Wladimir Lenin - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wladimir Lenin
Wladimir Lenin in 1920
Voorsitter van die Volksraad van Kommissarisse
Ampstermyn
8 November
1917
21 Januarie
1924
Voorafgegaan
deur
Aleksander Kerenski
(as president van die voorlopige regering)
Opgevolg
deur
Aleksei Rikof
Josef Stalin
as partyleier)
Leier van die
Bolsjewisteparty
Ampstermyn
17 November
1903
21 Januarie
1924
Voorafgegaan
deur
Geen
Opgevolg
deur
Josef Stalin
(as hoofsekretaris)
Persoonlike besonderhede
Gebore
22 April
O.S.
10 April]
1870
Simbirsk
Russiese Ryk
Sterf
21 Januarie
1924
Gorki Leninskije
Russiese SFSR
Sowjetunie
Politieke
party
Bolsjewisteparty
Eggenoot/-note
Nadezjda Kroepskaja
Professie
Politikus, rewolusionêr, regsgeleerde
Religie
Geen
Handtekening
Wladimir Iljitsj Lenin
Russies
: Владимир Ильич Ленин;
22 April
O.S.
10 April]
1870
– 21 Januarie 1924), was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die
Bolsjewisteparty
, leier van die
Oktober-rewolusie
, stigter van die
Sowjetunie
en die eerste leier van die
Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek
. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die
rivier
Lena
. Hy is gebore as
Wladimir Iljitsj Oeljanof
(Владимир Ильич Ульянов).
As hoof van die Bolsjewiste het hy die
Rooi Leër
na oorwinning gelei in die
Russiese Burgeroorlog
en daarna die wêreld se eerste amptelike
sosialistiese
staat gestig. Uit sy uitgebreide teoretiese en filosofiese bydraes tot
Marxisme
is
Leninisme
gebore.
Hy het op
21 Januarie
1924
in sy datsja, 'n voormalige herehuis, in
Gorki Leninskije
gesterf ná ’n aantal
beroertes
. Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in
Moskou
. Hy is deur
Josef Stalin
opgevolg as partyleier.
Vroeë lewe
wysig
wysig bron
Wladimir Iljitsj Oeljanof is in Simbirsk (tans
Oeljanofsk
) aan die
Wolga
gebore as die tweede seun van
Ilja Nikolajewitsj Oeljanof
(1831–1886), ’n bekende skoolinspekteur en later skooldirekteur in Simbirsk, wie se pos hom die oorerflike adellike titel van Sy Eksellensie besorg het,
en
Maria Aleksandrowna Oeljanowa
(gebore Blank), ’n onderwyseres. Sy geboortestad, wat sowat 2
400
km van
Sint Petersburg
geleë is, is ná sy dood Oeljanofsk hernoem ter ere van hom. In dieselfde jaar het Sint Petersburg Leningrad geword na aanleiding van Lenin, die naam waaronder hy later bekend geword het.
Lenin was van gemengde afkoms: Russies, Kalmik,
Tsjoewasj, Duits, Sweeds en Joods. Sy oupa aan moederskant, Moshko (later Dmitri) Blank, was ’n
Oekraïnse
Jood
wat hom tot die
Ortodokse
geloof bekeer het om destydse beperkings op Jode te ontduik.
Lenin was ’n goeie swemmer en ysskaatser. Van 1879 af het hy aan die Simbirsk-gimnasium vir seuns studeer, waar hy in 1887 sy skoolloopbaan met ’n goue medalje voltooi het. Hy het onder andere
Latyn
Grieks
Duits
en
Frans
studeer.
As lede van die
intelligentsia
het die Oeljanof-egpaar hul kinders (van wie almal buiten een
rewolusionêre
geword het
) geleer dat destydse praktyke in die
Russiese Ryk
, soos die skending van menseregte, verkeerd was en hulle aangemoedig om te streef na hoër ideale, ’n vrye gemeenskap en gelyke regte. Lenin, ’n intelligente en pligsgetroue student, was ’n ywerige leser, onder andere van werke deur
Aleksander Poesjkin
Iwan Toergenef
Leo Tolstoi
en
Nikolai Nekrasof
Broer se teregstelling
wysig
wysig bron
Die jaar ná sy pa se dood in Januarie 1886 weens bloeding op die brein is Lenin se oudste broer,
Aleksander Oeljanof
, ter dood veroordeel en gehang weens sy deelname aan ’n komplot om
tsaar Alexander III
te vermoor.
