBarnard (kontak) 14:07, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Soek jy op google se webwerf of op Wikipedia se webwerf? Dit is nie vir my duidelik nie. - Rooiratel (kontak) 14:19, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Primêr op Wikipedia se webwerf, maar kontrole op Google s'n om te kyk hoe dit vergelyk. CharlBarnard (kontak) 08:29, 4 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ons het nie 'n bladsy op afwiki met die naam "IVR" nie.
Gee asb. 'n lys van skakels wat google vind wat "IVR" vind op afwiki. Dan kan ek sien waar dit nie ooreenkom nie. - Rooiratel (kontak) 09:23, 4 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Google vind nie IVR op afwiki nie, maar wel korrekte skakels na die Engelse weergawe, sowel as beskrywings deur Google se Gemini wat korrek is. Ek wil graag IVR kan soek op afwiki, en afkom op die Engelse artikels daaroor. CharlBarnard (kontak) 14:53, 5 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@CharlBarnard: baie belangrike begrippe ontbreek nog op die Afrikaanse Wikipedia. Jy is welkom om die een te wees wat die inskrywing vir IVR hier begin. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:55, 5 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel baie dankie, dit verklaar dit. Ek was maar onseker oor die skakeling tussen Google en afwiki, maar verstaan dat die afwiki onafhanklik opgedateed moet word. As 'n beginpunt kan ek dalk maar 'n outomaat (soos Google Translate) gebruik om die inhoud te skep vir afwiki; sou lekker wees as dit onafhanklik kon gebeur! CharlBarnard (kontak) 03:51, 6 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Jy kan eksperimenteer. Ek het al Google Translate gebruik, maar gebruik op die oomblik Grok (kletsbot) met goeie resultate. Jy moet spesifieke instruksies gee, bv.
Vertaal die volgende wikiteks na Afrikaans. Vertaal ook skakels tussen [[]], maar behou inhoud tussen <ref></ref> onvertaald. Antwoord met wikiteks.
gevolg deur die wikiteks in Engels of enige ander taal. Dis 'n bietjie heen-en-weer, maar ek voel sover die resultaat is beter as met Google Translate. – 🍍 Pynappel (kontak) 06:17, 6 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie vir die wenk-klink my jy het reeds die huiswerk gedoen wat ek nog beplan het om te doen. Ek sal begin met IVR, aangesien dit die eerste plek is waar ek 'n bydrae gemaak het. CharlBarnard (kontak) 15:37, 6 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Hallo almal wat deelneem aan hierdie gesprek! Kort nota om te sê dat my eerste bladsy oor Interaktiewe Stemrespons, sowel as 'n skakel daarna van die Engelse "IVR" wat na die hoofbladsy te wys.
Baie dankie vir julle leiding en insette, en laat weet asseblief as daar verdere wysigings is wat ek behoort aan te bring. CharlBarnard (kontak) 11:53, 9 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Hallo weer almal wat hierdie draad volg en insette (almal positief darem!) gegee het; ek is sopas deur nog 'n iterasie met ChatGPT om die bladsy so volledig moontlik te maak; sonder twyfel het daar nog 'n glips of twee ingeglip, waar ek nie sal voel of julle my kop afbyt as julle my daarop wys om dit reg te maak, of sommer self reg te maak as daar nie te veel werk by betrokke is nie.
Die doel van hierdie skrywe is om mee te deel (soos Gebruiker:Pynappel (kontak) voor my my ervaring met KI vir die vertaling van Wikipedia-bladsye vanaf Engels na Afrikaans. Ek het nou nie sy/haar voorstel gebruik om Grok (kletsbot) aan te wend nie, maar gepoog om die hele projekkie met uitsluitlik ChatGPT te doen. Alhoewel die interaksie heel aangenaam was, moes ek kort-kort stukke kode wat sy opgewek het nagaan na die bron-artikel, en het telkens gevind dat groot dele uitgelaat was. Die enigste manier wat ek kon kry om die bladsy so naby te kry aan die bron as wat dit nou is, was om afdeling-vir-afdeling daardeur te werk; nogal uitputtend as mens kort-kort die sg. "chat history" moet herlaai om die bot se jongste byvoegings by te laai. Dit sou baie gladder wees as mens in slegs een bladsy die spraakinteraksie-ikoon ook die teksuitset dinamies van die bot af te kopiëer. Ruimte vir verbetering! Vir my volgende poging gaan ek Sesame probeer, wat lyk my adverteer dat dit beide hierdie funksies insluit.
Soos altyd word julle wyse en ervare insigte waardeer in 'n takie, waar as ons eers die resep reg het, ons met min moeite duisende of selfds tiene en honderde duisende artikels outomaties kan vertaal na ons geliefde moedertaal! CharlBarnard (kontak) 22:03, 20 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Sien sy plasing oor sy Wikipedia artikel op X hier. Hy moet besef daar bestaan nie so iets soos slegte publisiteit nie ;) Lefcentreright (kontak) 14:52, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Het iemand 'n rekening op X om hom te antwoord? Ek wil vir hom sê : "Because each language Wikipedia is independent, and no one on any other language Wikipedia has bothered to write an article about you in their language." - Rooiratel (kontak) 15:03, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het daardie lemma begin. Dit is onduidelik of hy tevrede of ontevrede is daarmee. Van die onderwerpe waaroor hy kommentaar lewer, is omstrede, maar ek het die artikel neutraal probeer hou en bronne verskaf. As hy (of enigiemand) 'n probleem het met die artikel dan staan dit hom vry om soos enige ander bydraer wysigings aan te bring of om dit op die besprekingsbladsy te bespreek. Hy was onlangs in die nuus vanweë sy kommentaar en die relevansie daarvan tot die Zeitgeist met die Afrikanervlugtelinge en wat nog, maar as hy uit die kollig sou verdwyn en daar nooit weer enigiets oor hom bekend gemaak sou word nie dan kan die noemenswaardigheid van die artikel bevraagteken word. In daardie geval kan die artikel soos gewoonlik vir Wikipedia:Bladsyverwydering genomineer word. Ongelukkig is 'n deel van die koppelvlak onvertaald in sy skermgreep: Learn more. @Rooiratel: weet jy waar hierdie string is sodat ons dit kan vertaal? – 🍍 Pynappel (kontak) 15:56, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Daar is niks fout met die artikel nie. Ek wil mense maar net inlig oor hoe Wikipedia werk.
Ek sal solank die "Learn more" teks opspoor. - Rooiratel (kontak) 16:00, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel:, jammer, ek het eerder kommentaar gelewer oor die feit dat die onderwerp van die artikel 'n plasing op X gemaak het. Wat jy sê is heeltemal reg. Die kommentaar op die X-plasing is uiters gepolariseerd. Ek sou sê dis nie die moeite werd om die mense in daardie bespreking oor Wikipedia te probeer opvoed nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:07, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
"Afrikaners who still dream of Europe are already ‘dead’. Afrikaans dies in exile. You want a future? Stand with Africa — or be forgotten." Hoekom praat hy dan Engels? Ek sou hom eerder vra hoekom hy nie Afrikaans praat nie. Ek het eens 'n X-rekening gehad, maar dit weggegooi nadat dit verkoop en agteruit gegaan het. ;) Groete. --  SpesBona 17:45, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona ek neem aan sy gehoor is Engelssprekend (of ten minste nie Afrikaans magtig nie). Maar hy het 'n aksent wanneer hy praat, dus is sy moedertaal waarskynlik Afrikaans. – 🍍 Pynappel (kontak) 18:02, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel: ek sou dít vermoed het. Die vraag is meer ironies bedoel. Hy praat oor Afrikaans en dat dit in "ballingskap" sterf, maar hy is 'n Afrikaner in Suid-Afrika wat nie Afrikaans praat nie. Hy kan mos op X adverteer vir Afrikaans? Hy pleit vir 'n veeltalige Suid-Afrika, maar alles in Engels? Dit is nie 'n oordeel oor sy ander menings nie! Ek ken Afrikaanssprekendes in Duitsland wat moeg is vir Engels en daar help ek graag. Ons beplan 'n Afrikaanse Stammtisch in Berlyn. Groete. --  SpesBona 18:10, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona Hy het wel 'n punt beet - maar dit is die Afrikaanssprekendes of stoere Afrikaners in die buiteland se eie slapgat-houding. As 'n Duitser hier in die Kaap aankom, en daar is maar net 500 Duitsers, dan rig hy 'n koerant en 'n boekwinkel op. Hier is nie eens 'n Franse boekwinkel of dagblad nie - al is dit so 'gesog' en al kan die wynboere nie eens hul eie plaasname uitspreek nie. Ek meen maar - De Zuid-Afrikaan het voortdurend uit Das Capland aangehaal, en vica versa, want hul politieke sentiment was dieselfde. Wat is fout met die lot oorsee?! En wat is fout met ons Afrikaanse koerante hier te lande wat hulle nie ondersteun nie? Is daar geen Afrikaanse koerant in Thailand, Kanada, Australië, Duitsland, Nederland, Engeland... wanneer gaan ons soos stedelinge begin dink? Ek stel voor jy bring dit bietjie onder die uitgewekenes se aandag. Nee, jy druk hulle snoet soos 'n babahondjie in hulle eie plassie, en jy looi hulle met die koerant tot hulle luister. Daar is 25 000 Suid-Afrikaners in Duitsland, toe ek laas gekyk het. Meer as die 5 000 in Frankryk. Suidpunt (kontak) 17:08, 5 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

M.b.t. die Engelse teks in die {{Weesbladsy}} sjabloon: Dit verskyn net op die selfoonweergawe van Wikipedia. e.g. https://af.m.wikipedia.org/wiki/10_Holloway_Circus <-- selfoonweergawe https://af.wikipedia.org/wiki/10_Holloway_Circus <-- gewoneweergawe Daar as jy die HTML bekyk sien jy die "Learn more" teks in die volgende HTML: <span class="ambox-learn-more">Learn more</span> As ek die bronkode vir {{Weesbladsy}} volg: Sjabloon:Ambox -> Module:Boodskapraam Die "ambox-learn-more" CSS class bestaan nie daar nie. Ek vermoed die selfoonweergawe van Wikipedia voer ekstra CSS in, en ek weet nie waar om dit te vind nie. As 'n laste probeerslag, het ek die volgende soektog op Wikipedia gebruik: insource: learn-more in die Module en Sjabloon naamruimtes. Maar geen resultate nie. As jy my kan help om die selfoonweergawe CSS op te spoor, dan kan ek die teks op spoor. - Rooiratel (kontak) 16:23, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Dankie, @Rooiratel. Sover ek verstaan is die selfoon-CSS by MediaWiki:Minerva.css en die JS is by MediaWiki:Minerva.js, maar ek sien nie die string "learn more" daar nie. Ek dink dis dalk een van hierdie stringe op Translatewiki – 🍍 Pynappel (kontak) 16:28, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek dog ook dit kan dalk daar wees. Maar ek wou bewyse daarvan find.
Op translatewiki is daar 'n "Mobile Frontend - User Interface" afdeling.
Daaronder is net 3 "strings" met die teks "Learn more". Ek het die een vertaal wat reg gelyk het, maar ek is nie seker nie.
As ek reg kan onthou, verskyn al die veranderings op translatewiki op Wikipedia eers die volgende Donderdag. Ons wag maar 'n week en sien of dit gewerk het. - Rooiratel (kontak) 16:39, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie Rooiratel. Kom ons kyk. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:42, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Dit was toe die regte een!
Skakel na die teks op translatewiki.net : https://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ATranslate&showMessage=mobile-frontend-mobile-option-amc-learn-more&group=ext-mobilefrontend-user&language=af&filter=&optional=1&action=translate
En hier is die Afrikaans kode vir Extension:MobileFrontend : https://github.com/wikimedia/mediawiki-extensions-MobileFrontend/blob/b6cb41a2283b61fbd17e7ad44663cec0e88644de/i18n/af.json
Dit het tans nie die "mobile-frontend-mobile-option-amc-learn-more" teks soos bv. op die een vir nlwiki : https://github.com/wikimedia/mediawiki-extensions-MobileFrontend/blob/b6cb41a2283b61fbd17e7ad44663cec0e88644de/i18n/nl.json
Ek sien die teks word ingevoer vanaf translatewiki.
En beide het die naam : "mobile-frontend-mobile-option-amc-learn-more"
So ons moet maar net 'n paar dae wag, dan sal dit verskyn. - Rooiratel (kontak) 18:28, 3 Junie 2025 (UTC)[antwoord]


Geagte gemeenskap,

Ek het in die afgelope weke twee nuwe bladsye geskep, en sukkel tans met een eienskap wat ek nie kry om te vertoon soos op die Engelse Wikipedia-bladsye nie, nl. die inhoudsopgawe. In die Engelse Wikipedia verskyn daar bv. 'n inhoudsopgawe bo-aan die bladsy (sien bv. https://en.wikipedia.org/wiki/Speech_recognition) waar daar bv. net onder die inleidingsparagraaf 'n boksie is getiteld "Contents" verslyn, wat ek nie kan kry om te vertoon op die Afrikaanse bladsye nie (sien bv. VoiceXML) - is dit as gevolg van 'n fout wat ek maak, of is daar 'n verstelling wat gemaak kan word om die inhoudsopgawe in 'n boks bo-aan die hoofteks, soos bv. 'n verstelling, spesifieke bronkode wat ek behoort in te voeg of iets anders wat ek kan doen om die inhoudsopgawe bo-aan die bladsy kan laat vertoon?

Na 'n kort soektog deur ander Afrikaanse Wikipedia-bladsye, sien ek nie 'n enkele ander voorbeeld van só 'n boks in die hoofteks nie; is dit dalk 'n eienskap wat nog ontbreek en aan gewerk word, of is die plan om nie meer sulke inhoudsopgawes aan te heg nie, maar die onderafdelings op die sypaneel aan die linkerkant van die hoofteks te plaas?

Dankie by voorbaat vir u hulp hiermee.

Vriendelike Wiki-groete,

Charl Barnard (kontak) 12:11, 23 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Van my rekenaar af gesien is daar wel 'n Inhoud-boksie by elke artikel onder die inleiding, insluitend by VoiceXML en Spraakherkenning, met 8 en 7 paragraafhofies onderskeidelik. Die enigste uitsondering is wanneer __NOTOC__ op die bladsy ingevoeg word, gewoonlik wanneer die artikel so kort is dat 'n inhoudsopgawe oorbodig is. Ek gebruik wel die 2010-vel, en weet nie wat die 2022-vel aanvang nie. Lg. is na my mening 'n besonder swak ontwerp. JMK (kontak) 14:31, 24 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
KI-mening: "A Wikipedia table of contents (TOC) may be missing if an article has fewer than four headings, if the __NOTOC__ magic word is used, if the page is zoomed in too far, or if the user has disabled the TOC in their preferences. Additionally, some skins might have issues with TOC display." JMK (kontak) 14:54, 24 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek gebruik die 2022 skin en sien dit ook, maar onder aan die linkerkant in die kantlyn. @CharlBarnard: Het jy daar gekyk? ~ Burgert (kontak) 16:32, 24 Junie 2025 (UTC)[antwoord]
@Burgert Nee ek het nie, en sien dit wél daar verskyn. As dit korrekte gedrag is, is ek tevrede; wou net seker maak dat ek nie iets miskyk nie. Dankie vir die uitwys. CharlBarnard (kontak) 06:04, 25 Junie 2025 (UTC)[antwoord]

Sister Projects Task Force reviews Wikispore and Wikinews

Dear Wikimedia Community,

The Community Affairs Committee (CAC) of the Wikimedia Foundation Board of Trustees assigned the Sister Projects Task Force (SPTF) to update and implement a procedure for assessing the lifecycle of Sister Projects – wiki projects supported by Wikimedia Foundation (WMF).

A vision of relevant, accessible, and impactful free knowledge has always guided the Wikimedia Movement. As the ecosystem of Wikimedia projects continues to evolve, it is crucial that we periodically review existing projects to ensure they still align with our goals and community capacity.

Despite their noble intent, some projects may no longer effectively serve their original purpose. Reviewing such projects is not about giving up – it's about responsible stewardship of shared resources. Volunteer time, staff support, infrastructure, and community attention are finite, and the non-technical costs tend to grow significantly as our ecosystem has entered a different age of the internet than the one we were founded in. Supporting inactive projects or projects that didn't meet our ambitions can unintentionally divert these resources from areas with more potential impact.

