Wikipedia:Welkom nuwelinge - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by die
Afrikaanse Wikipedia
, die gewildste
Afrikaanse
aanlyn
ensiklopedie
Die Afrikaanse Wikipedia is in Desember 2001 begin, en maak deel uit van Wikipedia, 'n gemeenskapsprojek met die doel om in elke taal 'n volledige ensiklopedie te skep. Dis gratis om Wikipedia te gebruik om inligting te
soek
, én om inligting by te voeg. Tans is daar
128 774
Afrikaanse artikels.
Wikipedia word volledig deur vrywilligers uit die publiek uit (mense soos jy) geskryf en onderhou. Hulle het nie spesiale kwalifikasies of ondervinding nie, maar slegs 'n begeerte om 'n goeie gratis Afrikaanse ensiklopedie op te bou. Kom dra ook asseblief jou kennis en hulp by – dit is makliker as wat jy dink – sodat ons Wikipedia nog verder kan verbeter.
Stap-vir-stapgids
Is daar 'n onderwerp wat jou interesseer? Het jy kundigheid op 'n vakgebied? Of hinder 'n fout in 'n artikel jou? Hierdie stap-vir-stapgids leer jou hoe om Wikipedia-artikels te wysig, en hoe om nuwe artikels te skep.
Hoe om 'n artikel te wysig
Veronderstel dat jy die artikel
Tennis
wil wysig. Volg hierdie stappe:
Stap 1: Gaan na die artikel toe
Stap 2: Klik op die Wysig skakel
Na aan die regterkantste boonste hoek van elke bladsy, en net links van die soekboksie, is daar 'n skakel
Wysig
. Klik daarop.
Stap 3: Skryf aan die artikel
Nadat jy op
Wysig
geklik het, gaan daar 'n nuwe blad laai met die titel
Besig om Tennis te Wysig
. Net onderkant hierdie titel is daar 'n groot teksboks wat die inhoud van die artikel bevat. Jy kan in hierdie teksboks skryf. Dit is hoe mens artikels se inhoud verander. Enige teks wat jy hier toevoeg gaan in die artikel verskyn.
Klik op beeld vir 'n groter weergawe
Wikipedia het ook 'n manier om die artikel se styl aan te dui. Wil jy 'n woord in
vetskrif
skryf? Plaas dan drie afkaptekens voor die woord, en drie afkaptekens direk daarna. Wil jy dit in
kursief
skryf? Plaas dan twee afkaptekens voor dit, en twee direk daarna. Daar is 'n hele
reeks
sulke tekens wat gebruik kan word, maar in die begin hoef jy jou nie daaroor te bekommer nie.
Stap 4: Stoor die artikel
As jy klaar is met al jou veranderings, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe. Daar is 'n skakel
Publiseer wysigings
. Klik daarop.
Veels geluk, jy het 'n nuwe bydra tot Wikipedia gelewer.
Hoe om 'n nuwe artikel te skep
Veronderstel dat jy baie graag die artikel
Handskoen
wil skryf:
Stap 1: Maak seker dat die artikel nie reeds bestaan nie
Gebruik die soek-funksie (die soekboksie is in die regterkantste boonste hoek van die webblad) om na die artikel te soek. As dit nie bestaan nie, dan sal daar 'n bladsy laai met die titel
Soekresultate
. Daar sal 'n boodskap wees wat sê:
U mag die bladsy "Handskoen" op hierdie wiki skep, maar oorweeg dit om die soekresultate hieronder na te gaan om te bevestig of die onderwerp nie alreeds in 'n bestaande artikel gedek word nie
Klik op beeld vir 'n groter weergawe
Stap 2: Skep die nuwe artikel
Let op dat die woord
Handskoen
in die sin hierbo in rooi geskryf is. Om die nuwe artikel te skep is eenvoudig: klik net op die rooi skakel
Handskoen
. Dit is 'n algemene reël op Wikipedia: klik op rooi skakels om nuwe artikels te skep.
Stap 3: Skryf aan die artikel
'n Nuwe blad gaan laai, met die titel
Besig om Handskoen te skep
. Jy sal opmerk dat daar 'n groot teksboks op die bladsy is. Jy gaan die artikel in hierdie teksboks skryf. Op die oomblik is die teksboks nog leeg, so kom ons skryf die onverbeterlike sin
’n Handskoen is ’n kledingstuk waarmee mense hulle hande bedek
daarin.