Lenin was toe 17 jaar oud. Sy suster, Anna, wat saam met Aleksander in hegtenis geneem is, is verban na die Oeljanofs se landgoed by
Kokoesjkino
, ’n dorp sowat 40
km van
Kazan
. Dit alles het ’n groot invloed op Lenin gehad en het daartoe bygedra dat hy radikale politieke idees begin ontwikkel het. In dié tyd is hy beïnvloed deur werke van
Georgi Plechanof
en ook
Nikolai Tsjernisjefski
se 1863-boek
Wat Moet Gedoen Word?
Hierby het hy ook aan die Universiteit van Kazan, waar hy regte studeer het, vertroud geraak met die werke van
Karl Marx
en
Friedrich Engels
Hy was hier betrokke by ’n studente-opstand in Desember 1887 en is in hegtenis geneem; die universiteit het hom geskors en die regering het hom verbied om toegang tot ’n ander universiteit te kry. Hy is ook na die familielandgoed by Kokoesjkino verban. Hy het egter op sy eie verder studeer.
Hy is later toegelaat om aan die Universiteit van
Sint Petersburg
te studeer, waarna hy in 1891 tot die balie toegelaat is.
In 1892 het hy ’n graad in regte aan die Universiteit van Sint Petersburg behaal.
Rewolusionêr
wysig
wysig bron
Polisiefoto
van Lenin, Desember 1895
Lenin se vrou,
Nadezjda Kroepskaja
Lenin het ’n paar jaar lank in die Wolga-hawestad
Samara
in die regte gepraktiseer waar hy insig gekry het in die landarbeiders se sosiaal-ekonomiese toestande.
10
In 1893 het hy na Sint Petersburg getrek waar hy by rewolusionêre propaganda betrokke geraak het. In 1895 het hy die Bond vir die Bevryding van die Werkersklas gestig, ’n koalisie van die stad se Marxistiese groepe. Op 7 Desember 1895 is Lenin in hegtenis geneem vir ’n sameswering teen tsaar Aleksander III en daarna was hy 14 maande lank in eensame aanhouding.
11
In Februarie 1897 is hy na die dorpie
Sjoesjenskoje
in Oos-
Siberië
verban. Daar het hy
Georgi Plechanof
, die Marxis wat
sosialisme
in Rusland bekend gestel het, ontmoet. In Julie 1898 is Lenin getroud met sy mede-aktivis
Nadezjda Kroepskaja
(algemeen bekend as Kroepskaja) en in April 1899 het hy die boek
Die Ontwikkeling van Kapitalisme in Rusland
gepubliseer
12
onder die skuilnaam
Wladimir Iljin
; dit was een van 30 teoretiese werke wat hy geskryf het terwyl hy ’n banneling was.
Ná sy ballingskap het Lenin in
München
(1900–1902),
Londen
(1902–1903) en Genève (1903–1905) gewoon.
13
In 1900 het hy en
Julius Martof
(later ’n groot teenstander) die koerant
Iskra
("Vonk") gestig en artikels oor die rewolusionêre politiek gepubliseer. Hulle het ook mense gewerf vir die Marxistiese
Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty
(RSDAP). Dié party het sy eerste kongres in 1898 gehou terwyl Lenin in Siberië in ballingskap was. In sy korrespondensie het hy verskeie skuilname gebruik en in 1902 eindelik die naam
Lenin
aangeneem, afgelei van die Siberiese rivier
Lena
14
In 1903 het Lenin die tweede kongres van die RSDAP bygewoon, eers in
Brussel
en daarna in Londen. Hier het ’n skeuring plaasgevind tussen die
Bolsjewiste
-faksie, onder leiding van Lenin, en Martof se
Mensjewiste
-faksie. Bolsjewis is afgelei van die Russiese woord
bolsjinstwo
("meerderheid") en Mensjewis van
mensjinstwo
("minderheid").