Moreover, maintaining projects that no longer reflect the quality and reliability of the Wikimedia name stands for, involves a reputational risk. An abandoned or less reliable project affects trust in the Wikimedia movement.

Lastly, failing to sunset or reimagine projects that are no longer working can make it much harder to start new ones. When the community feels bound to every past decision – no matter how outdated – we risk stagnation. A healthy ecosystem must allow for evolution, adaptation, and, when necessary, letting go. If we create the expectation that every project must exist indefinitely, we limit our ability to experiment and innovate.

Because of this, SPTF reviewed two requests concerning the lifecycle of the Sister Projects to work through and demonstrate the review process. We chose Wikispore as a case study for a possible new Sister Project opening and Wikinews as a case study for a review of an existing project. Preliminary findings were discussed with the CAC, and a community consultation on both proposals was recommended.

Wikispore

The application to consider Wikispore was submitted in 2019. SPTF decided to review this request in more depth because rather than being concentrated on a specific topic, as most of the proposals for the new Sister Projects are, Wikispore has the potential to nurture multiple start-up Sister Projects.

After careful consideration, the SPTF has decided not to recommend Wikispore as a Wikimedia Sister Project. Considering the current activity level, the current arrangement allows better flexibility and experimentation while WMF provides core infrastructural support.

We acknowledge the initiative's potential and seek community input on what would constitute a sufficient level of activity and engagement to reconsider its status in the future.

As part of the process, we shared the decision with the Wikispore community and invited one of its leaders, Pharos, to an SPTF meeting.

Currently, we especially invite feedback on measurable criteria indicating the project's readiness, such as contributor numbers, content volume, and sustained community support. This would clarify the criteria sufficient for opening a new Sister Project, including possible future Wikispore re-application. However, the numbers will always be a guide because any number can be gamed.

Wikinews

We chose to review Wikinews among existing Sister Projects because it is the one for which we have observed the highest level of concern in multiple ways.

Since the SPTF was convened in 2023, its members have asked for the community's opinions during conferences and community calls about Sister Projects that did not fulfil their promise in the Wikimedia movement.[1][2][3] Wikinews was the leading candidate for an evaluation because people from multiple language communities proposed it. Additionally, by most measures, it is the least active Sister Project, with the greatest drop in activity over the years.

While the Language Committee routinely opens and closes language versions of the Sister Projects in small languages, there has never been a valid proposal to close Wikipedia in major languages or any project in English. This is not true for Wikinews, where there was a proposal to close English Wikinews, which gained some traction but did not result in any action[4][5], see section 5 as well as a draft proposal to close all languages of Wikinews[6].

Initial metrics compiled by WMF staff also support the community's concerns about Wikinews.

Based on this report, SPTF recommends a community reevaluation of Wikinews. We conclude that its current structure and activity levels are the lowest among the existing sister projects. SPTF also recommends pausing the opening of new language editions while the consultation runs.

SPTF brings this analysis to a discussion and welcomes discussions of alternative outcomes, including potential restructuring efforts or integration with other Wikimedia initiatives.

Options mentioned so far (which might be applied to just low-activity languages or all languages) include but are not limited to:

  • Restructure how Wikinews works and is linked to other current events efforts on the projects,
  • Merge the content of Wikinews into the relevant language Wikipedias, possibly in a new namespace,
  • Merge content into compatibly licensed external projects,
  • Archive Wikinews projects.

Your insights and perspectives are invaluable in shaping the future of these projects. We encourage all interested community members to share their thoughts on the relevant discussion pages or through other designated feedback channels.

Feedback and next steps

We'd be grateful if you want to take part in a conversation on the future of these projects and the review process. We are setting up two different project pages: Public consultation about Wikispore and Public consultation about Wikinews. Please participate between 27 June 2025 and 27 July 2025, after which we will summarize the discussion to move forward. You can write in your own language.

I will also host a community conversation 16th July Wednesday 11.00 UTC and 17th July Thursday 17.00 UTC (call links to follow shortly) and will be around at Wikimania for more discussions.

-- User:Victoria on behalf of the Sister Project Task Force, 20:56, 27 Junie 2025 (UTC)

Gemeenskap, ek vra toe in my onskuld aan van ons Afrikaanse organisasies watter een van bogenoemde terme korrek is. Tot my verbasing verskil die mense daaroor. Wat is julle opinie? Groete! Oesjaar (kontak) 15:57, 2 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

KI se mening rakende die Engelse terme: The terms "engine" and "motor" are often used interchangeably, but there's a subtle distinction. An engine typically converts fuel into mechanical energy, while a motor converts electrical, hydraulic, or pneumatic energy into mechanical energy. Essentially, engines are often associated with internal combustion (like in cars), while motors are often electric (like in power tools). JMK (kontak) 07:47, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, terwyl ek voortveg met hierdie artikel moet ek soms na die Engels gaan kyk, meer spesifiek na skakels binne die Engelse artikel. Toe kom ek op hierdie monster af: 3D-Drukwerk - 215,000 grepe. Is daar enige vrywilligers? Myns insiens is hierdie artikel broodnodig vir ons Wikipedia. Groete! Oesjaar (kontak) 16:12, 2 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Ook, weet iemand wat Rime ice is? Ek dink nie dit word saam met brandewyn gedrink nie! Groete! Oesjaar (kontak) 19:40, 2 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Weet nie wat die Afrikaans daarvoor is nie, maar 'n verwante term "hoar frost" het ek op commons as "ruigryp" vertaal. Volgens KI is daar wel 'n verskil tussen die twee: "Hoar frost and rime ice, while both appearing as icy deposits on surfaces, have different formation processes and characteristics. Hoar frost forms directly from water vapor in the air freezing onto surfaces (d.w.s. geen vloeistof-tussenfase), resulting in delicate, feathery ice crystals. Rime ice, on the other hand, forms when supercooled water droplets in fog or clouds freeze upon contact with a surface." JMK (kontak) 20:34, 2 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
'n Yslaag in die algemeen kan volgens die woordeboek 'n "ysel" of "ysdek" wees, maar dit verklaar nie hoe dit vorm nie. JMK (kontak) 08:00, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Alet Cloete van WAT het laat weet dat hulle Rime ice opgeneem het as Ruigryp met die volgende definisie: Rime word vertaal met ruigryp. Ons het ruigryp opgeneem. Dit word soos volg gedefinieer: Wit neerslag van veeragtige yskristalle wat gevorm word wanneer waterdamp regstreeks van ‘n newel- of wasemagtige toestand in ‘n vaste stof by temperature onder vriespunt verander. Groete! Oesjaar (kontak) 08:37, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het iewers op Google op die woord Rypys afgekom, word ook deur die Nederlanders gebruik as Rijp ys. Dankie dr. Mariëtta Alberts wat my die afgelope paar maande ondertsteun het met tegniese terme. Groete! Oesjaar (kontak) 08:47, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, as mens ouer begin word sukkel jy om soms te slaap en dan dink jy aan nonsens in die oggend ure.... Toe wonder ek oor skroefblaaie vs. skroeflemme, miskien iets klein vir julle maar ja... Hier is 'n verduideliking van Maureen van Helden van die Virtuele Instituut vir Afrikaans oor die vragie:

Konvensioneel word "blaaie" gebruik, maar "lemme" blyk ook soms gebruiklik te wees. Die WAT definieer "blaaie" as 'dun plaat, gewoonlik van metaal': "Blaaie van 'n vliegtuig se skroef".

By "skroef" lui die inskrywing: "Twee of meer geboë en gewoonlik langwerpige blaaie wat aan 'n naaf of as bevestig is en wat aangedryf kan word om in lug of water te roteer om voortbeweging moontlik te maak'.

Die WAT definieer egter ook "lemme" onder meer as 'enigeen van die blaaie van die skroef van 'n vliegtuig, die waaier van 'n turbine, die wiel van 'n windpomp, e.s.m. wat weerstand bied aan die lug wanneer dit in werking is'.

Die voorstel is om "blaaie" te gebruik wanneer daar verwys word na die draaiende dele van ʼn skroef of rotor.

Dankie Maureen.

Groete! Oesjaar (kontak) 09:22, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap: stem julle stem - skroefblaaie? Groete! Oesjaar (kontak) 17:18, 3 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Skroefblad/-blaaie klink reg. 'n Lem se funksie is om te sny, en -blad kan meer funksies hê. JMK (kontak) 07:49, 4 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het twee maande terug van bogenoemde fasiliteit geleer. Ek het een versoek daar geplaas, sien Afrikaans, sonder enige sukses. Gebruiker:Greenman het ook 'n versoek daar geplaas nadat ek hom vir hulp gevra het, sien Afrikaans2 Dit is deel van my visie om alle sketse se byskrifte na Afrikaans vertaal te kry. Aan ons IT manne, ondersoek die gif-lêers en kyk hoe ons dit na Afrikaans vertaal kan kry, al moet ons die formaat verander. Groete! Oesjaar (kontak) 10:00, 4 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Julle moet net seker maak julle Afrikaanse spellings is reg. ~ Burgert (kontak) 16:38, 4 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ons probeer, skree maar as jy nonsens sien! Ten minste kan ons dit dan regmaak. Groete! Oesjaar (kontak) 16:41, 4 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, Daar's 'n paar vrae. Greenman (kontak) 21:22, 6 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Greenman:. I have answered the gent! Regards. Oesjaar (kontak) 11:03, 7 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, kom ons fokus op die feite:

Vir later jare is daar ook sport soos Kategorie:Sport in 1904. Dit maak Kategorie:1904 'n perfekte voorbeeld vir 'n jaarkategorie. Wat dink julle? Groete. --  SpesBona 12:10, 9 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

1550 is foutief want dit is 'n getal. Jaar 1550 is iets totaal anders. Persoonlik dink ek kan ons ons tyd baie beter spandeer bv; artikels sonder bronne, daar is oor die 70 artikels wat versmelt moet word, die spesieboks vs taksoboks projek, identifiseer sketse wat se byskrifte vertaal moet word om maar net 'n paar te noem. Groete. Oesjaar (kontak) 12:25, 9 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
... en dit bly goeie maniere om via Geselshoekie die gemeenskap te vra/ in te lig oor 'n projek wat gaan tyd neem en baie artikels en ander kategorië gaan raak. Dit is wat goeie beplanning behels. Groete! Oesjaar (kontak) 12:29, 9 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, praat jy van iets soos Kategorie:Jaar 1550? Volgens my taalgevoel moet dit dan ook "Sport in die jaar 1550" wees weens eenvormige benaming. Kategorieë is deel van ons projek, as iemand daarop wil fokus, dan maar goed. Baie jare gelede het ek deur die hele kategoriestelsel gegaan van drie eindpunte af om taalskakels by te voeg. Op die Duitse Wikipedia is daar ook gebruikers wat slegs dit doen. Myns insiens is kategorieë net nog 'n ding wat mens moet doen naas jou artikels omdat dit maar hier is. Deesdae fokus ek maar op artikels omdat dit ons vernaamste onderwerp hier is. Ek is meer bekommerd wat die gebrek aan inligtingskasse (pleks van die Databoks) en die hoeveelheid saadjies aanbetref. Groete. --  SpesBona 12:44, 9 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek dink ons los dit soos dit is. Prakties al die ander wikis het aparte kategorieë vir "geboortes in YYYY", "sterftes in YYYY", "sport in YYYY", "XXXX in YYYY", ens. en dan groepeer hulle almal daai kategorieë onder die kategorie vir daai jaar. Net soos ons dit reeds doen.
M.b.t die onderskeiding tussen 'n jaar en 'n getal, lyk dit vir my meeste Wikipedias gebruik YYYY as die jaar, en gebruik 'n titel soos "YYYY (getal)" vir die getal.
Dit is meer waarskynlik dat daar meer bladsye en sub-kategorieë sal wees in die jaar kategorie as die getal kategorie, so dit maak vir my sin om dit te los soos dit is. - Rooiratel (kontak) 13:47, 9 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

(Apologies for posting in English, you can help by translating into your language)

Hello everyone, the Wikidata For Wikimedia Projects team is excited to announce an upcoming change in how Wikidata edit changelogs are displayed in your Watchlists and Recent Changes lists. If an edit is made on Wikidata that affects a page in another Wikimedia Project, the changelog will contain some information about the nature of the edit. This can include a QID (or Q-number), a PID (or P-number) and a value (which can be text, numbers, dates, or also QID or PID’s). Confused by these terms? See the Wikidata:Glossary for further explanations.

The upcoming change is scheduled for 17.07.2025, between 1300 - 1500 UTC. The change will display the label (item name) alongside any QID or PIDs, as seen in the image below: An edit sum entry on Wikidata, labels display alongside their P- and Q-no.'s

These changes will only be visible if you have Wikidata edits enabled in your User Preferences for Watchlists and Recent Changes, or have the active filter ‘Wikidata edits’ checkbox toggled on, directly on the Watchlist and Recent Changes pages.

Your bot and gadget may be affected! There are thousands of bots, gadgets and user-scripts and whilst we have researched potential effects to many of them, we cannot guarantee there won’t be some that are broken or affected by this change.

Further information and context about this change, including how your bot may be affected can be found on this project task page. We welcome your questions and feedback, please write to us on this dedicated Talk page.