Klik op beeld vir 'n groter weergawe
Stap 4: Stoor die artikel
As jy klaar is, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe, en klik op
Publiseer wysigings
Veels geluk! Jy het 'n nuwe artikel geskep. Dit lyk so:
Klik op beeld vir 'n groter weergawe
Deur op
stoor
te klik het jy egter hierdie artikel
vrygestel
onder GNU/FDL. Moenie verbaas wees indien ander gebruikers dit gaan wysig nie. Hulle het die reg om dit te doen. Vrygestel wil sê dat dit nie meer
joune
is nie. Jy kan mos ook hulle werk wysig?
Meer inligting
Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:
Gebruikersportaal
– Heelwat skakels na verskeie dele van die projek, maniere om betrokke te raak, ens. Die skakel is ook links op die skerm as deel van elke blad (onder "navigasie"). Hierdie is waarskynlik die plek wat die beste aanvanklike uitleg gee van blaaie waarin redigeerders sal belangstel.
Onlangse wysigings
– Hier kan mens wysigings dophou en sien presies wat elkeen op die lys verander het aan 'n betrokke blad. Dit kan waardevol wees om hierdie wysigings dop te hou – so leer mens die konvensies en kry dalk ook 'n nuttige wenk of twee.
Geselshoekie
– Plek om algemene vrae te vra, idees voor te stel, ens. Dit is waarskynlik die bymekaarkomplek met die meeste aktiwiteit. Hou dit gerus dop!
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
– Dis soms nuttig om iets van alles te weet, in plaas van alles oor iets. Hierdie bladsy bied 'n oorsig oor die skryf van 'n nuwe artikel, met skakels na ander nuttige hulpbladsye.
Elke blad het 'n besprekingsblad. Daar kan spesifieke vrae of opmerkings vir 'n blad of gebruiker gelos word. Bo-aan elke blad is daar 'n skakel "Bespreking" waar die artikel bespreek kan word. 'n Gebruiker se besprekingsblad kan gebruik word om 'n boodskap vir 'n spesifieke gebruiker te laat.
Stap 1
: Klik op
Wysig
. Kry dit bo-aan die bladsy of langs elke kleiner hofie van die artikel (indien jy slegs daardie deel wil verander, soos in die volgende stap op die foto gewys word).
Stap 2
: Sê jou sê. Skryf, brei uit, vertaal uit ander Wikipedia's (soos Engels of Nederlands) of maak spelfoute reg.
Stap 3
: Gebruik die nutsbalk (
toolbar
) om woorde in vetdruk (
bold
), skuinsskrif (
italics
) of as opskrifte (tussen
==
-tekens) te skryf waar nodig.
Stap 4
: Het jy dalk iets nuuts bygeskryf? Waar kry jy daardie inligting vandaan? As jy kan, skryf langs jou sin of paragraaf
punthakie (
),
ref
, punthakie (
),
gevolg deur die bron, boek (met skrywer, jaar van publisering, uitgewer en bladsynommer) of webadres
en dan punthakie (
), skuinsstreep (
ref
en punthakie (
).
So kan almal dan daardie webbladsy, boek of tydskrif gaan lees om die onderwerp beter te begryp.
Soms sal 'n rooi foutboodskap opduik nadat jy klaar is met Stap 5. Dan voeg jy net heel onder aan die artikel by: 'n dubbele linkskrulhakie (
{{
),
verwysings
en dan weer twee regskrulhakies (
}}
).
Probleem opgelos.
Stap 5
:Druk die
Wys voorskou
-knoppie, heel onder aan die bladsy, sodat jy kan kyk of alles na jou smaak is.
Stap 6
: Tevrede? Klik die
Publiseer wysigings
-knoppie, heel links onder aan die bladsy.
Stap 7
: Brand jy vas? Skryf vir ons by
Geselshoekie
Oriëntasie
Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:
Gebruikersportaal
– Heelwat skakels na verskeie dele van die projek, maniere om betrokke te raak, ens. Die skakel is ook links op die skerm as deel van elke blad (onder "navigasie"). Hierdie is waarskynlik die plek wat die beste aanvanklike uitleg gee van blaaie waarin redigeerders sal belangstel.
Onlangse wysigings
– Hier kan mens wysigings dophou en sien presies wat elkeen op die lys verander het aan 'n betrokke blad. Dit kan waardevol wees om hierdie wysigings dop te hou – so leer mens die konvensies en kry dalk ook 'n nuttige wenk of twee.