15
Die name het ontstaan ná die klein nederlaag wat die Mensjewiste gelei het in die verkiesing vir die koerant se redaksionele paneel en vir die leierskap van die party se sentrale komitee. ’n Groot verskil tussen die faksies was die Lenin-groep se voorkeur vir ’n alliansie van werkers en plaasarbeiders om die tsaristiese regering oor te neem en die Martof-faksie se voorkeur vir samewerking tussen die werkersklas en die liberale bourgeoisie om die bewind omver te werp.
In November 1905 het Lenin na Rusland teruggekeer om die
1905-Russiese Rewolusie
te steun.
16
In 1906 is hy verkies tot die presidium van die RSDAP. Hy het tussen
Finland
en Rusland gereis, maar weer in Desember 1907 na Wes-
Europa
teruggekeer ná die mislukking van die rewolusie. In 1909, om dubbelsinnighede uit die weg te ruim oor die gepaste roete na ’n kommunistiese rewolusie, het Lenin
Materialisme en Empirio-kritisisme
gepubliseer, wat die grondslag van
Marxisme-Leninisme
geword het.
In 1914, met die uitbreek van die
Eerste Wêreldoorlog
, het die meeste sosiaal-demokratiese partye in Europa hul lande se deelname aan die oorlog gesteun. Lenin was egter teen die oorlog gekant en nadat hy vir ’n kort rukkie in
Oostenryk
aangehou is, het hy op 5 September 1914 na die neutrale
Switserland
uitgewyk, waar hy eers in
Bern
en daarna
Zürich
gebly het.
17
In 1915 het hy by die
Zimmerwald-konferensie
teen die oorlog aan die hoof gestaan van ’n linkse minderheid wat sy idee ondersteun het dat die imperialistiese oorlog omskep moet word in ’n klasse-oorlog.
18
Die Februarie-rewolusie
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Februarie-rewolusie
Die trein waarmee Lenin in April 1917 na
Petrograd
teruggekeer het
Die Februarie-rewolusie in 1917 in Rusland was die eerste fase van die
Russiese Rewolusie van 1917
. Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van
tsaar
Nikolaas II
en die val van Keiserlike Rusland. Die
Romanof-dinastie
is vervang deur ’n ongemaklike politieke verhouding: aan die een kant ’n
voorlopige regering
onder
prins Georgi Lwof
en later
Aleksander Kerenski
, en aan die ander kant ’n aantal
sowjets
– rewolusionêre rade wat deur werkers, soldate en landarbeiders verkies is.
Lenin was steeds in Zürich. Hy was vasbeslote om dadelik na Rusland terug te keer. Maar dit was nie maklik nie aangesien die Eerste Wêreldoorlog nog aan die gang was. Switserland was omring deur die oorlogsbondgenote
Duitsland
Frankryk
Oostenryk-Hongarye
en
Italië
– en die seë is oorheers deur die Russiese bondgenoot
Brittanje
. Samespreking tussen die voorlopige regering en Duitsland om Russe toe te laat om na hul land terug te keer in ruil vir oorlogsgevangenes het voortgesleep. Eindelik, op 31 Maart, het die Switserse kommunis Fritz Platten toestemming van Duitsland gekry dat Lenin en ander bannelinge deur Duitsland na Rusland mag reis.
Op 9 April het Lenin, Kroepskaja en ander bannelinge ’n spesiale trein in Bern gehaal wat deur Duitsland en Swede na Rusland gereis het. Net voor middernag op 16 April (
Ou Styl
3 April) 1917 het die trein by die Finland-stasie in Sint Petersburg, toe Petrograd genoem, aangekom. Hulle is verwelkom deur werkers en soldate met rooi vlae. Lenin het die skare toegespreek oor die internasionale belangrikheid van die Russiese Rewolusie:
Die imperialistiese rowersoorlog is die begin van ’n burgeroorlog regdeur Europa … Die wêreldwye sosialistiese rewolusie het reeds begin … Duitsland kook … Nou enige dag kan Europese kapitalisme in sy geheel ineenstort … Matrose, kamerade, ons moet veg vir ’n sosialistiese rewolusie, veg totdat die proletariaat volle oorwinning smaak! Lank lewe die wêreldwye sosialistiese rewolusie!