Thank you, - Danny Benjafield (WMDE) on behalf of the Wikidata For Wikimedia Projects Team. MediaWiki message delivery (kontak) 12:45, 14 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Op die Engelse wiki is daar onder voorkeure onder "template gadgets" 'n voorkeur wat lees: "Enable interactive calculations on pages using calculator template". Is daar 'n manier om so iets op die Afrikaanse wiki aan te sit? ~ Burgert (kontak) 18:17, 20 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Ek weet nie hoe om daai voorkeur te laat verskyn nie. Maar op en:wiki is dit by verstek aangeskakel.
Dit werk spesifiek met MediaWiki:Gadget-calculator.js wat ek nou op af:wiki geskep het. Hopelik help dit jou. Ek het op die oomblik nie meer tyd om te help met die hele "Calculator" ding van en:wiki na af:wiki oor te dra nie. - Rooiratel (kontak) 19:10, 20 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het die volgende bladsye van en:wiki gekopieer/bygewerk en vertaal en nou verskyn die gerief by Voorkeure > Geriewe > Sjabloongeriewe > Aktiveer interaktiewe berekeninge op bladsye met behulp van die {{calculator}}-sjabloon:
Maar ek het dit glad nie getoets nie. Laat weet asb. of dit werk. Ek het ook MediaWiki:Gadget-calculator.css gekopieer, want ek het gesien en:wiki het dit en ons nie, maar ek weet nie of dit enige verskil maak nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 20:32, 20 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Sien ook hier al die geriewe wat die Engelse wiki het: en:MediaWiki:Gadgets-definition. Dis 'n lang lys. – 🍍 Pynappel (kontak) 20:33, 20 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie, ek het ook baie goed op die Afrikaanse wiki geskep, maar ek kry nie dat dit werk nie. Dis veronderstel om soos 'n regte sakrekenaar te werk waarop jy berekenings kan doen. Hy lyk nou soos in Sakrekenaar. Maar baie dankie vir die moeite. ~ Burgert (kontak) 21:21, 20 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB Dit lyk my op MediaWiki:Gadgets-definition kan jy stel dat die JavaScript slegs gelaai moet word op bladsye in 'n spesifieke kategorie, in hierdie geval Kategorie:Bladsye wat die gerief "Calculator" gebruik. Voorheen was die kategorie op MediaWiki:Gadgets-definition en die kategorie wat deur die sjabloon ingevoeg word, nie dieselfde nie, dus het die JavaScript nie op Sakrekenaar gelaai nie. Ek het die kategorie op MediaWiki:Gadgets-definition nou verander en nou werk die sakrekenaar op Sakrekenaar. – 🍍 Pynappel (kontak) 06:58, 21 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
BurgertB, Pynappel en Rooiratel, geluk die ding werk! Ek is beïndruk! Groete! Oesjaar (kontak) 10:31, 21 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar Is daar geriewe wat op en:MediaWiki:Gadgets-definition gelys word wat ons hierheen moet oordra? – 🍍 Pynappel (kontak) 10:40, 21 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Pynappel, ek dink ons moet hierdie as 'n gemeenskap bespreek. Groete! Oesjaar (kontak) 11:47, 21 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Pynappel, baie dankie! Nou kan ek die opskrif verander. ~ Burgert (kontak) 16:59, 21 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Werk die persentasie-funksie? Of verstaan ek net nie hoe dit werk nie? JMK (kontak) 12:00, 22 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Die M-funksies werk ook nie reg soos ek dit verstaan nie, maar dit werk ook nie in die Engels nie. ~ Burgert (kontak) 17:42, 22 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
BurgertB, Pynappel en Rooiratel: is dit moontlik om dié stukkie sagteware as 'n pakket bv. aan Maroela Media se Weet te skenk as 'n verrassing? Ek het so 'n bietjie gespog by van ons akademici met julle stukkie uitnemende werk, almal is positief geskok! Groete! Oesjaar (kontak) 19:26, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar die bronkode is onder die gewone Wikipedia-lisensie by MediaWiki:Gadget-calculator.js beskikbaar. Vir erkenning kan verwys word na die wysigingsgeskiedenis van die Engelse weergawe. Jy kan dit natuurlik as 'n geskenk gee, maar ek neem aan hulle sal erkenning moet gee as hulle dit op hulle webwerf wil gebruik. – 🍍 Pynappel (kontak) 19:33, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel, dankie vir jou spoedige antwoord. Dus, dit kan gedoen word met lisensie voorwaardes en erkenning. Groete! Oesjaar (kontak) 19:36, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, so ver my kennis strek mag persone nie oor hulleself skryf nie. Julle mening asb. Groete. Oesjaar (kontak) 20:12, 22 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Ek verwelkom graag sy artikel oor homself, ten minste weet ons al die feite daarin is korrek weergegee. Kan niks fout vind daarmee nie!  Aliwal2012 07:04, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Mag seker ietwat ongewoon te wees om oor jouself te skryf maar eksterne bronne is daar en die artikel is neutraal. Aangesien hy in die Afrikaanse omgewing aktief is en daar onafhankile bronne dink ek dit voldoen ook aan die noemenswaardigheid vereiste. As Pieter Kriel aanvaarbaar is kan ek geen rede sien dat hierdie artikel 'n probleem kan wees nie. Sobaka (kontak) 07:55, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Pieter Kriel was deur @Pynappel geskryf, nie deur Pieter Kriel nie. Op enwiki is dit teen die beleid dat 'n mens 'n artikel oor hulself skryf of wysig, as gevolg van NPOV.
In beginsel is ek teen die idee, maar prakties, as die inhoud neutraal is, en daar is verskeie onafhanklike bronne, dan is dit goed genoeg. - Rooiratel (kontak) 06:49, 25 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Let wel: die artikel Stefan van Zyl het net een bron. Die ander skakel is eintlik 'n eksterne skakel. En jy moet betaal om die enigste bron te kan lees. Dus is die inhoud van die artikel nie prakties verifieerbaar nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 07:47, 25 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Die Litnet bron is nie neutraal nie vir die eenvoudige rede dat hulle NOOIT negatiewe inligting oor hulle outeurs sal plaas nie terwyl by Wikipedia moet jy alle inligting weergee. Groete. Oesjaar (kontak) 08:05, 25 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
LitNet het 'n akademiese tydskrif wat as bron gebruik kan word. Die probleem wat ek met die skakel in die artikel het, is dat dit sy outeurprofiel op LitNet is en moontlik nie neutraal is nie. Ons weet nie of hy dit self geskryf het nie, en indien nie, dan soos jy sê sal LitNet moontlik nie neutrale inligting daar publiseer soos wat in die tydskrif die geval mag wees nie. Ek het dit nou na 'n eksterne skakel verander. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:58, 27 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Beste Oesjaar, verwyder asb jou beledigende kommentaar op sy besprekingsblad. Groete  Aliwal2012 20:21, 23 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Beste gemeenskap, soos onlangs met die vrouerugby is ek vanaf nou erg besig met vrouekrieket. Dit sluit die hele infrastruktuur in, d.w.s. kategorieë, sjablone en artikels. Soos met die vrouerugby sal alles mooi werk aan die einde van hierdie projek. My doel is om weer elke dag een artikel te skep (vertaal uit Duits). Moenie skrik vir enige rooi skakels of stukkende items nie. Myns insiens is gelykheid verpligtend, as jy oor die mans kan skryf, moet jy ook oor die vroue skryf; hulle beoefen dieselfde sport en doen dus dieselfde werk. Groete. --  SpesBona 21:15, 24 Julie 2025 (UTC) --taal aangesuiwer deur Aliwal2012[antwoord]

Ondersteun! Groete!Oesjaar (kontak) 21:27, 24 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek wonder maar net oor die afkortings: is dit internasionale eendagwedstryd (VEDI) en Twintig20-internasionale vrouewedstryde (VT20I)?. In Engels is die afkortings WEDI en WT20I. Waar skuif mens by internasionale eendagwedstryd die term "vroue" in? Met vrouetoets en Twintig20-internasionale vrouewedstryde weet ek dit. Ander terme word gelos soos hulle is, lyk dit my. Spelers, kaptein, afrigters, skeidsregters, almal sonder enige geslag (gender soos ons in Duits sou doen), interessant! Wat dink julle? Groete. --  SpesBona 21:31, 24 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
In Engels is 'n kolwer deesdae 'n batter, nie 'n batsman nie. Sover ek weet is dit nie nodig om enige ander krieketterme na geslagsneutrale terme in Engels te verander nie. (Terloops, ek is 'n gekwalifiseerde krieketskeidsregter). Martinvl (kontak) 17:11, 26 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
In Engels is dit "WODI" (Woman's one-day international), nie "WEDI" nie. Martinvl (kontak) 17:21, 26 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stel voor dat die internasionaal erkende terme WODI en WT20I gebruik word totdat en tensy amptelike Afrikaanse afkortings in gebruik kom. In hierdie opsig is die lys van afkortings in Engels en in Frans in die SI Brosjure, interessant (bl. 107/8 vir die Franse weergawe en bl. 212/3 vir die Engelse weergawe). Sommige afkortings word vertaal, ander afkorting word nie vertaal nie. Martinvl (kontak) 17:43, 26 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Martinvl: baie dankie vir die inligting. In Duits word min krieketterme vertaal, terwyl in Afrikaans basies alles vertaal word. In manskrieket gebruik ons uitsluitlik Afrikaanse terme, hoekom nie in vrouekrieket nie? In rugby is daar ook nie 'n verskil tussen mans- en vroueterme nie (albei gebruik Afrikaanse terme). Of ons doen met die voorgestelde afkortings (VEDI en VT20I) weg en gebruik dieselfde soos vir die mans (EDI en T20I). Lyk my ek is ook die enigste wat die term "vrouetoetswedstryd" gebruik. Groete. --  SpesBona 21:05, 27 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Goed, dan doen ek vanaf nou weg met hierdie afkortings en gebruik dieselfde soos in manskrieket: EDI en T20I. Groete. --  SpesBona 20:20, 29 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, kan iemand asb. kyk na die Inligtingskas? Hierdie gebruiker is een van gister se opleiding sessie van NWU. Dit lyk nie asof hulle werklik tyd aan Sjablone gespandeer het nie. Groete! Oesjaar (kontak) 07:44, 25 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Goeienaand Gemeenskap! Ek stel voor dat ons die volgende twee weke se voorbladartikels, Britse en Ierse Leeus en Singapoer, omruil, aangesien die Leeus volgende Saterdag in hul laaste toetswedstryd teen die Wallabies speel en ek daarna dié artikel wil opdateer (saam met die Duitse ekwivalent). As die Leeus hierdie week op ons voorblad verskyn, moet ek hulle môre, d.w.s. tydens 'n aktiewe reeks, op datum bring en volgende week weer ná die reeks se einde. Ja, die Britse Leeus het vandag die 2025-reeks beklink, maar kom ons respekteer volgende week se toetsreeks ook. Groete. --  SpesBona 20:45, 26 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Dis reg so SpesBona! Uitgevoer Uitgevoer -- Aliwal2012 06:48, 27 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Naand! Ek het nie 'n probleem daarmee nie en vra ook 'n guns. Die artikel Mary Walker gaan later die jaar op die voorblad verskyn. Augustus is die maand van die vrou, kan ons Mary Walker na die eerste week van Augustus skuif asb? Dit sal wys ons gee om en dat ons weet wat om ons aangaan. Groete! Oesjaar (kontak) 21:09, 26 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Mary Walker verskyn nou in week 33, aangesien die datum 12 Augustus in die artikel genoem word. Groete. --  SpesBona 20:35, 27 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 18:19, 28 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, wat sal dit in Afrikaans wees? Groete! Oesjaar (kontak) 16:08, 27 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Lakkadive-eilande (Pharos). ~ Burgert (kontak) 17:26, 28 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie oudste! Groete! Oesjaar (kontak) 18:19, 28 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB:, ek sien nou iets raak: Lombokstraat of Lombokseestraat soos in my geslaan is in Std 4? Groete! Oesjaar (kontak) 18:23, 28 Julie 2025 (UTC)[antwoord]
Volgens die woordeboeke is straat, seestraat en see-engte sinonieme. Ek het dit straat genoem, want ek praat net voor dit van die Straat van Makassar, wat ons artikel se naam is. Gaan slaan die onderwyser terug. ~ Burgert (kontak) 18:32, 28 Julie 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, daar is 'n menigte flora artikels wat na Houw Hoek (soms ook Hou Hoek) verwys. Ons het net 'n Houw Hoekpas, enige vrywilligers daar uit die Wes-Kaap? Of is dit dieselfde plek? Groete! Oesjaar (kontak) 17:16, 1 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar: Ek het so bietjie met Google Earth navorsing gedoen. Daar vind ek "Houwhoek Pass", "Houwhoek Hotel" en "Houwhoek Nature Reserve". Die hotel is ongeveer 700 m na wes van die pas en die natuurreservaat lê na die ooste van die pas. Ek het ook na hierdie kaart gekyk en daar sien ek Houwhoek net wes van die pas. Op die kaart sien ek ook "Nouwhoek Peak" maar nĕrens sien ek "Houwhoek Pass". Dus dink ek dat Houwhoek die naam is van die gebied, saam met die bergspits, die pas, die natuurreservaat en die hotel. Martinvl (kontak) 20:35, 1 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Volgens Op pad in Suid-Afrika is Houhoek 'n klein dorpie in die Houhoekberge. P.E. Raper gee ook Houhoek Pass, dus Houhoekpas. Dit lyk of Houw Hoek 'n ou spelling is. ~ Burgert (kontak) 21:54, 1 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Kan iemand wat meer van kopiereg weet, asb. aan my iets verduidelik. In Kennis staan "internasionale kopiereg: 1987", maar die eerste druk in Suid-Afrika was in 1974. Beteken dit die kopiereg op die sketse het in Suid-Afrika al verval, of verval dit eers in 2037? ~ Burgert (kontak) 09:25, 3 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het nou uitgevind. Dit verval eers oor baie jare. Dis jammer. ~ Burgert (kontak) 11:45, 3 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB:, hoe raak dit ons? Iets verwyder, ens? Groete! Oesjaar (kontak) 05:21, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: Ek is nie seker nie, maar ek vermoed alles van ons wat uit Kennis kom, is kopieregskending. En waarskynlik Wêreldspektrum ook. Ek wou eintlik van die sketse weet, maar ek is seker dieselfde geld vir die kopie. ~ Burgert (kontak) 13:01, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Hi, Oesjaar sal weet oor die beweerde kopieregskending! Ek dink Wêreldspektrum het destyds hul toestemming gegee vir kopiereg-vrystelling?  Aliwal2012 18:19, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Wat noem mens 'n "water feature" op Afrikaans? Dis nou daai kunsmatige stroompies en watervalle wat mens in sommige groot tuine kry. En wat is Afrikaans vir "provided on a first come first serve basis"? JMK (kontak) 14:48, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

waterornament, waterelement (Tuinmaak met eiegoed. 2010. Tanya Visser en Anna Cilliers; bl. 98 - lieflike boek!), waterfokuspunt, fonteintjie, en "Hier geld: 'eerste by die meul, eerste by die maal'" Suidpunt (kontak) 16:56, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
first-come-first-serve-rule: beurtvolgordereël, eerste-daar-eerste-klaar-reël (Ekonomiese en Bedryfswoordeboek, 2003) Suidpunt (kontak) 17:00, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Volgens Dok Mariëtta Alberts is dit Waterfokuspunt. Groete! Oesjaar (kontak) 17:00, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Super. Baie dankie. JMK (kontak) 07:36, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het Veranderbare steekhoekskroef geskep nadat ek met 'n paar taalkundiges gepraat het. Na gesprekke met twee vlieëniers het hulle voorgestel dat ons eerder Verstelbare steekskroef gebruik. Volgens hulle word die woord Steekhoek slegs gebruik wanneer daar na die ontwerp van die skroef gekyk word bv die skroef het 'n steekhoek van 30 grade maar indien na die skroef oor die algemeen verwys word, word daar slegs na skroef verwys omrede die Verstelbare gedeelte wys dat die hoek van die blaaie van die skroef verander kan word. Kan ek voortgaan en verander? Groete! Oesjaar (kontak) 16:35, 4 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