Geselshoekie
– Plek om algemene vrae te vra, idees voor te stel, ens. Dit is waarskynlik die bymekaarkomplek met die meeste aktiwiteit. Hou dit gerus dop!
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
– Dis soms nuttig om iets van alles te weet, in plaas van alles oor iets. Hierdie bladsy bied 'n oorsig oor die skryf van 'n nuwe artikel, met skakels na ander nuttige hulpbladsye.
Elke blad het 'n besprekingsblad. Daar kan spesifieke vrae of opmerkings vir 'n blad of gebruiker gelos word. Bo-aan elke blad is daar 'n skakel "bespreking" waar die artikel bespreek kan word. 'n Gebruiker se besprekingsblad kan gebruik word om 'n boodskap vir 'n spesifieke gebruiker te los.
Die belangrikste reëls
Lees gerus die artikels oor ons
beleid
Hou die artikels maar Afrikaans! Daar bestaan ook 'n
Nederlandse Wikipedia
Engelse Wikipedia
, en 'n klomp
anderstalige Wikipedias
waarin bydraes in daardie taal gelewer kan word. (Vir besprekings gebruik ons ook ander tale).
Probeer sover as moontlik Standaardafrikaans gebruik, wat beteken dat gereedskap soos 'n woordeboek, die
HAT
en
Afrikaanse woordelys en spelreëls
baie handig te pas gaan kom! Gebruik ook vakwoordeboeke, waar moontlik.
Probeer
objektief
wees — d.w.s., geen reklame, propaganda, of kru taal nie, asseblief!
Gebruik of skep eie werk. Die gebruik van
inhoud vanaf ander bronne
sonder toestemming bring vir Wikipedia geregtelike probleme. Die Wikipedias van andere tale kan vrylik gebruik word aangesien die
GNU/FDL
-lisensie mens die vryheid verleen om dit te doen.
Skryf so ensiklopedies as moontlik. Sorg dat die artikel, hoe klein ook al, in hierdie
ensiklopedie
pas deur goeie en gepaste taalgebruik, inhoud en uitleg. Maar moenie dat voorgenoemde jou ontmoedig nie —
voel vry om enige bydrae te lewer
, wat deur al die besoekers hier verander en gepoleer kan word.
'n Paar wenke
Hoofartikel:
Wikipedia:Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
'n Rooi skakel beteken daar bestaan nog nie inligting oor daardie onderwerp nie, en dit is jou uitnodiging om 'n nuwe bladsy te begin oor die onderwerp. As jy iets oor hierdie nuwe onderwerp wil bydra, klik eenvoudig op die rooi teks en
skryf oor die onderwerp
. Indien dit 'n algemene onderwerp is,
soek
eers deur die Wikipedia of daar nie dalk reeds 'n artikel onder 'n ander naam bestaan nie.
Aan die linkerkant van die skerm is 'n soekveld, waarin jy teks kan intik om deur die bestaande onderwerpe te soek.
Hou aan die linkerkant van die skerm ook
Onlangse wysigings
dop: vir outeurs is dit 'n belangrike blad. Daar is jou geleentheid om te help poleer aan nuwe werk, asook om leemtes te sien wat gevul kan word.
Wanneer jy aan 'n bladsy werk, vul die
Opsomming
veld in met 'n kort, saaklike beskrywing van wat jy verander het.
Gebruik die "
Wys voorskou
"-knop om 'n idee te kry hoe die bladsy gaan lyk voordat jy hom stoor.
Die eerste karakter van elke nuwe lyn is belangrik — sien
'n kort oorsig van teksuitleg
Gebruik dubbele vierkantige hakies om na 'n
[[onderwerp]]
te skakel. 'n Onbekende onderwerp sien jy as
onderwerp
, terwyl bestaande skakels soos
onderwerp
lyk.
Gebruik die besprekingsblad om oorleg met ander skrywers te pleeg, of om (moontlik drastiese) veranderings voor te stel. Onderteken jou voorstel met
~~~~
Jou
gebruikerbladsy
behoort net aan jou. Jy is nie verplig om daar wat oor jouself te sê nie, maar dit help in die kommunikasie met ander gebruikers. Misbruik van jou gebruikerblad (soos pornografie of kommersiële boodskappe) kan egter tot blokkering lei.