19
Die April-tesis
wysig
wysig bron
Op die trein van Switserland af het Lenin sy beroemde
April-tesis
opgestel: sy program vir die Bolsjewisteparty. Daarin sê hy die Bolsjewiste moenie tevrede wees met die Februarie-rewolusie "van die bourgeoisie" nie, maar dat die Bolsjewiste moet bly veg vir ’n sosialistiese rewolusie deur die werkers en armste landarbeiders. Volgens hom kon hierdie sosialistiese rewolusie teweeggebring word deurdat die sowjets die mag van die voorlopige regering afneem. Die Bolsjewiste moes dadelik ’n veldtog onder die Russiese volk begin om hulle te oortuig van die noodsaak van die sowjets se mag. Hy het dus heeltemal wegbeweeg van die Bolsjewiste se vroeëre standpunt dat die rewolusie in die middelklas moet begin.
Die April-tesis was radikaler as enigiets wat Lenin se mede-rewolusionêre al gehoor het. Toe hy die tesis aan die RSDAP voorlees, het die Mensjewiste hom uitgejou. Een het dit "die geyl van ’n kranksinnige" genoem. Selfs in die Bolsjewiste-kamp het hy aanvanklik net een partylid se steun gehad.
20
Hoe radikaal die tesis ook al was, dit het die Bolsjewisteparty ’n politieke toevlugsoord gemaak vir Russe wat ontnugter was met die voorlopige regering en die oorlog.
21
22
Die Oktober-rewolusie
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Russiese Rewolusie (1917)
’n Skoongeskeerde Lenin op 11 Augustus 1917 in
Finland
In Petrograd het ontevredenheid met die voorlopige regering gelei tot die spontane
Juliedae
-opstande deur nywerheidswerkers en soldate.
23
Nadat dit onderdruk is, het die regering vir Lenin en die Bolsjewiste die skuld daarvoor gegee.
24
Die regering het die Bolsjewiste in hegtenis geneem en die party verbied. Lenin het na Finland gevlug. Hier het hy oortuig geraak dat die voorlopige regering in ’n gewapende opstand omvergewerp moes word.
25
Intussen het hy
Staat en Rewolusie
gepubliseer waarin hy meen dat die sowjets van werkers en soldate moet regeer eerder as ’n parlementêre liggaam.
26
Terwyl Lenin in Finland was, het Kerenski, wat in die voorlopige regering en die Petrograd-sowjet gedien het, gevoel hy kort ’n betroubare militêre leier. Kort ná die aanstelling van
Lawr Kornilof
het Kerenski hom egter daarvan beskuldig dat hy sy eie militêre diktatorskap probeer vestig. Kornilof, oortuig dat Kerenski onder druk van die Bolsjewiste optree, het gereageer deur ’n beroep op alle Russe te doen om hul "sterwende land te red". Hy het ook soldate na Petrograd gestuur om die stad te "bevry".
Onseker van die steun onder sy offisiere, het Kerensi onder meer hulp van die Bolsjewiste gevra. Hul invloed oor spoorweg- en telegraaf-werkers het grootliks daartoe bygedra dat die soldate gestuit is. Die Bolsjewiste se rol in die voorkoming van ’n staatsgreep het hul posisie geweldig versterk.
Vroeg in September het die Sowjetraad die Bolsjewiste uit die tronk vrygelaat en
Leon Trotsky
het hoof van die Petrograd-sowjet geword. Die regering en selfs die ander partye soos die Mensjewiste het intussen al hoe ongewilder geraak.
In Oktober het Lenin na Petrograd teruggekeer, bewus daarvan dat die toenemend radikale stad reg was vir ’n tweede rewolusie. Die Bolsjewiste se sentrale komitee het ’n resolusie opgestel waarin die ontbinding van die voorlopige regering gevra word ten gunste van die Petrograd-sowjet asook die oorname van die bewind.