"Verstelbare steekhoekskroef" is seker nog 'n moontlikheid. Dan behou mens die "hoek" wat die verstelbare parameter is. JMK (kontak) 07:50, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Goeie middag, gemeenskap. Ek sit nou tans hier by die Extended User Rights Day by Wikimania Nairobi. Die afgelope paar weke dink ek aan Kaaps of Kaapse Afrikaans, veral na hierdie artikel gepubliseer is (Groundbreaking Study Reveals Paarl-Kaaps' Hidden Linguistic Power). Ek voel dis tyd dat hierdie Wikipedia eksperimenteer met 'n handjievol artikels wat in Kaaps geskryf is. Ja, ek verstaan dat Kaaps 'n informele weergawe of dialek van Afrikaans is, maar die punt bly staan meer as 3 miljoen mense in Suid-Afrika praat Kaaps en daar is sedert 2020 'n massiewe toename in Kaaps literatuurwerke. Meer Afrikaanssprekende praat Kaaps as dié wat die standaardtaal doen. Wat dink julle? Lefcentreright (kontak) 11:51, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Ek het toevallig oor dieselfde ding vanoggend met Michael Jonas Direkteur van die Taalmonument gepraat en ons besluit was dat Kaaps eerder hulle eie Wikipedia moet skep. Groete. Oesjaar (kontak) 12:33, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Middag, @Oesjaar:. Ek het vandag met huidige (en voormalige) lede van die Language Committee gepraat wat nuwe Wikipedias goedkeur en hulle het gesê dat Kaaps 'n dialek van Afrikaans is en dat hulle Kaapse Afrikaanse Wikipedia sal afkeur juis omdat hulle glo dit 'n dialek is. Ek het toe vir hulle gevra oor hoekom daar dan 'n Simple English Wikipedia is terwyl daar mos nou natuurlik die Engelse Wikipedia is en hulle sê toe dat die reëls nou strenger is. Lefcentreright (kontak) 12:41, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Verskoon tog, maar ek begryp dit nie. Want dit is tog onregverdig as jy dialekte soos Venesiaans ('n stadjie), Korsikaans ('n eilandjie), Siciliaans en Lombardies mag toelaat, al is daar Italiaans, terwyl jy Kaapse Afrikaans [wat akademiese ondersteuning kry en op die skoolbanke gebruik word!] afkeur. Hoeveel boeke en digbundels moet eers uitgegee word voordat daar 'n eie Wikipedia aanvaar word? Hoeveel gebruikers soek hulle dan? Hoe oud moet Kaaps eers word voor Wikipedia dit sal oorweeg? Suidpunt (kontak) 14:11, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
As daar 'n Skotse Wikipedia is, kan daar seker ook 'n Kaapse Wikipedia wees? Skots is amper Engels, maar slegs amper. Weet julle van die Skotse Wikipedia-saga? Dié Wikipedia is toegegooi met Engelse artikels wat almal verwyder moes word omdat hulle nie in Skots geskrewe was nie. Dieselfde sal van toepassing wees op die Afrikaanse Wikipedia met Kaapse artikels. Op die Eenvoudige Engelse Wikipedia word "Ingewikkelde" Engels ook nie toegelaat nie. Op die Duitse Wikipedia moet jy versigtig wees met Oostenrykse en Switserse artikels, gebruik asb. dié lande se gestandaardiseerde taal. Lyk my gemengde taal word op geen Wikipedia toegelaat nie. Gevolglik het amper al die Duitse dialekte en meer en meer Engelse/Franse kreools hul eie Wikipedia. Intussen is daar ook meer as een Arabiese Wikipedia. Groete. --  SpesBona 18:45, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Kaaps is nie net ’n variasie van Afrikaans nie—dis ’n lewendige dialek met sy eie grammatika, sleng en siel, gebore in die Kaapse Vlakte en verweef met die bruingemeenskap se identiteit. Om dit in die Afrikaanse Wikipedia, met sy streng, formele taalstandaarde, in te dwing, sal dit eerder benadeel as bevoordeel. Kaapse bydraes sal versmoor word in ’n vloed van formele redigering, toesighouding en stryery, wat die gemarginalisering weerspieël wat dit al dekades in skole en die samelewing ondervind.
Ek stem saam ‘n Wikimedia-inkubator bied eerder vir Kaaps ’n tuiste om onbeskaamd te groei. Dis ’n ruimte waar sprekers hul eie reëls, stem en stories kan vorm sonder om aan iemand anders se norme te voldoen. Kyk na Jamaikaanse patois of Deitsch —albei het op hierdie manier hul eie digitale plek geskep, wat bewys dit kan werk. Sobaka (kontak) 19:10, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
My beswaar teen die aanvanklike voorstel is dat nie een van ons toegerus is om Kaaps te redigeer nie. Daarvoor is kenners nodig, en daar is sover ek weet nie sulke mense hier nie. ~ Burgert (kontak) 21:23, 5 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Sien Gebuiker Greenman se nuutste plasing oor Wikipedia en Afrikatale: https://www.greenman.co.za/blog/?p=3000 Sobaka (kontak) 08:19, 6 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Afrikaans skitter in sy afwesigheid op die kaart! Ai! Groete! Oesjaar (kontak) 08:47, 6 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
...en volgens die statistiek is ons in 'n klas van ons eie! Dankie aan al die gebruikers! Groete! Oesjaar (kontak) 09:39, 6 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Volgens die formule vir diepte wat in Green Man se artikel na verwys word,[1] moet ons die aantal wysigings en aantal nie-artikels vermeerder. Die aantal wysigings kan vermeerder word deur natuurlik meer bydraers te kry, maar ook deur die gedrag van bestaande bydraers te verander. Daar bestaan bv. die konsep van 'n Wikipedia:Wikidwergie wat klein wysigings aanbring om bv. spelfoute en tikfoute reg te maak. Dit sal die kwaliteit van die artikels direk verbeter en die dieptestatistiek verhoog. Die aantal nie-artikels (user pages, redirects, images, "project" pages, categories, templates, and all talk pages.) kan vermeerder word deur bv. meer van besprekingsbladsye gebruik te maak (in teenstelling daarmee om bv. die geselshoekie vir alle besprekings te gebruik - dit sal dit ook makliker maak om besprekings te vind - alhoewel die meeste artikels reeds besprekingsbladsye het, al het dit geen inhoud nie) en kategorieë te skep (wat dit ook makliker maak om inhoud te vind - om te lees en om te bewerk). Daar was onlangs 'n verwante bespreking oor of ons iets moet kategoriseer of nie. Ek dink nie ons verloor enigiets deur inhoud te kategoriseer nie en myns insiens as enwiki dit goedgedink het om iets te kategoriseer dan kan ek nie sien hoekom ons dit nie ook kan doen nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 15:58, 6 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]


Gemeenskap, luister asb. na vandag se onderhoud met prof Braam van Wyk op Radio Overberg. Dit is uiters interessant en bevorder ons kredietwaardigheid! Groete! Oesjaar (kontak) 11:09, 6 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Enige gedagte hoe ons die twee onderhoude op sy blad kan inwerk? Ek het so pas 'n foto van hom gelaai. Groete! Oesjaar (kontak) 18:53, 7 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Is daar 'n skakel na hierdie onderhoud? JMK (kontak) 08:46, 12 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@JMK:, die oudiolêers is beskikbaar, sien Wikipedia:Afrikaanse Wikipedia op die radio se items 44 en 45. My vraag is hoe om dit netjies te integreer in prof Braam se artikel. Ontwerpdinge is nie my sterk punt nie! Groete! Oesjaar (kontak) 12:13, 12 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Sobaka ek sien vir die oudiolêers van die onderhoude sit jy die {{PD-self}}-sjabloon by. Maar dit is nie waar nie! Die radiostasie besit die kopiereg op die lêers. Moet eerder nie die sjabloon gebruik nie.
Om Oesjaar se vraag te beantwoord:
Ek sou verkies om dit so te doen: Onder die "Eksterne skakels" afdeling, skep ons 'n "Onderhoude" sub-afdeling, met skakels na die opnames. (Met 'n internetargiefskakel vir ingeval).
'n Ander opsie, is om die oudiolêers wat Sobaka opgelaai het, net in die lyf van die artikel plaas waar dit sin maak. Maar ek is nie gemaklik met hierdie opsie nie, omdat ons nie die kopiereg op die lêers besit nie. - Rooiratel (kontak) 12:48, 12 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel:, ek is besig om die Radiostasies te vra vir goedkeuring sodat ons die lêers wettiglik hier kan oplaai. Groete! Oesjaar (kontak) 13:58, 13 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Presies dit is 'n baie goeie inisiatief. Leer hulle die konsep van CC-by-SA lisensies. JMK (kontak) 15:40, 13 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Uitstekend! - Rooiratel (kontak) 16:37, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Radio Laeveld het laat weet hulle het nie 'n probleem met wat ons tans doen nie. Groete! Oesjaar (kontak) 16:30, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Radio Overberg het ook laat weet hulle het ook nie 'n probleem nie. Groete! Oesjaar (kontak) 20:35, 4 September 2025 (UTC)[antwoord]
Jan-Hendrik en Rossouw by Wikimania 2025

Hallo span. Ek en Jan-Hendrik was by Wikimania 2025 in Nairobi. Was lekker gewees en baie geleer. Hier is 'n foto van ons twee met "Moppy", die administrateurs se gelukbringer. Dumbassman (kontak) 15:25, 11 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek sien beide die artikels bestaan maar dit lyk na dieselfde plek. Kan iemand help asb? Onthou van die skakels na die artikel wat gaan verdwyn. Groete! Oesjaar (kontak) 19:38, 13 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Ek sien Gebruiker:Aliwal2012 het altwee geskep! Groete! Oesjaar (kontak) 20:04, 13 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie speurder Steyn, ek het dit nou versmelt. Cheers!  Aliwal2012 23:11, 13 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Hoekom kom die valleie "ongewoon voor"? Is hulle skaars of ongewoon? JMK (kontak) 06:29, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Het Waboomsberg se inligting oorgeplak na Waboomsberge, soos dit op my kaarte aangedui word, ook om plek te maak vir Waboomsberg, die bergpiek in die Swartberg. Het 'n stukkie bygevoeg om die verskillende byna gelyknamige berge uiteen te sit. En wonder nog hoekom die "valleie ongewoon voorkom". JMK (kontak) 20:52, 16 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie prof JMK, ek waardeer jou insette hiermee. Ek het in 2021 "die valleie kom ongewoon voor" uit cebuano wiki vertaal. Weet nie eintlik of dit van pas is nie? Groete  Aliwal2012 04:14, 24 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
'n Prof is ek terloops nie, baie minder belangrik. Het bostaande sin verander om van die plooiende valleie suid van die Waboomsberge te vertel. En het op commons 'n prentjie gevind en uitgeknip wat darem die Waboomberge op 'n afstand wys. Het ook, sover ek kan sien, nou al die betrokke wikidata-items met die korrekte artikels en commons-bladsye geskakel. Hulle was deurmekaar. Nog een probleem: By die Waboomsberg is 'n gehug tans genaamd Matjiesrivier, Tuinroete. Maar dié is effe ver van die N2 om as Tuinroete gesien te word, dink ek, en daar is twee ander Matjiesriviere op die Tuinroete. Miskien moet ons eersgenoemde verander na "Matjiesrivier, Klein-Karoo", of "Matjiesrivier, Swartberge". JMK (kontak) 06:47, 27 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Versoek aan ons tegnokrate: @Rooiratel, Pynappel, en BurgertB: hierdie artikel beskou ek as krities vir ons Wiki: Joystick]. Enige vrywilligers? Groete! Oesjaar (kontak) 10:54, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Ek sal daaraan werk. Maar eers: wat is die vertaling?
Ek het die volgende gevind: stuurstang, stuurstok, stuurknuppel, speelstang, speelstok. - Rooiratel (kontak) 16:42, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Speelstok klink vir my lekker. ~ Burgert (kontak) 16:52, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Ek hou ook daarvan, maar klink nie reg vir 'n vliegtuig nie. Ek hoop die vlieëniers speel nie met die ding nie~ - Rooiratel (kontak) 17:22, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
'Skies manne, ek het dit raakgeloop in North American X-15 en stuurstok gebruik. Groete! Oesjaar (kontak) 19:13, 14 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Ek sal volgende week begin werk aan die artikel. Ek gaan maar "stuurstok" gebruik as die titel, en die ander noem in die bladsy as alternatiewe. Ek sal ook aanstuurbladsye skep vir die alternatiewe name. - Rooiratel (kontak) 07:53, 15 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Oorweeg dit ook om op die Facebook-groep Argaïese uitdrukkings is cool te vra. – 🍍 Pynappel (kontak) 08:08, 15 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Pynappel:, asb Facebook is so Engels, praat asb van Bakkiesblad! Ek verstaan nie jou vraag mooi oor Argaïese uitdrukkings is cool nie? Verduidelik asb. Groete! Oesjaar (kontak) 09:04, 15 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo, ons is die Wikimediastigting se Produkveiligheid- en Integriteitspan. Ons wil graag aankondig dat ons beplan om tydelike rekeninge vir hierdie wiki in die week van 1 September te aktiveer.

Tydelike rekeninge is suksesvol aktief op 30 wiki's, insluitend baie groot wiki's soos Duits, Japannees en Frans. Die verandering wat hulle bring, is veral relevant vir afgemelde redigeerders, wat hierdie funksie ontwerp is om te beskerm. Maar dit is ook relevant vir gemeenskapslede soos mentors, patrolleerders en administrateurs – enigiemand wat wysigings terugrol, gebruikers blokkeer of andersins met afgemelde redakteurs interaksie het as deel van die beveiliging en akkuraatheid van die wiki's.

Waarom ons tydelike rekeninge bou

Ons wiki's behoort by verstek veiliger te wees om deur afgemelde redakteurs te wysig. Tydelike rekeninge laat mense toe om voort te gaan met die wysiging van die wiki's sonder om 'n rekening te skep, terwyl hulle vermy om hul wysigings in die openbaar aan hul IP-adres te koppel. Ons glo dat dit in die beste belang van ons afgemelde redakteurs is, wat waardevolle bydraes tot die wiki's lewer en wat later rekeninge kan skep en ons gemeenskap van redakteurs, administrateurs en ander rolle kan laat groei. Alhoewel die wiki's wel afgemelde redakteurs waarsku dat hul IP-adres met hul wysiging geassosieer sal word, verstaan baie mense dalk nie wat 'n IP-adres is nie, of dat dit gebruik kan word om hulle op maniere wat hulle dalk nie verwag nie, aan ander inligting oor hulle te koppel.

Daarbenewens maak ons modereringsagteware en -gereedskap te veel staat op netwerkoorsprong (IP-adresse) om gebruikers en aktiwiteitspatrone te identifiseer, veral omdat IP-adresse self minder stabiel as identifiseerders word. Tydelike rekeninge maak voorsiening vir meer presiese interaksies met afgemelde redigeerders, insluitend meer presiese blokkasies, en kan help om te beperk hoe gereeld ons onbedoeld gebruikers van goedertrou blokkeer wat dieselfde IP-adresse as gebruikers van kwadetrou gebruik.

Hoe tydelike rekeninge werk

Elke keer as 'n afgemelde gebruiker 'n wysiging op hierdie wiki publiseer, sal 'n koekie in hierdie gebruiker se blaaier gestel word, en 'n tydelike rekening wat aan hierdie koekie gekoppel is, sal outomaties geskep word. Hierdie rekening se naam sal die patroon volg: ~2025-12345-67 ('n tilde, huidige jaar, 'n nommer). Op bladsye soos Onlangse Wysigings of bladsygeskiedenis sal hierdie naam vertoon word. Die koekie sal 90 dae na die skepping daarvan verval. Solank dit bestaan, sal alle wysigings wat vanaf hierdie toestel gemaak word, aan hierdie tydelike rekening toegeskryf word. Dit sal dieselfde rekening wees selfs al verander die IP-adres, tensy die gebruiker hul koekies uitvee of 'n ander toestel of webblaaier gebruik. 'n Rekord van die IP-adres wat ten tyde van elke wysiging gebruik is, sal vir 90 dae na die wysiging gestoor word. Slegs sommige aangemelde gebruikers sal dit egter kan sien.

Wat beteken dit vir verskillende groepe gebruikers?

Vir afgemelde redigeerders

  • Dit verhoog privaatheid: tans, as jy nie 'n geregistreerde rekening gebruik om te wysig nie, kan almal die IP-adres sien vir die wysigings wat jy gemaak het, selfs na 90 dae. Dit sal nie meer op hierdie wiki moontlik wees nie.
  • As jy 'n tydelike rekening gebruik om vanaf verskillende plekke in die laaste 90 dae te wysig (byvoorbeeld by die huis en by 'n koffiewinkel), sal die wysigingsgeskiedenis en die IP-adresse vir al daardie plekke nou saam aangeteken word, vir dieselfde tydelike rekening. Gebruikers wat aan die relevante vereistes voldoen sal hierdie data kan sien. Indien dit enige persoonlike sekuriteitskwessies vir u skep, kontak asseblief talktohumanrights@wikimedia.org vir advies.

Vir gemeenskapslede wat met afgemelde redigeerders interaksie het

  • 'n Tydelike rekening is uniek gekoppel aan 'n toestel. In vergelyking kan 'n IP-adres met verskillende toestelle en mense gedeel word (byvoorbeeld, verskillende mense by die skool of by die werk kan dieselfde IP-adres hê).
  • In vergelyking met die huidige situasie, sal dit veiliger wees om aan te neem dat 'n tydelike gebruiker se besprekingsblad slegs aan een persoon behoort, en boodskappe wat daar gelaat word, sal deur hulle gelees word. Soos u in die skermkiekie kan sien, sal tydelike rekeninggebruikers kennisgewings ontvang. Dit sal ook moontlik wees om hulle te bedank vir hul wysigings, hulle in besprekings te ping en hulle uit te nooi om meer by die gemeenskap betrokke te raak.

Vir gebruikers wat IP-adresdata gebruik om die wiki te modereer en in stand te hou

  • Vir patrolleerders wat volgehoue misbruikers opspoor, oortredings van beleide ondersoek, ens.: Gebruikers wat aan die vereistes voldoen sal tydelike gebruikers se IP-adresse en alle bydraes wat deur tydelike rekeninge vanaf 'n spesifieke IP-adres of reeks gemaak is (Special:IPContributions) kan openbaar. Hulle sal ook toegang hê tot nuttige inligting oor die IP-adresse danksy die IP Info-funksie. Baie ander sagteware is gebou of aangepas om met tydelike rekeninge te werk, insluitend AbuseFilter, globale blokke, Globale Gebruikersbydraes en meer. (Vir inligting vir vrywillige ontwikkelaars oor hoe om die kode van jou gereedskap op te dateer – sien die laaste deel van die boodskap.)
  • Vir administrateurs wat afgemelde redigeerders blokkeer:
    • Dit sal moontlik wees om baie misbruikers te blokkeer deur net hul tydelike rekeninge te blokkeer. 'n Geblokkeerde persoon sal nie vinnig nuwe tydelike rekeninge kan skep as die administrateur die autoblock-opsie kies nie.
    • Dit sal steeds moontlik wees om 'n IP-adres of IP-reeks te blokkeer.
  • Tydelike rekeninge sal nie terugwerkend toegepas word op bydraes wat voor die ontplooiing gemaak is nie. Op Special:Contributions sal jy bestaande IP-gebruikersbydraes kan sien, maar nie nuwe bydraes wat deur tydelike rekeninge op daardie IP-adres gemaak is nie. In plaas daarvan moet jy Special:IPContributions hiervoor gebruik.