Jy kan jou gebruikerbladsy gebruik om jou eie
sandkas
te skep. Sit net
[[\Sandkas]]
op jou gebruikerbladsy en publiseer die wysiging. Daarna kan jy die op die rooi skakel kliek en begin om jou artikel te skryf. Later kan jy dit na die hoofruimte kopieer, waar ander gebruikers dit ook kan bewerk.
Algemeen
Duisende mense met 'n goeie dosis gesonde verstand dra by tot die totale Wikipedia in verskillende tale. Tans bestaan honderde Wikipedias waaraan geskryf en verbeter word. Enige besoeker kan daarby inval en saamwerk. Jy hoef nie noodwendig 'n naam te kies en daarmee aan te teken nie, maar ons probeer 'n gemeenskap hier bou waar almal mekaar leer ken (al is dit dan onder 'n skuilnaam) en daarom sal ons dit verwelkom. Kliek op 'n onderwerp wat jou interesseer, waarvan jy iets weet, en voeg iets by, maak 'n spelfout reg, of skryf 'n mooi artikel — 'n uitstekende geleentheid om jou eie kennis ook te verbeter!
Kom gereeld hierlangs — hoe meer bydraes jy lewer, hoe meer verantwoordelik voel jy oor hierdie unieke projek. Maar weereens,
voel in die eerste plek vry
. Werk op Wikipedia kan 'n genotvolle besigheid wees en baie vervulling bring.
Dit is ook belangrik om te weet dat
Wikipediane
onderling afgespreek het op 'n paar norme wat in gedagte gehou moet word:
Ons probeer om nie te argumenteer nie; in oorleg met mekaar soek ons die oplossing, en juis daarvoor is die besprekingsbladskakel bo-aan elke blad.
Ons probeer artikels so objektief as moontlik hou. Dit beteken dat Wikipedia nie die plek is om jou eie oortuigings te verkondig nie, al is die onderwerp ook hoe opspraakwekkend. Dit is nie 'n preekstoel of seepkis nie. Wikipedia bly 'n ensiklopedie — hou in gedagte
wat Wikipedia nie is nie
Indien jy iemand anders se werk wil verbeter of eie kennis wil bylas maar jy is onseker omtrent jou opinie, of as jy eenvoudig 'n vraag of opmerking oor 'n onderwerp het, gebruik dan wel die besprekingsblad van daardie onderwerp daarvoor.
Humoristiese opmerkings in 'n artikel kan die projek natuurlik lekkerder maak, maar die bedoeling is dat Wikipedia 'n belangrike bron van inligting word op alle gebiede van die menslike kennis, en daarom probeer ons nie te snaaks wees nie. Ons streef na lewendige en leesbare artikels met so 'n helder moontlike uitleg.
Wikipedia het geen toelatingsbeleid nie; in beginsel kan enigiemand aan die ensiklopedie werk. Sommige vra dalk hulself af wat dit beteken vir die uiteindelike kwaliteit van die Wikipedia. Dink dan oor die nuwe vlak wat bereik kan word deur slegs die verskeidenheid te oorweeg. Omdat daar ook vakkenners na Wikipedia aangetrek word, word die inhoud ook meer en meer uitgebreid. Bowendien bly mense wat niks van 'n onderwerp weet nie in die algemeen vanself weg daarvan, of gaan lees en studeer om meer daaroor te wete te kom. Hoe meer mense deelneem aan hierdie projek, hoe meer verbeter die inhoud. Sowel akademici as elke persoon wat 'n positiewe bydrae wil lewer is van harte welkom. Ons hoop dat jy ook baie plesier sal kry uit die werk hier.
Sien gerus
How to edit a page
en
Policies and guidelines
op die Engelse Wikipedia vir meer volledige hulp.
Verdere hulp
Hoe werk Wikipedia?
Voel vry en gaan jou gang
Hoe om 'n nuwe bladsy te skep
Uitgebreide spelreëls
Neutrale standpunt
Wat 'n artikel genoem moet word
Gids vir 'n goeie skryfstyl
Wat Wikipedia nie is nie
Gereelde vrae
Stel jou vrae in die geselshoekie
Nuttige goetertjies wat jou kan help
Meer agtergrond
Wat is Wikipedia?
Wat is 'n Wiki?
Anderstalige Wikipedias
Gebruikers
Geregistreerde gebruikers
Wikipediane
Soek
Uiteensetting van die Soekfunksie
Ontsluit van "
Kategorie
Wikipedia
Wikipedia
Welkom nuwelinge
Nuwe onderwerp
US