Die oorname van mag was grotendeels vreedsaam. Op 25 Oktober (
Nuwe Styl
7 November) 1917 het die Bolsjewiste die belangrikste regeringsgeboue in Petrograd sonder veel teenstand beset. In die nag van 25-26 Oktober het hulle die
Winterpaleis
(die setel van die voorlopige regering) oorgeneem. Die aanval het om 21:45 begin en is aangekondig deur ’n loskruitskoot vanaf die kruiser
Aurora
. Die Aurora lê steeds in Sint Petersburg voor anker.
Die Winterpaleis is omstreeks 02:00 beset. Die amptelike datum van die rewolusie is 25 Oktober, toe al die geboue behalwe die Winterpaleis oorgeneem was.
’n Nuwe regering
wysig
wysig bron
Op die aand van die Oktober-rewolusie is die Al-Russiese Kongres van Sowjets in die
Smolni-instituut
in Petrograd gehou met ’n Bolsjewiste-meerderheid. Nie al die land se sosialiste was ten gunste van die volle oorname van mag deur die sowjets nie – die
Sosialisties-Rewolusionêre Party
en die Mensjewiste het uit die vergadering geloop uit protes teen die oorname van die voorlopige regering, waarvan hul partye deel was.
27
Die volgende dag het Lenin die Kongres van Sowjets bygewoon, vir die eerste keer sonder vermomming sedert die Juliedae. Hy is geesdriftig toegejuig. Daar is dadelik begin met die vorming van ’n "regverdige en demokratiese vrede", ’n wet vir die oordrag aan die sowjets van alle landeienaars se grond, kloosters en grond wat aan die tsaar behoort het
28
asook die verkiesing van ’n Raad van Volkskommissarisse (Sownarkom) as basis van ’n nuwe sowjetregering.
Op 3 Maart 1918 het Rusland aan die Eerste Wêreldoorlog onttrek. Weens die bedreiging deur Duitsland is die regering se setel op 10–11 Maart van Sint Petersburg na
Moskou
geskuif.
29
Stigting van die Tsjeka
wysig
wysig bron
Op 20 Desember 1917 is die "Al-Russiese Spesiale Kommissie vir die Bestryding van Teenrewolusie en Sabotasie" gestig.
30
Dit is kortliks die
Tsjeka
(ЧК of Чека) genoem – die afkorting van die Russiese kort naam,
Tsjrezwitsjainaja Komissija
("Spesiale Kommissie").
Feliks Dzerzjinski
is aangestel as hoof van dié geheime diens. Die mag om sensuur ("Bolsjiwistiese beheer oor alle gedrukte nuusmedia en wye mag om koerante toe te maak wat die regering kritiseer"
31
) toe te pas is so gevestig, alle nie-Bolsjewistiese sowjets is ontbind en anti-sowjet-koerante is gesluit totdat
Prawda
("Die Waarheid") en
Izwjestija
("Die Nuus") ’n nuus-monopolie gevestig het. ’n Rewolusionêre terreur is terselfdertyd gevoer, nie net teen die bourgeoisie en regses nie, maar ook teen enigiemand – sosialis, landarbeider of fabriekswerker – wat die Bolsjewistiese bewind teengestaan het.
32
Enige "lasterlike" artikels oor die Tsjeka is ook verbied.
33
Soos Lenin dit gestel het: " ’n Goeie kommunis is altyd ook ’n goeie Tsjekis."
33
Rooi Terreur
wysig
wysig bron
Kaart van Goelag-kampe in die Sowjetunie
Ná ’n sluipmoordaanval op Lenin deur
Fanja Kaplan
en die moord op die Petrogradse hoof van die Tsjeka,
Moisei Oeritski
, het
Stalin
"openlike en sistematiese massaterreur" aan Lenin voorgestel teen diegene wat daarvoor verantwoordelik was. Die Bolsjewiste het Dzerzjinski opdrag gegee om met ’n
Rooi Terreur
te begin. Dis aangekondig in die uitgawe van 1 September 1918 van die
Krasnaja Gazjeta
("Rooi Gaset").
34
Onskuldige burgers is beskuldig van sameswering teen die Kommunistiese Party en is tereggestel of na strafkampe gestuur. Dit het ’n groot uittog van die intelligentsia tot gevolg gehad – baie het na ander lande soos Amerika uitgewyk. Lenin het onder andere in September 1918 lyste geteken met die name van 25 keiserlike ministers en staatsdiensamptenare en 765 Wit Beweging-wagte wat tereggestel moes word.