Ons versoeke vir jou, en volgende stappe

  • As jy weet van enige gereedskap, robotte, toestelle ens. wat data oor IP-adresse gebruik of beskikbaar is vir afgemelde gebruikers, kan jy toets of dit werk op testwiki of test2wiki. As jy 'n vrywillige ontwikkelaar is, lees ons dokumentasie vir ontwikkelaars, en in die besonder, die afdeling oor hoe jou kode dalk opgedateer moet word.
  • As jy die tydelike rekeningervaring wil toets, byvoorbeeld net om te kyk hoe dit voel, gaan na testwiki of test2wiki en wysig sonder om aan te meld.
  • Vertel ons as jy weet van enige probleme wat aangespreek moet word. Ons sal probeer om te help, en indien ons nie in staat is nie, sal ons die beskikbare opsies oorweeg.
  • Kyk na ons vorige boodskap oor vereistes vir gebruikers sonder uitgebreide regte wat moontlik toegang tot IP-adresse benodig.

Om meer oor die projek te wete te kom, kyk na ons FAQ – jy sal baie nuttige antwoorde daar vind. Jy kan ook na die opdaterings kyk (ons het sopas een geplaas) en inteken op ons nuwe nuusbrief. As jy met my (Szymon) buite die wiki wil gesels, sal jy my op Discord en Telegram vind. Dankie!

NKohli (WMF), SGrabarczuk (WMF) 21:35, 26 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

@JMK:, indien ek hierdie reg verstaan, dan beteken dit dat ons nie meer enige veranderinge deur 'n IP adres sal sien nie want die menere moet eers 'n tydelike rekening skep? Groete! Oesjaar (kontak) 19:55, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: nee, elke IP sal outomaties omgeskep word in 'n tydelike rekening. Hulle lyk byvoorbeeld so: ~2025-103326, sien sy bydraes op die Duitse Wikipedia. Op die Duitse Wikipedia het ons dit reeds. Groete. --  SpesBona 20:05, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona:, al die moeite net om die mense se IP nie openbaar te maak nie? Groete! Oesjaar (kontak) 20:16, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar:, ja, dit lyk my só! In ander taalweergawes kyk regimes, wat Wikipedia dikwels versper en dit wil sensuur, na mense se IP's. As jy weet wie kan jy naspoor waar daai mens sit. Ná die invoering op die Duitse Wikipedia het gebruikers gehardloop na de:Wikipedia:Rechtevergabe vir Vergabe IP-Betrachter temporärer Konten (in Engels Temporary account IP viewers) wat ek myself hier ook gegee het. As jy en ander mense belangstel sal ek dit al ons admin's gee. Ek het dit nog nie gebruik nie, maar dit lyk my jy kan met daardie reg die mens se regte, egte IP sien, wat vir Jan Alleman onsigbaar is. Groete. --  SpesBona 20:31, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona, Rooiratel, Pynappel, en BurgertB:, persoonlik verkies ek dat enige persoon wat hier werk eers as 'n Gebruiker moet registreer. Maar nou ja... Rooiratel kuier tans in die boendoes, ek dink ons moet volgende week 'n videokonferensie hou hieroor. Groete! Oesjaar (kontak) 20:38, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Goeie môre kollegas!

Met julle vriendelike toestemming wil ek graag die titel/opskrif heffings in Heffings tydens die tweede Trump-administrasie terugdraai na die algemeen aanvaarde tariewe. Ek het dit aanvanklik geskuif toe ek gedink het dis beter Afrikaans, maar al die nuuskanale gebruik uitsluitlik die term tariewe.

Ek onderneem om alles te skuif om heffings oral te vervang. Amen! -- Aliwal2012 07:47, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]

Ondersteun. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie... Groete! Oesjaar (kontak) 07:48, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie Oesjaar, ek skrik nie vir werk nie! -- Aliwal2012 08:02, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Tarief / tariewe met een "r", Engels: tariff, soos in sheriff. Verwante terme: dienspryse, doeanereg, invoerbelasting, invoerheffing, invoerreg, uitvoerreg, tariefmuur, tolmuur, tariefoorlog. JMK (kontak) 21:17, 28 Augustus 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer en dankie vir die spelkorreksie JMK! Groete! -- Aliwal2012 04:36, 1 September 2025 (UTC)[antwoord]

NS: Ek het vinnig deur die artikel gelees en dit oral probeer regstel. Indien iemand nog heffings bespeur, maak dit asb handmatig reg. My waardering, Aliwal2012

Meins insiens, is die woorde "heffing" en "tarief" net slim woorde vir "invoerbelasting". Martinvl (kontak) 20:29, 1 September 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek gebruik die volgende twee persone gereeld met daardie diep tegniese Afrikaans navrae, hulle sal julle ook help: Maureen van Helden by VivA (062 126 0295 - slegs teks boodskappe) en Alet Cloete by die WAT (083 285 1158) Groete! Oesjaar (kontak) 16:53, 1 September 2025 (UTC)[antwoord]

Wat ek vergeet het om te sê, Maureen is 'n spesialis in Latyn en Grieks. Beide die tale is maar Grieks vir my... Sy het al 'n bietjie gewerk hier op ons WIkipedia. Groete! Oesjaar (kontak) 12:44, 4 September 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: "is maar Grieks vir my". Jy het dan seker ook Shakespeare se toneelstuk "Julius Ceasar" gestudeer. Martinvl (kontak) 17:25, 4 September 2025 (UTC)[antwoord]
@Martinvl:, maar 'n ou gesegde wat ek leer ken het as jong kind! Groete! Oesjaar (kontak) 18:24, 4 September 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie, Oesjaar. Ek sal me. Van Helden se noodnommer neerskryf.
Ek weet ook van 'n dame op Moorreesburg (nog nooit ontmoet nie, ek hoop sy leef nog) wat 'n breingewas gehad het, en 'n doktorsgraad in Grieks het (dit is nou die derde Moorreesburger waarvan ek weet wat van Durbanville afkomstig is, die ander een is my vriend se moeder, en die ander een is die eienares van Moorrees-bakkery).
Nou - met al hierdie wonderlike, begaafde, slim mense in Suid-Afrika wat sonder enige geldnut oor die hoof gesien word - waarom het die Kerke, na 350+ jaar - nog nooit sover gekom om almal onder een dak te vergaar en ten minste 'n gestandaardiseerde "baba-Grieks" of "lusmaker-Grieks" vir sy vrywillige Afrikaanse kudde op Donderdagmiddae aan te bied nie? Dit sal my laat storm kerk toe, die buurt se ruite sal skoon rittel soos tydens Tulbagh se aardbewing.
Of, waarom staan 'n herdruk van Berend Gemser se Hebreeuse Spraakkuns (1948, 1975) nie op elke konsistorie se rak nie? Ek het met moeite 'n Interliniêre Bybel (Grieks-Afrikaans) bekom, al voel ek dit moet streng gesproke in elke Afrikaanse huishouding wees.
Ek kan dit nie verklaar nie - dis asof daar 'n enorme kloof ontstaan het tussen Jan Alleman en Berg Parnassos. Of - metafories beskryf: dis soos 'n virga-wolk wat reën, maar die water val nooit op die grond nie - dit sal altyd in die lug bly hang. Suidpunt (kontak) 20:50, 4 September 2025 (UTC)[antwoord]

Dag mense.

Ek het Sondag in Piket teen 'n berg deur Willem Burger (1975) gelees (bl. 111): "Op versoek van die Kommissie vir Geografiese Name word selfs Piquetberg in 1938 tot Piketberg verander."

Dit is natuurlik na aanleiding van die herdenking van die Groot Trek - heelwat straatname op die dorp is ook verander.

Nou - De Zuid-Afrikaan (die ou koerant van die 1830's tot 1930's rond) skryf Piquetberg én Piketberg soos hy luskry; ek verstaan hoekom dit verwarring skep: navorsers haal dikwels sinne uit oertekste aan.

My vraag is nou net - gaan ons voortaan Piquetberg op Wikipedia skryf met verwysing na die dorp voor 1938, of aanvaar ons dit gewoon as wisselvorm? (Dit klink na 'n aangeleentheid vir die Taalkommissie). Suidpunt (kontak) 09:33, 10 September 2025 (UTC)[antwoord]

Nie vertroud met Piquet se situasie is nie, behalwe dat hugenoot Piquet wel daar gewoon het. Dan geniet ons dit om Berlin te verander na Berlyn, Paris na Parys, London na Londen, Roma na Rome, ensomeer. As ek 'n satellietfoto beskryf van PE, voor die Gq_ was, gebruik ek PE, want dit is die onderwerp op daardie datum. JMK (kontak) 09:48, 19 September 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek op my oudag, vermoed Die Smurfe is verkeerd... Wat sê julle? Groete! Oesjaar (kontak) 17:34, 17 September 2025 (UTC)[antwoord]

Terwyl ek julle aandag het, sover ek weet is gedub nie 'n erkende Afrikaanse woord nie, of is ek verkeerd? Groete! Oesjaar (kontak) 19:06, 17 September 2025 (UTC)[antwoord]
Die moet 'oorgeklank' wees. Suidpunt (kontak) 21:27, 17 September 2025 (UTC)[antwoord]
Dit moet reggesmurf word! Die Smurfe is nie Engels nie! En smurf is een erkende Nederlandse werkwoord, soos jy hier kan smurf. Jcwf (kontak) 01:14, 18 September 2025 (UTC)[antwoord]
Klaar gesmurf. Thermofan (kontak) 11:21, 18 September 2025 (UTC)[antwoord]


@Rooiratel, Pynappel, BurgertB, en SpesBona:, kan een van julle manne nie dalk help om die sjabloon:Aircraft specs na Afrikaans te vertaal nie? Groot asb! Ek sal dit dan by elke vliegtuig artikel moet bywerk. Groete Oesjaar (kontak) 19:11, 25 September 2025 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel, Pynappel, BurgertB, en SpesBona:, menere ek vra weer julle hulp hier asb! Groete! Oesjaar (kontak) 06:53, 9 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, is die Groot-Bergrivier en Bergrivier dieselfde rivier? Dit wil so lyk... Groete! Oesjaar (kontak) 06:54, 10 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Stem saam. Op enwiki sê dit die rivier is geken deur albei name. - Rooiratel (kontak) 07:13, 10 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
As iemand dit wil versmelt, sit asb. al die inhoud op Groot-Bergrivier. Dit sal Wikidata dinge makliker maak.
Ek sal die bladsye self versmelt in die volgende week wanner ek tyd kry, as niemand dit al gedoen het nie.
Ek sal ook die wikidata versmelting hanteer. - Rooiratel (kontak) 07:15, 10 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ditsem! Nee, RR, jy is te laat, ek het reeds al die blou skakels na Bergrivier gewysig. Groete!  Aliwal2012 13:33, 10 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stuur dan aan na laasgenoemde, anders weet ons nie waar om by te dra nie. JMK (kontak) 05:42, 16 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Jy het nou al die inhoud op Groot-Bergrivier verwyder. Die bladsye moet versmelt word, dit help nie om net een te verwyder nie. Ek sal dit reg maak wanneer ek kans kry. Maar ek sal die titel van bladsy met die inhoud "Bergrivier" maak, en die aanstuur bladsy sal "Groot-Bergrivier" wees. - Rooiratel (kontak) 12:29, 28 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, sien artikels soos Zerobaseone, Twice en (G)I-DLE. Dit bestaan op die Engelse Wikipedia en is tot 84k grepe groot met baie verwysings. Hier op ons Wikipedia word dit geskep as 'n een paragraaf artikel met drie tot vierlyne maks., soms met 'n bron. Dit het geen ensiklopediese waarde nie en dit is duidelik dat dit hier geskep word vir bemarkingsdoeleindes. As die outeurs nie die moeite wil doen om die hele artikel te skep nie moet ons dit verwyder. Hoekom moet ons die stortingsterrein word vir die tipe artikels? Ek luister na julle menings... Groete! Oesjaar (kontak) 11:22, 13 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Na my mening, klein beslommernis en klein ensiklopediese waarde. Miskien kan ons 'n sjabloon vir laegraadse saadjies skep. In die breë sien ek dit nie as 'n oortreding nie, want baie bydraers se motief is nie om 'n ensiklopedie te skryf nie. En die finansiële motief word wel deur commons- en wikipedialisensies ondersteun. Daarsonder is ons minder vry. As ek bv. 'n foto op commons of wikipedia oplaai, probeer ek nie bepaal waarvoor dit later gebruik word nie. Die eindgebruiker kan dit finansieel, of polities, of waarvoor ook al aanwend, en ons as skenkers van teks of media, aanvaar dit maar so. JMK (kontak) 12:18, 13 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ek dink nie dat die spesifieke artikels vir finansiële bemarkingsdoeleindes geskep is nie. K-Pop is ’n massiewe bedryf in Asië en toenemend ook wêreldwyd, maar ek glo nie iemand beskou die beperkte Afrikaanse mark as strategies belangrik vir bemarking nie. Dit gaan waarskynlik eerder daaroor om Suid-Koreaanse musiekgroepe aan ’n wyer gehoor bekend te stel.
As die artikels aan die minimum vereistes vir insluiting voldoen, behoort dit aanvaarbaar te wees. Ek is egter meer bekommerd oor die baie kort artikels oor opkomende kunstenaars – veral uit Asië – wat duidelik geskep word om geloofwaardigheid op kleiner Wikipedia’s te verhoog. Sulke bydraes dra min ensiklopediese waarde by, maar dit is ongelukkig iets waarmee ons op die Afrikaanse Wikipedia gereeld te doen kry. Sobaka (kontak) 13:22, 13 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem glad nie saam met die idee dat dit "geen of klein ensiklopediese waarde" het nie. Die musiekgroepe en musici is baie meer wêreldwyd bekend as meeste van die artikels op ons wiki. En mens kan duisende verwysings vind oor die onderwerpe.
As die onderwerpe nie "ensiklopediese waarde" het nie, dan moet ons ook al ons artikels oor plante en insekte skrap. Daar is baie minder belang, en ook baie minder beskikbare bronne oor die onderwerpe van spesifieke taksonome.
Dit is ook glad nie 'n bemarkingspoging nie. Dit is net dat die skrywers van die artikels belang stel in die onderwerp.
@Oesjaar hou asseblief op om te sê dat onderwerpe waarin jy nie persoonlike belangstelling het nie, geen ensiklopediese waarde het nie. - Rooiratel (kontak) 08:45, 14 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Sien Wikipedia:Ensiklopediese_relevansie#Grondbeginsel en verduidelik asb. hoe die onderwerpe nie aan die grondbeginsels voldoen nie. - Rooiratel (kontak) 09:01, 14 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Die Afrikaanse Wikipedia is 'n klein Wikipedia en soms is dit gepas om 'n saadjie te skep om 'n oorsig te gee en ook om die leser 'n toegangspunt vir die artikel in 'n ander taal te gee. Byvoorbeeld, die artikel oor Lord Nelson verskyn in 83 tale, maar die artikel oor en:Lady Hamilton (sy minnares) verskyn in slegs 29 tale. As dit nie die moeite werd is om 'n hele artikel oor haar in die Afrikaanse Wikipedia te skep nie, sal die skep van 'n saadjie die leser die geleentheid gee om meer oor haar in die inligtingskas te lees en dan na 'n ander taal te gaan vir meer besonderhede. Martinvl (kontak) 20:48, 14 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Besoeke sal deels aandui of mense daarin belangstel, en ook of dit ensiklopedies is. Ensiklopediese onderwerpe word gereeld besoek. Nuttiges word druk besoek, ander minder. As dit baie nuttig is sien jy 'n weeklikse konjunktuur in besoekers. Eendag gaan die nut van wikipedia in die breë in die soeklig kom, en voor ons daar arriveer kan ons besin oor wat ensiklopedies is. Effektief waar ons reeds moes gesnoei het. Wat die plante en diertjies betref is daar wel 'n bewaringsaspek. Jy kan iets verloor voordat jy geweet het dat dit bestaan. Afname in diversiteit begin waar jy dit nie opmerk nie, en waar onbekend onbemind maak. Een ding wat 'n storting-randartikel wel doen is om die beperkte getal gereelde bydraers se tyd te steel. Dis 'n beslommernis want dit is onafgerond, 'n powere poging, selfgesentreerd, moet nagegaan word, en gaan weens gebrekkige belangstelling nie opdateer word nie. JMK (kontak) 11:32, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Besoeke sal NIE aandui of dit ensiklopedies is NIE. As mens 'n bladsy oor 'n onderwerp wil skep, maar nie seker is of dit "ensiklopedies" is nie, dan hoe gaan jy die bladtrekke kry as dit nog nie bestaan nie? Sulke sirkulêre redenering is juis een van die rede hoekom bladtrekke NOOIT moet gebruik woord om 'n bladsy se bestaan te regverdig nie. Ek dink ons hou by die beginsels wat die res van Wikipedia gebruik, en nie jou idees nie. - Rooiratel (kontak) 13:13, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ek sekondeer die voorstel vir "lae kwaliteit saadjies", dit kan dalk iets bevat wat iemand beter kan lei om die artikel uit te brei. Sal bietjie daaraan dink. Dagelf (kontak) 21:15, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]
Siende dat jy nou so slim is, gee vir ons die definisie van 'n Ensiklopidie asb? Oesjaar (kontak) 13:46, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het dit reeds gegee : Wikipedia:Ensiklopediese_relevansie#Grondbeginsel - Rooiratel (kontak) 14:29, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
So die flora artikels met tot 5 bronne is nie ensiklopedies nie volgens jou terwyl jou verwysing stel onder grondbeginsel indien daar genoegsame bronne is dit aanvaarbaar... Ek vra maar net. Oesjaar (kontak) 14:44, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Nee, altwee is aanvaarbaar, ek sê net 'n bladsy oor 'n beroemde K-pop musiekgroep is meer ensiklopedies, en het meer reg om te bestaan op Wikipedia. So as julle dit nie op ons wiki wil hê nie, dan moet al die bladsye oor b.v. verskeie spesies en taksonome ook verwyder word. - Rooiratel (kontak) 15:24, 15 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Ag jy is nou belaglik RR  Aliwal2012 09:15, 16 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Nie volgens Wikipedia se eie beleid oor watter soort onderwerpe relevant is op Wikipedia nie.
Maar dankie vir jou uiters niksseggende bydrae tot die gesprek. - Rooiratel (kontak) 13:19, 28 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel: Hou asb op ander gebruikers se tyd te mors. Jy het {{Nog besig}} nou goed opgefok!  Aliwal2012 15:11, 29 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Wat het daai sjabloon te doen met ensiklopediese relevansie? Daar is 'n besprekingsblady om die sjabloon te bespreek. Ek sal dit daar met jou bespreek. - Rooiratel (kontak) 15:16, 29 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Terwyl ons nou oor K-pop praat, het julle geweet hoe die groepe tot stand kom? Ontstellend en ontnugterend. Ver meer so as hierdie belaglike skyn-rusie 😅 Daars nou iets vir iemand om oor te skryf. Dagelf (kontak) 21:19, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]