35
Ook die
Russies-Ortodokse Kerk
is nie ontsien nie. Kerke en heiligdomme is geplunder en verwoes omdat hulle ’n bedreiging vir die kommunistiese beleid sou wees.
Hy het ook opdrag gegee dat die tsaar en sy gesin vermoor word. In dieselfde tyd is die tsaar se broer, groothertog
Michael Aleksandrowitsj
; tsarina
Aleksandra
se suster, groothertogin
Elisabeth Fjodorowna
; ’n neef van die keiser se pa, groothertog
Sergei Michailowitsj
, en verskeie ander adellikes vermoor.
Burgeroorlog
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Russiese Burgeroorlog
Lenin lewer ’n toespraak op die Rooiplein in 1919
Monargiste, gematigde rewolusionêre soos die Mensjewiste en leërs van die
Geallieerde magte
het die kommuniste uit die kussings probeer lig. Dié Wit Leër en die Rooi Leër van die kommuniste was drie jaar lank in ’n oorlog gewikkel wat eers in 1921 tot ’n einde gekom het met ’n oorwinning vir die Rooies. Die onrus in die land het egter nog tot in 1924 voortgeduur.
Vroeër, in 1917, het Lenin as ’n anti-imperialis gesê dat onderdrukte volke die reg het om van die Russiese Ryk af te stig. Maar aan die einde van die burgeroorlog het die Sowjetunie
Armenië
Georgië
en
Azerbeidjan
geannekseer omdat die Wit Leër hulle as aanvalsbasisse gebruik het.
36
Lenin het die anneksasies verdedig deur te sê dit is "geopolitieke beskerming teen kapitalistiese keiserlike plundering".
37
Om die stede wat deur oorlog geïsoleer is te onderhou, die soldate te voed en ekonomiese ineenstorting te verhoed het die Bolsjewistiese regering
oorlogskommunisme
daargestel. Dit het onder meer die opeising van kos van die landarbeiders behels. Hulle het teenstand gebied met kleiner oeste. Dit het gelei tot gewapende konfrontasies met die Tsjeka en Rooi Leër, die skiet van gyselaars, die gebruik van gifgas, deportasie na arbeidskampe en eindelik 'n verwoestende hongersnood; tog het Lenin die koskwotas verhoog.
38
39
40
Die burgeroorlog, oorlogskommunisme en die hongersnood van 1921 waarin sowat 5
miljoen mense dood is, het ’n groot deel van Rusland verwoes en het rebellies teen die Bolsjewiste tot gevolg gehad. Lenin het oorlogskommunisme toe met die
Nuwe Ekonomiese Beleid
(NEB) vervang waarmee die nywerheid en landbou suksesvol herstel is.
Latere lewe en dood
wysig
wysig bron
Lenin in 1923
Die stres van die rewolusie, regering en burgeroorlog asook wonde wat hy in verskeie sluipmoordaanvalle opgedoen het, het ’n merk gelaat op sy gesondheid. Hy het daarby 14 tot 16 uur per dag gewerk. In Maart 1922 het dokters rus voorgeskryf. In Mei 1922 het Lenin die eerste van drie
beroertes
gehad en hy kon weke lank nie praat nie. Die beweging aan sy regterkant was ook aangetas. Teen Junie het hy goed herstel en teen Augustus het hy van sy pligte weer hervat. In Desember 1922 het hy die tweede beroerte gehad wat sy regterkant gedeeltelik verlam het en hy het uit die aktiewe politiek getree. In Maart 1923 het die derde beroerte gevolg, waarna hy stom en aan sy bed gekluister was tot met sy dood.
Ná sy eerste beroerte het hy dokumente aan Kroepskaja gedikteer, onder andere
Lenin se Testament
waarin hy die struktuur van die sowjets verander en voorstel dat Stalin uit sy pos as die Kommunistiese Party se hoofsekretaris (sedert 1922) verwyder word omdat sy onbeperkte mag onaanvaarbaar was. Sy woorde
Сталин слишком груб
dui op "onbeskoftheid, ruheid en ’n gebrek aan afronding", eienskappe wat "onaanvaarbaar in ’n hoofsekretaris" is.