verskille -> verskillende, ...albei op verskillende... JMK (kontak) 06:00, 16 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Dis nogals 'n verleentheid om vir mense van Afrikaanse Wikipedia te vertel, en die eerste artikel wat hul sien het so 'n onleesbare eerste paragraaf soos die een van Taiwan. Maar ek neem aan dit gaan nie vanself opdateer as mens dit verbeter na dit as voorblad artikel gelys is nie, tensy jy daarvan hou om met sjablone te sukkel. Terloops, het die Sjinese 'n probleem daarmee as mens Taiwan Taiwan noem? Die Taiwanese het baie moeite gemaak daarvan om kulturele bande met ons te smee in die 90's. Ek was op 'n kulturele uitreik op hoërskool, en het 'n penvriend daar gehad vir 'n paar jaar. Dagelf (kontak) 21:25, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek het hierdie brief in my persoonlike hoedanigheid aan Rapport geskryf: https://www.netwerk24.com/stemme/gesels-saam/brief-plan-van-aksie-dringend-nodig-vir-afrikaans-in-kuberruim-20251004-1307

Vir julle wat nie intekenaars is nie, hier volg die brief aan Inge Kuhn:

Aan die Redakteur: Rapport

Beste Inge

Afrikaans 100 het die afgelope paar maande sosiale media en die koerantbedryf oorheers en al ons Afrikaanssprekendes is bly dat die fees so ‘n groot sukses is. Geluk en dankie aan Giep van Zyl en sy span. Dit het werklik die geskiedenis van Afrikaans opnuut onder ons aandag gebring. Ek dink die jonger geslag is nie altyd bewus van die geskiedenis van ons taal nie.

Maar die sukses van Afrikaans 100 laat mens onwillekeurig dink aan Afrikaans 200! Die media het afgelope tyd wyd berig oor die voortbestaan van Afrikaans, die politieke druk waaronder die taal verkeer, Afrikaanse skole wat verengels, die BELA-wet, net om ‘n paar dinge te noem.

Twee gebeurtenisse wat die afgelope tyd gebeur het, het my aan die dink gesit…

Eerstens was daar die Algemene Simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat op 11/12 September plaasgevind het. Die agenda was baie interessant, het ‘n verskeidenheid onderwerpe gedek en die referate was van hoogstaande gehalte soos ‘n mens verwag het. Net voor hierdie simposium het Kallie Kriel, hoof van AfriForum, ook ‘n artikel gepubliseer oor die toekoms van Afrikaans. Sy agendapunte was ook baie interessant en relevant.

Tog het beide die twee gebeurtenisse een belangrike aspek van die bewaring van Afrikaans nie aangespreek nie. Vir die taal om voort te bestaan is dit belangrik dat die taal in al sy vorms beskikbaar moet wees vir al die gebruikers daarvan. Die dae van gedrukte boeke is verby, bv. die laaste ensiklopedieë: Wêreldspektrum en die Afrikaanse Kinderensiklopedie is meer as 40 jaar oud en verouderd. Die verdwyning van Afrikaanse koerante soos Beeld en Rapport is ‘n verdere bewys dat die gedrukte media se dae getel is. Dink ook aan die totale afwesigheid van vakkundige woordeboeke. Selfs die nuwe uitgawes van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is ook nou net elektronies beskikbaar.

Wat die twee gebeurtenisse nie na verwys het nie is die digitalisering van Afrikaans. Die beste voorbeelde van die digitalisering van Afrikaans is Weet van Maroela Media, in wese ‘n kinderensiklopedie, en die Afrikaanse Wikipedia, ‘n ware aanlynensiklopedie. Die meeste volwassenes en ouer kinders besit selfone en het dus vrye toegang tot die internet en al sy dinge. Dus, hoe meer kennis digitaal beskikbaar is, hoe meer gaan dit gelees word!

Daar is tans geen plan van aksie om Afrikaans te digitaliseer nie. Digitalisasie verwys na dokumente wat redigeerbaar is, bygewerk en opgedateer kan word, afgetrek kan word en nie na fotokopië van boeke en dokumente nie.

Die Afrikaanse Wikipedia kry tans tot 5,2 miljoen maandelikse besoeke en hulle besoekstatistiek bewys duidelik dat daar korrelasie is tussen skooltye en skoolvakansies. Die skoolkinders gebruik die Afrikaanse Wikipedia dus vir studies, iets wat die skoolhoofde totaal ignoreer.

Die volgende kwessie is: hoe die digitalisering moet plaasvind? Moet ‘n nuwe stelsel van nuuts geskep word of kan die bestaande Wikipediastelsel gebruik word? Die bestaande stelsel het hom reeds die afgelope 24 jaar internasionaal bewys in 343 tale met onder andere universiteite wat dit ondersteun. Die uitdaging met Weet is dat dit deur ‘n paar persone beheer word en slegs hulle toegang tot die stelsel het. Met Wikipedia is daar nie ‘n beperking oor die aantal mense wat gelyktydig op die stelsel kan werk nie. ‘n Nuwe stelsel gaan tyd neem om geskep te word en gaan definitief ‘n klompie rande kos!

Die laaste vraag: wie gaan verantwoordelikheid neem om digitalisasie van die grond af te kry en hoe gou…

Deon Steyn Oesjaar (kontak) 07:13, 16 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

NS: Bg. artikel aanlyn hersien deur Aliwal2012 vir taalsuiwerheid en klein tikfoute 07:48, 16 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie Deon, daar het 'n nuwe dimensie vir my oopgegaan in meer as net my verhouding met my moedertaal, toe jy my meer oor die Taalkommissie en verwante regeringdepartemente vertel het. (Hier is nog 'n paar blaaie op Wikipedia kort!) Selfs taal vergaan sonder bevordering en onderhoud. Dit het duidelik vir my die verskil tussen my, en my ouers, se aansien van ons taal verduidelik, en 'n nuwe blik op nasiebou en kulturele ontwikkeling gegee. Elk geval, dit kos tyd en aandag, en ek dink dis nie net die ander Afrika tale wat by ons kan leer nie, maar ook ons by ons voortgangers, en hul kennis is nie juis aanlyn te vinde. En dis ook 'n generasie wat nie rêrig tegnologie verstaan nie, so ek voel sterk dat hierdie 'n stap in die regte rigting is. Dagelf (kontak) 21:49, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]
  • Voorgangers. Ai, die 20-jaar-oue gebruikerservaring... Laat soveel ruimte vir verbetering, maar dalk steeds beter as die "verbeteringe". Op ou mediawiki sou ek van my selfoon af makilker my tikfoute kon redigeer. Ek het min twyfel dat meeste Wikipedia- en sagtewareverbeteringe deur kuberintelligensie uitgebou gaan word. Dit laat my wonder of die ensiklopedie van die toekoms ommbliklik by die leser se verkose voorkeure gaan aanpas, hel, hierdie is klaar moontlik. GPT5 praat Afrikaans vlot, en ek blameer die paar IK punte wat die verloor in Afrikaans juis op die afwesigheid van goeie taalbouorganisasies sedert die '70s.
Dagelf (kontak) 22:03, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]

Hallo. Please help pick a name for the new Abstract Wikipedia wiki project. This project will be a wiki that will enable users to combine functions from Wikifunctions and data from Wikidata in order to generate natural language sentences in any supported languages. These sentences can then be used by any Wikipedia (or elsewhere).

There will be two rounds of voting, each followed by legal review of candidates, with votes beginning on 20 October and 17 November 2025. Our goal is to have a final project name selected on mid-December 2025. If you would like to participate, then please learn more and vote now at meta-wiki. Baie dankie!

-- User:Sannita (WMF) (talk) 11:42, 20 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Each year, typically from October through December, several of the movement’s committees seek new volunteers.

Read more about the committees on their Meta-wiki pages:

Applications for the committees open on October 30, 2025. Applications for the Affiliations Committee, Ombuds commission and the Case Review Committee close on December 11, 2025. Learn how to apply by visiting the appointment page on Meta-wiki. Post to the talk page or email cst(_AT_)wikimedia.org with any questions you may have.

For the Committee Support team,

- MKaur (WMF) 14:12, 30 Oktober 2025 (UTC)[antwoord]

Goeie môre @SpesBona, Oesjaar, BurgertB, Aliwal2012, Sobaka, Suidpunt, Rooiratel, Pynappel, Thermofan, Martinvl, AFM, Dumbassman, JMK, Nikolai Kurbatov, Naudefj, en Balenda: Dis 1 November en ons het dringend nuwe artikels nodig! Net minder as 200 72 nodig om die magiese 127 000-mylpaal te haal.

Die tikker het laas op 16 Augustus met 'n volle 1000 oorgeslaan, ons verloor erg spoed mense!

Groetnis en hou die wiele aan die rol, -- Aliwal2012 05:10, 1 November 2025 (UTC)[antwoord]

Het ons nie vir Nikolai weggejaag nie? – 🍍 Pynappel (kontak) 12:03, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Antw.: Ja Pynappel, weens 'n paar hardebaarde se intolleransie hier het hy die hasepad gekies!  Aliwal2012 06:23, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
@Aliwal2012 ek sien tog hy het nog op 21 Oktober bygedra. – 🍍 Pynappel (kontak) 21:31, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, hy is terug vandag! Welkom terug Nikolai, moenie ons in die steek laat nie asb!  Aliwal2012 06:38, 8 November 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ons maandelikse besoeke vir Oktober is maar 1.8 miljoen. Sien Besoeke. Wat my bekommer is dat daar gekarring is aan die insamel van die statistiek. Bv. was ons besoeke vir Julie 5,2 miljoen soos ek hier berig het, nou wys dit as 3,8 miljoen. Die vorige hoogtepunt van 4,6 miljoen is ook af na 3,iets miljoen. @Rooiratel en Pynappel: kan julle dalk lig werp hierop? Groete! Oesjaar (kontak) 08:18, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar kan jy 'n skakel stuur waar jy voorheen gesê het dat Julie se besoeke 5,2 miljoen was? Ek het die konteks van daai boodskap nodig.
So ver ek kan sien, sien ek nie iets fout met die statistieke soos hulle nou is nie. - Rooiratel (kontak) 09:30, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Hier is wat ek gesê het: Julie Oesjaar (kontak) 09:43, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie, ja ek sien nou in daai skakel dat daar 'n verandering was in April.
"Update bot detection. Implemented a new method for detecting bot traffic, which resulted in more pages being classified as 'automated' rather than 'user'. See T395934.
So ja, die statistiek het verander. Hulle het nou 'n beter manier om besoeke as bots te klassifiseer. - Rooiratel (kontak) 11:33, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Ag bliksem! Weet jy by hoeveel instansies het ek die 5,2 aangehaal en daarmee gespog.... Oesjaar (kontak) 12:06, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, dit is maar ongelukkig. Nie jou skuld nie. Maar as mense dit bevraagteken kan jy maar net sê wat ek hier bo gesê het. - Rooiratel (kontak) 13:03, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
@Rooiratel:, ek het hierdie raakgeloop: Trends Groete! Oesjaar (kontak) 20:35, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Oesjaar, moenie worry nie: Die slim ANC het dieselfde probleem in verlede jaar se verkiesing beleef: Gedroom van 'n "wen"-stempersentasie van ver meer as 50%, toe haal hulle skaars 40%!! -- Aliwal2012 06:06, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
Mense gesels meer met KI en lees minder self. Ek dink besoekers tel as "unieke" besoekers, dus tel die miljoene mense wat OpenAI se ChatGPT gebruik, dalk nou as een besoeker. Besoeke vs besoekers? Wonder of hul ChatGPT as 'n bot sien, waarskynlik. Hulle moet beide apart lys, nie net uitskakel nie, in my opinie. ~2025-33545-75 (talk) 07:02, 15 November 2025 (UTC)[antwoord]

Die "Laai lêer" knoppie op hierdie bladsy werk nie. Dit gaan na 'n "Soek file upload wizard" -blad. Thermofan (kontak) 11:25, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]