Ná Lenin se dood het Kroepskaja die testament aan die sentrale komitee gepos sodat dit voorgelees kon word op die 13de Kongres in Mei 1924. Stalin en sy bondgenote het egter die testament onderskep sodat hulle aan die bewind kon kom. Dit is eers in 1925 in
Amerika
gepubliseer deur die Amerikaanse intellektueel
Max Eastman
Lenin is op 21 Januarie 1924 om 18:50 op
Gorki
oorlede. Hy was 53 jaar oud. In die vier dae dat hy in staatsie gelê het, het meer as 900
000 roubeklaers na sy liggaam gaan kyk.
Drie dae ná sy dood is Petrograd hernoem tot Leningrad. Dit het dié naam behou tot in 1991 toe die Sowjetunie ontbind is. Die gebied om die stad is egter steeds bekend as
Leningrad-oblast
. Sy liggaam is gebalsem en word uitgestal in die
Lenin-mausoleum
langs die
Kremlin
in Moskou.
Ondanks die amptelike diagnose – dood weens die gevolge van beroerte – het die Russiese wetenskaplike Iwan Pawlof gesê hy is dood aan
neurosifilis
, volgens ’n publikasie in 2004 deur V. Lerner en kollegas in die
European Journal of Neurology
. Volgens die skrywers sal DNS-toetse gebruik kan word om te bepaal of sy dood aan neorosifilis te wyte is of nie.
41
In Januarie 2011 het die politieke party Verenigde Rusland ’n webtuiste,
goodbyelenin.ru
, begin waar mense kan stem of Lenin se liggaam begrawe moet word of nie.
42
43
Standbeelde van Lenin
wysig
wysig bron
In
Kinesjma
In
Doesjanbe
In
Toela
In
Astrachan
In
Donetsk
In
Kolomna
In
Borzna
In
Norilsk
Verwysings
wysig
wysig bron
Chivers, C.J.
"Russia Weighs What to Do With Lenin's Body"
New York Times
(5 Oktober 2005)
Триумф и Трагедия И. В. Сталин: политический портрет. (
Triomf en Tragedie
– I.W. Stalin: ’n Politieke Portret
) Дмитрий Волкогонов (Dmitri Wolkogonof). Boek 1, Deel 1, bl. 95–114. Новости. Moskou. 1989.
Ronald W. Clark,
Lenin: The Man Behind the Mask
, London: Faber and Faber (1989), bl. 4, 9.
Ronald W. Clark,
Lenin: The Man Behind the Mask
, Londen: Faber and Faber (1989), bl. 4.
"Moscow Museum Puts Lenin's Jewish Roots on Display"
The New York Times
. New York. 23 Mei 2011
. Besoek op
27 Mei
2011
[dooie skakel]
Wolkogonof, Dmitri (1994).
Lenin
’n Nuwe Biografie
. Free Press. p.
8.
ISBN
0-02-933435-7
Christopher Read (2005)
Lenin
: 16
Biography (TV-reeks) –
Vladimir Lenin, Voice of Revolution
Geargiveer
14 Julie 2011 op
Wayback Machine
, A&E-netwerk, 2005, ASIN B000AABKX6
Service, Robert.
Lenin: A Biography
ISBN 0-330-49139-3
J. Brooks en G. Chernyavskiy (2007)
Lenin and the Making of the Soviet State
. Bedford/St Martin's: Boston en New York
"The Development of Capitalism in Russia: The Process of the Formation of a Home Market for Large-Scale Industry"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020
. Besoek op
29 Mei
2011
The Development of Capitalism in Russia
Paul Le Blanc (1908)
Revolution, Democracy, Socialism, Selected Writings of Lenin
. Londen, Pluto Press bl. 9
Hill, Christopher,
Lenin and the Russian Revolution
(1971) Penguin Books: Londen bl. 36.
Christopher Read,
Lenin
, Abingdon: Routledge (2005), bl. 60–1
Read, Christopher,
Lenin
(2005) bl. 81.
Clar, Ronald W.
Lenin: the Man Behind the Mask
(1988) bl. 154.