Dit werk vir my. Gee asb. die skakel vir die "Soek file upload wizard" -blad. Dan sal ek sien of ek kan uit werk wat hier aan gaan. - Rooiratel (kontak) 11:36, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dit werk ook nie vir my nie. Dit gaan na Wikipedia:File upload wizard. – 🍍 Pynappel (kontak) 12:03, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]
Vir my wys die "Laai lêer"-skakel na https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:File_upload_wizard, maar moet eintlik na https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Laai wys. Die blad se naam is Laai lêer, maar die adres is net Spesiaal:Lêer. Thermofan (kontak) 12:31, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
Seker Spesiaal:Laai? ~ Burgert (kontak) 20:38, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
@Thermofan wat sien jy by Wikipedia:File_upload_wizard. Want ek sien Wikipedia:File_upload_wizard is 'n aanstuurbladsy na Spesiaal:Laai, en was nog altyd so. - Rooiratel (kontak) 06:28, 5 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dit was voorheen "Wikipedia bevat nie tans 'n Wikipedia-bladsy met hierdie presiese titel nie. Begin die ... bladsy; of Soek vir "Wikipedia:File upload wizard"...; of Soek vir bladsye binne Wikipedia wat hierheen skakel." Dit neem my nou na die aanstuurblad wat na Spesiaal:Laai wys. (Die aanstuur gaan nie self na die teiken nie.) @Pynappel het die aanstuur geskep of herskep. Dankie daarvoor! Thermofan (kontak) 13:37, 5 November 2025 (UTC)[antwoord]
Ja, ek het die aanstuur geskep, maar ongelukkig herlei dit jou nie outomaties na Spesiaal:Laai nie. Ek weet nie wanneer en hoekom die skakel in die kantbalk na Wikipedia:File_upload_wizard verander het nie. – 🍍 Pynappel (kontak) 13:44, 5 November 2025 (UTC)[antwoord]
Op twee verskillende rekenaars, Windows 10 en 11, op Edge en Chrome, stuur Wikipedia:File_upload_wizard nog steeds nie blad self na spesiaal:Laai nie. Kan iemand met die regte tipe regte asseblief die skakel links bo op hierdie bladsy regmaak? Die fout is seker êrens in die bronkode. Of iets...Thermofan (kontak) 15:57, 18 November 2025 (UTC)[antwoord]
@Thermofan ek dink ek het dit nou reggemaak. Bevestig asb. – 🍍 Pynappel (kontak) 16:13, 18 November 2025 (UTC)[antwoord]
Ja! Dit werk. Baie dankie. Opgelos Thermofan (kontak) 17:10, 18 November 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, vandag kan ek sê dat my besluit om beide vrouekrieket en -rugby ook te doen, blykbaar 'n goeie een was! Ná die Vrouerugbywêreldbeker 2025 het die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 ook voldoende materiaal en geskiedenis opgelewer en albei is met 100 000 grepe en 100 verwysings meer as geskik vir ons voorblad. My werk met vrouesport sluit ook die tekening van baie .svg-kaarte vir al die krieket- en rugbytoernooie, asook die terugwerkende uitbreiding van vroeëre toernooie in. Vir die res van die jaar is ek nog besig met al die vroeëre vrouekrieketwêreldbekertoernooie en sal ook die vrouerugbywêreldbekertoernooie opnuut klaarmaak. Ek hoop maar dit help. Van die Suid-Afrikaanse sportsterre praat mos ook Afrikaans. Groete. --  SpesBona 22:30, 3 November 2025 (UTC)[antwoord]

Hi SpesBona! Ek beaam wat jy in gedagte het en wens jou namens Wikipedia amptelik geluk met jou (byna volledige) sportbydraes, jy is 'n staatmaker! Vra my, dit kom nie maklik nie, en al die artikels het ook konstante opdatering van hul statistiek nodig, soos die jaar vorder en wedstryde uitgespeel word.
Kan jy nou na die krieket weer vir ons die tennissterre nagaan? Ek sal solank gholf en die F1-renjaers dek. Groete oorsee!  Aliwal2012 05:50, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
Sonder julle was ons ver agter. SA presteer ook wat langer afstand atletiek betref. Miskien kan iemand ons ook help met artikels vir die voorste Comrades-atlete. Ek sien bv. Bongmusa Mthembu, David Gatebe, Fusi Nhlapo, Charl Mattheus, Charné Bosman, Elena Nurgalieva en Olesya Nurgalieva. Ons het darem 'n redelike artikel vir Wayde van Niekerk. JMK (kontak) 05:59, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie JMK, ek spring sommer dadelik weg met artikels oor die maratonatlete. (Die Nurgalieva-tweeling is nou geskep)  Aliwal2012 08:48, 9 November 2025 (UTC)[antwoord]
Baie dankie julle, ek waardeer dit opreg!
Ja, Gert, soos jy sê, dit is 'n reuse taak om sportartikels op datum te hou en bronne na te gaan. Vir hierdie toernooie het ek elke wedstryd sover moontlik volledig gekyk en ook die verslae deeglik nagegaan. Tans is ek besig om al die vorige vrouekrieketwêreldbekertoernooie na te gaan en ek blaai deur elke ESPN-verslag om die statistieke deur te kyk: Is hulle korrek, is daar nog iets noemenswaardig? Statistiek soos hoogste lopiejaag, hoogste telling, ens. hersien ek vir elke vorige toernooi terugwerkend as dit oortref is. Ek vrees maar net dit gaan weer die hele week neem, soos by vorige hersienings. Ek hou daarvan om al die artikels saam te hersien en aan te pas, ek stoor hulle op my rekenaar, teken ook die kaarte van die deelnemende spanne en laai dan alles op een slag, al is dit 'n dosyn artikels en 20 kaarte. Dieselfde doen ek natuurlik ook vir rugby, beide mans en vroue. As ek vanaf nou ietwat stillerig is, werk ek in die agtergrond baie aandagtig.
Mens wil ook nie jou eie artikels verswak nie. Ek onthou nog baie goed hoe ons voor 2018 skaars krieket op die Afrikaanse Wikipedia gehad het en die rugbygehalte ook heelwat swakker was. Ek vind dit steeds interessant dat ek in Duitsland die twee vernaamste sportsoorte van Suid-Afrika doen, waarvoor waarskynlik 98% van die Duitsers nie eers omgee nie! Al hierdie artikels doen ek steeds tweetalig in Afrikaans en Duits, elke hersiening geskied dus altyd in beide Afrikaans en Duits. Soms glip maar die een of ander Duitse woord in die Afrikaanse Wikipedia en andersom.
Gert, wat jou vraag betref oor die tennissterre. Ek hersien hulle vier keer elke jaar, ná elke Grand Slam. Vir Olimpiese en Paralimpiese Spele en Sokker-Wêreldbekertoernooie voel ek ook verantwoordelik en met jou harde werk aan F1-renne kan ons in die belangrikste sportsoorte wêreldwyd met hoogste kwaliteit spog. Sokker, Olimpia, rugby, krieket en F1 is mos die "Groot Vyf" van sport. My pa kyk elke F1-wedren, gevolglik weet ek ook wat daar aangaan.
JMK, jy is 100% in die kol. Atletiek is natuurlik ook baie belangrik en ons kort goeie artikels hier. Suid-Afrika se hoogland is net soos Ethiopië en Kenia belangrike oefenterreine vir atlete. Ek dink ook aan bekende sportsoorte soos netbal en veldhokkie, ons het skaars artikels hieroor. Groete. --  SpesBona 22:00, 4 November 2025 (UTC)[antwoord]


Gemeenskap, Gebruiker:Maureen81 het die volgende onder my aandag gebring dat in die artikel Goudrifstad se weergawegeskiedenis, die volgende kommentaar staan nadat die naam verander is vanaf Gold Reef City: Afrikaanse naam bestaan en word ook só in publikasies gebruik Voyageur het die kommentaar aangebring. Maureen sê dat sy, na 'n navraag, die naam Goudrifstad nagespoor het, sonder enige trefslae. Julle komentaar asb. Groete! Oesjaar (kontak) 17:05, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]

Ek kry die volgende voorbeelde op Google:
  • Van Wyk, Marguerite (4 Junie 2009). "60 sekondes met Nianell". Netwerk24. Sangeres Nianell tree op 25 Julie eenmalig by die Lyric-teater by Goudrifstad in Johannesburg op.
  • "Nuwelinge fokus op dienslewering" (PDF). eish!. Februarie 2013. p. 19. Ná sy studies het hy bestuurder van Werknemerverhoudinge en Mensehulpbron-administrasie geword by Goudrifstad (Goldreef City), en in 2007 mensehulpbron-bestuurder vir die casino se 1 200 personeellede.
  • Kruger, Jackie (22 Julie 2019). "Riversdal-skone mik na Mej. Tiener Statebond SA-kroon". Netwerk24. Mej. Tiener Statebond 2019 word op 16 Augustus in Goudrifstad in Johannesburg gekies.
  • Van Niekerk, Caroline (Junie 2008). "Fathoming the musical identity/identities of James Phillips a.k.a. Bernoldus Niemand". p. 17. The well-known Black musician, Vusi Mahlasela, is quoted as saying "Hy [i.e. Johannes Kerkorrel] en ander kunstenaars soos James Phillips (Bernoldus Niemand) het saam in 'n vervalle huis in Goudrifstad tussen Johannesburg en Soweto gewoon. Ek het in die agterplaas van die huis in die buitekamer gebly... Hy en James Phillips was die grotes van daardie tyd. Hulle was so gemaklik en het geglo in wat hulle doen. Een keer nadat hulle weggetrek het, het ek hulle in Rocky-straat in Yeoville raakgeloop. Hoezit bra, het hulle gesê. James, hy was 'n anderste man, het dadelik twee biere uit sy jas gehaal en ons het dit daar saam op die sypaadjie gedrink, gelag en gesels. Die mense wat om ons geloop het, het ons vreemd aangekyk want hulle was nie gewoond dat wit en swart mense so saam kuier nie. Jy mag ook nie op straat gedrink het nie, maar James-hulle het nie omgegee wat mense dink nie" (W. Pretorius, Kerkorrel, p. 52).
  • Engelbrecht, David (28 Januarie 2017). "Heelparty onse in dié sakkie ponde". Netwerk24. Op hierdie roete leer jy meer van die unieke argitektuur, kuns en graffiti wat in die gebied voorkom. Besienswaardighede waarheen jy geneem word, sluit in die Sterkfontein-grotte, Goudrifstad, die Museum Africa, die Apartheidsmuseum en die Johannesburgse Kunsgalery.
– 🍍 Pynappel (kontak) 17:36, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]
Geregistreerde kommersiële handelsname word nie na Afrikaans vertaal nie, bv. Facebook, Apple, Incredible Connection. Insgelyks word die eienaam Gold Reef City oorwegend onveranderd in Afrikaans gebruik. Tensy Gold Reef City self ook Goudrifstad gebruik, sou ek aanbeveel dat dit eerder weer verander word na Gold Reef City.
Ek het 'n Korpusportaalsoektog in VivA se Korpusportaal ook gedoen. "Goudrifstad" word in slegs een ander dokument/publikasie (behalwe Wikipedia) gebruik, terwyl "Gold Reef City" oorwegend gebruik word. Daar is 105 trefslae in 53 dokumente. Maureen81 (kontak) 18:17, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]
Daar bestaan nie 'n plek soos Goudrifstad nie. Dan kan 'n mens netsowel ook praat van Sonstad. Die plek se naam is Gold Reef City. ~ Burgert (kontak) 23:30, 11 November 2025 (UTC)[antwoord]
Die Gold Reef is in elk geval die Goudrand in Afrikaans, nie die Goudrif nie. ~ Burgert (kontak) 00:03, 12 November 2025 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer – 🍍 Pynappel (kontak) 00:08, 12 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dankie aan almal vir jul bydraes! Groete! Oesjaar (kontak) 11:52, 12 November 2025 (UTC)[antwoord]

Baie geluk aan ons Afrikaanse Wikipedia met sy 24ste verjaarsdag vandag! Daar gaan ongelukkig nie hierdie jaar 'n funksie wees nie. Baie dankie aan die gebruikers wat bydraes gemaak het die afgelope jaar, elke bietjie tel! Wees gerus, ons het reeds, maak steeds en gaan nog 'n groter verskil in leerders, onderwysers en ouers se lewens maak in die toekoms! Hiep, hiep, hoera! Groete! Oesjaar (kontak) 10:07, 16 November 2025 (UTC)[antwoord]

Geluk aan jou ook grootbek!
Drie professors het positief gereageer op ons Bakkiesblad! Groete! Oesjaar (kontak) 07:58, 17 November 2025 (UTC)[antwoord]

Ná die gesels op Bespreking:Meksiko oor die spelwyse van Mexiko of Meksiko het BurgertB, Aliwal2012 en ek ooreengekom dat dit onnodige werk is om die een in die ander te verander, aangesien albei wisselvorme is en dus steeds korrek is. Ek gaan net die status quo herstel en dan bly Mexiko Mexiko en Meksiko Meksiko. Daar is 'n aanstuur van Mexiko na Meksiko, waarvolgens albei spellings gebruik kan word, maar moenie in ander artikels die een in die ander verander nie, dit is 'n kompromie! Ek dink dit is die beste oplossing en spaar ons baie werk! Groete. --  SpesBona 19:36, 20 November 2025 (UTC)[antwoord]

Dankie, gelees en beaam! Ons het in elk geval baie belangriker goed om hier te doen as om tyd met Mexiko←→Meksiko te verspeel !
Geniet die naweek, ek gaan nou virtueel 2025 Las Vegas Grand Prix toe. Die enigste hierdie jaar wat op 'n Saterdag plaasvind. -- Aliwal2012 11:01, 21 November 2025 (UTC)[antwoord]

Ek woon soms prof. Francois Durand se praatjies by en hy het my vertel van https://wereldomons.co.za/. Die opvoedkundige inligting is ensiklopedies en word onder 'n nie-kommersiële lisensie vrygestel. Verder besef ek onlangs dat Potch Universiteit nou, 2025, ook totaal Engels is. Was nog onder die indruk dat dit 'n uithoek van Afrikaans was. Dit maak die afsetpunte vir Afrikaanse gedrukte leermateriaal nog minder, tensy ander Afrikaanse instellings op die been gebring word. JMK (kontak) 12:54, 26 November 2025 (UTC)[antwoord]

@JMK:, ek verstaan presies wat jy bedoel. My vrou is 'n onderwyseres in 'n voorheen tegniese skool hier in Krugersdorp wat nou verkleur het. Ek en sy is na aanmekaar, ek is verstom as ek hoor hoe sleg dinge op skoolvlak gaan. Ek modireer nou haar skool se elektriese vraestelle, die nuwe geslag onnies het eenvoudig nie die vermoë nie. Mens kan nie die probleme met ons proffs. en Dr's bespreek nie, hulle kinders gaan na die duur inkomste skole en verstaan nie wat mens bedoel nie. Ek praat nou die dag weer met 'n prof oor ons Wikipedia, haar houding: waar staan my naam en wat word ek betaal? Daar is tans net twee aanlyn Afrikaanse ensiklopedieë; ons en Weet van Maroela Media, wat volgens hulle self 'n kinderensiklopedie is. Ons het 'n moerse taak vorentoe. Groete! Oesjaar (kontak) 14:26, 26 November 2025 (UTC)[antwoord]
Dié verbasende onkunde wys dat basiese en/of gevorderde wiki-opleiding vir skoliere sowel as onderwysers, profs en doktore nuttig sal wees – mense wat ons gewoonlik dink reeds alles weet. Veral skoliere wat 'n akademiese rigting beoog kan by 'n eerste wiki-samevatting van hul onderwerp-kennis met die nodige stel verwysings baatvind. JMK (kontak) 05:58, 27 November 2025 (UTC)[antwoord]

Goeienaand gemeenskap. Die artikels Amerikaanse arend, Andiese kondor en bronskiewiet beskou ek steeds baie nuttig vir die nasionale rugbyspanne en dit voeg baie waarde by. Nou het ek die Paraguaanse nasionale rugbyspan begin. Dit bring my tot my volgende vraag. Wat is die Afrikaanse naam van hulle embleem? Sy wetenskaplike naam is Caiman yacare en in Duits ken ons dit as die Brillenkaiman. In Engels is dit Yacarekaaiman en die Nederlandse naam is ook verwant Yacarekaaiman. Groete. --  SpesBona 22:05, 1 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

@SpesBona: Ek wonder of 'n mens nie sal praat van die "Paraguaanse kaaiman" nie. Ek sien in Engels is Paraguayan caiman 'n sinoniem. 'n Brilkaaiman lyk vir my soos 'n ander dier. ~ Burgert (kontak) 15:43, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB: baie dankie, nou verstaan ek. Die Nederlandse Brilkaaiman (Caiman crocodilus) en die Duitse Brillenkaiman (Caiman yacare) is nie dieselfde reptiel nie. Lyk my die Duitsers het die suidelike een eerste teëgekom en die Nederlanders die noordelike een. In Duits word eersgenoemde ook Noordelike Brilkaaiman en die tweede Suidelike Brilkaaiman genoem, wat in Nederlands die Yacarekaaiman is. Baie interessant as jy daaroor dink. Paraguaanse kaaiman sal vir my werk, aangesien dit die land is waar hy byna oral aangetref kan word. Maar wat is die ander kaaiman se Afrikaanse naam?
Vandag het ek oor die Taiwannese nasionale rugbyspan se blare gewonder en rondgeblaai. Toe het ek op Kampferbaum afgekom wat in Afrikaans kanferboom genoem word. Die Duitse artikel beweer dat uit dié boom se bas kaneel gemaak word. Maar in ons artikel word dit nie genoem nie. Ek wil dit nie somer bywerk nie, aangesien Wikipedia nie 'n bron vir Wikipedia is nie. Met die wetenskaplike naam Cinnamomum camphora lyk dit egter korrek te wees. Dit is interessant op watter goed 'n mens alles afkom as jy lekker rondlees. Groete. --  SpesBona 19:30, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Dit is kanfer wat van die kanferboom verkry word. Kaneel is iets anders; dit word van die kaneelboom verkry. Maar ek sien albei bome behoort tot die genus Cinnamomum. Ek neem aan hulle is dus verwant. ~ Burgert (kontak) 20:21, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Kaneel kan van 'n paar spesies in die genus verkry word. Daar is net 227 spesies in die genus. Moenie karring as julle nie seker is nie. Groete! Oesjaar (kontak) 20:37, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ons karring nie. Die punt is: Daar is 'n groot verskil tussen kanfer en kaneel. ~ Burgert (kontak) 20:42, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Nou wonder ek! Gaan ek dit uit die Duitse artikel verwyder (dit word net in dié artikel se inleiding genoem, maar nie by gebruik nie), of in die Afrikaanse Wikipedia byvoeg? Lyk my ons kort ook kanfer en kaneelboom. Ek sien daar is 'n groot verskil tussen kanfer (medisyne) en kaneel ('n spesery wat veral nou baie gesog is). Van sport na biologie, dit is Wikipedia! Groete. --  SpesBona 20:48, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: Die Duitse artikel sê net die kanferboom behoort tot dieselfde genus as die kaneelboom, nie dat kaneel daaruit verkry word nie. ~ Burgert (kontak) 21:54, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB: die verskil tussen deren en dessen, ek sien. Waar is my moedertaal nou? Ai! Groete. --  SpesBona 22:01, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Tyd om prof. Braam van Wyk te nader... Groete! Oesjaar (kontak) 20:50, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar: asb: Oor kaneel en kanfer, asook die Paraguaanse kaaiman (Caiman yacare) en wat die tweede reptiel (Caiman crocodilus) se Afrikaanse naam is. Groete. --  SpesBona 21:55, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Soos hierbo bespreek het ek "brilkaaiman" in Paraguaanse kaaiman verander. @Suidpunt, JMK, en Woordgenoot: Het julle dalk 'n idee wat die ander reptiel Caiman crocodilus se Afrikaanse naam is? Dalk kan iemand kundiges ook artikels soos kaaiman, Paraguaanse kaaiman en vir die ander skep? Groete. --  SpesBona 21:35, 13 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona: Dit lyk my of die Caiman crocodilus in Afrikaans die "brilkaaiman" is. Dis die Nederlandse naam en ChatGPT sê ook so. ~ Burgert (kontak) 23:33, 13 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@BurgertB: baie dankie. Ja, hoekom dan nou nie? Dit maak myns insiens sin. Groete. --  SpesBona 22:00, 16 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ons besoeke vir November is 'n allemintige 7,023 miljoen! Sien Besoeke. Dit is amper dubbel ons vorige rekord! Hou in gedagte, in November het alle grade eksamen geskryf! Ek sal later meer hieroor praat, moet eers grassny terwyl die son skyn... Groete! Oesjaar (kontak) 07:50, 2 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Daar is tans twee Gebruikers wat xxxxsaadjies kategorieë skep. Binne die kategorieë kan hulle nou letterlik enige iets stort. Ook sê dit vir my dat hulle nie van plan is om werklik artikels van Ensiklopediese belang te skep nie. Ook die saadjies is drie tot vier paragrawe groot sonder enige bronne. Waar kry hulle die inligting? Dan weet ons ook saadjies word nie meer ontkiem word nie; dit is soos rooi skakels - min word omskep in artikels. Julle opinies asb. Groete! Oesjaar (kontak) 05:39, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Sien Kategorie:Saadjiesjablone, het dit werklik waarde? Oesjaar (kontak) 05:43, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Die artikel Windhoek het as een paragraaf begin, sonder bronne. Vandag is dit 'n voorbladartikel. – 🍍 Pynappel (kontak) 06:15, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Dit is een. Ek het die sjabloon:saadjie probeer tel, opgegee na 21,000... Groete! Oesjaar (kontak) 06:34, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek self verkies ook langer artikels maar enige artikel moet seker iewers begin. Miskien kan daar weer in die toekoms ontkiemingskompetisies wees om die hoë aantal saadjies aan te spreek. Sobaka (kontak) 06:58, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar die punt van Kategorie:Saadjiesjablone is om Saadjiesjablone te kategoriseer, soos enige kategorie oor 'n onderwerp.
Hoe help dit ons om die sjablone in een plek te hê? Mense (of selfs 'n WikiProjek) wat spesifieke onderwerpe wil uitbrei, kan maklik al die bladsye oor hulle onderwerp vind wat nog steeds 'n saadjie is, en dit uitbrei. Sonder die sjablone is dit baie moeilik.
Verder dit is glad nie 'n vereiste dat elke bladsy 'n voorblad moet wees nie. Ja dit is 'n goeie doelwit maar onrealisties. Moet ons al jou plant artikels skrap omdat hulle saadjies is, en meeste word nie veel uitgebrei nie? Nee ek dink nie so nie, en ek dink ook nie so oor al die ander saadjie bladsye nie. Die saadjies is die fondasie van ons wiki, en almal is vry om wolkekrabbers daarop te bou. - Rooiratel (kontak) 10:11, 3 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, ek sien die woord dwarsgetuigde in ons voorblad oor Dan Sleigh. Ken julle die woord? Groete! Oesjaar (kontak) 06:07, 8 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Ek dink dit verwys na wat in Engels as cross-rigged bekendstaan. Dit beskryf 'n seilvaartuig waarvan die maste in 'n ongewone of "gekruisde" of "dwars" konfigurasie gerangskik is – in wese anders getuig (uitgelê) as die standaardopstelling vir daardie tipe skip. Miskien moet dit eerder dwarsgetuigde/dwarsuitgelegde wees? Sobaka (kontak) 09:33, 8 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek het vir ChatGPT gevra oor die twee terme en dit het dwarsgetuigde voorgestel. Die GTM beweer dit is meer in lyn met maritieme termgebruik.
  • Getuig = to rig a ship.
  • Dwars = crosswise.

So “dwarsgetuigde skip” beteken ’n vaartuig waarvan die tuig (maste ens ) anders as in die gewone rigting of tipe loop, of waar verskillende tuigsoorte gemeng word. Glo dit sal beter wees as taalkenners hul uitspraak gee oor watter term korrek is. Sobaka (kontak) 09:50, 8 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

"Getuigde" word in die WAT erken. ~ Burgert (kontak) 14:44, 8 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Hier is 'n antwoord van Alet Cloete by die WAT:

"Môre, Deon. Jammer ek antwoord nou eers. Ek het besig geraak op kantoor en toe heeltemal vergeet om te antwoord. Ek ken nie die woord nie en dit is ook nie in die WAT opgeneem nie, maar ek het ‘n Hollandse definisie aanlyn gekry. Ek vertaal losweg: Dwarsgetuigde (cross-rigged/square-rigged) beskryf ‘n seilkonfigurasie waar die seile (meestal vierkantige seile) dwars op die maste staan, dus haaks op die skeepsrigting, wat meer seiloppervlakte en snelheid bied, tipies vir groot seilskepe"

...en hier is Maureen van Helden by VivA se antwoord:

Hallo Deon

Ons het nou in die bronne tot ons beskikking gaan kyk, maar ons kry nie die woord "dwarsgetuigde" in enige bronne behalwe julle Wikipedia-artikel nie. Maureen Van Helden: Volgens Pharos is die korrekte Afrikaanse term "vierkanttuig". Die Engels is "square rig" en die Nederlands is "dwarsgetuig(d)". Maureen Van Helden: "vierkanttuig" word gebruik in julle artikel oor die Alabama https://af.wikipedia.org/wiki/Alabama_(skip)

Groete. Oesjaar (kontak) 19:44, 10 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Ontvang af:wiki tans enige spandeerbare fondse van wikimedia? Kry ons min of kry ons niks? JMK (kontak) 06:46, 10 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Niks. Groete! Oesjaar (kontak) 07:03, 10 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek hoor. Het gedink dat as af.wiki iets soos R10 000 uit wikimedia kon onttrek, ons vir 'n paar gereelde bydraers iets soos 'n penskandeerder kan koop om inligting meer effektief uit fisiese brondokumente te onttrek. Ek dink dit kan die groei van af.wiki nogal bespoedig. Dié skandeerders kos so R700 tot R2 000 per item, maar ek weet nie wat die kwaliteit of effektiwiteit van die goedkoperes is nie. Sal meer uitvind by plaaslike rekenaarwinkels. JMK (kontak) 07:50, 10 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek gesels tans met moontlike ondersteuners... Groete! Oesjaar (kontak) 19:47, 10 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar en JMK: Naand, die vinnigste manier hoe die Afrikaanse Wikipedia fondse van die Wikimedia-stigting kan kry, is deur 'n gebruikersgroep (Meta:Wikimedia user groups) te stig. Noem dit sommer die "Afrikaans Wikimedia Community User Group". Dis vrek maklik om een te stig. Jy nodig soos twee kontakpersone en 'n handjievol stigterslede. Jy hoef nie eers dit by CIPC te registreer nie, want dit is nie 'n nie-regeringsorganisasie of besigheid nie. Dit hoef slegs deur die Wikimedia-stigting erken te word. Meeste Afrika-lande het gebruikersgroepe in plaas van chapters soos Wikimedia ZA. Nadat die Affiliations Committee dit goedgekeur het, kan jy begin aansoek doen vir fondse en goed soos dit. Die heel eerste "grant" waarvoor jy aansoek kan doen is 'n "Rapid Fund" en dit gee jou tussen R9 000 en R90 000. Meer as genoeg vir kompetisies. Jy moet 'n plan van aksie hê. Indien jy besluit om een te stig, moet asb nie dit as 'n anti-WMZA organisasie stig nie, want die mense by die Wikimedia-stigting hou nie daarvan om in plaaslike twiste betrokke te raak nie. Groete, Lefcentreright (kontak) 22:30, 11 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Jy kan ook probeer om fondse by Wikimedia ZA te kry. Good luck with that. In Januarie vanjaar was daar 'n geleentheid om projekte vir die chapter voor te stel, die raad het eers in Augustus/September deur die voorstelle gegaan en party goedgekeur/verwerp. Jou beste opsie is maar om 'n gebruikersgroep te stig. Lefcentreright (kontak) 22:42, 11 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek sien. Jy stel 'n WMZA-omseilings- eerder as anti-WMZA-gebruikergroep voor – want jy bevestig dat ons tyd met WMZA verkwis. Ek weet nie hoe WM die verskil tussen die twee sal agterkom nie. Maar as ons eendag 'n bankrekening het kan ons dalk opsie 1 probeer. JMK (kontak) 14:14, 15 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, soos julle weet doen ek van my skryfwerk oor krieket en rugby parallel in beide Afrikaans en Duits. Gister, natuurlik op Versoeningsdag/Geloftedag, het die Proteas op die Duitse voorblad verskyn. Kom ons kyk nou na die lesergetalle vir gister, saam met Afrikaans, Suid-Afrika, vlag van Suid-Afrika en die Springbokke, al vyf is artikels met sterretjies (die landsartikel soos ons s'n 'n voorbladartikel, die ander is lesenswaardige artikels, gelyk aan die Engelse good articles). By die Springbokke, Proteas en die vlag het ek 'n goeie aandeel aan die inhoud, maar nie alleen nie! Die Proteas het gister 5 832 lesers gelok. Groete. --  SpesBona 22:05, 17 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Dankie vir die inligting. Baie interessant. Groete! Oesjaar (kontak) 12:36, 19 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

@Pynappel en Rooiratel:, ons dieptesyfer het nou gedaal na 37. 'n Opmerking: ons het die aantal Taksonomie:sjablone van 12 000+ na net oor die 4 500+ verminder deur hulle met Spesiebokse te vervang. Spesiebokse is aansienlik kleiner m.b.t. die aantal karakters maar aansienlik kragtiger! Vraag: Sal die amper 8 000 sjabloonveranderinge se gesamentlike karakters 'n invloed uitoefen op ons dieptegetal? Vra maar net... Groete! Oesjaar (kontak) 06:52, 19 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

@Oesjaar sien die definisie van diepte hier: meta:Wikipedia_article_depth#Definition. Die grootte van artikels is nie 'n faktor nie. Het die aantal nie-artikels (bv. kategorieë, sjablone) onlangs afgeneem? Of dalk het die aantal artikels net vinniger toegeneem as die aantal wysigings? – 🍍 Pynappel (kontak) 12:02, 19 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek neem aan die afname in diepte is te wyte aan die duisende saadjies wat anderstaliges deesdae hier skep, nie waar nie? ~ Burgert (kontak) 16:11, 19 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem saam met jou! Groete! Oesjaar (kontak) 17:03, 19 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek stem ook 100% saam! Al daardie rekenaarvertaalde artikels sonder inligtingskasse maak my mal! Ek het vandag die een of ander gedoen omdat van die artikels in voorbladartikels genoem word, maar ons sal nooit by al die artikels uitkom nie. Dit is 'n full time job, boonop met swak taalgebruik. Ons het nie die mannekrag om duisende saadjies en honderde rekenaarvertaalde artikels te versorg nie. Ons moet ook al ons voorblad- en gewone artikels op datum hou. Ons werk hier in ons vrye tyd met familie en alles, ai! Groete. --  SpesBona 21:45, 22 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
@SpesBona, jy klink nou soos die eerste skrywer wat altyd sê: 'Familie en alles..." Vertel ons ook iets van jou familie, as jy nie omgee nie!
Kersgroete!  Aliwal2012 09:59, 24 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ek is laat na die gesprek, maar hier is my kommentaar:
Dit maak geen verskil hoeveel keer 'n sjabloon gebruik word of nie. Net hoeveel sjablone bestaan. (Sjablone val onder die "nie-artikel" kategorie)
Volgens die formule is die twee dinge wat die grootste invloed op die dieptesyfer hê: die aantal wysigings op ons wiki, en die aantal "nie-artikels".
So as elke nuwe artikel ook 'n besprekingsbladsy het, dan sal die dieptesyfer nie afneem nie. Glad nie 'n moeilike taak nie. - Rooiratel (kontak) 09:17, 8 Januarie 2026 (UTC)[antwoord]


Aan al ons gebruikers, lesers en ondersteuners en familie: 'n baie Geseënde Kersfees vir 2025! Groete! Oesjaar (kontak) 21:07, 24 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Geseënd vir julle ook!  Aliwal2012 21:19, 24 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Van my en almal diekant ook. Thermofan (kontak) 06:36, 25 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Ah, lyk of Thermofan met sy belangstelling in "motors, meganiese ontwerp..." endiesmeer vir ons die artikel oor Gier (beweging) / Yaw (rotation) kan skep. Die masjiene, vlieëniers-, vliegtuig- en krygsterme val net 'n effe buite my fokusarea. In ieder geval, alle oompies en ou tannies moet vrede en rus oor die geseënde tyd ervaar. JMK (kontak) 14:00, 25 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

Gemeenskap, kan ek hierdie artikel maar skrap? Geen bronne, bestaan net op ons Wikipedia en swak taalgebruik. Groete! Oesjaar (kontak) 06:37, 29 Desember 2025 (UTC)[antwoord]

The Global Association of Mixed Martial Arts (GAMMA) is in 2018 gestig deur voormalige WMMAA- en IMMAF-federasies en verteenwoordigers. Dit is dus ‘n betreklik nuwe assosiasie en het nie ‘n Engelse Wikipedia-artikel nie. Gaan te veel moeite wees om die artikel te red. Laat hulle maar eers ‘n Engelse artikel skep voor hulle hier probeer. Dink dit kan geskrap word. Sobaka (kontak) 06:46, 29 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
Skrap dit gerus! -- Aliwal2012 07:22, 29 Desember 2025 (UTC)[antwoord]
  1. "Afrikaans remains the benchmark for large African instances, and recently reached 125,000 articles, a hefty one eighth of a million. It still maintains a good depth of 38, but this has dropped slightly from 45 in October 2024, which while still well ahead of the other large African language instances, is something to work on."