Read, Christopher,
Lenin
(2005) bl. 132–4.
Ronald W. Clark,
Lenin: The Man Behind the Mask
, Londen: Faber and Faber (1989), bl. 210–1.
Orlando Figes,
A People's Tragedy: The Russian Revolution 1891–1924
, Londen: Pimlico (1996), bl. 388.
Read, Christopher (1996).
From Czar to Soviets: The Russian People and Their Revolution, 1917–1921
. Oxford University Press. pp.
151–
153.
ISBN
0-19-521241-X
Read, Christopher,
Lenin
(2005): 157–60
Read, Christopher,
Lenin
(2005): 158–61
Read, Christopher,
Lenin
(2005): 160–1
Read, Christopher,
Lenin
(2005): 162–3
Lenin, Vladimir (1917).
"The State and Revolution"
Orlando Figes,
A People's Tragedy: The Russian Revolution 1891–1924
, Londen: Pimlico (1996), bl. 490.
John Reed,
Ten Days That Shook the World
, Londen: Penguin (1977), bl. 129–137. (
aanlyn
, beskikbaar gestel deur
Marxists Internet Archive
Christopher Read (2005)
Lenin
. Londen: Routledge: 212
The Impact of Stalin's Leadership in the USSR, 1924–1941
. Nelson Thornes. 2008. p.
3.
ISBN
978-0-7487-8267-3
Leonard Shapiro,
The Communist Party of the Soviet Union
Leonard Bertram Schapiro.
The Communist Party of the Soviet Union.
Eyre & Spottiswoode, 1970.
ISBN 0-413-27900-6
bl. 183. Sien ook:
Lenin and the First Communist Revolutions, V
Black Book of Communism, bl. 79
"Red Terror"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 Junie 2009
. Besoek op
30 Mei
2011
Gellately, Robert (2007).
Lenin, Stalin, and Hitler: The Age of Social Catastrophe
. Knopf. p.
57.
ISBN
1-4000-4005-1
Pipes, Richard (1994).
Russia Under the Bolshevik Regime
. Vintage. pp.
141–
166.
ISBN
0-679-76184-5
Lenin, Vladimir (1915).
"The Revolutionary Proletariat and the Right of Nations to Self-Determination"
Black Book of Communism, bl. 92–97, 116–121.
"Twentieth Century Atlas
Death Tolls"
"Lenin and the First Communist Revolutions, VII"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 November 1999
. Besoek op
30 Mei
2011
V. Lerner, Y. Finkelstein en E. Witztum, "The enigma of Lenin's (1870–1924) malady".
European Journal of Neurology
, 2004, 11: 371–376
En finir avec la momie de Lénine
Голосование за и против захоронения тела Владимира Ленина началось в интернете
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Wladimir Lenin
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Vladimir Lenin
Leiers van die Sowjetunie en Rusland
Sowjetunie
Wladimir Lenin
1917
1924
Josef Stalin
1924
1953
Nikita Chroesjtsjof
1953
1964
Leonid Brezjnef
1964
1982
Joeri Andropof
1982
1984
Konstantin Tsjernenko
1984
1985
Michail Gorbatsjof
1985
1991
Rusland
Boris Jeltsin
1991
1999
Wladimir Poetin
2000
2008
Dmitri Medwedef
(2008-2012)
Wladimir Poetin
(2012-hede)
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Rusland
Spanje
Roemenië
Portugal
Nederland
Noorweë
Taiwan
Letland
Kroasië
Chili
Griekeland
Argentinië
Korea
Swede
Pole
Vatikaan
Israel
Finland
Katalonië
België
Akademie
CiNii
Kunstenaars
ULAN
MusicBrainz
KulturNav
FID
Mense
Trove
Deutsche Biographie
DDB
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
SNAC
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
Ontsluit van "
Kategorieë
Russe in die Eerste Wêreldoorlog
Russiese politici
Ateïste
Diktators
Kommuniste
Rewolusioniste
Sowjetse staatshoofde
Geboortes in 1870
Sterftes in 1924
Versteekte kategorie:
AS1-bronne in Engels (en)
Wladimir Lenin
Nuwe onderwerp